Professional Documents
Culture Documents
Psychology
Psychology
Psychology
Die gebruik van substanse word gereeld gelys as ‘n simptoom onder ander versteurings (bv.
Antisosiale persoonlikheidsversteuring). Maar verslawing wat beduidende kliniese kommer
veroorsaak, val onder impulsbeheerversteurings (verslawings t.o.v. kos, die internet,
patologiese dobbel en seks). Hierdie versteurings bestaan uit ‘n kompulsiewe onvermoë om
impulse te beheer, of ernstige sukkel om impulse te beheer, ten spyte van die negatiewe
gevolge wanneer ‘n persoon op hierdie impulse reageer (dit kan ook lei tot geweld en
destruktiewe gedrag).
Die American Society of Addiction Medicine definieer verslawing as volg:
‘n Primêre, kroniese siekte van breinbeloning, -motivering, -geheue en verwante stroombane.
Disfunksie in hierdie stroombane lei tot biologiese, psigologiese, sosiale en spirituele
manifestasies (die individu strewe na patologiese beloning en/of verligting deur
middelmisbruik en ander gedrag).
Verslawing word gekarakteriseer deur die onvermoë om voortdurend gedragsbeheer in te
perk, drange te weerhou en verminderde herkenning van probleme met gedrag en
interpersoonlike verhoudings en‘n disfunksionele emosionele respons. Verslawing gaan
gewoonlik gepaard met siklusse van terugslag en remissie. Sonder behandeling in aktiwiteite
vir herstel, is verslawing progressief en kan lei tot gebrek of premature dood.
Teorieë van verslawing
1. Die morele teorie: Sommige mense het ‘n gebrekkige vermoë om persoonlike
verantwoordelikheid te neem vir hul lewens en/of ‘n tekort aan spirituele krag om
gebeurtenisse in hul lewens te hanteer.
-Baie spiritueel gebaseerde programme (bv. Alcoholics Anonymous) maak staat op
hierdie teorie.
-‘n Spirituele gids of religieuse leier help ‘n persoon om weer op die regte morele pad
te kom
-Die regtelike sisteem neem ‘n soortelyke posisie (middelmisbruik/gebruik is nie ‘n
regmatige verdediging vir misdaad nie en individue word aanspreeklik gehou)
Tipes verslawing
1. Substans-geïnduseerde versteurings
Etiologie
Biologiese faktore
Speel ‘n rol in beide middelafhanklikheid en middelmisbruik en beïnvloed 40% tot 60% van
‘n persoon se predisposisie tot verslawing. Verslawings kan poligenies wees
(bepaal/beinvloed deur meervoudige gene), wat die moontlikheid van oorerwing van
verslawing verhoog. ‘n Persoon se risiko vir verslawing word bemiddel deur die graad van
die verhouding met verslaafde familielid (As ‘n onmiddellike familielid ‘n verslawing het, is
daar ‘n groot moontlikheid dat die persoon se kinders ook ‘n verslawing sal hê). Mense met
‘n predisposisie vir ‘n mentale versteuring het ‘n hoër risiko van middel gebruik of
verslawing. Die interaksie tussen biologiese, sosiale en omgewingsfaktore, sal bepaal tot
watter mate genetiese faktore ‘n persoon se lewe sal affekteer. Veerkrag en kulturele faktore
speel ‘n rol in hoe verslawing manifesteer in mense met genetiese vatbaarheid. Omgewing
en genetiese veranderlikes kombineer om die oorspronklike gebruik van ‘n verslawingsagent
en die oorgand van gebruik na verslawing te bepaal.
Brein strukture
Breinstrukture wat deur verslawing beïnvloed word, is die wat met beloning geassosieer
word. Hierdie strukture is deel van die motiveringshiërargie en word gemodifiseer deur
verslawing. Oorstimulasie van die areas, produseer euforiese resultate (wat voortdurend
verlang word deur mense wat middels gebruik-gedrag word dus herhaal). Stres verhoog die
begeerte vir dwelms en hormone speel ‘n rol (sommige vroue het ‘n drang na nikotien tydens
menstruele siklus). Neuro-oordrag en interkonneksie tussen die hippokampus en kortikale
sisteme (brein beloning strukture) word deur verslawing geaffekteer. ‘n Vorige ervaring van
beloning, sal drange vir hierdie middels veroorsaak en dus deelname aan verslawing gedrag.
Langtermyn gebruik van middels versteur die manier hoe belangrike breinstrukture
saamwerk, om gedrag wat verwant is aan middelgebruik, te beïnvloed (kan tot toleransie lei).
Breinveranderinge kan tot verslawing, of die behoefte om middels kompulsief te gebruik, lei.
Veranderde impulsbeheer, ingeperkte oordeel en die patologiese soeke na beloning is die
resultaat van disfunksie van geheue, motivering en beloningfunksies van witstofkonneksies
tussen die frontale korteks en beloningstrome.
Neuro-oordragstowwe
Belonings wat deur middels geproduseer word is gewoonlik meer plesierig as die wat
natuurlik geproduseer word. Tydens gebruik van sommige middels kan twee tot tien keer
meer dopamien as normaalweg afgeskei word (as ‘n natuurlike beloning). Indien middel
ingeneem word deur te rook of deur ‘n inspuiting, het dit ‘n onmiddellike effek wat vir lang
periodes uitgerek kan word. Die brein onthou die plesier en stuur die persoon om dieselfde
plesier oor en oor te ervaar. Die chemiese samestelling van sommige middels, het ‘n noue
verwant met neuro-oordragstowwe wat in die brein gevind word. Die verwantskap mislei
reseptore en laat aanhegting tot en aktivering van senuwee selle toe. Afwykende boodskappe
word via die neurale netwerk gestuur. Normale kommunikasie paaie kan gevolglik versteur
word.
Dopamien
Dopamien is ‘n neuro-oordragstof wat in areas van die brein betrokke by beweging, emosie,
kognisie, motivering en gevoelens van plesier gevind word. Die brein reguleer
dopamienvlakke, deur natuurlike produksie te verminder of die hoeveelheid reseptore
betrokke by die oordrag van die inligting af te skakel. ‘n Aantal fisiese gevolge kan ervaar
word wanneer middels voortdurend en langdurig gebruik word. Dieselfde prosesse is
betrokke as by die produsering van toleransie tot middels, wat kan lei tot strukturele
veranderinge en uiteindelik breinfunksie veranderinge (skade kan permanent wees).
Middelgebruik produseer oorweldigende gevoelens van plesier en welsyn, maar die as die
euforie verdwyn volg negatiewe effekte (varieer van middel tot middel). Die oorspronklike
gevoel wat geskep word, word geakkommodeer deur gevoelens van krag, verhoogte
selfvertroue en verbeterde energievlakke. Sekere middels kan ook mense minder angstig en
meer in staat laat voel in omstandighede wat hul as moeilik ervaar. Mense wat skaam en
angstig in sosiale situasies voel, kan ook middels gebruik om braafheid te gee en sosiale angs
te verminder. Stres kan as ‘n sleutelfaktor beskou word, wat tot middelgebruik lei, dit
onderhou en terugval veroorsaak in mense wat probeer rehabiliteer. Mense met stres en
verwante versteurings en depressie lyers, mag middels gebruik om algemene gevoelens, van
nie in staat wees om te cope nie, verminder. Dit word ook gebruik om prestasie/optrede in
werk, sosiale, seksuele of sport sfere te verbeter. Nuuskierigheid en groepsdruk kan lei tot
middelmisbruik en word gedryf deur mense se eie behoeftes om in te pas by sosiale groepe.
Baie mense eksperimenteer ook om te sien watter effek middels op hulle sal hê.
Wanneer middelgebruik die hooffokus van ‘n persoon se lewe word, verminder dit die
persoon se kapasiteit om begeertes en self te beheer. Daar vind fisiese veranderinge in die
breine van mense wat middels gebruik plaas, wat hul vermoë om te oordeel of besluite te
neem, die vermoë om te leer en onthou en die vermoë om gedrag te beheer beïnvloed.
Nie alle middelgebruik (selfs voortdurende gebruik), kan as patologies of klinies beduidend
gediagnoseer word nie. Hierdie mense wys min/geen waarneembare verandering in hul
vlakke van funksionering nie en langtermyn gesondheidskade word eers klinies beduidend
wanner fisiese gevolge voorkom. Sosiale- en omgewingsfaktore het ‘n groot invloed op die
moontlikheid van middelgebruik. Onvoldoende ouerlike toesig, vroeë aggressiewe gedrag en
swak sosiale vaardighede kan ‘n persoon predisponeer vir toekomstige probleme met
middelgebruik.