Aktiwiteit 6 Nokke

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 2

NOKKE (in Engels: Cam)

Nokke verander een tipe beweging in ’n ander. Daar is twee tipes: liniêr en draaiend.
Draainokke is baie algemeen in masjiene en word gebruik om ’n draaibeweging in heen-en-
weerbeweging te verander. Nokke het verskillende vorms en is aan ’n roterende as vas. Die
vorm, grootte en posisie van die as in die nok sal die afstand en beweging van die
leweringsas bepaal wat aan die gedrewe katrol vas is. ’n Gedrewe katrol volg die nok wat die
verlangde lewering gee.

Draai- of sirkelvormige nokke

Hierdie nokke verander ’n draaibeweging in heen-en-weerbeweging. Dit is gewoonlik van


metaal of plastiek gemaak en op ’n as gemonteer. ’n Veer of die gewig van die gedrewe
katroll hou dit op die nok. Draainokke is hoofsaaklik sirkelvormig en kan van hart- tot
peervormig wees.
Lineêre nokke

Hierdie nokke verander die rigting van die heen-en-weerbeweging. Die nok kan enige profiel
hê en beweeg heen en weer terwyl die gedrewe katrol die profiel volg. Met hierdie nokke het
die gedrewe katrol gewoonlik ’n klein wieletjie om die beweging glad te maak.

Aktiwiteit 6

Teken drie verskillende vorms van nokke. Beskryf die beweging wat elke nok sal lewer.

You might also like