Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 4

GLOSSARY

Glossarium
Learning unit 1/Leereenheid 1/Yuniti ya Thuto ya 1/Iyunithi yesifundo-1
● Handelsmerk
'n Naam, term, ontwerp, simbool, of enige ander eienskap wat een verkoper se produk of
diens identifiseer as verskillend van dié van ander verkopers
● Handelsmerknaam
Daardie deel van 'n handelsmerk wat uitgespreek kan word, en wat letters, woorde en
nommers insluit
● Handelsmerkteken
Verwys na daardie deel van 'n handelsmerk wat herken word en nie uitgespreek word nie
● Handelsnaam
Verwys na die wettige naam van 'n organisasie
● Geregistreerde handelsmerk
Die naam, logo of simbool van 'n handelsmerk wat geregistreer en beskerm word vir die
eienaar van die organisasie se eie gebruik

Learning unit 2/Leereenheid 2/Yuniti ya Thuto ya 2/Iyunithi yokufunda yesi-2


● Familiehandelsmerk
Om een handelsmerknaam aan ’n hele produkreeks of produkmengsel toe te ken
● Individuele handelsmerke
Verwys na die toekenning van verskillende handelsmerkname aan elke produk in 'n
produkreeks
● Kombinasiehandelsmerk
Wanneer die organisasie die familiehandelsmerkgewing in al sy produkreekse en -mengsels
insluit, maar die produkte toelaat om 'n mate van kenmerkendheid te behou om kliënte in
staat te stel om die produk of diens te identifiseer en te onderskei
● Handelsmerkpotensiaal
Die moontlike toekomstige sukses van 'n bepaalde produkhandelsmerk in 'n bepaalde mark
● Openbare betrekkinge
Word omskryf as die strategiese verhouding met die publiek om sodoende 'n gunstige
openbare beeld of reputasie tussen die organisasie en die publiek te bou of te handhaaf
● Handelsmerkvisie
'n Geartikuleerde beskrywing van die aspirerende beeld van die handelsmerk – met ander
woorde, wat jy wil hê relevante gehore moet van die handelsmerk dink
● Privaat handelsmerke
Privaat handelsmerke, ook bekend as winkelhandelsmerke, huishandelsmerke of
handelaarshandelsmerke, word besit en gebruik deur die groothandelaar of kleinhandelaar
● Generiese handelsmerk
Produkte wat nie handelsmerke het nie, dit wil sê, hulle het nie handelsname nie, en wat
geïdentifiseer word deur die produkkategorie waaraan hulle behoort
● Korporatiewe handelsmerk
Verwys na die handelsmerkgewing van 'n korporatiewe entiteit om die organisasie van sy
mededingers te identifiseer en te onderskei
● Digitale handelsmerke
Die handelsmerkgewing van organisasies wat op die internet voorkom
● Globale handelsmerke
Enige handelsmerk wat oor die wêreld bekend is, of verkoop of vervaardig word

Learning unit 3/Leereenheid 3/Yuniti ya Thuto ya 3/Iyunithi yesifundo yesi-3


● Handelsmerkelemente
Handelsmerkelemente, soms handelsmerkidentiteite genoem, word beskou as daardie

Open Rubric
Glossary
handelsmerkbare toestelle wat gebruik kan word om ’n handelsmerk van ander
handelsmerke te onderskei
● Handelsmerkekwiteit
Die waarde van 'n handelsmerk wat afgelei word van die erkenning van die handelsmerk
mettertyd
● Logo/simbool
Kan omskryf word as 'n kenmerkende grafiese ontwerp of unieke simbool wat gebruik word
om 'n organisasie te identifiseer
● Slagspreuk
'n Kort frase wat beskrywende inligting oor die handelsmerk kommunikeer
● Karakter
'n Handelsmerkelement wat menslike eienskappe aanneem en wat gewoonlik 'n
denkbeeldige, geïllustreerde of geanimeerde karakter of ’n werklike persoon is wat die
handelsmerk verteenwoordig
● Woordvoerder/handelsmerkverteenwoordiger
'n Woordvoerder of handelsmerkverteenwoordiger verwys na 'n bekende en gerespekteerde
individu ('n glanspersoonlikheid of lid van die gemeenskap) wat 'n gereelde voorstaander vir
'n handelsmerk is en wat met die handelsmerk geassosieer word
● Klingels
Musikale boodskappe wat om die handelsmerk geskryf word

Learning unit 4/Leereenheid 4/Yuniti ya Thuto ya 4/Iyunithi yesifundo yesi-4


● Verpakking
Die materiale wat gebruik word om 'n produk te verpak
● Individuele verpakking
Behels om elke produk anders as ander produkte te verpak
● Familieverpakking
Produkte wat familieverpakkingsontwerpe inkorporeer, word gewoonlik op dieselfde wyse
verpak en van handelsmerke voorsien om ’n konsekwente beeld en belofte aan die
verbruiker te lewer
● Spesialiteitsverpakking
Spesifieke verpakking wat vir 'n promosie of tydens 'n spesifiek tydperk gebruik word
● Herbruikbare verpakking
Verskaf 'n uitgebreide voordeel aan die verbruiker, aangesien die verbruiker die verpakking
kan behou en vir 'n ander doel kan aanwend
● Veelvoudige verpakking
Sluit die bondeling van produkte in een verpakte stel in
● Kaleidoskopiese verpakking
Fokus daarop om vraag na die produk te stimuleer deur die verpakking gereeld te verander
en die verpakking versamelbaar te maak

Learning unit 5/Leereenheid 5/Yuniti ya Thuto ya 5/Iyunithi yesifundo yesi-5


● Posisionering
Kan omskryf word as die wyse waarop 'n produk in die verbruiker se gedagtes
geposisioneer word; handelsmerkposisionering is die ruimte wat jy wil hê jou handelsmerk
in die verbruiker se gedagtes moet inneem
● Teikenmark
Kan omskryf word as 'n spesifieke groep mense wat geïdentifiseer word deur 'n
maatskappy wat probeer om sy produkte en dienste aan die groep te verkoop
● Herposisionering
Herposisionering kan omskryf word as 'n maatskappy wat sy strategie, rigting en
kommunikasie vir sy teikenmark verander om sodoende die verbruiker se persepsie van die
handelsmerk te verander
GLOSSARY
Learning unit 6/Leereenheid 6/Yuniti ya Thuto ya 6/Iyunithi yesifundo yesi-6
● Sekondêre handelsmerkkennis
Wanneer handelsmerke 'n verbruiker se positiewe handelsmerkassosiasie gebruik om 'n
uitbreiding van die handelsmerk aan te dryf
● Hefboming
Die vermoë om 'n mededingingsvoorsprong te behaal deur die gebruik van 'n bestaande
handelsmerk om die toetrede van 'n nuwe handelsmerk of produk te ondersteun
● Borgskap
Handelsmerke word vennote van ander geagte handelsmerke om hulle gehore te benut of
om positiewe assosiasies met hulle handelsmerke te bou
● Lisensiëring
Verwys na 'n kontraktuele ooreenkoms tussen die lisensiegewer en die lisensienemer,
waarvolgens laasgenoemde vir ’n bepaalde fooi die gebruiksreg van byvoorbeeld ontwerpe
en kunswerk kry
● Nuwe handelsmerkgewing
Die proses waardeur 'n handelsmerk sy logo, naam, ontwerp of slagspreuk verander om dit
sodoende meer aantreklik vir bestaande en nuwe verbruikers te maak
● Medehandelsmerkgewing
Die alliansie tussen twee maatskappye om 'n produk of diens onder albei hulle
handelsname te produseer of te bemark

Learning unit 7/Leereenheid 7/Yuniti ya Thuto ya 7/Iyunithi yesifundo ye-7


● Handelsmerkuitbreiding
Kan omskryf word as die gebruik van 'n bestaande handelsnaam om 'n produkreeks uit te
brei deur variasies van die produk by te voeg of deur 'n nuwe produk in dieselfde of ’n
verskillende produkkategorie bekend te stel
● Reeksuitbreiding
Kan omskryf word as die uitbreiding van 'n bestaande produkreeks of om 'n ander variasie
van 'n bestaande produkreeks onder dieselfde handelsnaam by te voeg
● Kategorie-uitbreiding
Kan omskryf word as die hoofhandelsmerk wat gevestig en bekend is en wat gebruik word
om 'n splinternuwe produkkategorie te betree

Learning unit 8/Leereenheid 8/Yuniti ya Thuto ya 8/Iyunithi yesifundo ye-8


● Handelsmerkmetriek
Metrieke kan omskryf word as meetstandaarde wat gebruik word om die prestasie,
vordering of gehalte in hetsy kwalitatiewe óf kwantitatiewe terme te assesseer
● Markaandeel
Verwys na die persentasie van die totale verkoopsvolume in die mark wat 'n handelsmerk
tydens 'n spesifieke tydperk verdien het
● Markgrootte
Die markaandeelmetriek bereken die aantal potensiële verkope of individue wat die produkte
van die handelsmerk mag koop; die totale verkoopsvolume of volume mense in 'n gegewe
mark oor 'n tydperk
● Handelsmerkvisie
'n Hoë aspirasie of stelling oor waar die bestuurders wil hê dat die handelsmerk oor die
lang termyn moet eindig
● Opbrengs op belegging
Word gebruik om die doeltreffendheid van 'n belegging relatief tot die koste daarvan te meet
● Handelsmerkdoelwitte
Verwys na wat die handelsmerk binne 'n gegewe tydperk wil bereik
● Handelsmerkbewustheid
Die mate waarin 'n kliënt bewus is van en 'n handelsmerk erken
● Handelsmerkekwiteit
Kan omskryf word as die kwalitatiewe maatstaf van die positiewe erkenning van 'n
Glossary
handelsmerk in die verbruiker se gedagtes, met ander woorde, die sienings wat die verbruiker
oor 'n handelsmerk het
● Handelsmerkwaarde
Die finansiële en ekonomiese waarde van die handelsmerk
● Afnamekoers
Die afnamekoers of kliëntoorloopkoers verwys na die bestaande kliënte van die
handelsmerk wat ophou om 'n bepaalde handelsmerk te koop en kies om vir 'n spesifieke
tydperk 'n ander handelsmerk te koop
● Handelsmerkherkenning
Die vermoë van verbruikers om 'n handelsmerk deur sy logo, slagspreuke, handelsname,
produkte en eienskappe asook ander handelsmerkattribute te herroep of te herken
● Verbruikerstevredenheid
Meet hoe tevrede 'n kliënt is en hoe goed 'n organisasie aan die kliënt se behoeftes voldoen
● Handelsmerkherroeping
Die mate waarin 'n handelsmerk met 'n produkklas of soort deur die kliënt herroep word
● Handelsmerkessensie
'n Frase wat die fundamentele aard van die handelsmerk uitbeeld; die wese van die
handelsmerk; konsekwent oor produkkategorieë
● Handelsmerkbeeld
Die oorkoepelende indruk wat die verbruiker van die handelsmerk het wat gevorm word uit
verskillende bronne, soos byvoorbeeld ervaring, mondelinge aanbeveling of resensies

You might also like