Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 14

EKHURHULENI NOORD DISTRIK

TOERISME JUNIE EKSAMEN 2023

PUNTE: 100

Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye


TOERISME 2 JUNIE 2023
EKHURHULENI NOORD

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.


2. Beantwoord AL die vrae.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Gebruik die puntetoekenning van elke vraag as 'n riglyn vir die lengte van
jou antwoord.
5. Skryf netjies en leesbaar.
6. Die tabel hieronder is 'n gids om jou te help om jou tyd volgens elke
afdeling toe te ken.

AFDELING ONDERWERP PUNTE TYD


A Kort Vrae 25 15

B Kaartwerk en Toerbeplanning, Buitelandse 20 20


Valuta

C Plaaslike, Streeks- en Internasionale toerisme 40 40

D Toerisme Sektore. 15 15

TOTAAL: 100 90
TOERISME 3 JUNIE 2023
EKHURHULENI NOORD

AFDELING A : KORTVRAE

VRAAG 1

1.1 Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

1.1.1 ‘n Toeris van Londen wat Suid Afrika besoek word na verwys as
‘n…

A uitgaande internasionale toeris


B uitgaande binnelandse toeris
C inkomende internasionale toeris
D interprovinsiale toeris

1.1.2 Hierdie tipe akkommodasie instelling is ‘n:

A Gastehuis akkommodasie.
B Selfsorg akkommodasie.
C Rugsakreisiger akkommodasie.
D Karavaan en kampeer akkommodasie.

1.1.3 Die privaat sektor verwys na :

A Sektore wat deur die regering bedryf word


B Sektore wat nie deur die regering bedryf word nie
C Regeringsorganisasie binne 'n land
D Alle departementele sektore

1.1.4 … verteenwoordig die belange van lede in die


gasvryheidsindustrie.

A ASATA
B TBCSA
C TGCSA
D FEDHASA

1.1.5 ‘n Voorbeeld van ‘n primêre attraksie is:

A Lesedi Kulturele dorpie


B Apartheid Museum
C Netbal Wêreldbeker
D Gold Reef City
TOERISME 4 JUNIE 2023
EKHURHULENI NOORD

1.1.6 Die Sahara woestyn is in…

A Asië
B Afrika
C Amerika
D Australië

1.1.7 Die afkorting vir per persoon per dag.

A pp
B pps
C pppn
D pppd

1.1.8 Hierdie kaarte fokus spesifiek op besienswaardighede in 'n


gebied.

A Politieke kaarte
B Fisiese kaarte
C Toeriste inligtingskaarte
D Algemene verwysingskaarte

1.1.9 'n 3-ster-gradering van 'n hotel beteken dat 'n toeris die volgende
kan verwag:

A Aanvaarbare standaard van gasteversorging en diens


B Goeie kwaliteit in die algehele standaard
C Baie goeie gehalte in gasteversorging en diens
D Uitsonderlike kwaliteit en diens

1.1.10 Intra-provinsiale reis verwys na reis …

A binne eie provinsie


B buite die provinsie
C buite die land
D binne die streek
(10)
TOERISME 5 JUNIE 2023
EKHURHULENI NOORD

1.2 Pas die prentjie van die vervoermiddel by die korrekte beskrywing
hieronder. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte letter in die
antwoordboek neer. Bv 1.2.6 F

A B

C D

BESKRYWING:

1.2.1 Hierdie vervoer gee jou buigsaamheid om jou eie roetes te kies. (1)

1.2.2 Die vervoermiddel beweeg teen 'n spoed van 160 km/h. (1)

1.2.3 Die voordeel van hierdie vervoermiddel is dat daar minimale impak (1)
op die omgewing is.

1.2.4 Hierdie vervoermiddel is baie luuks. (1)

1.2.5 Hierdie vervoermiddel kan ‘n groot aantal toeriste vervoer. (1)


TOERISME 6 JUNIE 2023
EKHURHULENI NOORD

[5]
1.3 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 Kaartskaal.

1.3.1 Dit is 'n elektroniese kaart wat satellietbeelde van alles op aarde
toon (Google Earth / Interaktiewe kaarte).

1.3.2 Simbole op 'n kaart wat gebruik word om spesifieke plekke te


identifiseer, word (sleutels / prente) genoem.

1.3.3 Hierdie stelsel gebruik satelliete om presiese posisies te bepaal.


(Afstandsaanwyser / GPS).

1.3.4 (Roosterverwysings / 'n skaal) kan gebruik word om 'n spesifieke


plek of kenmerk op 'n kaart op te spoor.

1.3.5 'n Afmeting van 1:50 000 cm verteenwoordig (rigting / skaal).


[5]

1.4 Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.4.6 G.

KOLOM A KOLOM B
1.4.1 'n 180° lengtelyn wat die datum bepaal. A Tyd sones

1.4.2 'n 15 ° verskil in die lengtelyn wat 'n 1 uur B Universele Tyd
tydsverskil tot gevolg het. Koordinaat
1.4.3 Die denkbeeldige breedtelyn wat die aarde C Noord pool
in die noordelike en suidelike halfrond
verdeel
1.4.4 Suid-Afrika gebruik hierdie tydsone D Internasionale
Datum Lyn
1.4.5 'n Standaard waaraan die wêreld tyd meet. E +2
. F Ewenaar
G +1
[5]

TOTAAL AFDELING A 25
TOERISME 7 JUNIE 2023
EKHURHULENI NOORD

AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING

VRAAG 2
Bestudeer die afstandstabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

2.1

Die Jonas-gesin het vir ’n kort vakansie vanaf Durban na Johannesburg


gery. Hulle het twee dae in Johannesburg deurgebring om die stad se
toeriste-aantreklikhede te besoek. Hulle het daarna na Bloemfontein gery,
waar hulle vier dae deurgebring het voordat hulle na Durban teruggekeer
het.

2.1.1 Noem die provinsie waarin Bloemfontein geleë is. (1)

2.1.2 Bereken die totale afstand wat die Jonas-gesin tydens hul (2)
vakansie afgelê het. (Toon alle berekeninge)

2.1.3 Hulle het teen 'n gemiddelde spoed van 120 km per uur gery. (3)
Bereken hoe lank dit hulle sal neem om van Bloemfontein terug
na Durban te ry.

2.1.4 Verduidelik die waarde daarvan om 'n afstandtabel te gebruik om (2)


jou reistyd te bereken.
(8)
TOERISME 8 JUNIE 2023
EKHURHULENI NOORD

VRAAG 3
Bestudeer die kaarte hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

3.1
A

3.1.1 Noem die tipe kaart wat by A geïdentifiseer word. (1)

3.1.2 Die letter N op kaart A beteken … (2)

3.1.3 Identifiseer die kuspad wat 'n toeris sal gebruik om van Durban na (2)
Kaapstad te ry.
TOERISME 9 JUNIE 2023
EKHURHULENI NOORD

3.1.4 Gebruik kaart B om die oseaan wat tussen die twee stede hierbo (2)
strek, te identifiseer.

3.1.5 Identifiseer die tipe toeris wat kaart B sal gebruik. (2)

3.1.6 Identifiseer DRIE verpligte haltes vir die Baz-bus (3)

(12)

TOTAAL AFDELING B: 20

AFDELING C: TOERISME SEKTORE

VRAAG 4:
Verwys na die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

4.1

4.1.1 Verduidelik die rol van die organisasie in die prent hierbo. (2)

4.1.2 Noem TWEE beginsels van die Fair-Trade Tourism-organisasie. (2)

4.1.3 Bespreek EEN beginsel genoem in VRAAG 4.1.2 hierbo. (2)

(6)

VRAAG 5:
Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

5.1 NUWE BYVOEGINGS TOT HOTELGROEP


Die ANEW groep hotelle het sy nuwe hotel in Witrivier Mbombela bekend
gestel. Dis15 minute vanaf die Kruger Nasionale Park Phabeni hek geleë
Dié oord het 54 kamers, wat wissel van standaard tweepersoon- en
dubbelkamers, gesinsuites en 'n Grande Suite wat met 'n privaat
swembad en 'n jacuzzi kom. Die eiendom bied konferensiegeriewe vir
korporatiewe funksies, vergaderings, partytjies en troues.
TOERISME 10 JUNIE 2023
EKHURHULENI NOORD

Daar is nabygeleë avontuuraktiwiteite soos vierwielmotorfietsry, ritsrit


(zip-line), vlotvaart, abseil, verfbal, boogskiet en perdry.

5.1.1 Identifiseer die provinsie waarin hierdie hotel geleë is. (2)

5.1.2 Identifiseer 'n tipe toeris wat hierdie hotel sal besoek. (2)

5.1.3 Beskryf EEN aktiwiteit wat die toeris genoem in VRAAG 5.1.2 sou (2)
belangstel om te doen.

5.1.4 Die hotel kan geklassifiseer word as … (2)

5.1.5 Noem die organisasie wat verantwoordelik is vir die gradering van (2)
hierdie nuwe hotel.

5.1.6 Beskryf die stappe wat gevolg moes word vir hierdie hotel om (6)
gegradeer te word.
TOERISME 11 JUNIE 2023
EKHURHULENI NOORD

5.2.

5.2.1 Daar is 'n verskeidenheid dienste wat by die hotel aangebied


word. Identifiseer elk van die volgende:

a) Tegnologie vir werk (2)

b) Veiligheid by die hotel (2)

5.2.3 Die fynproewer restaurant by die hotel moet aan sekere


verwagtinge voldoen.
Bespreek TWEE verwagtinge van fynproewer restaurante. (4)

(24)

VRAAG 6:
Bestudeer die logo's hieronder en pas dit by die korrekte sektore. Kies uit die
woorde wat hieronder gegee word. Skryf die letter (A-F) en jou antwoord.

Die openbare-sektor Staatsonderneming


Gedeeltelik staatsbeheerde onderneming Openbare entiteite
Private sektor Internasionale gemeenskap
TOERISME 12 JUNIE 2023
EKHURHULENI NOORD

6.1
A B (6)

C D

E F

6.2 Verduidelik die rol van die volgende organisasie wat deur hul (4)
logo's verteenwoordig word.

6.2.1 Logo C

6.2.2 Logo D
(10)

TOTAAL AFDELING C: 40
TOERISME 13 JUNIE 2023
EKHURHULENI NOORD

AFDELING D: BINNELANDSE-, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME

VRAAG 7:
Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

7.1

Ry 'n bietjie, stap 'n bietjie, ontmoet mense, dans, lees 'n kaart, verdwaal,
ry 'n draai, rus, kuier saam om 'n vuur, swem, eet, lag, word geïnspireer en
vind uit hoeveel pret jy het kan hê op jou Sho't Left-reis. Verken Suid-Afrika
en herontdek die vreugde om rykdom te sien wat ons pragtige land bied en
jou wys dat "Niks is lekkerder as 'n Sho't Left nie"

[Aangepas: wwwsouthafrica.net

Gebruik die inligting hierbo en skryf 'n paragraaf oor Binnelandse


Toerisme. Sluit die volgende punte in jou paragraaf in.

• die huidige slagspreuk vir hierdie veldtog. (2)

• Stel TWEE redes voor waarom hierdie veldtog geskep is. (4)

• Verduidelik hoe hierdie veldtog die ekonomie van Suid- (4)


Afrika sal bevoordeel.

HELPER WOORDE

Die slagspreuk is ... die veldtog ... dit is geskep om ... een voordeel
is ... Dit sal baat ... dit is deel van ... dit is 'n tipe van ...

(10)
TOERISME 14 JUNIE 2023
EKHURHULENI NOORD

VRAAG 8:

Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg

8.1 PAY SHAP


Dis maklik, veilig en onmiddellik. Jy kan nou met jou
selfoonnommer betaal en onmiddellik betaal word. Geld sal direk
in jou bankrekening inbetaal word en is onmiddellik beskikbaar
om te gebruik.

[Bron:https //mg.co.za/business ]

8.1.1 Identifiseer die betalingsmetode hierbo aangedui. (1)

8.1.2 Verskaf EEN voordeel en EEN nadeel van die betalingsmetode (4)
wat in VRAAG 8.1.1 aangedui word

(5)

TOTAAL AFDELING D [15]

GROOT TOTAAL: 100

You might also like