Vergelyking Van Rekeningkundige Konsepte in Die Informele en Formele Sektor

You might also like

Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 5

Vergelyking van Rekeningkundige Konsepte in die Informele en Formele Sektor.

Konsep Informele sektor Formele sektor

Verkrying van Kapitaal is eie geld, lenings van Eie geld of lenings van banke voorsien
Kapitaal mikroleners of stokvel-bydraers. kapitaal.

Kontant Geld kan by die huis gehou word Geld word daagliks gebank.
(sal later gebank word).

Winsberekening Inkomstes - Uitgawes Inkomstes – Uitgawes

Brondokument Handelaars in hierdie sektor hou Brondokumente word veilig bewaar.


e die brondokumente soos kwitansies
en kontantstrokies wanneer hulle
items koop wat die besigheid nodig
het, maar hulle reik nie kwitansies
uit wanneer hulle iets aan kliente
verkoop nie. Hierdie
brondokumente word nie lank
gehou nie.

Boekhoustelsel Daaglikse transaksies word in Transaksies word in joernale, grootboeke,


notaboekies en dagboeke inkomstestate en balansstate
aangeteken. aangeteken.

Bankrekening Gewoonlik een bankrekening vir Verskeie bankrekeninge vir verskillende


die besigheid en vir persoonlike doeleindes. Geld word daagliks in die
gebruik. Die wins word gewoonlik bankrekening in betaal.
by die huis gehou en in die rekening
in betaal wanneer dit gelee is.

Krediet Krediet word baie moeilik bekom, Banke leen maklik geld aan formele
want min of geen sekuriteit kan besighhede omdat daar finansiele state
gebied word nie. Daar is geen ingedien word om die risiko bepaal. Die
finansiele state beskikbaar om die meeste formele besighede het ook vaste
bank se risiko te bepaal nie. bates wat sekuriteit vir n lening kan dien.

Inleiding
Inheemse besighede word geklassifiseer as deel van die informele sektor en hulle speel n
baie belangrike rol in werk skepping in Suid-Afrika. Hierdie besighede kan handelsbesighede
of diensbesighede wees of in sommige gevalle albei wees. Hulle dryf handel waar hulle
teikenmarkte is. Informele besighede het geen formele rekenkundige stelsels nodig nie en
kan basiese boekhoustelsels gebruik om wins of verlies te bereken.

Vraag 1: Rekeningkundige Konsepte:


Vraag 2: Faktor in die sukses van inheemse besighede:
 Identifisering en bevrediging van kliente se behoeftes:
Informele handelaars moet seker maak dat hulle voorraad koop wat deur hulle
kliente benodig word en dat hulle pryse mede dingend is, so moet hulle ook bewus
wees van groter besighede se pryse. Indien hulle te veel vra of hulle goedere en
dienste oorprys, sal mense ophou om hulle produkte te koop en sal dan groter
besighede ondersteun.

Willie Zakwe weet daar is n groot behoefte aan betroubare vervoer en daarom het
hy vir hom twee taxis aangeskaf vir nog n inkomste. Hy het twee bestuurders wat die
die besigheid bestuur van 04:00 tot 20:00 om voorsiening te maak vir passasiers wat
baie vroeg moet gaan werk en saans vervoer huis toe benodig.

 Etiese gedrag:
Dit sluit alle dinge in soos om die klient met respek te behandel, voedsel wat vars is
aan kliente te verkoop, produkte van goeie gehalte en n redelike prys. As n diens
aangebied word wat van sekere produkte gebruik maak, moet die produkte van n
goeie gehalte wees en nie minderwaardige plaasvervangers nie.

Willie Zakwe se twee bestuurders is daarvoor verantwoordelik om die


passasiers/kliente met respek te behandel en veilig te vervoer. Die bestuurders sal
ook verantwoordelik gehou word vir enige spoed- of ander verkeersoortredings.

 Interne kontrole:
Interne kontrole sluit in die veilige bewaring van bates. Die los kontant en geld wat
vir die dag ontvang is, moet veilig bewaar word en daar moet veiligheids prosedures
wees teen voorraad diefstal te waak.

Willie se twee taxis word saans in sy agterplaas onder n afdak gestoor om te


voorkom dat dit nie gesteel of beskadig word nie.

 Die hou van rekenkundige rekords:


Informele handelaars gebruik notaboekies om hul waarin hulle alle transaksies op n
daaglikse basis aan teken. Alle voorraad word fisies getel om seker te maak dat geen
diefstal onbespeur plaasvind nie.

Willie Zakwe het n boek waarin hy die geld wat hy elke dag ontvang, asook die
bedrae wat hy aan petrol en herstelwerk bestee aanteken. Uit hierdie inligting kan
hy sy wins vir die maand uitwerk. Dit stel hom ook instaat om elke week se
transaksies met ander weke sin te vergelyk. Hy kan sodoende sien of daar enige
belangrike verskille tussen een week en die volgende is, en kan dan die redes
daarvoor ondersoek.

 Die bestuur van hulpbronne:


Voorraadopname help die handelaar om te weet watter produkte gekoop moet
word om voorraadtekorte te vermy en slegs produkte wat benodig word aan te
koop. Dit verhoed stoorprobleme, oortollige voorraad en die beskadiging van
goedere.

Willie Zakwe laat sy taxis herstel word by die motortuigkundige (sy vriend) wanneer
daar n probleem is om te verseker dat dit betroubaar is. Die bestuurders weet ook
dat hy tevrede is om R550 van elke bustuurder per dag te ontvang. As die
bestuurders meer ontvang en die res vir hulself hou is daar niks wat hy daar aan kan
doen nie. Hy en die bestuurders is almal tevrede met hierdie stelsel.

Slot

Informele besighede het ontstaan as gevolg van die behoeftes van individue om hul
inkomste aan te vul of te genereer. Dit kan goed gedoen word deur n spesifieke
gemeenskapsbehoefte te bevredig. Die mees algemeentse informele besighede is
spaza-winkels, straat smouse en taxi besighede.

Bronnelys

https://prezi.com/irsyaywcy_c_/informele-ondernemings/
Klas Notas: Inheemse Boekhouding
Rekeningkundige Graad 10 KABV deur Ann Botha
Tiaan Viviers
Rekeningkunde
Graad 10/D
Inheemse Rekeningkundige Stelsels
Mnr. S. Zietsman

You might also like