Afrikaans Naslaangids 2016

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 124

AFRIKAANS

Naslaangids
Reference Book

Geskryf en saamgestel deur Louise Fullard


INHOUDSOPGAWE
KLANKLEER EN SPELLING (Sounds and Spelling) 4
 Vokale, konsonante en diftonge
 (Vowels, Consonants and Diphtongs) 4
 Lettergrepe (Syllables) 7
 Meervoude (Plurals) 7
 Verkleiningsvorm (Dimunitives) 11
 -rm en –lm / -ng / -d en –t / ie en i Reëls 14
 Rekenaart-en Internetterminologie
(Computer and Internet Terminology) 17
 Koppeltekens (Hyphens) 18
 Kappie 19
 Deeltekens 20
 Afkortings (Abbreviations) 21

LEESTEKENS (Punctuation) 25

BETEKENISLEER (Semantics) 29
 Sinonieme (Synonyms) 29
 Antonieme (Opposites) 32
 Homofone (Homophones) 34
 Homonieme (Homonyms) 36
 Een woord vir (One word for) 38
 Dieregeluide (Animal Sounds) 50
 Vergelykings (Similes) 51
 Intensiewe vorme (Superlatives) 52
 Trappe van vergelyking (Degrees of Comparison) 56
 Idiomatiese Uitdrukking (Idiomatic Expressions) 60
 Tyd (Time) 64
 Getalle (Numbers) 65

WOORDLEER 66
 Samestellings (Compound Words) 66
 Afleidings (Voor- en agtervoegsels)(Prefixes and Suffixes) 67

WOORDSOORTE 68
 Selfstandige naamwoord (Noun) 68
 Byvoeglike naamwoord / Adjektief (Adjective) 71
 Voornaamwoord (Pronoun) 72
 Lidwoord / Determineerder (Articles) 74
 Telwoord (Numeral) 75
 Werkwoord (verb) 75
 Bywoord (Adverbs) 77
 Deelwoord (Participle) 78
 Infinitief (Infinitive) 79
 Tussenwerpsel (Interjection) 79
 Graadwoord 80
 Voegwoord (Conjunction) 80
 Voorsetsel (Preposition) 81

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 2


SINSBOU (Syntax) 83
 Naamwoordstuk en Werkwoordstuk 83

SINSONTLEDING: 88
 Onderwerp (Subject); Gesegde (Verb); Voorwerp (Object) 88
 Woordorde (Word order) STOMPI 89
 Lydende- en Bedrywende vorm (Active and Passive Voice) 90
 Tye (Tenses) 91
 Ontkennende Vorm / Negatief (Negative) 93
 Indirekte Rede (Indirect Speech) 94
 Sinstipes (Types of Sentences) 96

KREATIEWE SKRYFWERK 98
 Vriendskaplike Brief (Friendly Letter) 98
 Formele Brief (Formal Letter) 100
 Faksoorsending (Fax) 101
 Curriculum Vitae 103
 Agenda en Notule (Agenda and Minutes) 106
 Koerantverslag (Newspaper Report) 108
 Plakkaat (Poster) 109
 Strooibiljet (Flyer) 109

LEESBEGRIP (Comprehension) 110

OPSOMMING (Summary) 113

LETTERKUNDE (Literature) 115


 Poësie (Poetry) 115
 Prosa (Prose) 121

BRONNELYS 124

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 3


KLANKLEER
EN
SPELLING
VOKALE (Vowels),
KONSONANTE (Consonants) EN
DIFTONGE (Diphthongs)
Wanneer ons skryf, maak ons van die letters van die alfabet gebruik om
woorde saam te stel. Daar is 26 letters in die alfabet.

Alfabet: abcdefghijklmnopqrstuvwxyz

1. Klinkers – Vokale
Die letters wat hierbo vet gedruk is, is klinkers. Klinkers gee aan
woorde hulle klank.
arme
ek
is
oupa
uil

Luister na die klanke wat voorgestel word deur die -i- in familie en
die -i- in dit. Dieselfde klinker kan twee verskillende klanke voorstel.

LET WEL: Klinkers kan kort of lank wees.


Kort Lank
os oos
man maan
vel veel
rek reeks
dit familie
rus vuur

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 4


2. Medeklinkers – Konsonante

Die res van die alfabet, behalwe a, e, i, o, u en y


bv. b, d, f, g, h …… ens.

3. Tweeklanke – Diftonge

Klinkers wat langs mekaar in dieselfde lettergreep voorkom, word


uitgespreek asof dit een klank is.
Byvoorbeeld: ui uit
aai raai
ai baie
ei brei
y ry
ooi rooi
oi toiings
eeu skreeu
oei roei, loei
ou bou

ONTHOU: y en ei is ook diftonge!

BELANGRIK: oe en eu is weer nie diftonge nie, maar


klinkers.
Maak (aa/ee/uu) die deur toe
FONETIES: [M a : k di dør t u]

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 5


LETTERGREPE (Syllables)
Wenk: Om ‘n woordjie in dele (sillabe) op te breek, soos jy dit
HOOR!

Bv. klui / se / naar


in / ge / ni / eur
tran / sak / sie
va / naand
hor / lo / sie

Moenie die woordjie in dele opdeel wat noodwendig sin maak nie, deel hom op
soos jy dit sal sê en hoor!
(Klap met jou hande om dit makliker te maak!)

Oop lettergreepreël
Wanneer ‘n lettergreep op ‘n klinker eindig, is dit ‘n oop lettergreep.
Bv. spe / le / tjie is almal oop lettergrepe.

Wanneer daar ‘n lang klank in ‘n lettergreep is en daar is geen konsonant aan


die einde van die lettergreep nie, skryf ons die lang klank met net een klinker.
Bv. ba- ne en ska- kelaar

Geslote lettergreepreël
Wanneer ‘n lettergreep op ‘n medeklinker eindig, is dit ‘n geslote lettergreep.
Bv. dood / stil is albei geslote lettergrepe.

Wanneer daar ‘n kort klank (a,e,i,o,u) in ‘n lettergreep is en die lettergreep


eindig op ‘n enkelkonsonant, dan verdubbel daardie konsonant.
Bv. balle en bosserig

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 6


MEERVOUDE (Plurals)

1. Sê die meervoud vir jouself hardop.


2. Besluit in watter klinkergroep die woord val en pas die reëls van daardie
klinkergroep toe.

KLINKERGROEPE

KLINKERGROEP 1 KLINKERGROEP 2 KLINKERGROEP 3

ui aai ai ei y ooi oi
aa ee oo uu a e i o u
eeu oei ou oe eu
Bv.
Bv. Bv.
koei = koei + e
skaap = skape pil = pille
= koeie
Met gekombineerde
Een klinker val weg en Na die kort klinker,
klinkers las ons slegs ‘e’
‘n ‘e’ word bygevoeg verdubbel die
of ‘s’ aan die einde van
aan die einde konsonant + ‘e’
die woord.

Klinkergroep 1
In klinkergroep 1 kry ons al die tweeklanke dit wil sê ou, ui, ie, y, ei, aai, ai,
oi, ooi, eeu, oei. Net ‘n -e of -s klank word aangelas. Niks val weg nie en
niks verdubbel nie.
bv. treine leeus

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 7


Klinkergroep 2
In klinkergroep 2 kry ons al die lang klanke dit wil sê aa, ee, oo, uu. Een
klinker val weg en ‘n -e word aangelas.
bv. haas – hase

As die woord in die meervoud ‘n -s moet bykry, val geen klinker weg nie.
bv. maat – maats

Klinkergroep 3
In klinkergroep 3 kry ons al die kort klanke dit wil sê a, e ,i ,o, u. As die laaste
lettergreep van die woord ‘n kort klank het, verdubbel die laaste konsonant van
die woord as daar net een konsonant is.
bv. katte

As daar reeds twee konsonante aan die einde van die woord is, verdubbel
niks nie.
bv. honde

Die woord kan in die meervoud ook net ‘n -s bykry, waarmee geen
verdubbeling of weglating plaasvind nie.
bv. jagters mans

Met enkele uitsonderings word daar ‘n -te aan ‘n woord gelas in die meervoud.
bv. toeriste

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 8


Enkelvoud en Meervoud

1. Eindig op – s 8. Eindig op – ‘s
leeu leeus pa pa’s
ouma oumas ma ma’s
basaar basaars foto foto’s
Psalm Psalms hoera hoera’s
oupa oupas a a’s
sekonde sekondes b b’s
d d’s
2. Eindig op –e (uitsonderings) g g’s
boord boorde
naald naalde 9. Eindig op – e (aa, ee, oo, uu)
vrou vroue haan hane
glas glase brood brode
gebrek gebreke peer pere
gebed gebede sloot slote
bevel bevele skoot skote
skaap skape
3. Eindig op - te boom bome
graf grafte saag sae
vors vorste vraag vrae
kwas kwaste plaag plae
vrug vrugte kloof klowe
fees feeste
bruilof bruilofte 10. Eindig op – e (a, e, i, o, u)
jas jasse
4. Eindig op –de prop proppe
hoof hoofde gil gille
bek bekke
5. Eindig op –ere bos bosse
lied liedere sin sinne

6. Met deeltekens 11. Eindig op –e (a, e, i, o, u )


oorlog oorloë (uitsonderings)
slee sleë sif siwwe
see seë vlag vlae
wieg wië lid lede
boog boë stad stede
weg weë pad paaie
gebod gebooie
7. Met kappies hemp hemde
trog trôe
sog sôe
brug brûe
eg eê / egge

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 9


Twee meervoude

Party woorde het twee meervoude, elk met sy eie betekenis:

Saal: Op die perde se rûe is daar saals.


Konserte en vergaderings word in sale gehou.

Bas: Die basse in die koor sing te hard.


Die hael het die bome se baste afgeslaan.

Skof: Die jukke druk hand op die osse se skowwe.


Die mans werk skofte van agt uur.

Maat: My suster speel by haar maats.


Wat is die mate van die kamer?

Kwas: Die stuk hout is vol kwaste.


As jy klaar geverf het, moet jy die kwasse goed skoonmaak.

Goed: Op die stasie word goedere afgelaai.


Sy kamer lê so vol goeters dat ‘n mens nie weet waar om te trap
nie.

Las: As die lasse nie sterk is nie, sal die tou breek.
Met al die siekte in sy familie het die arme man baie swaar laste om
te dra.

Motor: Ons ryk bure het twee motors.


Die vliegtuig word aangedryf deur vier motore.

Stuk: Daar lê stukke van die gebreekte blompot.


Die boer het drie stuks vee op die veiling gekoop.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 10


VERKLEININGSVORM (Diminutives)
1. Woorde wat eindig op s;k;p;g;f
-ie
neef = nefie mensie = mensie
boek = boekie glas = glasie
skaap = skapie klok = klokkie

2. Woorde wat eindig op d of t


-jie
hond = hondjie maat = maatjie

3. Woorde wat eindig op m


-pie
arm = armpie storm = stormpie

4. Woorde wat eindig op n of l of r


-tjie
stoel = stoeltjie leer = leertjie

5. Woorde met ‘n kort klinker

-etjie
pil = pilletjie ster = sterretjie
vlam = vlammetjie krul = krulletjie
stam = stammetjie gil = gilletjie

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 11


6. Woorde met een lettergreep + -ang / -ing / -ong

-etjie
ring = ringetjie kring = kringetjie

7. Woorde met meer lettergrepe + eindig op -ing

-kie
-ngk kan nie langs mekaar staan nie
-ngkie
hei / ning = heininkie ko / ning = koninkie
pie / sang = piesankie ket / ting = kettinkie

Uitsonderings
pad = paadjie vat = vaatjie
wa = waentjie glas = glasie
spel = speletjie gat = gaatjie
foto = foto’tjie nooi = nooientjie
pa = pa’tjie (pappie)
ma = ma’tjie(mammie)

Ander verleinwoorde
AK - AK’tjie B.Sc.Agric. - B.Sc.Agric.’tjie
DKW - DKW’tjie H.O.D. - H.O.D.’tjie
KWV - KWV’tjie TV - TV’tjie
1 - 1’etjie 3 - 3’tjie
8 - 8’ie 9 - 9’tjie
VI - VI’ie vii - vii’tjie
.303 - .303’tjie .22 - .22’tjie
gr. II - gr. II’tjie

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 12


Verkleinwoorde
1. Verkleining op -ie 3. Verkleining op -tjie
Groep 3 & dubbel konsonant stoel stoeltjie
mens mensie lepel lepeltjie
krans kransie baadjie baadjietjie
boek boekie mandjie mandjietjie
glas glasie
aa, ee, oo, uu 4. Verkleining op -etjie
neef nefie kring kringetjie
skaap skapie ring ringetjie
graaf grafie wa waentjie
boog bogie stam stammetjie
a, e, i, o, u vlam vlammetjie
klok klokkie krul krulletjie
hek hekkie pil pilletjie
jas jassie gil gilletjie
orkes orkessie ster sterretjie

2. Verkleining op -jie 5. Verkleining op -pie


speld speldjie derm dermpie
maat maatjie arm armpie
hond hondjie storm stormpie
voet voetjie asem asempie

LET WEL: 6. Verkleining op -kie


pad paadjie ketting kettinkie
vat vaatjie woning woninkie
piesang piesankie
sening seninkie

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 13


ALGEMENE SPELREëLS

DIE -rm en -lm REëL


Wanneer ons woorde skryf wat eindig op ‘n -rm of -lm, word daar nie ‘n i of e
tussen die twee letters ingevoeg nie, al klink dit so.

bv. arm klink soos arim palm klink soos palim

Daar is net een woord waar die r en m nie langs mekaar staan nie en dit is
darem.

DIE –ng REëL


Die letters ng en k mag nooit langs mekaar in ‘n woord staan nie.
Slegs –ng of –nk mag langs mekaar staan.

bv. bang bank

DIE –d / -t REëL
Om te bepaal of ‘n woord op ‘n -d of -t eindig, las ons net ‘n -e of -ing aan die
woord.
Wanneer die woord dan hardop gesê word en ons hoor ‘n -d, dan eindig die
woord op ‘n -d en as ons ‘n -t hoor, eindig die woord op ‘n –t.

bv. Ons sê honde en tyding en daarom skryf ons hond en tyd met ‘n d.
Ons sê katte en sitting en daarom skryf ons kat en sit met ‘n t.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 14


DIE ie / i REëL
Ons skryf gewoonlik ‘n ie in ‘n geslote lettergreep (‘n lettergreep wat eindig
op ‘n konsonant) en ‘n i in ‘n oop lettergreep (‘n lettergreep wat eindig op ‘n
klinker)
bv. lief – lik fi-nan-sies

Daar is ook baie uitsonderings.


Wanneer ‘n woord op ‘n -ie; -ig; -e en er/s eindig kry dit ‘n ie.
bv. mielie; kielierig; skarniere; iewers; gieter

DIE –ae- REëL


Kom baie voor by woorde wat op
-aag
-ag

in die enkelvoud eindig en dan in die meervoud na -ae- verander


bv.
vraag - vrae
dag - dae
vlag - vlae
plaag - plae

Woorde met –ae- in Afrikaans, kry nie ‘n deelteken nie


bv.
dae
hael
nael

Woorde van vreemde herkoms sal ‘n deelteken kry


bv.
aërobiese oefeninge

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 15


AFRIKAANSE REKENAAR- EN
INTERNETTERME
(Computer and Internet
Terminology)
access port toegangspoort

backlash tru-streep, tru-solidus


backup (n) rugsteun
bitmap bispatroon
boot selflaai(-ge-)
byte greep

CA,computer-assisted RO, rekenaarondersteun


CAD, ROT,rekenaarondersteunde Teken(ing)
computer-assisted drawing
caps lock hoofletterslot (voorkeurterm), bokasslot
CD,compact disc (disk) CD,laserskyf, laserplaat
CD-ROM drive CD-Rom-aandrywing
chip tjip

computer rekenaar
computer game rekenaarspeletjie
computer monitor rekenaarmonitor
computer programmer rekenaarprogrammeerder
computer science rekenaarwetenskap
configuration opstelling
cookie koekie
cut and paste knip en plak
cybercafé netkafee
cyberspace 1 netruimte
cyberspace 2 kuberruimte

data bank databank


data base server databasisbediener
debugging ontfouting
delete skrap
deselect ontkies
disk drive skyf(aan)drywer
dot file dotlêer
download (computer) aflaai
drag sleep
drag and drop sleep en los
drive aandrywer
e-mail e-pos

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 16


fire wall brandmuur
floppy disk (disk) slapskyf, disket

graphic file grafikalêer

hard drive hardeskyf


home page tuisblad
hot key snelsleutel
hypertext hiperteks

icon ikoon
information highway informasiesnelweg
Internet Internet

keyboard toetsbord

Lap-top (computer) skootrekenaar, (op)vourekenaar


laser printer laserdrukker

megabyte megagreep
menu kieslys

newsgroup diskussiegroep

pop-up menu opwipkieslys


(computer)
print-out uitdruk, drukstuk
processor verwerker

RAM RAM (ewetoeganklike geheue)


(random-access memory)
ROM ROM (leesalleengeheue)
(read-only memory)

scroll rol
search engine soekprogram/enjin
serial port seriepoort
server bediener
spell(ing) checker speltoetser
spreadsheet spreitabel
stiffy stiffie

user-friendly gebruik(er)svriendelik
utility program

virtual reality virtuele werklikheid

web site webruimte, webtuiste, webwerf


worldwide web wêreldwye web

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 17


KOPPELTEKENS (Hyphens)
Waar gebruik ons ‘n koppelteken?

1. Opeenhoping van vokale:


bo-ent
wa-as
drie-enig
see-eend
toe-eien
bo-op
twee-uur
kiwi-eier

2. Hulle woorde:
Pa-hulle, my oom-hulle, Piet-hulle

3. Herhaling van woorde


fluit-fluit
sing-sing
so-so
gou-gou
plek-plek
nou-nou

4. Plekname
Bo-Karoo
Oos-London
Pretoria-Noord
Sentraal-Afrika
Onder-Kaap
Groot-Marico

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 18


KAPPIE

Ons gebruik die kappie om ‘n kort klank (o, e, u) te rek. Dit word nie ‘n lang

klank (ō, ē, ū) nie, maar ‘n uitgerekte kort klank (ŏ, ě, , / æ, ū).

bv. môre jy hoor ‘n lang / ŏ /

sê jy hoor ‘n lang / ě /
skêr jy hoor ‘n lang /æ/

brûe jy hoor ‘n lang / ū /

Nog voorbeelde

affêre voëlwêreld
kwêvoël bêre
houttrôe droomwêreld
treinbrûe voorsê
blêrende skaapskêre
êrens sekondêre
primêre rewolusionêr
wîe wê
brûe sôe
miljoenêr pêrel
blêr populêr
êrens kêrel
lêer

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 19


DEELTEKENS
Wanneer ons ‘n woord met ‘n deelteken e (ë) uitspreek, klink dit soos ‘n /hǝ/,
maar ons skryf dit net ë.
bv. vlieë klink soos vlie-he.

Sommige woorde met ‘n deelteken e (ë) word nie as ‘n h/ǝ/ uitgespreek nie,
maar dit sê net vir ons hoe die woord gelees moet word.
bv. geëet lees ons ge-eet.

Die ë sê vir ons dat ons die woord voor die ë moet afbreek as ons dit
uitspreek. Dieselfde geld vir woorde met ‘n deelteken i (ï).
bv. beïnvloed lees ons be-invloed.

Die deelteken dui ‘n nuwe lettergreep aan, en help dus om die woord reg uit te
spreek.

Nog voorbeelde
deursettingsvermoë vlieënier
hiërogliewe geëet
reënboog breë
genoeë priële
beëdigde geërf
bedrieëry vroeë
reël vlieër
geleë droë
moeë spieël
koeël posseël
hiëna beërwe
knieë weë
reën maatreëls

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 20


AFKORTINGS (Abbreviations)

DAE VAN DIE WEEK (Days of the week)

Sondag (So.)
Maandag (Ma.)
Dinsdag (Di.)
Woensdag (Wo.)
Donderdag (Do.)
Vrydag (Vr.)
Saterdag (Sa.)

MAANDE VAN DIE JAAR (Months of the year)

Januarie (Jan.) (31 dae)


Februarie (Feb.) (28 dae, 29 dae in ‘n skrikkeljaar)
Maart (Mrt.) (31 dae)
April (Apr.) (30 dae)
Mei (Mei) (31 dae)
Junie (Jun.) (30 dae)
Julie (Jul.) (31 dae)
Augustus (Aug.) (31 dae)
September (Sep.) (30 dae)
Oktober (Okt.) (31 dae)
November (Nov.) (30 dae)
Desember (Des.) (31 dae)

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 21


CHEMIESE ELEMENTE EN SIMBOLE
(Chemical elements and symbols)

Aktinium Ac Natrium Na
Aluminium Al Neodymium Nd
Americium Am Neon Ne
Antimoon Sb Neptunium Np
Argon Ar Nikkel Ni
Arseen As Niobium Nb
Astaat At Nobelium No

Barium Ba Osmium Os
Berillium Be
Berkelium Bk Palladium Pd
Bismut Bi Platinum Pt
Boor B Plutonium Pu
Broom Br Polonium Po
Praseodymium Pr
Chloor Cl Promethium Pm
Chroom Cr Protaktinium Pa
Curium Cm
Radium Ra
Disprosium Dy Radon Rn
Renium Re
Einsteinium Es Rodium Rh
Erbium Er Rubidium Rb
Europium Eu Rutenium Ru

Fermium Fm Samarium Sm
Fluoor F Selenium, Seleen Se
Fosfor P Serium Ce
Frankium Fr Sesium Cx
Silikon Si
Gadolinium Gd Silwer Ag
Gallium Ga Sink Zn
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 22
Germanium Ge Sirkonium Zr
Goud Au Skandium Sc
Stikstof N
Hafnium Hf Stronsium Sr
Helium He Suurstof O
Homium Ho Swawel S

Indium In Tallium Tl
Iridium Ir Tantaal Ta
Tegnesium Tc
Jodium I Telluur Te
Terbium Tb
Kadmium Cd Tin Sn
Kalifornium Cf Titaan Ti
Kalium K Torium Th
Kalsium Ca Tulium Tm
Kobalt Co
Koolstof C Uraan U
Koper Cu
Kripton Kr Vanadium V
Kwik Hg
Waterstof H
Lantaan La Wolfram W
Lawrensium Lr
Litium Li Xenon Xe
Lood Pb
Lutesium Lu Yster Fe
Ytterbium Yb
Magnesium Mg Yttrium Y
Mangaan Mn
Mendelevium Md
Molibdeen Mo

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 23


AFKORTINGS
A M
antw. antwoord mej. mejuffrou
asb. asseblief m meter
Aug. Augustus mm millimeter
B mnr. meneer
bl. bladsy mnre. menere
b.o. blaai om Mrt. Maart
Bpk. beperk me. mevrou /
bv. byvoorbeeld mejuffrou
bw. bywoord N
C n.C. na Christus
cm sentimeter nm. namiddag
D no. (nr.) nommer
Des. Desember Nov. November
d.i. dit is O
dr. dokter / doktor o.a. onder ander(e)
ds. dominee Okt. Oktober
d.w.s. dit wil sê P
E p.a. per adres
e.a. en andere(e) p.j. per jaar
eerw. eerwaarde Pk. poskantoor
ens. ensovoorts Ps. Psalm
F past. pastoor
Febr. (Feb.) Februarie S
G SA Suid-Afrika
g gram sekr. sekretaris
H Sept. (Sep.) September
hfst. hoofstuk st. standerd
h.v. hoek van str. straat
J V
Jan. Januarie v.C. voor Christus
K vgl. vergelyk
kg kilogram vlg. volgende
Kie kompanjie vm. voormiddag
Maatskappy) vnw. voornaamwoord
km kilometer voegw. voegwoord
L voors. voorsetsel /
ℓ liter voorsitter
LW Let Wel Vr. Vrydag
W
ww. werkwoord

## Wanneer daar meer as een woord voorkom: word die begin letter van elke woord
geskryf sowel as ‘n punt na elke letter. Bv. dit wil sê = d.w.s.
## Wanneer daar een woord voorkom: word die begindeel van elke lettergreep gewoontlik
gebruik sonder enige punte. Slegs ‘n punt aan die einde. Bv. voormiddag = vm. / voorsetsel =
voors.
## Wanneer ons met mates werk: kry ons geen punt aan die einde van die afkorting nie.
Bv. kilometer = km

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 24


LEESTEKENS(Punctuation)
Hoofletter (Capital letter)
Waar gebruik ons die hoofletter?

Die meeste leerlinge weet dat ‘n hoofletter aan die begin van ‘n sin staan en
dat spesiale name van mense, diere, plekke, berge, riviere, ens. met
hoofletters geskryf moet word. Daar word egter foute begaan in gevalle soos
die volgende:

1. Alle titels soos dokter, dominee, professor, kaptein, luitenant, prins,


koning, meneer, mevrou, mejuffrou, ens. word in die middel van sinne met
kleinletters geskryf:
 Ek weet nie waar dr. Jackson se spreekkamer is nie, maar mnr.
Johnson sê hy sal my daarheen neem.
 Toe prins Charles en prinses Diana in Australië was, het hulle dikwels
kangaroes gesien.

2. Vanne soos De Wet, Van der Merwe, De la Bat ens., skep dikwels
probleme wat die gebruik van hoofletters betref. Onthou maar net dat die
“van” in Van der Merwe, die “de” in De Wet, ens. altyd klein is na ‘n
voornaam of voorletter. As daar egter geen naam of voorletter voor
staan nie, is die eerste letter van die van (surname) altyd ‘n hoofletter.
 Hy sê Markus van der Merwe is ‘n vriend van haar.
 Almal weet Van der Merwe is ‘n eerlike man.
 Die lesing sal deur Susan de la Bat gehou word.
 ‘n Vrou met die van De la Bat sal die lesing hou.
 Ons weet nie of mevrou Van Eeden die koek gebak het nie, maar
sersant Paul van Breda dink dit was sy.
 Die De Wets en Du Toits is goeie vriende, John du Toit en Con de Wet
is albei prokureurs.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 25


3. Name van vakansiedae soos Gesinsdag en Goeie Vrydag word met
hoofletters geskryf - ook Moedersdag.

4. Die name van verenigings word met hoofletters geskryf:


die Dierebeskermingsvereniging.

5. Name van politieke partye: Demokratiese Alliansie ens.

6. Voornaamwoord as ‘n eienaam gebruik word: Wanneer kom Pa terug?


Teenoor : My pa is nie by die huis nie.
Sê vir jou oom sy gaan na Ouma toe.

7. Politieke amp: Die vergadering sal deur die Staatspresident en die


Minister van Finansies toegespreek word.

8. Name van fabrikante / produkte: Ford.

9. Personifikasies: Klaas Vakie, Klein Duimpie.

10. Troeteldiere se eiename: Wagter; ook in stories: Wolf en Jakkals.

11. Aardrykskundige eiename: Afrika; Europa; Noord Amerika.

12. Eiename hiervan: Afrikaner; Europeër; Amerikaner.

13. Straat en streekname: Derde Laan; Hoëveld.

14. Publikasies: Die Landbouweekblad; Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

15. Vir nadruk: Ons wens jou toe: Gesondheid, Vreugde en Voorspoed!

16. Na ‘n , aan die begin van ‘n sin: (na ‘n , aan die begin van ‘n sin, word
die daaropvolgende woord met ‘n hoofletter geskryf) ‘n Boom word geplant.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 26


[.] Punt (Full stop)
Om die einde van ‘n sin aan te dui.

[,] Komma (Comma)


 In ‘n lang sin voor die voegwoord.
bv. Hy eet, want hy is honger.
 Tussen ‘n reeks van soortname.
bv. Hy bring appels, pere, perskes en druiwe.

NB: Daar is nooit ‘n komma voor “en” nie!


Die reëls vir die komma behoort jy te ken, maar mense vergeet dikwels die
komma tussen werkwoorde (gesegdes).

Voorbeelde:
 As jy dit doen, sal ek baie kwaad wees.
 As daardie skelm saamgaan, bly ek net hier.

[:] Dubbelpunt (Colon)


 Wanneer ‘n verduideliking volg bv.
Ek verduidelik as volg: eerstens moet jy die skakelaar druk, sodat die
liggie flikker.
 Bring die volgende saam: houtlepel, mieliemeel, pot en water.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 27


[;] Kommapunt (Semi-colon)
 Gebruik die kommapunt hoofsaaklik in die plek van ‘n voegwoord.

Voorbeelde:
Ek is nie bang nie; die hond is by my.
(Ek is nie bang nie, want die hond is by my.)
Sy het laat gekom; sy het verslaap.
(Sy het laat gekom, want sy het verslaap.)
Die bome begin hul blare verloor; dis nou herfs.
(Die bome begin hul blare verloor, want dis nou herfs.)

[!] Uitroepteken (Exclamation mark)


 Na ‘n uitroepsin, of ‘n bevelsin bv.
“Gaan!” beveel hy.
“Kom gou!” roep hy benoud.

[“…”] Aanhalingstekens
(Inverted commas)
 Om direkte rede (eie woorde) aan te toon bv.
“Is jy moeg?” vra ek.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 28


BETEKENISLEER
(Semantics)
SINONIEME (Synonyms)
Woorde met dieselfde betekenis.
Kyk na die volgende:
Daar was ongeveer vyf minute oor.
Daar was omtrent vyf minute oor.
LET WEL: Ongeveer en omtrent het min of meer dieselfde betekenis.

Nog voorbeelde van woorde met omtrent dieselfde betekenis:

Ons sal dadelik (onmiddellik) gaan.


Die einde (slot) van die storie was treurig.
Wanneer het dit gebeur (plaasgevind)?
Waar het die skelm geskuil (weggekruip)?
So iets maak my baie hartseer (weemoedig).
Die vlieg hinder (pla) my baie.
Die perde hardloop hot (links) en haar (regs) in die kamp.
Die grapmaker is regtig baie koddig (snaaks).
Ma was daardie dag baie kwaad (vies, boos).
Niemand hou van ‘n lawaai (geraas) nie.
Die leerlinge (skoliere)doen hul werk getrou.
Die ou man is baie nors (onvriendelik).
Ek het ‘n mooi present (geskenk) op my verjaarsdag gekry.
Is dit die regte (korrekte, juiste) antwoord?
Hy het skielik (meteens) opgespring en gehardloop.
Smôrens (soggens) borsel ons ons tande.
Sommige (party) leerlinge is traag (lui) om te werk.
Soms (partykeer) reën dit darem in die woestyn.
Tamaai (groot) golwe het oor die skip geslaan.
Die bang kind bewe van vrees (angs).
Die vrolike (opgeruimde) kinders sing en lag.
Die wyse (slim) man ken seker die antwoord.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 29


(a) Jy kan darem ‘n groot geraas maak, nè? – lawaai
(b) Weet jy wat die korrekte antwoord is? – regte
(c) My pa was verskriklik kwaad daaroor. – vies
(d) Hy het meteens gaan staan. – skielik
(e) Niemand hou van ‘n nors mens nie. – onvriendelike
(f) Wanneer het dit plaasgevind? – gebeur
(g) Sy oom is ‘n slim man. – intelligente
(h) Kam jy smôrens jou hare? – soggens
(i) Die kind is traag om te werk. – lui
(j) Hy was so bang dat hy van vrees gebewe het. – angs

WOORDE MET DIESELFDE OF BYNA DIESELFDE BETEKENIS

amper : byna moeder : ma


boos : kwaad onderwyseres : juffrou
dalk : miskien partymaal : soms
diender : konstabel praat : gesels
doodgaan : sterf pragtig : mooi
gou : vinnig roep : skree
hoof : prinsipaal vader : pa
meisie : dogter

Die volgende woordpare beteken dieselfde.


Kyk, een van die twee lyk soms nogal baie soos die Engelse woord.
Dit help jou met die betekenis.

A I
aankom arriveer impala rooibok
aanskou sien indien as (if)
afguns jaloesie industrie(ë) nywerheid
(-hede)
aksent klem individu enkeling
akteur / aktrise toneelspeler insident voorval /
applous toejuiging gebeurtenis
astronomie sterrekunde inspirasie besieling
astronout ruimtevaarder inspireer besiel

B J
balans ewewig janfiskaal laksman
biografie lewensbeskrywing (butcher bird)
botanie plantkunde
breier afrigter
(van ‘n span)
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 30
C K
chaos wanorde klimaks hoogtepunt
chemie skeikunde komedie blyspel
chirurg snydokter komies snaaks (funny)
(surgeon)
D kompensasie vergoeding
direk regstreeks kompeteer meeding
dokter arts / geneesheer konfidensieel vertroulik
E konsonant medeklinker
effektief doeltreffend kwaliteit gehalte
eggo weerklank (echo) kwantiteit hoeveelheid
enjin(s) motor(e) L
(engine(s))
entoesiasme geesdrif leër weermag
F lorrie vragmotor
faal misluk (fail) M
filosoof wysgeer maat vriend(in)
filosofie wysbegeerte maer skraal
flous kul / bedrieg / meriete verdienste
(deceive / cheat) modern nuwerwets
forseer dwing munisipaliteit stadsraad
fout flater (mistake) muntstuk geldstuk

G N
geografie aardrykskunde nooi meisie
geraas lawaai / rumoer O
grys vaal (grey) okkasie geleentheid
H ondier monster
hardloop hol oneg vals
horison gesigseinder / kim ontstaan begin
hot en haar links en regs opponent teë(teen)stander

P R
perfek volmaak rein skoon
permissie verlof respek eerbied
pienk ligrooi roer (s.n.w.) geweer (rifle)
poësie digkuns ruïne bouval
populêr gewild rumoer geraas / lawaai
predikant leraar (van kerk) ryk welgesteld
premier eerste minister rympie gediggie
present geskenk
probleem vraagstuk
pastoor prediker

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 31


ANTONIEME (Opposites)
Woorde met die teenoorgestelde betekenis
bv. mooi - lelik
Kyk na die volgende:
Hy swenk vinnig binnetoe.
Hy het te stadig beweeg.
LET WEL:
Die woorde vinnig en stadig het die teenoorgestelde betekenis.

Voorbeelde van woorde met die teenoorgestelde betekenis:

D Hy help my nie dikwels nie, maar selde.


Hy was nie dronk nie, hy was nugter.
E Hy was nie eerste nie, maar laaste.
G Die kos is nie gaar nie, maar rou.
My vriend is nie gelukkig nie, maar ongelukkig.
H Die lig is nie helder nie, maar dof.
Ek hou meer van die hitte as van die koue.
K Die see is nie kalm nie, maar onstuimig (stormagtig).
L Ons lewe nou, maar eendag sal ons sterf (sterwe).
‘n Springbok is nie lomp nie, maar rats.
S “Is jy skuldig, of onskuldig?” vra die landdros.
Die baba slaap nie, sy is wakker.
Die leerling is nie slordig nie, maar netjies.
Die vark is spekvet of brandmaer.
Sy lakens is spierwit of pikswart.
Ons motor is stokoud of splinternuut.
Die lemoen is nie suur nie, maar soet.
T Sy is nie teenwoordig nie; sy is afwesig.
Die hond is nie trommeldik nie, maar plankdun.
V Hierdie blomme is nie vars nie, maar verlep.
W Die storie is nie waar nie, maar onwaar.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 32


ANTONIEME
TEENOORGESTELDES

aankom vertrek naby ver


afwesig teenwoordig nat droog
anderkant duskant netjies slordig
antwoord vraag oop toe
arm ryk oud nuut
baie bietjie; min orals nêrens
bedags snags raak mis
begin einde reg verkeerd
binne (kant) buite (kant) regs links
dag nag reguit krom; skeef
diep vlak ryp groen
dik dun sag hard
dikwels selde skerp stomp
donker lig skoon vuil
dwerg reus slim dom
eerste laaste soggens saans
fluks lui somer winter
gaar rou sterk swak
gelukkig ongelukkig stout soet
gesond siek suur soet
glad skurf swaar lig
goed sleg vet maer
goedkoop duur verlede toekoms
hoog laag vinnig stadig
jonk oud vol leeg
kort lank vrede oorlog
lag huil vriend vyand
lekker sleg vroeg laat
lewendig dood waarheid leuen
los vas warm koud
mak wild wen verloor
maklik moeilik wyd smal; nou

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 33


HOMOFONE (Homophones)
Woorde wat dieselfde uitgespreek word, maar die spelling en
betekenis verskil word HOMOFONE genoem.

Boordjie:Hierdie hemp se boordjie is te nou.


Boortjie: Hy het ‘n klein gaatjie met ‘n boortjie geboor.
Boud: Hy het die perd op sy boud geslaan.
Bout: Waar is hierdie bout se moer?
Bril: As jou oë swak is, moet jy bril dra.
Brul: Toe die leeu brul, het ek weggehardloop.
By: Die by het hom op sy neus gesteek.
Bui: ‘n Harde bui reën het uitgesak.

Duur: Nie goedkoop nie.


Dier: Bv. Vark, hond, perd.

Eet: Hy eet glad te veel lekkers.


Eed: Die man het ‘n eed geneem dat hy die moordenaar sou vang.

Haal: Piet sal die koeie gaan haal.


Hael: Die hael het twee ruite gebreek.
Hard: Nie sag nie.
Hart: My hart is seer.

Lei: Die tuinier lei sy groente nat.


Ly: Die skraal dogtertjie ly aan asma.
Leun: Die seun leun teen die muur.
Leuen: Hy het al weer ‘n leuen vertel.

Klere: Wat ons dra.


Kleure: Rooi, geel, groen.
Kruit: Wat in koeëls gebruik word.
Kryt: Ons skryf of teken daarmee.
Kus: Ons groet Moeder met ‘n kus.
Kis: Daar is honderd appels in die kis.

Maar: Anna gaan, maar haar sustertjie bly by die huis.


Maer: Gedurende die droogte was ons skape baie maer.
Moet: Ek moet gaan.
Moed: Hy het baie moed (is dapper).

Noot: Die een noot van die klavier is vals.


Nood: Ek was vandag lelik in die nood.

Put: Hoe diep is die put ?


Pit: Moenie dit pit van die perske insluk nie.

Rant: Die bokke wei teen die rant.


Rand: Die bok kos duisend rand.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 34
Reëlings:Ons tref die reëlings vir ons vakansie.
Relings:Jy moet nou aan die relings vashou, anders val jy af.
Ryer: Die ryer het sy fiets goed beheer.
Reier: Die reier soek paddas in die vlei.
Rys: Wat ons eet.
Reis: Ons reis per motor iewers heen.

Skeer: Hulle skeer hul skape in November.


Skeur: Die doringdraad sal jou baadjie skeur, Hendrik.
Skut: Diere wat rondloop, kom in ‘n skut.
Skud: ‘n Mens skud baie agter op daardie vragmotor.
Steun: Ek steun op jou, ou maat!
Steen: Die steen moet nog vasgemessel word.
Styl: Die atleet het ‘n pragtige styl.
Steil: Die bergpas is steil. / Sy hare is steil.
Swaar: Ek kon nie die swaar klip optel nie.
Swaer: My suster se man is my swaer.

Teëls: Die teëls teen die badkamermuur raak los.


Teuels: Die drywer hou die teuels styf vas.

Vee: Skape, bokke, beeste.


Fee: Feetjie soos in feëverhale.
Voet: Die baksteen het op my voet geval.
Voed: Die ma voed haar baba.
Vyl: ‘n Stuk gereedskap.
Vuil: Nie skoon nie.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 35


HOMONIEME (Homonyms)
Woorde wat eenders geskryf word, maar waarvan die betekenis
Verskil, word HOMONIEME genoem.

Die jagter gaan nou die springbok afslag.


As jy kontant vir ‘n artikel betaal, kry jy afslag.

Die boom se bas is afgestroop.


Die bas het ‘n pragtige stem.

Die speler skop die bal.


Daar was baie dansers op die bal (dansparty).
Die bokser bal sy vuiste.

Hy het per ongeluk ‘n blad van die boek geskeur.


Die blad van die plant is groen.
Die boer het my ‘n blad van ‘n bok gegee.

Jy moet werk om jou doel te bereik.


Die netbalspeelster het ‘n doel gegooi.

Die boer eg die lande met ‘n eg.


Is jy seker daardie diamant is eg ?
Die bruid en bruidegom is deur hul predikant in die eg verbind.

Ek was hierdie naweek hulle gas.


Moenie daardie gas inasem nie.

Ek kan sing.
Daar is water in die kan.

Wie was die koper van die plaas ?


Die ketel is van koper gemaak.

Die bobbejaan sit op die krans.


Ons het ‘n krans op haar graf gesit.

Na die wedstryd was my bene lam.


Die lam loop agter sy ma aan.

Die tas is van leer gemaak.


‘n Mens leer elke dag.

‘n Veer is lig.
Dis nog lig en nie donker nie.

Dit lyk of dit gaan reën.


Die lyk is na die dodehuis geneem.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 36


Mamma is moeg en mat van al die werk.
Voor die deur lê ‘n mat.

Dis ‘n goeie middel teen verkoue.


Sy dra ‘n rooi band om haar middel.

Die hoed pas haar.


Die pas was te vinnig, dus kon ek nie bybly nie.
Die pas deur die berg is steil.

Weens die droogte is die pampoentjies vanjaar maar klein.


Pampoentjies kan ‘n gevaarlike siekte wees.

Pos asseblief hierdie brief.


Hy beklee ‘n goeie pos.
Sodra die klok lui, moet elke prefek op sy pos wees.

Dien jou vader ook in ‘n raad ?


My onderwyser het my goeie raad gegee.

Sy het ‘n rol note in haar hand.


Die hond rol op die gras.

Ons het ‘n harde slag gehoor.


Die boer slag ‘n skaap.

Moeder sny die vleis.


Die sny aan sy vinger bloei.

Die water syfer deur die damwal.


Hy sukkel om die syfer 2 te maak.

Frans trek aan die tou.


As jy in die trek sit, word jy siek.

Ek wag vir my vriend.


Die wag keer dat diewe inkom.

Ek was my hande gereeld.


Kerse word van was gemaak.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 37


EEN WOORD VIR
(One word for)
FOBIES EN VOORLIEFDES
Agorafobie Vrees vir oop ruimtes
Akarafobie Vrees vir jeuk
Akrofobie Vrees vir hoogtes
Allurofobie Vrees vir katte
Algmofobie Vrees vir skerp instrumente
Algofobie Vrees vir pyn
Androfobie Morbiede teensin in mans
Antropofobie Vrees vir mense
Apifobie Vrees vir bye
Aragnofobie Vrees vir spinnekoppe

Basillofobie Vrees vir mikrobes


Batofobie Vrees vir dieptes
Belonefobie Vrees vir naalde
Bibliomanie Obsessie met boeke
Blennofobie Vrees vir slym

Demonofobie Vrees vir duiwels


Dorafobie Vrees vir die vel of hare van diere
Dromofobie Vrees vir hardloop

Entomofobie Vrees vir insekte


Ergofobie Vrees vir werk
Eritrofobie Vrees om te bloos

Fagofobie Vrees om te sluk


Farmakofobie Vrees vir medisyne
Fobofobie Vrees vir die ontstaan van angs
Fognofobie Vrees vir baarde
Fotofobie Vrees vir skerp lig
Gamofobie Vrees vir die huwelik
Gefiedrofobie Vrees vir brûe
Gimnofobie Vrees vir naaktheid

Hemofobie Vrees vir bloed


Hidrofobie Vrees vir water
Higrofobie Vrees vir klammigheid
Hipnofobie Vrees vir slaap

Kardiomanie Obsessie met die hart


Karsinofobie Vrees vir kanker
Kerofobie Vrees vir jolyt
Kibofobie Abnormale weersin in kos
Kleptomanie ‘n Obsessie om te steel
Kloustrofobie Vrees vir engtes

Lalofobie Vrees vir gesprekvoering


Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 38
Meganofobie Vrees vir masjiene
Melomanie Versotheid op melodieë
Mikrofobie Vrees vir kieme
Misofobie Bang om valse verklarings af te lê
Musikomanie ‘n Obsessie met musiek
Musofobie Vrees vir muise

Nekrofobie Vrees vir lyke


Nekrofilie Aangetrokkenheid tot lyke
Neofobie Vrees vir nuwighede
Niktofobie Vrees vir donker
Nosofobie Vrees vir siekte

Pirofobie Vrees vir vuur


Piromanie Obsessie met vuur

Soöfobie Vrees vir diere

Tafofobie Vrees om lewendig begrawe te word


Talassofobie Vrees vir die see
Tanatofobie Vrees vir die dood
Termofobie Vrees vir hitte
Toksikofobie Vrees vir gif

Xenofobie Vrees vir vreemde mense of dinge


Xenomanie Liefde vir die buiteland (alles wat vreemd is)

MENSE (Beroepe, eienskappe en idiomatiese name)


aandelemakelaar iemand wat aandele koop en verkoop
aasvoël iemand wat op ander teer / vraat / verleë lyk
admiraal die hoof van ‘n vloot
adolessent ‘n jeugdige, opgroeiende persoon
adviseur iemand wat voorligting of raad gee
advokaat ‘n persoon wat ‘n ander persoon of saak in ‘n hooggeregshof
verdedig
afgesant ‘n persoon wat na die buiteland gestuur word met ‘n besondere
opdrag van ‘n regering
afsitter iemand wat atlete of perde by ‘n byeenkoms laat wegspring
afslaer iemand wat goedere en eiendom op ‘n veiling verkoop
aggressor iemand wat eerste aanval of ‘n twis begin

baanbreker iemand wat iets eerste doen


babsitter iemand wat (teen betaling) kinders oppas wanneer die ouers
nie tuis is nie
babbelkous iemand wat onophoudelik praat
bakker iemand wat brood, koek, ens. bak en verkoop
bakterioloog iemand wat ‘n studie maak van bakterieë
bakvissie ‘n meisie tussen 14 en 17 jaar oud
balju ‘n bode van die hooggeregshof wat moet toesien dat die
vonnisse van die hof uitgevoer word
bangbroek iemand wat baie lafhartig is
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 39
bankbestuurder iemand wat ‘n bank bestuur
bankier iemand wat hom met banksake besig hou, veral op hoë vlak

chauffeur ‘n motorbestuurder in diens van iemand anders


chiropodis ‘n persoon wat opgelei is om voete te behandel
chiropraktisyn iemand wat geneeskundig optree deur manipulasie en
massering
chirurg ‘n dokter wat operasies uitvoer
choreograaf ‘n persoon wat ‘n dans of ballet skep
connoisseur ‘n uitstekende kenner van goeie smaak (bv. wyn of kos)
Croesus ‘n skatryk persoon

dagloner iemand wat hom by die dag verhuur


Daniël ‘n troue belyer van sy godsdiens
dataverwerker iemand wat gegewens en feite verwerk
debiteur iemand wat aan ‘n persoon of instansie geld skuld
debutante ‘n meisie wat vir die eerste maal in die openbaar optree
dekaan die voorsitter van ‘n akademiese fakulteit
delegaat iemand wat afgevaardig is om iets te doen
dermatoloog ‘n persoon wat spesialiseer in velsiektes
digter iemand wat gedigte skryf
diplomaat ‘n persoon wat in ‘n ander land namens sy land onderhandel

egalitaris iemand wat glo dat alle mense eenders is


egoïs ‘n baie selfsugtige persoon
ekonoom iemand wat ‘n studie van ekonomiese sake maak
eksaminator iemand wat vraestelle opstel en nasien vir ‘n eksamen
eksekuteur iemand wat ‘n boedel beredder
ekstremis iemand wat tot die uiterste gaan
elekstrisiën iemand wat elektriese toestelle installeer en herstel
emigrant iemand wat sy land verlaat om hom in ‘n ander land te vestig
entomoloog ‘n kenner van insekte
entrepreneur die oprigter van ‘n sakeonderneming; iemand wat iets
organiseer en bestuur

fakir ‘n Mohammedaanse bedelmonnik wat skynbaar wonderwerke


verrig
Fariseër ‘n huigelaar en skynheilige
fatalis iemand wat aan ‘n onvermydelike noodlot glo
feminis iemand wat vir vroueregte veg
filantroop iemand wat hom beywer om mense se lyding te versag
filatelis iemand wat posseëls versamel en bestudeer
Fillistyn ‘n persoon sonder kultuur en beskawing
filoloog iemand wat ‘n studie maak van die taal en lettere
fisiater ‘n dokter wat hom toelê op natuurgenesing
fisioterapeut iemand wat siektes en beserings behandel deur massering,
oefeninge en elektrisiteit

gasheer iemand wat besoeker ontvang of onthaal


gastroloog iemand wat ‘n deskundige is op die gebied van die bou,
funksies en siektes van die maag
gastronoom iemand wat baie gesteld is op lekker eet en drink
gedelegeerde iemand wat afgevaardig is
geitjie ‘n vrou met ‘n baie skerp tong
geldskieter iemand wat geld uitleen
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 40
geldwolf iemand wat baie gierig is
geluksvoël iemand wat dit altyd baie gelukkig tref
genie iemand met buitengewone begaafdheid en intelligensie
geoloog ‘n persoon wat die wetenskap van die aardkors bestudeer

handlanger iemand wat ‘n ander persoon in sy ambag behulpsaam is


harmansdrup iemand wat baie stadig is
hawekaptein iemand wat in beheer is van ‘n groot hawe
haweloods ‘n persoon wat skepe by ‘n hawe in en uit bestuur
hawemeester iemand in beheer van ‘n kleinerige hawe
hedonis iemand wat glo dat plesier die belangrikste ding in die lewe is
heethoof iemand wat baie opvlieënd van geaardheid is
heiden iemand wat nie aan God glo nie
Hektor ‘n held; iemand wat met groot dapperheid en moed optree (of
opgetree het)
helmintoloog ‘n deskundige op die gebied van wurms, veral dié wat op
mense of diere leef

idealis iemand wat ideale vorm en nastreef


idioot iemand wat agterlik of baie dom is
iesegrim iemand wat baie nukkerig en stuurs is
igtioloog ‘n deskundige op die gebied van visse
imam voorganger by die dienste in ‘n moskee
immigrant iemand wat van ‘n ander land af kom om hom in die nuwe land
te vestig
infanteris ‘n soldaat wat te voet optree
informant iemand wat inligting verstrek
insektoloog ‘n deskundige op die gebied van insekte
instrukteur ‘n persoon wat ander persone vaardighede leer, bv. swem,
houtwerk, gimnastiek, ens.

jaagduiwel iemand wat baie vinnig ry


jabroer iemand wat nie ‘n eie mening het nie en met alles saamstem
jagter iemand wat wild (bokke, ens.) skiet
jakkals ‘n baie geslepe persoon
Jan Salie ‘n niksbeduidende persoon
Jan Taks die belastinggaarder; die Minister van Finansies
Jehu ‘n jaagduiwel
Jeremia iemand wat altyd kla
Jobstrooster iemand wie se poging om te troos eintlik sake vererger
joernalis iemand wat artikels skryf vir ‘n koerant of tydskrif

kaartjies-
ondersoeker ‘n beampte wat kaartjies op ‘n bus of trein nagaan
kaartman(netjie) ‘n persoon wat lewendig is en doelbewus probeer snaaks wees

kalligraaf ‘n persoon wat ‘n studie van skoonskrif gemaak het en baie


mooi kan skryf
kandidaat iemand wat aansoek doen om ‘n betrekking; iemand wat hom
verkiesbaar stel by ‘n verkiesing
kannibaal ‘n persoon wat mensvleis eet
kapelaan ‘n predikant in militêre diens
kapitalis ‘n persoon wat baie geld besit, veral in die sakewêreld
kapokhaantjie ‘n klein, parmantige outjie

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 41


kaptein die bevelvoerder van ‘n skip of vliegtuig; die leier van ‘n span;
die hoof van ‘n inboorlinggroep
kardioloog ‘n hartspesialis

laaimeester iemand wat verantwoordelik is vir die op- en aflaai van goedere
(bv. by Spoornet)
laatlammetjie ‘n kind wat gebore is lank na ander broers of susters
lamsak iemand wat nie deursettingsvermoë het nie
landmeter iemand wat grond opmeet en in kaart bring
laventelhaan ‘n man wat oordrewe aandag aan sy uiterlike bestee
leek iemand wat oningelig is oor ‘n vak of saak
leerling iemand wat van ‘n ander persoon onderrig ontvang
legitimaris iemand wat reg het op ‘n erfdeel
lektor ‘n dosent aan ‘n kollege of universiteit
leuenaar ‘n persoon wat leuens vertel (jok)

makelaar iemand wat advies gee oor beleggings en ook die koop en
verkoop daarvan doen (veral aandele)
maltrap iemand wat baie verspot is
manteldraaier iemand wat van standpunt of party verander namate dit hom
die beste pas
masjinis die drywer van ‘n lokomotief of ander masjien
matador iemand wat by stiergevegte die bul doodmaak
matrone ‘n vrou wat aan die hoof staan van verpleegpersoneel in ‘n
hospitaal; ‘n vrou aan die hoof van ‘n huishouding van ‘n
koshuis of ander inrigting
matroos iemand wat op ‘n skip werk
medepligtige iemand wat behulpsaam is met die pleeg van ‘n onwettige daad
melomaan iemand met ‘n hartstogtelike liefde vir musiek
mentor ‘n persoon wat ander bystaan met raad en hulp

naamgenoot, genant iemand wat dieselfde naam as ‘n ander persoon het


nagwolf iemand wat tot laat in die nag wakker bly
navigator ‘n persoon wat die rigting van ‘n vliegtuig, skip of ander
voertuig bepaal
nekroloog die skrywer van ‘n lewenskets van iemand wat pas oorlede is
Nero ‘n losbandige, wrede tiran
neuroloog ‘n arts wat siektes van die senustelsel behandel
niksnut(s) ‘n persoon wat niks beteken nie
nimrod iemand wat van jag hou
nonkonformis iemand wat hom afskei van ‘n groep of party
nudis iemand wat daarvan hou om naak in die natuur te wees

oftalmoloog ‘n persoon wat oë toets en oogsiektes behandel


onderwyser ‘n persoon wat vir leerlinge klasgee
opportunis ‘n persoon wat daarop uit is om voordeel te trek uit gunstige
geleenthede al sou dit ook ander benadeel
opsigter iemand wat toesig hou
optikus, optisiën ‘n persoon wat brille maak
optimis iemand wat altyd die blink kant van die lewe sien en altyd
goeie resultate verwag

ornitoloog, iemand wat ‘n kenner van voëls is voëlkundige


osteoloog, ‘n spesialis in die beenstelsel
beenkundige
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 42
ouditeur ‘n persoon wat die rekeninge en kwitansies van ‘n firma nagaan
oujongkêrel ‘n man wat al ouerig is en nog ongetroud is

paaiboelie iemand wat vrees inboesem of negatiewe gevoelens wek deur


sy optrede
papbroek iemand wat baie lafhartig is
parapleeg iemand wat die gebruik van albei sy arms of bene verloor het
parasiet iemand wat op ander teer
parvenu ‘n persoon uit die laer stand wat skielik ryk geword het, maar
by wie die beskawing ontbreek
pasifis iemand wat ‘n voorstander van vrede is
passasier iemand wat in ‘n voertuig reis, maar nie in beheer daarvan is
nie
patoloog ‘n persoon wat die oorsaak van siektes navors deur ontledings
te doen (ook lykskouings)
patriot iemand wat sy vaderland liefhet
pedagoog, iemand wat hom toelê op die studie van die opvoedkunde
opvoedkundige

rabbedoe ‘n uitgelate, jong persoon wat wilde dinge doen


rabbi ‘n Joodse geestelike leier
radiograaf ‘n persoon wat radioplate soos x-straalplate neem
radioloog ‘n persoon wat x-straalplate en ander plate kan lees en vertolk
en ook radioterapie kan voorskryf
rammetjie-uitnek ‘n spoggerige, afwyserige persoon
rangeerder ‘n persoon wat spoorwaens en trokke op spoorlyne rondstoot
rebel iemand wat teen iets in opstand kom
redakteur ‘n persoon wat leiding gee en toesig hou oor die beleid van ‘n
boek of ander publikasie
referent iemand wat ‘n onderwerp op ‘n vergadering inlei; iemand wat ‘n
referaat lewer; iemand wat gevra word om vertroulike inligting
oor ‘n ander persoon te gee
regisseur iemand wat toneelspelers afrig

saboteur iemand wat opsetlik skade berokken aan die eiendom van
andere
sadis iemand wat behae skep in die pyn of lyding van ander mense
of diere
sakkeroller, iemand wat in ‘n gedrang iets van iemand steel en dan
grypdief, weghardloop
goudief

sakpatriot iemand wat vol vaderlandsliefde is net solank dit vir hom
voordelig is
Salomo ‘n baie verstandige persoon
sandtrapper iemand wat nie verfynd is nie
sekretaris ‘n persoon belas met die briefwisseling en administrasie van ‘n
kantoor, inrigting of vereniging
semelbroek ‘n lomp, skaam persoon
seremoniemeester iemand wat by ‘n fees of plegtigheid die leiding neem
sieltjie sonder iemand wat hom oor niks bekommer nie
sorg

takhaar ‘n onverfynde, agterlike persoon

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 43


taksidermis iemand wat dierevelle behandel en weer in ‘n natuurlike
houding opstop
tandarts ‘n dokter wat mense se tande versorg
teerputs iemand wat baie vuil en smerig is
teller ‘n persoon wat mense se geld by ‘n bank hanteer
teoloog iemand wat ‘n studie maak van die godgeleerdheid
terggees iemand wat baie graag terg
terminoloog iemand wat ‘n studie maak van vakterme
terroris ‘n persoon wat onverwags dade van geweld pleeg, gewoonlik
op onskuldige burgerlikes
testateur iemand wat ‘n testament laat opstel

Uilspiëel ‘n persoon wat allerhande ongewone dinge doen


usurpator, rower iemand wat met geweld iets in besit neem
utopis iemand wat hom met onuitvoerbare droombeelde besig hou

veearts ‘n opgeleide persoon wat siek diere behandel


veelvraat iemand wat baie eet
vegetariër ‘n persoon wat geen vleis eet nie
vennoot iemand wat saam met iemand anders iets behartig
verdagte ‘n persoon wat van iets verdink word
verkeersbeampte ‘n persoon wat verkeer reël en toesien dat verkeersreëls
verkeerskonstabel gehoorsaam word
verkleurmannetjie iemand sonder vaste oortuigings
verpleegster ‘n meisie wat opgelei is om siek mense te versorg
verslaggewer ‘n persoon wat berigte en verslae vir ‘n koerant of tydskrif skryf
verstekeling iemand wat hom op ‘n skip, vliegtuig of ander voertuig versteek
om sodoende gratis vervoer te word

waaghals, durfal iemand wat baie durf het en roekelose dinge doen; iemand wat
as ‘n beroep waaghalsige toertjies doen
weduwee ‘n vrou wie se man oorlede is
werkesel iemand wat aanhoudend werk
werktuigkundige ‘n persoon wat motors herstel
wewenaar ‘n man wie se vrou oorlede is
windlawaai iemand wat grootpraat, maar niks beteken nie
woelwater ‘n kind wat baie lewendig is
wreedaard iemand wat baie wreed is
wynvlieg ‘n persoon wat baie alkohol drink
wysneus ‘n persoon wat hom verbeel dat hy alles weet

ystervreter ‘n baie dapper soldaat; ‘n baie nors mens

PLEKKE
aanloopbaan die baan waarop ‘n vliegtuig opstyg en land
abattoir, slagpale die plek waar diere geslag word
abdy die plek waar monnike woon
affineerdery die plek waar metale gesuiwer word
afsluitdam ‘n tydelike dam in ‘n rivierbedding om die water te keer solank
daar aan die damwal gewerk word

bakkery ‘n plek waar brood en koek gebak en soms ook verkoop word

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 44


bank ‘n plek waar geld bewaar, uitbetaal en uitgeruil kan word
begraafplaas, ‘n plek waar mense begrawe word
kerkhof
beurs die gebou waar aandele gekoop en verkoop word
biblioteek ‘n gebou waar boeke, video’s en skilderye bewaar en
uitgeneem kan word

casino, kasino ‘n plek wat ingerig is vir dans, dobbel en kaartspele


crèche, ‘n plek waar jong kinders van werkende moeders gedurende
bewaarskool gedurende werksure versorg word

dieretuin ‘n plek waar wilde diere vir besigtiging gehou word


disko(teek) ‘n plek waar jongmense op moderne musiek kan dans
dok ‘n aanlêplek vir skepe
droogdok ‘n dok wat leeggepomp kan word om skepe onder die waterlyn
te kan ondersoek
drosdy die kantoor of ampswoning van ‘n landdros

eetsalon die plek waar etes op ‘n trein bedien word

fabriek ‘n plek waar op groot skaal goedere vervaardig word


filmoteek ‘n plek waar films bewaar word
fonoteek ‘n plek waar bandopnames bewaar word

galery ‘n balkon aan die binnekant van ‘n kerk of saal


gastehuis ‘n huis wat ingerig is om betalende gaste te ontvang
geriatriese inrigting ‘n plek waar sieklike bejaardes versorg word
gimnasium ‘n lokaal waar liggaamsoefeninge gedoen word
graansuier, silo ‘n plek waarin los graan tydelik geberg word

hawe ‘n landingsplek vir skepe


helihawe landings- en opstygplek vir helikopters
herbarium ‘n plek waar gedroogte plante of plantdele gehou word
herberg ‘n klein, landelike hotelletjie waar gaste teen betaling kan bly
hospitaal ‘n plek waar siek mense verpleeg word

inligtingsburo, ‘n plek waar besoekers inligting omtrent ‘n dorp of stad


ontvang
inrybioskoop, ‘n opelug bioskoop waar die film vanuit motors gekyk word
inryteater
insektarium ‘n plek waar lewendige insekte gekweek en bestudeer word

kaai ‘n gemesselde aanlêplek waar skepe vasgemeer kan word


kaartjieskantoor ‘n kantoor waar kaartjies gekoop word soos op ‘n stasie
kajuit die slaapvertrek op ‘n skip
kampus die grond en geboue van ‘n universiteit
kapel ‘n baie klein kerkie

laboratorium ‘n plek waar eksperimente en navorsingswerk gedoen word


laerskool ‘n skool vir leerlinge tot graad sewe (standerd vyf)
looiery ‘n plek waar dierevelle tot leer verwerk word
lykshuis, ‘n plek waar lyke voor ‘n begrafnis gehou word
dodehuis

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 45


magasyn ‘n bêreplek vir veral ammunisie
meent ‘n oop stuk grond in ‘n dorp vir openbare gebruik
menasie ‘n eet- en drinkplek vir soldate, die polisie, ens.
moskee die plek waar Moslems aanbid
munt die plek waar geldstukke gemaak word

observatorium, ‘n plek van waar die sterre waargeneem word


sterrewag
ouditorium, ‘n saal waarin mense vergader om na uitvoerings te luister
gehoorsaal

panoptikum ‘n gebou waar wasbeelde van bekende persone besigtig kan


word
pastorie die woning van ‘n predikant
poskantoor ‘n plek waar seëls gekoop word, pakkies gepos word en alle
ander possake verrig word

raffinadery die plek waar iets gesuiwer word (bv. olie of suiker)
reisburo ‘n kantoor waar agente alle reëlings vir reisigers tref
ruim die bêreplek in ‘n skip vir goedere

sinagoge die kerkgebou van die Jode


skeepswerf ‘n plek waar skepe gebou word
skut ‘n plek waar diere gehou word totdat hulle eienaars opgespoor
word; ‘n kantoor vir verlore goedere
stadion ‘n groot sportterrein met rye sitplekke daarom wat vir
sportbyeenkomste en feeste gebruik word
stal ‘n gebou waarin plaasdiere soos perde of koeie gehuisves word

teater ‘n gebou ingerig vir toneelopvoerings

vliegtuigloods, ‘n skuur waar vliegtuie gebêre word


hangar
voerkuil ‘n gat waarin veevoer bewaar word
vuurtoring ‘n toring langs die kus wat met sterk lig skepe waarsku

wildtuin, ‘n plek waar wilde diere in hulle natuurlike staat besigtig kan
wildreservaat word

MEDIES, DIE NATUUR EN DIE WETENSKAP


aardas denkbeeldige spil waarom die aarde in 24 uur draai
aardbaan elliptiese baan wat die aarde om die son volg
aardkors die buitenste soliede omhulsel van die aarde
aardrykskunde, die wetenskap van die aarde se oppervlakte, vastelande,
geografie klimaat, riviere, berge, plante, mense en diere
aborsie ‘n kunsmatige vrugafdrywing van ‘n fetus

bakterie ‘n klein organisme wat infeksies en siektes veroorsaak


barometer ‘n toestel waarmee lugdruk gemeet word
baroskoop ‘n toestel wat veranderinge in lugdruk aantoon
bifokaal met twee fokusse of brandpunte

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 46


bikonkaaf holrond aan altwee kante

canyon ‘n diep rivierbedding met steil wande


chemie, die leer van die eienskappe, samestelling en veranderinge van
skeikunde stowwe
chromatologie die wetenskap van kleure
chronograaf, ‘n toestel wat tyd meet
kronograaf

desibel ‘n eenheid vir die meet van klank


diagnose ‘n dokter se bevinding nadat hy ‘n pasiënt ondersoek het
dinamo ‘n toestel vir die opwekking van elektriese krag
drukgang ‘n nou gang waaring diere ingedruk word om behandel te word

eklips die verduistering van ‘n hemelliggaam


ekliptika die baan wat die aarde in een jaar om die son aflê
ekologie die verhouding van lewende organisms tot hulle omgewing
elektrokar- ‘n instrument wat die werking van die hartspier waarneem
diograaf
elektroskoop ‘n instrument wat klein elektriese ladinge aantoon

fauna al die diersoorte van ‘n bepaalde streek of tydperk


fenologie die wetenskap wat die invloed van klimaat op plante en diere
bestudeer
fetus die ongebore vrug van ‘n mens of dier
fitografie die studie van die naamgewing en indeling van plante
fitopatologie die studie van plantsiektes

gangreen die verrotting en afsterf van weefsels en liggaamsdele


gatsometer ‘n meettoestel wat die snelheid van ‘n voertuig oor ‘n bepaalde afstand
bepaal
gehoor- ‘n toestel wat gebruik word om beter te kan hoor
toestel
geogenie die studie van die ontstaan van die aarde
geologie, die wetenskap van die aardkors en alles wat daarin gebeur
aardkunde

hallusinasie die ervaring van iets wat nie werklik daar is nie
heliofiet ‘n plant wat in volle sonlig groei
heliograaf ‘n toestel waarmee boodskappe in Morsekode gestuur word deur
die weerkaatste lig van die son; ‘n instrument wat die intensiteit van
die son meet; ‘n toestel wat foto’s van die son neem
herfs die jaargety tussen somer en winter
hermafrodiet ‘n plant of dier wat manlik sowel as vroulik is

inheems iets wat natuurlik in ‘n gebied voorkom


invertebrate diere sonder ‘n geraamte

jaarplant ‘n plant wat net vir een jaar bestaan

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 47


kamera ‘n toestel waarmee foto’s geneem word
karkas die liggaam van ‘n dooie dier
kartografie die kuns om landkaarte te teken
katode ‘n negatiewe elektrode
koppeluit- ‘n gelyktydige uitsending van ‘n program oor die radio en televisie
sending

laktometer ‘n toestel wat die vetgehalte van melk bepaal


lente die jaargety tussen winter en somer
lugverkoeler ‘n toestel wat ‘n plek deur bewegende lug verkoel
luidspreker ‘n toestel wat klank versterk

manometer, ‘n instrument om die druk van ‘n gas of vloeistof te meet


drukmeter
megafoon ‘n tregtervormige toestel wat klank versterk
meganika die studie van beweging en die kragte wat dit veroorsaak
mikrobiologie die studie van die lewe van baie klein organismes
mikrometer ‘n instrument waarmee baie klein afstande aan die hemelbol gemeet
word

nagewening die periode wanneer die dag en nag ewe lank is


natuurreser- ‘n gebied waar plante en diere beskerm word
vaat

odontologie die studie van tande


oftalmologie, die studie van die oog en oogsiektes
oogheelkunde
omnifoor ‘n gebruiker van plante en diere as voedsel
onkruid wilde plante wat groei waar hulle waardevolle plante verdruk
ortinologie, die studie van voëls
voëlkunde

parasiet ‘n dier of plant wat op of op koste van andere diere of plante lewe
patologie die studie van die aard en oorsake van siektes
pediatrie die geneeskundige behandeling van kinders

pedologie, die studie van grondsoorte


grondkunde,
bodemkunde
pendeltuig ‘n ruimtetuig wat herhaaldelik gebruik kan word tussen die aarde en
‘n ruimtestasie

reservaat ‘n gebied wat vir ‘n spesiale doel gebruik word (bv. wild-, natuur-,
Indianereservaat)
ruimteskip, ‘n tuig wat in die ruimte opgeskiet word en deur die bemanning beheer
ruimtetuig word

seismologie die studie van aardbewings


aardbewingsleer
seismoskoop ‘n toestel wat die tyd en feit van aardbewings aantoon
soogdiere alle diere wat hulle kleintjies self voed met melk

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 48


soölogie, die studie van diere
dierkunde
springgety ‘n buitengewone hoë gety wat ontstaan net na volmaan en nuwemaan

taksidermie die kuns om diervelle te bewaar en weer op te stop


telegram ‘n boodskap wat telegrafies oorgesein word
teleskoop ‘n instrument waarmee vergeleë voorwerpe, bv. sterre, waargeneem
kan word
televisie, ‘n toestel met ‘n skerm wat beelduitsendings met klank vertoon
beeldradio
teologie die wetenskap oor God

uitheems iets wat nie natuurlik in ‘n gebied voorkom nie

vasteland, ‘n groot samehangende landmassa


kontinent
veldambulans ‘n ambulans wat ingerig is om soldate op die slagveld te help
veldapteek ‘n apteek om ‘n leër in die veld te dien
verkyker ‘n toestel wat ‘n mens in staat stel om voorwerpe wat ver is te sien
asof hulle naby is
voltmeter ‘n instrument wat die sterkte van ‘n elektriese stroom meet

waterpas ‘n instrument wat bepaal of iets presies horisontaal is


weerhaan ‘n windwyser in die vorm van ‘n haan
windkous ‘n toestel wat die windrigting aantoon
wingerd ‘n stuk land wat met wynstokke beplant is
woestyn ‘n dorre, kaal landstreek waar dit baie min reën

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 49


DIEREGELUIDE (Animal sounds)
akkedisse piep
ape blaf (babbel)
beeste bulk
bere brom
besies sing
bobbejane bôgom (blaf)
bosbokke blaf
bulle brul
bye zoem (gons)
dassies skree (skreeu)
donkies balk
duiwe koer
eende kwaak (snater)
esels balk
fisante skree (skreeu)
ganse gaggel (snater, blaas)
hane kraai
henne kekkel (kloek)
honde blaf (knor, tjank)
jakkalse tjank (huil)
kalkoene koel-koel
kanaries fluit
kangaroes hoes
katte miaau (spin, blaas)
katvisse blaas
koeie bulk
korhane skree (skreeu)
kraaie kras
krieke kriek
kuikens piep
lammers blêr
leeus brul
makoue blaas
muise piep
olifante trompetter
paddas kwaak
patryse skree (skreeu)
perde runnik (snork)
ratels snuif
renosters snork
ribbokke fluit
skape blêr
slange sis
sonbesies skree (skreeu)
tiere brul
uile hoe-hoe
varke snork
vinke kwetter
voëltjies sing (tjirp, fluit)
volstruise brom
wolwe huil

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 50


VERGELYKINGS (Similes)
[soos]
Hy is vir sy pa so bang soos die duiwel vir ‘n slypsteen.
Die pil is so bitter soos gal.
Die arme perd is nou so blind soos ‘n mol.
Die ou oom is so doof soos ‘n kwartel.
Die honger hond is so dun soos ‘n plank.
Na die harde oefening was hy so honger soos ‘n wolf.
Sy rug is so krom soos ‘n hoepel.
Die heks is werklik so lelik soos die nag.
Ek kan hom maklik optel, want hy is so lig soos ‘n veer.
Die tier is so mak soos ‘n lam.
Sy neus is so plat soos ‘n pannekoek.
Hy is so skelm (slim) soos die houtjie van die galg.
Die man is so taai soos ‘n ratel.
Die motor is so vinnig soos blits.

NOG VOORBEELDE VAN VERGELYKINGS

so bitter soos gal so mak soos ‘n lam


so blind soos ‘n mol so moeg soos ‘n hond
so dapper soos ‘n leeu so nat soos ‘n kat
so dood soos ‘n mossie so plat soos ‘n pannekoek
so dom soos ‘n esel so rond soos ‘n koeël
so donker soos die nag so rooi soos bloed
so dun soos ‘n plank so sag soos sy
so geel soos goud so siek soos ‘n hond
so goed soos goud so skerp soos ‘n mes
so glad soos seep so slim soos ‘n jakkals
so groen soos gras so soet soos suiker (stroop)
so groot soos ‘n reus so sterk soos ‘n bees (‘n leeu)
so hard soos ‘n klip so stil soos ‘n muis
so koud soos ys so suur soos asyn
so lelik soos die nag so swaar soos lood
so lig soos ‘n veer so swak soos ‘n lammetjie
so lui soos ‘n donkie so swart soos die nag
so maer soos ‘n kraai so vet soos ‘n vark

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 51


INTENSIEWE VORME
(Superlatives)
[skryf altyd as EEN WOORD]

Baie arm is brandarm.


Baie bang is doodbang.
Baie fris is perdfris.
Baie gek is stapelgek.
Baie jonk is bloedjonk.
Baie kwaad is smoorkwaad.
Baie leeg is dolleeg.
Baie lelik is skreeulelik.
Baie maer is brandmaer.
Baie mak is hondmak.
Baie moeg is doodmoeg.
Baie oop is wawyd oop.
Baie oud is stokoud.
Baie reguit is pylreguit.
Baie ryk is skatryk.
Baie ryp is papryp.
Baie skraal is rietskraal.
Baie soet is stroopsoet.
Baie suur is asynsuur.
Baie vaal is asvaal.
Baie vet is spekvet.
Baie wakker is nugter wakker / helder wakker.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 52


Nog voorbeelde:
alleen stokalleen
(vingeralleen,stoksielalleen,moedersielalleen)
arm brandarm (doodarm)

bang doodbang
bedaard doodbedaard
bedroef diepbedroef
bekend alombekend (doodbekend)
benoud dood(s)benoud
beroemd wêreldberoemd
besope stombesope
bewoë diepbewoë
bitter galbitter
blank lelieblank
bleek doodsbleek(wasbleek)
blind stokblind(stekeblind)
blou potblou
bly dolbly(sielsbly,doodbly)
breed hemelsbreed

deftig kraakdeftig
dig potdig
dik trommeldik(knuppeldik)
donker pikdonker(stikdonker,nagdonker)
dood morsdood
doof stokdoof(potdoof)
dronk smoordronk(papdronk,stormdronk,diepdronk)
droog kurkdroog (horingdroog,botdroog)
dun plankdun
duur peperduur

eenvoudig doodeenvoudig
eerlik doodeerlik

flou stokflou
fris perdfris
fyn piekfyn (ragfyn,haarfyn,spinragfyn)

gaar doodgaar
geel goudgeel
gek stapelgek
gelief alomgelief
gelukkig sielsgelukkig (doogelukkig)
gerus houtgerus (perdgerus,doogerus)
gesond kerngesond
gewillig doodgewillig
gewoon doodgewoon
glad seepglad (spieëlglad)
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 53
goed doodgoed
graag dolgraag (doodgraag)
groen grasgoen

hard kliphard (klipsteenhard, staalhard, kleisteenhard)


heet snikheet
helder glashelder (water) (kristalhelder stem)
honger doodhonger
hoog hemelhoog (toringhoog)

jonk bloedjonk (piepjonk)

kalm doodkalm
klein piepklein
koel komkommerkoel
koud yskoud (doodkoud)
krom hoepelkrom
kwaad smoorkwaad (booskwaad,doodkwaad)

lam boeglam
leeg dolleeg
lekker smullekker (doodlekker)
lelik skreeulelik
lewendig springlewendig
lig veerlig
lui aartslui

maer brandmaer
mak hondmak (doodmak)
maklik doodmaklik
moeg doodmoeg
min bloedmin
mooi popmooi (wondermooi)

nakend poedelnakend
nat papnat (sopnat, waternat, druipnat, sopwaternat)
netjies kraaknetjies
nodig broodnodig
normal doodnormaal
nugter doodnugter
nuut splinternuut (kraaknuut, blinknuut, vonkelnuut,
spiksplinternuut)
onskuldig doodonskuldig
oop wawyd
orent penorent
oud stokoud (horingoud, beenoud)

regop penregop (kie®tsregop, kersregop)


reguit pylreguit (penreguit)
rein engelrein
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 54
rond koeëlrond (bolrond)
rooi bloedrooi (skarlakenrooi)
ryk skatryk
ryp papryp

sag papsag (fluweelsag)


seker doodseker
sekuur doodsekuur
siek doodsiek
sindelik kraaksindelik
skaam doodskaam
skerp vlymskerp
skoon silwerskoon (blinkskoon, kraakskoon)
skraal rietskraal
slap papslap
sleg doodsleg
snaaks skreeusnaaks
snel blitssnel (pylsnel, bliksemsnel)
soet stroopsoek (suikersoet)
sout pekelsout
stadig doodstadig (slakstadig)
sterk ystersterk
stil doodstil (botstil, grafstil, tjoepstil)
styf stokstyf
suur asynsuur
swaar loodswaar
swak kuikenswak (hoenderswak)
swart pikswart (gitswart, inkswart, raafswart (hare)

taai rateltaai (seningtaai)


tevrede doodtevrede
toe bottoe (pottoe)

vaal asvaal
vars douvars (neutvars, kraakvars)
vas rotsvas (bankvas)
verbaas doodverbaas (stomverbaas)
verlief smoorverlief (dolverlief, doodverlief)
verskrik doodverskrik
vervelend doodvervelend (stomvervelend)
verwonderd stomverwonderd (doodverwonderd)
vet spekvet (blinkvet, moddervet)
vinnig blitsvinnig
vol propvol (stampvol, tjokvol)
vreemd wildvreemd
vriendelik katvriendelik (doodvriendelik)

wakker wawyd wakker


wienig bloedweinig
wit spierwit (melkwit, sneeuwit, haelwit, krytwit)
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 55
TRAPPE VAN VERGELYKING
(Degrees of Comparison)

Stellende trap Vergrotende trap Oortreffende trap

arm armer armste


baie meer meeste
bly blyer blyste
dof dowwer dofste
droog droër droogste
erg erger ergste
fluks flukser fluksste
gaaf gawer gaafste
goed beter beste
gou gouer gouste
grof growwer grofste
haastig haastiger haastigste
hoog hoër hoogste
koud kouer koudste
kwaad kwater kwaadste
laat later laatste
lief liewer liefste
los losser losste
nuut nuwer nuutste
ontevrede meer ontevrede mees ontevrede
ru ruwer ruuste
skeef skewer skeefste
skoon skoner skoonste
skraal skraler skraalste
slu sluwer sluuste
smal smaller smalste
swaar swaarder swaarste
trots trotser trotsste
vaak vaker vaakste
vaal valer vaalste
vas vaster vasste
ver verder verste
verlate meer verlate mees verlate
vroeg vroeër vroegste
wyd wyer wydste

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 56


TRAPPE VAN VERGELYKING EN VERBOË VORME

bitter bitterder bitterste bitter koffie


blink blinker blinkste blink skoene
breed breër breedste breë riviere
dapper dapperder dapperste dapper soldaat
dik dikker dikste dik stokke
donker donkerder donkerste donker strate
dood dood dood dooie skape
doof dower doofste dowe mense
droog droër droogste droë klere
duur duurder duurste duur meubels
fluks flukser fluksste flukse kinders
gaaf gawer gaafste gawe mense
glad gladder gladste gladde klippe
goedkoop goedkoper goedkoopste goedkoop boeke
grof growwer grofste growwe stemme
groot groter grootste groot bome
half half half halwe werk
hard harder hardste harde werk
hoog hoër hoogste hoë mure
jong jonger jongste jong kinders
koud kouer koudste koue nagte
kwaai kwaaier kwaaiste kwaai honde
laag laer laagste lae mure
laat later laatste laat vrugte
lang (lank) langer langste lang stokke
leeg leër leegste leë blikke
lekker lekkerder lekkerste lekker kos
lief liewer liefste liewe kinders
lig ligter ligste ligte pakkies
los losser losste los tande
lui luier luiste lui kinders
maer maerder maerste maer beeste
mak makker makste mak osse
maklik makliker maklikste maklike werk
min minder minste min mense
moeilik moeiliker moeilikste moeilike somme
moeg moeër moegste moeë osse
mooi mooier mooiste mooi blomme
nuut nuwer nuutste nuwe klere
oud ouer oudste ou skoene
rond ronder rondste ronde klippe
saf safter safste safte pere
sag sagter sagste sagte kussings
skeef skewer skeefste skewe strepe
skoon skoner skoonste skoon hande
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 57
skurf skurwer skurfste skurwe velle
sleg slegter slegste slegte maats
snaaks snaakser snaaksste snaakse dinge
styf stywer styfste stywe bene
suur suurder suurste suur vrugte
swaar swaarder swaarste swaar klippe
vars varser varsste vars water
vas vaster vasste vaste klippe
ver verder verste ver afstand
vet vetter vetste vet skape
vinnig vinniger vinnigste vinnige treine
vlak vlakker vlakste vlak water
vreemd vreemder vreemdste vreemde mense
vroeg vroeër vroegste vroeë treine
warm warmer warmste warm dae
wreed wreder wreedste wrede konings
wyd wyer wydste wye moue

Hoe identifiseer ek
Trappe van Vergelyking
in sinsverband?

 Twee mense / dinge vergelyk =2de kolom

 Drie of meer mense / dinge vergelyk =3de kolom

as

hoe…hoe = 2de kolom

die = 3de kolom

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 58


Stelllende Trap Vergrotende Trap Oortreffende Trap

Klinkergroepe
1 [mooi]; = Reël + -er -ste
2 [laat] 1 [mooier] 1 [mooiste]
3 [stil] 2 [later] 2 [laatste]
Woorde 3 [stiller] 3 [stilste]

Kort klinker woord wat


eindig op -g
= -ter -ste
[lig] [ligter] [ligste]

Lang klinker woord wat


eindig op -g
= -ër -ste
[hoog] [hoër] [hoogste]

Woord wat eindig op -r


= -der -ste
[ver] [verder] [verste]

Woord wat eindig op


-lik ; -ig ; -Gr1
= -er -ste
[leliker] [lelikste]
[lelik;besig;blou] [besiger] [besigste]
[blouer] [blouste]

Woord wat eindig op -s


= -ser -ste
[los] [losser] [losste]

Woord wat eindig op


= meer mees
-de of -e
+ woord + woord
[tevrede;beskeie] [meer tevrede] [mees tevrede]
Woord met -f
= -w/ww- -f
[rof / braaf] + ste
+ er
[rowwer/brawer] [rofste/braafste]
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 59
IDIOMATIESE UITDRUKKING
(Idiomatic Expressions)
A
Iets vir ‘n appel en ‘n ui verkoop
- Dit spotgoedkoop verkoop.
Hy het ‘n appeltjie met my geskil
- Hy het my berispe.
Sy aand- en môrepraatjies kom nie ooreen nie
- Hy is onbetroubaar.
Aardjie na sy vaartjie
- Net soos sy pa.
Agteros kom ook in die kraal
- Die laaste persoon kry ook ‘n kans.
Die appel val nie ver van die boom nie
- Die kind aard gewoonlik na sy ouers.

B
Sy is ‘n bobbejaan
- Sy is dom.
Die arme dier is bokveld toe
- Die arme dier is dood.
Ek sal dit doen, buig of bars
- Ek sal dit doen, al gebeur wat ook al.
Dit gaan so tussen die boom en die bas
- Dit gaan nie te goed nie en ook nie te sleg nie.
Boontjie kry sy loontjie
- Elke mens kry gewoonlik die straf wat hy verdien.
As Moeder weg is, bak en brou ons soos ons wil
- As Moeder weg is, doen ons net wat ons wil.
Van bakboord na stuurboord
- Van die een plek na die ander stuur.
Die bal ver misslaan
- Jou heeltemal verges/ verkeerd verstaan.
‘n Goeie begrip het ‘n halwe woord nodig
- Iemand met ‘n skrander brein het nie lang verduidelikings nodig nie.
‘n Berg van ‘n molshoop maak
- Iets oordryf.
‘n Nuwe besem vee skoon
- ‘n Nuwerling in ‘n betrekking gee aanvanklik die meeste bevrediging.
Hoë bome vang die meeste wind
- Mense in hoë poste verduur die felste kritiek.
Teen die bors stuit
- Nie aanstaan nie.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 60


D
Ons gaan met dapper en stapper
- Ons gaan te voet.
Ek het daar en dan besluit om te gaan
- Ek het net daar (dadelik) besluit om te gaan.
Deur dik en dun
- Onder alle omstandighede.
Nie doekies omdraai nie
- Reguit praat.
‘n Doring in die vlees wees
- ‘n Ergernis wees.

E
Op eiers loop
- Baie versigtig trap.

G
Oom Soois het geld soos bossies
- Hy is ryk.
So slim soos die houtjie van die galg
- Baie slim en geslepe.
Iemand ‘n gat in die kop praat
- Iemand ompraat.
Moenie gras onder jou voete laat groei nie
- Tree onmiddellik op.

H
Die bang man het die hasepad gekies
- Hy het weggehardloop.
Dis nie handvol nie, maar landvol
- Dis volop; dis oral te kry.
Hulle het hot en haar gevlug
- Hulle het in alle rigtings gevlug.
Met die hand in die hare sit
- Raadop wees.
Uit die oog, uit die hart
- ‘n Mens vergeet gou iets wat nie direk onder jou aandag is nie.
‘n Naald in ‘n hooimied soek
- Tervergeefs na iets soek.

J
Hy is ‘n ou jakkals
- Hy is skelm.

K
Die koeël is deur die kerk
- Daar is niks meer aan die saak te doen nie.
Sy bak kluitjies
- Sy praat nie die waarheid nie.
As die kat weg is, is die muis baas
- Wanneer die baas weg is, doen die wat agterbly, net wat hulle wil.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 61


Ek is kant en klaar met my werk
- Ek is heeltemal klaar met my werk; ek het alles gedoen.
Hy kla steen en been
- Hy kla aanmekaar (baie).
Hulle gesels sommer oor koeitjies en kalfies
- Hulle gesels oor dinge wat nie belangrik is nie.
Jou ‘n kat in die sak koop
- Jou laat kul.
Iets op die keper beskou
- ‘n Saak noukeurig ondersoek.

L
In ligtelaaie
- Aan die brand.
Lont ruik
- Agterdogtig raak.

M
Hy het ‘n groot mond
- Hy praat groot.

O
Sy is haar pa se oogappel
- Haar pa is baie lief vir (erg oor) haar.
Sy oë is groter as sy maag
- Hy vra meer kos as wat hy kan eet.
Hy is nog nie droog agter die ore nie / Hy’s nat agter die ore
- Hy is nog baie jonk; hy is sommer nog ‘n snuiter; ‘n bogkind.

P
In die pekel wees
- In die moeilikheid wees.

R
Jy kan haar deur ‘n ring trek
- Sy is baie netjies (uitgevat).
Die kinders het hul speelgoed rond en bont gegooi
- Die kinders het hulle speelgoed orals rond gegooi.
Sy rieme styfloop
- In die moeilikheid beland.
Met raad en daad bystaan
- Op ‘n praktiese wyse help.
Iemand ‘n rat voor die oë draai
- Iemand bedrieg.

S
êrens is daar ‘n skroef los
- êrens is iets verkeerd.
Hy eet alles vir soetkoek op
- Hy glo alles wat hy hoor.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 62


Hy skiet met spek
- Hy vertel leuens; hy maak dit erger as wat dit werklik is.
Hy slaan die spyker op die kop
- Hy sê die regte ding.
Hy loop twee rye spore
- Hy is dronk.
Hulle het sak en pak vertrek
- Hulle het met al hulle besittings vertrek.
Die skip het met man en muis vergaan
- Die skip en sy hele bemanning het vergaan.
Meng jou met die semels en die varke vreet jou op
- As jy met slegte mense omgaan, word jy self sleg.
Daar is ‘n slang in die gras
- Daar skuil iets gevaarlik.

T
Hy eet met lang tande
- Hy is nie honger nie; hy het nie lus vir die kos nie.
Hy praat twak
- Hy praat onsin.
Ons het geen taal of tyding van hom gehoor nie
- Ons het nog niks van hom gehoor nie.
Twee rye spore loop
- Dronk wees.
Met lang tande eet
- Nie smaaklik eet nie.
Tou opgooi
- Moed verloor.
Lang trane huil
- Baie spyt hê oor iets.

V
Die kind het lang vingers
- Die kind het die neiging om te steel.
Hy verroer nie ‘n vinger nie
- Hy is lui; hy doen niks nie.
Voëls van eenderse vere
- Mense met dieselfde geaardheid.
Op die vingers tik
- Berispe.
Lang vingers hê
- Steel.
‘n Vlieg in die salf
- Iemand wat onaangenaamheid veroorsaak.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 63


TYD (Time)

1. Horlosietyd:
 Tyd word altyd as een woord geskryf.
 Wanneer die getal of ‘n klinker (vowel) eindig, gebruik ons ‘n
koppelteken (hyphen). (Met ander woorde, by die opeenhoping van
klinkers.)
 Ons gebruik altyd die voorsetsel ‘om’ vóór tyd. Bv. Ek het om sesuur
‘n vergadering.

VOORBEELDE
eenuur twee-uur drie-uur vieruur vyfuur sesuur
sewe-uur agtuur nege-uur tienuur elfuur twaalfuur

2. Verloop van tyd:


 Wanneer ons ‘n periode van tyd wat verloop wil sê, skryf ons dit as
twee woorde.
 Bv. ses uur

3. Ander:
 Bv.
13:00 eenuur
13:15 kwart oor een
13:25 vyf-en-twintig (minute) oor een
13:30 halftwee (eenwoord) [half way to two!!]!
13:40 twintig (minute) voor twee
13:45 kwart voor twee
14:00 twee-uur

vm. voormiddag (a.m.)


nm. namiddag (p.m.)

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 64


GETALLE
(Numbers)

1 een 1ste eerste 21 een-en-twintig


2 twee 2de tweede 22 twee-en-twintig
3 drie 3de derde 30 dertig 30ste dertigste
4 vier 4de vierde 40 veertig 40ste veertigste
5 vyf 5de vyfde 50 vyftig 50ste vyftigste
6 ses 6de sesde 60 sestig 60ste sestigste
7 sewe 7de sewende 70 sewentig 70ste sewentigste
8 agt 8ste agtste 80 tagtig 80ste tagtigste
negentig/ negentigste/
9 nege 9de negende 90 90ste
neëntig neëntigste
10 tien 10de tiende 100 honderd 100ste honderdste
11 elf 11de elfde 200 tweehonderd
12 twaalf 12de twaalfde 1000 duisend 1000ste duisendste
13 dertien 13de dertiende 2000 tweeduisend
14 veertien 14de veertiende 1000 000 miljoen miljoenste
15 vyftien 15de vyftiende 625 seshonderd vyf-en-twintig
16 sestien 16de sestiende 301 driehonderd en een
17 sewetien 17de sewentiende
agttien/ agttiende’
18 18de
agtien agtiende
negentien/ negentiende/
19 19de
neëntien neëntiende
20 twintig 20ste twintigste

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 65


WOORDLEER
SAMESTELLINGS
(Compound words)
Hier het ons twee woorde wat los kan staan, saamgevoeg om een woord met
‘n nuwe betekenis te vorm.
VOORBEELDE
1. was + bak is wasbak.
kamer + venster is kamervenster.
teer + straat is teerstraat.

2. Hierdie woorde is met -e- verbind.


hond + hok is hondehok.
perd + ruiter is perderuiter.
dier + tuin is dieretuin.

3. Hierdie woorde is met ‘n -s- verbind.


man + hemp is manshemp.
knoop + gat is knoopsgat.
mol + hoop is molshoop.

4. Hierdie woorde is met ‘n -er- of -ens- verbind.


kind + siekte is kindersiekte.
eet + tyd is etenstyd.

5. As een woord op ‘n -s eindig en die ander met ‘n s- begin, moet die


nuwe woord ‘n dubbele -s- hê.
fiets + saal is fietssaal.
jakkals + streke is jakalsstreke
das + speld is dasspeld.

6. As die eerste woord in die enkelvoud nie op ‘n -s eindig nie, maar die
tweede woord wel met ‘n s- gebin, skryf ons net een -s-.
seun + span is seunspan.
dame + skoen is dameskoen.
meisie + skool is meisieskool.
man + stem is manstem.

7. As die eerste woord in die samestelling met ‘n klinker eindig en die


tweede woord met ‘n klinker begin word die samestelling met ‘n
koppelteken geskryf.
wa + as is wa-as.
na + aap is na-aap.
ertjie + oes is ertjie-oes.
makou + eier is makou-eier

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 66


(a) seun + skool = seunskool (j) rib + been = ribbebeen
(b) lewe + lank = lewenslank (k) kind + boeke = kinderboeke
(c) eet + tyd = etenstyd (l) gras + saad = grassaad
(d) vleis + skottel = vleisskottel (m) skaap + skêr = skaapskêr
(e) man + hoed = manshoed (n) pap + pot = pappot
(f) wild + bok = wildsbok (o) das + speld = dasspeld
(g) duif + hok = duiwehok (p) volk + lied = volkslied
(h) os + wa = ossewa (q) wa + as = wa-as
(i) wa + huis = waenhuis (r) see + eend = see-eend

Woorde en dele van woorde word dikwels saamgevoeg om ander of nuwe


woorde te maak, bv.: Mens + vreet + ers is mensvreters.

NB:
 Die eerste woord kom altyd in die enkelvoud voor.
 Sommige woorde het ‘n ekstra klankie nodig om hulle bymekaar te sit
bv. hond + hok is hondehok. Die -e- noem ons ‘n verbindingsklank.
 By (g) en (h) is ‘n verbindingsklank geskik wat ooreenstem met die
meervoud.

AFLEIDINGS (Prefixes and Suffixes)


Dit is waar ons een woord vat, en vir hom ‘n woorddeel voor aanlas
(voorvoegsel / premorfeem - prefix) of ‘n woorddeel agter aanlas
(agtervoegsel / postmorfeem - suffix) om ‘n nuwe woord te vorm. ‘n Woord
wat ons só vorm noem ons afleidings. ‘n Nuwe woord afgelei uit ‘n oue.
bv. seker onseker (voorvoegsel / premorfeem)
seker sekerlik (agtervoegsel / postmorfeem)

Nog voorbeelde:

on – seker
ver – seker – ing
seker – lik

Een van die voorvoegsels hierbo beteken nie. Watter voorvoegsel is dit? on-.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 67


WOORDSOORTE

SELFSTANDIGE NAAMWOORD
(Noun)
Woorde wat ‘n selfstandigheid of ‘n voorwerp benoem, word ‘n selfstandige
naamwoord genoem.
Die selfstandige naamwoord kan ‘n en die vooraan kry, het ‘n enkelvouds-,
meervouds- verkleinings-, en geslagvorm.
Byvoorbeeld: Die groot kat vang die muis.

Verskeie subkategorieë van die s.nw. word onderskei:


1. EIENAAM

Die belangrikste kenmerke van name is dat ons hulle met hoofletters
begin, dat hulle selde met voorbepalings verbind of meervoudsuitgange
vertoon.
‘n Naam dui ‘n besondere persoon of saak aan. In die sin: Piet woon in
Kaapstad en ry met ‘n Nissan, dui die onderstreepte woorde telkens ‘n
persoon of plek of motor aan.

bv. Susan Jacobs; Duitsland; Dinsdag; Januarie; Sosiale Wetenskap;


Universiteit van Pretoria; Nuwe Testament; Die Huisgenoot; ens.

2. SOORTNAAM

‘n Soortnaam dui ‘n voorwerp aan wat tot ‘n sekere groep of klas behoort.
In die sin: Die hond is siek, is hond die benaming van die klas diere wat
vier pote het en blaf.
Soortname kan in die enkelvouds- en meervoudsvorm voorkom.
Byvoorbeeld : die mooi plek / plekke
baie blomme
‘n pragtige blom
drie groot beeste

Wenke om soortname te onderskei van massanaamwoorde:


 Verwys na telbare dinge.
 Kan bepaalde telwoorde as voorbepaling neem – asook die
onbepaalde lidwoord ‘n.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 68


Nog voorbeelde van soortname:

Hoenders, eende, ganse, ens is pluimvee.


Skape en bokke is kleinvee.
Beeste en perde is grootvee.
Duikers, steenbokke, ens. is kleinwild.
Olifante, renosters, leeus, ens. is grootwild.
Wortels, beet, kool, ens. is groente.
Appels, pere, druiwe, ens. is vrugte.
Koring, hawer, gars, rog, ens. is graan.
Koppies, pierings, borde, ens. is breekgoed.
Lakens, slope en komberse is beddegoed.
Vlieë, muggies, muskiete, ens. is insekte.
Mense wat saam musiek maak, is ‘n orkes.
‘n Klomp vrugtebome is ‘n boord.
‘n Klomp gedigte van net een digter in ‘n boek is ‘n bundel.
‘n Klomp mense wat saam luister is ‘n gehoor.

3. VERSAMELNAAM

Die swerm voëls het die vrugteboorde erg verniel.


In die somer is die groot swerms sprinkane vir die boere ‘n groot las.
Die swerm bye het hom getakel en pimpel en pers gesteek.
Die trop olifante in die Knysnabos trek baie toeriste.
Die veewagter jaag die trop beeste na die kraal aan.
Die robbe het lekker gemaai onder die groot skool visse.
Ons brakkie het ‘n werpsel van ses kleinhondjies.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 69


4. MASSANAAMWOORD
Selfstandige naamwoorde wat nie meervouds – en verkleiningsvorme kan
neem nie, word massanaamwoorde genoem.
Massanaamwoorde benoem ‘n stoflike, meetbare, maar ‘n ontelbare
selfstandigheid of ding.

Vergelyk die gebruik van die woord papier in die volgende twee sinne:
 Daar lê ‘n papier / papiere op die tafel. (soortnaam)
 ‘n Boek word van papier gemaak. (massanaam)

In die eerste sin verwys papier na ‘n voorwerp, maar in die tweede sin
verwys dit na ‘n material waarvan iets gemaak word.

Wenke om massaname te onderskei van soortnaamwoorde:


 Verwys na nie-telbare dinge; na massa (wat op hoeveelheid slaan)
 Dus kan massaname nie bepaalde telwoorde of die onbepaalde
lidwoord ‘n (een) as voorbepaling neem nie.

Byvoorbeeld: die koel water *’n water?


baie sand *vyf sand(e)
heelwat geld *drie geld(e)
genoeg kos *tien kos

5. MAATNAAMWOORD

Waar ons woorde soos meter, liter, rand, sent, dosyn, uur, ens. gebruik
om ‘n tipe eenheid aan te dui, gebruik ons hulle in hul enkelvoudsvorm,

Byvoorbeeld: vyf kilometer ver


drie liter is genoeg
agt uur lank gewag
kos dertig rand
sewe keer herhaal
weeg twee karaat
vyftig jaar oud

6. ABSTRAKTE SELFSTANDIGE NAAMWOORD

Kan nie met die sintuie waargeneem word nie:


Byvoorbeeld: haat; liefde; deernis; simpatie.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 70


BYVOEGLIKE NAAMWOORD /
ADJEKTIEF (Adjective)
Die byvoeglike naamwoord beskryf die selfstandige naamwoord, het
intensiewe vorme en trappe van vergelyking.
bv. Hy is oud.
Die tingerige mannetjie het snaakse maniertjies.

Dit kan ook saam met ‘n voornaamwoord optree:


bv. Arme ekke is vandag weer laat.

Voorbeelde:
Die pad is veilig. Dis ‘n veilige pad.
Die dier is gevaarlik. Dis ‘n gevaarlike dier.
Die vakansie was wonderlik. Dit was ‘n wonderlike vakansie.
Die reis is aangenaam. Dit was ‘n aangename reis.

Die werker is moeg. Dis ‘n moeë werker.


Die perskes is vroeg. Dis vroeë perskes.
Die rivier is breed. Dis ‘n breë rivier.
Die koppie was leeg. Dit was ‘n leë koppie.
Die toring is hoog. Dis ‘n hoë toring.
Die biltong was droog. Dit was droë biltong.
Die leerling is traag. Dit is ‘n trae leerling.

Die hoender is oud. Dis ‘n ou hoender.


Die leeu is dood. Dit is ‘n dooie leeu.
Die meisie is jonk. Dis ‘n jong meisie.
Die koffie is koud. Dis koue koffie.
Die paal is lank. Dis ‘n lang paal.
Die huis is nuut. Dis ‘n nuwe huis.

Die man is gaaf. Dis ‘n gawe man.


Die streep is skeef. Dis ‘n skewe streep.
Die lig was dof. Dit was ‘n dowwe lig.
Sy hande is grof. Hy het growwe hande.
Die vrou is doof. Dis ‘n dowe vrou.
Die berge is ru. Dis ruwe berge.

Die kussing is sag. Dis ‘n sagte kussing


Die lemoen is sleg. Dis ‘n slegte lemoen.
Die diamant is eg. Dis ‘n egte diamant.
Die gevegte was woes. Dit was woeste gevegte.

Die konfyt was soet. Dit was soet konfyt.


Die lekker is taai. Dis ‘n taai lekker.
Die blom is bloedrooi. Dis ‘n bloedrooi blom.
Die hasie was dapper. Dit was ‘n dapper hasie.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 71


VOORNAAMWOORD (Pronoun)

PERSOONLIK ONPERSOONLIK BESITLIK


Hy groet hom dit myne, syne,
ek, julle, jy, ons, hulle, julle s’n,
sy, my, u ons s’n
ONBEPAALD WEDERKEREND WEDERKERIGE
dui iets onbepaalds aan:
(iets) Hy skaam hom. mekaar
Iemand is hier Hulle soen mekaar.
Hy hoor niemand nie. Ek was my.
BETREKLIK AANWYSEND VRAEND
Die stoel waarop jy sit, is Wie klop daar?
lendelam die Watter?
waaruit hierdie Wanneer?
waarmee daardie Waar?
waarvan, ens. Hoe?

‘n Voornaamwoord word soms in die plek van ‘n selfstandige naamwoord


gebruik. Dit verhoed die herhaling van die selfstandige naamwoord.
Bv. Paul het met Susan gedans.
Hy het met haar gedans.
 (Tree as ONDERWERP en VOORWERP in die sin op)

PERSOONLIKE VOORNAAMWOORD
ek - I my - me,my ons - we
hy - he jou - your,you julle - you (pl)
jy - you (s) hom/sy - him/his hulle - they
sy - she haar - her u - you

Belangrik:
 Ná “‘n Mens” in die sin sê ons: “jy” / “jou”
o Bv. ‘n Mens moet altyd jou oë oophou.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 72


ONPERSOONLIKE VOORNAAMWOORD
Dit tree dikwels op as “vuller” van die onderwerps- of voorwerpsposisie:
bv.
Die potlood is te hard. = Dit is te hard. - it

Dit
Daar is besluit om …… = Daar is besluit…. - there

Daar

BESITLIKE VOORNAAMWOORD
myne - mine hulle s’n - theirs
syne - his ons s’n - ours
hare - hers julle s’n - yours
joune - your u s’n - yours

 Dit behoort aan iemand [jou / my / ons].

BETREKLIKE VOORNAAMWOORD
Hierdie woorde het betrekking op die ONDERWERP en VOORWERP in ‘n sin.
wie wat wie se
waarmee waardeur waaraan waarby waaruit waaroor
waarnatoe waarvan waarin waarvoor
daarin daarvan daarvoor daarmee daardeur daaraan
daarby daaruit daaroor daarnatoe
bv. Die man aan wie ek geskryf het ….
Die man wat daar loop….
Dit is ‘n vuil paal waarteen hy leun.
Die perd waarvan ons praat …..
Belangrik:
 Vir mense: = wie / wat / wie se
 Vir diere / voorwerpe: = wat
 Ons neem gewoonlik die voornaamwoord wat in die tweede sin
herhaal word weg.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 73


ONBEPAALDE VOORNAAMWOORD
Hierdie v.nw. toon nie vormverandering nie en het nie betrekking op ‘n
spesifieke persoon / saak nie.
elkeen everyone iets something
iedereen each and everyone diegene those
almal all / everyone party some
geeneen no one party some
Bv. Party was daar.

VRAENDE VOORNAAMWOORD
Hierdie v.nw. lei die vraagvorm van die sin in en het gewoonlik ‘n vraagteken
aan die einde van die sin. Bv, Wat is daar?
Wie? Wat?
Waarop? Waarteen?
Watter? Waarmee?

LIDWOORD / DETERMINEERDER
(Articles)
In Afrikaans tree twee lidwoorde/determineerders op nl:
1. ‘n Man loop.
‘n = onbepaalde.
2. Die man loop.
Die = bepaalde.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 74


TELWOORD (Numeral)
Die telwoord tree as bepaler by s.nwe. op en benoem ‘n spesifieke getal
of hoeveelheid of noem rangordelike posisie by dit waarna die s.nw.
verwys.
HOOFTELWOORD

Bepaalde hooftelwoord Onbepaalde hooftelwoord


bv. bv.
100 eenhonderd sommige
200 tweehonderd heelwat
300 driehonderd volop
99 nege-en-negentig baie / veel
1 een min / weinig
talle
verskeie
RANGTELWOORD
10de tiende 20ste twintigste
11de elfde 30ste dertigste
12de twaalfde 40ste veertigste
13de dertiende 50ste vyftigste
14de veertiende 60ste sestigste
15de vyftiende 70ste sewentigste
16de sestiende 80ste tagtigste
17de sewentiende 90ste negentigste
18de agttiende 100ste honderdste
19de negentiende

WERKWOORD (Verb)
Dit is die “doen” woord in die sin.
bv. Hy eet ‘n appel.
1. Hoofwerkwoord:
 Kan selfstandig staan.
 Daar moet in elke sin ‘n selfstandige werkwoord wees.
bv. Hy rus en sy werk.

2. Oorganklike werkwoord:
● Wanneer ‘n sin ‘n voorwerp het.
● Neem die onderwerp en die voorwerp en vra die vrae:
o Die seun skop die bal.
o Skop die seun die iets/iemand? Indien Ja, is
dit ‘n oorganklike werkwoord.

3. Onoorganklike werkwoord:
● Dit is wanneer ‘n sin nie ‘n voorwerp bevat nie.
o Die seun skop.
o Skop die seun iets/iemand? Indien Nee, is
dit ‘n onoorganklike werkwoord.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 75
4. Koppelwerkwoord:
 Kan nie selfstandig (op sy eie) in ‘n sin staan nie.
 Moet gevolg word deur ‘n aanvulling.
bv. * Die fyn blommetjies lyk ??
 Die fyn blommetjies lyk mooi.
 Verbind die onderwerp (wie? of wat? + ww) van ‘n sin met ‘n
b.nw. of met ‘n s.nw.
 Sinne waarin koppelwwe optree, kan nie in die lydende-
/passiewe vorm omskryf word nie.
 bv. Die seun is ‘n atleet.
 Die bekendste koppelwerkwoorde is:
Byvoorbeeld:
is blyk skyn heet klink
was bly word voel raak
lyk

5. Hulpwerkwoord:
 Tree saam met die selfstandige werkwoord in ‘n sin op.
 Ons onderskei drie soorte hulpwerkwoorde:
1. HULPWERKWOORD VAN TYD:
 het
 sal

2. HULPWERKWOORD VAN WYSE / MODALE HULPWW:


 kan, sal, wil, mag, mog, moet, kon, wou, sou, moes,
behoort.
 Kan ook met ‘te’ verbind wees.

3. HULPWERKWOORD VAN VORM:


 Druk die lydende vorm uit.
 Bv. word; is

Voorbeelde:
 Hy (sal, sou, wil, wou, kan, kon, mag, moet, moes, gaan, )
help.
 Die seun wil leer.
 Die atleet sal hardloop.
 Die skoolkinders kan vakansie kry.
 Jy moet saamgaan.
 Ons hoef dit nie te doen nie.
 Hulle behoort nou te kom.
 Hulle durf nie ophou nie.
 Die onderwyser skyn alles te weet.
 Hy hoef nie te kom nie.
 Die man blyk te weet wat verkeerd is.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 76
 Julle behoort te speel.
 Hulle skyn dit te weet.
 Ons wil loop.
 Die voëls sal verveer.
 Die hokkiespeler kan hardloop.
 Die leiers mag optree.
 Hulle moet sing.
 Die mense het gekom.

Hulpwerkwoorde kan ook in die lydende vorm geskryf word:


 Die kas is geverf.
 Die kas word geverf.
 Hy was reeds gegroet.

Werkwoorde dui 3 hooftye aan:


1. Teenwoordige – of onvoltooide tyd
 Die seun speel.
 Die honde blaf.
 Ons sing.
2. Verlede tyd
 Die seuns het gespeel.
 Die hond het geblaf.
 Hy is gebyt.
3. Toekomende tyd
 Die seuns sal speel.
 Die honde sal blaf.
 Hy sal gebyt word.

BYWOORD (Adverb)
Bywoorde tree op as bepalers by werkwoorde.
Kategorieë wat onderskei word:
 Bywoord van tyd (wanneer?) [time]
bv. Hy speel vandag tennis.

 Bywoord van wyse (hoe?) [manner]


bv. Hy speel heerlik op die gras.

 Bywoord van plek (waar?) [place]


bv. Hy speel buite.

 Bywoord van rigting (waarheen?) [direction]


bv. Hy loop onder toe.

 Bywoord van graad (in watter mate?) [degree]


bv. Hy werk baie hard.
## S (v1) T O M P (v2) I
Ons volg die bywoorde in die korrekte volgorde naamlik: tyd; wyse; plek.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 77
DEELWOORD (Participle)
Die deelwoord kan ‘n selfstandige naamwoord (noun), byvoeglike
naamwoord (adjective) of bywoord (adverb) wees. Dit is afgelei van ‘n
werkwoord en verrig nie meer die funksie van ‘n werkwoord nie.
1. Die Teenwoordige Deelwoord (Present Participle):
Word gevorm deur ‘-de’ of ‘-ende’ na die werkwoord te voeg.
i. ‘-de’ = word slegs bygevoeg by die volgende
werkwoorde: ‘doen’; ‘gaan’; ‘sien’; ‘staan’.
Bv.
doen = doende/voldoende; gaan = gaande/verbygaande;
sien = siende/versiende; staan = staande/bestaande.

ii. ‘-ende’ = word bygevoeg by alle ander werkwoorde:


[usually when we say ‘ing’ eg. Barking]
‘-ende’ = word gebruik vóór (before) ‘n selfstandige
naamwoord (noun); bv. blaffende honde.

iii. ‘-end’ = word gebruik ná (after) ‘n selfstandige


naamwoord (noun); bv. Die water was kokend
sien = siende/versiende; staan = staande/bestaande.

2. Die Verlede Deelwoord (Past Participle):


Swak (weak) deelwoorde: Sterk (strong) deelwoorde:

Letterlik (literally) Figuurlik (figuratively)


Bv. gebreekte been (broken leg) Bv. gebroke hart (broken heart)
‘-de’ of ‘-te’ ‘-e’

1. ‘-de’ of ‘-te’ word vóór die s.nw.


1. Die woord eindig altyd op ‘n –e
(noun) gevoeg
Bv. gebraaide vleis; gekookte kos
Bv.
2. ‘-te’ wanneer die werkwoord (verb) aflê (afgeleë)
op ‘-k’ of ‘-p’ eindig. bederf (bedorwe)
Bv. bak = gebakte koek; besluit (vasbeslote)
skop = geskopte bal betrek (betrokke)
breek (gebroke)
3. ‘-te’ of ‘-de’ wanneer die ww. Op ‘n buig (geboë)
‘-f’; ‘-g’; ‘-s’ eindig. gee (gegewe)
Bv. stof = afgestofde;(1) help (geholpe)
lig = verligte/verligde;(2) kies (gekose)
pos = geposte/geposde(2) neem (aangenome)
sluit (geslote)
4. ‘-de’ = wanneer die woord op suip (gesope)
enige ander letter eindig. verbied (verbode)
Bv. lam = verlamde voorskryf (voorgeskrewe)
vries (bevrore)
5. ‘-e’ = wanneer die woord op ‘n
‘-d’ of ‘-t’ eindig.
Bv. brand = verbrande
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 78
DIE INFINITIEF (The Infinitive)
DIE INFNITIEF = “om te + werkwoord”
en “te + werkwoord”

[THE INFINITIVE = “to + verb”]

1. Die “om” en “te” kan saam of afsonderlik voorkom.


Bv. Ek hou daarvan om te dans. Ek hou daarvan om op die
dansvloer te dans.

2. Sinne met die woorde: “probeer”; “hou daarvan”; “is


besig”.
Kry die werkwoord. Plaas “te” voor die werkwoord.
“te” + werkwoord skuif na die einde van die sin.
Plaas “om” net ná ‘probeer’; ‘hou daarvan’; of ‘is besig’.
Bv. Ek probeer om my boek te lees.

3. “om” en “te + werkwoord”: Uitsonderings:


‘behoort’ en ‘hoef nie’:
i. Bv. Jy behoort jou boek te lees.
Jy behoot jou boek te gelees het. (Verlede – Past)
ii. Bv. Jy hoef nie jou boek te lees nie.
Jy hoef nie jou boek te gelees het nie. (Verlede - Past)

Ná die voorsetsel (preposition) “deur”:


i. Bv. Deur vinnig te ry, veroorsaak ons ongelukke.

“blyk” en “skyn”:
i. Bv. Susan blyk die werk te verstaan
ii. Bv. Hy skyn die werk te kan doen.

TUSSENWERPSEL
(Interjection)
Tussenwerpsels word gebruik om gevoelswaarde uit te druk.

Bv, ga; aitsa; hiert; hoera.


“Ga, jy is vuil!” OF Ga! Jy is vuil.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 79


DIE GRAADWOORD
Die graadwoord tree as bepaler by die volgende woordsoorte of
woordgroepe op: (die graadwoord dui die graad van die eienskap aan)

 B.nwe. - Sy is besonder siek.


 Bwe. - Hy stap uiters stadig.
 Voorsetselgroepe - Die boom staan vlak voor die deur.
 Telwoorde - Daar is ongeveer honderd skape.

VOEGWOORD (Conjuction)
Voeg twee of meer sinne aanmekaar.

bv. en, maar, want, omdat, todat, nadat, alhoewel, gevolglik, daarenteen,
dus, derhalwe, nog ens.

GROEP 1
Woororde van die sinne verander nie. There is no change in word order.
Bv. sin een. Voegwoord. Sin twee.

W E N S “T I N” D O O M
nóg... sowel nóg…
want en trouens inteendeel dog of óf…óf maar
nóg …as nóg

GROEP 2
Die werkwoord in die 2de sin skuif na die middel direk na die voegwoord. The verb in the 2nd sentence
goes to the middle straight after the conjucntion.
Bv. Sin een. Voegwoord. Werkwoord. Res van sin twee.

D5 G I V B2 A2 N2 T2
dus gevolglik intussen verder bowendien al nietemin tog
dan buitendien anders nogtans toe
derhalwe
daarom
daarna

GROEP 3
Die groep is aan die einde. Die werkwoord is aan die einde. This group is at the end. The verb in the
2nd sentence goes to the end.
Bv. Sin een. Voegwoord. Sin twee met werkwoord aan die einde.

…dat
omdat wat wie alhoewel toe terwyl sodra sedert aangesien as of mits tensy indien
totdat
voordat
nadat
sodat

** Wanneer ons ‘n sin met ‘n groep 3 voegwoord begin: plaas ons albei werkwoorde in die middel en
skei hulle met ‘n komma.
** If we start a sentence with a group 3 conjunction: we put both verbs together in die middle and
separate them with a comma.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 80


VOORSETSELS (Preposition)
bv. op, in, teen, onder, met, voor, per, langs, ens.

aandag aan aansoek doen om


afbreuk doen aan onder kwarantyn sit
aan die beurt kom onder vier oë spreek
aan boord stap onder kruisverhoor
‘n broertjie dood hê aan aangewese wees op
aan flarde skeur op die agtergrond
‘n gebrek aan op die lange baan skuif
geheg wees aan op prys stel
herinner aan op jou hoede wees
mank gaan aan op die lappe bring
onderhewig aan aandring op
bo verwagting ‘n ogie hou oor / op
buite die kwessie onrustig voel oor
by gebrek aan jou bekommer oor
by magte per abuis
jou nood kla by te goeder trou
by uitstek beskerm teen
by voorbaat bestand teen
deur die bank indruis teen
deur die mat val immuun wees teen
in ag neem uit sy beurt praat
in diens neem uit volle bors sing
in duie stort uit ondervinding
in gedagte hou afhanklik van
behep wees met ‘n afkeer van iets hê
met opset van mening wees
rekening hou met jou vir iemand skaam
in vergelyking met uitgeknip wees vir
met rus laat ‘n skip lê voor anker
na aanleiding van veroordeel weens / tot
smag na
streef na
uitsien na

NOG VOORBEELDE VAN VOORSETSELS


AAN
Daar hang twee prente AAN die muur.
Sal jy asseblief die boek AAN Anna gee?
Die twee seuns was van AAN die slaap.
Hierdie boek behoort AAN Maria.
Hulle het almal AAN tafel gesit.
Sy het AAN die blom geruik.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 81


BY
My neef kuier BY my.
In Durban sal sy BY haar oom bly.

DEUR
Die leeu kruip DEUR die lang gras.
Daar was ‘n voetpad DEUR die bos.

MET
Sy staan en praat MET haar suster.
My broer spit die grond MET ‘n graaf om.
Piet het MET ‘n klip gegooi.
My broer sal more MET vakansie gaan.

NA
Ek kyk NA die prente in die boek.
Hulle luister NA die mooi musiek.
Hulle het NA die kerk huis toe gegaan.
Gert soek NA die sent wat hy verloor het.
Moeder het my NA die winkel gestuur.

OM
Hy het OM die hoek gestap.
Die trein sal OM sesuur aankom.
Die kinders hardloop OM die huis.

OP
Willem is in Pretoria OP skool.

PER
Ons sal PER motor (trein, bus) Johannesburg toe gaan.

TE
Ons sal TE voet dorp toe gaan.
Vader ry TE perd veld toe.

TEEN
Die seun leun TEEN die muur.

UIT
Die voëltjie het UIT my hand geëet.

VAN
Jan hou VAN sy onderwyser.

VIR
Hy is baie bang VIR slange.
Sy is lief VIR haar sussie.
Waarom is hy kwaad VIR jou?

VOOR
Hulle span die perde VOOR die kar.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 82
SINSBOU (Syntax)
NAAMWOORDSTUK & WERKWOORDSTUK
Voorwaardes vir sinne

Hoeveel woorde is die uiterste waaruit ‘n sin kan bestaan?


Twee - Ek loop

Twee woordsoorte moet altyd in ‘n sin wees

Ek-vnw of s.nw loop-ww

Dus: 1 s.nw / v.nw Sal altyd in ‘n sin wees


2 ww

Sin bestaan uit twee dele

Ek loop
naamwoordstuk werkwoordstuk

s.nw / v.nw ww

Hoeveel wwe mag in ‘n sin voorkom?

 kan nooit ‘n sin maak met net: wou / kan/ sal


daar moet ‘n hoofww in ‘n sin voorkom

 Hoeveel hoofwwe kan in ‘n sin voorkom?


Slegs een

Voegwoord (voeg twee sinne aan mekaar)

Ek sing, speel en lag. (Eintlik drie sinne)

Twee soorte sinne:


Enkelvoudige sin
Saamgestelde sin (Het voegwoorde of kommas wat meer as een
sin aanmekaar voeg).

Drie ww stukke in voorbeeldsin.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 83


In die plek van ‘n voegwoord kan die volgende gebruik
word: komma, dubbelpunt; komma-punt.

Hoeveel ww stukke in ‘n sin? Slegs een, as daar meer is, is dit


omdat dit ‘n saamgestelde sin is.

Hoeveel naamwoordstukke in ‘n sin?


Minimum: een maar kan twee hê.

NAAMWOORDSTUK
‘n Naamwoordstuk eindig altyd met ‘n s.nw of met ‘n pers. vnw.

Bv. Ek verf my fiets

nw stuk ww stuk nw stuk

Naamwoordstuk 1
Ek: wie / wat doen die werk? = onderwerp

Naamwoordstuk 2
My fiets: waaraan / waarmee dit gedoen word = voorwerp

Enkelvoudige sin: een ww stuk


een of twee nw stukke

Meervoudige sin: meer ww stukke en nw stukke


UITRYGPROSES: Naamwoordstuk

att att
b.nw b.nw s.nw

Die drie lang ronde mans

hardloop
huis toe

ww

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 84


Proses:

1. Bepaal ww 5
2. Bepaal dan: s.nw / v.nw 4
3. b.nw / adjektief 3
4. telwoord 2
5. lidwoord / determineerder 1

Vanaf s.nw ontleed links:

att

Lidw telw b.nw b.nw s.nw ww

Die drie lang ronde mans hardloop


huis toe

Proses: ontleed links van s.nw

4. lidw / determineerder
3. telw
2. b.nw / adjektief
1. s.nw

Hulle skop die tiende klein balletjie

v.nw ww lw telw b.nw s.nw (soortn)

onderw voorwerp

Vier meisies word mooi

telw, bep hoof s.nw (soort) ww b.nw (predikatief)

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 85


Byvoeglike naamwoord / Adjektief:
- links van ww en s.nw: attributief
- regs van ww en s.nw: predikatief

Predikatiewe b.nw kan slegs na vyf (onder genoemde) wwe


voorkom:

Is, word, was, lyk, raak = koppelww


(koppelww is enigste ww in ‘n sin)

WERKWOORDSTUK
Hoofww
Hulpww - sal, wil, het, gaan, moet
Koppelww - is, word, was, lyk, raak, (+b.nw / s.nw)
- w - was
w - word
r - raak
i - is
L - lyk

Lidw.(bep.) telw. (bep.) b.nw (att) b.nw (att) s.nw (maat) s.nw (massa) ww

Die drie groot ronde koppies suiker staan

Voorsetsels lidw. (bep.) b.nw (att) s.nw (soort)

op die lang tafel

 Massa en maat nw. word saam gebruik.


 Plekke: voorsetsel lidw telw b.nw s.nw

Lidw. (bep.) s.nw (versamel) s.nw (soort) hulpww. ww

Die beeste vreet


trop sal

Hulpww. ww

het
Die trop beeste gevreet

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 86


 Hulpww. staan links van die wwstuk. Dus eerste in ‘n
wwstuk

Hulpww tyd wyse plek ww


Die trop beeste sal
môre vinnig hier vreet

Bywoorde

Werkwoordstuk

Hulpww. byw. Ww

Voorsetsel lidw. (bep.) s.nw (maat) s.nw (massa)

Op die sak suiker wil

Lidw. s.nw (versamel) s.nw (soort) byw. (wyse) ww


Onbep.

‘n swerm miere stadig loop

* nw stuk ww stuk nw stuk

Onderwerp: ‘n swerm miere (wie?)


Voorwerp: op die sak suiker (aan wie?)
Gesegde: wil stadig loop (wat doen?)

Opsommend:
Naamwoordstuk
Voorsetsel lidw telw b.nw s.nw

Werkwoordstuk

Hulpww byw ww

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 87


SINSONTLEDING:

ONDERWERP (Subject)
‘n Sin bestaan gewoonlik uit twee dele. Die een deel beantwoord die vraag:
Wie of wat doen die aksie? Ons noem hierdie deel die Onderwerp.
Die onderwerp het altyd ‘n s.nw. of v.nw.
bv. (Die begaafde kinders) verf ‘n fantastiese muurprent.
Wie verf die muurprent?
(Die begaafde kinders) = Onderwerp.

GESEGDES (‘Verb’)
Die ander deel van die sin sê gewoonlik wat alles gebeur, d.w.s. wat gedoen
word. (Onthou: die deel het altyd ‘n werkwoord, want die w.w. is mos die
doenwoord!).
bv. Wat doen die begaafde kinders?
(Die begaafde kinders) = Onderwerp (verf) = Gesegde 

VOORWERP (Object)
Daar kan ook ‘n deel in ‘n sin wees waarop ons die vraag wat kan vra. Dit
noem ons die voorwerp.
Die voorwerp het altyd ‘n s.nw. of v.nw in.
bv. Wat verf die begaafde kinders?
(‘n fantastiese muurprent.) = Voorwerp

OM OP TE SOM:
WIE? DOEN? WAT?
Onderwerp Gesegde Voorwerp
  
(Die graad 10-klas) (werk hard) (aan hulle projek)

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 88


WOORDORDE
(Word order)

SvOv [subject+het+object+ge]
Of
SvTOv [subject+het+time+object+ge]
S V1 T O M P V2 I
Subject Verb 1 Time Object Manner Place Verb 2 Infinitive
Werkwoord Werkwoord
Onderwerp Tyd Voorwerp Wyse Plek Infinitief
1 2
om
aan buite te
Die kind eet daagliks haar kos vinnig
tafel kan
speel
om
aan buite te
Die kind het daagliks haar kos vinnig geëet
tafel kon
speel
om
aan buite te
Die kind sal daagliks haar kos vinnig eet
tafel kan
speel
Wie ? Wie ?
Wanneer ? Hoe ? Waar ? Om…te
Wat ? Wat ?

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 89


LYDENDE- EN BEDRYWENDE VORM
(Active and Passive Voice)
Wie Doen Wat
(onderwerp –subject) (werkwoord – verb) (voorwerp – object)

(Die Cheetahs) (hou) (‘n vergadering)

 Hierdie sin staan in die bedrywende vorm.


 Nou gaan ruil ons die onderwerp en voorwerp om d.w.s.

‘n Vergadering word deur die Cheetahs gehou.

 Bg. sin is nou in die lydende vorm.


 Hoekom doen ons dit?
 Omdat ons so ‘n vergadering wil beklemtoon! (Dit wat voor in die sin
staan, kry tog die meeste aandag, of hoe?)

Wenk:
As jy ‘n sin in die lydende vorm moet skryf, ruil jy net die onderwerp en
voorwerp om!

Nog voorbeelde:

Bedrywende vorm Lydende vorm Tyd

Gerrie maak die deur Die deur word deur Gerrie Hede
toe toegemaak
Gerrie het die deur Die deur is deur Gerrie Verlede
toegemaak toegemaak
Gerrie sal die deur Die deur sal deur Gerrie Toekoms
toemaak toegemaak word

Bedrywende vorm
Onderwerp Voorwerp
(Gerrie) maak (die deur) stadig oop.

Lydende vorm
Voorwerp Onderwerp (Onderwerp nou omgeruil!)
(Die deur) word stadig deur (Gerrie) oopgemaak.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 90


DIE TYE (Tenses)
1. VERLEDE TYD: (Past Tense) Gister-Yesterday
As die
ww
begin
met:
Sin met net
”be”, ww +
een
“ge”, is het hê voorset moet kan wil sal
werkwoord
“her”, sel
(ww)
“er”,
“ont”,
“ver”,
“mis”
Een
“het”
het gehad woord
“het” + “ge” maar(ge was moes kon wou sou
gehad het (“ge”) +
en “ge”)
“het”
Bv. Ek
Bv. Ek Bv. Ek
ontmoet Bv. Ek Bv. Ek Bv. Ek
Bv. Ek wil ‘n tel die Bv. Ek
nuwe is moet kan Bv. Ek sal
het jou boek stoel wil leer.
Bv. Ek skop vriende. gelukkig leer. swem. leer.
lief. hê. op. = Ek
die bal. = Ek . = Ek = Ek = Ek sou
= Ek = Ek = Ek wou
= Ek het die het = Ek moes kon leer
het jou wou ‘n het die leer
bal geskop. nuwe was leer swem (geleer
lief boek stoel (geleer
vriende gelukkig (geleer (geswe het).
gehad. gehad opgetel het).
ontmoet . het). m het).
het. .
.

Onskeibare
Skeibare
werkwoorde:
Twee werkwoorde:
aanvaar,
weggooi, Uitsonderings:
werkwoorde aantrek,afhaal,
agtervolg,
Onskeibare
wat op begin, erken,
Twee deelneem, werkwoorde:
betaal, geniet,
dieselfde gelukwens, glimlag, Voegwoord
Sin met werkwoorde herken,
tyd gebeur goedkeur,
hersien, mislei,
dagvaar, e: “dan”,
twee (enige liefhê, liefkoos,
Saamgevoe Voegwoord mishandel, “as”,
werkwoorde ander grootword, , raafpleeg,
g is deur in ‘n sin misluk,omhels, “wanneer”,
(sonder ‘n kombinasie) natgooi,
onthou,voltooi
rangskik,
“en” uittrek, waarborg, “nou”
voegwoord) verbind met saamgaan,
ondersoek,
waarsku
Die eerste {DAWN}
“en” stilstaan,
ontmoet,
(klem val op
ww is: “sit”, uitnooi,
oorhandig,
1ste deel van
“lê”, “loop”, (klem val op
oorwin,vergeet
die woord)
verstaan
“staan” 1tse deel van
(klem val op
die woord)
2de deel)
“het”
“het” +
(“ge” =
Slegs “het’ + Ontleed dit “het” +
opsioneel “het” + Verander
eerste ww “ge”+ww 1 as twee aangeskak “het” + ww
slegs saam “ge” na “toe”
kry “ge” “ge”+ww 2 sinne el
met die
(opsioneel)
eerste ww)
Bv. Ek Bv. Hy vang
Bv. Ek Bv. Ek Bv. Ek
slaap en vis want hy Bv. Hy
hoor die Bv. Ek sit soek iets om te skakel die skrik as ek
eet in my Bv. Ek rangskik die
hond blaf. en lees. eet. oond aan. ‘n slang
kamer. vergeet. blomme.
= Ek het = Ek het = [Hy het vis = Ek het sien.
= Ek het gevang] want = Ek het = Hy het
die hond (ge)sit en die oond = Ek skrik
geslaap en [hy het iets vergeet. die blomme
(ge)hoor lees. gesoek om te aangeskak toe ek ‘n
geëet in my gerangskik.
blaf. eet.] el. slang sien.
kamer.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 91


2. TOEKOMENDE TYD: (Future Tense) Môre –Tomorrow

Sin met net een Ww +


is het hê moet kan wil
werkwoord (ww) voorsetsel
“sal
Een
“sal (moet; “sal
“sal” “sal hê” woord + “sal kan” “sal wil”
wees” kan,wil) moet”
“sal”
hê”
Bv. Ek tel
Bv. Ek is Bv. Ek wil
Bv. Ek skop die Bv. Ek het die stoel Bv. Ek Bv. Ek Bv. Ek wil
gelukkig. ‘n boek hê.
bal. jou lief. op. moet leer. kan swem. leer.
= Ek sal = Ek sal
= Ek sal die bal = Ek sal = Ek sal = Ek sal = Ek sal = Ek sal
gelukkig ‘n boek wil
skop. jou lief hê. die stoel moet leer. kan swem. wil leer.
wees. hê.
optel.

Skeibare werkwoorde:
aantrek, afhaal, deelneem, gelukwens,
Sin met twee
Voegwoord in ‘n sin goedkeur, grootword, liefhê, natgooi,
werkwoorde
saamgaan, stilstaan, uitnooi, uittrek, weggooi
+ Onskeibare werkwoorde
“sal” +
“sal” Ontleed dit as twee sinne
Aanskakel (een woord)
Bv. Ek hoor die
Bv. Hy vang vis want hy soek iets om te eet.
hond blaf. Bv. Ek skakel die oond aan.
= [Hy sal vis vang] want
= Ek sal die = Ek sal die oond aanskakel.
[hy sal iets soek om te eet.]
hond hoor blaf.

3. TEENWOORDIGE TYD: (Present Tense) Vandag - Today


Bv. Die melk staan in die yskas.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 92


DIE ONTKENNENDE VORM
DIE NEGATIEF (The Negative)
1. Met ‘n gewone sin:
Gebruik ons altyd twee “nie’s” (nie).
 Na die werkwoord = eerste nie
 Aan die einde van die sin = tweede nie

2. Wanneer ons ‘n vraag antwoord :


Nee,…..(ww)nie……..nie

3. Met ‘n bevel :
Moenie…..nie

4. Met ‘n bevel + “asseblief”


Moet asseblief nie …..nie

5. Sekere woorde verander in die negatief :


Die verandering neem die plek in van die eerste nie. Die tweede nie skuif
na die einde van die sin.
 iemand niemand………..nie
 almal niemand………..nie
 êrens nêrens………….nie
 orals nêrens………….nie
 iewers nêrens………….nie
 ooit nooit…………….nie
 altyd nooit…………….nie
 iets niks……………..nie
 alles niks……………..nie
 een geen……………nie
 enige geen……………nie
 enigeen geeneen………..nie
 moet moenie…………nie
 nog nie meer……….nie
 nog iets niks meer………nie
 nog êrens nêrens meer…..nie
 nog iewers nêrens meer…..nie
 nog iemand niemand meer…nie
 nog almal niemand meer…nie
 nog alles niks meer………nie
 alreeds nog nie…………nie
 al (alreeds) nog nie…………nie
 al iemand nog niemand…..nie al kan vooraan
 al êrens nog nêrens…….nie enige van die
 al ooit nog nooit……….nie woorde gebruik
 al iets nog niks………..nie word.
 al alles nog niks………..nie
 al een nog geen……….nie
 óf…..óf (either…or) nóg…..nóg (neither…nor) [geen nie]
 sowel as nóg…..nóg (neither…nor) [geen nie]
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 93
6. Geen dubbele negatief :
Wanneer daar twee woorde in die sin is wat in die negatiewe vorm
verander moet word, verander ons slegs die eerste een.
Bv. “Was iemand ooit mars toe?” “Nee, niemand was ooit mars toe nie”
{Ons kan nie sê: “Nee, niemand was nooit mars toe nie.” - dan verander
ons die betekenis van die sin}

7. Wanneer daar ‘n voegwoord voorkom :


Beskou dit as twee sinne maar die “nie” in die tweede sin kom ná die
selfstandige naamwoord (noun) of voornaamwoord (pronoun).

INDIREKTE REDE (Indirect Speech)


1. Van ‘n gewone direkte sin na ‘n indirekte sin (Direct into Indirect):
Gebruik ons die voegwoord “dat” (uit groep 3 voegwoorde)
Dus: die werkwoord in die tweede sin skuif na die einde
Voornaamwoorde moet verander sodat die sin sin maak.
Bv. Juli sê: “Ek hou van biltong.” – Juli sê dat sy van biltong hou.

2. Na ‘n vraag (Question):
Gebruik ons die voegwoord “of” (uit groep 3 voegwoorde)
Dus: die werkwoord in die tweede sin skuif na die einde
Bv. Juli vra: “Mag ek biltong kry.” – Juli vra of sy biltong mag kry.

3. Indien die eerste woord reeds ‘n vraagwoord (Question Word) is:


Dié vraagwoord bly dan die voegwoord. (alle vraagwoorde is
groep 3 voegwoorde)
Dus: die werkwoord in die tweede sin skuif na die einde
Voornaamwoorde moet verander sodat die sin sin maak.
Bv. Juli vra: “Wanneer kry ek biltong.” – Juli vra wanneer sy
biltong kry.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 94


4. Indien die werkwoord (Verb) in die verlede tyd (Past Tense) is:
“het gesê” of “het gevra”
Dan moet die werkwoord in die tweede sin ook in die verlede tyd
geskryf word.
Bywoorde van tyd en plek verander.
Bv. Oom Charl het gesê: “Ons moet vandag strand toe gaan.” -
Oom Charl het gesê dat hulle daardie dag strand toe moes
gaan.
Lys van woorde wat verander:
hier daar hierdie daardie
vandag daardie dag gister die vorige dag
gister aand die vorige aand eergister twee dae gelede
môre die volgende dag môre middag die volgende middag
môre aand die volgende aand oormôre oor twee dae
nou / dan toe

5. Tydens ‘n opdrag (Command):


Enige van die volgende twee maniere:
Bv. Die afrigter beveel: “Spelers, oefen julle vryhoue!”
i. Die afrigter beveel die spelers om vryhoue te oefen.
ii. Die afrigter beveel dat die spelers hulle vryhoue moet
oefen.

6. Uitroepwoorde (Exclamatory words):


Woorde soos: “Eina!”; “Foeitog!”; “Liewe Hemel!”;
“Hoera!” ens.
Dié woorde word slegs in die direkte rede gebruik maar…
Die emosie van die woorde moet in die indirekte rede beskryf
word.
Bv. “Eina, ek het my vinger gesny!” het die seun geskreeu. Die
seun het van pyn geskreeu dat hy sy vinger gesny het.
Die ma sê: “Foeitog, my dogter is siek!” Die ma sê simpatiek /
met meegevoel dat haar dogter siek is.

7. Ons HOEF NIE die woord “dat” te gebruik nie:


Bv. “Ma sê: “Ek is honger.” - Ma sê sy is siek.
Bv. “Die seun het gesê: “Ek het vandag rugby gespeel.” - Die
seun het gesê hy het daardie dag rugby gespeel.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 95


SOORTE SINNE (Types of Sentences)

1. Stelsin:
 Gewone sin met ‘n punt [.] aan die einde.
 Slegs ‘n stelling.
 Bv. Johan eet ‘n roomys.

2. Bevelsin: [Instruksie]
 Sin waar ‘n bevel of opdrag gegee word.
 Hierdie sin eindig gewoonlik met ‘n uitroepteken [!] maar kan ook
met ‘n punt [.] eindig.
 Bv. Johan, eet jou roomys dadelik op!
 Bevelwoorde (Instructions)
o beskryf describe
o voltooi complete
o verbind join
o beantwoord answer
o onderstreep underline
o waarom dink jy why do you think
o verduidelik explain
o vertel van tell about
o kies choose

3. Uitroepsin:
 Sin wat uitgeroep word.
 Hierdie sin eindig met ‘n uitroepteken [!].
 Bv. Ag nee! Jy het jou roomys laat val.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 96


4. Vraagsin:
 ‘n Vraag word gevra.
 Die sin eindig met ‘n vraagteken [?].
 Bv. Het jy al jou roomys geëet?
 Vraagwoorde (Question words)
o wie who
o wie se whose
o wat what
o watter (item) what (item)
o waarom why
o hoekom why
o hoe how
o hoeveel how many
o hoe laat what time
o wanneer when
o waar where
o waarin in what
o waarop on what
o waaruit out of what
o waarmee with what
o waarvan from where
o waarvandaan from where
o waarheen to where
o waarna to where
o waarnatoe to where
o het did
o het jy do you have

5. Seënwense:
 Goeie wense aan iemand.
 Bv. ‘Laat die voorspoed altyd met julle wees.’

6. Begroeting:
 Bv. ‘Goeie môre.’

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 97


KREATIEWE SKRYFWERK
(Creative Writing)
VRIENDSKAPLIKE BRIEF

Daar is twee soorte briewe, nl.


VRIENDSKAPLIKE en FORMELE
briewe.

Vriendelike briewe is die geselsbriefies wat jy aan vriende, familielede en


bekendes skryf. Hier word lekker gesels en gedagtes gewissel, maar moenie
lawwe, verspotte taal gebruik nie; dit is nie goeie Afrikaanse gewoontes nie,
en dit is ook onwenslik. Daarom is dit nodig en die moeite werd om keurige en
korrekte briewe te leer skryf. Die brief aan jou beste maat en dié aan jou
onderwyser verskil natuurlik van mekaar, maar hulle is almal vriendskaplike of
informele briewe. Daarom wil ons graag ‘n bietjie hulp en leiding hieroor gee.

 Die informele brief is ‘n vriendskaplik briefie waarin jou


geselstrant spontaan, hartlik en gemoedelik is.
 Jou woordkeuse, styl en inhoud bepaal die atmosfeer van jou
brief.
 Moenie laf en/of verspot wees nie.
 Dis belangrik om te onthou dat ‘n brief aan sekere vereistes
moet voldoen en dat briewe spesifieke vorms het.

Ons gaan nou spesifiek na die volgende oplet:


 die adres en datum
 die aanhef
 die paragrawe
 die slot

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 98


Adres en datum

1. Begin net na die middel aan die regterkant.


2. Blokvorm - alles onder mekaar.
3. Die inligting volg in hierdie orde:
 Straatnaam, straatnommer
 Voorstad
 Dorp/Stad
 Poskode
 Datum
4. Geen leestekens word gebruik nie.
5. Datum volledig uitgeskryf.
6. Geen lyn oop tussen adres en aanhef nie.

Aanhef

1. Begin met hoofletter, teen die kantlyn links.


2. Geen leestekens nie.
3. Aanhef wissel na gelang van die persoon aan wie jy skryf.
4. Lyn oop tussen aanhef en paragraaf.

Inhoud / Paragraaf / Storie

1. Begin teen kantlyn links.


2. Onthou leestekens en hoofletters in jou sinne.
3. Laat reëls oop tussen paragrawe.
4. Onthou dit is ‘n vriendskaplike gesprek wat op skrif gestel word.
5. Dit moet interessant wees.
6. Dit moet vertroulik en opgewek wees.
7. Stel ook belang in jou maat se sake.
8. Laat ‘n reël oop tussen inhoud en slotparagraaf.

Slotparagraaf

1. Slotsin is gewoonlik die stuur van groete / wens.


2. Begin teen kantlyn links
3. Laat ‘n reël oop tussen die slotparagraaf en werklike
slot.
4. Onthou leestekens.

Slot en jou naam

1. Slot begin teen kantlyn links.


2. Geen leestekens (ook nie by jou naam nie).

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 99


FORMELE BRIEF:
AANSOEKBRIEF 1
(Matrikulant)

Kerkstraat 5
Panorama
2571
15 Januarie 1998

Die Personeelbestuurder
Topversekering
Posbus 1660
Kaapstad
8000

Meneer

Graag verneem ek of u firma ‘n vakature vir ‘n assistant-rekenaarprogram-


meerder het. Ek het pas gematrikuleer, dus het ek geen ondervinding nie. Ek
stel baie belang in programmering en terwyl ek werk, wil ek deeltyds vir ‘n
BSC-graad in Rekenaarwetenskap studeer.

Ek is agtien jaar oud. Ek het my skoolopleiding voltooi aan die Hoërskool


Panorama waar ek die Kaapse Seniorsertifikaat-eksamen verlede jaar
suksesvol afgelê het. Ek het onderskeidings behaal in Ekonomie en
Rekenaarwetenskap. Ek het rugby vir die tweede span gespeel en tennis vir
die eerste span. Ek stel verder belang in musiek, die buitelewe en watersport.

Afskrifte van getuigskrifte van ons skoolhoof, mnr. Malan, en ons predikant,
ds. Louw, is ingesluit. Hulle is bereid om enige inligting wat u oor my verlang
te verskaf.

Die uwe

(Handtekening)
Henri Odendaal

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 100


AANSOEKBRIEF 2
(Geadverteerde pos)

_______________________________________________________________

Brandstraat 16
Welkom
9459
16 Mei 1998

Die Bestuurder
Alphabank
Posbus 1006
Bloemfontein 9300

Geagte Heer

Aansoek om betrekking as Rekenmeester

Na aanleiding van u advertensie in Die Volkstem van 7 Mei 1998 doen ek


hiermee aansoek om die betrekking van Rekenmeester in die Bloemfontein-
Noord tak van Alpha-Bank.

Ek het in 1998 aan die Hoërskool Welkom gematrikuleer en in 1991 ‘n B.Rek.


graad aan die Universiteit Stellenbosch behaal. My hoofvakke in my finale jaar
was Rekeningkunde en Finansiële Bestuur.

Van 1992 tot nou is ek werksaam in die Spar in Welkom. Ek behartig alle
finansiële aspekte van die supermark. Ek het ook deeglike kennis van
begrotings.

Ek sluit die volgende dokumente in:

1. ‘n Voltooide aansoekvorm
2. Curriculum Vitae
3. Afskrifte van getuigskrifte van:
(i) Mnr. C. de Wet (Bestuurder, Spar, Welkom)
(ii) Ds. J. Fourie (Leraar)

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 101


(013) 741 1025/6
 
14106 West Acres  www.bergvlam.co.za

(013) 741 2622/3
 (013) 741 1889  ontvangs@bergvlam.co.za

Aan: ________________ Faksnommer: __________

Datum: ________________ Insake: ________________

Aantal bladsye: ________

Van: _________________
FAKS * FAX

_______________________________________________________________
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_______________________________________________________________

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 102


CURRICULUM VITAE

DIE VOLGENDE PUNTE IS BELANGRIK IN


DIE OPSTEL VAN JOU CV:

Dekblad:
Behels ‘n karakterbeskrywing en motivering van jou bydra tot die
entiteit/organisasie. Sê waarom jy dink dat jy ‘n aanwins sal kan wees vir die
spesifieke kollege. (Noem hier jou lewensmotto).
Meer inligting oor jou persoonlikheid

Persoonlike inligting:
Dit sluit jou van, voorname (noem tussen hakies), huisadres, telefoonnommers,
geboortedatum, nasionalitiet, huistaal asook ander tale wat jy magtig is.

Opleiding:
Jou skoolopleiding (bv. vanaf Gr.1 tot Gr. 8, in watter skool/skole jy was) – noem
die naam van die skool/skole en die jaartal.
Gee meer inligting oor jou vakke in die huidige graad, finale uitslae (rapport-vakke,
punte)
Leierskap, pryse, toekennings en jou verdere kollegebetrokkenheid.

Buitemuurse bedrywighede:
Sport, kunste, kultuur, organisasies ens.

Ander inligting:
Buitemuurse aktiwiteite buite kollegeverband.
Moontlike gemeenskapsdiens gelewer.

Verwysings:
Noem hier persone, wat die hoof van die kollege, kan kontak om meer te wete te
kom oor jou karakter/werkvermoë.
Lys sowat drie name, hul posisie, jou verwantskap met hulle, telefoonnommers
waar hulle gekontak kan word. Lys hulle in volgorde van belangrikheid.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 103


(Intreevlak)
_______________________________________________________________

Persoonlike besonderhede:

Van: Roux

Voorname: Hendrik

Ouderdom: 34 jaar

Geslag: Manlik

Identiteitsnommer: 640311 5064 00 9

Huisadres: Weltevredestraat 15
Uniepark
Stellenbosch
7600

Telefoonnommer: (021) 881 5679

Werksadres: Fakulteit Bosbou


Universiteit van Stellenbosch
Stellenbosch
7600

Telefoonnommer: (021) 818 4433

Huwelikstaat: Getroud

Kinders: Anka, 10 September 1990


Hein, 23 Maart 1992

Nasionaliteit: Suid-Afrikaanse burger

Taalbevoegdheid: Afrikaans (Moedertaal)


Engels (Vlot)
Xhosa (Vlot)

Kerkverband: Nederduits Gereformeerde Kerk

Bestuurslisensie: Kode 08
Kode 012

Militêre diens: Lugmaggimnasium, Valhalla


Offisierskursus, 1983

Gesondheid: Goed

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 104


Akademiese kwalifikasies:

Hoogste standerd: Matriek (1982)

Skool: Paul Roos Gimnasium


Stellenbosch

Grade: M.Sc. in Bosbou (U.S.) (1987)


M.B.A. (U.S.) (1990)

Ander: Sertifikaat in Werkstudie (Technikon Pretoria)


(1988)

Ondervinding:

1987 tot 1990: Distriksbestuurder


Departement van Omgewingsake, Knysna

Bruto salaris: R78 000 per jaar

Byvoordele: Behuisingsubsidie
Motortoelae

Vernaamste pligte: Onderrig, navorsing en publikasies

Publikasies:

Boeke: Bosbou in Suid-Afrika (1990)


Inheemse woude (1992)

Artikels: Bosbouwaardasie (SA Bosboutydskrif, 1991)


Die kweek van bome (Natuurlewe, 1990)

Lidmaatskappe: SA Instituut van Boswese


SA Instituut van Bestuursdienste

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 105


Belangstellings:

Sport: Rugby, Gimnastiek

Stokperdjies: Hengel, Bergklim

Referente/Verwysings: Mnr. C.J. Pienaar (Direkteur)


Departement van Omgewingsake
Privaatsak X19
Kaapstad
8000
Telefoonnommer: (021) 984 3456

Prof. G. van Schalkwyk (Departementshoof)


Fakulteit Bosbou
Universiteit van Stellenbosch
7600
Telefoonnommer: (021) 818 5434

VERGADERING
AGENDA & NOTULE
‘n Vergadering is ‘n groep mense wat ‘n belangrike saak of probleem
bespreek.
‘n Agenda word
aan al die mense
gegee. ‘n Vergadering het ‘n
voorsitter wat sorg dat
almal ‘n beurt kry om te
sê hoe hulle voel.

‘n Sekretaris of
sekretaresse skryf al die
besluite wat geneem
word neer – d.w.s. hy/sy
hou die notule

 Die mense word as Meneer, Mevrou of Mejuffrou aangespreek.


 Besluite wat geneem word, sal die meeste mense tevrede stel.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 106


AGENDA
Wenke by die opstel van ‘n agenda
 ‘n Agenda (sakelys) is ‘n skriftelike program vir ‘n vergadering.
 Dit moet duidelik, uitdruklik en ondubbelsinnig wees.

Die doel van die sakelys is om:


 te verseker dat geen saak vir bespreking vergeet word nie
 te verseker dat sake in die regte volgorde behandel word
 lede die geleentheid te bied om hulle vir die bespreking voor te berei

Die spesifieke volgorde waarin sake bespreek word, is byvorbeeld:


1. Verwelkoming
2. Presensielys
3. Lief en Leed
4. Lees van vorige notule; sake uit vorige notule
5. Nuwe sake/ Besprekingspunte:
5.1 _____________
5.2 _____________
6. Algemeen
7. Afsluiting

NOTULE
Wenke by die hou van notule
 ‘n Notule is ‘n skriftelike verslag van wat tydens ‘n bepaalde vergadering
plaasgevind het.
 Dit stem gewoonlik puntsgewys ooreen met die agenda.
 Dit bestaan uit ‘n bondige, juiste, ondubbelsinnige en onpartydige
weergawe van alles wat by die vergadering gebeur het.
 Sonder om langdradig te wees, behoort die besonderhede so volledig te
wees dat ‘n afwesige lid sal verstaan wat op die vergadering gebeur het.
 ‘n Notule word gewoonlik deur die sekretaris geskryf en deur die voorsitter
onderteken.
 Die notule word in een van die teenwoordige of verlede tyd geskryf.
 Dit bevat die datum en plek van die vergadering.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 107


KOERANTVERSLAG
RIGLYNE VIR JOU BY DIE SKRYF VAN ‘N KOERANTVERSLAG

OPSKRIF
 Dit moet treffend, prikkelend en kernagtig wees.
 Die moet slegs die kern deurgee om die leser se nuuskierigheid te prikkel.
 Dit moet voldoende inligting vir die vlugleser bevat.
 Dit moet liefs ‘n werkwoord bevat, maar geen lidwoorde, byvoeglike
naamwoorde of bywoorde nie.

INLEIDENDE PARAGRAAF
 Dit vertel in ‘n neutedop die hooffeite van die berig.
 Vrae soos wat (het gebeur?) / Wie (is betrokke?) / waar (het dit gebeur?) /
wanneer (het dit plaasgevind?) moet in breë trekke beantwoord word.

In die daaropvolgende paragrawe word die oorsaak en gevolg


ondersoek: die waarom en die hoekom?
 Dit bevat ook ooggetuieverslae.
 Verdere optrede word bespreek.
 Watter invloed die gebeure op byvoorbeeld landsveiligheid, ekonomie,
opvoeding het, word bespreek.

ALGEMEEN
 Maak gebruik van die lydende vorm, bv. Daar word vermoed/beweer … /
Daar is gesê …
 Stelwyses wat dikwels gebruik word: Volgens ooggetuies …; Sover
vasgestel …
 Elke nuwe oorsaak of gevolg, of regstellende stap kom in ‘n aparte
paragraaf.
 Wanneer feite deurgegee word, is dit meer geloofwaardig as iemand
aangehaal, of ‘n naam genoem word. Onthou om die woordvoerder se titel
ook te gee. Dit verleen gewig aan die berig.
 Vermy subjektiwiteit, onlogiese afleidings of gevolgtrekkings, sowel as
oorbodige of irrelevante inligting. Jy doen slegs verslag van gebeure.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 108
PLAKKAAT
DOEL VAN DIE PLAKKAAT
 Om inligting te gee oor iets wat jy wil adverteer.
 Dit moet spesifieke inligting bevat:
- Dit moet sê watter geleentheid gaan gevier word/plaasvind.
- Die plek se naam waar die geleentheid gaan plaasvind
- Die datum
- Die tyd wat dit aangebied word
- Die toegangsgeld
- Die aktiwiteite wat gaan plaasvind
- Wie is almal welkom bv. net kinders / ouers en kinders
 Onthou die volgende:
- Die plakkaat moet netjies wees
- Die plakkaat moet leesbaar wees, dus die letters moet groot en
duidelik wees
- Die plakkaat moet kleurvol wees en die oog dadelik vang
- Die moet skeppend wees

STROOIBILJET
WENKE by die opstel van ‘n strooibiljet.

 Die inligting moet kernagtig oorgedra word


 Trefkrag kan verkry word deur interessante tipografie en lettertipes.
 Gee volledige inligting oor waar verdere inligting verkry kan word.
 ‘n Eenvoudige illustrasie of kenteken is opsioneel, maar kan baie
doeltreffend wees.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 109


LEESBEGRIP (Comprehension)
Om te verstaan (begryp) wat ‘n mens lees, vorm die basis van effektiewe
studie. Deur jou leesbegrip te verbeter, sal jy dus nie net jou punte verbeter
nie, maar ook jou kanse op sukses in die lewe. Ons hoop die volgende wenke
sal help.

ALGEMENE WENKE

1. Wanneer jy ‘n leesbegripstoets moet beantwoord, is dit raadsaam om


die voglende stappe te volg:

 Lees eers net die eerste paragraaf (inleiding), die eerste sin van
elke daaropvolgende paragraaf en die laaste paragraaf (slot), as
die leesstuk taamlik lank is. Dit gaan vinnig en gee jou ‘n idée
waaroor die stuk gaan.
 Daarna lees jy die hele stuk, maar dié keer versigtig en
aandagtig, want jy moet nou die hele inhoud inneem om vrae
daaroor te kan beantwoord en die hooftema te identifiseer. Gee
aandag aan elke woord en onderstreep of merk belangrike
gedeeltes in die teks.
 Lees nou al die vrae deur sodat jy weet wat om in die teks te
soek.
 Daarna neem jy die vrae een vir een en soek die antwoorde in
die teks. Jy ignoreer nou alles wat niks met die spesifieke vraag
waarmee jy besig is, te doen het nie. (Ons noem dit soeklees).
 Nadat jy al die antwoorde neergeskryf het, kan jy hulle weer
oorlees en onverskillige taal-, spel- en leestekenfoute regmaak.

2. Daar is verskillende maniere waarop leesbegripsvrae gestel en


beantwoord kan word. Die volgende soort antwoorde word gewoonlik
vereis:
 volsinantwoorde
 eenwoord-antwoorde
 antwoorde waarin ‘n woord of ‘n paar woorde (sinsdeel) uit die
teks aangehaal moet word.
 ‘n antwoord wat uit vier gegewe moontlikhede gekies word
 antwoorde waarin jy slegs waar of onwaar moet antwoord, en dit
motiveer.

3. Wenke by die beantwoording van die verskillende soorte vrae:


Volsinantwoorde (Full sentences)
 Probeer om so korrek moontlik te skryf, sodat jy nie punte
verloor vir taal-, spel- en leestekenfoute nie.
 Punte vir taal- en spelfoute word van die totaal vir die hele vraag
afgetrek en nie van punte behaal vir onderhandelings nie.
 Kyk na die punte wat vir elke onderafdeling toegeken word (bv.
2,3,4). Dit gee jou ‘n aanduiding van hoeveel feite jy moet gee.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 110


 As jy gevra word om in een enkele volsin te antwoord, kan jy
punte verloor as jou antwoord uit meer as een sin bestaan, of as
dit nie ‘n volsin is nie.
 As jy in ‘n volsin moet antwoord op die vraag: Hoekom het hy
deur die rooi lig gejaag? “Omdat hy ‘n roekelose bestuurder is,
het hy deur die rooi lig gejaag.”
 Dis egter glad nie nodig om, soos hierbo, die vraag in jou
antwoord te herhaal nie. Dis genoeg as jy net sê: “Hy is ‘n
roekelose bestuurder.” Dit is mos ‘n volsin.
 Hier volg nog ‘n voorbeeld: Hoekom was Patrick nie by die werk
nie?
Patrick was nie by die werk nie, omdat hy sy ma hospitaal toe
moes neem. (Onnodig, want die vraag word herhaal in die
antwoord).
Hy moes sy ma hospital toe neem. (Korrek, want dit is ‘n
volsin).
 Moenie aanhalings gee as dit nie gevra word nie, want jy sal nie
daarvoor punte kry nie.

Eenwoord-antwoorde (One word answers)


 Moenie in ‘n sin antwoord wanneer jy slegs ‘n woord moet gee
nie, want dit wys jy het nie die instruksie verstaan of korrek
uitgevoer nie.
 As een woord gevra word, moenie skryf: “Die woord is ___” nie.
Skryf net die woord neer.

Aanhalings uit die teks (Quotations from text)


 Plaas die aangehaalde gedeelte tussen aanhalingstekens. In
Afrikaans word dubbele aanhalingstekens (“….”) meestal gebruik.

Meerkeusevrae (Multiple choice)


 Lees die instruksie en bewoording van die vraag baie goed.
Soms moet jy die korrekte antwoord kies (die een wat pas) en
soms die een wat nie pas nie. As jy nie goed konsentreer nie,
kan jy maklik deurmekaar raak. Die afleiers (moontlike
antwoorde) verskil soms baie min; dus moet jy hier goed dink
voor jy antwoord. Daar is dikwels vangplekke.

Waar of onwaar (True or False)


 Gewoonlik moet jy hierdie antwoorde kan motiveer. Jy sal geen
punte vir die antwoord kry as jy bloot raai of die verkeerde
motivering gee nie.

4. Ander faktore (Other factors) wat ‘n rol speel by leesbegrip:


 Jou leesbegrip sal net verbeter as jy dit oefen (en dit kan ‘n
mens nie doen terwyl jy TV kyk nie). Lees dus soveel jy kan.
 Deur te lees, word jou woordeskat uitgebrei. Woorde is die
boustene van ‘n taal; dus lei ‘n goeie kennis van die betekenis
van woorde vanselfsprekend tot goeie begrip.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 111


 Dis egter nie absoluut noodsaaklik dat ‘n mens weet wat elke
woord in ‘n stuk beteken, om te verstaan waaroor dit gaan nie.
Moenie ontsteld raak as jy op ‘n woord afkom wat jy nie ken nie.
Probeer om so ‘n woord se betekenis uit die teks self agter te
kom en soek in die sin voor en na die woord, of op ander plekke
in die leesstuk of daar nie dalk dinge is wat vir jou kan sê wat die
woord beteken nie, byvoorbeeld:
Dink:
 Soek ek ‘n positiewe of ‘n negatiewe woord?
 Soek ek ‘n woord wat sê wat gedoen word (werkwoord)?
 Soek ek ‘n woord wat die naam is van iets of iemand
(Naamwoord)?
 Ander leidrade soos bv. ‘n dubbelpunt na die woord wat jy
nie ken nie, beteken dat daar ‘n verdere verduideliking
gaan volg wat jou kan help.

 As jy baie lees, sal jou leesspoed ook verbeter. Hoe


vinniger jy lees, hoe beter sal jou begrip wees. ‘n Mens
moet probeer om soveel moontlik van die bladsy te sien
terwyl jy lees, want hoe meer woorde jy sien, hoe meer
woorde is daar wat jou brein kan aanspoor om goed te
werk. (Die Russiese skrywer, Dostojevski, kon ‘n boek
van 1200 bladsye in sewentien minute lees).

 Ook jou algemene kennis sal uitbrei as jy meer lees. Jy


sal leesstukke beter verstaan as jy voor die tyd iets weet
van die saak waaroor geskryf word.

5. Die volgende wenke kan ook help om jou punte vir leesbegrip
te verbeter:
 Moenie in die eksamen oorhaastig wees met die beantwoording
van jou leesbegripsvrae nie. Daar is genoeg tyd, veral omdat
baie van die vrae eenwoord-antwoorde is.
 Moenie antwoorde met “want” begin nie.
 Let op dat in ‘n sin, waar met “omdat” begin word, ‘n komma in
die middel moet wees (tussen die werkwoorde), want daar is ‘n
pouse in die sin op daardie plek.
 Die woordorde ná “omdat” is ook iets waarop jy in die eksamen
moet konsentreer as jy gewoond is aan Engelse woordorde, want
die werkwoord(e) skuif na die einde van die sin ná ‘n “dat-
woord:”
o Almal was baie laat omdat die treine nie geloop het nie.
o Omdat die treine nie geloop het nie, was almal baie laat.
As jy bang is jy gaan die woordorde na omdat verkeerd kry,
moet jy liewer glad nie omdat in antwoorde gebruik nie. Dis nie
nodig nie.

Nou-ja, spring aan die werk en toets jouself. Die deur na sukses staan
oop vir almal.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 112


OPSOMMING
(Summary)

Waarom doen ons die opsomming?


Om ons leesbegrip te toets / Het ons die leesbegrip verstaan?
Om te toets of ons daarna die kern- of hoofgedagtes kan uithaal.
Om te toets of ons hierdie kern- of hoofgedagtes weer kan gee.
(oorskryf in eie sinne) kan die verskillende taalstruksture ook hier
toegepas word.

Wat is ‘n opsomming?
‘n Verkorte weergawe van die oorspronklike leesstuk.
Voorbeeld van ‘n vraag in die vraestel:
o Lees eers versigtig deur die leesstuk.
o Soek sewe hoofgedagtes uit die leesstuk.
o Skryf elke hoofgedagte neer in jou eie woorde.
o Skryf jou sinne puntsgewys van nommer 1 – 7 neer.
o Jou sinne moet so ver moontlik in jou eie woorde wees.
o Jou sinne moet altesaam 70 woorde wees.
o Onthou om die getal woorde aan te dui aan die einde van die
opsomming.
o ‘n en die word gebruik maar nie getel as woorde nie.
o Jy sal gepenaliseer word as jy meer as 70 woorde skryf, as jy
nie die getal woorde aandui nie of as jy die sinne direk uit die
leesstuk skryf.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 113


Hoe moet ek die opsomming benader?
Lees die stuk die eerste keer deur om te weet waaroor die stuk handel.
Lees die stuk ‘n tweede en of ‘n derde keer deur. Verstaan jy die
moeilike woorde?
Plaas sinne, sinsgedeeltes en woorde wat herhalend of onbelangrik is
tussen hakies.
Onderstreep die gedeeltes wat vir jou die kern- of hoofgedagtes is. ‘n
Goeie wenk is om nou kantaantekeninge hiervan te maak.
Skryf nou jou eie goeie volsin vir elkeen van hierdie kerngedagtes neer.
Verkort jou sinne indien jy meer as 70 woorde geskryf het.
Brei jou sinne uit indien jy minder as 60 woorde het.
Kontroleer jou woordorde / taalgebruik soos wat jy dit neergeskryf het.

Wat kan ek doen as ek sukkel om die hoofpunte te identifiseer?


Hou die opskrif / storielyn / soort leesstuk in gedagte.
Formuleer vrae: deur, vir ens. wie? Wie se? wat? Met? Watter?
Waarin? Waarvoor? ….ens.
Let op na: TYD, WYSE en PLEK, getalle, teenstellings en oorsaak en
gevolg.
Indien die stelling gemaak is en ‘n voorbeeld of rede gegee is om die
punt te illustreer, is dit een gedagte.
Indien twee kante van die saak gestel word, moet jy besluit of dit een /
twee hoofgedagtes is.
Gee die leesstuk vir jou net feite of gee dit raad / advies, metodes om
iets te doen, voordele / nadele, wenke, waarskuwings, beskrywings of
bevindings.

Hoe skryf ek die hoofgedagte in my eie volsin?


Gebruik ‘n variasie sinstrukture.
Brei woorde uit tot sinsgedeeltes / verkort sinsgedeeltes deur dit met
een woord te vervang. Bv. belangrike = wat belangrik is.
Jy kan ‘n sin uitbrei met behulp van ‘n voorsetselgroep, die infinitief of ‘n
voegwoord.
Indien jy sukkel met taal, hou jou sinne so eenvoudig as moontlik!!

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 114


LETTERKUNDE(Literature)
POëSIE (Poetry)
Hier volg 'n kort bespreking (alfabeties) van aspekte wat in poësie aangetref
kan word.

Antitese (Teenstelling)
Twee uiterstes word teenoor mekaar gestel om deur middel van
kontras die aandag op dit wat gesê word, te vestig.
Byvoorbeeld: die lief en leed van die lewe.

Asterisk (*)
Dit dui 'n skeiding / wending in die gedig aan. Na die asterisk volg
daar gewoonlik 'n verdieping, toepassing of slotsom.

Elisie
Wanneer 'n letter of letters uit woorde weggelaat word dit met ‘n (' )
vervang sodat die ritme of rym van die gedig nie versteur word nie:
Byvoorbeeld: Nee, 'k sal nie waag om't te sê nie OF
"…om tussen yl popliere weg te gly…" popliere i.p.v. populiere

Funksies van elisie:


 Dit laat die gedig ritmies gladder verloop.
 Ter wille van die metriese patroon van die gedig.
 Dit versnel die tempo van die gedig.
 Dit help om 'n staccato-effek in die gedig te verkry.

Ellips (weglating van woorde)


Byvoorbeeld: "Verskoon my, maar . . . "

Funksies van ellips:


 Dui op die herhaling van 'n handeling
 Die dramatiese gedeelte word so weggelaat om die aandag
daarop te vestig.
 Betrek die leser om self die gedagtegang te voltooi.

Enjambement
Dit is die verskynsel waar een versreël in die volgende oorloop sonder
enige leestekens aan die einde van die eerste versreël.

Funksies van enjambement:


 Dit verleen soepelheid en vloeiendheid aan die gedig.
 Dit maak eindrym minder opsigtelik.
 Woorde aan die einde van die versreëls word uitgehef.
 Versreëls word saamgebind en dra by tot eenheid in die gedig.
 Dit versnel die tempo van die gedig.
 Verander die toonaard van die gedig.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 115


Eufemisme (Versagting)
Om op ‘n mooi manier na iets onaangenaams te verwys:
Byvoorbeeld:
Hy het lang vingers. (Word gesê van iemand wat steel.)
Om die tydelike met die ewige te verwissel (Om te sterf)

Herhaling (repetisie)
“KENT: Slaan slaaf! Slaan, skelm, slaan!
Laventelhaantjie van 'n slaaf, slaan!”
Uit: Koning Lear: Shakespeare.

Funksies van herhaling:


 Dit skep eenheid en 'n sekere mate van musikaliteit in die
gedig, en dit hef sekere woorde uit / beklemtoon die woorde.

Hiberbool (Oordrywing)
Ek het my morsdood gesukkel
Ek het dit al 'n duisend maal gesê!

Inversie (omgekeerde woordorde)


Die gewone woordorde word verander om die klem op ‘n sekere woord
of sinsnede te laat val:
Byvoorbeeld:
Wit in die maanlig skyn die veld i.p.v. Die veld skyn wit in die maanlig

Ironie
'n Skrywer gebruik ironie wanneer hy, om groter effek te bereik, op
spottende wyse die teenoorgestelde sê van wat hy bedoel.
Byvoorbeeld:
Man, jy is darem slim! (Vir iemand gesê wat eintlik dom is)
Ironie kan ook skrynende teenstelling aandui – sonder spot: Tydens die
eerste vaart met sy nuwe seiljag, het die man verdrink.

Klanknabootsing
Wanneer woorde gebruik word om klanke na te boots bv. Die duiwe
koer-koer in die bome.

Leestekens
Komma
 Dit staan voor en na bystellings en hef dit wat tussen die kommas
staan, uit.
 Dit dui op afsondelike gedagtes.
 Dit hou die leser se aandag en beklemtoon sodoende sekere
woorde of sinsnedes.
 Dit vertraag die tempo van die gedig.
 Dit kom voor en na die naam van 'n persoon wat aangespreek word.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 116


Uitroepteken
 Dit verleen krag en forsheid en beklemtoon dringendheid in 'n vers.
 Dit beklemtoon 'n woord of 'n gedagte.
 Die beklemtoon ook 'n sekere gevoel.

Aandagstreep
 Dit vestig die aandag op dit wat gaan volg.
 Dui 'n inlasgedeelte (parentese) aan.
 Dit vestig die aandag op die klimaks.

Dubbelpunt
Dit dui aan dat daar 'n verduideliking of toeligting van die voorafgaande
gaan volg.

Kommapunt
Dit skei afsonderlike gedagtes of aspekte wat tog nog tot een hoofsin of
saak behoort.

Hakies
 Verdere toeligting oor 'n saak word tussen hakies geplaas.
 Dit dui ook parentese aan.

Vraagteken
Dui 'n regstrekse of 'n retoriese vraag aan.

Litotes (Verkleining)
Hierdie ou geskenkie (van R5 000) is vir die Orrelfonds.

Funksies van verkleining:


 Dit kan op werklike verkleining en ook op die digter se
persoonlike betrokkenheid dui.
 Dit kan ook vertedering, liefdevolheid , minagting, ens. dui.

Metafoor
Jan, die blits van Monnies wen al weer die 100 meter.

Personifikasie
Die woord personifikasie beteken om te vermenslik.
Ons personifieer wanneer ons aan die natuur, lewelose voorwerpe,
diere en abstrakte begrippe die eienskappe van lewende wesens
toeskryf.
Byvoorbeeld: Die wind sing om die hoeke van die huis.

Retoriese vraag
'n Retoriese vraag is wanneer die antwoord op die vraag reeds in die
vraag vervat is, of 'n antwoord op die vraag nie eintlik verwag word
nie. bv.
Byvoorbeeld: Is die reën nie te wonderlik nie?
(Die feit dat die reën wonderlik is, word alreeds in die vraag gestel.)

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 117


Ritme
Ritme is die natuurlike beklemtoning van lettergrepe by die uitspraak
van woorde. In gedigte word dit beïnvloed deur woord- en sinsaksent,
tempo, intonasie, natuurlike ruspunte in die gedig, enjambement, ens.

Rym
Rym is wanneer woorde wat dieselfde klink op ooreenstemmende
plekke in versreëls voorkom.

Funksie van rym:


 Dit verhoog die musikaliteit van die gedig
 Beklemtoon woorde wat in die rymposisies staan
 Sluit versreëls af
 Dit bind die gedig en strofes tot 'n eenheid
 Dit help om spanning op te bou of te verlig

Tipes rym:
Eindrym: Wanneer woorde aan die einde van versreëls met mekaar
rym, bv. "…met dof sware plof
soos koeëls in die stof"

 Manlike eindrym: (Staande rym) kom voor wanneer die


rymwoorde op beklemtoonde lettergrepe eindig:
"…met dof sware plf
soos koeëls in die stf"

 Vroulike eindrym: (Glyende rym) kom voor wanneer die


rymwoorde op onbeklemtoonde lettergrepe eindig:
"in daardie laaste nag van wonder
. . . gestrek lê sonder"

Binnerym: Wanneer woorde in een vers met mekaar rym


". . . met dof sware plof"

Beginrym: Wanneer woorde aan die begin van versreëls rym:


"Sy is so jonk – sy was nog nooit
so amper-dier so . . ."

Halfrym: Alliterasie: Dit is wanneer konsonante in versreëls


herhaal word: Sy oë sag en glansloos. . ."

Assonansie: Wanneer vokale in versreëls herhaal


word: "… in daardie laaste nag van . . . "

Rympatrone:
Kruisrym: a Paarrym: a
b a
a b
b b

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 118


Omarmde rym: a Gebroke rym: a
b b
b c
a d
a e
a
f
Daar bestaan wel
eindrym in die strofe,
maar dit is nie volgens
'n vaste patroon nie.

Vrye / blanke vers: Daar kom geen eindrym voor nie.

Sarkasme
Hier sê mens presies wat jy bedoel, maar op so 'n wyse dat spot,
ontevredenheid of veragting maar alte duidelik blyk. 'n Sarkastiese
opmerking is gewoonlik snydend en smalend.
Byvoorbeeld:
Ag sies tog, is ons ‘n bietjie hartseer? (Gesê wanneer iemand
emosioneel raak oor iets onbenulligs)

Spanning
Spanning word verkry deur die volgende toe te pas:
 Uitsteltegniek
 Herhaling van kernwoorde
 Woordkeuse
 Leestekens
 Kort klanke (staccato-effek)

Strofe
Daar kom verskillende strofetipes in gedigte voor:

Koeplet – 'n strofe wat uit twee versreëls bestaan


Tersine – 'n strofe wat uit drie versreëls bestaan
Kwatryn – 'n strofe wat uit vier versreëls bestaan
Sekstet –'n strofe wat uit vyf versreëls bestaan
Oktaaf – 'n strofe wat uit agt versreëls bestaan

Tipografie
Dit is hoe die gedig afgedruk is – die verslengtes, hoof- en kleinletters,
leestekens, die manier waarop die reëls gerangskik is.

Tempo
Dit dui op die spoed waarteen die gedig gelees word. Die tempo word
deur leestekens, enjambement, metrum (versmaat) en verslengtes
beïnvloed.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 119


Toonaard
Die toonaard van 'n gedig word deur die volgende bepaal:
 Woordkeuse
 Kort of lang klanke
 Verkleinwoordjies
 Enjambement
 Tempo
 Lengte ven versreëls – kort versreëls skep 'n afgemete /
dringende toonaard – langer versreëls skep 'n meer rustige /
vloeiende toonaard

Uitheffing van woorde:


Woorde word uitgehef deur die volgende te gebruik:
 Plasing – aan die begin of einde van die reël
 Woordorde
 Herhaling
 Leestekens
 Alliterasie en assonansie
 Alleenplasing van 'n sin of sinsdeel
 Rymposisie
 Skuinsdruk
 Hoofletters

Uitsteltegniek
Die uitsteltegniek word gebruik wanneer 'n digter spanning en
afwagting probeer skep deur die belangrike saak nie dadelik te noem
nie, maar dit tot later in die gedig uit te stel. Hierdie tegniek word ook
distansiëring genoem.

Vergelyking
Jan is so vinnig soos die wind.

Versreël
'n Versreël is 'n enkele reël in 'n gedig.

Woordspeling
Wanneer ‘n skrywer doelbewus woorde gebruik wat anders
geïnterpreteer kan word:

"Die man wat in duime dink, maar in jaarts praat,


verdien om met die voet geskop te word."

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 120


PROSA (Prose)
Literêre begrippe ten opsigte van verhaalkuns word (alfabeties) bespreek.
Dialoog
 Dialoog is die gesprekke wat tussen karakters in ‘n verhaal plaasvind.
 Gedagtespraak (dit wat ‘n karakter dink) kan ook as dialoog beskou word.
 Dialoog is deel van die handeling omdat dit gebeure kan laat plaasvind.
 Dialoog openbaar ook wat in ‘n karakter se kop aangaan (m.a.w. die
innerlike van die karakter).

Handeling
Handeling staan in noue verband met konflik en intrige van ‘n verhaal en dit
veroorsaak gebeure in ‘n verhaal.
 Uiterlike handeling is sigbare aksies, gesigsuitdrukking, bewegings en
gebare van karakters.
 Innerlike handeling vind in die karakters se gedagtes plaas – dit is
karakters se emosies en denke.

Identifikasie met die karakters


 Wanneer karakters lewensgetrou uitgebeeld word, kan die leser met die
karakters identifiseer. Die leser voel dus saam met die karakters en
kies kant vir of teen sekere karakters in die verhaal.
 Die leser kan emosioneel by die karakters en gebeure betrokke raak .
 Deur hul betrokkenheid by die verhaal, kan lesers deur verhale
beïnvloed word.

Illusie van die werklikheid


 Enige fiksie is ‘n produk van die outeur se verbeelding. Die verhaal wat
so geskep word, is nie die waarheid nie, maar bloot verbeelding.
Prosaverhale is egter op die werklikheid gebaseer en daarom klink dit
asof dit werklikheid is. Hierdie begrip word illusie van die werklikheid
(beeld van die werklikheid) genoem. Die verhale skep dus ‘n beeld van die
werklikheid, maar is nie werklikheid nie.

Intrige
Intrige is die patroon waarvolgens die gebeure in die verhaal aaneengeskakel
word. Die intrige word volgens oorsaak en gevolg verbind.
Omdat die gebeure in ‘n verhaal onvoorspelbaar is, skep dit spanning. Die
skrywer rangskik die gebeure volgens ‘n bepaalde patroon - die intrige in die
verhaal.

Karakter
In prosawerke kan karakters na aanleiding van hul optredes geklassifiseer word;
 Die belangrikste karakter in die verhaal of die karakter waarom alles in
die verhaal draai, word die hoofkarakter genoem.
 Die ander karakters in die verhaal deur wie ons die hoofkarakter leer
ken, of wat die hoofkarakter ondersteun, word newekarakters genoem.
 ‘n Karakter wat deur die loop van die verhaal baie karakterontwikkeling
ondergaan, word ‘n vol karakter genoem.
 ‘n Karakter wat min of geen ontwikkeling ondergaan nie, staan bekend
as ‘n vlak karakter.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 121
Karakterbeelding
 Hoe die karakter aan die leser bekendgestel word, staan as
karakterbeelding bekend.
Karakterbeelding vind op verskillende maniere in ‘n prosateks plaas:
Die leser leer karakters ken deur:
 dit wat die karakters self sê en doen
 dit wat ander karakters oor ‘n karakter sê
 uit gesprekke tussen karakters
 hoe die karakter tydens botsing/konflik optree

Konflik
 Innerlike klonflik vind in karakters se gedagte plaas. Dit is byvoorbeeld
wanneer ‘n karakter worstel om een of ander probleem / krisis in homself
uit te sorteer.
 Uiterlike konflik vind tussen karakters plaas wanneer een of meer
karakters oor ‘n saak verskil of met mekaar daaroor in botsing kom.

Oorsake van konflik


 verskille tussen en met ander karakters
 botsende sienings of emosies
 die verskil tussen innerlike dryfvere en uiterlike omstandighede
 aangebore drange en aangeleerde optredes

Gevolge van konflik


 veroorsaak handeling in die verhaal
 vertraag of versnel die tempo waarteen die verhaal afspeel
 veroorsaak spanning in die verhaal

Milieu
Milieu is die tyd en ruimte waarin ‘n verhaal afspeel.

 Tyd verwys na die tydperk waarin die verhaal afspeel – die


historiese plasing van die verhaal. Met ander woorde, speel die
verhaal in die hede, die toekoms of gedurende ‘n spesifieke tydperk
in die verlede af.

 Ruimte verwys na die plek waar die verhaal afspeel.


Tyd en ruimte vorm saam die milieu van die verhaal.

Die leser kom meer oor die milieu te wete uit:


 die historiese plasing van die verhaal;
 die kleredrag van die karakters;
 karakters se taalgebruik en gewoontes;
 verwysings na werklike plekke, persone en gebeure.

Perspektief
Enige verhaal word vanuit ‘n spesifieke perspektief vertel. Die perspektief
word deur die verteller se houding en gevoelens oor sekere sake bepaal.
Twee verskillende persone kan verskillende menings oor dieselfde onderwerp
hê. Elkeen se perspektief op die saak is dus anders. Net so kan ‘n verhaal uit
verskillende perspektiewe vertel word.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 122


Tema
Die tema van die verhaal is die sentrale idee of gedagte (boodskap) waarom
die verhaal gebou is.

Tydsverloop
 Verteltyd: Dit is die tyd wat dit neem om die verhaal te vertel
bv. 100 bladsye van die boek.
 Vertelde tyd: Dit is die tyd wat vertel word – m.a.w. die tydperk
waaroor die verhaal handel bv. vanaf Junie tot
Desember 2005.

Hoe verloop tyd in die verhaal?


 Indien ‘n verhaal chronologies vertel word, verloop die tyd in die
verhaal volgens normale kalendertyd.
 Achronologiese tydsverloop is die teenoorgestelde. Die tydsverloop is
agterstevoor om.
 Fragmentariese tydsverloop is wanneer tydsgrepe mekaar afwissel.
Die tyd kan nou in die hede, dan in die verlede of toekoms en later weer
in die hede afspeel.

Verteller
Die verteller van die verhaal is die persoon wat die verhaal vertel.

Die eerstepersoonsverteller (ek-verteller) is een van die karakters in


die verhaal. Hy is persoonlik betrokke in die verhaal. Omdat die
verteller self betrokke is, is hy nie baie objektief nie, is gebonde aan tyd
en plek en weet nie altyd wat ander karakters dink en voel nie.

Die alomteenwoordige verteller is nie in die verhaal betrokke nie. Hy


staan buite die verhaal en beskou die verhaal vanuit ‘n objektiewe
posisie. Hy is nie aan tyd en plek gebonde nie, en kan beskryf wat op
dieselfde oomblik op meer as een plek in die verhaal plaasvind. Dié
verteller kan ook weet wat al die karakters in die verhaal dink en voel.

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 123


BRONVERWYSING
Hiermee erkenning aan die
volgende bronne:

1. Du Toit, P.J. 1983. Taalleer vir Onderwysers en Student

2. Botha, J.P. en Van Aardt, J.M.H. 1983. Afrikaans vir die Praktyk

3. Van der Walt, Van Aardt en Eksteen 1973. Taalkunde vir die
Middelbare Skool – St. 9 en St. 10

4. Eksteen, Combrink en Van Aardt 1978. Taalkunde vir die Middelbare


Skool – St. 9

5. Eksteen, Combrink en Van Aardt 1982. Taalkunde vir die Middelbare


Skool – St. 10

6. Latti, M., Gouws, S., Smith, I. 1999. Nuwe Afrikaans Sonder Grense –
Gr. 7

7. Van L Sadie, J.J., Louw, W., Mihai, M., Engelbrecht, A. 1998. Afrikaans
Ons Taal – Standerd 2 / Graad 4

8. Van L Sadie, J.J., Louw, W., Mihai, M., Engelbrecht, A. 1998. Afrikaans
Ons Taal – Standerd 3 / Graad 5

9. Van L Sadie, J.J., Louw, W., Mihai, M., Engelbrecht, A. 1999. Afrikaans
Ons Taal – Graad 6

10. Van L Sadie, J.J., Louw, W., Mihai, M., Engelbrecht, A. 1998. Afrikaans
Ons Taal – Graad 7

11. Uys, I. 1998. Die Afrikaanse Makro Gids

Samesteller: Louise Fullard

Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 124

You might also like