Afrikaans Opstel

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 2

Zen Rusch

Taak 2
Die seun se lig.

1.3 Die sneeu val saggies op die seun se lyf. Dis pikswart en die wolke
absorbeer al die lig van die maan en sterre. Die seun sien slegs die lig van
eensame kers wat brand.

Sy kniee pyn en sy hande bewe van die koue. Sy voete sink in die diep wit
sneeu. Die kers moet asseblief nie nou uitblaas. Hy hou sy hand voor die
vlam sodat die wind dit nie kan blus.

Hy hou aan, maar die sneeu val op sy lyf harder as te vore. In die afstand
sien hy n klein vlek van oranje lig so klein soos die kop van n speld. Dit is
ver, doodver. Hy voel asof hy dit nie gaan maak nie, maar hy weet hy moet
probeer. Met pyn in sy liggaam en ys in sy hare stoot hy aan.

Voor hom is n groot denneboom woud. Die bome is groot en dik met lang
takke wat soos torings uitsteek en met sneeu bedekte blare. Die takke
voorsien n bietjie dekking van die sneeu, maar dit is nog steeds onmoontlik
om te sien. Sy arms rek voor hom uit soos hy die pad deur die woud
probeer voel. Hy hoor die takke voor hom skud. Hy kyk op. In die takke van
die boom sit n sneeu wit uil. Die uil hoot sag. Dit kyk na die seun, hulle oe
ontmoet. Dit voel asof die uil se groot oe diep in die seun se siel in kyk.
Skielik vlieg die uil weg.Die sneeu stop.

Hy kan die lig sien. Dit is nie ver nie. Sy huis is amper voor hom. Hy
hardloop so vinnig soos die wind.Met yskoue hande en gevriesde vingers
sukkel hy om die deur van die klein huisie oop te maak. Die seun is
uitgeput en kan nie eers by sy kamer uitkom so moeg is hy. Hy val op die
vloer, en voel die slaap sy hele lyf oorvat.

Hy is tuis.

You might also like