Psychology Notes

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 17

LEEREENHEID 4: INLEIDING

Gewoontelik was depressiewe en bipolêre versteuring gesien as ʼn afwyking van gemoed en


was in die DSM-IV-TR en was saamgegroepeer onder die kategorie gemoedsversteurings.
In die DSM-5 word Bipolêre en Depressiewe gemoedsversteurings verdeel in twee
verskillende kategorieë.

- Gemoedversteurings is die mees algemene versteurings en baie keer die mees onder
behandelde versteuring.

- Hedendaags die menslike swaarkry en die hoë risiko vir selfmoord wat hand aan hand met
die versteuring loop, noodsaak dat die versteurings korrek gediagnoseer word, sodat
effektiewe behandeling verseker kan word.

- Verskillende kulture sal gemoed op ʼn unieke wyse definieer.

- Maar psigiatrie en sielkunde maak gebruik van meer spesifieke onderskeiding van
emosies wat ʼn meer gedetailleerde beskrywing van wat normaal en abnormaal is na vore
bring.

- Wat mens in ag moet neem is dat die gaping wat professionele persone en die algemene
publiek verstaan oor die begrippe begin al hoe groter en groter raak. Dit is daarom
belangrik vir sielkundiges om kultuur sensitief te wees en om seker te maak die
kliënt/pasiënt is bekend met die terminologie ens. wat gebruik word.

Algemene terme wat gebruik word t.o.v. gemoed:

Emosie:’n Komplekse psigofisiese proses wat spontaan voorkom en nie deur bewuste
pogings. Dit ontlok of ʼn positiewe of negatiewe psigologiese respons sowel as ʼn fisiese
uitdrukking, die response is meestal nie vrywillig nie.

Gevoel: Die uitdruk van informasie oor situasies, beide op bewuste en onbewuste vlakke.

Affek: Dit is die wetenskaplike term wat gebruik word om ʼn persoon se gemoed te beskryf
soos uitgedruk in hul gedragsresponse.

Jy sal agter kom in psigopatologie word daar verwys na “blunted” (afgestompte) affek=Die
verlaging in emosionele reaktiwiteit of “labile” (veranderlike) affek= Onstabiele openbaring
van emosies
Gemoed: Verskil van emosies, omdat dit beskou word as ʼn volhoubare emosionele
toestand wat minder spesifiek en intens is, dit is langer aanhoudend en minder geneig om
“getrigger” te word deur ʼn sekere stimulus of gebeurtenis. Die DSM-5 gebruik meestal
gemoed bv. depressiewe gemoed.

Definisie van gemoedsversteuring: Kan gedefinieer word as ʼn versteuring waar ʼn


persoon depressief voel en/of ekstaties, en uitwaartse tekens toon (affek) van depressie
en/of manie vir ʼn redelike tydperk en wat ernstig genoeg is om normale funksionering te
belemmer en wat ontstaan in die afwesigheid van ʼn duidelike identifiseerbare stressor of
“trigger”.

Kern faktore wat in ag geneem moet word:

1) Daar is twee uiterste pole in gemoedversteurings

 ) Ekstreme “Dysphoria” (Major Depressive Episodes)


 ) Ekstreme “Euphoria” (Manic Episodes)

In gemoedsversteurings is daar altyd ʼn episode van depressie.

- Unipolêr gemoedsversteuring- Waar daar slegs depressie is.

- Bipolêre gemoedsversteuring- Depressie + Manie

(Episodes van Manie gaan altyd gepaard met depressiewe episodes en bestaan nooit
alleen nie)

2 Pole van gemoedsversteurings


Euphoria Mania

Hypomania

---------------------------------------------------------------------------------

Mild Depression

Dysphoria Moderate Depression

Severe Depression

2) Die ernstigheid van die simptome

Baie persone ervaar op ʼn daaglikse basis emosies en gevoelens soos hartseer,


ongelukkigheid, teleurstelling ens. dit is deel van die normale menslike bestaanswyse.
Gewoonlik is die emosies die gevolg van terugslae in lewe soos akademiese
teleurstelling, verhoudings of finansiële probleme of selfs die verlies van ʼn geliefde. In
die geval sal ʼn persoon se normale funksies (bv. aptyt, slaappatrone en motivering)
geaffekteer word, maar dit verander weer terug na normaal na ʼn billike tydperk. In baie
gevalle word die emosies of verandering in gedrag/ funksionering nie “getrigger” deur ʼn
duidelike identifiseerbare gebeurtenis nie, of kan abnormaal verleng word na negatiewe
gebeure. Dit is eers nadat ʼn persoon se daaglikse funksionering aangetas word as
gevolg van die ernstigheid van die simptome dat mens ʼn diagnose van
gemoedsversteuring kan maak.

3) Die duur van die simptome

Die duur van simptome verskil amper vir elke gemoedsversteuring. Byvoorbeeld:

Major Depressie- Simptome moet teenwoordig wees vir minstens twee weke

Distimieversteuring- Die simptome (nie so ernstig soos Major Depressie nie) moet
teenwoordig wees vir ongeveer twee jaar.
Bipolêre versteuring- Simptome van manie moes al teenwoordig gewees het vir ʼn week.

“Cyclothymia”- Minder intense weergawe van Bipolêre versteuring- Periodes van


Hipomanie en depressie moes al vir ongeveer twee jaar teenwoordig gewees het.

ʼn Persoon kan nie alleenlik kyk na die duur van die simptome en daarvolgens ʼn
diagnose maak nie.

Bipolêre en Depressiewe Versteurings in DSM-5

DSM-5
BIPOLERE EN VERWANTEDEPRESSIEWE VERSTEURINGS
VERSTEURINGS
-Bipolêr 1 -“Disruptive Mood Dysregulation Disorder”
-Bipolêr 2 -Major Depressiewe Versteuring
- Aanhoudende Depressiewe Versteuring
(Distimie)
-Premenstruele Disforie Versteuring

Geskiedenis van Gemoedsversteurings- Lees Bl. 157- 158

Epidemiologie (Wetenskap t.o.v die voorkoms, verspreiding en beheer van siekte/Al


die faktore wat die aan-of afwesigheid van ʼn siekte of sy oorsaak bepaal)

-Moeiliker om vas te stel in Suid- Afrika a.g.v. die langtermyn effekte wat sosiale,
politieke en ekonomiese diskriminasie en ongelykheid agtergelaat het.

- Dit is moeilik om die oorsaak van geestesversteuring in lae en hoe inkoms lande te
onderskei en daar moet nog verdere navorsing oor die onderwerp gedoen word.

- Gaan lees artikel van Tomlinson et al. soos na verwys in handboek op bl. 159.

- Lees vir interessantheid deur bl. 158-160

- Daar is bewys dat mense van onder ontwikkelde (ontwikkelende) lande meer vatbaar
is vir gemoedsversteurings as persone in ontwikkelde lande
“Life course”

- Die risiko vir depressie in kinders, tieners en bejaardes is besig om te verhoog.

- Wêreldwye piek ouderdom om die risiko te loop vir depressie is 32, in S.A is die
gemiddelde ouderdom waarop persone depressie kry 26.

- Bejaardes is baie vatbaar vir depressie weens swak sosiale ondersteuning (Dit is
soms moeilik om hier te onderskei tussen depressie en neurokognitiewe versteuring
weens geheue verlies. Tabel 5.2 in handboek gee ʼn opsomming oor navorsing t.o.v.
depressie by bejaardes.

KLINIESE PRENTJIE

AFDELING 1: BIPOLERE EN VERWANTE VERSTEURINGS

* DSM-5 tref onderskeid tussen bipolêr 1, 2 en cyclothymic versteurings.

BIPOLER 1 EN 2 VERSTEURINGS

* BIPOLER 1

- Moet aan die kriteria voldoen vir ʼn volle maniese episode en moontlik major
depressiewe episodes. Die klem val egter meer op manie as op depressie.

Diagnostiese kriteria vir maniese episodes (DSM-5)

A. ʼn Duidelike periode van abnormale en aanhoudende verhoogde of


geïrriteerde gemoed of abnormale en aanhoudende doelgerigte aktiwiteite of
energie wat minstens een week duur en teenwoordig is meerderheid van die
dag, amper elke dag.
B. Gedurende die tydperk van gemoedsversteuring en verhoogde energie of
aktiwiteit vlakke is 3 of meer (4 as die gemoed net geïrriteerd is) van die
volgende simptome tot ʼn mate teenwoordig en daar is ʼn sigbare verandering aan
die persoon se gewone gedrag.
 Verhoogde selfagting of spoggerigheid
 Verlaagde behoefte aan slaap (bv. voel uitgerus na slegs 3 ure se slaap)
 Meer praterig as gewoonlik, of voel gedruk om aan te hou gesels
 ʼn Gedagtevlug of subjektiewe ervaringe dat gedagtes besig is om te jaag.
 Afleibaarheid (bv. aandag word te maklik afgelei na onbelangrike of
irrelevante eksterne stimuli) soos gerapporteer of waargeneem
 Verhoogde doel gerigte aktiwiteit (ongeag of dit sosiaal, by die werk of
seksueel is) of psigomotoriese agitasie (verontrusting- bv. doellose nie
doelgerigte aktiwiteit)
 Oorvloedige betrokkenheid in aktiwiteite wat hoë potensiaal het vir pynlike
gevolge. (bv. seksuele indiskresie of simpel besigheid beleggings/besluite)

C. Die gemoedsversteuring is so ernstig dat dit sosiale lewe of beroeps


funksionering belemmer./ Noodsaak hospitalisasie om skade aan self of ander te
voorkom of daar is psigotiese kenmerke.

D. Die gemoedsversteuring is nie toeskryfbaar aan die fisiologiese effekte van ʼn


substans of enige ander mediese toestand nie.

* BIPOLER 2

- Minstens 1 episode van Major depressie en i.p.v. vol manie, kom daar minstens 1
episode van hipomanie voor.

Diagnostiese kriteria vir Hipomaniese episode

A. Duidelike periode van abnormale en aanhoudende verhoogde of geïrriteerde


gemoed en abnormale en aanhoudende verhoogde aktiwiteit of energie, wat
minstens 4 opeenvolgende dae duur en meestal teenwoordig is elke dag.

B. Gedurende die tydperk van gemoedsversteuring en verhoogde energie of


aktiwiteit vlakke is 3 of meer (4 as die gemoed net geïrriteerd is) van die
volgende simptome tot ʼn mate teenwoordig en daar is ʼn sigbare verandering aan
die persoon se gewone gedrag.

 Verhoogde selfagting of spoggerigheid


 Verlaagde behoefte aan slaap (bv. voel uitgerus na slegs 3 ure se slaap)
 Meer praterig as gewoonlik, of voel gedruk om aan te hou gesels
 ʼn Gedagtevlug of subjektiewe ervaringe dat gedagtes besig is om te jaag.
 Afleibaarheid (bv. aandag word te maklik afgelei na onbelangrike of
irrelevante eksterne stimuli) soos gerapporteer of waargeneem
 Verhoogde doel gerigte aktiwiteit (ongeag of dit sosiaal, by die werk of
seksueel is) of psigomotoriese agitasie (verontrusting- bv. doellose nie
doelgerigte aktiwiteit)
 Oorvloedige betrokkenheid in aktiwiteite wat hoë potensiaal het vir pynlike
gevolge. (bv. seksuele indiskresie of simpel besigheid beleggings/besluite)

C. Die episode word geassosieer met ʼn nie kenmerkende ondubbelsinnige


verandering in funksionering van die individu wanneer nie simptomaties.

D. Die versteuring in gemoed en die verandering in funksionering is


waarneembaar deur ander.

E. Die episode is nie ernstig genoeg om die persoon se sosiale lewe of beroeps
funksionering te belemmer nie of om die persoon te hospitaliseer. As daar
psigotiese kenmerke is dan is dit ʼn maniese episode.

F. Die gemoedsversteuring is nie toeskryfbaar aan die fisiologiese effekte van ʼn


substans (bv. ʼn dwelm, medikasie of behandeling)

Diagnostiese kriteria vir Depressie versteurings

A. Vyf of meer van die volgende simptome moet teenwoordig wees gedurende dieselfde
twee week periode en verteenwoordig ʼn verandering van vorige funksionering, ten
minste een van die simptome is of 1)deperisiewe gemoed 2)verlies aan belangstelling
of genot.

1- Depressiewe gemoed meerderheid van die dag, (bv. voel hartseer, leeg of hulpeloos)
of waarnemings gemaak deur ander (bv. kom tranerig voor)

2- Afname in belangstelling aan genotvolle aktiwiteite meerderheid van die dag, byna
elke dag

3- Duidelike gewigsverlies of toename aan gewig. Afname/ toename in aptyt byna elke
dag.

4- Insomnia of Hipersomnie byna elke dag

5- Psigomotoriese onrustigheid of vertraging byna elke dag

6- Uitputting of verlies aan energie byna elke dag


7- Gevoelens van waardeloosheid of uitermatige/onvanpaste skuld gevoelens (wat dalk
misleidend mag wees) byna elke dag

8- Afname in die vermoë om te dink en te konsentreer of besluiteloosheid byna elke dag

9- Herhaalde denke aan die dood (nie net ʼn vrees daarvoor nie), herhaalde selfmoord
denke sonder ʼn spesifieke plan of poging

B. Die simptome veroorsaak kliniese distress of benadeling in sosiale, beroeps- of


ander belangrike areas van funksionering.

C. Die gemoedsversteuring is nie toeskryfbaar aan die fisiologiese effekte van ʼn


substans of enige ander mediese toestand nie.

Manie= Psigoties (Simptome van Manie: DIGFAST-Distractibility, Indiscretion,


Grandiosity, Flight of ideas, Activity increased, Sleep (decrease need for), Talkativeness
(pressured speech)

Hipomanie= word gekarakteriseer deur ʼn duidelike periode van aanhoudende


verhoogde, toenemende of geïrriteerde gemoed wat vir minstens 4 dae aan een
teenwoordig is. Dit is duidelik anders as ʼn persoon se gewone gemoed maar is nie so
ernstig soos manie nie. Persoon se oordeel, sosiale en werksverrigting word nie
belemmer nie.

Die tipiese prentjie van bipolêre versteurings kan as volg beskryf word:

-Kognitiewe simptome

 Onderskei tussen denk inhoud en denk proses.

Denk inhoud- Maniese pasiënte se denke sal temas insluit soos oordrewe
selfvertroue en persoonlike krag.

Denk proses- Onbeteuelde en versnelde vloei van idees is algemeen

 Vind dit baie moeilik om te konsentreer, omdat aandag baie maklik afgetrek kan
word.

- Somatiese simptome (Liggaam simptome)

 Verminderde behoefte aan slaap – sal soms dae gaan sonder om te slaap en
steeds voorkom (en ook noem) dat hulle energiek is uitgerus is.
- Gedrag simptome

 Een van die algemeenste simptome is ‘overactivity’. ʼn Persoon wat ʼn maniese


episode ervaar kom voor of hulle hope energie het.
 Oorbetrokkenheid in genotvolle, impulsiewe of roekelose aktiwiteite wat meestal
op negatiewe gevolge eindig.
 Plaas hulself of ander in gevaar (75% van maniese pasiënte kan gevaarlik of
aggressief raak en sommige pasiënte sal poog om hulself of ander dood te
maak.
 Verhoogde denk patrone- baie vinnige spraak en pasiënte sal baie praat
 Gedurende ʼn maniese episode sal pasiënte baie hard en vinnig praat wat dit
moeilik maak om te onderbreek.

- Emosionele simptome

 Die kenmerkende gemoed gedurende maniese episode is euforie (oordrewe


geluksgevoel).
 Persoon openbaar eindelose optimisme.
 Emosioneel onstabiel, hul euforie kan vinnig verander in geïrriteerdheid wat kan
lei na vyandigheid of aggressie. (Dit is as gevolg van lae toleransie vir frustrasie,
wat woede veroorsaak as hulle dink dat hul (meestal misleidend) doelwitte
blokkeer word.

“CYCLOTHYMIC DISORDER”

Minder ernstig as Bipolêr 1 of 2. Die kenmerkende eienskap van die versteuring is 'n
kroniese, fluktuerende/wisselende gemoed versteuring wat sigbaar is in simptome van
hipomanie (maar nie ʼn volle hipomaniese episode nie) en depressie (maar nie ʼn volle
major depressiewe episode nie).

AFDELING 2: DEPRESSIEWE VERSTEURINGS

Die gemeenskaplike kenmerk van die versteurings is die teenwoordigheid van hartseer,
leë of geïrriteerde gemoed.

DISRUPTIVE MOOD DYSREGULATION DISORDER (DMDD)

-Beperk tot kinders tussen die ouderdomme van 6-18


-Die kern eienskappe van die versteuring is kroniese, ernstige en aanhoudende
geïrriteerdheid wat openbaar kan word op twee maniere:

1) Gereelde humeur uitbarstings en

2) Aanhoudende geïrriteerde of ontstoke gemoed tussen uitbarstings

Diagnostiese Kriteria vir DMDD:

A. Herhalende humeur uitbarstings- Verbaal en/of gedrag (fisiese aggressie teenoor iets
of iemand) meestal uit proporsie t.o.v. intensiteit.

B. Die humeur uitbarsting is inkonsekwent met ontwikkelingsvlak

C. Uitbarsting gebeur, gemiddeld, drie of meer keer per week.

D. Gemoed tussen uitbarstings is aanhoudend geïrriteerd of kwaad amper heel dag,


byna elke dag en kan deur ander raakgesien word (ouers, onderwyses, vriende)

E. Kriteria A-D is teenwoordig vir 12 maande of meer

F. Kriteria A-D kom minstens by twee of meer verskillende areas (tuis/by die skool, by
vriende) en is ernstig by minstens een van die areas.

G. Die diagnose moet nie vir die eerste keer gemaak word voor die ouderdom van 6
jaar of na die ouderdom van 18 jaar nie.

H. By geskiedenis of waarneming, die ouderdom van aanvang t.o.v. kriteria A-D is voor
10 jarige ouderdom.

I. Daar was nog nie ʼn duidelike periode, wat langer as een dag geduur het, waartydens
die volledige simptome nie aan voldoen was nie.

J. Gedrag vind nie eksklusief plaas nie gedurende ʼn episode van major depressiewe
versteuring en word nie beter verduidelik deur ʼn ander geestesversteuring nie.

K. Die gemoedsversteuring is nie toeskryfbaar aan die fisiologiese effekte van ʼn


substans of enige ander mediese toestand of neurologiese kondisie nie.

- Die versteuring sit nie om na bipolere gemoedsversteuring later in ʼn kind se lewe nie.
– Daar is ook ʼn duidelike verskil in die genetiese merkers van kinders met DMDD en ʼn
Bipolêre versteuring.
- Kan gesamentlik met ander versteurings gediagnoseer word en dit is skaars om
kinders te kry wat alleenlik met die versteuring gediagnoseer is.

MAJOR DEPRESSIEWE VERSTEURING

- Ook bekend as kliniese depressie, dit moet nie met tydelike hartseer of ‘the blues’
verwar word nie. MDD is ʼn kliniese sindroom wat simptome van depressie (soos
gemoed) insluit, maar ook ʼn verskeidenheid van kognitiewe, fisiese (somatiese),
gedrag, emosionele en perseptuele sindrome insluit.

- Alle persone wat met depressie gediagnoseer word, openbaar nie noodwendig
dieselfde simptome nie, maar daar is kern kliniese kenmerke wat stabiel is rakende
kulture en tyd. – Die kern eienskappe is of depressiewe gemoed of verlies aan
belangstelling of genot in byna alle aktiwiteite.

-Kognitiewe simptome

 Het meestal ʼn negatiewe seining van hulself, die wêreld en die toekoms.
 Word meestal openbaar deur dat hulle dink hulle is waardeloos, onbelangrik en
onbekwaam. Kan gesien word as ʼn uiterse swak self-beeld.
 Die kognisie van persone met MDD kan nie beskryf word in ʼn lineêre wyse nie
maar eerder in ʼn sirkulêre wyse bv.

lae self-beeld

Versterk weer dan verhoog dan lae


lae self beeld gemoed

ontwikkel 'n
negatiewe siening
van die wereld
Hierdie sirkulêre benadering vang persone gewoonlik vas in ʼn situasie waar hulle voel
hulle nie van kan ontsnap nie, wat ʼn gevoel van hulpeloosheid by die persoon laat
ontstaan.

 Ander simptome sluit in blokering van denke, verswakte konsentrasie en


vergeetagtigheid.

- Somatiese simptome (Liggaam/Fisiese simptome)

 Simptome wat ontaard in fisiese probleme soos uitputting, lusteloosheid, pyne


(hoofpyn, rugpyn), verandering in aptyt, verandering in gewig, slaap patrone
(insomnia, verslaap of om baie vroeg in die oggende wakker te word), anhedonie
(verlies aan genot in lewe), verlies van libido (seksuele drange)
 Verlies aan energie, Ekstreme moegheid

- Gedrag simptome

 Die is tipies die waarneembare manifestasies van ʼn versteuring. Daar is twee


verskillende tipes gedrag wat af gaan hang van watter tipe depressie die persoon
mee gediagnoseer is:
 1- Psigomotoriese vertraging= krom postuur, min spontane beweging, swak oog
kontak, belemmerde koördinasie, stadige spraak, en sukkel met artikulasies.
 2- Psigomotoriese onrustigheid=Rusteloosheid
 Sosiale ontrekking

- Emosionele simptome

 Disforiese gemoed- Verlies aan belangstelling aan dinge wat voorheen vir die
persoon lekker was
 Hartseer, skuld gevoelens en gevoel van waardeloosheid.

- Perseptueel (Waarnemings)

 Hallusinasies kan teenwoordig wees in ernstige gevalle, maar is meer gerig op


gemoed.

AANHOUDENDE DEPRESSIEWE VERSTEUERING (DISTIMIE)

 Depressiewe gemoed wat meeste van die dae voorkom byna elke dag vir ʼn
periode van minstens twee jaar.
 Verandering in eet en slaap patrone
 lae energie vlakke en selfbeeld
 moeilik om te konsentreer en gevoel van hulpeloosheid.
 Dit is redelik algemeen vir MDD om die versteuring voor te gaan
 Persone met die versteuring is vatbaar vir versteurings soos angsversteurings en
substansmisbruik.

PREMENSTRUELE DISMORFIE VERSTEURING

 Manifesteer gewoontelik in gemoed veranderlikheid (onstabiele gemoed),


geïrriteerdheid, disforie (dysphoria) en angs simptome
 Kom herhaaldelik tydens die premenstruele siklus voor en “peak” gewoonlik by
die aanvangs van menstruasie en eindig kort daarna
 Ander simptome sluit in: verlaagde belangstelling in aktiwiteite, vind dit moeilik
om te konsentreer, verlies aan energie, toename in eet, verandering in slaap
patrone en klomp fisiese faktore.
 Die simptome het ʼn nadelige effek op werk en sosiale funksionering

KRUISKULTRUELE EN AFRIKA PERSPEKTIEWE

(Lees bl. 173-176)

ETIOLOGIE (OORSAAK) VAN GEMOEDSVERSTEURINGS

 Daar is geen enkele oorsaak vir enige van die gemoedsversteurings nie.
 Daar moet nog baie navorsing gedoen word oor die oorsaak van
gemoedsversteurings. Dit is soms moeilik om behandeling aan te beveel as
mens nie die oorsaak van die versteuring ten volle verstaan of weet nie.
 As mens wel na die bestaande literatuur kyk kan mens sien dan die versteuring
ʼn biopsigososiale een is. Wat beteken dat die model voorstel dat biologiese,
psigologiese en sosiale faktore speel alles ʼn rol in die oorsake van depressie.
 Die diatese (diathesis-stress) stres model spesifiseer dat depressie ontstaan as
ʼn bestaande kwesbaarheid of diatese word geaktiveer deur stres.

BIOLOGIESE FAKTORE

Genetika
Genetika speel ʼn belangrike rol in die ontwikkeling van gemoedsversteuring oor die
algemeen. Dit is wel nie die belangrikste oorsaak van depressiewe gedrag nie. Nog ʼn
siening is dat ʼn persoon die kwesbaarheid vir verandering oorerf in sekere neuro
transmitters, soos serotonien en dopamien, wat kan omskakel in ʼn gemoedsversteuring
as daar met moeilike lewens gebeurtenisse gekonfronteer word.

Breinstruktuur

o Daar kom verskille in die brein struktuur van ʼn persoon met depressie voor nl.
verhoogde volumes van die laterale ventrikels (dui op vergrote ‘cortical atrophy’in
die areas) en van die ‘adrenal gland’.
o Het ook verlaagde volumes van die ‘basal ganglia’, thalamus, hippocampus en
frontale lobbe- veral die ‘orbitofrontal cortex’ en ‘gyrus rectus’.
o Hyper intensive lesions- ‘late age of onset’=vaskulere depressie

Mediese siekte

 Kan ook voorkom as gevolg van die behandeling vir ʼn sekere fisiese siekte. Bv.
behandeling vir Kroniese Hepatitis C Virus (HCV)

Neurochemikaliee

 Neurotransmitters wat moontlik ʼn rol speel in depressie is:


noradrenalien/ norepinephrine
serotonien
dopamien
-Gamma Amino Butyric Acid (GABA)

Endokriene sisteem

- Depressie kan wees as gevolg van ʼn ooraktiewe ‘hypothalamic-pituitary-adrenal axis


(HPA axis).

- Versteuring van die endokriene sisteem kan ook ʼn moontlike oorsaak wees

- Kom meer onder vrouens voor weens die rol wat oestrogeen’ in depressie versteuring
speel.

STRES
-Fondasie in biologiese en psigososiale faktore. Mens se psige en liggaam funksioneer
saam as ʼn goed gebalanseerde sisteem

- een skakel wat psige en liggaam aanmekaar heg is stres, het nie net ʼn emosionele en
kognitiewe effek nie, maar bring ook fisiese en fisiologiese verandering na vore.

-Voorspelbaarheid van ʼn stressor

- Kleiner hippokampus,

PSIGOSOSIALE FAKTORE

 Die oorsaak van depressie is baie kompleks, maar kan meestal gevind word in
die interaksie tussen verskillende veranderlikes.
 Verskillende moeilike lewensgebeurtenisse kan uitloop op die ervaar van
verskillende simptome van depressie (Sien tabel 5.10 in handboek)
 Kan wees a.g.v. ʼn tekort aan sosiale ondersteuning (kan wees as gevolg van
depressie- dryf ander persone weg)
 Interpersoonlike en sosiale vaardighede- swak interpersoonlike probleem
oplossing, moeilikheid t.o.v. spraakpatrone, onvoldoende oogkontak, soek
heeltyd ‘reassurance’
 Armoede
 Moeilike lewens gebeurtenisse

Kindergeboorte

 Post-Partum depression (hartseer, ‘dysphoria’, emosionele onstabiliteit,


insomnia, verwardheid, angs, skuld gevoel, selfmoord denke, afhanklikheid.
 Kan wees weens biologiese faktore (vinnige veranderinge in hormoon vlakke en
die fisiese stres van geboorte) en psigologiese (bewustheid van die
verantwoordelikheid wat saam ouerskap kom).

Verlies en verwerping

 Verlies van ʼn geliefde a.g.v. dood of egskeiding.

Sosiale ondersteuning

o Verhoudings speel ʼn belangrike rol in die verligting van stres.


o Daar is 4 tipes sosiale ondersteuning nl.
- Emosionele kommer (omgee, empatie, liefde ens.)
- Instrumentele hulp (finansieel, verblyf, vervoer)
- Informasie (riglyne, advies en ander tipe informasie wat ons help om ʼn besluit
te neem en ʼn plan van aksie te formuleer.)
- ‘Appraisal’ (Terugvoer-)
o Die kombinasie van beheer en ondersteuning (Figuur 5.3 bl. 184-185 in
handboek)
- Hoe beheer, lae ondersteuning
- Hoe beheer, hoe ondersteuning
- Lae beheer, lae ondersteuning
- Onseker beheer, onseker ondersteuning

Persoonlikheid en temperament

- Neurotisisme, vermyding, afhanklikheid, ‘reactivity’ en impulsiwiteit.

-Persoonlikheid tipes: 5 tipe persoonlikhede wat volgens ʼn tipe persoonlikheid


geklassifiseer is:

* ‘Ill-humoured depressive’-Passiewe agressiewe persoonlikheid eienskappe

* ‘Voguish depressive’- Social disengagement

*’Self-derogating depressive- ‘Self-deriding, self-discrediting, sien hulself as


odious and dishonourable.

*’Morbid depressive’- Ervaar ‘dejection and gloom and often feel drained and
oppressed’

*’Restive depression’- Vermydende persoonlikheidsversteuring- ‘unsettled,


agitated and perturbed’.

Gedrag

-Gedrag word geleer

-Interne prosesse soos kognisie, persepsies, evaluasies en verwagtinge speel ʼn


belangriker rol in die oorsake van depressie as net die versterking of verlies aan
versterking van gedrag.
Kognisie

 ‘Faulthy' kognisie is een van die groot oorsake van depressie


 Interne of eksterne lokus van kontrole
 Theory of learned helplessness- 3 basiese kenmerkende strukture wat mens se
‘attributional style’ uitmaak:
1- Globaal vs. Spesifiek
2- Interne vs. Eksterne
3- Stabiel vs. Onstabiel
 Teorie van hulpeloosheid

GEINTEGREERDE MODEL

Lees bl.190-191 neem kennis van Figuur 5.4

GEVOLGTREKKING

Lees bl. 191-192

You might also like