Afrikaans Ons Taal Van Groot Waarde

You might also like

Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 1

Afrikaans ons taal van groot waarde

Afrikaans is ‘n taal van wonder


Afrikaans is ‘n hele orkes,
Afrikaans pronk in digterstaal en vele spannings en liefdes verhale
Afrikaans is ‘n bakgat taal,
Afrikaans is my taal

Geagte dames en here.

Om Suid-Afrikaans te wees is om Afrikaans te wees. Afrikaans is nie net deel van ons
hart nie, dit is ons hart.

Afrikaans is ‘n volksbesitti ng.

Vermoor jy Afrikaans,vermoor jy nie net een groep mense nie, maar ‘n hele land.

Watt er ander taal bring menses bymekaar soos die Afrikaans taal.. Manne om die
braaivleis vure, kinders by die kinderkerk en ouma se lamsboud op ‘n sondag middag.

Ons taal is prakti ese. Sonder nonsense. Ons sit nuwe woorde aan mekaar: hysbakkies
vir “face-lift ” en vooskoos vir ”nerd”.

Waar het jy al lekkerder woorde gehoor as eina, hoekom, sommer, bakkie,


grondboontjiebott er en driepootpot?

Ons taal is soos die aarde. Hy se wat hy moet se. Kort en klaar.

Van moederskoot af ken ek my taal. Ek het met kleuterliedjies en troetelwoorde groot


geword.

Afrikaans is die taal waarin ek gesels, waarin ek lees, waarin ek sing, waarin ek baklei
en waarin ek lief het. As ek droom, droom ek in Afrikaans. Ek speel in Afrikaans en as
ek my laaste asem uitblaas sal dit in Afrikaans wees.

You might also like