Download as rtf, pdf, or txt
Download as rtf, pdf, or txt
You are on page 1of 2

Wat ek alles van Jaco Jacobs en 'n kortverhaal geleer het.

Ek het niks geweet van 'n kortverhaal en nog minder het ek van enige skrywer
geweet nie.

Hierdie kwartaal het ons van 'n kortverhaal en 'n skrywer genaamd Jaco Jacobs
geleer.

Weet jy wat is 'n kortverhaal?, want ek het nie geweet nie!

'n Kortverhaal is nie soos sy naam se, bloot 'n kort verhaal nie; dit is 'n prosawerk
met 'n besonder strak bou.

In 'n kortverhaal gaan dit nie soseer om die gebeure nie; dit gaan om
karakteronthulling, om die openbaring van 'n bepaalde aspek van die menslike
bestaan.

'n kortverhaal het vyf elemente:

Intrige, tyd, gebeure, ruimte en karakters.

Die hoofkarakter word gewoonlik op 'n bepaalde oomblik in sy lewe getoon,


waarop hy tot 'n dieper insig in die lewe kom en 'n kortverhaal is dramaties eerder
as epies.

Kortverhale wissel gewoonlik van 1 600 tot 20 000 woorde en neem 30 minute tot
twee ure om te lees.

Jaco Jacobs is die gewilde skrywer van talle bekroonde topverkoperboeke vir
kleuters, kinders en tieners, soos Suurlemoen!,

’n Goeie dag vir boomklim,

Moenie hierdie boek eet nie! en

My ouma is ’n rock-ster.

Sy skryfwerk wissel van prettige kinderrympies tot spokerige grilstories, van


vermaaklike feiteboeke tot lekker skaterlagstories.

Hy het reeds meer as 150 boeke die lig laat sien, en

meer as 1.2 miljoen kopieë van sy boeke is verkoop.

Jaco is op ’n Karoodorpie, Carnarvon gebore. Hy was net sewe jaar oud toe hy al
sy eerste storie geskryf en geïllustreer het. Hy was sy hele skoolloopbaan in die
Hoërskool Carnarvon, en in matriek was hy hoofseun.

Ná skool het hy B.A. Kommunikasiekunde en sy honneurs in Afrikaanse en


Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi, voordat hy
by Volksblad in Bloemfontein begin werk het, en daarna as uitgewer by ’n
bekende uitgewery.

Deesdae spits hy hom voltyds op skryf- en vertaalwerk toe. Hy het sy eerste boek,
Pretpark, reeds aan die einde van matriek geskryf.

Sy eerste boek wat verskyn het, was Troetelgedrog.

Hy woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy dogtertjies, Mia en Emma,


drie honde genaamd Pippie, Otto en Boo, en ’n troetelluislang.

Het jy geweet, Jaco Jacobs ly aan hoogte vrees en kannie 'n das knoop nie? en sy
gunsteling kos is lasange en sy gunsteling superheld is Batman en sy gunsteling
plek is die Karoo.

So, Jaco Jacobs in 'n vuishou, Skrywer, hondeliefhebber, tamatiesapdrinker,


musiekluisteraar, teësinnige tuinier, zombie-entoesias.

ek weet ek het 'n nuwe liefde ontwikkel...., het jy?

Kortverhale BO!!!

You might also like