Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 1

Daar is een ding wat ons almal wat hier sit in gemeen het!

Daar is een ding wat ons saam bind……..


- Ons almal wil graag hemel toe gaan.- (What a day it will be, when my…)
Alhoewel ons alreeds omtrent 45 dae in die nuwe jaar is, wonder mens wat le vir ons voor hierdie jaar. As
ons na verlede jaar en die jaar voor dit kyk, wat vol hartseer vir meeste van ons was, dan wonder mens
wat le daar vir ons hierdie jaar voor. Voorspoed of teenspoed. ‘n Jaar vol vreugde en blydskap of anders
om. Baie van ons het het ou bagasie uit die ou jaar saam na die nuwe jaar gebring. Ons het nog seker gesuk-
kel om om die bagasie van die ou jaar saam na die nuwe jaar te bring!

Markus 4:35-41. Jesus is vas aan die slaap in die boot. Jesus had ‘n bedrywige dag agter die rug. Die dis-
sipels het die dag ervaar hoe Jesus die skare geleer het, hoe Hy wonderwerke verrig, hoe Hy vergelykings
(parables) vertel. Hy het sy dissipels geleer, ook geleer presies wat die vergelykings beteken. M.aw. Die
dissipels was toegerus met kennis ,het Jesus as die Seun van God ervaar.

Maar nou is hulle op die meer op pad na die oorkant toe. En die storm woed. Dis nou die regte tyd om dit
wat die dissipels geleer het in praktyd te toets. Jesus. Ons sien hier ons kom nie net Sondae om te luister
nie, Bybel lees nie. Ons moet kan toepas wat ons geleer het. Ons kom mos kerk toe om ons laste af te le, om
te aanbid en te leer. Dit wat ons leer moet ons practise kan toepas. Jesus het geweet wat voorle. Ons moet
nou uit die vlak water na die dieper water beweeg. Van die melk na die vaste spyse.

Jesus se vir Sy dissipels hulle moet na die oorkant van die meer vaar. Terwyl hulle oor vaar, steek ‘n storm
op. ‘ n Vrees het die dissipels oorweldig en ek kan net dink dat daar chaos op die boot was toe die storm
woed. Veral as mens die woorde lees, die manier hulle vir Jesus wakker gemaak het! MEESTER GEE U NIE
OM DAT ONS VERGAAN NIE.
Jesus stuur dikwels die omstandighede vir ons om ons vertroue en geloof in Hom te demonstreer. As die
dissipels nie oorgevaar het nie, was hulle aan die kant van die mooi weer waar die lewe aangan. Hulle gaan
maar weer saam met Jesus uit om te leer, te sien die wonderwerke wat Jesus verrig ens. In die geval raak
hule so gewoond om met Jesus te wees dat hulle nie gewig in hulle self ervaar nie. Miskien was hulle nie so
gegrond in Jesus as wat Jesus verwag het hulle moet wees nie.
Hoe voel u vandag as u ‘n demonstrasie van u geloof moet gee, maw as daar ‘n toets op u pad kom, wat
gaan u reaksie wees. Hierdie kant gaan dit nog goed en is dit lekker. As u op die rowwe see beland. Op
pad na die ander kant. Die anderkant kan siekte, mislukkings, finansiele problem ens. Ons geloof gaan
getoets word.
Wat gaan u reaksie in die storm wees. Gaan ons vra, waar is U God. Hoekom help U nie. Ek dink Jesus moes
teleurgesteld gewees het. WAAROM IS JULLE SO BANG, HET JULLE GEEN GELOOF NIE. Julle het dan ervaar
die wonderwerke wat ek gedoen het, die lesse wat ek geleer. Ek het julle persoonlik ook onderrig. Tog
het die vrees hulle oorweldig toe JESUS die storm still maak. Die storm was die dissipels se klaskamer.
So gaan ons ook tyd in die klaskamer deurbring. In die storm wil God ons leer van sy Almagtigheid , Sy
grootte krag en ons geloof te versterk. Ons sal dit nodig het vorentoe. Onthou alle storms ontwrig nie ons
lewe nie.
Jesus was met die dissipels in die boot in die storm. Hy sal ons nooit alleen laat nie. Hy is altyd saam met
ons. “My genade is vir jou genoeg, want my krag word volmaak in swakheid.” (2 Korintiërs 12:9).

You might also like