M Latti, S Gouws - Afrikaans Sonder Grense Eerste Addisionele Taal Graad 9 Leerderboek-Maskew Miller (2013)

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 303

KABV

AFRIKAANS

AFRIKAANS SONDER GRENSE


Afrikaans sonder grense is ’n volledige taalreeks vir Afrikaans as
Eerste Addisionele Taal. Dié taalreeks strek van Graad 1 tot Graad 12
en voldoen aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en
Assesseringsbeleidsverklaring (KABV).
Dié gebruikersvriendelike reeks bied onderwysers en leerders
prikkelende, leerdergerigte stof wat deurgaans vaardighede oefen. SONDER GRENSE
Die kursus bestaan uit:
• ’n Leerderboek wat op die vier vaardighede fokus en treffende
visuele materiaal insluit 9 Eerste Addisionele Taal
• ’n Leesboek met letterkunde-aktiwiteite wat al die voorgeskrewe
genres insluit
• ’n Onderwysersgids met volledige antwoorde.
Om gebruik in die klaskamer te vergemaklik, is lesreekse

Graad 9
gestruktureer om elke taalvaardigheid volgens die tydstoekenning per
tweeweeksiklus in die KABV te onderrig. Take vir formele assessering,
asook voorbeeld-eksamenvraestelle, word ingesluit.
Leerders se taalvaardighede soos Luister en praat, Lees en kyk: Begrip
en Letterkunde, Skryf en aanbied, asook geïntegreerde Taalstrukture

Eerste Addisionele Taal


en -konvensies word doeltreffend ontwikkel sodat die leerders in die
multikulturele opset in die land ook in Afrikaans kan kommunikeer.

Leerderboek
Mari Lätti en Sonia Gouws

www.mml.co.za

M. Lätti • S. Gouws • R. Gouws • I. Grobler


K. Grobbelaar • C. le Roux • M. Peacock • M. Struwig

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_cvr.indd 1-3 2013/05/28 10:18 AM


1 Eksieperfeksie
In hierdie lesreeks gaan jy:
Luister en praat • ’n groepbespreking oor boeke se titels, buiteblaaie,
flaptekste en illustrasies hou
• ’n voorbereide gesprek voer
• na ’n leesstuk luister en dit bespreek
Lees en kyk: • ’n advertensie vluglees
Begrip • aandagtig lees om inhoud van boeke te bepaal deur
buiteblaaie van boeke en flaptekste deeglik te bekyk
Letterkunde • die eerste hoofstuk van ’n jeugroman aandagtig
lees, bespreek en literêre vrae daaroor beantwoord
• op die visuele impak van illustrasies let
• Leesboek bl. 89: “Eksieperfeksie” (gedig)
Skryf en aanbied • vrae oor die jeugroman beantwoord
• vrae oor die luisterteks beantwoord
• vrae oor ’n advertensie beantwoord
• ’n advertensie skryf en aanbied
Taalstrukture en • klem op woordeskat plaas en nuwe woorde aanleer
-konvensies • ’n woordeboek gebruik
• afkortings in ’n teks gebruik
• sinonieme en antonieme hersien
• idiome leer
• die byvoeglike naamwoord, ook die intensiewe
vorm, gebruik
• die meervoude en verkleinwoorde van die
selfstandige naamwoord korrek skryf
• op spelling let en spelling verbeter
• die teenwoordige, verlede en toekomende tyd in
sinne skryf
• woordvaardighede aanleer deur afleidings te maak
• voornaamwoorde sinvol in ’n sin gebruik

1. Eksieperfeksie 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 1 2013/08/21 9:15 AM


Luister en praat

Luister en praat: Boeke se buiteblaaie


en flaptekste as advertensie
Verdeel in groepe en bespreek die boeke se buiteblaaie.
Watter een sal jy vir jou kies om te lees
as jy net na die buiteblaaie kyk? Hoekom?

Jy moenie iemand op sy
baadjie (jacket) takseer nie
(judge a book by its cover).

Kyk na die buiteblaaie (covers) van boeke en voorspel waaroor jy dink


die boeke handel.
1.
3.

2.

5.
4.

2 Kwartaal 1 Week 1 en 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 2 2013/08/21 9:15 AM


Luister en praat

Luister en praat: Groepbespreking


• Hou jou lyf speurder (detective) en pas die buiteblaaie (die titels en
illustrasies) by die flaptekste (blurbs).
• Werk in groepe van drie saam om al die inligting (information)
bymekaar te kry.
• Praat oor die skrifgrootte en lettertipes van die titels.
• Lees die flaptekste hardop aan mekaar voor.
• Bespreek watter soort jeugboek elkeen is. Is dit ’n speurverhaal
(detective story), ’n riller (thriller), ’n tjieklit (chicklit), ’n
spanningsverhaal (mystery) of ’n jeugroman?
• Bespreek waarom alle tieners nie graag boeke lees nie. Watter
oplossings (solutions) is daar vir hierdie probleem?
a) b)
Natasja
is perfek Sonde
besef Ja
k die oo
. Dit waarsk r
toe sy b
y die kla
m blik bevind uwing
s se hierdie
deur ins tieners vyf
tap. Ma uit die
is net ’n ar hy rekena
doodge arare
ou. Hoe
kan hy d
wone in die o a hulle
mooiste ie geheim udste
meisie in c) e van A
skool se die Modjad frik
aandag ji met h a:
trek? geheim aar
Maar iets is verkeerd e krag.
met die speletjie. ’n
Geheimsinnige
skerpioen verskyn op
die rekenaarskerm
en Hannes glo die
speletjie is ’n
gevaarlike
rekenaarvirus. e)
d)
l oor
k i e is ma en Om D
Fran nkry i
aantr van Louw
tspla der
skaa . Sy won noem
eklik
te
flieks n, die ,
kuns ila u. te sê is soos o
oor M ige stil o M m
im s i n n
r die Evere ount
gehe d er oo at st is h
w o n tw Anta oog o
En sy papier-ro - rk
t i er maa tika is ko f
graffi haar kam . r u
die h dit vertel n d,
n st is ele s
tee
t e r gepo torie ie
ven s nie.

1. Eksieperfeksie 3

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 3 2013/08/21 9:15 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Jeugverhaal: Perfek


Pre-lees
• Lees hoofstuk 1 van Perfek deur Jaco Jacobs aandagtig deur. (Lees dié
interaktiewe boek verder tuis, as jy kan.) Die prentjies daarby maak
die lees nog interessanter, anders en cool.
• Wat voorspel die titel en die buiteblad van die boek?
• Kyk goed na die buiteblad en hou dit in gedagte as jy Perfek se eerste
hoofstuk lees. Praat met ’n maat daaroor.

W buitengewoon: extraordinary; uitstekend, iets wat anders is


gewildste: most popular; populêrste, almal hou van die persoon
liedjies: songs; gedigte wat gesing word
musikant: musician; die persoon wat musiek maak
verbeelding: imagination; fantasie, om iets voor te stel wat jy nie kan sien
nie
vervelige: boring; dit maak jou moeg, langdradig
verstrooid: absent-minded; deurmekaar, jou gedagtes is afwesig

Tydens lees
Lees die teks aandagtig deur en let op die beskrywings van Jak en
Natasja en hoe hulle verskil (differ). Kyk hoe prente gebruik word om
die storie te illustreer.

Ontmoet vir Jak. Sal jy van hom hou? Besluit self. Maar die meeste mense
hou van hom. Nie soveel dat hy die gewildste ou in die skool is nie. Maar
darem.
Jak is ’n doodgewone ou.
Vyftien jaar oud. Donker hare,
blou oë. Hy hou van musiek en
strokiesprente. Hy kan kitaar
speel. Hy is ietwat verstrooid. Hy
haat dit as mense vra wat hy
eendag wil word. Hy is te skaam
om te sê hy wil ’n musikant word.
En sy eie liedjies skryf.
Hier is ’n prent van Jak se hart.
Oukei, oukei, dis nie hoe ’n 
regtig lyk nie.

4 Kwartaal 1 Week 1 en 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 4 2013/08/21 9:15 AM


Lees en kyk

Gebruik jou verbeelding!


Jak se hart het tot dusver ’n vervelige dag ... (Soos enige ander skooldag.)
Jak se hart weet nog nie ... maar iets buitengewoons gaan gebeur ... Iets
wat sy hele dag gaan verander. Wanneer? In die middel van die Afrikaanse
periode ...
Daar is ’n klop aan die deur.
Wat is so buitengewoon daaraan? Wag en kyk ...!
“Binne!” roep juffrou Samuels.
Meneer Brink, die skoolhoof, kom
binne.
“Jammer om te pla, juffrou
Samuels. Ons het ’n nuwe leerder in
graad 10. Ek wil haar aan die klas
voorstel. Klas, dis Natasja Vermaak.”
Almal staar na die nuwe meisie.
Stomgeslaan. Jy kan elke deel van
Natasja gebruik om iets te adverteer.
● Blonde hare wat blink.
(’n sjampoe-advertensie)
● ’n Skitterwit glimlag (Colgate!)
● Helderblou oë (’n swembad-
advertensie?)
En haar lang, lang bene ... Wel, as jy sykouse wil adverteer ...
Natasja Vermaak is perfek.
Natasja se oë gly oor die klas.
Dan kyk sy vir Jak. En glimlag.
Dit voel vir Jak of tyd gaan stilstaan.
Sy keel trek toe. Sy oë wil nie knip nie. En sy hart?
Jak het sy hart verloor.
(Uit: Perfek deur Jaco Jacobs, LAPA Uitgewers, 2009)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy hoofstuk 1 uit Perfek?


1. a) Soek die vier woorde in die blok wat sinonieme van EKSIE-
PERFEKSIE is en Natasja goed beskryf.
b) Watter een van die woorde, sou jy sê, pas haar die beste?

A E E R S T E K L A S
A G T E R M E K A A R
F G P E R F E K H K I
O S Q R V O L M A A K

1. Eksieperfeksie 5

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 5 2013/08/21 9:15 AM


Lees en kyk

2. Is die hoofkarakter, Jak, die populêrste seun in die skool? Bewys jou
antwoord.
3. Met watter twee woorde uit die leesstuk sou jy Jak beskryf?
4. Wat droom Jak graag oor sy toekoms?
5. Met wie, dink jy, praat die verteller as hy sê: “Oukei, oukei ...”?
6. Wat sê die verteller alles oor Jak se hart?
7. Kies die regte antwoord: Jak se hart kry menslike eienskappe en dit
word (personifikasie/’n vergelyking/’n metafoor) genoem.
8. a) Watter EEN woord beskryf die reaksie van die hele klas toe hulle
vir Natasja sien?
b) Hoekom voel die klas só?
9. Beskryf die karakter, Natasja, in ongeveer twee sinne.
10. Let op die verskil tussen Jak en Natasja. Jak word as “doodgewoon”
beskryf, maar Natasja as ___.
11. Op watter twee maniere affekteer Natasja vir Jak?
12. Kies die regte antwoord.
Wat beteken die sin “Jak het sy hart verloor”?
a) Sy hart het heeltemal weggeraak.
b) Sy hart het uit sy liggaam geval.
c) Jak is dolverlief op Natasja.
13. Wat, dink jy, gaan in die res van die jeugroman gebeur? Vertel ’n
maat.
14. Waarom, sou jy sê, help die prente om die storie interessanter te
maak?
Post-lees (vervolg): Hoe goed verstaan jy die woordeskat?
Gebruik die woordeskatlys. Gee sinonieme of een woord vir die
woorde tussen hakies.
Jak is miskien nie die a) (populêrste) seun in die skool nie, maar die
meeste mense hou van hom. Hy is so ’n bietjie b) (deurmekaar) en
weet nie altyd wat om hom aangaan nie. Hy wil graag ’n c) (iemand
wat musiek maak) word en sy eie d) (gedigte wat gesing kan word)
skryf.

6 Kwartaal 1 Week 1 en 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 6 2013/08/21 9:15 AM


Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Leestekens, byvoeglike


naamwoorde, afkortings, die teenwoordige tyd
1. Vul die leestekens in.
a) Jak vra Wie is die mooi meisie
b) Sjoe sy is sowaar eksieperfeksie fluister Julia Jak se beste vriendin
2. Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies (byvoeglike
naamwoord).
a) Dit is die (nuut) meisie.
b) Dit was ’n (vervelig) week, maar ’n (buitengewoon) dag.
3. Gee die intensiewe vorm van die woord tussen hakies.
a) Hy is ’n (gewone) seun. b) Sy is die (nuut) meisie.
4. Gee die afkorting van die woord tussen hakies.
a) Ek kan (Afrikaans) en (Engels) praat.
b) (Meneer) Brink stel die nuwe meisie voor.
c) (Mejuffrou) Nel is die Afrikaansonderwyser.
5. Skryf die sinne in die teenwoordige tyd.
a) Ons het ’n nuwe leerder in graad 10 gehad.
b) Jak was dolverlief op Natasja.
Luister en praat
Luister en praat: Voorbereide
gesprekvoering Formele assessering

Beplanning, navorsing en organisering


Jy en maats gaan in groepe hierdie gesprek (conversation) van 15–20
minute voer vir jou eerste assesseringspunt vanjaar. Dit gaan 10 punte tel.
• Kies een van die volgende onderwerpe vir julle gesprek:
– Tiener-wees is die perfekte tydperk in ons lewens. OF
– Dis sommer ’n storie dat tiener-wees perfek is, want dis moeilik.
• Organiseer julle idees logies en skryf julle gesprek op kaartjies neer.
Voorbereiding en aanbieding
• Oefen eers om julle gesprek aan die klas aan te bied as daar tyd is.
• Wees opreg: As jy glo wat jy sê, sal jou gehoor jou glo!
Wenke (Hints) vir die gesprek
• Die belangrikste is dat jy en jou maats na mekaar moet luister.
• Deel julle idees oor tiener-wees met mekaar.
• Maak beurte om te praat en reageer op mekaar.
• Albei moet omtrent dieselfde tydsduur (duration) praat.
• Verdedig jul standpunte en verskil vriendelik van mekaar.
• Kom aan die einde tot ’n gevolgtrekking (conclusion). Totaal: 10

1. Eksieperfeksie 7

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 7 2013/08/21 9:15 AM


Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Selfstandige naamwoorde,


sinsoorte, b.nwe., spelling, tye

Het jy geweet?
Net selfstandige
naamwoorde kry
meervoude, bv.
onderwyser –
onderwysers.
(Uit: JIP, Die Burger,
7 November 2011, bl. 2)

Die meervoud is meer as een ding.


• By ’n kort klank verdubbel die konsonant; dan bly die klank
kort: kam – kamme; les – lesse.
• By ’n lang klank val een vokaal weg as daar na twee a’s, e’s, o’s en
u’s net een konsonant is: haar – hare.

1. Gee die meervoud van die woord tussen hakies.


a) Hier gluur net een oog na jou en nie baie (oog) nie.
b) Die (seun) spits hulle (oor).
c) Die (kind) is bang vir die oog.
2. Gee die verkleinwoord van die woord tussen hakies.
a) Haar (tande) lyk gevaarlik en sy het ’n dun (nek).
b) Hulle (oog) is rond.
3. Gee die regte vorm van die byvoeglike naamwoord.
a) Sy het ’n baie (lank) neus, maar die kinders het (rond) neusies.
b) Die (benoud) (anxious) kinders haal nie asem nie.
4. Gee die intensiewe vorm van die woord tussen hakies.
a) Die onderwyseres het (rooi) hare en dra (groen) klere.
b) Die kinders is (bang) vir die juffrou.
5. Kies die regte spelling van die woorde tussen hakies.
a) Die oog (skitter/skiter) van die lekkerte.
b) Die (kleure/klere) in die spotprent is groen en rooi.
6. Skryf die sinne oor in die verlede tyd en die toekomende tyd.
a) Die kinders is bang vir die kwaai oog.
b) Die juffrou skryf die probleme op die bord.

8 Kwartaal 1 Week 1 en 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 8 2013/08/21 9:15 AM


Luister en praat

Luister en praat: ’n Advertensie: Lees YOZA


Pre-luister
• Luister na die advertensie vir selfoonromans.
• Lees die vrae goed deur.
Vrae
1. Waarop kan jy ’n lekkerleesstorie lees?
2. Wat is Mxit volgens die advertensie?
3. In watter taal kry ons nou ook selfoonromans?
4. Watter twee maatskappye werk saam om
selfoonstories uit te gee?
5. Watter twee goed hoef jy nie meer te doen as jy
wil lees nie?
6. Wanneer sal jy in die mode wees?
7. Watter woord moet jy tik om by m-romans uit te kom?
8. Watter soort toegang moet jy op jou sel hê as jy stories wil lees?

W gratis: free; kos jou nie ’n sent nie, verniet


sappige: juicy; vol sap (letterlik), nie vervelig nie (figuurlik)
selfoonbiblioteek: cellphone library; plek op die selfoon waar jy boeke kan
uitneem
selfoonroman: cellphone novel; storie wat jy op jou selfoon kan lees
toegang: entrance; plek waar jy ingaan

Toets jou woordeskat (woordaanpakvaardighede).


1. Kies elke keer die regte woord.
a) Jy betaal niks nie, want dit is (gratis/duur).
b) Ek neem boeke by die (boekwinkel/biblioteek) uit.
c) Elke nuwe selboek wat ek lees, is ’n ware (riller/skat).
2. Vul die ontbrekende woord in (woordeskat).
a) Die _____ tot WAP op jou selfoon is verniet.
b) Ek lees ’n _____ boek en eet ook ’n _____ perske.
3. Gee die antoniem: Jy kan baie boeke koop.
4. Gee die sinoniem: Dis nie ’n populêre tydverdryf om te lees nie.
Tydens luister
• Luister baie goed as die hele artikel twee keer hardop voorgelees
word, en maak aantekeninge terwyl jy luister.
Post-luister
Skryf jou antwoorde neer en bespreek dan die antwoorde in groepe.

1. Eksieperfeksie 9

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 9 2013/08/21 9:15 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Visuele teks: ’n Advertensie


Pre-lees
Laat jou oë oor die advertensie vlieg en vluglees die slagspreuk (slogan)
onder die opskrif. Kyk ook vlugtig na die boek wat die kind vashou.
• Wat beteken die slagspreuk?
• Wat is verkeerd op die foto?
Tydens lees
• Kyk hoe die lettertipes en -groottes, en vetgedrukte letters ons
aandag trek.
• Lees nou die advertensie hardop.

(Deur skrywer saamgestel)

Post-lees
Is dit vir jou ’n geslaagde advertensie? Motiveer.

10 Kwartaal 1 Week 1 en 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 10 2013/08/21 9:15 AM


Lees en kyk

Post-lees (vervolg): Hoe goed verstaan jy die advertensie?


1. Waarom kyk ons dadelik weer na die foto op die advertensie?
2. Is die volgende stellings waar of onwaar? Motiveer.
a) Die meisie maak of sy lees, maar sy kan nie.
b) Die fotograaf is dom, want die boek is onderstebo.
3. Kies die regte woord om die sin te voltooi:
bly/jammer/gelukkig
Ek voel _____ vir die meisie omdat sy wil ONTHOU: Breek
lees, maar nie kan nie. lang woorde in
4. Vul die slagspreuk se woorde in: Want ______ kleiner woorde op om
behoort ______ te wees. dit beter te verstaan.
5. Watter organisasie wil kinders wat sukkel om te
lees, help?
6. Hoeveel kinders in Afrika, suid van die Sahara, kan glad nie lees of
skryf nie?
7. Waarmee sukkel 80% van Suid-Afrikaanse leerders nog wanneer
hulle in graad 5 kom?
8. Wat is die belangrikste gedagte in die advertensie?
9. Watter twee goed wil Lus-vir-lees graag laat gebeur? (hulle visie)
10. Wat, dink jy, moet die vrywilligers by die skole gaan doen?
11. Watter telefoonnommer moet jy skakel as jy wil help?

Taalstrukture en -konvensies
Taal in konteks: Woordafleidings,
voornaamwoorde, antonieme
1. Vul die korrekte woorde in (woordafleidings).
a) As ek ’n leser is, _____ ek baie.
b) Te veel kinders in ons land is nie geletterd nie, maar _____.
c) As jy baie lees, sal jy mense kan lei en ’n _____ wees.
d) As ek uit vrye wil kinders help om te lees, is ek ’n _____ helper.
2. Kies die korrekte woord tussen hakies (antonieme).
Ek sal vir (altyd/nooit) ’n leser bly, want dis lekker om te lees.
3. Leer die volgende voornaamwoorde.
Hy is ’n seun. (persoonlike v.nw.) Sy is ’n meisie.
Hy lees sy boek. (besitlike v.nw.) Sy lees haar boek.
Kies die korrekte voornaamwoorde tussen hakies.
Die meisie wil graag lees, maar a) (hy/sy) hou b) (sy/haar) boek
onderstebo omdat c) (hy/sy) nog nie mooi kan lees nie. Dit is vir
d) (hom/haar) nie moontlik om te lees nie.

1. Eksieperfeksie 11

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 11 2013/08/21 9:15 AM


Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Advertensie


Beplanning/pre-skryf
Bestudeer eers die ABBA-beginsel (principle) van advertensies aandagtig
deur. Jy gaan dit gebruik wanneer jy jou eie advertensie van 90 –100
woorde skryf.
A Trek Aandag Draw Attention ’n Advertensie moet iemand lus maak
om verder te wil lees en luister. Om
AANDAG te trek, probeer interessante
prente en woorde gebruik.
B Kry Belangstelling Interest Jy moet iets doen of sê of skryf wat
hulle aandag of BELANGSTELLING sal
hou. Vertel vir mense van iets wat
anders is van jou produk.
B Skep Begeerte Create Desire Adverteerders gebruik slim
advertensies sodat mense begin glo
hulle het die produk nodig (BEGEERTE).
A Moedig aan tot Encourage AKSIE beteken eintlik KOOP! Sê waar
Aksie Action om die produk te koop; hoeveel dit
sal kos en sê dat dit maklik sal wees
om die produk in die hande te kry.

Onthou • Wat is die doel van die advertensie?


• Hoofletters en variasie van lettergroottes help om
lesers se aandag te trek.
• Skryf die belangrikste woord of sin in die grootste
letters.
• Hou altyd dié vraag in gedagte: Vir wie skryf jy die
advertensie? (Teikengroep)

Toets jou kennis


As jy ’n advertensie lees, moet dit jou
a) _____ trek sodat jy die produk raaksien.
Jy moet jou lesers se b) _____ wek sodat
hulle meer van die produk wil weet. Skep
die c) _____ om te koop sodat hulle glo
hulle het die produk nodig. Die
advertensie moet hulle oortuig om tot
d) _____ oor te gaan en dan die produk
te koop.

12 Kwartaal 1 Week 1 en 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 12 2013/08/21 9:15 AM


Skryf en aanbied

Skryf ’n konsep
Die advertensie van Lus-vir-lees het jou geïnspireer om ’n klomp graad
neges bymekaar te kry om lees-vrywilligers te word.
• Jy wil die graad neges in jou skool oortuig (convince) dat hulle
laerskoolkinders moet help om beter te lees.
• Jy het met die skoolhoof van die plaaslike laerskool gesels. Sy het gesê
graad neges wat goed kan lees, word benodig om op Vrydagmiddae in
kwartaal 2 van twee-uur tot vieruur graad viers en vyfs te kom help
met lees.
• Skryf nou ’n advertensie wat jy in julle skoolkoerant gaan plaas.
• Onthou, die doel (aim) van die advertensie is om leerders te oortuig
om lees-vrywilligers by die laerskool te wees.
• Jy mag prente en kleur gebruik as dit jou aanbieding versterk.
• Kies die regte woorde wat die aandag sal trek en op lesers se emosies
sal speel.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
• Het jy onthou om die ABBA-beginsel te gebruik?
• Het jy gekyk of jou sinne kort en kragtig is vir ’n advertensie?
• Is al die woorde reg gespel? Gebruik ’n woordeboek.
• Is al die inligting wat jy moet gee in die advertensie ingesluit?
• As jy tevrede is, skryf jou advertensie netjies oor (redigering).
• Proeflees dit voor finale aanbieding.

1. Eksieperfeksie 13

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 13 2013/08/21 9:15 AM


Taalstrukture en -konvensies

Hersiening
1. Kies die regte voornaamwoord tussen hakies.
Jak is ’n doodgewone ou. a) (Hy/Sy) is vyftien jaar oud. b) (Hy/Sy)
het donker hare en c) (hy/sy) oë is blou. Die nuwe meisie in die
skool is Natasja. d) (Sy/Hy) is baie mooi. e) (Sy/Haar) hare is
blond en f) (sy/haar) oë is blou. Die seuns kan g) (julle/hulle) oë
nie van haar afhou nie. (7)
2. Gee die meervoud van die selfstandige naamwoorde.
a) Tieners skryf graag (gedig).
b) Sy het die mooiste (been).
c) Haar (oog) is helderblou en haar (lip) is rooi. (4)
3. Gee die verkleinwoord van die selfstandige naamwoorde.
a) Die juffrou het ’n maer (nek).
b) Die seun se (hemp) is te klein vir hom. (2)
4. Gee die intensiewe vorm (byvoeglike naamwoorde).
a) Jak is dadelik (verlief) op die nuwe meisie.
b) Die juffrou het (rooi) naels. (2)
5. Skryf die sinne in die teenwoordige tyd.
a) Die seuns het dadelik van die mooi meisie gehou.
b) Hulle was sowaar almal op haar verlief.
c) Hulle sal alles wat sy sê, glo. (3)
6. Skryf die sinne in die toekomende tyd.
a) Die seun het die boek gelees.
b) Baie leerders sukkel om te lees. (2)
7. Skryf die sinne oor in die verlede tyd.
a) Lus-vir-lees help kinders om te lees.
b) Dit verbeter hulle lewens vir ewig. (2)
8. Lees die sinne, soek en verbeter die woorde wat verkeerd
gespel is (spelreëls).
Alle tieners behoort leesers te wees. In Suid Afrika is omtrent
fyf miljoen mense ongeleterd en ons moet dit regmaak. Die
organisasie se visie is dat alle laarskoolleerders lus vir lees
moet wees waaneer hulle graad 7 bereik. (6 ÷ 2 = 3)
Totaal: 25

14 Kwartaal 1 Week 1 en 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 14 2013/08/21 9:15 AM


2 Spor t spieël
In hierdie lesreeks gaan jy:
Luister en praat • oor sportfoto’s en koerantopskrifte praat, hulle by
mekaar pas en verder oor sport gesels
• ’n leesteks (sportberig) aanbied en aandag gee aan
toon, intonasie, volume, tempo, uitspraak en vlotheid
• na klasmaats se voorlesings luister, dit krities
evalueer en vrae daaroor beantwoord
Lees en kyk: • ’n artikel vluglees, soeklees en aandagtig lees, en
Begrip begripsvrae daaroor beantwoord
• ’n kortverhaal lees, die kenmerke bestudeer en vrae
Letterkunde daaroor beantwoord
• ’n gedig lees en let op kenmerke soos tema en
beeldspraak
• Leesboek bl. 59: “Altyd vierde” (storie)
Skryf en aanbied • ’n informele brief beplan en skryf
Taalstrukture en • taal-in-konteks-oefeninge oor die volgende aspekte
-konvensies doen: korrekte spelling, bv. skryftekens, afkortings,
akronieme, voor- en agtervoegsels, soortname,
eiename, byvoeglike naamwoorde, direkte en
indirekte rede, idiomatiese uitdrukkings en
enkelvoudige en saamgestelde sinne

2. Sportspieël 15

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 15 2013/08/21 9:15 AM


Luister en praat

Luister en praat: Gesels oor foto’s en opskrifte


1. Werk twee-twee saam. Kyk na die aksiefoto’s van sportpersone en
pas elke foto by ’n koerantopskrif. Maak beurte om te praat.
1. 2.

3. 4.
a) Enjins brul
in pylvak

b) Kishou in
laaste stel

c)
Groot tra
p laat
wiele sin
g

e) f) d) Pragdoel
Pragdrie reg Kolwer pr
esteer van seiso
onder pale weer eens en

g) Gholfkampioen
verras h) Kampioen wys
slag in branders

16 Kwartaal 1 Week 3 en 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 16 2013/08/21 9:15 AM


Luister en praat

5. 6.

7. 8.

2. Gesels met jou maat oor die sportsoorte waarvan julle hou en hoekom
julle daarvan hou, as spelers en/of as toeskouers. Praat ook oor hoe
julle wys dat julle ’n span ondersteun en wie julle sporthelde is.
3. Lees die volgende koerantberig:

Uitgeskop ná kophou
’n Skolerugbyspeler wat sy humeur tydens
’n wedstryd só erg verloor het dat hy ’n
skeidsregter met die kop bewusteloos geslaan
het, is vir drie jaar uit alle rugby geskors. Hy is in
graad 11 by die Hoërskool Uitsig.

(Verwerk uit: Die Burger, 30 April 2012, bl. 2)


Gesels in groepe van drie of vier oor vuilspel soos in hierdie berig of in
enige ander sportsoort. Sê wat julle daarvan dink en of julle dink die
speler se straf is te swaar of te lig.

2. Sportspieël 17

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 17 2013/08/21 9:15 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Ongewone sportsoort


Pre-lees: Gesels oor die sportsoort, yshokkie.
Tydens lees: Lees die artikel oor ’n interessante sportsoort.

Yshokkie
1 Niemand is seker wanneer mense yshokkie begin speel het nie. Op ou
skilderye verskyn dorpsmense in Nederland wat ’n soort hokkie op ’n
gevriesde kanaal speel. Die eerste georganiseerde binnenshuise
yshokkiewedstryd is in 1875 in die Kanadese stad Montreal op ’n
skaatsbaan gespeel. Sedert dit in 1924 by die Winter Olimpiese Spele
ingesluit is, het dit ’n gewilde toeskouersport geword wat in meer as 30
lande gespeel word, o.a. Finland, Rusland, Swede en die VSA.
2 Yshokkie word deur twee spanne van ses spelers elk gespeel en die
wedstryd duur 60 minute. Aan elke kant van die baan is die doelhok,
waarheen spelers ’n rubberskyf slaan. Dit word deur ’n doelwagter
bewaak. Die skyf kan teen 195 km/h op ’n speler afpyl.
3 ’n Yshokkiebaan se soliede ysvloer is 2 cm dik. Die lyne van die baan
word onder die ys getrek en is deur die ys sigbaar. Twee spelers van
teenoorgestelde spanne staan teenoor mekaar in die middel voordat die
spel begin. Iemand laat dan die skyf tussen hulle val en die spelers begin
met hul stokke om besit van die skyf baklei – en om mekaar erg met die
stokke seer te maak!
4 Yshokkiespelers moet dik, beskermende klere en ’n harde helm dra.
5 Yshokkie is een van die enigste sportsoorte wat volle kontakgeveg
toelaat. Spelers wat in gevegte betrokke raak, word nie van die baan
afgestuur nie. Hulle kan mekaar “aanvat” totdat een op die ys neerval,
waarna die “geveg” gestaak word en weer van voor af begin. Dan kan
hulle weer hul “wapen”, ’n 2 m-lange stok van hout en veselglas, opneem.
Ja-nee, yshokkie is beslis nie kinderspeletjies vir papbroeke nie!

(Verkort uit: myloopbaan, http://www.myloopbaan.co.za_cfm?)

18 Kwartaal 1 Week 3 en 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 18 2013/08/21 9:15 AM


Lees en kyk

W doelwagter: goalkeeper; speler wat moet keer dat die opponente ’n doel
aanteken
reghoekig: rectangular; ’n vierhoek, met twee lang sye en twee kort sye
skaatsbaan: ice rink; ’n ysbedekte baan waarop mense skaats (skate)
skyf: disk; ’n plat, ronde voorwerp, soos ’n piering
wedstryd: match; ’n kompetisie in sport

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die teks?


1. Kyk na die illustrasie op bladsy 18 en kies die gepaste woorde: Die
speler wat die ander een met sy stok slaan, lyk (ongelukkig/verskrik/
aggressief) en op sy teenstander se gesig is ’n uitdrukking van
(pyn/simpatie/blydskap).
2. Die illustrasie wys dat sommige spelers bly is. Waaraan sien jy dit?
Noem twee dinge.
3. Vluglees die artikel deur die volgende te doen:
• Lees die eerste paragraaf.
• Lees daarna die eerste sin van elke ander paragraaf.
• Lees die laaste paragraaf.
Antwoord slegs waar of onwaar op die volgende vrae.
a) Mense in Nederland het lank gelede yshokkie
op skaatsbane gespeel.
b) Yshokkie is heel eerste in Finland gespeel.
c) Yshokkiespelers moet hul liggame beskerm.
d) Yshokkiespelers slaan soms hul opponente totdat hulle neerval.
4. Soeklees die hele artikel en beantwoord hierdie vrae.
a) In watter jaar is die eerste yshokkiewedstryd binnenshuis
gespeel?
b) Aan watter groot wêreld-sportbyeenkoms neem yshokkiespelers
sedert 1924 deel?
c) Waarvan word die skyf gemaak wat die spelers slaan?
d) Vul die woord in: Die skrywer vergelyk ’n yshokkiewedstryd in
paragraaf 5 met ’n ______.
5. Beantwoord hierdie vrae nadat jy die artikel aandagtig gelees het.
a) Gee ’n werkwoord uit paragraaf 3 wat beteken “om seer te maak”.
b) Watter twee byvoeglike naamwoorde in paragraaf 4 beskryf
die spelers se klere?
6. Gee die idioom in die teks vir die onderstreepte dele: Yshokkie is
nie ’n maklike spel vir lafaards nie.

2. Sportspieël 19

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 19 2013/08/21 9:15 AM


Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Afkortings en akronieme

Afkortings
• is letters wat gebruik word om ’n langer woord te verkort, bv.
Ma. (Maandag), antw. (antwoord), fam. (familie).
• met kleinletters kry gewoonlik punte in Afrikaans, bv.
gr. (graad), h.v. (hoek van), lg. (laasgenoemde), vlg. (volgende).
• wat metrieke eenhede aandui, word sonder punte geskryf, bv.
kg (kilogram), ml (milliliter), c (sent), km/h (kilometer per uur).
Akronieme
• is afkortings wat soos woorde uitgespreek word en nie geklank
word nie. Hulle word gewoonlik sonder punte geskryf, bv.
ESKOM, Telkom, ABSA, SASOL, UNISA, PIN.

1. In die voorafgaande teks oor yshokkie is die afkortings o.a., m, cm


en km/h gebruik. Skryf hulle uit in woorde.
2. Skryf die agt afkortings in die volgende paragraaf in woorde.
Sommige mense speel yshokkie (a. i.p.v.) veldhokkie. Ons het op
(b. Wo.) 6 (c. Mrt.) in die klas hiervan gelees. Ek weet nie baie
(d. i.v.m.) dié sportsoort nie, want dit word nie in (e. SA) gespeel
nie. Spelers dra beskermende klere, (f. bv.) helms en skutte. (g. Dr.)
Jabu Keswa en (h. mej.) Smith het in Finland yshokkie gespeel.

Taal in konteks: Enkelvoudige en saamgestelde sinne

• Baie kort sinne met net een werkwoord (gesegdedeel) is


enkelvoudige sinne, bv. Die yshokkiespeler dra (werkwoord) ’n
sterk helm.
• Wanneer kort enkelvoudige sinne met een (of meer) voegwoorde
verbind word, word die langer sin ’n saamgestelde sin met meer
as een werkwoord, bv. Die yshokkiespeler dra (werkwoord) ’n
sterk helm; daarom (voegwoord) sal hy nie seerkry
(werkwoord) nie.

Verbind die sinne met die voegwoorde tussen hakies. Gebruik die regte
leestekens en korrekte woordorde.
1. Niemand weet wanneer mense yshokkie begin speel het nie. Dit is
nooit opgeteken nie. (omdat, want)
2. Die skyf het die teiken geraak. ’n Doel is aangeteken. (daarom)

20 Kwartaal 1 Week 3 en 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 20 2013/08/21 9:15 AM


Luister en praat

Luister en praat: ’n Formele


assessering
Sportartikel/sportberig
1. Soek in ’n koerant, tydskrif of op
die internet ’n interessante
sportartikel of sportberig wat jy
in die klas kan voorlees. Julle sal
in groepe van vier of vyf na
mekaar se voorlesings luister.
2. Stel vyf waar-en-onwaar-vrae
op uit die teks wat jy gaan
voorlees. Skryf of tik die vrae
netjies uit en maak vyf afskrifte,
een vir elke groeplid, om te toets
of hulle verstaan wat jy gelees het. Teken ook ’n tabel soos hierdie
een. Jou luisteraars moet ’n regmerkie plaas in een van die kolomme
om jou voorlesing te evalueer.
Naam:
Baie goed Goed Taamlik goed Moet verbeter Taamlik swak Swak
Duidelikheid
(stemprojeksie)
Volume
Tempo
Uitspraak
Vlotheid

Beplanning
• Berei voor totdat jy maklik, vlot en duidelik kan lees. Vra iemand om
te luister en die tyd te neem. Jy moet sowat 2–3 minute lees.
• Lees jou teks vir iemand voor en ook vir jouself voor ’n spieël.
Voorbereiding en aanbieding
• Moenie die papier of boek voor jou gesig hou terwyl jy lees nie.
• Kyk soms op na jou luisteraars en maak oogkontak.
• Moenie te vinnig of te onnatuurlik stadig lees nie.
• Beklemtoon die korrekte lettergrepe in woorde en spreek jou woorde
duidelik uit.
• Moenie te hard lees nie, maar ook nie te sag dat die luisteraars jou
nie goed kan hoor nie.
Totaal: 10

2. Sportspieël 21

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 21 2013/08/21 9:15 AM


Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Informele brief Formele


assessering
Brandon het hierdie brief van ’n vriendin, Josephine, ontvang. Kyk na
die vorm van die brief (bv. in die adres en slot). Verbeel jou jy is
Brandon en beantwoord Josephine se brief in 140 tot 160 woorde.
Bloekomlaan 51 Adres in blokvorm
(sonder leestekens,
Oos-Londen straatnaam voor
5201 huisnommer,
datum onder
13 Februarie 2014 poskode)
Reël oop
Hallo Brandon Aanhef
(groetwoorde)
Die skooljaar is ook al weer twee weke aan die gang. Ek mis
jou baie en is só spyt dat julle Port Elizabeth toe getrek het. Inhoud van brief
in paragrawe
Ek kan verstaan dat jy ’n probleem het met skoolsport wat met reëls oop
tussenin
by jou nuwe skool verpligtend is, want ek weet jy speel liewer
kitaar of sing in die koor.
Wat ek wel kan sê, is dat ’n mens baat vind by enige sport en
oefening. Dit verbeter jou gesondheid, want jy word fiks.
Jy sê jy weet nie of jy tennis moet kies of liewer aan atletiek
moet deelneem nie, en vra my raad. Vir die naellope is spoed
nodig en vir lang afstande uithouvermoë. Veldnommers soos Paragrawe
diskus, spies en gewigstoot vereis krag en springnommers met reêls
oop tussenin
vra soepelheid en lang bene. Ek dink jy sal dalk goed vaar in
diskus. Jy het die krag en sal die tegniek maklik aanleer.
Tennis is ’n sport waaraan ’n mens jou lewe lank, byna op enige
plek, kan deelneem. As ’n mens nie op skool die atletiekspan haal
nie, kry jy maar min kans om deel te neem.
Ek hoop hierdie raad help jou om ’n keuse te maak en beter
te voel oor die sport waaraan jy nou moet deelneem. Ek sal
binnekort bel om te hoor wat jy besluit het, en stuur ’n
sportartikel wat ek dink jou ook sal help. Een van die dae is jy
(Deur die skrywer)

dalk die fiksste kitaarspeler in die skool!


Groete en laat dit goed gaan. Slotsin (groetsin)

Jou vriendin Slot, geen


Josephine leestekens nie

Naam, sonder ’n leesteken


22 Kwartaal 1 Week 3 en 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 22 2013/08/21 9:15 AM


Skryf en aanbied

Beplanning/Pre-skryf
Beplan wat Brandon aan sy vriendin kan sê om sy waardering uit te
spreek vir haar raad. Skryf jou idees puntsgewys neer.
Skryf ’n konsep
• Sorg dat jou inleiding oorspronklik (original) is.
• Skryf in volsinne en let op punktuasie.
• Rangskik die sinne in paragrawe wat by mekaar aansluit.
• Verbind korter sinne met voegwoorde soos omdat en dus.
• Skryf ’n gepaste slotparagraaf vir jou brief (net een of twee sinne).
• Die inhoud moet tussen 140 en 160 woorde wees.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
• Proeflees en redigeer die eerste poging baie deeglik om foute reg te
stel en verbeterings aan te bring.
• Skryf jou verbeterde brief netjies oor en lewer dit in. Totaal: 10
Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Basisvorme, voor- en agtervoegsels

Voorvoegsels (prefixes) en agtervoegsels (suffixes) is woorddele wat


vooraan of/en agteraan ’n woord (die basisvorm) gelas kan word om
’n nuwe woord te vorm, byvoorbeeld:
• ver- (voorvoegsel) + ys (basisvorm) = verys (to freeze)
• naam (basisvorm)+ -loos (agtervoegsel) = naamloos
• on- (voorvoegsel) + hoor (basisvorm) + -baar (agtervoegsel) =
onhoorbaar (inaudible)
Voor- en agtervoegsels kan nie alleen staan as woorde nie.

Lees die berig oor die boodskap en beantwoord die taalvrae.

Boodskap op ’n sokkerbal
’n Tiener wat dakloos gelaat is weens ’n tsoenami in Japan, was verstom toe
hy hoor dat een van sy kosbaarste besittings, ’n sokkerbal, aan die ander
kant van die Stille Oseaan uitgespoel het. Misaki Moerakami
se sokkerbal, vol persoonlike boodskappe, het in Alaska wat
deel vorm van Noord-Amerika, 5 000 km van sy tuisdorp af,
uitgespoel. Misaki sê dis byna ongelooflik dat dit gebeur het.
So iets het hy nie verwag nie. Dit is wonderlik. Hy het die
vrou wat die bal gevind het, in ’n e-pos bedank.

(Verwerk uit: JIP, Die Burger, 30 April 2012, bl. 2)

2. Sportspieël 23

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 23 2013/08/21 9:15 AM


Taalstrukture en -konvensies

1. Skryf twee woorde uit die eerste en laaste reël van die berig wat
gevorm is deur voorvoegsels te gebruik.
2. Skryf twee woorde uit die eerste reël en tweede laaste sin neer
wat gevorm is deur agtervoegsels te gebruik.
3. Skryf die een woord in die berig neer wat gevorm is deur sowel ’n
voor- as ’n agtervoegsel aan die stam te las.
4. Gee een woord vir die woorde tussen hakies.
Gebruik voor- en agtervoegsels.
Misaki het sy bal a) (weer geken) toe hy die
foto sien. Hy het gedink dit is b) (nie
moontlik nie).
Dis ’n seldsame c) (iets wat gebeur). Misaki
sê die d) (mense wat werk) het die bal
gevind.

• Eiename is die spesiale name van mense, diere en dinge soos


plekke, berge en riviere. Hulle is selfstandige naamwoorde en
word met ’n hoofletter geskryf, bv. Misaki, Japan, Stille Oseaan.
• Soortname is die name van ’n groep van allerhande mense,
diere en dinge. Hulle word nie met ’n hoofletter geskryf nie,
kan gewoonlik getel (counted) word en hulle het
meervoudsvorme en verkleiningsvorme, bv. tiener (tieners,
tienertjie); sokkerbal (sokkerballe, sokkerballetjie).

Taal in konteks: Eiename en soortname


1. Skryf twee eiename uit die berig neer.
2. Skryf twee soortname uit die berig neer en gee hul meervoude en
verkleinwoorde.
3. Gee die meervoude en verkleinwoorde van dorp, e-pos en foto.

Taal in konteks: Direkte en indirekte rede


Lees die riglyne oor die direkte en indirekte rede op bladsy 259.
1. Skryf die sin in die indirekte rede: Die vrou het gesê: “Ek het gister
die sokkerbal hier naby die strand op die water gesien dryf.”
2. Vul al die ontbrekende leestekens in.
a) Is die bal deur seestrome meegevoer na Alaska het die seun
gevra
b) Misaki het uitgeroep dis fantasties ek kan nie glo dis my
sokkerbal wat sy pad 5 000 km ver Alaska toe gevind het nie

24 Kwartaal 1 Week 3 en 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 24 2013/08/21 9:15 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Literêre teks: ’n Gedig


Pre-lees: ’n Gedig is ’n skryfstuk wat in versreëls en strofes verdeel
word, anders as ’n verhaal wat uit sinne en paragrawe bestaan. Digters
gebruik dikwels ook rym in gedigte (nie noodsaaklik nie). Elke gedig het
’n tema.
Tydens lees: Lees hierdie gedig wat uit net een strofe
bestaan en beantwoord die vrae.
Sportmanne
Ons swenk met die puntbal – beur vir die lint
(binne die baan en die sirkel gebind);
vaartmanne, kragmanne – seuns van die son Die berg Olimpus
bou ons Olimpus weer blink bo beton is waar die Olimpiese
G A Watermeyer
Spele die eerste keer
gehou is.
(Uit: Versreise, Nasou Via Afrika, bl. 119)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig?


1. Watter sportmanne speel met ’n “puntbal”: sokkerspelers of
rugbyspelers?
2. Watter sportmanne “beur vir die lint”? Is hulle “kragmanne” of
“vaartmanne”?
3. Noem atletieknommers waarin atlete “binne” ’n “sirkel” optree.
4. Die sportmanne “bou” Olimpus. Waarom juis Olimpus?
5. Alliterasie is klankherhaling van konsonante. Sê watter klank
(konsonant) in dié versreël herhaal word: “binne die baan en die
sirkel gebind”.
Soek nog ’n voorbeeld van alliterasie in die gedig.
6. Kies die gepaste antwoord: Die tema van die gedig is (die passie en
fisieke vermoëns van sportpersone/rugbyspelers en atlete is die
enigste sportpersone wat belangrik is).
7. Kies die gepaste woord: Die uitdrukking “seuns van die son” is ’n
(vergelyking/metafoor).

In ’n vergelyking word een ding aan ’n ander gelyk gestel met soos;
’n metafoor is ’n verkorte vergelyking sonder soos, bv. Hy is so
sterk soos ’n bees (vergelyking). Hy is ’n bees (metafoor).

2. Sportspieël 25

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 25 2013/08/21 9:15 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Kortverhaal


Pre-lees: Voorspel waaroor die kortverhaal gaan.
Tydens lees: Lees hierdie kortverhaal
aandagtig.
’n Myl is sowat
1 600 meter. Dit word
Rooikoos hardloop die myl nie meer dikwels in
Rooikoos se pa was ’n brandarm sukkelaar. atletiek gehardloop nie.
Sy plasie was maar klein en hy was ook nie
die fluksste man in die wêreld nie.
Omdat Rooikoos die oudste seun was, moes hy van kleins af met die
plaaswerk help. Smiddae wanneer ons met die boeke sit, was hy op die
lande en soggens voor skool moes daar gemelk word. Baiekeer,
laatmiddag, wanneer ek ’n klop aan die deur hoor, weet ek dis Rooikoos of
een van sy sussies wat kom sê Ma vra ’n skotteltjie meel, Antie, ’n koppietjie
suiker, Antie, ’n bietjie suurdeeg, Antie.
Rooikoos het nooit gekla nie. Saterdagmiddae kon hy sy eie ding doen en
dan het ons gaan swem of in die veld gaan loop.
Ek weet nie wat dit van Rooikoos was nie, maar almal het van hom
gehou, selfs die onderwysers wat hom deur die een graad na die ander
moes dra. Was dit oor hy die myl so goed kon hardloop, want met die
skoolwerk het dit maar broekskeur gegaan?
Hy het nooit smiddae kom atletiek oefen nie, want hy moes werk. Dan sê
ou Ore, ons atletiekafrigter: “Rooikoos, as jy hierdie seisoen nie kom oefen
nie, hardloop jy geen tree vir my span nie.”
Die dag van die atletiekbyeenkoms sit Rooikoos op die pawiljoen. Die
atlete vir die mylwedloop staan al in die bane wanneer ou Ore ingee en in
die pawiljoen in roep: “Rooikoos, kom hol – maar dis die laaste keer, hoor
jy!”
Dan hol Rooikoos. In die eerste ronde hardloop hy heel agter, teen so ’n
stadige pas. En hy kyk net voor hom op die grond. Dan word ons mal daar
op die pawiljoen. Ons skree vir Rooikoos, want ons is bang hy raak te ver
agter. Ons weet van sy sukkelende pa, van sy suster se asma en die winkel

26 Kwartaal 1 Week 3 en 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 26 2013/08/21 9:15 AM


Lees en kyk

se lorrie wat hul sitkamerstel kom oplaai het. Ons wil hê hy moet die wêreld
wys. Toe Rooikoos die derde ronde ingaan, skree ons vir hom hy moet nou
sy ding begin doen, want die tyd word min. Hy hang nog altyd so ses treë
agter die bondel. En almal weet die rugbykaptein, Lourens Malan, gaan met
sy eindpoging begin as hulle die laaste ronde ingaan.
Daar is vier draaie oor en dan die pylvak. Ons sien hoe Rooikoos se nek
rooier word. Hy is steeds vier treë agter die bondel, maar op die tweede
laaste draai gaan hy tussen hulle in. Jy kan nou sien sy lyf is ’n harde knop
van verlange en begeerte. Hy hol weg van die mooi meisies wat vir sy krom
bene lag; hy hardloop weg vir die sukkel wat hy met hom saamdra.
Voor in die bondel kom hy uit die laaste draai. Rooikoos van Niekerk hol
weg vir sy pa wat skel en die huiswerk wat hy nie gedoen het nie en sy
suster se asma.
Tien treë van die wenstreep af is Rooikoos vyf treë voor. Elke jaar het ou
Ore vir hom gewag, en hom gevang wanneer hy die streep oorsteek, want
dan was hy so moeg dat hy nie op sy voete kon staan nie.
Ek vra al jare wat van Rooikoos geword het, maar niemand weet nie. Dalk
het die lewe hom ingehaal; dit is langer as ’n myl.
Chris Barnard
(Verkort uit: Treffertekste, Maskew Miller Longman, 2000)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die kortverhaal?


1. Rooikoos se pa was “nie die fluksste man in die wêreld nie”. Dis ’n
sagter manier (eufemisme) om te sê die pa was eintlik _____.
2. Hoekom, dink jy, moes Rooikoos se ma so dikwels kos leen?
3. Met Rooikoos se skoolwerk het dit broekskeur gegaan. Verduidelik
in ’n sin wat die onderstreepte idioom beteken.
4. a) Wat kon Rooikoos baie goed doen?
b) Vul die ontbrekende woord in: Hy sou moontlik nog beter
gewees het, as hy _______ het.
5. Verduidelik waarom Rooikoos laat aangekom het vir die mylwedloop.
6. Wie, behalwe Rooikoos, het ook ’n bynaam (nickname)? Hoekom,
dink jy, is die persoon so genoem?
7. Voltooi: Sy maats wou hê Rooikoos “moet die wêreld wys” deur die
wedloop te _____ en mense te wys dat hy in één ding die _____ is.
8. Verduidelik hoekom sy maats bekommerd was tydens die wedloop.
9. Haal die sin aan wat wys dat Rooikoos baie graag wou wen.
10. Gee die woord vir die laaste deel van die baan, voor die wenstreep.
11. Rooikoos was vasbeslote om te wen, want hy wou beter voel oor die
slegte dinge in sy lewe (’n tema in die verhaal). Noem drie van
hierdie dinge.

2. Sportspieël 27

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 27 2013/08/21 9:15 AM


Taalstrukture en -konvensies

Hersiening
Hierdie spotprent
het in ’n koerant
verskyn nadat Suid-
Afrika die Rugby-
wêreldbeker gewen
het. Voer die
opdragte uit.
1. Skryf die sin in
die verlede en
toekomende
tyd.
Die Springbok
hou die bal
trots vas. (2)
2. Verbind die HY WEN TOE ’N HELE HOOP OPPONENTE …

twee (Uit: Die Burger, 15 September 2009, bl. 10)


enkelvoudige sinne met die drie voegwoorde tussen hakies (drie
aparte sinne). Die Springbok hou die bal trots vas. Hulle het
gewen. (want, omdat, dus) (3)
3. Verbeter die spelling deur skryftekens in te voeg: Nieu Seeland
is ’n span wat baie driee teen Australie en Argentinie gedruk het. (4)
4. Gee die twee afleidings: Die Springbok is só bly dat hulle ’n
(oorwin) (haal) het. (2)
5. Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord tussen
hakies: Al die lande het (goed) spanne. (1)
6. Skryf die vier afkortings uit: Die spelers van SA moet o.a. ’n
oefenprogram volg en bv. elke dag strekoefeninge doen. Hulle
moet ook in ’n gimnasium met gewigte, ens. oefen. 4 ÷ 2 (2)
7. Vul die woord in: Die Springbokke het die _______ teen
Engeland gewen. (1)
8. Skryf hierdie sin oor en vul die leestekens en hoofletters in.
Die sin is in die direkte rede: Thandeka het verlede week gevra
is die vinnige sterk speler die kaptein (3)
9. Watter soort selfstandige naamwoorde is die twee
onderstreepte woorde in elke sin?
a) Die Springbokke het in Bloemfontein gespeel. (1)
b) Ons het baie springbokke in die wildtuin gesien. (1)
Totaal: 20

28 Kwartaal 1 Week 3 en 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 28 2013/08/21 9:15 AM


3 Wakker loop!
In hierdie lesreeks gaan jy:
Luister en praat • ’n dialoog rolspeel
• woordeskat oor kontrakte leer gebruik
Lees en kyk: • ’n verhalende gedig lees en vrae beantwoord
Begrip • ’n kontrak bestudeer en lees
Letterkunde en • ’n dialoog oor probleme met ’n mondelinge kontrak
kontrakte rolspeel
• ’n kontrak noukeurig bestudeer en vrae daaroor
beantwoord
• Leesboek bl. 8: “Jakkals nooi Ooievaar vir ete”
(volksverhaal)
Skryf en aanbied • ’n verslag skryf en aanbied
Taalstrukture en • seker maak hoe hoofletters gebruik word
-konvensies • met vraagwoorde en vraagsinne werk
• sinne met voegwoorde verbind
• afkortings, akronieme en verkortings gebruik
• sinstrukture, sinsoorte en die uitbreiding van sinne
toepas
• taal-in-konteksoefeninge doen oor: idiome en
idiomatiese uitdrukkings, die direkte en indirekte
rede, die verlede tyd, woordorde in sinne,
sinonieme, antonieme en voegwoorde
• die woordeskat van kontrakte leer ken (metataal)
• jou algemene woordeskat uitbrei

3. Wakker loop! 29

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 29 2013/08/21 9:15 AM


Luister en praat

Luister en praat: ’n Dialoog en ’n rolspel

Wakker loop! is ’n
idiomatiese uitdrukking.
Dit beteken: wees
versigtig.
Pre-luister
• Kyk na die prentjie. Kan jy raai wat
hier gebeur?
• Luister na die woordeskat. Dit sal
jou help om die dialoog te verstaan.

W beskerm: protect; beskut, keer dat


iemand seerkry
dringend: urgent; noodsaaklik, iets wat dadelik aandag vereis
getuies: witnesses; iemand wat iets sien gebeur
handtekening: signature; jou naam wat jy teken
kontrak: contract, agreement; mondelinge of geskrewe ooreenkoms
koper: buyer; iemand wat iets by iemand koop
skuld: debt; geld wat jy nog moet betaal
skyfies: chips/crisps; tjips, droë, bros aartappeltjips
vergadering: meeting; mense wat saamkom en oor sake praat
verkoper: seller; iemand wat iets aan iemand anders verkoop
vertrou: trust; glo die ander persoon, glo iemand is eerlik (honest)

Tydens luister
• Luister na die dialoog tussen David, die verkoper van die skyfies, en
Danny, een van sy agente (die koper) wat die skyfies vir David gaan
verkoop. Let op na die atmosfeer en toon tussen die twee seuns.
• Rolspeel dan die dialoog (bl. 31) oor die mondelinge kontrak tussen
David de Waal en Danny Daniels wat skeefgeloop het. Leerder 1 is
David en leerder 2 is Danny.
• Leef julle in die rolle in. Let op julle taalgebruik, stemtoon en
liggaamstaal. Onthou, David is aggressief en Danny is uitdagend.
• Julle rolspel moet so 4–6 minute neem.

30 Kwartaal 1 Week 5 en 6

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 30 2013/08/21 9:15 AM


Luister en praat

Sonder ’n kontrak is daar probleme


David: Môre, Danny.
Danny: Môre, tjommie. Hoekom wil jy so dringend met my praat?
David (aggressief): Danny, jy weet waaroor. Jy moet jou skuld aan my
betaal!
Danny (uitdagend): Skuld? Ek skuld jou mos niks nie!
David: O nee, ou Danny. Ek het verlede Vrydag al vir jou twee bokse
met 20 pakkies skyfies in elke boks gegee om te verkoop. Dis
R5 per pakkie maal 40. Jy skuld my dus R200.
Danny: Aikôna! Jy het vir my vyf pakkies tjips present gegee omdat ek
verjaar het en niks van geld gepraat nie.
David: Nou praat jy darem nonsens! Jy weet goed ek het jou gevra om
een van my agente by die skool te wees en dat ek vir jou twee
bokse vol skyfies gegee het om te verkoop. Dis twintig maal
twee is gelyk aan veertig!
Danny: Man, ek wéét ek het net vyf pakkies tjips van jou gekry.
David: Hoor hierso! Jy sit nou met mý skyfies en mý geld wat jy al
Vrydag vir my moes gegee het.
Danny: Waar is jou getuies? Dit was net ek en jy daar. Ek het niks
geteken dat ek iets vir jou sal verkoop nie. Ek skuld jou niks
nie! My handtekening is nêrens nie!
David: Jy wéét mos dit was ’n mondelinge ooreenkoms tussen my en
jou. Ons is mos pêls. Waarom sou ons nou ’n formele kontrak
op papier teken? Dit sou mos gelyk het ek vertrou jou nie …
Danny: Ha, daar sê jy dit. Jy vertrou mý nie en jy lieg soos ’n vlieg. Jy
los my nou uit of ek gaan die hoof vertel dat jy onwettig tjips
hier by die skool verkoop. Ha, ha, ha, jy het nou jou tjips gehad!
(Deur die skrywer)

Post-luister
• Dink jy daar was regtig ’n kontrak of ooreenkoms tussen die twee?
Gee ’n rede vir jou antwoord.
• Watter fout het David de Waal begaan?
• Wat, dink jy, het jy uit dié situasie geleer oor kontrakte?
• Skommel die letters in die woorde. (woordeskat)

Daar was ’n mondelinge a) trakkon tussen David en Danny. David


weet daar was nie b) tuieges nie, maar hy het vir Danny as maat c)
trourev.

3. Wakker loop! 31

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 31 2013/08/21 9:15 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Gedig: Die verhaal van


David de Waal
Pre-lees
• Voorspel wat in die gedig oor David de Waal gaan gebeur deur na die
titel en prentjies te kyk. (Julle het mos die dialoog gelees!)
Tydens lees
• Lees die gedig hardop en met gevoel.
• Let op die storie, wat die karakters doen en wat die oplossing is.

Die verhaal van David de Waal


Kom luister na die verhaal
van David Diederik de Waal.
Hy’t planne beraam,
sonder om hom te skaam
om geld soos bossies te maak.
Hy’t alles verkoop wat hy kon:
van ysies, tot lekkers aan stokkies,
suurwurms, DVD’s, selfs sjokoladeblokkies.
Ook skyfies en selfone, springmielies, toffies,
oorfone, sherbet, lugtyd, lipsalf en wat nog al.
Van al dié gekonkel was sy skooltasse só vol,
dat hy altyd van die skoolhoof moes weghol!
Toe kry hy agente, sy beste ou pêls,
om pouses al dié goed te verkoop.
Maar hul kul hom en deel sy skyfies uit
en so is hy al sy profyt kwyt.
Praat bly net praat, beloftes is leeg:
David besluit om professioneel te wees;
daarom teken hy en hulle nou kontrakte,
sal hulle dan ooit weer kan lieg en bedrieg?
Hy’t agent op agent wat nou vir hom werk,
hy koop en verkoop, die sente word rande.
David de Waal word baie vernaam,
want hy’s nou ’n sakeman van faam!
(Deur die skrywer)

32 Kwartaal 1 Week 5 en 6

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 32 2013/08/21 9:15 AM


Lees en kyk

beraam ’n plan: make a plan; hy’s: verkorting van hy is (informeel)


W idiomaties om te sê jy maak hy’t: verkorting van hy het
’n plan kwyt: lost; beroof van iets
gekonkel: plot and scheme; knoei, ’n lugtyd: airtime; die tyd op jou
plan om geld te maak selfoon

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig?


1. Kies die regte woord: Dit is ’n (beskrywende/verhalende) gedig,
want dit vertel ’n storie.
2. Wat is die hoofkarakter se naam?
3. Lees versreël 2: “van David Diederik de Waal”
Vul in: Daar is assonansie (die herhaling van die lang _____), asook
alliterasie (herhaling van die konsonante) van die _____.
4. Waarom het David so baie planne gemaak?
5. Haal die versreël aan waarin daar ’n
vergelyking is. Ja, hy het nou
6. Met watter woorde rym “stokkies” en sakke vol geld,
“vol”? want hy maak
7. Skryf dié versreël oor en onderstreep die geld soos bossies!
alliterasie daarin:
“suurwurms, DVD’s, selfs sjokoladeblokkies”
8. Is die volgende stelling waar of onwaar? Motiveer.
David het net lekkergoed verkoop.
9. Wie het vir David gehelp om sy ware te verkoop?
10. Watter goeie plan het David beraam sodat
almal geweet het wat hulle ontvang en hoeveel
hulle betaal sal word?
11. Haal ’n reël aan wat ’n teenstelling in die gedig
aandui.
12. Watter woord word herhaal om te wys daar was
baie mense wat vir hom werk?
13. Bewys dat David goed geld gemaak het. Haal drie woorde aan.
14. Haal ’n versreël aan wat sê hy het ’n beroemde entrepreneur
geword.

3. Wakker loop! 33

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 33 2013/08/21 9:15 AM


Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Hoofletters en idiome

Hoofletters
Eiename, vanne, tale en plekke word altyd met hoofletters geskryf,
bv. David, Piet, Marais, (maar David de Waal), Russies, Italiaans,
Afrika, Tshwane.

1. Skryf die paragraaf oor en skryf die hoofletters in waar nodig.


die storie vertel van david en nie van piet nie. dit word in afrikaans
en nie in engels vertel nie. ek wonder of die skoolhoof, mnr. du
preez, nog kwaad is vir david.
2. Voltooi die idiome of idiomatiese uitdrukkings.
David het nou a) _____ vol geld, want hy maak b) _____ soos bossies.

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Kontrak tussen ’n


verkoper en ’n koper
Pre-lees: Let goed op die woordeskat in geskrewe kontrakte.

W bedrag: amount; hoeveel dit kos


ID-nommer: identity number; identiteitsnommer
kom ooreen/ooreengekom: agree; om saam te stem
minderjarige: under age/minor; nog nie agtien jaar oud nie
onderteken: sign; om jou handtekening onder aan ’n dokument te teken
partye: parties; die twee mense wat die kontrak gaan teken
voog: guardian; iemand wat ’n minderjarige kind versorg
voorwaardes: conditions; iets wat nagekom moet word

34 Kwartaal 1 Week 5 en 6

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 34 2013/08/21 9:15 AM


Lees en kyk

Tydens lees: Lees die geskrewe kontrak en die wenke.

’n Kontrak Belangrike wenke oor


kontrakte
1. Die koper (agent): Danny Daniels • Lees elke kontrak wat jy
Identiteitsnommer (ID): 9710300049085 teken versigtig deur voor jy
2. Die verkoper: David de Waal dit onderteken.
Identiteitsnommer (ID): 9960929004085 • Jou handtekening beteken
3. Die partye kom ooreen dat die koper jy verstaan wat in die
(agent) twee bokse skyfies ontvang. kontrak staan.
4. Die bedrag vir die skyfies is R200. • As jy ’n kontrak geteken
5. Die partye kom ooreen dat die koper het, kan jy nie later sê dat
Vrydag 19 September 2014 R200 aan die jy dit nie verstaan het nie.
verkoper sal betaal. • Altwee partye wat die
6. Indien die koper nie die pakkies skyfies kontrak teken, moet dit
verkoop nie, moet hy dit teruggee. nakom.
• Eintlik kan ’n minderjarige
Handtekening van Koper: (jonger as 18) nog nie ’n
Geteken op 12 September 2014 te Atlantis. kontrak sluit nie; daarom
moet ’n voog (getuie) saam
Handtekening van Verkoper: met jou teken.
Geteken op 12 September 2014 te Atlantis. • ’n Kontrak word genommer
sodat jy dit makliker kan
lees.
Handtekening van voog (Getuie):
Geteken op 12 September 2014 te Atlantis.

(Deur skrywer saamgestel)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die leesstuk?


1. Pas die inligting in kolom B by die woorde in kolom A.
Kolom A Kolom B
a) verkoper i) 9960929004085
b) koper (agent) ii) Danny Daniels
c) bedrag vir skyfies iii) David de Waal
d) identiteitsnommer iv) R200

2. Tussen watter twee partye is die kontrak gesluit?


3. Wat verkoop die verkoper aan die koper?
4. Waaroor het die twee partye ooreengekom?
5. Die datum waarop die kontrak onderteken is, is _____.
6. Wanneer is jy gebind om die kontrak se instruksies te volg?
7. Is die stelling waar of onwaar? Motiveer jou antwoord.
Jy is vyftien jaar oud en mag nou al ’n kontrak teken.

3. Wakker loop! 35

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 35 2013/08/21 9:15 AM


Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Afkortings, akronieme,


vraagsinne, woordeskat en samestellings

• ’n Afkorting is ’n verkorte vorm van ’n woord: asb. (asseblief),


Ma. (Maandag), Jan. (Januarie).
• Terme soos c (sent) en R (rand) kry nooit punte nie.
• ’n Akroniem word ook ’n letterwoord genoem en word as ’n
woord uitgespreek, bv. NOKSA.

1. Skryf die afkortings uit.


Die kontrak is op a) (Vr.) 13 NOKSA
b) (Sept.) opgestel. staan vir
2. Kies die regte akroniem vir die Nasionale
Internasionale Sokkerfederasie. Olimpiese
Dis (FIFA/NOKSA/POLKOL). Komitee van
3. Stel ’n vraag waarop die woorde Suid-Afrika.
in vet druk die antwoord is.
a) Jou voog moet nou nog jou
kontrak onderteken.
b) Die koper en die verkoper moet die kontrak nakom.
c) Julle moet die kontrak op 12 September 2014 teken.
4. Gee elke keer een woord (woordeskat).
a) Jy koop (buy) dan is jy die _____.
b) Gee een woord vir: identiteit + nommer.
c) Gebruik ook ’n woordeboek. Gee die Afrikaanse woord vir:
My i) guardian moet die kontrak teken en seker maak dat ons
ii) agreement korrek is.
Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Kontrak en ’n verslag


Op bladsy 37 is daar ’n geskrewe kontrak tussen twee partye oor die
verkoop van ’n selfoon. Lees eers die kontrak stil deur. Let op na die
volgende dinge: die formaat en taalgebruik (kontraktaal) van die kontrak,
en die formele taal (register) en konvensies van ’n kontrak. (Maak ook
seker dat jy weet van hulpbronne in geval van dispuut.)
Lees dit dan hardop aan ’n maat voor. (Dit is hoe ’n kontrak opgestel
moet word; dit is bindend en niemand kan jou kul of bedrieg nie!)

36 Kwartaal 1 Week 5 en 6

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 36 2013/08/21 9:15 AM


Lees en kyk

(Deur skrywer saamgestel)

Loop wakker! Moenie dat iemand


jou ’n rat voor die oë draai nie. Dié
twee idiome beteken: Hou altyd jou
oë oop vir skelms wat jou wil kul of
bedrieg. (Daarom moet jy kontrakte
altyd goed lees en verstaan.)
Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Verslag


Pre-skryf
• Jy is op die leerlingraad en moet ’n verslag aan die hoof skryf oor
David en Danny se stryery, want hulle het toe oor die saak baklei.
• Die dialoog op bladsy 31 en die gedig op bladsy 32 sal help.
• Onthou, jy moet in die verslag sê wat jy uitgevind het.
• Skryf ’n verslag van omtrent 140–160 woorde daaroor.

3. Wakker loop! 37

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 37 2013/08/21 9:15 AM


Skryf en aanbied

Hoe moet ’n verslag geskryf word?


1. Gee ’n opskrif (titel).
2. Kort inleiding (oor die agtergrond van die stryery).
3. Beantwoord die volgende vrae in volledige sinne en brei uit (give
more information). Gebruik dit as subopskrifte.
• Tussen wie was die probleem of dispuut?
• Waarom het die probleem ontstaan?
• Waar het die probleem plaasgevind?
• Wanneer het die stryery plaasgevind?
• Wat het gebeur?
4. Skryf ’n slot wat alles saamvat en ’n aanbeveling (recommendation)
insluit.
5. Onthou:
• Die styl is formeel.
• Skryf in die teenwoordige tyd en ook in die derde persoon.
• Gee net die feite, nie jou mening nie.
Skryf ’n konsep
• Skryf ’n kopkaart van al jou inligting onder die opskrifte: Wie?
Waarom? Waar? Wanneer? Wat?
• Skryf jou eerste poging en let op jou spelling en woordeskat.
• Is jou styl formeler as gewoonlik?

Hersien, redigeer, proeflees en aanbied


• Lees jou verslag deeglik deur en probeer alle foute uitskakel.
• Skryf die finale verslag netjies oor vir aanbieding.

38 Kwartaal 1 Week 5 en 6

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 38 2013/08/21 9:15 AM


Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Direkte en indirekte rede, vraagsinne

Michelle, kyk na al die Goed, maar dan moet ons eers


oulike goedjies wat jy by die kontrak tussen ons invul.
my kan koop.

(Deur die skrywer)


Kan ek eers Reg so.
aan die einde
van die maand
1 betaal? 2

Lees eers die strokiesprent. Doen daarna die taaloefeninge.


1. Skryf die sinne oor in die indirekte rede.
a) Michelle sê: “Dis baie mooi.” (Onthou: Dis is Dit is.)
b) Sy vra: “Hoeveel kos die selfoonplakkers?”
2. Skryf die sin oor in die direkte rede.
Megan sê dat hulle eers ’n kontrak moet teken.

Onthou ’n Vraagsin MOET met ’n vraagteken eindig.


Die vraag Die antwoord Let op:
Wie (Who) verkoop oorfone? Megan Sy is ’n mens.
Wat (What) verkoop Megan? Oorfone Dit is dinge/goed.

3. Stel vrae waarop die vetgedrukte woorde die antwoorde is


(vraagsinne), bv. Jy moet die kontrak teken. Wat moet jy teken?
a) Daar is oorfone en haarversierings in die deksel.
b) Megan verkoop gedurende die pouse selfoonbling.
4. Begin die sin met die woord in vet druk (woordorde).
Megan verkoop gedurende pouses haar goedjies.
5. Verbind die sinne met die voegwoorde tussen hakies.
a) Hulle teken ’n kontrak. Megan moet betaal word. (omdat)
b) Michelle het nie nou geld nie. Sy betaal later. (daarom)

3. Wakker loop! 39

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 39 2013/08/21 9:15 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Koerantberig


Pre-lees
Vluglees die teks om ’n basiese idee daarvan te kry.
1. Lees die titel.
2. Lees die eerste paragraaf.
3. Lees die eerste sin van paragraaf 2, 3 en 4 en die slot.

Tydens lees
Lees nou die hele berig aandagtig.

Koebaai slegte gewoonte


1 Elkeen het ’n gewoonte wat iemand anders pla. Sielkundiges het die
robottegniek gegee vir hoe om van slegte gewoontes ontslae te raak.
2 Jy moet weet watter slegte gewoonte jou lewe versuur. Dit
irriteer jou byvoorbeeld dat jy jou naels kou.
3 Stel ’n plan op om die gewoonte stop te sit. Dink oor jou
slegte gewoonte en wat jy gaan doen om daarmee op te hou.
4 Gaan voluit voort met jou plan. Moet nooit ophou en moed
opgee nie. Dink aan ’n alternatief in die plek van die slegte
gewoonte.
5 Deur te konsentreer op jou positiewe plan, kan jy tot siens sê aan
jou slegte gewoonte.

(Verwerk uit: JIP, Die Burger, 30 Januarie 2012, bl. 4)

Post-lees: Vrae
1. Wat is die titel van die stuk? Gee die korrekte woord vir koebaai.
2. a) Noem die drie kleure wat gegee word.
b) Waaraan laat die drie kleure jou dadelik dink?
3. Watter boodskap word in die eerste paragraaf gegee?
4. Hoe gaan jy die slegte gewoonte stopsit?
5. Hoe moet jy met jou plan aangaan? Gee twee woorde uit die
groen lig.

• Dink na: Watter drie stappe moet jy neem om die slegte gewoonte te
breek?

40 Kwartaal 1 Week 5 en 6

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 40 2013/08/21 9:15 AM


Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Sinstruktuur, Paps, kan ons nie maar


direkte en indirekte rede liewer ’n selfoonkontrak
aangaan en ’n selfoon koop
nie? Die landlynfoon is te ver!

(Deur die skrywer)


1 2 3

Voeg woorde by om ’n sin uit te brei. Die volgorde van


sinstrukture in Afrikaans is tyd, wyse, plek.
• Die telefoon lui. (Basissin)
• Die telefoon lui nou. (Wanneer? – Tyd)
• Die telefoon lui nou hard. (Hoe lui die telefoon? – Wyse)
• Die telefoon lui nou hard in die kamer. (Waar? – Plek)

1. Sê wat die onderwerp, voorwerp en gesegde in die volgende sin is


(sinstruktuur): Die meisie se pa het ’n snor.
Voorbeeld: Die pa koop ’n selfoon.

onderwerp gesegde (werkwoord) voorwerp

2. Beantwoord die vraag en maak die sin langer. (sinstruktuur)


Die meisie hardloop.
a) Die meisie hardloop ___. (Hoe hardloop sy?)
b) Die ___ meisie hardloop ___. (Hoe lyk sy?)
c) Die mooi meisie met ___ hardloop vinnig. (Wat dra sy?)
d) Die mooi meisie met die jeans en ’n T-hemp hardloop ___
vinnig. (Wanneer hardloop sy?)
e) Die mooi meisie met die jeans en ’n T-hemp hardloop nou
vinnig ___ toe. (Waarheen hardloop sy?)
3. Gee die indirekte rede.
a) Die dogter vra: “Sal Pa nou vir my ’n selfoon koop?”
b) Die pa sê: “Dit is ’n briljante plan.”
4. Skryf die sin in die direkte rede.
Die ma sê dat sy baie gelukkig is omdat hulle ’n selfoon gaan koop.

3. Wakker loop! 41

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 41 2013/08/21 9:15 AM


Taalstrukture en -konvensies

Hersiening
1. Voltooi die idiome deur ’n woord in te vul. Skryf die sin uit.
a) Hy het geld soos ___ gemaak.
b) Hy het ’n goeie plan ___ om al sy skyfies te verkoop. (2)
2. Kies die regte woord uit die blokkie. (woordeskat in konteks)
koper identiteitsnommers partye op handtekeninge
te koopsom paaiemente

Die koper, Palesa Mohapi, en die verkoper, Peter Smith, is die twee
a) ___ in die kontrak. Die b) ___ sal R3 000 wees en die c) ___ moet
die iPad aan die einde van die volgende maand in twee d) ___
afbetaal. Die e) _____ en die f) ___ van albei die koper en die
verkoper verskyn op die kontrak wat g) ___ 2 Augustus h) ___
Polokwane geteken is. (8)
3. Verbind die sinne eers met want, dan met omdat (voegwoorde).
a) Danny kul vir David. Hulle het nie ’n geskrewe kontrak nie.
b) David maak goed geld. Hy koop en verkoop baie goed. (4)
4. Skryf die sinne oor en vul die hoofletters in waar nodig.
a) ek het mnr. van der merwe gevra om my te help.
b) sonder david de waal sou ek nie ’n fiets kon gekoop het nie. (4)
5. Skryf die woorde tussen hakies oor in die regte woordorde
(sinstruktuur).
a) Ons het (in die klaskamer/’n kontrak/gister) opgestel.
b) Môre (ek/sal/gee/vir hom/skyfies) om te verkoop. (2)
6. Stel ’n vraag waarop die woorde in vet druk die antwoord is.
a) Hy het gister ’n kontrak opgestel.
b) Sy sal volgende week haar koopsom afbetaal.
c) Hulle het die kontrak in Durban onderteken. (3)
7. Skryf die sin oor in die indirekte rede.
Die seun vra: “Wil jy regtig die fiets voetstoots koop?” (2)
8. Pas die sinsoort in kolom B by die soort sin in kolom A.
Kolom A Kolom B
a) “Allawêreld, ek is trots op jou!” i) Vraagsin
b) “Ek teken die kontrak.” ii) Stelsin
c) Het jy regtig jou eie kontrak opgestel? iii) Uitroepsin (3)
9. Skryf die volgende afkorting en verkorting uit.
a) mnr. b) hy’s (2)
Totaal: 30

42 Kwartaal 1 Week 5 en 6

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 42 2013/08/21 9:15 AM


4 Kook kos met kruie
In hierdie lesreeks gaan jy:
Luister en praat • oor ’n visuele teks praat
• na ’n dialoog luister en vrae beantwoord
• ’n onvoorbereide mondelinge aanbieding lewer
Lees en kyk: • ’n dialoog in rolle lees en soekleesvrae daaroor
Begrip beantwoord
• ’n gedig lees en vrae daaroor beantwoord
Letterkunde • ’n kortverhaal vluglees en vrae daaroor beantwoord
• Leesboek bl. 12: “Die poel waarop daar nog nooit ’n
rimpeling was nie” (volksverhaal)
• Leesboek bl. 92: “Sproeireën” (gedig)
Skryf en aanbied • ’n verhalende of beskrywende opstel skryf
• ’n opsomming van die gedig in drie reëls skryf
Taalstrukture en • werkwoorde in die verlede en toekomende tyd oorskryf
-konvensies • direkte en indirekte rede korrek gebruik
• idiomatiese uitdrukkings in sinne voltooi
• afkortings en verkortings uitskryf
• tussen feite en menings onderskei
• woorde in die korrekte volgorde in enkelvoudige sinne
oorskryf
• taalfoute identifiseer en redigeer
• woordeskat binne konteks aanleer

4. Kook kos met kruie 43

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 43 2013/08/21 9:15 AM


Luister en praat

Luister en praat: ’n Visuele teks


Pre-luister: Kyk na die prente van verskillende mense wat verskillende
soorte kos maak. Lees die soorte kos hardop.
Tydens luister: Sê wat julle op die prente sien.

1 2 3

4 5 6

44 Kwartaal 1 Week 7 en 8

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 44 2013/08/21 9:15 AM


Luister en praat

Post-luister: Hoe goed verstaan jy die prente?


Verdeel in groepe en voer die opdragte uit. Gesels met mekaar daaroor.
1. Maak ’n lys van al die disse wat gemaak word.
2. Vind uit wie in julle groep al van die kosse geëet het. Waar het jy die
kosse geëet? Was dit in Suid-Afrika?
3. Watter boodskap word deur die prente oorgedra?

Luister en praat: ’n Dialoog


Pre-luister
Gesels in die klas oor al die kookprogramme en -kompetisies wat op die
TV gewys word, soos Masterchef.
Tydens luister
Luister na die dialoog
wat twee keer
voorgelees gaan word.
Jy kan aantekeninge
maak terwyl jy luister.
Die opskrif van die
dialoog is:
Die kookkompetisie.
Post-luister
Beantwoord die vrae
skriftelik.
1. Waar ontmoet
Salwa en Andiswa
mekaar?
2. Waarom staan
Salwa en Andiswa
in ’n ry?
3. Noem TWEE dinge waaroor hulle gesels.
4. a) Het Salwa al vir ’n kompetisie ingeskryf? Motiveer.
b) Hoe verskil die kompetisies van mekaar?
5. Wat dink alle ma’s van hul dogters?
6. Wat gaan Andiswa kook?
7. Wat gaan Salwa kook?
8. Waarom kook Andiswa en Salwa tradisionele kosse?
9. Wat beteken dit as jou “mond water” (idioom)?
10. Wat beteken die idioom “dit gaan voor die wind”?

4. Kook kos met kruie 45

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 45 2013/08/21 9:15 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Tydskrifartikel


Pre-lees
Beantwoord eers die soekleesvrae voordat julle die tydskriftartikel lees.
1. Soek die Engelse woorde (in die skuins letters) en skryf die
Afrikaanse woorde daarvoor neer.
2. Hoeveel vraagsinne is daar in die artikel?
Tydens lees
Lees die tydskrifartikel hardop met gevoel.

Die beste en slegste van ’n braai


Ek vertel vir julle ’n kort storie ... Ek is laas Sondag na ’n braai toe en vir
die soveelste keer was die vleis droog, te gaar en gebrand.
Braai is deel van ons kultuur. Stry? Van hoeveel lande weet jy wat
nasionale braaidag het?
Die meeste Suid-Afrikaners kan nie wag om elke nou en dan ’n
braaitang in die hand te hê en ’n vleisie op die kole te gooi nie, of hoe?
Ons is versot op die geur wat die kole aan ons vleis gee en amper almal
word sommer van kleintyd af opgelei in braai-etiket. Waarom dan insist
die meeste mense op well done-vleis?
Dis hoe ek dink dit gebeur het – ’n Klomp boere het destyds almal om
’n braai gestaan en gesels ... Die kole was perfek – die vleis was omtrent
net reg, die perfekte kleur aan die buitekant en nog sappig en pienk in die
middel. Skielik hoor hulle die beeste bulk buite die kraal ... Die boere los
die vleis net daar op die kole en hardloop ...
Om ’n lang storie kort te maak, sort die boere die beeste uit, jaag hulle
weer in die kraal en stap rustig terug na hul braai. Ongelukkig is die vleis
nader aan kool as aan steak, maar die tye is swaar en die boere moes
maar hulle well done-vleis eet – en daar hét jy dit – well done – vleis word
deel van ons kultuur.
So, ek wil officially ’n request aan alle braaiers maak. Waarom haal ons
nie die vleis so ’n paar minute gouer van die kole af nie? Sodat daar nog
sappige pienk in die middel is.
(Deur Stefan Marais, sjef by Societi Bistro, Kaapstad)

Post-lees: Vrae
• Hoe hou jy van jou steak as julle braai? Goed gaar, medium of
half rou?
• Is daar ’n ek- verteller of ’n derdepersoonsverteller aan die
woord?
• Wie, dink jy, vertel die storie?

46 Kwartaal 1 Week 7 en 8

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 46 2013/08/21 9:15 AM


Luister en praat

Luister en praat oor kruie


Verdeel in groepe en gesels oor die
volgende stellings.
1. Kruie (herbs) is plante soos
kruisement (mint), basilie (basil),
tiemie (thyme) en vinkel (fennel).
2. Jy kan maklik self kruie plant.
3. Rooibostee word net in Suid-Afrika
gekweek.
4. Knoffel (garlic) is lekker in kos.
5. Hulle maak parfuum van laventel
(lavender).
6. ’n Mens gebruik kruie in jou kos
sodat dit lekkerder smaak.

Luister en praat: ’n Onvoorbereide toespraak


• Kies ’n onderwerp en lewer ’n mondelinge aanbieding:
1. Kruie kan ook medisyne wees
2. Rooibostee – trots Suid-Afrikaans
3. Kos bring mense bymekaar
Beplanning
• Organiseer jou inligting
samehangend, as jy genoeg tyd
het.
• Jou praatjie behoort ’n inleiding,
inhoud en slot te hê.
• Gebruik die gepaste woordeskat
en inligting wat jy al in die
lesreeks gelees het.
• Gebruik voorbeelde om jou
toespraak interessant te maak.
Aanbieding
• Praat duidelik en maak
oogkontak.
• Jou praatjie moet kort en effektief
wees.

4. Kook kos met kruie 47

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 47 2013/08/21 9:15 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Gedig


Pre-lees en tydens lees: Lees die gedig aandagtig deur en let op die
kenmerke van die gedig.
Rooibostee is Suid-Afrika se eie
Gebruik tiemie saam met hoenderdye
Vinkel opgekook keer die hoes –
Saam met heuning sal jy
ophou proes.
Roosmaryn smaak heerlik
saam met lamsboud
En kruisement proe goed
op roomys, ys, yskoud!

Het jy al aan laventel geruik?


Het jy al basiliekruid in sop
gebruik?
Kruie is lekker in baie kosse
en dit werk soos medisyne.
Kruie groei in berge en bosse,
Maar in my tuin plant ek self myne.
(Deur die skrywer)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig?


1. Gee jou eie titel vir die gedig.
2. Maak ’n lys van die sewe kruie wat in die gedig genoem word.
3. Wat beteken dit dat rooibostee “eie” aan Suid-Afrika is?
4. Waarvoor help vinkel?
5. Haal ’n versreël uit die gedig aan wat bevestig dat kruie suksesvol
in verskillende disse gebruik kan word.
6. Watter krui smaak lekker saam met nagereg?
7. Noem twee goed waarvoor kruie gebruik kan word.
8. Groei kruie net wild? Motiveer jou antwoord.
9. WAAR of ONWAAR: In die gedig is daar paarrym en kruisrym.
Motiveer jou antwoord deur al die rymwoorde neer te skryf.
10. Uit hoeveel strofes bestaan die gedig?
11. Watter boodskap word deur die gedig oorgedra?
Post-lees (vervolg): Maak ’n opsomming.
Som die gedig in DRIE reëls op. (Daar is drie hoofgedagtes in die
gedig.)

48 Kwartaal 1 Week 7 en 8

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 48 2013/08/21 9:15 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Kortverhaal


Pre-lees
1. Gesels oor jul gunstelingkos. Is daar iets spesiaals wat jou ma of jou
ouma vir jou maak om te eet? Is daar ’n spesifieke manier waarop
jou pa byvoorbeeld vleis braai of waarop jou ouma koekies bak?
2. Vluglees nou die kortverhaal deur net die onderstreepte gedeeltes
te lees. Sê waaroor jy
dink die leesstuk gaan.

Erfeniskos
Vandat ek klein-kind was,
het kos – my Ouma s’n – my
gefassineer. Die reuk van
haar kombuis – die stilte
daar, maar ook die klanke
van ’n kombuis, die reuk
daarvan – was vir my soos
’n konsertsaal.
Ek onthou in 1969 op die
plaas, Dassieshoek – distrik
Robertson, Ouma Nellie in
die kombuis. Sy was ’n regte
ouma, met die reuk van
eau-de-cologne (as kinders het ons gevra waar kom die reuk vandaan –
dan haal ouma die mooi botteltjie met die pers etiket uit en sê trots: “Oupa
het dit by KWV gekoop vir my.” KWV was vreeslik grênd in dié jare).
Ouma het haar eie brood gebak, groot witbrode met bruin korse, dan sny
Ouma dik snye af. Saam met die brood smeer ons plaas-se-botter en Ouma
se snipper-perskekonfyt daarop. Wanneer Oupa Koot van die lande kom, sit
hy by die kombuistafel vir sy brêkfis. Sy hoed met die tarentaalveertjie lê
langs hom, Kelpie, die skaaphond aan sy voete en Ouma Nellie skink vir
hom koffie.
Oupa skink die koffie met suiker gemeng in sy piering. Dan neem hy die
piering na sy mond op drie vingers en vat klein slukkies terwyl hy blaas-
blaas met elke sluk. Hy eet dan van die brood wat Ouma vir hom gesny het
en laat vir Kelpie wat heeltyd opkyk, stukkies val.
Ouma bak dan plaaseiers in botter, skep die gesmelte botter oor die eiers
soos dit stadig in die pan bak. Ouma gooi sout en fyn witpeper oor en dan
eet Oupa dit saam met plaaswors wat Ouma vroeër al klaargemaak het.
Ouma sê Oupa moet goed eet, want die dag is lank en Oupa het krag
nodig.

4. Kook kos met kruie 49

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 49 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

Na Oupa sy loop vat, het Ouma aan die


kook gegaan. Elke weeksdag was dit amper
dieselfde kos. Ouma het haar skaaptjops
in botter saam met aartappels gebak.
Al geursel was sout, witpeper en
naeltjies (cloves). Saam met die aansit-
kos was daar soetwortels uit die tuin,
versoet met die dorp se witsuiker, rys vir
die vleis se sous en KOO se ingemaakte
ertjies.
KOO se fabriek was anderkant Robertson net
voor Ashton. Dit was grênd in dié dae om Koo-ertjies te eet en Sondae
“canfruit” met vla en room. Ek het altyd die kersies uitgesoek, dit eenkant
van die bord geskuif en heel-heel laaste die kersie op my tong se punt gesit
– die soet stadig daaruit gesuig, totdat dit heeltemal verdwyn het.
Daardie tyd het Mina vir Ouma gehelp. Dit was in die huisie met die twee
slaapkamers, bo die gronddam, onder die bloekombome, langs die proteas
op die plaas met die naam Dassieshoek.
Niël Stemmet
(Aangepas en verkort uit: Sout en Peper, LAPA Uitgewers, 2010)

Tydens lees: Lees nou die hele verhaal en beantwoord die vrae.
Post-lees: Hoe goed verstaan jy die kortverhaal?
1. Wie is die verteller in die kortverhaal?
2. Waar speel die gebeure in die kortverhaal af?
3. Kies die korrekte woord: Die gebeure in die kortverhaal speel in die
(verlede/toekoms) af.
4. Skryf TWEE eienskappe van die karakters, Oupa en Ouma, neer
wat jy uit die kortverhaal kan aflei.
5. Wat is die tema van die kortverhaal?
6. Die volgende afkortings kom in resepte voor. Skryf dit uit.
a) g d) l
b) kg e) t.
c) ml f) temp.
7. Sê of die volgende feite of menings is.
a) Die plaas waar die verteller by sy
ouma en oupa gekuier het, se
naam is Dassieshoek. ’n Feit (fact) is iets
b) Die verteller se ouma se kos is die wat waar is, want dit het
lekkerste in die hele distrik van so gebeur. ’n Mening is
Robertson. ’n opinie, dis wat iemand
oor iets dink of voel, dis
nie noodwendig waar nie.
50 Kwartaal 1 Week 7 en 8

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 50 2013/08/21 9:16 AM


Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Werkwoorde

• ’n Werkwoord dui die aksie in die sin aan.


• ’n Enkelvoudige sin het EEN werkwoorddeel.

1. Soek die werkwoorde in die volgende sinne. Skryf hulle neer.


a) Ouma sny die kruie met ’n mes.
b) Sy het pietersielie in die bredie gegooi.
c) Sy knip ’n resep uit die tydskrif.
d) Ouma sal tiemie in die tuin plant.

• Hulpwerkwoorde help om die tyd van die sin aan te dui.


• het + ge- + werkwoord = verlede tyd (Werkwoorde wat begin
met be-, ge-, her-, er-, ont-, ver- kry NIE ’n ge- in die verlede tyd
NIE.) Gebruik het + ge- in die verlede tyd.
• sal + werkwoord = toekomende tyd Gebruik sal in die
toekomende tyd.

2. Skryf die sinne in die verlede tyd en in die toekomende tyd.


a) Oupa plant laventel in die tuin. Hy het ... Hy sal ...
b) Die kleinseun onthou die kos uit sy ouma se kombuis.
c) Sy vergeet die knoffel.
d) Sy kerf die boontjies met ’n skerp mes.

Onthou • Sommige werkwoorde is skeibaar.


• In die teenwoordige tyd is die twee deeltjies geskei en
omgeruil, bv. skep ... in; in die verlede tyd word dit
verbind met -ge-, bv. in + skep word ingeskep.

3. Skryf die sinne in die verlede tyd en in die toekomende tyd.


a) Sy gooi ’n knippie sout in. Sy het ... Sy sal ...
b) Sy skeur die resep uit.
c) Sy knip ’n kruieblaar af.
4. Skryf die woorde in die korrekte volgorde om ’n enkelvoudige
sin te maak (woordorde).
a) Sy (die uie) (sny) (’n skerp mes) (met).
b) Hy (twaalf) (bak) (in ’n uur) (pannekoeke).
c) Die kok (tiemie) (in die tuin) (soggens) (pluk).
d) Sy (vinnig) (kook) (heerlike sop) (op die stoof).

4. Kook kos met kruie 51

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 51 2013/08/21 9:16 AM


Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Direkte en indirekte rede en


idiomatiese uitdrukkings

• Die direkte rede is die woorde wat iemand sê. Die woorde staan
in aanhalingstekens.
• Die indirekte rede is NIE in aanhalingstekens NIE.
• Die voornaamwoorde verander na die derde persoon. Ek word
sy en haar as dit ’n meisie is. Ek word hy en sy as dit ’n seun is.
• ’n Stelsin gebruik dat.
• ’n Vraagsin gebruik of.
• Bywoorde van tyd en plek verander:
hier – daar hiernatoe – daarnatoe
vandag – daardie dag gister – die vorige dag
môre – die volgende dag
Kyk wat alles verander as
Die vrou sê: “Ek bak vandag ’n koek met die sin in die indirekte rede
laventelgeursel.” Dit verander so: oorgeskryf word.
Die vrou sê dat sy daardie dag ’n koek
met laventelgeursel bak.

1. Skryf die sinne in die indirekte rede.


a) Die man vra: “Het die kok peper in die
kos gegooi?” Het jy geweet?
b) Die kok sê: “Ek gebruik nie ’n stomp As ’n mens sê:
mes nie.” Iemand se taal is
c) Die man sê: “Die lemoen sal môre nog gekrui, beteken dit
bitter smaak.” hy of sy gebruik
d) Sy sê: “Ek skei die eierwit en die vloekwoorde.
eiergeel.”
e) Hy vra: “Kan ek hierdie komkommer rasper?”
2. Voltooi die idiome deur die korrekte woord uit die
blokkie te kies.
meel pap

a) As die muis dik is, is die ______ bitter:


beteken as jy genoeg geëet het, smaak die
kos nie meer lekker nie.
b) As dit _____ reën, moet jy skep: beteken jy
moet van goeie geleenthede gebruik maak.

52 Kwartaal 1 Week 7 en 8

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 52 2013/08/21 9:16 AM


Skryf en aanbied

Skryf: ’n Verhalende of beskrywende opstel Formele


assessering
Kies een van die volgende onderwerpe en skryf ’n
verhalende of beskrywende opstel van 210–250 woorde:
• Die dag toe Ma siek is en ek moet kosmaak
• My eerste besoek aan ’n restaurant
• As Pa begin vleis braai ...
Pre-skryf
• Kies een van die onderwerpe.
• Maak ’n kopkaart met ’n paar gedagtes wat jou
storie kan vorm terwyl jy beplan.
• Maak ’n lys gepaste woorde wat jy in jou opstel kan gebruik.
• Dink aan ’n treffende openingsin.
• Dink hoe jou storie gaan eindig (die slot).
Skryf ’n konsep
• Skryf die sinne in logiese volgorde, in paragrawe wat logies
skakel.
• Gebruik die verlede tyd om jou storie te vertel (verhalende
opstel). Dit moet ’n goeie storielyn hê.
• Gebruik beskrywende woorde (in die beskrywende
opstel) om ’n prentjie te skep.
• Gee ’n titel vir jou opstel.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
• Volg jou sinne logies op mekaar?
• Bevat elke paragraaf ’n hoofgedagte?
• Het jy ’n treffende inleiding geskryf?
• Het jy ’n ongewone einde gebruik?
• Het jy jou werk gelees?
• Het jy gesoek vir spelfoute en ’n woordeboek gebruik?
• Het jou opstel ’n titel?
• Is jou werk netjies? Totaal: 20
Woorde wat jy kan gebruik
bestanddele (ingredients)) metode (method)
method
method)
klits (beat) roer (stir)
sny (cut) prut (simmer)
gooi (pour) kook (boil )
bak (bake) braai (fry)
spyskaart (menu) kelner (waiter))
kok (chef)

4. Kook kos met kruie 53

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 53 2013/08/21 9:16 AM


Taalstrukture en -konvensies

Hersiening
1. Skryf die sinne eers in die verlede tyd, en dan in die toekomende
tyd.
a) Salwa en Andiswa skryf vir ’n kookkompetisie in.
b) Salwa kook vissop.
c) Andiswa maak paptert.
d) Ouma skink Oupa se koffie in.
e) Die kleinseun onthou sy ouma se lekker kos.
f) Hy vergeet dit nooit nie. (6)
2. Skryf die sinne in die indirekte rede.
a) Oupa sê: “Die kos is baie lekker.”
b) Die kleinseun sê: “Ek hou baie van suiker in my koffie.”
c) Ouma vra: “Het jy lekker geëet?”
d) Andiswa vra vir Salwa: “Gooi jy kruie in jou vissop?”
e) Salwa sê: “Ek gooi ’n bietjie kerrie in my vissop.”
f) Die twee meisies sê: “Ons het nou so lekker gesels.” (6)
3. Skryf die woorde in die korrekte volgorde om ’n enkelvoudige
sin te maak.
a) Sy (vir die kinders) (elke dag) (maak) (toebroodjies).
b) Hy (in die tuin) (braai) (Saterdae).
c) Sy (die lamsboud) (versigtig) (in die oond) (sit). (3)
4. Kies die beleefde antwoorde uit die blokkie.
a) Wil jy koffie hê?
b) Hier is jou bord kos.
c) Dankie dat jy my gehelp het. (3)
Dankie. Dis ’n plesier. Ja, asseblief.

5. Verbeter die taalfoute (remediëring). (Die foute is in vet druk.)


Ek ken van ’n meisie wie heerlike kos kan kook. Sy dink sy eie
resepte uit en tower dan met sy kos. Sy weet al die resepte,
omdat sy het dit by sy ouma geleer het. (7)
Totaal: 25

54 Kwartaal 1 Week 7 en 8

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 54 2013/08/21 9:16 AM


5 Jou eie mense
In hierdie lesreeks gaan jy:
Luister en praat • aan ’n klasgesprek deelneem
• ’n onderwerp in groepe bespreek
• na ’n berig luister en vrae daaroor beantwoord
• ’n mondelinge aanbieding lewer
Lees en kyk: • ’n koerantberig lees en vrae oor die inhoud en
Begrip kenmerke daarvan beantwoord
• ’n gedig lees en vrae daaroor beantwoord
Letterkunde • Leesboek bl. 50: “Die dae van die rooi vlieër” (storie)
• Leesboek bl. 75: “’n Pa vir Saterdag” (storie)
Skryf en aanbied • ’n paragraaf skryf
• ’n artikel skryf
Taalstrukture en • oefen om voornaamwoorde reg te gebruik
-konvensies • met register werk
• jou woordeskat uitbrei
• oefen om tye reg te gebruik
• sinsdele in die regte orde plaas
• met afkappingstekens, aanhalingstekens en ander
skryf- en leestekens werk
• met idiome werk
• met letterlike en figuurlike betekenis werk
• met alliterasie, assonansie en personifikasie werk
• saamgestelde sinne vorm
• met vraagsinne werk

5. Jou eie mense 55

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 55 2013/08/21 9:16 AM


Luister en praat

Luister en praat: ’n Klasgesprek oor


gesinne en families
Regoor die wêreld is daar verskillende soorte gesinne: party kinders bly
saam met een ouer (net by hulle pa of ma), party kinders woon saam
met baie familielede in een huis, ander kinders woon by albei ouers,
party kinders het nie meer ouers nie en bly by familie of in ’n weeshuis
(orphanage). Kyk na die foto’s en praat oor die verskillende gesinne.

Luister en praat: ’n Groepbespreking


Verdeel in groepe van vier. Gesels oor julle gesinne (julle pa’s, ma’s,
broers of susters) of oor julle families (julle oupas en oumas, ooms en
tannies, neefs en niggies).

56 Kwartaal 1 Week 9 en 10

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 56 2013/08/21 9:16 AM


Luister en praat

Hier is vrae om te help:


• Hoeveel broers en susters het jy?
• By wie bly jy? By jou ouers, jou ouma en oupa, of dalk iemand
anders?
• Bly jou ouma of enige ander familielid by julle?
• Wat doen julle as gesin of familie saam?
• Voel jy soms nader aan sommige familielede as aan ander?
Skryf en aanbied
Skryf en aanbied: ’n Paragraaf
Skryf ’n paragraaf oor jou gesin. Jou paragraaf moet uit ’n kernsin (topic
sentence) en sewe of agt ondersteunende sinne (supporting sentences)
bestaan. Beplan dit logies, skryf die konsep. Redigeer dit en herskryf
dit vir aanbieding.

5. Jou eie mense 57

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 57 2013/08/21 9:16 AM


Luister en praat

Luister en praat: Oefen jou luistervaardighede


Pre-luister
Wanneer is ’n gesin gelukkig, dink jy? Gesels daaroor.
Tydens luister
• Luister terwyl ’n koerantberig die eerste keer
voorgelees word.
• Lees die lys woorde en die vrae hieronder aandagtig deur.
• Luister na ’n tweede voorlesing van die teks en maak aantekeninge
oor die antwoorde vir die vrae.
Post-luister
Beantwoord die onderstaande vrae.
1. Watter twee woorde in die opskrif sê waaroor die berig handel?
2. In ’n koerantberig word belangrike inligting gewoonlik heel aan die
begin gegee. Watter inligting kry ons aan die begin van hierdie berig?
3. Met hoeveel tieners is daar onderhoude gevoer?
4. Skryf die ontbrekende woord neer: Temba Peyi sê ouers moet
daarvan ____ om kinders in die huis te hê.
5. Wat is ’n goeie plan as ouers en kinders elke dag tyd saam wil
deurbring, volgens Chantal?
6. Skryf die ontbrekende woord neer: Volgens Sarah sal ons land ’n
positiewe toekoms hê as ons van jongs af leer om ____ vir ander
mense te toon.
7. Noem een rede waarom Johan dink kinders moet hul probleme met
hul ouers bespreek.
8. Skryf die ontbrekende woord neer: Die laaste paragraaf som die
berig op deur te sê dat ____ die sleutel tot ’n gelukkige gesin is.
9. Is die volgende stelling waar of onwaar? Gee ’n rede
vir jou antwoord.
Die berig sê net wat ouers moet doen om ’n
gesin gelukkig te maak.
10. Watter een van die volgende woorde beskryf
die berig se toon en taalgebruik die beste, dink jy?
informeel, formeel, informatief

W navorsing: research; ’n studie om meer oor iets uit te vind


onderhoud: interview; ’n gesprek waarin vrae aan iemand gestel word om
inligting te kry

58 Kwartaal 1 Week 9 en 10

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 58 2013/08/21 9:16 AM


Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Voornaamwoorde


(persoonlik en besitlik) en register
Leer die voornaamwoorde (pronouns) en voer die opdragte uit.
Persoonlike voornaamwoorde Besitlike voornaamwoorde
Ek lees ’n boek. Dit is my boek; die boek is myne.
Sy lees ’n boek. Dit is haar boek; die boek is hare.
Hy lees ’n boek. Dit is sy boek; die boek is syne.
Ons lees ’n boek. Dit is ons boek; die boek is ons s’n.
Julle lees ’n boek. Dit is julle boek; die boek is julle s’n.
Hulle lees ’n boek. Dit is hulle boek; die boek is
hulle s’n.

Onthou • Dit is ook ’n voornaamwoord, bv. Dit is ’n boek.


• Die woord dis beteken dit is.

1. Herskryf Chantal se woorde asof jy dit


aan iemand anders oorvertel. Vul die In ons huis is dit
regte voornaamwoorde in. belangrik dat ons
Chantal sê in (a. ____ ) huis is dit saam eet. Dan bestee
belangrik dat (b. ____ ) saam eet. Dan ek, my broers en my
bestee (c. ____ ), (d. ____ ) broers en ouers tyd saam.
(e. ____ ) ouers tyd saam.
2. Herskryf Johan se woorde deur die regte
voornaamwoorde in te vul. Ek dink ons ouers
kan vir ons raad gee
Johan sê (a. ____ ) dink (b. ____ ) ouers oor hoe om probleme
kan vir (c. ____ ) raad gee oor hoe om te hanteer. Dis goed
probleme te hanteer. Dis goed as as my ma weet
(d. ____ ) ma weet wanneer (e. ____ ) wanneer ek deur ’n
deur ’n moeilike tyd gaan. moeilike tyd gaan.

Register verwys na hoe formeel of informeel ’n mens praat of


skryf.
In formele situasies en vir respek gebruik ’n mens die
voornaamwoord u in die plek van jy en julle, byvoorbeeld:
• “Is dit u boek, Mevrou?”
• “Stem u saam, Dames en Here?”

5. Jou eie mense 59

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 59 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Koerantberig


Pre-lees: Kyk na die titel en voorspel wat in die berig staan.
Tydens lees: Lees die berig aandagtig deur.

Oumas gee om
1 Om meer agter te kom oor hoe oumas hul rol in hul
gesinne en families sien, het Nicky Naudé met ’n
paar oumas gaan gesels.
2 Oumas speel ’n groot rol in baie families –
hulle gee tyd, hulle gee raad en hulle gee liefde.
3 Ouma Rasheeda Parker woon saam met haar dogter
Elisabeth en haar drie kleinkinders teen die hang
van die berg in Ocean View. Elisabeth werk bedags
en die twee oudste kinders is op skool. “Klein Abie is
die appel van my oog,” sê ouma Rasheeda. “Wanneer
my dogter en die twee oudste kinders bedags uit is,
is dit net ek en Abie hier. Ek trek hom aan, versorg
hom, en hy gee vir my hande vol liefde.”
4 Sal ouma Rasheeda nie liewer op haar eie wil woon
nie? “Nee, ek en Elisabeth en die drie kinders is ’n
gesin. Ons hoort saam.”
5 Ouma Thembisa Witbooi woon alleen in ’n huisie
in Masiphumelele naby Vishoek, waar sy vyf dae van die week werk. Sy kom
van Humansdorp in die Oos-Kaap en dit is waar haar kinders en kleinkinders
woon. Hoe gereeld sien sy haar familie? “Ek sien hulle elke Desember as ek
vir ’n maand huis toe gaan. Dit is die kosbaarste 30 dae van my jaar,” sê ouma
Thembisa. “Ek koop vir die kinders nuwe skoene en klere hier in die Kaap en
neem dit dan op die bus saam met my wanneer ek huis toe gaan.”
6 Sal ouma Thembisa graag naby haar kinders en kleinkinders wil woon? “Ek
kan nie wag tot ek aftree nie, want dan sal ek na aan my mense kan wees.”
7 Ouma Brenda Gibson van Kommetjie is baie bly dat haar twee getroude
dogters naby haar woon. “Ek en oupa John sal verstaan as die kinders se
werk hulle na ’n ander plek moet neem, maar dis vir ons almal lekker om net
in die motor te kan spring en binne tien minute by mekaar te kan wees.”
8 En wat van die kleinkinders? “My oudste dogter se kinders is op hoërskool,
en hulle hou daarvan om oor naweke hiernatoe te kom. Dan bring hulle hul
branderplanke saam en ons sien hulle net vir ontbyt en vir aandete! Heerlik!
Klein Katy, wat nou vier is, word gereeld hier afgelaai as haar ma weg van die
huis af moet werk. Sy is te dierbaar. Sy help my met tuinwerk en ken nou al
baie van die blomme se name! Sy’s my slim kind!”
9 Ja, oumas is beslis belangrik in baie mense se lewens!
(Uit: Suid-Skiereiland Nuus, Maart 2012)

60 Kwartaal 1 Week 9 en 10

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 60 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

W branderplank: surfboard; plank waarmee


’n mens op die branders in die see ry
raad: advice; iets wat jou kan help om ’n
probleem op te los

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die koerantberig? Formele


assessering
1. Wat gee oumas alles vir hul families? Haal drie
afsonderlike woorde uit paragraaf 2 aan. (3)
2. Trek die tabel in jou boek oor en vul die inligting oor elke
ouma in. (6)
Ouma Ouma Ouma
Rasheeda Thembisa Brenda
Op watter plek woon sy?
Saam met wie woon sy?

3. Wie is Abie? (1)


4. Is die volgende stelling waar of onwaar? Haal ’n sin aan om
jou antwoord te staaf.
Ouma Rasheeda is baie lief vir Abie. (2)
5. Wat bedoel ouma Rasheeda wanneer sy sê “Hy gee vir my
hande vol liefde”? (1)
6. Haal ’n sin aan wat wys ouma Rasheeda wil graag by haar
dogter woon. (1)
7. Wil ouma Thembisa in Masiphumelele woon? Verduidelik. (2)
8. Hoe lank elke jaar sien ouma Thembisa haar kinders? (1)
9. Op watter manier help ouma Thembisa haar kleinkinders? (2)
10. Skryf die ontbrekende woord neer: Ouma Thembisa gaan
weer naby haar kinders en kleinkinders woon wanneer sy ____. (1)
11. Hoe lank neem dit vir ouma Brenda se dogters om na hulle ma
te ry? (1)
12. Verduidelik waarom ouma Brenda se kleinkinders graag by haar
kom kuier. (2)
13. Haal ’n sin aan wat wys ouma Brenda is:
a) trots op Katy
b) baie lief vir Katy. (2)
Totaal: 25

5. Jou eie mense 61

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 61 2013/08/21 9:16 AM


Luister en praat

Praat: ’n Mondelinge aanbieding oor ’n artikel


Jy gaan ’n praatjie lewer oor ’n artikel wat jy gelees het. Jy kan oor die
artikel oor oumas op bladsy 60 praat of jy kan ’n ander artikel kies.
Die artikel wat jy kies, moet by die tema van “Jou eie mense” pas.
Jou praatjie moet twee tot drie minute lank wees.
Beplanning, navorsing en organisering
• Besluit oor watter artikel jy ’n praatjie gaan lewer.
• Beplan wat jy aan die begin, in die middel en aan die einde van jou
praatjie gaan sê.
– Begin: Sê wat die titel van die artikel is.
– Middel: Vertel waaroor die artikel handel.
– Einde: Sê of jy van die artikel gehou het en waarom.
• Organiseer jou idees in ’n logiese volgorde.
• Skryf jou praatjie uit en oefen om dit te lewer.
Voorbereiding en aanbieding
• Spreek woorde duidelik uit en praat hard genoeg.
• Maak oogkontak met jou gehoor.
• Praat soms vinniger, soms stadiger.
• Gebruik pouses om jou woorde te laat insink.
• Maak seker jou styl en taalgebruik pas by die doel van jou praatjie.
• Jy kan soms gebare (gestures) gebruik om jou woorde te beklemtoon,
maar moenie dit oordoen nie.
Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Tye en woordorde


in enkelvoudige sinne
1. Skryf die sinne in die teenwoordige tyd.
a) Die hele familie het my verjaardag gevier.
b) Ons sal gedurende die vakansie by
my ouma gaan kuier.
2. Skryf die sinne in die verlede tyd.
a) Ek het my ouma se telefoonnommer.
b) Sy is altyd baie vriendelik. Lees die
c) Ons wil by haar gaan kuier. inligting oor
3. Skryf die woorde in die regte volgorde neer. tye op bladsy
a) Ek (nou) (gaan) (winkel toe) (gou). 249 tot 252.
b) Ons (my ouma se verjaardag) (môre) (vier).

62 Kwartaal 1 Week 9 en 10

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 62 2013/08/21 9:16 AM


Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Af kappingstekens


en aanhalingstekens


’n Afkappingsteken is ’n skryfteken en word gebruik:
• in die meervoud en verkleinwoord van woorde wat
’tjie;
op i, o, u en ’n beklemtoonde a eindig, bv. ski’s, ski’tjie;
foto’s, foto’tjie; skadu’s, skadu’tjie; ma’s, pa’tjie maar::
oumas, oupas, babas (sonder ’n afkappingsteken).
• as ’n deel van ’n woord in ’n verkorting weggelaat domino
word, bv. Ouma Brenda sê: “Sy’s (sy is) dierbaar!” – domino’s

’n Aanhalingsteken is ’n leesteken. Gebruik dit so:


• voor en na iemand se direkte woorde, bv. Ouma
Rasheeda sê: “Klein Abie is die appel van my oog.”
• by ’n aanhaling, bv. Ouma Brenda sê Katy is “dierbaar”.
dierbaar”

Vul afkappingstekens en aanhalingstekens in.


1. Ouma Thembisa sê: Ek kan nie wag tot ek aftree nie.
2. Klein Abie weet hys gelukkig om so ’n liewe ouma te hê.
3. Ouma Brenda sê haar kleinkind is ’n slim kind.
4. Sys dierbaar, sê ouma Brenda.
5. Daar is taxis waarmee die kinders en hul mas en pas kan ry.

Taal in konteks: Skryftekens en spelling


1. Skryf die sinne oor met die nodige kappies, deeltekens,
koppeltekens, afkappingstekens en aksenttekens.
a) Hierdie fotos het in ’n koerant in KwaZuluNatal verskyn.
b) ’n Leerder in die graad 9 klas is die beste in Suid Afrika.
c) Terwyl dit reen, sit die voels op ’n tak in die eikeboom.
d) Ons het genoeg geeet, ne?
e) Die dogter dink haar ma hulle is die beste ouers in die wereld.
2. Kies die korrekte woord tussen hakies.
a) Ouma Rasheeda (sê/se) sy hoort by haar dogter.
b) Elisabeth weet haar ma (spieël/speel) ’n groot rol in haar lewe.
c) Ouma Thembisa werk vyf (dae/daë) ’n week.
d) Katy se (oumas/ouma’s) en (oupas/oupa’s) is trots op haar.
e) Ouma Brenda (hêt/het) nog altyd plante liefgehad.

5. Jou eie mense 63

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 63 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Gedig: Werkende vrou


Pre-lees: Verdeel in groepies van twee en gesels oor die volgende vrae:
• Watter werk wil jy eendag doen?
• Wil jy ’n gesin hê? Hoeveel kinders sal jy graag wil hê?
• Hoe gaan jy ’n balans hou tussen jou gesin en jou werk?
• Dink jy dit is moeiliker vir vroue as vir mans om te werk en ’n gesin
te hê?
Tydens lees: Julle gaan ’n gedig lees oor ’n vrou wat haar hele lewe lank
werk en uiteindelik voel dat sy haar gesin afgeskeep (neglected) het. Sy
besef dat sy eintlik nie genoeg tyd aan haar man en kind bestee het nie.
Werkende vrou ’n Verduideliking
ek het die son gegroet, Strofe 1: Die spreker in die gedig is ’n
my huis, my man , vrou, ’n ma, wat werk. Sy gaan soggens
die lug se voëls; as die son opkom uit haar huis uit om te
my kind getroos: gaan werk. Sy sien die somervoëls in die
toe maar Mammie sal nou- lug. (Die verwysing na die somer
nou weer kom; beteken die vrou is nog jonk.) Sy groet
met my koplamp haar man en troos haar kind en sê dat sy
en ’n toebroodjieblik nie lank weg sal wees nie.
vir ’n dagskof afgedaal Strofe 2: Die vrou vergelyk haar
in die skag daaglikse werk met dié van ’n mynwerker
en toe ek na halfvyf wat onder die grond werk. ’n Mynwerker
weer uit die hysbak klim dra gewoonlik ’n koplamp sodat hy in
was my kind al groot, die donker kan sien. Hy neem sy kos vir
my man was grys die dag in ’n toebroodjieblik saam. Hy
en die swaels het reeds gaan met ’n skag in die myn af om vir
vertrek met die jaar se die hele dag onder die grond te werk.
somervlug Strofe 3: Die spreker sê dat sy aan die
Eveleen Castelyn einde van die werksdag huis toe gaan.
(Uit: Tussen hemel en aarde, (Hierdie dag verwys na die vrou se lewe.)
Human & Rousseau, 1978) Sy besef skielik: haar kind het intussen
grootgeword, haar man het oud geword
en grys hare gekry en die swaeltjies wat
somervoëls is, het reeds na warmer lande
Onthou, die vrou het nie vertrek; die somer is verby en die winter
regtig in ’n myn gewerk van haar lewe het aangebreek – dit
nie; in strofe 2 vergelyk beteken sy het ook intussen oud geword.
sy net haar werk met
dié van ’n mynwerker.

64 Kwartaal 1 Week 9 en 10

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 64 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

W troos: comfort, console; om iemand se hartseer minder pynlik te maak


koplamp: headlamp; ’n lamp wat mynwerkers aan hulle koppe dra
toebroodjieblik: lunch box; houer waarin broodjies of ander kos gepak
word
dagskof: day shift; werktyd gedurende die dag
afgedaal: went down, descended; afgegaan
skag: shaft; ’n uitgrawing in ’n myn waarin ’n hysbak op en af kan ry
swaels: swallows; swaeltjies, voëls wat in die herfs na warm lande toe vlieg
somervlug: summer flight; vlug van swaeltjies na warmer lande

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig?


1. Hoe weet ons dat dit vroeg in die dag is wat die werkende vrou haar
huis verlaat? Haal een versreël uit strofe 1 aan.
2. Hoe weet ons dat die kind aan die begin van die gedig nog jonk is?
3. Noem vyf dinge wat die vrou groet voordat sy werk toe gaan.
4. Skryf die ma se trooswoorde aan haar kind neer.
5. Haal vier afsonderlike woorde in strofe 2 aan wat na ’n
mynwerker se wêreld verwys.
6. Dink jy die werkende vrou is ’n mynwerker? Hoekom sê jy so?
7. Drie van die antwoorde voltooi die volgende vraag korrek: Tot hoe
laat werk die vrou elke dag?
Watter antwoord is nie korrek nie?
a) 16:30 c) halfvyf
b) 17:30 d) 4.30 nm.
8. Skryf die laaste reël neer en onderstreep die alliterasie daarin.
9. Voltooi die sin deur somer en winter op die regte plek in te vul.
In die (a. ___ ) van die vrou se lewe, as sy nog jonk is, gaan sy werk
en groet sy haar gesin by die huis. In die (b. ___ ) van haar lewe kom
sy na ’n leeftyd van werk terug en sy besef sy en haar man het oud
geword en haar kind het intussen grootgeword.
10. Som elke strofe in die gedig in een sin op.
11. Watter woorde word in die eerste en die laaste strofe herhaal?
12. Hoe laat die gedig jou voel?
13. Watter sin som die gedig die beste op? Kies die regte antwoord.
a) Die werkende vrou het haar lewe lank met ’n koplamp in ’n myn
gewerk en elke dag getrou werk toe gegaan.
b) Alhoewel die vrou haar hele lewe lank gewerk het om haar gesin
te help, besef sy dat haar gesinslewe by haar verbygegaan het.

5. Jou eie mense 65

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 65 2013/08/21 9:16 AM


Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Artikel


Skryf ’n artikel oor ’n interessante mens of interessante mense in jou
gesin of familie. Jou artikel moet 140 tot 160 woorde lank wees.
Pre-skryf
Lees die onderstaande kenmerke van en wenke vir die skryf van ’n
artikel.

• ’n Artikel handel oor ’n interessante onderwerp of ’n


interessante gebeurtenis wat plaasgevind het.
• ’n Artikel het ’n treffende titel.
• ’n Artikel bestaan uit ’n begin, middel en einde.
• Die inleidende paragraaf lei die gebeure in ’n sin of twee in.
• Die paragrawe in die liggaam van die artikel brei uit op die
inleiding.
• Name, plekke, tye en ander besonderhede moet ingesluit
word.
• Haal mense direk aan, indien gepas.
• Die taal en styl moet by die doel pas.
• Inligting moet duidelik en logies geskryf word.
• Prente of foto’s kan ingesluit word om die artikel interessant
te maak.
• ’n Treffende slot vat alles saam.

• Maak seker jy verstaan die opdrag.


• Lees weer die artikel op bladsy 60 en kyk na die struktuur daarvan.
• Gebruik ’n kopkaart om jou artikel te beplan.
Skryf ’n konsep
• Gebruik jou beplanning en skryf die eerste weergawe van jou artikel.
• Maak seker dat jy die riglyne (guidelines) hierbo volg.
• Skryf die korrekte lengte (140 tot 160 woorde).
• Gebruik die regte styl, toon en register.
Kies ’n
gepaste titel!

Hersien, redigeer, proeflees en aanbied


• Lees deur jou artikel en verander alles waarmee jy nie tevrede is nie.
• Skryf jou artikel netjies oor en maak seker dat die lengte reg is.
• Lees weer deur jou artikel en sorg dat alles korrek en netjies is.

66 Kwartaal 1 Week 9 en 10

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 66 2013/08/21 9:16 AM


Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Voornaamwoorde


(vraend en aanwysend)

Begin ’n vraagsin met ’n vraende voornaamwoord:


• Wie ken my ouma? • Wat weet jy van haar?
Aanwysende voornaamwoorde is woorde
soos “hierdie” en “daardie” in sinne soos:
• Hierdie familie van my is baie interessant.
• Was jy al in daardie mense se huis?

Kies die korrekte woorde tussen hakies.


1. (Wie se/Wie/Wat) ouers kom na die konsert?
2. (Wie se/Wie/Wat) gaan hulle by die ingang verwelkom?
3. (Wie se/Wie/Wat) gaan ons vir hulle gee om te eet?
4. (Hierdie/Daardie) seun wat saam met my is, is (hierdie/daardie)
vrou daar ander kant se seun.
5. (Hierdie/Daardie) jaar is een van die lekkerste jare in my lewe.

Taal in konteks: Idiome, letterlike en figuurlike


betekenis, alliterasie, assonansie en personifikasie
1. Pas elke verklaring regs by ’n idioom links.
Idioom Verklaring
a) Elke huis het sy kruis. Geen kinders of familie hê nie.
b) Die appel val nie ver van die Elke gesin het sy eie probleme.
boom nie.
c) Nóg kind nóg kraai hê. Die kind aard na sy ma of pa.

2. Kies die korrekte woorde.


a) Die herhaling van die ui-klank “Elke huis het sy kruis” is ’n
voorbeeld van (alliterasie/assonansie).
b) In “Nóg kind nóg kraai hê” is die herhaling van die n en die k
voorbeelde van (alliterasie/assonansie).
c) “Elke huis het sy kruis” het ’n (letterlike/figuurlike) betekenis.
3. Verduidelik die personifikasie in die volgende sin.
In my ouma se huis hoor ek altyd hoe huil die wind om die hoeke.

Personifikasie: ’n
lewelose ding kry
lewende eienskappe.
5. Jou eie mense 67

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 67 2013/08/21 9:16 AM


Taalstrukture en -konvensies

Hersiening Formele assessering

Lees die grappies en beantwoord die vrae wat daarop gebaseer is.

Grappie 1 Grappie 2
“Hou nou op huil, “Ma, kan ek nog ’n
Danny!” glas water kry,
“My skoene druk asseblief?”
my, Pa.” “Liewe land, Devi!
“Danny, jy het jou Dis die tiende glas
skoene aan die water in vyf
verkeerde voete!” minute!”
“Dis dan die enigste voete wat ek “Ek weet, maar my kamer is aan
het!” die brand!”

(Deur die skrywer)

1. Skryf die sinne met die nodige leestekens en hoofletters oor.


a) danny sê my skoene druk my pa (3)
b) devi vra vir haar ma ma kan ek nog ’n glas water kry
asseblief (3)
c) die ma sê liewe land devi dit is die tiende glas water (3)
2. Skryf die sinne met die nodige skryftekens oor.
a) Danny het gese: “Vroeer was my voete nie so seer nie.”
b) Sys kort kort in die kombuis om nog ’n glas water te kry. (4)
3. Skryf die ontbrekende woorde neer (voornaamwoorde).
a) Danny sê vir ____ pa dat sy skoene ____ druk. (2)
b) Devi ____ ma roep uit dat dit die tiende glas water is
wat ____ kom haal. (2)
c) Devi sê ____ weet, maar ____ kamer is aan die brand. (2)
4. Verbind die sinne met die voegwoord tussen hakies.
a) Danny sê. Sy skoene druk hom. (dat)
b) Sy voet is seer. Sy skoene druk hom. (want)
c) Devi vra. Sy kan nog ’n glas water kry. (of) (3)
5. Gee een woord vir die woorde tussen hakies.
Devi sê haar (kamer waar sy slaap) is aan die brand. (1)
6. Verander die sinne na vraagsinne.
a) Danny se skoene druk hom.
b) Devi se kamer is aan die brand. (2)
Totaal: 25

68 Kwartaal 1 Week 9 en 10

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 68 2013/08/21 9:16 AM


6 Op safari
In hierdie lesreeks gaan jy:
Luister en praat • na inligting in ’n brosjure luister
• na ’n storie luister en vrae daaroor beantwoord
• aan ’n groepbespreking deelneem
• vrae in groepe bespreek
• ’n testament bespreek
Lees en kyk: • vrae oor ’n brosjure beantwoord
Begrip • ’n opsomming maak
• ’n testament lees
• ’n kortverhaal lees en vrae daaroor beantwoord
Letterkunde • vrae oor ’n gedig beantwoord
• Leesboek bl. 82: “Die kameelperd” (gedig)
Skryf en aanbied • inligting klassifiseer
• ’n dagboekinskrywing skryf
Taalstrukture en • oefen om reg te spel
-konvensies • voor- en agtervoegsels gebruik om nuwe woorde te
maak
• oefen om die korrekte vorm van woorde te gee
• samestellings vorm
• oefen om reg te spel
• met afkortings werk
• letterlike en figuurlike betekenis, asook veralgemening
identifiseer
• jou woordeskat uitbrei
• met punktuasie in die direkte rede en met
voornaamwoorde werk
• die verskillende tye gebruik
• met idiomatiese uitdrukkings werk
• hoofletters, skryftekens en leestekens reg gebruik
• oefen om die korrekte woordorde te gebruik
• sinsoorte identifiseer

6. Op safari 69

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 69 2013/08/21 9:16 AM


Luister en praat

Luister en praat:
Inligting in ’n brosjure Safari beteken
’n ontdekkingsreis
Pre-luister: Het jy al enige (journey of
wildtuin of die Krugerwildtuin discovery). Kom
besoek? Gesels daaroor. ons gaan op reis
Tydens luister: Luister eers na om die wild en
die inligting in die brosjure en die natuur te leer
maak aantekeninge. ken. ’n Brosjure
Lees dan die woorde en (brochure) is ’n
sinne hardop. pamflet wat inligting
oor iets gee.

Saans kan jy onder ’n groot


Bosveldboom sit, na die ’n kremetartboom
naggeluide luister en na die
helder sterre kyk. ’n arend

’n hardekoolboom
ooievaars

buffels

blouwildebeeste

bobbejane
Vroegoggend en laatmiddag is
die beste tyd om die diere by
die drinkplekke dop te hou.
Hoe droër en warmer dit is, hoe koedoes
meer dikwels sien jy diere by
die watergate.

70 Kwartaal 2 vlakvarke Week 1 en 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 70 2013/08/21 9:16 AM


Luister en praat

Post-luister: Klassifiseer inligting


Tel die diere, voëls en bome. Skryf die getal en die name op die regte
plekke in die tabel.
Diere Voëls Bome
Naam Getal Naam Getal Naam Getal
olifante 2

In die somer word die meeste tropdiere


se kleintjies gebore en is daar oral jong
diertjies te sien.

doringbome

’n olifant

’n likkewaan

’n sementdam

(Deur skrywer saamgestel)


Post-luister: Vrae
kameelperde 1. Wat is die naam van die wildtuin wat
geadverteer word?
2. Wat kan ’n mens saans in die wildtuin
doen? Noem twee dinge.
3. Wanneer is die beste tyd om na diere
by die drinkplekke te gaan kyk? Noem
’n watergat
twee tye.
4. Wanneer kry die meeste tropdiere
kleintjies?
Die reuk van doringbome,
5. a) Vir wie is hierdie brosjure geskryf,
die geroep van tarentale en
die groot troppe diere maak dink jy?
’n besoek aan die Nasionale b) Hoe sal dit hulle help?
Krugerwildtuin onvergeetlik.
tarentale

6. Op safari 71

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 71 2013/08/21 9:16 AM


Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Basisvorm, voor- en


agtervoegsels, afleiding en samestelling

’n Mens las voor- en agtervoegsels aan woorde om ander woorde te


vorm, bv. be + soek + er = besoeker
voorvoegsel + basisvorm + agtervoegsel = nuwe woord
(afleiding)

1. Las voorvoegsels en agtervoegsels uit die tabel aan die woorde om


nuwe woorde te maak. Kyk hoeveel woorde jy kan maak. Soms sal
jy die woord ’n bietjie moet verander, bv.
blom + -e = blomme, bobbejaan + -e = bobbejane.
Voorvoegsels Agtervoegsels
ge- on- -e -s -tjie -jie -ie -etjie -pie -er -ste

a) dier d) olifant g) dam j) mooi


b) voël e) boom h) gelukkig k) bok
c) roep f) groot i) vlakvark l) rustig
2. Gebruik voor- en agtervoegsels om die korrekte vorm van die
woorde tussen hakies te gee.
a) Die Krugerwildtuin is die heel (groot) wildtuin in Suid-Afrika.
b) Ons het twee groot (olifant) en ’n klein (olifant) gesien.
c) In die (vroeg) oggend is daar baie diere by al die (drinkplek).
d) Party (mens) dink ’n arend is (mooi) as ’n ooievaar.
e) Hoe (droog) en (warm) dit is, hoe meer (dier) sien jy by die
verskillende (watergat).
3. Wat noem ’n mens iemand wat ...
a) kyk d) leer
b) lees e) oppas
c) speel f) onderwys gee?
4. Maak een woord van die
volgende woorde. ’n Samestelling
a) wild + tuin bestaan uit meer
b) doring + boom as een woord,
c) nag + geluid soos water + gat
d) natuur + reservaat = watergat.

72 Kwartaal 2 Week 1 en 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 72 2013/08/21 9:16 AM


Luister en praat

Luister en praat: Oefen jou luistervaardighede


Pre-luister
Waarom, dink jy, gaan mense na ’n wildtuin toe?
Tydens luister
• Luister terwyl ’n storie die eerste keer
vir jou voorgelees word.
• Lees die vrae hieronder aandagtig deur.
• Luister na ’n tweede voorlesing van die
storie en maak aantekeninge oor die
antwoorde vir die vrae.
Post-luister
Beantwoord die onderstaande vrae.
1. Vir hoe lank kuier Annette Basson en haar ouers in die wildtuin?
2. Waarom is Annette so opgewonde om daar te wees?
3. Skryf die ontbrekende woorde neer: Annette hou van hulle ____
met sy klein kombuisie en mooi ____.
4. Noem drie goed in die ruskamp wat die gaste kan gebruik.
5. Wat wil Annette se pa graag sien wanneer hulle gaan ry?
6. Waaroor is Annette verstom wanneer hulle die elande sien?
7. Watter ander bokke sien die Bassons ook?
8. Skryf die ontbrekende woord neer: Annette verkyk haar aan die
koedoes se grasieuse ____.
9. Is die volgende stelling waar of onwaar? Motiveer.
Annette se ma en pa geniet dit baie om in die wildtuin rond te ry en
na die diere te kyk.
10. Kies die korrekte woord: Die storie se (formele/informele)
register en taalgebruik pas by die inhoud daarvan.
11. Hoekom, dink jy, sê die ma elke keer “Nog ’n bok”?
Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Spelling en diktee, afkortings


1. Luister na die sin wat die onderwyser voorlees en skryf dit neer.
Probeer die woorde reg spel.
Daar is dikwels baie bobbejane in die bome by die damme en die
drinkplekke.
2. Waarvoor staan die afkortings in die volgende sinne?
a) Die kafee in die kamp is van 8.00 vm. tot 6.00 nm. oop.
b) Daar is pamflette i.v.m. die wilde diere, voëls, plante, ens.

6. Op safari 73

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 73 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: Maak ’n opsomming


Lees die stappe en wenke vir hoe ’n mens ’n langer teks in minder
woorde opsom (summarise).

• Lees die instruksies sodat jy weet wat jy moet doen.


• Lees die teks vinnig deur sodat jy verstaan waaroor dit gaan.
• Lees elke sin noukeurig en besluit of dit belangrik genoeg is om in
jou opsomming te gebruik.
• Skryf die belangrike punte (hoofgedagtes) neer. Maak ’n kopkaart.
• Gebruik hierdie hoofgedagtes om ’n opsomming te maak.
• Probeer sover moontlik jou eie woorde gebruik.
• Tel hoeveel woorde jy gebruik het en skryf dit tussen hakies.
Opdrag
• Lees die teks oor reëls in die
wildtuin.
• Skryf sewe reëls in een volsin elk
neer.
• Gebruik altesaam 50 tot 60 woorde
in jou opsomming.

Reëls in die wildtuin


Om die diere en die plante in ’n wildtuin te beskerm en seker te maak
dat mense veilig bly, is daar sekere reëls wat alle besoekers streng
moet nakom:
● In die wildtuin loop diere dikwels oor die pad of staan of lê in die
pad. As jy te vinnig ry, kan jy een raakry, dus moet jy by die
spoedbeperking hou.
● Bly in jou motor. Sommige diere is gevaarlik en kan jou aanval as jy
sommer enige plek uit jou motor klim om ’n foto te neem.
● Dit is belangrik dat jy nie die diere voer nie. Die diere moet self kos
soek, en nooit kos van mense verwag nie.
● Onthou, jy is ’n besoeker en moet respek vir die diere toon. Moenie
skree of die wilde diere terg nie.
● Omdat daar nie tussen ruskampe ’n garage is waar jy petrol kan
kry nie, moet jy seker maak dat jou motor vol petrol is sodat dit nie
langs die pad gaan staan nie.
● Hou ’n kaart van die wildtuin in jou motor sodat jy nie verdwaal nie.
● Die ruskampe se hekke word snags gesluit en jy kan nie dan inkom
of uitgaan nie. Maak seker hoe laat die hekke oopmaak en sluit.
(Deur die skrywer)

74 Kwartaal 2 Week 1 en 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 74 2013/08/21 9:16 AM


Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Letterlike en figuurlike


betekenis, veralgemening
1. ’n Woord of uitdrukking se letterlike betekenis is die gewone
betekenis; die figuurlike betekenis is ’n dieper of ander betekenis,
soos ’n metafoor.
Is die vetgedrukte woorde letterlik of figuurlik gebruik?
Verduidelik.
a) Die buffels staan en wei onder die
boom.
b) Die onbeskofte motorbestuurder is ’n
regte buffel.
c) Ek was ’n regte bobbejaan en het ’n
dom fout begaan.
d) Bobbejane is baie bang vir slange.
2. ’n Mens veralgemeen (generalise) as jy
byvoorbeeld sê almal in ’n groep is skelm
omdat daar ’n paar skelm mense in die groep is.
Waarom is die volgende sin ’n veralgemening?
Mense wat van die natuur hou, hou ook van troeteldiere.
Luister en praat
Luister en praat: ’n Groepbespreking
Formele assessering
Gesels in groepe oor die dierestories wat in
verskillende kulture vertel word vir ’n punt uit 10. Dink aan die volgende
vrae:
• Watter stories oor diere ken jy?
• Hoekom is daar so baie stories oor diere?
• Watter lesse is daar soms in stories oor diere?
Beplanning, navorsing en organisering
• Verdeel in groepe en bespreek wat elke vraag hierbo beteken.
• Maak aantekeninge wat jy tydens die bespreking kan gebruik.
Voorbereiding en aanbieding
• Maak beurte om te praat.
• Maak oogkontak met die ander sprekers.
• Luister na mekaar. Maak seker jy verstaan wat die ander sê.
• Oppas dat jou eie idees nie die bespreking oorheers (dominate) nie.
• Moenie mekaar ru in die rede val (interrupt) nie – wees sensitief oor
hoe jy ’n volgende spreekbeurt by ander oorneem.
• Moenie van die onderwerp afdwaal (digress) nie. Totaal: 10

6. Op safari 75

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 75 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Kortverhaal: Million skrik groot


Pre-lees: Het jy al ooit ’n olifant in lewende lywe gesien?
Tydens lees: Lees die ware verhaal van ’n man wat deur ’n olifant
aangeval is.

Million skrik groot


As daar nou ooit ’n man was wat sy geheue heeltemal weggeskrik het,
was dit Million Mabunda, ’n werker in die Nasionale Krugerwildtuin. Ná
daardie dag in die bos wou hy nooit weer ’n olifant sien nie.
Million is vroeg een oggend saam met ’n span werkers op hulle fietse
weg om ’n pad te gaan regmaak. Maar as hy geweet het wat later die dag
op hom gewag het, het hy by die huis gebly!

As ’n mens baie
groot skrik (get a
big fright), kan dit
Senior veldwagter Kobus Krüger het die saak gebeur dat jy vir ’n
ondersoek. Toe hy die spore in die grondpad sien, lang ruk niks onthou
het hy besef Million was baie gelukkig om ná die (remember) nie.
aanval nog te lewe.
Volgens die veldwagter was die groepie werkers laat die
middag op hulle fietse op pad huis toe. Million het om die
een of ander rede agter geraak. Toe hy sy oë uitvee, was
hy skielik in die middel van ’n teeltrop olifante – ’n lewens-
gevaarlike situasie!
Million het hom koud geskrik: hy was tussen ’n olifantkoei
en haar kalf wat weerskante van die pad gewei het.
Toe die olifantkoei hom sien, het sy dadelik haar kalf
probeer beskerm en reg op die arme Million afgestorm.

76 Kwartaal 2 Week 1 en 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 76 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

Voordat Million kon roer, het sy hom met haar slurp van sy fiets afgeslaan.
Hy het ’n goeie ses meter verder op die grond geval.
Gelukkig het die olifantkoei haar woede op die fiets uitgehaal en al in die
rondte daarop gedans!
Terwyl die koei die fiets vertrap het, het Million eers hande-viervoet
gekruip, daarna opgespring en verskrik na sy blyplek genael.
Die mense op die dorpie wou dadelik van die verskrikte man weet wat
gebeur het. Hy het histeries van skrik en met groot oë vertel dat ’n
warrelwind hom van sy fiets afgewaai het.
“Maar daar het glad nie ’n wind gewaai nie!” het die mense geantwoord.
“Dan was dit die werk van twee renosters,” het Million gesê.
Toe die mans vir hom sê dat daar nie renosters in die omgewing is nie,
het hy besluit dat ’n leeu hom so laat skrik het.
“As ’n leeu jou beetgehad het, sou jy baie slegter gelyk het!” het hulle
geantwoord.
“Dan was dit buffels,” het hy vir oulaas probeer.
Die mense het toe besef dat Million baie geskok was. Hulle het hom in
die bed gesit waar hy bly lê het totdat hy van die skok herstel het.
“Toe ek kort daarna van Million se groot skrik gehoor het,” vertel Kobus,
“het ek gaan kyk wat gebeur het. Die spore het die hele storie vertel. Ek kon
duidelik sien waar die olifantkoei begin storm het, waar sy hom van die fiets
afgeslaan het, waar sy die fiets stukkend getrap het en waar Million geval
het.
“Nadat hy geland het, het Million ’n paar meter ver hande-viervoet
gekruip voordat hy skielik so vinnig weggespring het dat sy voete gate in
die harde grond agtergelaat het! As jy nie geweet het dit was ’n mens nie,
sou jy kon sweer dit was ’n koedoebul wat skielik ’n leeu gesien het.”
Toe Million weer by sy sinne kom, het hy dadelik uit sy werk bedank. Hy
wou nooit weer ’n olifant sien nie – ook nie eers ’n foto van een nie!
Jan Roderigues
(Uit: Die veldwagters vertel, J. A. Roderigues, 1991)

Post-lees: Bespreek vrae


• Watter werk het Million gedoen?
• Hoekom, dink jy, het Million uit sy werk bedank?
• Sou jy dit ook gedoen het as jy Million was? Hoekom? Hoekom nie?
• Dink jy dit is reg dat werkers in ’n gevaarlike plek soos die wildtuin
op fietse moet rondry om hulle werk te doen?

6. Op safari 77

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 77 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die woordeskat?


Werk saam met ’n maat en maak ’n lys van die woorde in die storie wat
julle nie verstaan nie. Slaan die woorde in ’n woordeboek na.
Post-lees: Hoe goed verstaan jy die kortverhaal?
1. In watter wildtuin het Million gewerk?
2. Kies die korrekte antwoord.
Toe Million weer sy oë uitvee, is hy
a) tussen ’n olifantbul en ’n olifantkoei.
b) tussen ’n olifantkoei en haar
kalfie.
c) in die middel van ’n trop buffels.
3. Hoekom het die olifantkoei op
Million afgestorm?
4. Is die volgende stellings waar of
onwaar? Sê hoekom.
a) Die dag toe Million so groot vir die olifant geskrik het, het hy ’n
pad gaan regmaak.
b) Million kyk elke dag na die foto’s van die olifante in sy kamer.
5. Haal twee opeenvolgende woorde uit paragraaf 3 aan wat sê dat
Kobus Krüger ’n belangrike pos het en met wilde diere werk.
6. Haal een woord uit paragraaf 4 aan waaruit ’n mens kan agterkom
dat die klomp olifante kalfies by hulle gehad het.
7. Ses van die volgende antwoorde is korrek. Watter een is nie korrek
nie? Die veldwagter, Kobus Krüger, kan die volgende dinge wat die
hele storie vertel, in die spore sien:
a) waar die olifantkoei begin storm het
b) waar die olifantkoei Million van die fiets afgeslaan het
c) waar die olifantkoei die fiets stukkend getrap het
d) waar Million geval het
e) waar Million bly lê het totdat hy van die skok herstel het
f) hoe Million ’n paar meter ver hande-viervoet gekruip het
g) hoe Million skielik vinnig weggespring het en sy voete gate in die
harde grond gemaak het
8. Toe die mense vir Million vra wat gebeur het, kon hy niks onthou
nie. Watter dinge wat hy gesê het, het die mense laat besef dat hy
baie geskok was?
9. Wat beteken die volgende sinsdeel in die laaste paragraaf?
Verduidelik in jou eie woorde. “Toe Million weer by sy sinne kom”?
10. Hoe was Million ná die insident anders as voor die insident?
11. Wat, dink jy, sal gebeur indien Million weer ’n olifant sien?

78 Kwartaal 2 Week 1 en 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 78 2013/08/21 9:16 AM


Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Direkte rede en voornaamwoorde


1. Skryf die sinne met die nodige punktuasie oor.
a) Kobus sê Ek het gaan kyk wat gebeur het
b) Dit was die werk van twee renosters vertel Million
c) Million roep uit Ek wil nooit weer ’n olifant sien nie
2. Skryf die ontbrekende voornaamwoorde neer.
a) Million het geskrik: ____ was tussen ’n olifantkoei en ____ kalf.
b) Toe die olifantkoei ____ sien, het ____ dadelik ____ kalf beskerm.
Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Gedig: Die wonder van ’n boom


Pre- en tydens lees: Praat eers oor die
wonder van bome. Lees die gedig hardop.
Die wonder van ’n boom
Sit of lê plat
onder ’n boom.
Maak jou oë en mond toe.
Luister na die takke
as die mossies hulle neste bou.
Maak jou oë oop en beskryf
die geluid
in jou joernaal
soos ’n gedig sonder rym.
Maak woorde van die blare.
Michael Khoosal (Uit: Toulopers:
Verse vir tieners, LAPA Uitgewers, 2011)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig?


1. Die spreker sê jy moet ’n gedig skryf.
a) Waar moet jy wees as jy die gedig skryf (strofe 1)?
b) Waarom moet jy jou oë en mond toemaak (strofe 2)?
c) Watter geluid moet jy beskryf (strofe 3)?
d) Haal twee woorde uit strofe 3 aan wat wys dat die gedig wat jy
skryf, nie hoef te rym nie.
2. Skryf die volgende uit strofe 3 neer:
a) ’n voorbeeld van alliterasie
b) ’n vergelyking.
3. Dink jy die gedig het ’n goeie titel? Verduidelik.

6. Op safari 79

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 79 2013/08/21 9:16 AM


Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Dagboekinskrywing


Jy gaan ’n dagboekinskrywing van 90 tot 100 woorde oor die volgende
onderwerp skryf.
Jy het ’n noue ontkoming (narrow escape) gehad – uit enige soort
gevaarlike situasie. Daardie aand skryf jy in jou dagboek oor wat gebeur
het en hoe jy daaroor voel.
Beplanning/Pre-skryf
• Kyk na die voorbeeld van ’n dagboekinskrywing
en lees die aantekeninge daarby.
• Gebruik die voorbeeld om jou dagboek-
inskrywing te beplan.
Skryf ’n konsep

Skryf die dag en Saterdag, 15 April


datum bo-aan jou
dagboek-
Sjoe! Ek is so gelukkig dat ek nog lewe!
inskrywing. Vandag was amper die dag waarop Ma Wanneer jy
my begrafnis moes begin reël ... van jou ouers
Gebruik woorde en vriende
wat wys hoe jy Toe ek vanoggend saam met die gids praat, noem
voel. in die wildtuin rondgestap het, was ek hulle op die
nie bekommerd nie, want hy het mos name wat jy
Gebruik woorde hulle
’n groot geweer oor sy skouer gehad! gewoonlik
soos vandag,
gister en môre. Maar die luiperd wat bo in die boom noem.
gewag het, was honger ... Dankie tog
die gids het BLITSVINNIG gereageer! Skryf in die
verlede tyd oor
Skryf in die eerste Nou lê ek hier in die hospitaal gebeure wat
persoon (gebruik met dramatiese verbande om my reeds
“ek” en “my”.) plaasgevind
regterskouer en -arm. Ek voel nog
het.
Gebruik leestekens bewerig en geskok, maar regtig bly dat
soos uitroeptekens ek nog asemhaal!
om gevoelens uit
te druk.
Nou ja, nou weet ek hoe dit voel om Gevoelens wat
die dood in die gesig te staar! jy nou
Gebruik ondervind,
eenvoudige
Theo word in die
taal. teenwoordige
(Deur die skrywer) tyd beskryf.

80 Kwartaal 2 Week 1 en 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 80 2013/08/21 9:16 AM


Skryf en aanbied

• Skryf die eerste weergawe van jou dagboekinskrywing.


• Skryf die korrekte lengte.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
• Verbeter enige spelfoute, taalfoute en leestekenfoute.
• Skryf die finale weergawe netjies oor.
• Lees weer deur jou skryfstuk en sorg dat alles korrek en netjies is.
Lees en kyk
Lees en kyk: ’n Testament
Nadat Theo die noue ontkoming met die luiperd gehad het, het hy
hierdie testament (last will and testament) opgestel.

Hiermee bemaak ek, Theo Fourie (ID 9903030007084), al my besittings en


my hond Bella aan my suster, Theresa Fourie (ID 0115080078082).
Geteken: T. Fourie _____________ Getuie: J.J. Banda _____________
Datum: _______________________ Datum: _______________________

Post-lees: Bespreek ’n testament


Lees goed deur Theo se testament en besluit of julle dink dat dit goed
genoeg is om ’n wetlike (legal)) dokument te kan wees.
Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Tye, idiome en vergelykings


1. Skryf die sinne in die teenwoordige tyd.
a) Die luiperd het vir Theo aangeval.
b) Die gids sal vir Theo beskerm.
2. Skryf die sinne eers in die verlede tyd en dan in die toekomende
tyd.
a) Hy loop en gesels met die gids.
b) Die gids met die geweer reageer blitsvinnig.
3. Voltooi die idiome en vergelykings deur die Weet jy wat
korrekte woord uit die blokkie te kies. hierdie idiome
wolf leeu olifant kwartel
beteken?

a) Die klavier is ’n wit _______, want


niemand speel daarop nie.
b) Moenie vir ____ skaapwagter maak nie.
c) Hy is so doof soos ’n ____.
d) Hy is so dapper soos ’n ____.

6. Op safari 81

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 81 2013/08/21 9:16 AM


Taalstrukture en -konvensies

Hersiening
Lees die paragraaf waarin ’n nag in die Bosveld beskryf word. Voer dan
die opdragte uit.
Die bos, die stil nagte, die helder sterre en die geselskap van ’n vuur
maak jou weer die mens wat jy eintlik is. Die groot bome, die
suikerbekkies tussen die aalwyne, die kwêvoëls in die hoë
jakkalsbessiebome; alles laat jou weet: net so moet die hemel lyk.

(Deur die skrywer)


1. Kyk na die woorde wat onder trap 1 ingevul is en voltooi dan die
trappe van vergelyking van die woorde uit die paragraaf. (8)
Trap 1 Trap 2 Trap 3
a) stil
b) helder
c) groot
d) hoog

2. Skryf die sinne met die nodige hoofletters en punktuasie oor.


a) in die wildtuin is daar leeus luiperds olifante buffels en
renosters
b) emma was jy al ooit in die krugerwildtuin vra siswe (5)
3. Verbeel jou jy was ook in die Bosveld en jy praat daaroor. Skryf
die paragraaf in die verlede tyd. Begin so: Ek het saans …
Ek sit saans in die Bosveld. Dit is so stil dat ek net die vuurtjie
se geknetter hoor. Daar is nie ’n boomblaar wat ritsel of ’n
wind wat waai nie. (6)
4. Rangskik die dele van die sin in die regte volgorde.
Ons (rustig) (ry) (in die wildtuin) (gedurende die dag) (rond). (1)
5. Pas elke sinsoort aan die regterkant by ’n sin aan die linkerkant. (3)
a) Skyn die sterre altyd so helder? stelsin
b) Kom kyk net na die sterre! vraagsin
c) Die sterre in die Melkweg lyk asof jy daaraan kan vat. uitroepsin

6. Skryf die sin oor met die nodige skryftekens.


Ons neem fotos van die voels in die bome. (2)
Totaal: 25

82 Kwartaal 2 Week 1 en 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 82 2013/08/21 9:16 AM


7 Kan jy dit glo?
In hierdie lesreeks gaan jy:
Luister en praat • vir begrip na ’n mondelinge aanbieding luister
• onvoorbereide lees doen
Lees en kyk: • ’n tydskrifartikel lees en begripsvrae daaroor
Begrip beantwoord
• ’n gedig bestudeer, literêre vrae en begripsvrae
Letterkunde daaroor beantwoord
• ’n Chinese volksverhaal bestudeer, literêre vrae en
begripsvrae daaroor beantwoord
• Leesboek bl. 18: Antjie Somers (volksverhaal)
• Leesboek bl. 28: Doederomandro (volksverhaal)
Skryf en aanbied • ’n resensie skryf
Taalstrukture en • werkwoorde in saamgestelde sinne identifiseer
-konvensies • die infinitief korrek in sinne gebruik
• taalstrukture soos direkte en indirekte rede hersien
• taal- en spelfoute uit leerders se skryfwerk redigeer
• idiomatiese uitdrukkings of spreekwoorde in konteks
toepas
• voor- en agtervoegsels gebruik
• afkortings, verkortings en akronieme leer
• sinne in die verlede tyd en toekomende tyd skryf

7. Kan jy dit glo? 83

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 83 2013/08/21 9:16 AM


Luister en praat

Luister en praat: Beskrywing en prente


Kyk na die prente op hierdie bladsy. Luister na die beskrywings van die
TV-aanbieder wat die onderwyser voorlees. Daar is meer beskrywings as
prente! Jy luister twee keer daarna. Pas daarna die regte beskrywing op
bl. 85 by die regte prent deur die sinne te voltooi.

1 2

3
4

84 Kwartaal 2 Week 3 en 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 84 2013/08/21 9:16 AM


Luister en praat

Voltooi die volgende feite.


1. ’n Mens slaap ongeveer _____ jaar van jou lewe om.
2. Die gemiddelde mens drink ongeveer _____ koppies _____ in
hul lewe.
3. Jou _____ pomp hard genoeg om die bloed _____ meter ver te spuit.
4. Daar is ongeveer _____ _____ ander mense wat op dieselfde dag as
jy verjaar.
5. Die gemiddelde mens wat graag TV kyk, bring ongeveer _____
_____ van sy of haar lewe voor die televisie deur.
6. Die spoed waarteen ’n mens nies, is _____ kilometer per uur.
7. ’n Mens eet ongeveer 30 _____ kos in jou leeftyd op.

Luiter en praat: Onvoorbereide lees Formele assessering

Lees die leesstuk hardop in die klas vir ’n punt uit 10.

Onthou • Lees teen ’n rustige tempo en probeer vlot lees.


• Maak oogkontak wanneer jy ruspouses maak.
• Lees harder, dan sagter en wissel jou stemtoon af.
• Let op jou uitspraak sonder om die betekenis
te verloor.

Watter dier het die


grootste eetlus ter
wêreld?
Die blouwalvis is die grootste vreter
op aarde. Elke dag vreet die walvis
omtrent soveel soos wat ’n gewone
mens in ’n jaar kan eet. Hierdie walvis
weeg 160 ton. Dit is so swaar soos 30
olifante. Hulle eet seediertjies soos
kril en plankton. Wanneer so ’n walvis
die dag regtig honger is, kan hy tot
40 miljoen kril op ’n dag opvreet.

Michele Gerlack
(Uit: Raar, maar waar! Vol vreemde feite en gebeure, Fantasi, 2004)
Totaal: 10

7. Kan jy dit glo? 85

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 85 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Gedig: Sal daar nog ysbere wees?


Pre-lees en tydens lees: Gesels oor die moontlike feit dat daar dalk
oor ’n honderd jaar nie meer ysbere gaan wees nie. Kan dit waar wees?
Lees dan die gedig hardop.

Oor ’n honderd jaar sal vliegtuie


soos ruimteskepe lyk.
Oor ’n honderd jaar sal almal
3-D-televisie kyk.
Al hierdie dinge
het ek iewers gelees.
MAAR
SAL
DAAR
OOR
’N
HONDERD
JAAR
NOG
YSBERE
WEES?

Jaco Jacobs (Uit: My boetie dink hy’s Batman en ander


rympies, LAPA Uitgewers, 2010)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig?


1. In die gedig wonder die spreker oor die moontlike toekoms van die
aarde as gevolg van aardverwarming (global warming).
a) Hoeveel keer word die woorde “’n honderd jaar” herhaal?
b) Noem die twee feite in strofe 1 wat die spreker êrens oor die
toekoms gelees het.
c) Wat word in versreël 1 en 2 met mekaar vergelyk? Haal die
vergelyking aan.
2. Soek twee pare rymwoorde. Wat rym met lyk en met gelees?
3. Kies die regte antwoord.
Die tipografie (hoe die woorde getik is) van strofe 2 is interessant.
Daar is (een/twee/drie) woord(e) per versreël.
4. Waar of onwaar? Die doel van die tipografie van strofe 2 is:
a) om die gedig langer te maak.
b) om die onsekerheid oor die toekoms van ysbere uit te beeld.
5. Hoekom begin strofe 2 met “maar” en eindig met ’n vraagteken?

86 Kwartaal 2 Week 3 en 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 86 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Tydskrifartikel


Vluglees en soeklees
Pre-lees: Vluglees die titel, die inleiding en slot en die eerste sin van
elke paragraaf. Sê wat die hoofgedagte van die artikel is.
Soeklees
Soeklees die artikel om die volgende vrae te beantwoord.
1. Wie is Mandy Kline?
2. Wat is die naam van die Indiese dokter wat lagterapie ontdek het?
3. Hoeveel lagklubs is daar wêreldwyd?
Tydens lees: Lees die teks aandagtig en beantwoord die vrae wat volg.

Om te lag is terapie
Lag is vir seker die beste manier om
spanning te oorkom.
Al bedoel jy dit nie, sê hardop:
“Ha-ha!” En nou: “Ho-ho!” Herhaal
dit ’n paar keer en jy lag later regtig.
Mandy Kline is ’n lagfasiliteerder vir
sake-ondernemings landswyd. Sy
leer mense om te lag. ’n Indiese
dokter, Madan Kataria, het
lagterapie twee dekades gelede al
met groot sukses ontwikkel. Hy het
begin om mense bymekaar te kry
om saam vir grappe te lag.
Navorsing het getoon dat lag
skadelike emosies soos vrees verminder en die voordele (advantages) is groot.
Nou word lagterapie wêreldwyd in skole, staatsdepartemente, hospitale en die
polisie gebruik. Daar is meer as 5 000 lagklubs in meer as 50 lande en nuwes
maak byna daagliks oop.

Lag het baie voordele:


1. Lag maak jou gelukkig.
2. Dit dwing jou om beter asem te haal.
Moenie in jou
3. Lag verminder spanning. vuis lag nie, lag
(Deur skrywer saamgestel)
jou ’n papie!
Ha-ha-ha!

7. Kan jy dit glo? 87

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 87 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die tydskrifartikel?


1. Is die volgende stellings feite of menings? Motiveer jou antwoord.
a) Mandy Kline bied lagterapiesessies aan.
b) Alle mense lag maklik.
2. Watter werk doen Many by verskillende sake-ondernemings?
3. Noem vyf voordele van lag.
4. Wat is die doel van hierdie artikel?
Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Saamgestelde sinne, idiomatiese


uitdrukkings, voor- en agtervoegsels, afkortings,
verkortings en akronieme
1. Saamgestelde sinne bevat meer as een werkwoord, want dit bestaan
uit twee sinne, bv. Mandy is ’n lagfasiliteerder en sy gee lesings.
Onderstreep die werkwoorde in die volgende saamgestelde sinne.
a) Madan Kataria doen navorsing en skryf baie artikels.
b) Lag verminder spanning, want dit maak jou gelukkig.
2. Pas die betekenis in kolom B by die spreekwoord in kolom A.
A B
Jou ’n papie lag. Stilletjies lag.
Skater van die lag. Hard lag.
In jou vuis lag. Baie hartlik lag.

88 Kwartaal 2 Week 3 en 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 88 2013/08/21 9:16 AM


Taalstrukture en -konvensies

3. Gee die regte vorm van die woorde tussen hakies (voor- en
agtervoegsels).
a) Madan Kataria het jare gelede ’n artikel oor die (belangrik) van
lag in die mens se lewe (skryf).
b) Om te lag is die (goedkoop) manier om spanning te verminder.
4. Leer die volgende afkortings, verkortings en akronieme.
Afkortings Verkortings Akronieme
mnr. – meneer Dis = dit is SASOL
mev. – mevrou Daar’s = daar is TELKOM
dr. – dokter Hy’s = hy is ABSA

5. Verbeter die spelling in die volgende sinne.


Die nut van lag is twintig jaar geleede deur ’n man van indie
beskryf. Hy het oor die voordeele van lag vir die mens geskryf.
Vandag word lag terapie wereld wyd toegepas om mense
gelukiger te maak.

7. Kan jy dit glo? 89

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 89 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Chinese volksverhaal: Die blou roos

Pre-lees: Het jy
al ooit ’n blou roos
gesien? Ek het nie!

Tydens lees: Lees die storie oor ’n keiser in China en sy dogter hardop.

Die blou roos


Lank gelede was daar ’n keiser in China wat ’n pragtige dogter gehad
het. Die keiser wou graag hê sy dogter, die prinses, moes met die regte man
trou.
Die keiser sê: “Die man wat vir my dogter ’n blou roos gee, kan met
haar trou.”
Die eerste man, ’n winkelier, dink aan ’n plan. Hy vat ’n wit roos en kleur dit
blou. Hy gee die blou roos vir die prinses.
Sy sê: “Jammer, maar dit is nie ’n blou roos nie. Hierdie roos was eers wit.”
Die arme winkelier draai om en stap
teleurgesteld weg.
Die tweede man, ’n juwelier, maak
’n roos van blou saffiere en gee dit
vir die prinses. Sy sê: “Dit is baie
mooi! Maar ek het baie saffiere, en
baie juwele. Ek wil ’n blou roos hê.”
Die juwelier draai om en stap weg.
Die derde man is ’n musikant wat
fluit speel en liedjies sing. Die prinses
stap na hom en luister na sy musiek.
Hy sê: “Môre kom ek jou pa vra of ek
met jou kan trou. Ek bring vir jou ’n blou
roos.”
Die volgende oggend gee die musikant vir
die prinses ’n pragtige wit roos en sê: “Hier is vir jou ’n blou roos.”
Die keiser kyk na sy dogter: “Dié musikant sê hy het vir jou ’n blou roos
gebring. Is dit reg?”
Die prinses vat die roos en sê bly: “Ja! Dit is ’n pragtige blou roos!”
Die keiser sê: “Dis dan ’n gewone wit roos!”
Die prinses antwoord: “Natuurlik is die roos blou. Is Pappa dan kleurblind
(colour blind)? Pappa, ek wil met die musikant trou!”
Die prinses en die musikant het getrou en vir ewig gelukkig gebly.
(Aangepas en oorvertel uit oorlewering)

90 Kwartaal 2 Week 3 en 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 90 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die volksverhaal?


Kies die regte antwoord.
1. In watter milieu (plek) speel die volksverhaal af?
a) ’n Paleis
b) ’n Plaas
2. Watter soort verteller vertel die verhaal?
a) Ek-verteller
b) ’n Derdepersoonsverteller
3. Wat is die tema of hoofgedagte van die verhaal?
a) Die keiser wil ’n blou roos vir sy dogter vind.
b) Die keiser wil die regte man vir sy dogter vind.
4. Die slot sê dat die keiser se plan:
a) misluk het, want sy dogter het die verkeerde man gekies.
b) ’n sukses was, want sy dogter het op die regte man
verlief geraak sodat die kleur van die roos nie saak
gemaak het nie.
5. Vul die regte woord in die blokkies.
a) Die dogter van ’n keiser of koning
P

b) Iemand wat juwele maak


J

c) Iemand wat musiek maak


M
d) As jy nie kleure kan raaksien nie, is jy
K

6. Plaas die sinne wat die gebeure opsom, in die regte


volgorde.
a) Die derde man, ’n musikant, gee vir die prinses ’n wit
roos, maar sy sê dis blou, want sy is verlief op hom.
b) Uiteindelik trou die prinses met die musikant en
haar pa is tevrede.
c) Die keiser sê dat die man wat met sy dogter wil trou,
vir haar ’n blou roos moet gee.
d) Eendag was daar ’n keiser wat ’n pragtige
dogter gehad het.

7. Kan jy dit glo? 91

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 91 2013/08/21 9:16 AM


Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Resensie Formele assessering

Skryf ’n resensie (’n beoordeling van ’n boek, storie, fliek, ens.) oor enige
teks van jou keuse sodat die leser kan besluit of hulle tyd en geld daaraan
wil bestee. Jou resensie moet 140–160 woorde lank wees en dit tel 10
punte. Onthou, jy moet vir die leser of kyker ’n aanbeveling maak oor die
waarde van die boek, storie of fliek.
Pre-skryf
Gebruik ’n kopkaart om jou resensie te beplan.

Skryf ’n konsep van jou resensie


• Gebruik jou beplanning en skryf die eerste poging. Inhoud is
• Die paragrawe moet logies op mekaar volg. WAT jy sê en
• Maak seker jou taalgebruik en styl bly formeel. styl is HOE jy
• Gee jou opinie oor die werk eerlik, maar dit sê.
ook regverdig.
Hersien, redigeer, proeflees en
aanbied
• Redigeer jou resensie en skryf dit
netjies oor.
• Proeflees jou finale weergawe en
dui aan hoeveel woorde gebruik is.
Totaal: 10

92 Kwartaal 2 Week 3 en 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 92 2013/08/21 9:16 AM


Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Die hoofwerkwoord,


die infinitief en indirekte rede
1. In die verlede tyd gebruik ons het as hulpwerkwoord, in die
toekomende tyd gebruik ons sal. Die hoofwerkwoord is aan die
einde van die sin, bv.
• Die kind het klere gekoop. (verlede tyd)
• Die kind sal klere koop. (toekomende tyd)
Skryf die sinne eers in die verlede tyd, dan in die toekomende tyd.
a) Die keiser soek na ’n goeie man vir sy dogter.
b) Die juwelier maak ’n roos van blou saffiere.
c) Die prinses kies die musikant as man vir haar.

Onthou • Na behoort kom daar ’n infinitief te, maar nie ’n


om nie.
Ek leer my werk. – Ek behoort my werk te leer. 
Ek behoort om al my werk te leer. 
• Na hoef kom daar ’n infinitief te, maar nie ’n om nie.
Die sin moet altyd in die ontkennende vorm wees.
Ek leer my werk. – Ek hoef nie my werk te leer nie. 
Ek hoef my werk te leer. 

2. Vul behoort of hoef in die sinne.


a) Die man wat met die prinses wil trou, _____ vir haar ’n blou
roos te gee.
b) Die musikant _____ nie vir die prinses ’n blou roos te gee nie,
want hy het reeds haar hart met sy musiek gesteel.
3. Skryf die volgende sinne in die indirekte rede oor.
a) Die keiser sê: “My dogter moet met die regte man trou.”
b) Hy sê: “Die man moet vir haar ’n blou roos gee.”
c) Die prinses sê vir die winkelier: “Die roos was eers wit.”
d) Sy sê vir die juwelier: “Ek wil nie ’n roos van blou saffiere hê
nie.”
e) Die musikant sê: “Ek sal vir jou ’n blou roos bring.”
f) Die prinses sê: “Die musikant se roos is nie wit nie.”
g) Sy sê vir die keiser: “Ek wil met die musikant trou.”

7. Kan jy dit glo? 93

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 93 2013/08/21 9:16 AM


Taalstrukture en -konvensies

Hersiening
Lees die volgende artikel en beantwoord die vrae.

Duurste poeding ter wêreld 1


Alles aan hierdie poeding is suikersoet, maar die prys kan
net die sak ’n bietjie skud. Teen ’n verstommende R290 000 2
is dit seker die duurste poeding in die wêreld. Dit is in die
3
vorm van ’n Fabergé-paaseier van vier verskillende Belgiese
sjokolades en met kaviaar en goud versier. Binne-in is die 4
kersie op die koek, naamlik ’n diamant van twee karaat!

(Deur skrywer saamgestel)

1. Skryf die volgende sinne in die infinitief. Begin soos aangedui.


a) Dit is suikersoet. Dit behoort ...
b) Die prys kan net die sak ’n bietjie skud. Die prys behoort ...
c) ’n Mens koop die duur paaseier. ’n Mens hoef nie ... (3)
2. Kies die regte woord vir die betekenis van die idioom.
Die prys kan net die sak ’n bietjie skud, beteken dat dit
(spotgoedkoop/peperduur) is. (1)
3. Skryf die volgende afkortings en verkortings uit.
a) R c) Dis
b) nl. d) Daar’s (4)
4. Skryf die volgende sinne in die direkte rede.
a) Die keiser sê dat sy dogter met die regte man moet trou.
b) Hy sê dat dié man vir haar ’n blou roos moet gee.
c) Die prinses sê dat sy met die musikant wil trou. (3)
5. Skryf die sinne in die verlede tyd.
a) Die musikant speel vir die prinses mooi musiek.
b) Sy raak verlief op hom.
c) Die prinses en die musikant trou met mekaar. (3)
6. Gee die regte vorm van die volgende woorde deur voor- en
agtervoegsels by te voeg.
a) Die poeding wat beskryf word, is die (duur) op aarde.
b) Die (versier) poeding is met vier (verskillend) soorte
Belgiese sjokolade (maak). (4)
7. Verbeter die spelling van die volgende sinne.
Alles in hierdie poeding is suiker soet. Dit is die dierste
poeding in die wereld. Dit is in die form van ’n paas eier
en is met kaviaar en gout versuur. (7)
Totaal: 25
94 Kwartaal 2 Week 3 en 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 94 2013/08/21 9:16 AM


8 Gesonde verhoudings
In hierdie lesreeks gaan jy:
Luister en praat • uitdrukkings in verskillende tale sê
• iemand beskryf
• na ’n liedjie luister en vrae daaroor beantwoord
• paragrawe bespreek
• aan ’n groepbespreking deelneem
Lees en kyk: • ’n opsomming maak
Begrip • ’n strokie lees en vrae daaroor beantwoord
• vrae oor ’n gedig beantwoord
Letterkunde • ’n uittreksel uit ’n drama lees en vrae daaroor
beantwoord
• Leesboek bl. 35: “Valentynsdag” (storie)
• Leesboek bl. 87: “Vry in die bondel” (gedig)
Skryf en aanbied • ’n kennisgewing, agenda en notule skryf
Taalstrukture en • sinne met die korrekte woordorde voltooi
-konvensies • oefen om byvoeglike naamwoorde reg te gebruik
• met voorsetsels en idiome werk
• voor- en agtervoegsels gebruik om die korrekte
vorm van woorde te gee
• die verskillende tye gebruik
• met idiomatiese uitdrukkings werk
• leestekens reg gebruik
• oefen om reg te spel
• sinne met homofone maak

8. Gesonde verhoudings 95

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 95 2013/08/21 9:16 AM


Luister en praat

Luister en praat: Gesonde verhoudings


Sê dit in baie tale is healthy relationships in
Engels. Ons moet gesonde
Hoe sê ’n mens I ❤ you in Afrikaans? verhoudings in ons lewe
hê en nie met mekaar
baklei nie.
Ek het Ek hou
jou lief! van jou.
Ek is lief Ek is mal
vir jou. oor jou!

• Hoe sê jy Ek is ❤ vir jou in jou eie


taal? Probeer dit in baie verskillende
tale sê.

96 Kwartaal 2 Week 5 en 6

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 96 2013/08/21 9:16 AM


Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: Sinne Die voegwoorde


want, omdat
Voltooi die sinne in jou eie woorde. en aangesien
1. Ek is lief vir my oupa en ouma, want … beteken al drie
2. Ek is mal oor my hond omdat … because in
3. Ek hou van my broer aangesien … Engels.
4. Ek het jou lief, want …
Luister en praat
Praat: Beskryf iemand vir wie jy lief is
Verdeel in pare. Elkeen gaan ’n beurt kry om iemand
te beskryf. Kies iemand van wie jy baie hou of iemand
wat baie vir jou beteken. Hier is ’n paar idees
om jou te help.
Persoonlikheid
Hare (personality) Onthou, niemand
lank (Hoe iemand is) is perfek nie. ’n
kort Mens is nie net
donker goed of sleg nie.
lig
bruin
krullerig (curly) Oë
reguit (straight ) groot
klein
swart
blou
bruin

Slegte eienskappe
Goeie eienskappe jaloers ( jealous)
vriendelik (friendly) kwaai (strict )
fluks (diligent) lui (lazy)
Naam onvriendelik
liefdevol (loving)
onselfsugtig (unselfish) (unfriendly)
Voorkoms (looks)
(Hoe iemand lyk)

Wenk Beskryf die persoon in die teenwoordige tyd.

8. Gesonde verhoudings 97

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 97 2013/08/21 9:16 AM


Luister en praat

Luister en praat: Oefen jou luistervaardighede


Pre-luister
• Jy gaan na ’n liedjie met die naam
“Meisie sonner sokkies” deur David
Kramer luister.
• Jy sal hoor dat die liedjie in lekker
loslit-Afrikaans geskryf is. Lees
die woorde in die woordeskatlys
om jou te help om die informele
taal te verstaan.
Tydens luister
• Luister een keer na die liedjie
of hoe dit voorgelees word, en
lees dan die vrae hieronder
aandagtig deur.
• Luister ’n tweede keer na die liedjie en maak aantekeninge
oor die antwoorde vir die vrae.
Post-luister
Beantwoord die volgende vrae.
1. Wat noem die spreker die meisie?
2. Skryf die ontbrekende woord neer: Die spreker sê sy hart klop nes
’n ____.
3. Watter Engelse woord word in die liedjie gebruik?
4. Noem enige drie (van die agt) woorde in die liedjie wat met
“bokkie” rym.
5. Met watter twee dinge vergelyk (compares) die spreker homself?
6. Skryf die ontbrekende woorde neer: Die spreker droom sy meisie
staan voor die sendingkerk in ’n ____ hoed, ’n ____ rok en ’n ____
doek op haar kop.
7. Voltooi: Die spreker wil baie graag hê die meisie moet met hom
____.
8. Sê in een sin waaroor die liedjie handel.
9. Dink jy dit is ’n vrolike of ’n hartseer liedjie? Waarom sê jy so?
Party woorde in die liedjie is geskryf soos mense informeel praat.
’aar: daar iewers: êrens okkie: ook nie
mettie: met die nes: net soos stoppie: stop nie
oppie: op die sonner: sonder
willie: wil nie jokkie: jok nie

98 Kwartaal 2 Week 5 en 6

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 98 2013/08/21 9:16 AM


Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Byvoeglike naamwoorde


Byvoeglike naamwoorde vertel ons meer van selfstandige
naamwoorde, bv.
• Dis ’n pragtige fiets. Die fiets is pragtig.
• Dis ’n lang pad. Die pad is lank.
Byvoeglike naamwoorde kan trappe van vergelyking hê, bv.
• mooi mooier as die mooiste
• groot groter as die grootste
Byvoeglike naamwoorde het dikwels ’n
intensiewe vorm, bv.
• Iets wat baie klein is, is piepklein.
• Iets wat baie duur is, is peperduur.

Lees meer oor byvoeglike


naamwoorde op bladsy 242 tot 245.

1. Gee die korrekte vorm van die woorde tussen hakies.


Voorbeeld: Die (moeg) sanger drink (koud) water.
Antwoord: Die moeë sanger drink koue water.
a) Die (jonk) meisie staan onder die (hoog) boom.
b) Die sanger sit op die (laag) muurtjie en sing ’n (lank) liedjie.
c) In die (vroeg) oggend ry hy op sy fiets op die (breed) pad.
d) Dit is ’n (goed) liedjie oor ’n (pragtig) meisie.
e) Die (gelukkig) paartjie staan voor die (oud) kerk.
2. Gee die regte vorm van die woorde tussen hakies.
Voorbeeld: Hoe (eensaam) hy is, hoe (mooi) sing hy.
Antwoord: Hoe eensamer hy is, hoe mooier sing hy.
a) Hoe (baie) hy van sy meisie droom, hoe (mooi) is sy in sy
gedagtes.
b) Hoe (laat) dit in die aand is, hoe (groot) is sy verlange.
c) Hoe (stil) jy bly, hoe (goed) sal jy die woorde kan hoor.
d) Hoe (baie) hy sy meisie sien, hoe (min) verlang hy na haar.
e) Hoe (lank) hy na haar verlang, hoe (bly) sal hy wees as hy haar
sien.
3. Gee die intensiewe vorm van
die volgende woorde.
a) droog en nat Onthou, ons skryf
b) jonk en oud intensiewe vorme
c) verlief en kwaad altyd as een woord.
d) moeg en fris
8. Gesonde verhoudings 99

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 99 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Gedig: As Lara glimlag


Pre-lees en tydens lees: Lees die titel van die gedig en voorspel
waaroor dit gaan. Lees dit dan hardop.
As Lara glimlag
As Lara glimlag
word my skooltas onverwags lig,
wiskunde eensklaps maklik
en verstaan ek daai Shakespeare-gedig.
5 As Lara glimlag
verdwyn die grys ou skoolgebou.
Haar glimlag kan jou selfs
van Maandae laat hou.
As Lara glimlag
10 kry my rugbytoks vlerke,
kan selfs verloor okei voel.
Ek wens net Lara se glimlag
was spesiaal vir mý bedoel.
Jaco Jacobs
(Uit: Toulopers: Verse vir tieners,
LAPA Uitgewers, 2011)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig?


1. Wie is die spreker in die gedig?
2. Watter wonderlike uitwerking (effect) het Lara se glimlag op die
spreker in die eerste agt reëls van die gedig?
3. Die spreker sê sy rugbytoks (rugbystewels) kry “vlerke” as Lara
glimlag.
a) Wat bedoel hy?
b) Is hierdie beeld ’n vergelyking (simile) of ’n metafoor
(metaphor)? Verduidelik.
4. Watter woorde in die gedig rym?
5. As jy die gedig in strofes moes verdeel, hoe sou jy dit gedoen het?
6. Dink jy die gedig het ’n goeie einde? Verduidelik.
7. Hoe verander die toon (gevoel) van die gedig van die begin na die
einde?

100 Kwartaal 2 Week 5 en 6

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 100 2013/08/21 9:16 AM


Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Voorsetsels, idiome


1. Kies voorsetsels uit die blokkie om die sinne te voltooi.
vir op vir oor vir van

a) Die seun is verlief ____ Lara.


b) Lara se glimlag laat hom ____ Maandae hou.
c) Hy is nie kwaad ____ die ander span as hy verloor nie.
d) Hy wens Lara se glimlag was ____ hom bedoel.
e) Die gedig is ____ ’n seun wat lief ____ ’n meisie is.
2. Skryf die ontbrekende voorsetsels neer.
Die paartjie is verlief a) ____ mekaar. Hy wens dat hy al b) ____ haar
verloof is, maar hy moet haar nog vra om c) ____ hom te trou.
Hopelik sal hulle altyd goed d) ____ die weg kom en nooit e) ____
mekaar skei nie.
3. Pas elke verklaring aan die regterkant by ’n idioom links.
a) Kalwerliefde Verlief raak.
b) Jou hart verloor. ’n Mens sien niks verkeerd in iemand wat jy
liefhet nie.
c) Liefde is blind. Eerste liefde wat nie lank hou nie, soos
tussen tieners.

Taal in konteks: Afleiding (basisvorme,


voor- en agtervoegsels)
1. Gee die korrekte vorm van die woorde tussen hakies (afleidings).
a) Lara het vriendelik (glimlag).
b) Die seun is (lief) op haar.
c) Sy is ’n (vriendelik) meisie.
d) Haar glimlag laat sy skooltas (lig) as gewoonlik voel.
e) Vir hom is sy die (mooi) meisie in die hele wêreld.
2. Gee een woord vir ...
Voorbeeld: iemand wat help
Antwoord: helper
a) iemand wat speel d) iemand wat swem
b) iemand wat gedigte skryf e) iemand wat verloor
c) iemand wat lees

8. Gesonde verhoudings 101

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 101 2013/08/21 9:16 AM


Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Opsomming Lees die wenke


oor hoe om ’n
• Lees die artikel oor die geskiedenis van opsomming te maak
Valentynsdag goed deur. op bladsy 74.
• Skryf een hoofgedagte uit paragraaf 2 tot
8 neer.
• Skryf die sewe hoofgedagtes onder mekaar neer.
• Gebruik altesaam 50 tot 60 woorde in jou opsomming.

Wys jou gesig, Valentyn!


1 Waar kom Valentynsdag vandaan? Navorsing toon dat ’n baie ou Romeinse
fees en twee Christen-heiliges tot die ontstaan van Valentynsdag
bygedra het.
2 Die Romeinse fees van Lupercalia is volgens geskiedkundiges elke jaar op
15 Februarie deur die Romeine gehou.
3 Tydens hierdie fees van Lupercalia het jong mans vroue met stukke diervel
geslaan. Die antieke Romeine het geglo dat die ritueel sou help om hulle
teen wolwe te beskerm.
4 Die ou Romeine het ook geglo dat die vroue wat met diervel geslaan is,
vrugbaarder sou wees en meer kinders sou hê. Dit is hoe daar ’n konneksie
met Valentynsdag ontstaan het.
5 Vandag weet ons ook van minstens twee heiliges in die Christendom met
die naam Valentyn.
6 Volgens een storie het die Romeinse keiser Claudius II jong mans verbied
om te trou omdat hy gedink het dit sou hulle beter soldate maak. Maar een
priester het hom nie aan dié bevel gesteur nie en in die geheim jong
paartjies laat trou. Dié priester se naam was Valentyn.
7 Valentyn is glo op 14 Februarie in ongeveer 200 n.C. tereggestel en in
496 n.C. het Pous Gelatius dié dag Valentynsdag gedoop.
8 ’n Ander storie vertel weer Valentyn was ’n vroeë Christen wat baie kinders
as vriende gehad het. Toe die Romeine hom in die tronk gooi omdat hy nie
hul Romeinse gode wou aanbid nie, het die kinders vir hom briefies deur sy
sel se tralies gegooi. Dit verduidelik dalk die tradisie van om op dié dag
boodskappe te stuur.
9 Dis interessant hoe ’n fees wat eeue gelede ontstaan het, nou nog in ’n
effens ander vorm voortbestaan.
(Deur die skrywer)
Luister en praat

Praat: Bespreek paragrawe


Bespreek waarom ’n mens kan sê dat die artikel oor Valentynsdag ’n
goeie inleidende paragraaf (eerste paragraaf) en ’n goeie
slotparagraaf (laaste paragraaf) het.

102 Kwartaal 2 Week 5 en 6

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 102 2013/08/21 9:16 AM


Luister en praat

Luister en praat: ’n Groepbespreking


Julle gaan die volgende vraag in groepe bespreek:
• Is dit ’n goeie idee om Valentynsdag te vier?
Beplanning, navorsing en organisering
• Verdeel in groepe en bespreek wat elke vraag in die kunswerk
beteken.
• Maak aantekeninge (notes) wat jy tydens die bespreking kan
gebruik.
• Oefen om tyd te hou. Julle moet 15–20 minute praat.

Voorbereiding en aanbieding
• Maak beurte om te praat.
• Maak oogkontak met die ander sprekers.
• Luister na mekaar. Maak seker jy verstaan wat die ander sê.
• Oppas dat jou eie idees nie die bespreking oorheers nie.
• Moenie mekaar ru in die rede val nie – wees sensitief oor hoe jy ’n
volgende spreekbeurt by ander oorneem.
• Moenie van die onderwerp afdwaal nie.
Taalstrukture en -konvensies
Taal in konteks: Soorte sinne, tye
1. Verander die volgende stelsinne na vraagsinne.
a) Valentynsdag is pret vir almal.
b) Sy het ’n mooi kaartjie gekry.
c) Die winkels verkoop baie rose op Valentynsdag.
2. Skryf die volgende sinne in die verlede tyd.
a) Valentyn lewe in die Romeinse tyd.
b) Hy het baie kinders as vriende.
c) Die Romeine gooi hom in die tronk.
d) Hy wil nie hul Romeinse gode aanbid nie.
e) Die kinders gooi vir hom briefies deur sy sel se tralies.

8. Gesonde verhoudings 103

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 103 2013/08/21 9:16 AM


Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Kennisgewing, Formele


assessering
agenda en notule
Die graad 9’s beplan ’n spesiale
program vir die laaste dag van die
kwartaal. Jy is die sekretaris van
die beplanningskomitee. Stuur ’n
kennisgewing (notice) van die
volgende vergadering (meeting)
aan al die komiteelede. Skryf die
agenda en notule (minutes) van
julle vorige vergadering om saam
met die kennisgewing te stuur. Al
drie skryfstukke moet saam 140
tot 160 woorde lank wees en sal
20 punte tel.
Beplanning/Pre-skryf
Lees die voorbeeld van ’n
kennisgewing van ’n vergadering.
Kennisgewing van vergadering
• Lees die voorbeeld van ’n Welsynkomitee
agenda en notule op bladsy Wanneer: 13:00, 8 Mei 2014
271 en 272 agterin die boek. Waar: Skoolbiblioteek
• Gebruik die voorbeelde om
Brenda Jacobs (sekretaresse)
jou kennisgewing, agenda en
notule te beplan.
Skryf ’n konsep
• Skryf die eerste weergawe van jou kennisgewing, agenda en notule.
• Maak seker jy volg die riglyne in die voorbeelde.
• Skryf die korrekte lengte.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
• Lees weer deur jou kennisgewing, agenda en notule en verander die
dele waarmee jy nie tevrede is nie.
• Verbeter enige spelfoute, taalfoute en leestekenfoute.
• Skryf die finale weergawes netjies oor.
• Lees weer deur jou skryfstukke en sorg dat alles korrek en
netjies is.
Totaal: 20

104 Kwartaal 2 Week 5 en 6

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 104 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Strokie


Pre- en tydens lees: Kyk na die strokie en lees dit dan hardop.
Moet ek
bel? Dit sal lekker
wees, dankie.
Hallo, Jackie, dis
Brandon.

1 2 Het jy nie lus om 3


saam met my te
gaan koeldrank
O, ek’s bly. Ek sal jou drink nie?
drie-uur kom haal.

(Deur die skrywer)


Sien jou
dan.

Jei!
4 5 6 Jei!

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die strokie?


1. Hoe, dink jy, voel Brandon in raam 1? Waarom?
2. Hoe weet ons dat Jackie bly is om van Brandon te hoor?
3. Is die volgende stelling waar of onwaar? Gee ’n rede vir jou
antwoord.
Jackie aanvaar Brandon se uitnodiging.
4. Watter reëling tref Brandon met Jackie?
5. Vergelyk Brandon en Jackie se reaksies in die laaste twee rame.
6. Skryf die ontbrekende woord neer: Brandon maak ’n ____ met
Jackie.
7. In watter raam kan die volgende woorde by Brandon of by Jackie
pas? Verduidelik waarom.
a) verlig b) opgewonde c) senuweeagtig

8. Gesonde verhoudings 105

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 105 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Drama: Hy bly my broer


Pre-lees: Lees eers die beskrywing hieronder.
Marius, Amina, Dude en Ida is almal op die redaksie van hulle
skoolkoerant. Die uittreksel begin net nadat hulle na skool ’n
vergadering gehad het. Amina het gehoop om met Dude te praat oor ’n
artikel wat sy vir die skoolkoerant wil skryf. Marius, wat verlief op Ida is,
wag vir haar naby die skoolhek om met haar te gesels.
Tydens lees: Lees nou die uittreksel uit die drama. Lees dit in rolle.
Ida en Dude stap verby Marius sonder om hom raak te sien. Hy staar hulle
agterna tot die trane in sy oë hulle wasig laat word.
Toe hy opstaan, bots hy byna teen Amina. Sy glimlag op ’n snaakse manier
vir hom. So asof sy hom jammer kry.

Amina: Ek wou met Dude gesels, maar die kompetisie is kwaai.


Marius: Hóú jy van hom?
Amina: Nee. Ek bedoel nie soos jy van Ida hou nie. Ek wou net ...
Marius: Is dit só duidelik?
Amina: Dat jy mal is oor Ida? Ek weet nie of almal dit kan sien nie.
Ek sien soms dinge wat die ander nie sien nie. Miskien oor ek
... eerder my oë as my mond gebruik.
Hulle stap saam deur die skoolhek.
Marius: So jy dink ek mors my tyd met Ida?
Amina: Ek sal nie só sê nie.
Marius: Maar ek het nie ’n kans teen ’n ou soos Dude nie.
Amina: Aag, ou Dude. Hy’s meer bek as binnegoed.
Marius: Hoekom wou jy dan met hom gesels?
Amina: Oor die vigs-storie wat ek wil doen. Ek weet nie hoekom hy
so teen die idee is nie, maar ... ek het gedink ... as ek vir hom
kan verduidelik hoekom dit vir my so belangrik is ...

106 Kwartaal 2 Week 5 en 6

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 106 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

Hulle stap in stilte op die sypaadjie langs die skoolheining. ’n Ent


voor hulle verdwyn Dude en Ida om die hoek.
Gebruik ’n
Marius: Hoekom is dit vir jou so belangrik? woordeboek as
Amina: My pa is dood aan vigs. daar woorde is wat
Marita van der Vyver jy nie verstaan nie.
(Uit: Hy bly my broer, Maskew Miller Longman, 2005)

W bots: bumps; stamp


kwaai: fierce; sterk
redaksie: editorial staff; groep wat ’n koerant beheer
vergadering: meeting; bespreking
vigs: Aids; ’n ernstige siekte
wasig: blurred; dof

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die drama?


1. Wanneer en waar gesels Marius en Amina met mekaar?
2. Hoe weet ’n mens dat Marius aan die begin ontsteld is?
3. Wat bedoel Amina as sy sê “die kompetisie is kwaai”?
4. Amina sê Dude is “meer bek as binnegoed”. Wat beteken dit?
5. Hoe leer ons die karakters in hierdie drama ken?
6. Kies een van die twee hoofkarakters (Amina of Marius) en skryf ’n
paragraaf oor sy of haar karakter. Motiveer alles wat jy sê met
bewyse (evidence) uit die teks.
7. Dink jy Amina en Marius is aan die einde van die uittreksel nader
aan mekaar as aan die begin? Verduidelik.
Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Spelling en punktuasie


1. Kies die korrekte woord.
a) Marius probeer (hard/hart) om met Ida te gesels.
b) Dis (swaer/swaar) as jy van iemand hou en hulle hou nie van
jou nie.
c) Amina se pa het aan vigs (gely/gelei).
2. Maak sinne met die woorde wat jy nie hierbo gekies het nie.
3. Skryf die sinne oor met die nodige leestekens.
a) Amina sê Ek wou met Dude gesels maar hy is besig
b) Marius vra Hou jy van hom Amina
c) Nee ek hou nie op daardie manier van hom nie antwoord Amina

8. Gesonde verhoudings 107

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 107 2013/08/21 9:16 AM


Taalstrukture en -konvensies

Hersiening
1. Lees die telefoongesprek tussen Pat en Martin. Wat sê Martin? Jy
moet elke keer eers vooruit lees wat Pat sê voordat jy Martin se
woorde kan skryf.

PAT: Hallo, dis Pat wat praat.


MARTIN: a) …
PAT: Dit gaan goed met my, dankie. En met jou?
MARTIN: b) …
PAT: Ek is jammer, maar ek kan nie saam met jou
na die Valentynsdans toe gaan nie.
MARTIN: c) …
PAT: Want John het my eerste gevra. Ek gaan saam met hom.
MARTIN: d) …
PAT: Ja, ek het Margaret se telefoonnommer. Hier is dit:
012-711-1022.
MARTIN: e) …
PAT: Dis my plesier. Ek hoop jy kom reg.
MARTIN: f) …

(Deur die skrywer)


(6 × 2 = 12)
2. Skryf die ontbrekende voorsetsels neer.
a) Pat en Martin praat ____ die telefoon.
b) Martin het ____ Pat gebel.
c) Pat sê sy gaan saam met John ____ die dans toe.
d) Martin gaan uitvind of Margaret ____ ____ hom wil gaan. (5)
3. Gee die korrekte vorm van die woorde tussen hakies.
a) Pat antwoord die telefoon op die (reg) manier.
b) Martin moes vir Pat (vroeg) gebel het.
c) Dit gaan (goed) met Pat as met Martin. (3)
4. Skryf die sinne in die teenwoordige tyd.
a) John het my eerste na die dans gevra.
b) Ek het gesê ek sal saam met hom gaan. (2)
5. Skryf die sinne in die verlede tyd.
a) Dit gaan goed met my.
b) Ek kan nie saam met jou gaan nie.
c) Ek het Margaret se telefoonnommer. (3)
Totaal: 25

108 Kwartaal 2 Week 5 en 6

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 108 2013/08/21 9:16 AM


9 Koop my!
In hierdie lesreeks gaan jy:
Luister en praat • prente bespreek
• vrae oor advertensies bespreek
• ’n advertensie bespreek
• ’n mondelinge aanbieding oor ’n advertensie lewer
• na ’n advertensie luister en vrae daaroor beantwoord
Lees en kyk: • ’n advertensie lees en vrae daaroor beantwoord
Begrip • ’n opsomming maak
• ’n gedig lees en vrae daaroor beantwoord
Letterkunde • Leesboek bl. 71: “Die fiets” (storie)
Skryf en aanbied • ’n resensie oor die advertensie skryf
Taalstrukture en • taal-in-konteks-oefeninge oor die volgende
-konvensies taalaspekte doen: versamelname, voornaamwoorde,
paronieme, metonimia, neologismes, tye, direkte
rede, afkortings, sinsbou, sinonieme, antonieme
• jou woordeskat uitbrei
• aandag gee aan spelling en punktuasie

9. Koop my! 109

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 109 2013/08/21 9:16 AM


Luister en praat

Luister en praat: Bespreek prente


Kyk na die prente hieronder en bespreek dan die vrae in groepe.

1. Sê nou maar jy het ’n nuwe selfoon of nuwe paar sportskoene nodig,


hoe besluit jy watter soort om te koop?
2. Wat is die belangrikste vir die meeste tieners, ’n produk se prys of ’n
produk se handelsnaam (brand name)? Waarom?
3. Help advertensies jou om te besluit wat om te koop as jy iets wil hê?
Verduidelik.

110 Kwartaal 2 Week 7 en 8

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 110 2013/08/21 9:16 AM


Luister en praat

Luister en praat: Bespreek ’n advertensie


Pre-luister: Bestudeer eers die woordeskat voordat jy na die
advertensie luister.
Tydens luister: Luister na die advertensie wat die onderwyser vir jou
gaan voorlees.
1. Wat word hier geadverteer?
2. Waarvoor gebruik ’n mens dit?

W beskerm: protect; dit bied


beskerming
goedgekeur: approved; aanvaar
keuse: choice; wat jy kies
bestanddeel: ingredient; deel van sagkens: gently; saggies
iets vreedsame: peaceful; rustige
gesiene: renowned; baie goeie

9. Koop my! 111

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 111 2013/08/21 9:16 AM


Luister en praat

Post-luister: Hoe goed verstaan jy die advertensie?


Lees eers die inligting hieronder voordat jy die vrae beantwoord.

• ’n Advertensie se doel
(aim) is om ’n mens te
oorreed (persuade) om iets
te koop.
• ’n Advertensie se
teikengroep (target group)
is die mense op wie dit
gerig is.
• ’n Advertensie gebruik
kleur (colour) en
verskillende lettertipes
(fonts) om ’n mens se
aandag te trek.
• ’n Advertensie gebruik
illustrasies om die
boodskap sterker te maak.

Vrae
1. Skryf elke keer net een woord neer.
a) Hoe werk Sweet Dreams Kidz op ’n mens se vel?
b) Wie het die produk goedgekeur?
c) Soek ’n woord wat “jong kinders” beteken.
2. Wie is die “hulle” in die advertensie se kop (die reël heel bo)?
3. Hoe pas die illustrasie by die advertensie se kop?
4. Waarom, sê die advertensie, is hierdie produk goed vir kinders?
5. Is die volgende stelling waar of onwaar? Gee ’n rede vir jou
antwoord.
Hierdie advertensie se teikenmark is ma’s wat jong kinders het.
6. Hoekom sal ma’s hierdie produk vir hul kinders wil koop?
7. In die advertensie word genoem dat ’n velspesialis die produk
goedgekeur het. Hoekom word dit in die advertensie gesê?
8. Kyk na die verduideliking van die ABBA-beginsel op bladsy 115.
a) Hoe trek hierdie advertensie ’n mens se aandag?
b) Voltooi: Die advertensie prikkel jou belangstelling, want …
c) Wat moet ’n mens wil hê (begeer) as jy die advertensie lees?
d) Wat wil die advertensie hê moet ’n mens doen (aksie)?
9. Dink aan ’n goeie Afrikaanse naam vir hierdie produk.

112 Kwartaal 2 Week 7 en 8

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 112 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: Maak ’n opsomming


Wat moet kopieskrywers (copy writers) onthou wanneer hulle ’n
advertensie skryf?
• Lees eers die sewe riglyne vir die skryf van ’n resensie.
• Skryf dan die sewe riglyne (guidelines) onder mekaar neer.
• Begin elke riglyn met ’n werkwoord en skryf dit in ’n volsin.
• Skryf 50 tot 60 woorde. Skryf jou getal woorde neer.
Emmentrude Oosthuizen, ’n ervare dosent (lecturer) wat kopieskrywers
oplei, het die volgende riglyne gegee vir kopieskrywers wat advertensies
vir tydskrifte en koerante skryf.

Riglyne vir kopieskrywers


• Wanneer jy ’n advertensie vir ’n produk moet skryf, is jou eerste stap om
soveel moontlike inligting oor die produk in die hande te kry. Jy kan net ’n
goeie advertensie skryf as jy presies weet waaroor jy skryf.
• Wanneer jy ’n advertensie skryf, moet jy besluit of die produk iets is wat
mense nodig het om te kan lewe en of dit iets is wat mense gaan koop
omdat hulle dit wil hê. Dink of die produk in ’n behoefte of ’n begeerte
gaan voorsien.
• Jy moet dink aan wie die teikenmark vir die produk is – wie dit gaan
koop en wie dit gaan gebruik. Is jou teikenmark jonk of oud, arm of ryk?
Wanneer jy jou advertensie beplan, moet jy heeltyd jou teikenmark in
gedagte hou.
• Jy moet dink aan hoe jy mense se aandag gaan trek. Wat kan jy doen dat
hulle die advertensie wil lees? Onthou, ’n slim kop in jou advertensie sal
mense se aandag trek.
• Jy moet dink aan watter illustrasies jy in jou advertensie gaan gebruik. ’n
Goeie illustrasie gaan help om die advertensie suksesvol te maak.
• Die taal wat jy in jou advertensie gebruik, moet by die teikenmark en die
produk pas. Die taal in ’n advertensie vir jeans sal byvoorbeeld anders wees
as die taal in ’n advertensie vir ’n duur motor.
• Jy moet besluit watter slim maniere jy gaan gebruik om die lesers te oorreed
om die produk te koop, want dit is tog die doel van ’n advertensie.
(Deur die skrywer)

W begeerte: want; iets wat jy graag wil hê, maar


jy kan daarsonder klaarkom
behoefte: need; iets wat jy moet hê om te kan
lewe

9. Koop my! 113

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 113 2013/08/21 9:16 AM


Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Voornaamwoorde


Kies die korrekte voornaamwoord tussen hakies.
1. Die kopieskrywer hou van die advertensie wat (sy/haar) geskryf het.
2. (Ons s’n/ons) sal binnekort die advertensie in tydskrifte sien.
3. Die produk (waarin/waaroor) die advertensie is, is (iets/niks) wat
(jou/jy) nodig het.
4. (Waarop/Waarvoor) gebruik jy (daardie/dit) produk?
5. (’n Mens/’n Mense) gebruik dit as (jy/jou) (jy/jou) gesig was.
6. Ek skaam (jou/my) dat ek nie kan raai wat (daardie/dit) is nie!
7. Almal (wie/wat)) hulle gesig wil was, moet mos
seep gebruik!

Taal in konteks: Paronieme,


metonimia en neologismes
Nog neologismes
is lokfilm (trailer),
Paronieme is woorde met dieselfde stam, stempos (voicemail),
maar verskillende voor- en agtervoegsels, spertyd (deadline).
byvoorbeeld:
• Ek erken dat ek van die advertensie hou.
• Ons herken hom aan sy stem in die radio-advertensie.
Metonimia kom voor as ’n deel van iets na die hele ding verwys,
byvoorbeeld:
• Jy moet respek hê vir my grys hare. (Grys hare verwys na
ouderdom.)
Neologismes is nuwe woorde wat in ’n taal geskep word,
byvoorbeeld as daar ’n nuwe uitvinding is:
• Baie mense gaan na die jolkol (fan park) om na die sokker
te kyk.

1. Kies die korrekte woord (paronieme).


a) Ek het die advertensie (verlede/gelede) week gesien.
b) As jy geld (bedien/verdien), kan jy dit bekostig.
c) Kan jy jou antwoord (bewys/verwys)?
2. Skryf die ontbrekende woord neer (metonimia).
As jy sê die ketel kook, bedoel jy die ____ binne in die ketel kook.
3. Maak jou eie sinne met die volgende woorde (neologismes,
sinsbou).
a) skootrekenaar b) rekspring

114 Kwartaal 2 Week 7 en 8

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 114 2013/08/21 9:16 AM


Luister en praat

Luister en praat: Bespreek vrae

Onthou jy?
Die ABBA-beginsel word in baie advertensies gebruik.
’n Advertensie:
trek jou AANDAG
prikkel jou BELANGSTELLING
laat jou iets BEGEER (wil hê)
motiveer jou om tot AKSIE oor te gaan.

1. Wat is jou gunsteling-


advertensies? Waarom
hou jy daarvan?
2. Van watter advertensies
hou jy niks nie? Waarom
nie?
3. Dink jy ’n irriterende
advertensie kan ook ’n
goeie advertensie wees?
Verduidelik.
4. Voltooi die sin: Dit is ’n
advertensie se doel (aim)
om jou iets te laat ____.
5. Kyk saam na hierdie
advertensie. Dink jy die
ABBA-beginsels is in
hierdie advertensie
gebruik?

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Versamelname


Kies die korrekte versamelnaam uit die lys.
skool, swerm, laning, trop, span, tros, bundel, swerm, bondel, reeks
1. ’n ____ muskiete 6. ’n ____ wasgoed
2. ’n ____ spelers 7. ’n ____ voëls
3. ’n ____ gedigte 8. ’n ____ skape
4. ’n ____ druiwe 9. ’n ____ produkte
5. ’n ____ bome 10. ’n ____ visse

9. Koop my! 115

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 115 2013/08/21 9:16 AM


Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Resensie


Skryf ’n resensie (review) van die advertensie op bl. 111 (140–160 woorde).
Beplanning/Pre-skryf
• Lees deur die vorm op bladsy 117.
• Maak twee kopieë van die vorm in jou boek – een vir die eerste
weergawe van jou resensie en een vir jou finale resensie.
Skryf ’n konsep
• Vul die eerste weergawe van jou resensie in.
• Beantwoord al die vrae volledig.
• Antwoord in volsinne.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
• Lees goed deur jou resensie.
• Verbeter enige taal- en spelfoute. Skryf dit netjies oor.
• Voltooi die finale weergawe van jou resensie en proeflees dit.

Praat: ’n Mondelinge aanbieding


oor ’n advertensie
Jy gaan ’n Afrikaanse advertensie in ’n koerant of tydskrif soek
en dit dan in ’n praatjie van 2–3 minute ontleed (analyse) en bespreek.
Gebruik die vrae op bladsy 117 om jou praatjie op te baseer.
Beplanning, navorsing en organisering
• Besluit oor watter advertensie jy gaan praat.
• Beplan wat jy aan die begin, in die middel en aan die einde gaan sê.
Begin: Sê oor watter advertensie jy praat.
Middel: Bespreek die verskillende aspekte van die advertensie (soos op
die resensievorm).
Einde: Som jou mening van die advertensie in een sin op.
• Organiseer jou idees in ’n logiese volgorde.
• Skryf jou praatjie uit en oefen om dit te lewer.
Voorbereiding en aanbieding
• Spreek woorde duidelik uit en praat hard genoeg.
• Maak oogkontak met jou gehoor.
• Praat soms vinniger, soms stadiger.
• Gebruik pouses om jou woorde te laat insink.
• Maak seker jou styl en taalgebruik pas by die doel
van jou praatjie.

116 Kwartaal 2 Week 7 en 8

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 116 2013/08/21 9:16 AM


Skryf en aanbied

Resensie van advertensie


Produk wat geadverteer word: ____________________________________
Teikengroep van die advertensie: _________________________________
Wie sal die produk gebruik? ______________________________________
Wat maak die produk spesiaal? ___________________________________
_________________________________________________________________
_________________________________________________________________
Word illustrasies goed in die advertensie gebruik? Verduidelik.
_________________________________________________________________
_________________________________________________________________
_________________________________________________________________
Word verskillende lettertipes goed gebruik? Verduidelik.
_________________________________________________________________
_________________________________________________________________
_________________________________________________________________
Hoe probeer die advertensie ons manipuleer om die produk te koop?
_________________________________________________________________
_________________________________________________________________
_________________________________________________________________
Dink jy dit is ’n goeie advertensie? Verduidelik.
_________________________________________________________________
_________________________________________________________________
Persoonlike besonderhede: _______________________________________
___________________________________________________
Naam en van: _____________________________________
Adres: ____________________________________________
_______________________________________________
_______________________________________________ Probeer
Handtekening: _____________________________________ baie eerlik
wees as jy ’n
resensie gee.

9. Koop my! 117

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 117 2013/08/21 9:16 AM


Luister en praat

Luister en praat: Oefen jou luistervaardighede


Pre-luister
Nie alle advertensies adverteer goed wat ’n mens koop nie. Wat anders
kan geadverteer word?
Tydens luister
• Luister terwyl ’n advertensie die eerste keer vir jou voorgelees of
gespeel word. Let op die taalgebruik, toon en tempo.
• Lees die vrae hieronder en die woordeskat aandagtig deur.
• Luister ’n tweede keer na die advertensie en maak aantekeninge oor
die antwoorde vir die vrae.
Post-luister
Beantwoord die onderstaande vrae.
1. Wanneer kan ’n droom ’n realiteit word, sê John Lennon?
2. Vir watter kinders help Reach for a Dream?
3. Hoe help Reach for a Dream hierdie kinders?
4. Skryf die ontbrekende woorde neer.
a) Reach for a Dream wil die ____ in die kinders se
lewens terugbring.
b) Hulle wil kinders ____
en inspirasie gee om bo
hul siekte uit te leef.
5. Hoe kan ’n mens Reach for W
lewensbedreigende siektes:
life-threatening illnesses; siektes
a Dream help om siek wat jou kan doodmaak
kinders te help?
Taalstrukture en -konvensies
Taal in konteks: Tye, direkte
rede, punktuasie, afkortings
1. Skryf die sinne in die verlede tyd.
a) Die organisasie help siek kinders.
b) Elke kind het ’n droom.
c) Die kinders se drome word waar.
2. Skryf die sinne in die direkte rede oor met die nodige
punktuasie.
a) John Lennon sê ’n Droom wat jy alleen
droom bly ’n droom
b) ’n Droom wat jy saam droom word ’n realiteit sê John Lennon
3. Waarvoor staan die afkorting in die volgende sin?
Help ons asb. om ons drome waar te maak!

118 Kwartaal 2 Week 7 en 8

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 118 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Gedig: Stille Nag, Heilage Nag


Pre-lees: Dink aan hoe dit elke jaar net voor Kersfees in die winkels is.
• Watter soort musiek word gespeel? Hoe word die winkels en
winkelsentrums versier (decorated)?
• Waarom gebeur dit?
Tydens lees: In hierdie gedig deur Adam Small stem twee mense nie
saam oor die aanhoudende speel van die Kerslied “Stille nag” in die
winkels voor Kersfees nie. Let op dat die gedig in Kaapse Afrikaans
geskryf is.

Stille Nag, Heilage Nag


Wanneer kry djulle dan klaar
met daai song?

Gwaan loep, djy’s naar –


Betlehemster flikker dan nou elke djaar
hellerder innie O.K. Bazaar!
(Uit: Sê sjibollet, Tafelberg Uitgewers, 1963)

W daai song: that song; daardie lied


djulle: you; julle
Gwaan loep: go on; toe nou, loop
heilage: holy; heilige
hellerder: more brightly; helderder
innie: in the; in die
naar: horrible; lelik

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig?


1. Na watter lied verwys die spreker in strofe 1?
2. Waarom is die spreker in strofe 1 geïrriteerd?
3. Hoe reageer die tweede spreker op die eerste spreker?
4. Volgens die Bybelse geskiedenis het ’n spesiale ster (Betlehemster)
Christus se geboorte aangekondig. Waarvoor word die ster met
Kerstyd in die winkels gebruik?
5. Wat is die gedig se boodskap, dink jy?

9. Koop my! 119

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 119 2013/08/21 9:16 AM


Taalstrukture en -konvensies

Hersiening
Bestudeer weer die advertensie op bl. 115 en beantwoord die vrae.
1. Kies die korrekte woorde:
a) Hierdie kussings en mandjies vir troeteldiere is spesiaal, want dit
kan (verhit/verkoel) word.
b) Die woorde “Pet Pleasure” links bo is in ’n hartjie geskryf om te
wys ’n mens (is lief vir/haat) jou troeteldiere.
c) Die woord (koubestand/waterbestand) wys dat die
troeteldierbed droog sal bly as ’n nat dier daarop lê.
d) Die woorde “Keer die koue” wil ’n mens (oorreed/afraai) om
die produk te koop. (4)
2. Watter woord sê ’n troeteldier sal lekker op so ’n bed slaap? (1)
3. Skryf die ontbrekende woorde neer:
a) Die woord “verhitte” beteken amper dieselfde as ____. (1)
b) Hierdie beddens is ideaal vir ___ diere met ____, jong diere
of ____ diere. (3)
4. Waarom is dit goed om die prente van die hond op die kussing
en die kat in die mandjie in die advertensie te hê? (2)
5. Voltooi die sinne. Skryf elke keer die hele sin uit.
a) “Verhitte troeteldierbeddens” is groot geskryf, want ___.
b) Die advertensie se doel is om ___.
c) Die advertensie se teikengroep is ___.
d) Die gebruik van die kleur rooi werk goed, want ___. (8)
6. Is die volgende stellings waar of onwaar? Verduidelik jou antwoord.
a) As jou troeteldier so ’n bed het, sal daar baie dierehare op jou
meubels wees. (2)
b) Al die kussings en mandjies is dieselfde grootte. (2)
7. Skryf antonieme uit die teks vir die volgende woorde neer.
a) gesond
b) onwasbaar
c) toekoms
d) koue (4 ÷ 2 = 2)
Totaal: 25

120 Kwartaal 2 Week 7 en 8

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 120 2013/08/21 9:16 AM


10 Wie erf wat?
In hierdie lesreeks gaan jy:
Luister en praat • na stories oor testamente luister, dit lees en
bespreek
• die onderhandelinge oor ’n testament rolspeel,
daarna luister en die probleme probeer oplos
Lees en kyk: • ’n strokiesprent lees, bekyk en vrae daaroor
Begrip beantwoord
• wenke waarop ’n mens moet let as jy ’n testament
opstel, lees en vrae daaroor beantwoord
• ’n voorbeeld van ’n verkorte testament bestudeer en
vrae daaroor beantwoord
• ’n gedig lees, analiseer en literêre vrae daaroor
Letterkunde beantwoord
• Leesboek bl. 93: “Die halssnoer” (drama)
Skryf en aanbied • ’n testament vir jouself opstel en aanbied
Taalstrukture en • voegwoorde en verbindingswoorde in sinne gebruik
-konvensies • bysinne en bepalings benut
• deelwoorde leer vorm
• taal-in-konteks-oefeninge doen oor: deelwoorde,
paronieme, verskillende sinsoorte, meervoude,
homofone, antonieme, idiome, indirekte rede en
toekomende tyd
• jou woordeskat oor veral testamente uitbrei

10. Wie erf wat? 121

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 121 2013/08/21 9:16 AM


Luister en praat

Luister en praat: Stories oor testamente


• Verdeel in groepe van vier.
• Kyk na die prente by die drie situasies (stories) op hierdie twee
bladsye.
• Lees eers die wenke op bladsy 130, Basiese wenke om ’n testament op te
stel, hardop saam met ’n maat deur. Baie van die antwoorde op die
vrae op hierdie bladsye sal jy daar kry.
• Beantwoord dan die vrae.

Kinderhuis kry R30 miljoen


’n Boer het sy hele boedel van ongeveer R30 miljoen aan ’n kinderhuis in
Potchefstroom bemaak. At van der Merwe het glo een keer toe hy gevra is
om geld in ’n blikkie te gooi, gesê hy gaan niks daarin gooi nie, want eendag
gaan die Abraham Kriel-Kinderhuis genoeg kry.

(Uit: Die Burger, 12 Augustus 2012)

Die boer, At, het soos ’n


kluisenaar (hermit) gelewe.
Hy was ’n suksesvolle boer en
het niemand by die kinderhuis
W bemaak: leave, bequeath
boedel: estate
erf: inherit
geken nie. erfgenaam: heir
• Wat is julle opinie oor die boer erfporsie: share of the inheritance
se goeie daad? Sou julle dit geërf: inherited
gedoen het? getuie: witness
• Wat, dink julle, moet die onderteken: sign
kinderhuis alles met die geld spaargeld: savings
wat hulle geërf het, doen? testament: will

122 Kwartaal 3 Week 1 en 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 122 2013/08/21 9:16 AM


Luister en praat

Siek seun bemaak


geld aan skool
Klein Heiné Hansmann (11) bemaak
in 1962 sy spaargeld van R100 aan sy
skool.

(Uit: Die Burger, 12 Augustus 2012)


• Kan Heiné regtig volgens wet ’n testament opstel?
• Sou jy ’n testament opstel as jy baie siek word?
• Vertel vir jou maat hoekom jy dit tog sou doen.

Geen erfgename nie?


Johannes Kerkorrel, ’n bekende
Afrikaanse sanger, het wel sy eie
testament opgestel en onderteken,
maar geen getuies het dit onderteken
nie. Hy het ’n ma, ’n seun en ’n goeie
vriend gehad.

(Uit: Beeld, 5 Desember 2002)

• Waarom is dit ’n probleem? Dink jy sy testament was


geldig?
• Wie, dink jy, het sy besittings geërf?
As iemand sonder ’n wettige
testament sterf, kry die eggenoot
alles. As daar nie ’n eggenoot is
nie, kry die kind alles.
10. Wie erf wat? 123

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 123 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Onderhandelingsgesprek: Bessie


Hemelbesem en oom Sak Sarel se testament
Pre-lees
Werk in groepe van vier. Elkeen speel ’n karakter.
Tydens lees
• Dramatiseer die toneel.
• Let goed op wat oor testamente gesê word en hoe mense baie
emosioneel daaroor raak.

(Die gesprek vind plaas tussen die Hemelbesems, Ma, Pa en Bessie, wat baie
lang mense is, en tante Potjierol wat kort en koeëlrond is. Sy het so pas skielik
by die Hemelbesems opgedaag.)
Ma: (Sug) Is dit ’n afskrif van die testament?
Bessie: Ma, Pa, luister mooi. Kort voor sy dood het oom Sak Sarel ’n
paar klein veranderinkies aan sy laaste testament gemaak.
Ma: ’n Paar klein v-veranderinkies? Wie weet watter wonderwerk
dalk in oom Sak Sarel se sterwende hart gebeur het? Was ek nie
altyd sy gunsteling nie? Nee, ek is seker daar wag ’n verrassing
op ons!
Pa: (Gespanne) Ek sal nie stry dat allerhande vrese aan my knaag
nie. Ek wag in vrees en bewing.
Tante: (Snuif) ’n Paar veranderinkies wat behoorlik onderteken en
heeltemal wettig is. Niks wat maak dat iemand die testament in
die hof sal kan beveg nie.
Bessie: (Besluit om die bom te gooi.) Ma en Pa, die testament lyk só: julle
erf vir tante Potjierol en Pietersielie, vir ewig en altyd.
Ma: (Spring op met krete van blydskap.) Hoera! Ek is so bly.
Pa: (Brom) Die erfporsie is erger as wat ek verwag het!
Bessie: Wie is Pietersielie?
Pa: (Sak met ’n hol kreun inmekaar.) Dalk is dit net ’n slegte
droom ...
Ma: Ek wou nog altyd familie in my huis ontvang.
Pa: (Gooi sy arms in die lug.) Maar – maar – ’n mens kan mos nie
dat iemand ’n méns by jou erf nie ...
Tante: (Vies) Sak Sarel kan! Dis heeltemal wettig. Vra enige prokureur
wat sy sout werd is. Van nou af bly ek hier by julle. Vir ewig en
altyd, soos Sak Sarel in sy testament sê.
Pa: (Skree) Wie is Sak Sarel om vir ons te sê wat ons moet doen?

124 Kwartaal 3 Week 1 en 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 124 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

Ma: (Huil) Die arme man is in sy graf. En tante Potjierol is my


oudste familielid. Sy het geen ander plek om heen te gaan nie.
Dis hoekom oom Sak Sarel op hierdie mooi manier vir haar
sorg.
Pa: (Skel) Aan wie se kant is
jy? Hoekom moet sy by
ons kom woon? Hoekom
kan sy nie op Seepfontein
bly woon nie? Vir wat het
oom Sak Sarel sy
testament verander en
haar aan ons afgesmeer?
Ma: (Pers haar lippe saam sodat
sy nie sê wat sy dink nie)
Bessie: (Troos) Onthou, daar is
altyd ’n geluk by die
ongeluk ...
Pa: Geluk? Soos wat?
Tante: Soos daardie oerwoud in
die agterplaas. Pietersielie
sal dit mak maak. Sy is
mal oor seldery en
pietersielie. Dis al wat sy
ooit eet.
Bessie: Wie is Pietersielie?
(Verwerk uit: Bessie Hemelbesem en oom
Sak Sarel se testament, LAPA Uitgewers,
2009)
Janie Oosthuysen

Kyk na die prentjie, dan sal jy weet wie Pietersielie is!


Lees gerus die hele leesreeks oor die snaakse Bessie Hemelbesem en
haar speuravonture.

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die onderhandelinge?


Bespreek die volgende vrae en probeer dit oplos.
1. Hoe het Sak Sarel in sy testament die Hemelbesems gemanipuleer?
2. Wie en wat het die Hemelbesems geërf? Wat is julle opinie daaroor?
3. Bespreek die probleme as jy iemand of iets erf wat jy nie wil hê nie.
4. Watter moontlike oplossing is daar vir die probleem?
5. Wat het julle oor testamente in die toneel geleer?

10. Wie erf wat? 125

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 125 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Strokiesprent: Hond se gedagtes


Pre-lees
Baie mense laat hulle diere besittings en geld erf. Oprah Winfrey het ook
miljoene dollars aan haar honde bemaak.
• Vluglees eers die storie oor die poedel.
• Soeklees nou in die teks na sekere besonderhede – kyk hoe die
poedel lyk en hoe haar karakter deur die prentjies uitgebeeld word.
Tydens lees

Testament van Leona Helmsley


Hiermee bemaak ek, Leona Helmsley, R87 miljoen aan Trouble,
my geliefde Maltese poedeltjie, sodat sy tot haar dood
uitstekend versorg kan word. Straathonde en honde wat ly,
kry die res van my miljarde dollars.

L Helmsley
Datum: 3 Maart 2004
Bedorwe
brakkie!

Lekker.
Lekker!
Elke hond
kry sy
dag!

1 2

Trouble, hou op Hoekom moet ek


om my te byt! aan die kleinste
been kou?
Wat het al die
straathonde vir
my nooi gedoen
om soveel geld
te erf? Net mooi
niks nie!

3 4

(Deur die skrywer)

126 Kwartaal 3 Week 1 en 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 126 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die strokiesprent?


1. Wie is die hoofkarakter?
2. Gee vier redes wat jy kan aflei dat Trouble bederf was.
3. Watter een woord in raampie 2 sê dat die hond bederf word?
4. Is die volgende stelling waar of onwaar? Bewys jou antwoord.
Trouble het die meeste geld uit mev. Helmsley se testament gekry.
5. Kies die korrekte figuurlike betekenis van: Ek kou aan die kleinste
been. (Die been is baie klein./Ek kry die minste geld.)

Taalstrukture en -konvensies
Taal in konteks: Voegwoorde,
verbindingswoorde, deelwoorde en paronieme

Voegwoorde en verbindingswoorde verbind sinne.


• Voegwoorde is woorde soos want (Groep 1), tog (Groep 2),
aangesien (Groep 3).
– Mev. Helmsley bemaak geld aan honde. Sy is jammer vir
hulle. (aangesien)
– Mev. Helmsley bemaak geld aan honde aangesien sy vir
hulle jammer is.
• Verbindingswoorde is ook voegwoorde en woorde soos wat,
wie en waarvan (betreklike voornaamwoorde).
– Dit is die bedorwe hond. Die hond gee baie moeilikheid.
(wat) (Groep 3)
– Dit is die bedorwe hond WAT baie moeilikheid gee. (Die
tweede Die hond val weg.)

1. Verbind die sinne met die voegwoorde en/of verbindingswoorde.


a) Die poedel dra ’n halssnoer. Haar eienaar bederf haar. (want)
b) Mev. Helmsley het haar poedel lief. Sy laat haar miljoene
dollars erf. (daarom)
c) Dit is die hond. Sy het so baie geld geërf. (wat)
Begin so: Dit is die hond wat ...
2. Gee die regte vorm van die woord (deelwoorde).
a) Trouble was regtig ’n (bederf) hond.
b) Sy was mev. Helmsley se (lief) hondjie.
3. Gee die regte vorm van die woord (paronieme).
a) Ek het dadelik vir Trouble op die foto (ken).
b) Al die mense het Trouble se storie (ken).

10. Wie erf wat? 127

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 127 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: Gedig: Uitveër


Pre-lees
Kyk na die titel van die gedig en raai waaroor dit gaan.
Tydens lees
• Lees die gedig hardop, want ’n gedig wil hê jy moet hoor hoe hy
klink.
• Lees dit ’n paar keer deur sodat jy dit regtig verstaan.

Uitveër
Herhaling van sinonieme vir
Ek wens ek kan my foute klem omdat die spreker
wegvat, uitwis heeltemal van haar foute
uitvee ontslae wil raak.

soos ’n spelfout in ’n klaswerkboek Letterlik: jy vee foute met ’n


uitveër uit.
Sodat niemand anders kan sien
wat ek weet daar was nie. Figuurlik: om vry te wees
van haar foute
Vergelyking: “lewens”-foute
Ek wens ek kon gister
soos spelfoute
oorhê, herstel of
Metafoor – Haar verkeerde
uitvee
dade wat uitgevee is, is nou
sodat daar net ’n skaduwee van my ’n skaduwee.
woorde Sy gee twee redes waarom
oorbly sy voor wil begin. Let op na
die woorde “sodat” en
Sodat ek kan vergeet wat gesê is “Sodat”.
en ek kan terugkry wat ek verloor het.

Nanette Burger (Gr. 12 Hoërskool De Kuilen)


(Uit: Poort, SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2004)

128 Kwartaal 3 Week 1 en 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 128 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

W herstel: correct, mend it; om iets wat verkeerd is, heel te maak
skaduwee: shadow; donker vorm waar die lig nie skyn nie
uitvee: rub out; uitwis, letterlik: met uitveër skoon te maak
uitveër: eraser; stukkie rubber om verkeerde merke op papier uit te vee

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig?


1. Wie is die spreker in die gedig?
2. Wat wens (wish) sy in die eerste strofe?
3. Waarom gebruik sy die sinonieme “wegvat, uitwis, uitvee”?
4. Kies die regte antwoord:
Die aanhaling: “ek kan my foute/uitvee soos ’n spelfout in ’n
klaswerkboek” is (personifikasie/’n vergelyking/’n metafoor).
5. Is die volgende stelling waar of onwaar?
Sy is baie skaam oor haar foute.
6. Praat sy regtig van foute in haar skoolboeke?
Motiveer jou antwoord.
7. Wat wens sy in strofe 2?
8. Waarom wens sy dit? Gee twee redes vir jou antwoord.
Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Bysinne en bepalings,


sinsoorte, meervoude, homofone

Jy kan sinne uitbrei deur meer van die werkwoord te vertel.


• Die meisie maak pizzas.
• Die meisie maak elke dag pizzas. (Tyd)
• Die meisie maak vinnig pizzas. (Wyse)
• Die meisie maak pizzas in die kombuis. (Plek)

1. Brei die onderstreepte werkwoord in die sin uit met ’n woord van
jou keuse. (bepalings – bywoorde)
a) Die meisie het ___die spelfoute uitgevee. (Tyd)
b) Die meisie het die spelfoute ___ uitgevee. (Wyse)
c) Die meisie het die spelfoute ___ uitgevee. (Plek)
2. a) Verander die vraagsin in ’n stelsin: Vee sy die foute uit?
b) Verander die stelsin in ’n bevel: Jy vergeet wat jy gesê het.
3. Gee die meervoud.
Jy het te veel a) (uitveër) en jou skrif is vol donker b) (kol).
4. Kies die korrekte woord (homofoon).
Die meisie (ly/lei) oor haar optrede in die verlede.

10. Wie erf wat? 129

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 129 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: Die opstel van ’n testament


Pre-lees
• ’n Testament is ’n belangrike dokument waarin jy sê hoe jou sake na
jou dood afgehandel moet word.
• Jy kan daarin sê hoe jou besittings verdeel moet word, maar ook wie
verder jou geliefdes (bv. kinders, troeteldiere) moet versorg en selfs
hoe jy begrawe wil word.
Tydens lees
Lees die wenke en die voorbeeld goed deur.

Basiese wenke om ’n testament op te stel


1 Jy moet 16 jaar oud wees as jy ’n wettige testament wil opstel.
2 Jou testament is net geldig (officially acceptable) as dit geskryf is.
3 Twee mense moet jou getuies wees en die testament teken.
4 Jy moet elke bladsy van die testament parafeer (initial) en jou getuies
moet by wees as jy jou handtekening (signature) op die laaste bladsy teken.
5 Jou testament moet ’n datum hê.
6 As jy nie ’n testament het nie, word jou besittings verdeel tussen jou
naaste familielede.
7 ’n Eksekuteur (executor) maak seker dat jou wense nagekom word en
betaal enigiets wat jy skuld (owe).

(Gebaseer op: “Die opstel van ’n geldige testament”, Wes-Kaapse Regering


www.westerncape.gov.za)

’n Voorbeeld van ’n verkorte testament

130 Kwartaal 3 Week 1 en 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 130 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

Post-lees: Hoe goed verstaan jy ’n testament?


1. Waarom stel ’n mens ’n testament op?
2. Hoe oud moet jy wees om ’n wettige testament te mag opstel?
3. a) Watter twee mense moet by jou wees as jy ’n testament teken?
b) Hoe moet die twee mense bewys hulle was by jou?
4. Wat gebeur as jy nie ’n testament het nie?
5. Waarom moet jy ’n eksekuteur aanstel?
6. Wie sal die erfporsie ontvang?

Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Testament


Opdrag: Skryf jou eie testament (90–100 woorde) waarin jy jou
besittings (bates) aan twee verskillende mense bemaak. Besluit ook wie
iets geliefds, soos jou troeteldier, moet oppas.
Beplanning/Pre-skryf
• Dink mooi aan wie jy jou besittings wil bemaak.
• Die dokument moet volledig wees. Jy mag niks weglaat nie.
• Kyk goed na die voorbeeld van die testament.
Skryf ’n konsep
• Skryf jou eerste weergawe van jou testament.
• Sorg dat jy al die inligting gee sodat jou testament wettig is.
• Bestudeer weer die woordeskat wat in ’n testament gebruik word en
gebruik dit in jou testament wat jy opstel.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
• Lees weer deur jou testament en maak seker dat al die feite daar is.
• Vergelyk jou testament met die voorbeeld.
• Verbeter enige spelfoute en taalfoute en skryf dit netjies oor.
• Teken dit self en laat jou twee getuies dit teken.
• Kopieer jou testament.
• Sit dit in ’n lêer en bêre dit op ’n veilige plek.

10. Wie erf wat? 131

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 131 2013/08/21 9:16 AM


Taalstrukture en -konvensies

Hersiening
1. Vul die ontbrekende woorde in. Kies uit die blokkie. (woordeskat)
erfporsie erfgenaam erf bemaak getuies eksekuteur
wettig testament handtekening
Elke mens behoort ’n a) ___ te hê om te sê wat met jou besittings
moet gebeur. Die elfjarige Heiné het selfs in 1962 R100 aan sy skool
b) ___. ’n Boer het ’n kinderhuis sy hele boedel laat c) ___.
As jy wil hê die regte d) ___ moet jou bates ontvang, moet daar twee
e) ___ by wees as jy die testament teken, anders is daar probleme
soos by Kerkorrel se testament. Pa Hemelbesem was geskok oor
hulle f) ___, naamlik die tante en die seekoei.Tante Potjierol sê
egter dis g) ___. Dit is ook belangrik dat jou h) ___ onderaan die
testament is. Stel ’n i) ___ aan om jou testament te bestuur
en te sorg dat jou wense nagekom word. (9)
2. Kies die regte homofoon.
Neem die (lyding/leiding) en laat jou gesin ’n testament opstel. (1)
3. Kies die regte vorm van stel. (paronieme)
a) Hy het hom lank oor die testament (bestel/ontstel).
b) Ek het ’n mooi lêer vir my testament (bestel/herstel). (2)
4. Pas die sinsoort in kolom B by die sin in kolom A.
Kolom A Kolom B
a) Hoera! Ek is so bly ons erf tante Potjierol. i) Vraagsin
b) Kan ons tante Potjierol erf? ii) Uitroepsin (2)
5. Brei die sin uit met ’n paslike woord.
Tante Potjierol hou ___ van oom Sak Sarel. (1)
6. Gee die meervoud.
Sommige a) (testament) gee vir b) (mens) groot c) (probleem). (3)
7. Gee die regte vorm (deelwoorde).
Die a) (bederf) hondjie Trouble het so baie geld geërf omdat sy
haar baas se b) (lief) hondjie was. (2)
8. Verbind die sinne met die woord tussen hakies (voegwoord).
Johannes Kerkorrel se testament was ongeldig. Getuies het dit nie
geteken nie. (aangesien) (1)
9. Skryf in die indirekte rede: Pa sê: “Ons gesin het ’n mens
geërf.” (2)
10. Gee die toekomende tyd: Ons sorg nou vir tante Potjierol. (2)
Totaal: 25

132 Kwartaal 3 Week 1 en 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 132 2013/08/21 9:16 AM


11 Olifante
In hierdie lesreeks gaan jy:
Luister en praat • oor ’n prent praat en luisterbegripaktiwiteite
uitvoer
• na die voorlesing van ’n onderhoud luister
• oor ’n CV praat en in pare bespreek watter
inligting dit moet insluit
Lees en kyk: • ’n geskrewe teks soeklees, vluglees en
Begrip aandagtig lees
• ’n kortverhaal lees en vrae daaroor beantwoord
Letterkunde • ’n gedig lees en die inhoud interpreteer en
ontleed
• Leesboek bl. 1: “Olifant en Seekoei trek tou”
(volksverhaal)
• Leesboek bl. 22: “Die olifantneste” (volksverhaal)
Skryf en aanbied • ’n CV en dekbrief skryf
Taalstrukture en • oefeninge doen oor spelling en spelpatrone,
-konvensies byvoeglike naamwoorde, direkte en indirekte
rede, tyd, sinsoorte, sinonieme, antonieme en
verwarrende woorde, soos homofone,
homonieme en polisemie

11. Olifante 133

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 133 2013/08/21 9:16 AM


Luister en praat

Praat: Praat oor ’n prent en los ’n raaisel op


Kyk na die prent en bespreek wat julle dink hier gebeur het. Praat oor
hoe julle sou gevoel het as julle in die motor was.

(Uit: Die Burger, 10 Mei 2008, bl. 4)


Het jy
geweet?
Olifante is
die grootste
landdiere op
aarde.

Luister: Luister na ’n onderhoud


Pre-luister
• Jy gaan na ’n voorlesing luister van die onderhoud
wat ’n koerantverslaggewer met Rico Beltrami,
die bestuurder van die motor op die foto, gevoer het.
• Lees die vrae op bl. 135 aandagtig deur, want dit
sal jou help om vir die regte antwoorde te luister.
Vra jou onderwyser as jy ’n woord in ’n vraag nie verstaan nie.
• Jou onderwyser sal die teks twee keer voorlees.
• Skryf die vraagnommers onder mekaar op jou antwoordblad neer.
Tydens luister
Skryf sleutelwoorde wat
jy hoor, vinnig neer,
maar moenie ophou
luister nie, anders hoor
jy nie alles nie.
Post-luister
Voltooi die antwoorde
nadat jy die tweede keer
na die voorlesing
geluister het.

134 Kwartaal 3 Week 3 en 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 134 2013/08/21 9:16 AM


Luister en praat

Vrae
1. Op watter datum en uur van die dag het die
Beltrami’s die ondervinding met die olifant gehad?
2. Waar of Onwaar? Die olifant het albei sy voorpote
op die motor gesit.
3. Wie het vir Rico Beltrami gesê hy moet die motor se
enjin afskakel?
4. Ongeveer hoe lank het die olifant by die Beltrami’s se motor gebly?
5. Op watter manier het die Beltrami’s ’n foto van die gebeurtenis gekry?
6. Hoe weet jy dat daar skade aan die motor was?

Raaisel
Dink in pare saam aan ’n oplossing vir hierdie raaisel:
Hoekom is olifante só gekreukel (creased)?
Kyk of julle reg geantwoord het. Hier is die deurmekaargeskommelde
antwoord vir die raaisel se vyf woorde:
Isd kilioem mo elhul et kryst.
(Rangskik die letters in die woorde korrek om die antwoord te lees.)

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Direkte en indirekte rede


Lees die strokie en voer die opdragte uit.
En daar Gelukkig kon ek
staan die as olifantkenner
olifant vas deur blote Vir Seker ’n
aan die O geduld die hoe dag of
slaap op my heng! situasie lank? twee ...
stert. hanteer.

1 2 3

(Uit: Die Burger, 21 Augustus 2010, bl. 17)

Skryf hierdie sinne oor in die indirekte rede.


1. “Die olifant staan vas aan die slaap op my stert,” sê die bobbejaan.
2. Die leeu vra: “Het hy lank gestaan?”
3. Die bobbejaan antwoord: “Seker ’n dag of twee.”
4. Watter leestekens wat in die direkte rede gebruik word, word nie in
die indirekte rede gebruik nie?

11. Olifante 135

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 135 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Teks met inligting oor olifante


Pre-lees
Maak eers seker dat jy die betekenis van al hierdie woorde verstaan.

W ’n ton: a ton; 1 000 kilogram


bloedvate: blood vessels; buise waardeur bloed in die liggaam vloei
geruisloos: silently/quietly; sonder om ’n geluid te maak
hegte verhouding: close relationship; ’n intieme band
onafhanklik: independent; om alleen te kan klaarkom
slagtand: tusk; lang ivoortand met ’n skerp punt
sorgsaam: caring; om goed vir iemand of iets te sorg

Tydens lees

Die grys reuse van die Afrika-bos


Die wetenskaplike naam vir die Afrika-olifant is Loxodonta Africana.
Loxodonta is ’n samestelling van twee Griekse woorde wat “skuins tand”
beteken. Bulle weeg tussen 5 en 6 ton. Só ’n groot dier neem natuurlik baie
lank om so groot te word. Hulle kan tot 70 jaar oud word. As jy op die rug
van ’n olifant is, sal jy 3 tot 4 meter bo die grond wees. Hulle ore alleen is
meer as ’n meter groot. Hierdie reuse-ore word heeltyd beweeg om hulle
liggaamstemperatuur af te bring.
Olifante is mal oor water en sal minstens een maal per dag ’n draai maak
by ’n watergat om te drink en te bad. Hulle kom soms bruin van die
modder uit ’n dam. Die modder
wat op hul grys, geplooide vel
droog word, beskerm hulle teen
die son en insekte, want die vel is
byna haarloos. Hulle stap diep in
en suig water in hul slurpe op
om oor hul rûe te spuit. Die
slurp is eintlik ’n lang neus wat
ook as ’n arm of hand gebruik
word om blare en takke af te
pluk en swaar goed op te tel.
Anders as mense se neuse, het
die slurp duisende spiere – die
slurp alleen kan tot 100 kg weeg.
Vir so ’n reusedier beweeg
olifante verbasend geruisloos.

136 Kwartaal 3 Week 3 en 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 136 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

Dis net as ’n koei haar kalf beskerm of jy te naby aan hulle kom, dat hulle
’n groot geraas maak om hul gebied te beskerm.
Die ivoortande word gebruik om bas van bome af te trek, wanneer hulle
baklei en ook vir selfverdediging. Hierdie slagtande kan baie groot word
en is een rede waarom olifantgetalle deur die jare so verminder het, want
die ivoor is baie waardevol.
Olifante eet hoofsaaklik gras, maar is ook vreeslik lief vir blare en
takkies. Hulle kan 220 kg gras en blare per dag eet.
Die olifantbevolking van ’n gebied word verdeel in familiegroepe, met
die oudste koei as leier. Volwasse bulle lei onafhanklike lewens en word
gewoonlik alleen gesien. Daar is ’n hegte verhouding tussen al die lede van
die groep, maar veral tussen die koeie en hul kalwers.
Olifante is intelligente diere wat op ’n manier wat ons nie verstaan nie
met mekaar kommunikeer. Hulle het spesiale vermoëns en eienskappe, en
is liefdevol en sorgsaam teenoor mekaar.

(Deur skrywer saamgestel)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die teks?


Vluglees en soeklees die teks vir antwoorde en lees dan die hele teks
aandagtig om al die antwoorde te voltooi.
1. Hoe hoog kan ’n olifant min of meer wees?
2. Wat kan een rede wees waarom ’n olifant lank leef?
3. Kies die gepaste woord tussen hakies.
’n Olifant het sulke groot ore om hom te help om (koel/droog)
te bly.
4. Noem een rede waarom olifante graag in ’n watergat bad.
5. Hoekom is ’n olifant se vel meer gevoelig vir die son as byvoorbeeld
die vel van ’n leeu?
6. Wat maak ’n olifant se slurp so swaar?
7. Antwoord Waar of Onwaar: Olifante is altyd lawaaierige diere.
8. Kies die regte woord: Omdat ivoor baie waardevol is, word hulle
deur jagters en wilddiewe (gejag/beskerm).
9. Watter lede van die olifantbevolking leef in groepe saam?
10. Haal twee woorde in die laaste paragraaf aan wat aandui dat olifante
hul gevoelens vir mekaar wys.

11. Olifante 137

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 137 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Gedig: Gesprek met ’n olifant


Pre-lees: Kyk na die titel en die prente en
voorspel waaroor die gedig gaan.
Tydens lees
Gesprek met ’n olifant
Kolos van die Afrika-bos,
geruisloos, katvoet op jou tone,
beweeg jy, fassinerende reus;
krul jy jou lang arm-hand-neus
om die stamme van bome.
Wat weet jy, grys grootvoet?
Wat dink jy terwyl jy so ywerig
die meeste van jou dag bestee
aan blare afskeur en takke breek
om in jou groot mond te steek?
Swygsame alleenloper-bul,
waar is jou een ivoor-slagtand?
Het jy baklei en dit verloor
hier in Addo, plek van die olifant?
Wat sou jy sê as jy my kon hoor?
Sterk wonderdier,
breker van die bos,
is dit waar dat jy kan huil?
Daar word vertel dat jy treur
as iets wat jou ontstel gebeur.
Loxodonta africana is jou deftige naam,
’n simbool van Afrika, soos ’n prent in ’n raam.
Soos ons velde en vlaktes, soms rustig en stil,
maar soms woedend en met ’n verwoestende wil.
Laat dit goed gaan, ou grote, vaarwel!
(Deur die skrywer)

W fassinerend: fascinating/very interesting; wat jou sterk aantrek/interessant


katvoet: idiom meaning very silently like a cat;; saggies en stil soos ’n kat
kolos: a very big thing (colossal); ’n baie groot ding
swygsaam: silent, not talkative;; wat nie baie praat/sê nie
verwoestend: destructive; dit wat verwoes
ywerig: enthusiastic/keen;; entoesiasties, met die wil om iets te doen

138 Kwartaal 3 Week 3 en 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 138 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig?


1. Haal die metafoor aan wat sê dat die olifant baie saggies loop.
2. Wat is die “lang arm-hand-neus” (gee een woord)?
3. Wat doen die olifant die grootste deel van die dag?
4. Watter woord sê dat hierdie olifant nie in ’n groep leef nie?
5. Wat vra die spreker die olifant in strofe 3?
6. Haal twee afsonderlike woorde in strofe 4 aan wat na die olifant se
gevoelens verwys.
7. Haal die twee woorde in die laaste strofe aan wat sê dat olifante ook
kwaad word en kan vernietig.
8. Waarmee vergelyk die spreker die olifant in die laaste strofe?
9. Watter voorbeelde van alliterasie met die b- en w-klanke is daar in
strofe 4 en 5?
10. Hoekom is dit gepas om die woord “kolos” in strofe een te gebruik,
in plaas van om byvoorbeeld te sê: “Baie groot dier van die Afrika-
bos”?
Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Leestekens

Leestekens is die verkeerstekens in ’n taal.

Hulle is die verkeerstekens in ’n taal wat vir lesers byvoorbeeld sê dat


daar ’n ruspunt is (komma, kommapunt
en punt), dat ’n uitroep gegee word Ek hou só baie van my
(uitroepteken), en dat iemand iets wil jas dat ek nie wil hê die
weet (vra) (vraagteken). son moet uitkom nie.
Skryf hierdie paragraaf oor en voeg die
leestekens en hoofletters in.
shukuru die klein oulike olifantjie op die
foto moet ’n reënjas kry want sy het nie ’n
ma nie wildbewaarders het haar na dié
wildpark gebring dus sorg hulle goed vir
haar dr banda die veearts het hulle
verseker sy is gesond maar hulle is só lief
vir die olifantbaba dat hulle geen kanse
waag nie wanneer shukuru haar oppassers
sien steek sy haar slurpie uit om gestreel te
word dit is asof sy roep ek is lief vir julle
(Uit: National Geographic Kids,
Uitgawe 69, Mei 2012, bl. 9)

11. Olifante 139

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 139 2013/08/21 9:16 AM


Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Spelling, sinonieme, antonieme,


homonieme, homofone en byvoeglike naamwoorde
1. Kies die korrekte spelling.
Die a) (fyf/vyf) olifante b) (steur/stuur) hulle nie aan die
c) (pêrs/pers) d) (kruiwaëns/kruiwaens) nie. Hulle vind dit
nie e) (interresant/interessant) nie en stap f) (onmidellik/
onmiddellik) g) (veldtoe/veld toe).
2. Verbeter die spelfoute in die volgende teks.
Toe die filmstêr in Namibie was, het haar papagaai vir die viertien
olifante geskrik en die baba’s het almal begin heil. Hul mas en pas
moes hulle op tel.
3. Gee antonieme vir die vetgedrukte woorde.
Die a) oudste olifant tel b) swaar goed met sy c) sterk slurp op.
Daar is d) meer olifantkoeie as -bulle. Olifante drink e) hoogstens
twee keer per dag. Soms is die water f) diep.
4. Gee sinonieme vir die volgende woorde: geruisloos, geraas; baklei.
5. Kies die korrekte woord tussen hakies (homofone).
a) Die olifante bad in die (vly/vlei) en stap ’n (end/ent) deur die
bosse.
b) Die (dokter/doktor) (ly/lei) die beseerde olifant aan ’n tou.
c) Die vrou se gesig was ’n (faal/vaal) kleur toe sy geskrik het.
6. Die sirkusolifant met die rooi saal se ore is meer as ’n meter groot.
Soek die vetgedrukte woorde hierbo in ’n woordeboek en vind uit
watter ander betekenis dit kan hê as wat dit in hierdie sin het
(homonieme). Gebruik die woorde elk in ’n kort sin.
7. Gee die regte vorm van die byvoeglike naamwoorde.
Die (moeg) olifantbul eet (sag), (droog) blare wat op die (hard)
grond lê.
8. ’n Olifant wat
baie vet is, is
spekvet. Gee een
woord vir die
vetgedrukte dele
(intensiewe
vorme).
Die baba-olifant is
baie klein en
baie mak.

140 Kwartaal 3 Week 3 en 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 140 2013/08/21 9:16 AM


Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n CV en dekbrief Formele


assessering
Die olifantpark waar die olifantjie Shukuru versorg word, is op soek na
hoërskoolleerders wat naweke wil help met die versorging van hul diere.
Jy hou baie van diere, veral olifante, en het al ondervinding opgedoen toe
jy by ’n ander wildtuin vakansiewerk gedoen het. Jy het gebel en is gevra
om ’n CV en kort dekbrief te stuur. Stel die CV op en skryf die brief.
Beplanning/Pre-skryf
• Kyk na die voorbeelde van ’n CV en dekbrief op bladsy 266 en 270
in hierdie boek. Jou CV en brief moet saam 140–160 woorde lank
wees. (Deesdae word die CV meestal
elektronies gestuur.) Het jy geweet?
• Bespreek in pare watter persoonlike inligting Curriculum vitae
julle alles op jul CV sal sit om die werk te kry, is ’n Latynse woord
en watter inligting nie nodig is nie. wat beteken “die
Skryf ’n konsep storie van jou lewe”.
CV
• Sit die CV uiters netjies, puntsgewys, duidelik en aantreklik uiteen.
• Daar moet geen spel- en taalfoute wees nie, want dit sal jou dadelik
diskwalifiseer.
• Sluit alle inligting omtrent jouself in wat jy dink belangrik is, bv.
lidmaatskap van klubs en ander organisasies, sport waaraan jy
deelneem, prestasies, belangstellings en stokperdjies.
• Gee die name van referente (referees) wat jou goed ken en inligting
oor jou bevoegdheid (competence) vir die werk kan gee as hulle
gekontak word.
Dekbrief
• ’n Dekbrief is ’n kort, formele brief wat saam met die CV gestuur
word (meestal per e-pos) maar nie deel van die CV vorm nie. Jy
noem daarin vir watter werk jy aansoek doen en gee baie kortliks die
vernaamste redes waarom jy dink jy die werk sal kan doen. Volle
besonderhede is in die CV.
• Gebruik die formele vorm en taal van ’n sakebrief.
• Gee baie aandag aan spelling, leestekens en taalgebruik.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
• Gee jou CV en dekbrief aan ’n maat om te proeflees.
• Tik of skryf dit dan baie netjies oor nadat jy self weer taalversorging
gedoen het. Sorg dat dit jou heel beste poging is.
Totaal: 20

11. Olifante 141

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 141 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

Lees: ’n Literêre teks: ’n Ware verhaal uit Afrika


Pre-lees en tydens lees
Lees hierdie verhaal en beantwoord die vrae wat volg.

Ou Grootvoet
Hy was bekend as Mafunyane, wat beteken die buierige (moody) een, en
het in die Krugerwildtuin gewoon. Sy ivoortande was so groot dat hy sy
massiewe kop gelig moes hou om te keer dat hulle op die grond sleep.
Maar aan Mafunyane was daar iets baie eienaardigs. Wildbewaarders
(wat in ’n boom moes skuil), het dikwels die gat in sy kop gesien – so groot
soos ’n man se vuis, en wat nog vreemder was, is dat hy asem daardeur
kon intrek, amper soos ’n walvis. Dit moes baie ongemaklik gewees het en
was waarskynlik die rede vir sy slegte humeur (bad temper).
Eendag moes die wildbewaarders (game rangers) naby hom kom, want
hulle wou ’n radiosender om sy nek sit wat seine uitstuur sodat hulle altyd
kon weet waar hy in die bosse is. Dit was ’n opwindende dag.
’n Soekvliegtuig het Mafunyane naby die pad gewaar. Hulle het hom met
’n pyl met ’n verdowingsmiddel (drug) geskiet. Toe die middel begin werk,
het Mafunyane op sy sy gaan lê.
Die Parkeraad se mense het gou aan die werk gespring. Hulle het na sy
wonderlike tande gekyk om sy ouderdom vas te stel en sy yslike liggaam
gemeet. Hulle het dit reggekry om die radiosender (radio transmitter) om sy
nek te sit en daarna op ’n veilige afstand gaan wag dat hy wakker word.
Eers het een van sy leeragtige ore begin flap, maar Mafunyane het
gesukkel om op te staan. Sy ivoortande was loodswaar en hy kon dit nie
regkry om hom regop te trek op sy bene nie. Die wildbewaarders het nader
gegaan, ’n tou om hom gebind, die ander punt van die tou oor ’n hoë boom
gegooi en aan ’n viertrekvoertuig (4 x 4 vehicle) vasgebind. Die voertuig het
begin ry en almal het aan Mafunyane begin stoot en trek. Maar verniet! Hy
was te moeg en bedwelm (drugged) om regop te kom.
’n Radioboodskap om hulp is uitgestuur en kort voor lank het ’n sterk
laaigraaf (power-mover) daar aangekom en het die bestuurder ’n hoop
grond teen die olifant se rug begin opstoot. Dit het gehelp en gelyk of hy
verstaan wat die mense probeer doen. Met elke vrag wat afgelaai is, het hy
sy gewig (weight) makliker verskuif. Nog ’n stoot en ou Mafunyane se pote
was uiteindelik stewig op die grond. Nou het hy gewys hoekom sy naam
Mafunyane was. Hy het omgeswaai na die laaigraaf-vyand wat hom
opgestoot het en dit woedend bestorm. Die bestuurder (driver) het
uitgespring en gehardloop!
Wat Mafunyane met die laaigraaf sou aangevang het, weet niemand nie,
maar op daardie oomblik het die helikopter opgestyg. Die geraas en die

142 Kwartaal 3 Week 3 en 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 142 2013/08/21 9:16 AM


Lees en kyk

skielike windvlaag het die olifant éérs woedend gemaak, maar omdat die
laaigraaf nie meer beweeg het nie, het hy waarskynlik gedink hy het die
geveg teen hom gewen. Daarna het hy die seil wat die mense oor hom
gegooi het om hom teen stof te beskerm, aan flarde geskeur met sy
ivoortande en dit wat oorgebly het in die grond vertrap. Hy het sy eer
gered!
In die weke daarna het die radioseine getoon Mafunyane lê soos
gewoonlik lang afstande af, soos hy elke dag agter sy kos aan trek, maar
’n paar maande daarna word die sein weke lank net van een plek af
gehoor. Twee van die personeel het gaan ondersoek instel – en daar was
die sender, of wat daarvan oor was. Aasvoëls wat rondsweef, het gewys
waar Mafunyane gevind kon word. Sy indrukwekkende skedel was wit van
die son en die oorblyfsels van sy bene is deur hiënas rondgestrooi. Maar
die wonderlike olifanttande was ongeskonde en kan in die olifantmuseum in
Letaba gesien word.
Hoewel die dood altyd hartseer is, is dit tog ’n troos dat die ou grootvoet
natuurlik dood is en nie vermoor is deur olifantjagters, soos baie ander
olifante in Afrika nie.
(Uit: Ware diereverhale uit Afrika, Struik (Edms.) Bpk., 1995)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die verhaal?


Soek die woorde in die teks wat die volgende beteken:
in ’n slegte bui wees; baie kwaad wees; ’n toestand van nie weet wat om jou gebeur
nie; met ’n doel doodmaak

1. Wat is die olifant se regte naam, en sy bynaam?


2. Voltooi die sinne:
a) Mafunyane se naam beskryf een van sy karaktertrekke:
Hy was _________.
b) Mafunyane is eendag met ’n verdowingsmiddel geskiet
omdat _________.
3. Wat was uitsonderlik aan Mafunyane? Noem twee dinge.
4. Hoe kan mens uitvind hoe oud ’n olifant is?
5. Vul die woord in: Mafunyane se ore was soos _____.
6. Kies: Die laaigraaf het (gou gekom/lank geneem om te kom).
7. Waarvoor was Mafunyane baie kwaad? (twee dinge).
8. Gee sinonieme uit die teks vir “baie swaar” en “treurig”.
9. Hoekom het die wildbewaarders bekommerd geraak oor
Mafunyane?
10. Hoe het die twee mense geweet presies waar om Mafunyane te vind?
11. Watter gedagte laat die skrywer beter voel oor Mafunyane se dood?

11. Olifante 143

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 143 2013/08/21 9:17 AM


Taalstrukture en -konvensies

Hersiening
Lees eers die teks en beantwoord dan die vrae.

Indiese tandartse red Madu se slagtand


1 Madu, ’n 27-jarige olifantbul van Punjab in Indië, is deur twee tandartse
2 van sy tandpyn verlos. Die tandartse het die olifant se (kraak) slagtand
3 in ’n unieke operasie van sy soort herstel. Hulle het die operasie op
4 Madu uitgevoer deur die kraak van 4 cm in die 50 cm-lange slagtand met
5 ’n soort gom te vul. Hulle het altesaam 39 buise daarvan gebruik.
6 Dis verstommend dat Madu sy volle samewerking gegee het.
7 Hy was nie onder verdowing tydens die operasie nie.
8 Die tandartse moes (spesiaal) toerusting vir ’n olifanttand vind.
9 As die tand nie behandel is nie, sou ’n dodelike ontsteking ontstaan het.
10 Madu is nou gesond en neem gereeld aan Hindoefeeste deel.
(Deur die skrywer)

Vrae
1. Gee sinonieme vir “kraak” (reël 4) en “verstommend” (reël 6). (2)
2 Gee die antoniem van “eerste” (reël 3). (1)
3. Gee die regte vorm van die woorde tussen hakies (reël 2 en 8). (2)
4. Verander die onderstreepte sin in reël 5 in ’n vraagsin. (2)
5. Skryf reël 9 in die teenwoordige tyd. (3)
6. Skryf reël 10 in die verlede tyd. (3)
7. Skryf die vetgedrukte getal en afkorting uit (reël 4). (2)
8. Kies die regte spelling en vorm.
Madu was a) (heeltemal/heeltemaal) stil b) (gedeurende/
gedurende) die operasie. Nou c) (ly/lei) hy nie meer aan pyn
nie en staan d) (lanks/langs) die tandartse op die foto. (4)
9. Verbind reël 6 en 7 met die voegwoord al sodat daar ’n bysin
na die voegwoord is. Begin so: Al was hy nie ... (2)
10. Skryf in die direkte rede. (Sorg dat jou leestekens korrek is.)
Die tandartse het gesê dat Madu heeltyd saamgewerk het. (4)
11. Skryf die rympie oor en verbeter die spelfoute daarin.
Oom olifant, jou reuse dier,
die mense lag met groot plisier, Oe,
want waar het jy al oeit gehoor maar die
van ’n stêrkie van agter (5)
spelling is
en ’n stêrt van voor!
verskriklik!

Totaal: 30

144 Kwartaal 3 Week 3 en 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 144 2013/08/21 9:17 AM


12 Ware vriende!
In hierdie lesreeks gaan jy:
Luister en praat • na ’n debat oor vriendskap luister en vrae daaroor
beantwoord
• aan ’n debat deelneem
Lees en kyk: • na ’n foto kyk en vrae daaroor beantwoord
Begrip • ’n kortverhaal lees, bespreek en vrae daaroor
beantwoord
Letterkunde • ’n gedig lees en vrae daaroor beantwoord
• Leesboek bl. 83: “Koffieklets” (gedig)
Skryf en aanbied • ’n opsomming skryf
• paragrawe skryf
• ’n verhalende opstel skryf
Taalstrukture en • na alliterasie, assonansie, personifikasie,
-konvensies klanknabootsing, styl, toon en register kyk
• taal-in-konteks-oefeninge doen oor: voegwoorde,
direkte en indirekte rede, sinsoorte, sinstruktuur,
letterlike en figuurlike betekenis, woordorde, tye,
spelling, woordspeling, verbindingswoorde
• jou woordeskat uitbrei

12. Ware vriende! 145

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 145 2013/08/21 9:17 AM


Luister en praat

Luister en praat: ’n Debat


Jy gaan na ’n debat oor vriendskap luister.
Pre-luister
• Lees eers die vrae sodat jy weet waarna jy moet luister.
• Skryf die vraagnommers onder mekaar in jou werkboek neer.
1. Hoeveel sprekers
het aan die debat
deelgeneem?
2. Wat word die twee
groepe genoem wat
aan die debat
deelneem?
3. Wat was die eerste
standpunt vir
vriende?
4. Wat was die eerste
standpunt teen
vriende?
5. Gee TWEE redes
waarom die een
span teen vriende gekant is.
6. Kies die korrekte antwoord. Geld hoef glad nie ’n probleem te
wees nie, want jy kan met ___ by vriende se huis kom.
a) jou voete
b) ’n fiets
7. Sê of die stelling WAAR of ONWAAR is. Gee ’n rede vir jou
antwoord.
Die debat het in ’n bakleiery ontaard.
8. Watter span ondersteun jy? Gee ’n rede vir jou antwoord.
Tydens luister
• Maak jou oë toe en luister goed wanneer jy die debat die eerste keer
hoor.
• Wanneer die debat die tweede keer gehoor word, kan jy vinnig
aantekeninge maak en sleutelwoorde neerskryf.
• Jy moet die hele tyd konsentreer en baie goed luister.
Post-luister
Beantwoord die vrae nadat jy geluister het.

146 Kwartaal 3 Week 5 en 6

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 146 2013/08/21 9:17 AM


Luister en praat

Luister en praat: ’n Debat


Jy het pas geluister na die debatsprosedure en ’n voorbeeld van ’n debat
gehoor. Kies twee spanne en debatteer 15–20 minute lank oor die
volgende mosie: Dis beter om Facebook-vriende te hê as regte
vriende.
Beplanning, navorsing en organisering
Span 1 dink dis beter om Facebook-
vriende te hê, en praat oor die
voordele daarvan om elektroniese
vriende te hê. Doen navorsing en
dink aan argumente soos:
• Daar is geen fisiese kontak nie, dis
net op die internet.
• Daar is geen tydmors om jouself
mooi te maak nie.
• Jy weet alles van jou Facebook-
vriende se lewens af, al is hulle
ver.
• Jy kan naamloos bly.
(Dink aan nog voordele van
Facebook-vriende en nadele van
ware vriende.)

Span 2 dink dis beter om regte


vriende te hê. Doen navorsing en
dink aan argumente soos:
• Jy maak fisieke kontak.
• Jy kan uitgaan saam met vriende.
• Jy kan boelies net daar en dan
uitsorteer.
• Jy kan ’n geheim met een
persoon deel.
• Jy kan raad by ’n ware vriend kry.
Voorbereiding en aanbieding
Berei jou argument goed voor en
bied dit met selfvertroue aan. Praat
duidelik en oortuigend.

12. Ware vriende! 147

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 147 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Kortverhaal


Pre-lees: ’n Kortverhaal vertel ’n storie op ’n kort manier. Iets gebeur
met die karakters op ’n sekere tyd en plek. Daar is ook
karakterontwikkeling by die hoofkarakter. Dit beteken dat hy tot ander
insigte kom. Die ander karakters help om die hoofkarakter beter uit te
lig. Die verteller kan ’n eerstepersoonsverteller/ek-verteller of ’n
alomteenwoordige verteller wees. Daar is gewoonlik konflik in ’n
kortverhaal wat spanning skep. In ’n kortverhaal is daar net een tema.
Dit is die gedagte waaroor dit in die verhaal gaan.
Tydens lees
Vyande word vriende
Rasheen en Michael stap ná skool van Hoërskool Saamwerk in die rigting
van die rekenaarwinkel. Rasheen is omgekrap en sê vir Michael: “Die
bleeksiele (nerds) is weer daar by die rekenaarwinkel!” Michael is ’n
rugbyspeler wat graag moeilikheid met die bleeksiele soek. Hy wil die
manne dadelik gaan aanvat. Hy dink dat Owen en Aiden wakker geskud
moet word. Dis net rekenaars en boeke die hele dag lank. Gmpf!

Rasheen sê aggressief: “Dis tyd dat die twee ’n les geleer word. Daar is
méér in die lewe as net rekenaars!”
Intussen het Owen opgemerk dat Michael en Rasheen op pad na hulle is
en hy is glad nie lus vir moeilikheid nie. Sy goeie vriend, Aiden, staan langs
hom en sê hardop: “Eintlik dink ek dit sal beter wees as ons vriende met
daai twee kan word. Al is ons verskillend, kan ons sekerlik tog saamwerk.
Hulle kan ons help om fiks te word en ons kan hulle wys hoe om te leer.”

148 Kwartaal 3 Week 5 en 6

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 148 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

Owen, wat nie sterk


is nie, besef hoe hulle
nou weer geboelie
gaan word. Baie bang
en doodbenoud
besluit Owen-hulle om
nie weg te hardloop
nie. Rasheen en
Michael hardloop
blitsvinnig oor die pad
na hulle toe.
Uit die hoek van sy
oog sien Owen ’n bus
wat vinnig naderkom.
Rasheen sien nie die
bus nie. Owen
hardloop vorentoe en
gryp vir Rasheen uit die pad uit. Die bus mis hulle rakelings. Die twee seuns
lê verskrik op die gras. Owen vra: “Rasheen, lewe jy nog?” Die wind is uit
Rasheen se seile geneem. Hy sê: “Dankie Owen, jy het my lewe gered!”
Owen steek sy hand na Rasheen uit en sê: “Hier’s my hand.” Rasheen
hou ook skaam sy hand uit, want hy weet hulle was verkeerd. En om te
dink hy het gedink Owen is ’n bleeksiel. (Deur die skrywer)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die kortverhaal?


1. Noem die name van die vier karakters. Wie was bleeksiele en wie
was moeilikheidmakers?
2. Waar vind die kortverhaal plaas?
3. Hoekom noem Michael vir Owen en Aiden bleeksiele?
4. Hoekom is Owen so doodbenoud?
5. Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is. Motiveer.
Owen het Rasheen se lewe gered.
6. Kies die korrekte antwoord. Rasheen is ___ omdat Owen hom uit
die pad van die bus gestamp het.
a) opgewonde
b) kwaad
c) verbaas
7. Hoe het Owen se lyftaal gewys dat hy vriende wil wees?
8. Hoe het Rasheen-hulle se mening oor Owen verander?
9. Stem jy saam dat Rasheen en Owen lewenslank vriende gaan bly?
Gee ’n rede vir jou antwoord.

12. Ware vriende! 149

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 149 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Gedig: Beste vriende


Pre-lees
Lees eers die titel en kyk na die prente. Voorspel wat in die gedig gaan
gebeur.
Tydens lees
Beste vriende
Jy het bloedrooi hare,
vergelyking
jy’s so lank soos ’n telefoonpaal.
Ek is kort en dra ’n bril,
en my hare is vaal.
Jy hou van hardloop;
ek hou van swem.
Ek praat nogal sag
en jy’t ’n harde stem.
Jy skryf met jou regterhand;
ek skryf met my linker.
My kamer is netjieser as joune,
en my skoolskoene is blinker.
Jy is goed met wiskunde;
ek weer met musiek.
Ek hou van lees
en jy is dol oor fliek.
Jou gunstelingkos
is sosaties wat gebraai is;
terwyl ek mal oor pasta
of aartappelslaai is.
Ek staan soggens vroeg op;
jy slaap graag laat.
Jy is geduldig;
ek word gou kwaad.
Jy hou van bordspeletjies;
ek dink dis die toppunt van verveling.
Maar as dit nie vir hierdie dinge was nie,
was ons sowaar ’n tweeling.
Jaco Jacobs (Uit: ’n Brulpadda in my tas,
LAPA Uitgewers, 2008)

150 Kwartaal 3 Week 5 en 6

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 150 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig?


1. Wat is die titel van die gedig? Onthou:
2. Watter woorde in die gedig rym met: Assonansie is die
a) telefoonpaal e) gebraai is herhaling van vokale
b) swem f) laat en alliterasie is
c) linker g) verveling die herhaling van
d) musiek konsonante.
3. In watter versreël kom assonansie voor
en in watter versreël kom alliterasie voor?
Dui die klanke aan.
a) “Ek staan soggens vroeg op;”
b) “jy slaap graag laat.”
4. Uit hoeveel strofes bestaan die gedig?
5. Haal ’n vergelyking uit die gedig aan.
6. Watter TWEE uiterlike verskille is daar tussen
die twee maats?
7. Hoe weet jy dat die ek-spreker se maat goed
met syfers is? Haal ’n reël in strofe 4 aan.
8. Is die volgende stellings WAAR of ONWAAR? Motiveer.
a) Die ek-spreker is baie netjies.
b) Die ek-spreker sal daarvan hou om Monopoly te speel.

Lees en kyk: ’n Foto


Pre-lees en tydens lees
Kyk na die foto en lees hardop wat die tieners sê.

Ek weet ek kan my vriendin


vertrou en my probleme met
haar bespreek. Sy is nie ’n
mooiweersvriendin nie.
Jabu
Alida

Elvis
Ek hou daarvan
as my maats
Ek en my vriende Nomsa
saam met my
oefen elke dag. Dis Dis lekker as trots is as ek
lekker om dinge my vriendinne my goed doen in my
saam te doen. Ons laat goed voel oor akademie.
het baie pret! myself en vir my
komplimente gee.
12. Ware vriende! 151

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 151 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die foto?


1. Hoe weet ons dat Elvis gelukkig is?
2. Wanneer laat Nomsa se vriendinne haar goed voel?
3. Sou jy sê dat dié tieners positief oor hulle vriende voel?
4. Wat kan Alida met haar vriendin bespreek?
5. Op watter manier, dink jy, kan Jabu se vriende hom ondersteun?
6. Wat is die figuurlike betekenis van mooiweersvriende?
Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Opsomming van ’n gesprek


Beplanning/Pre-skryf
Lees eers die gesprek tussen die ses tieners.

Vriendskappe kan soms moeilik wees


My vriendin het heeltemal Ek is altyd die een wat my
oorgeneem in ons vriendekring. vriend bel en afsprake reël,
Sy het te veel beheer en maar hy kanselleer dit altyd
besluit oor alles! later. Gee hy ooit om?
Rosemary Jerome

Xintle Lerato

Ek en my vriendin is Een van die seuns in


verskriklik jaloers op mekaar. my groep wil altyd die
Die een probeer beter as die aandag hê.
ander een wees.
Matthys
Sonja

Ek en my beste My vriend is kompeterend en wil


vriendin baklei oor net altyd die beste en sterkste wees. Dit
mooi alles. Ek is nou maak my kwaad.
moeg daarvoor.

Skryf ’n konsep
• Skryf ’n opsomming van 50–60 woorde in ses volsinne.
• Skryf die sinne onder mekaar neer.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
Maak al die foute reg en skryf dit netjies oor vir aanbieding.

152 Kwartaal 3 Week 5 en 6

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 152 2013/08/21 9:17 AM


Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Voegwoorde, personifikasie,


klanknabootsing, styl, toon en register
1. Verbind die sinne deur die voegwoord tussen hakies te gebruik.
a) Vriendskap is goeie medisyne. ’n Mens lag lekker. (daarom)
b) Vriendskap laat jou positief voel. Dit help om stres te hanteer.
(omdat)
c) Ware vriende help mekaar. Hulle is altyd daar. (want)

Beeldspraak of stylfigure maak skryfwerk interessanter.


• Personifikasie is beeldspraak waar menslike eienskappe aan
lewelose dinge, plante en diere gegee word, bv. Die windjie huil
in die bome; die lente trek haar bruidskleed aan.
• Klanknabootsing (onomatopee) is ’n stylfiguur waar woorde
gebruik word om klanke na te maak. Dit help jou om ’n prentjie
te vorm van dinge wat beskryf word, bv. “Die volmaan het
pardoems op die horison geland”.
(Deur die skrywer)

2. Sê watter stylfiguur of beeldspraak in die volgende sinne is.


a) Die sonnetjie lag vir die vriende op die strand.
b) Die motor waarmee die maats partytjie toe ry, maak “brrrrr”.

Die styl, register en toon van iets wat jy skryf, is die manier
waarop dit geskryf word – is dit persoonlik of formeel (amptelike
dokumente), of is dit humoristies of ernstig? Dis ook die manier
waarop woorde en sinne in verskillende situasies gebruik word en
die gevoelsboodskap wat dit in woorde uitdruk.

Maak seker vir wie


jy skryf! Dit sal jou styl
en toon beïnvloed. My
maat skryf ’n vriendelike,
informele briefie vir my!
3. Skryf twee paragrawe:
a) ’n beskrywende paragraaf wat jou beste vriend beskryf
b) ’n verhalende paragraaf waarin jy ’n insident tussen jou en
’n maat beskryf.
(Onthou, die paragrawe moet elk 120–140 woorde wees.)

12. Ware vriende! 153

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 153 2013/08/21 9:17 AM


Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Verhalende opstel Formele


assessering
Kies een van die volgende onderwerpe en skryf ’n verhalende
(narrative) opstel van 210–250 woorde vir ’n punt uit 20.
• Die dag toe ’n vriend my lewe gered het.
• Ek het so lekker vir my vriend gelag.
Pre-skryf
• Onthou dat jou opstel ’n storie moet vertel.
• Dis makliker om ’n storie te skryf wat op ’n ware insident of feite
gebaseer is.
• Dit word in die verlede tyd geskryf.
• Beplan jou opstel met behulp van ’n kopkaart.
• Skryf ’n lys van woorde neer wat jy kan gebruik.
Skryf ’n konsep
• Maak seker dat jou opstel ’n struktuur het: ’n begin, middel en einde.
• Die inleiding moet dadelik aandag trek.
• Skryf paragrawe wat logies op mekaar volg.
• Laat die karakters nou en dan in die direkte rede met mekaar praat.
• Maak seker dat jy geen leestekenfoute en spelfoute maak nie.
• Die sinne se lengtes moet verskil.
• Gebruik voegwoorde om sinne aan mekaar te verbind.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
• Lees jou opstel deur en redigeer dit deur al die foute reg te maak.
• Let veral op na jou spelling, woordorde en leestekens.
• Die finale weergawe van jou opstel moet netjies en leesbaar wees.
• Skryf neer hoeveel woorde jy gebruik het. Totaal: 20
Taalstrukture en -konvensies
Taal in konteks: Sinsoorte
Lees die sinne hieronder en besluit watter soort sinne dit is.
1. Dis lekker om julle as vriende te hê.
2. Smeer sonbrandroom aan!
3. Wie gaan saam met my in die see swem?
4. Sjoe, maar die son is warm!

154 Kwartaal 3 Week 5 en 6

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 154 2013/08/21 9:17 AM


Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Direkte en indirekte rede, letterlike


en figuurlike betekenis

• Die direkte rede: gebruik ’n dubbelpunt en aanhalingstekens.


• Die indirekte rede: die aanhalingstekens en dubbelpunt val
weg.
• Voornaamwoorde verander van die direkte rede na indirekte
rede.
• Indirekte rede: by stelsinne word dat gebruik en by vraagsinne
of of ’n vraagwoord.
• Die woordorde verander as jy dat/of/vraagwoorde (groep 3
voegwoorde: werkwoord na einde van sin) gebruik.
• Bywoorde van tyd en plek verander in die verlede tyd.
• ’n Uitroepteken of vraagteken in die direkte rede verdwyn in
die indirekte rede.

1. Skryf die mense se woorde in die indirekte rede.


a) Susan vra vir Thabo: “Is jy ’n ware vriend?”
b) Thabo antwoord: “Ja, ek is ’n ware vriend.”
c) Susan vra: “Thabo, sal jy jou vriende altyd help?”
d) Thabo sê: “Ek sal uit my pad gaan om vriende te help.”

• ’n Woord se letterlike betekenis (denotasie) verwys na die


presiese betekenis van die woord, bv. ’n Kat is ’n troeteldier wat
miaau: Die kat het ’n muis gevang.
• ’n Woord se figuurlike betekenis (konnotasie) is ’n beeld van
die woord en daar is gewoonlik emosie by betrokke, bv. ’n Kat
verwys neerhalend na ’n meisie as sy katterig en lelik optree: Sy is
’n regte kat.

2. Sê wat die idiome beteken


(figuurlike betekenis). Gebruik ’n
woordeboek.
a) Die drie vriende gaan die dak
laat lig by die partytjie.
b) Goeie vriende sit skouer aan
die wiel en help mekaar.
c) Jy kan ’n sak sout opeet saam
met ’n goeie vriend.

12. Ware vriende! 155

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 155 2013/08/21 9:17 AM


Taalstrukture en -konvensies

Hersiening

Wie help jou as jy sou val?


Louw van den Heever is in graad 9 aan die Outeniqua-hoërskool in George.
Hy het ’n artikel in die stadkoerant geskryf waar hy wonder hoeveel Facebook-
vriende tieners het. Dosyne gesigte kyk na jou as jy Facebook oopmaak – almal
mense wat jy êrens moes ontmoet het. Jy ken al die name, maar hoeveel van die

(Deur die skrywer)


mense ken jy werklik? Tieners het prettige maats nodig met wie hulle pouses kan
praat. As iemand jou dadelik moet help, wie sal dit wees? Louw voel dat dit nie
jou vyf sekonde-Facebook-vriende sal wees nie. Hier praat ’n mens van ’n vriend
in nood. Baie Facebook-vriende is beslis nie sleg nie, maar hy dink dis beter om
minder Facebook-vriende te hê en meer régte vriende.

1. Verbind die sinne met die verbindingswoorde tussen hakies.


a) Louw is ’n leerder by Outeniqua-hoërskool. Hy het die artikel
geskryf. (wat)
b) Louw praat met vriende. Hulle wil minder Facebook-vriende
hê. (wat) (4)
2. Skryf die sin in die verlede tyd.
a) Ek is ’n voorstander van Facebook.
b) Die vriende vergewe mekaar. (2)
3. Skryf die sin in die toekomende tyd.
Baie vriende is beslis nie sleg nie. (1)
4. Kies die korrekte spelling tussen hakies.
a) Daar is baie (fotos/foto’s) van vriende op Facebook.
b) Vriende het (dromme/drome) van wat hulle eendag saam
gaan doen. (2)
5. Skryf die volgende sinne in die regte woordorde oor
(sinstruktuur).
a) Louw kyk (op Facebook/elke Sondag/getrou).
b) Ware vriende help mekaar (graag/elke dag/by die skool). (2)
6. Wat is die woordspeling in die volgende grapprent? (4)
Ek is so gelukkig, want ek Dit maak jou ’n
het ’n duisend vriende. vriend duisend!

Totaal: 15

156 Kwartaal 3 Week 5 en 6

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 156 2013/08/21 9:17 AM


13 Lus vir leer en lees
In hierdie lesreeks gaan jy:
Luister en praat • oor ’n foto van ’n filmtoneel praat en voorspel wat
gaan gebeur
• na ’n mondelinge aanbieding luister
• ’n mondelinge aanbieding voorberei en lewer
Lees en kyk: • ’n koerantberig vluglees en taalvrae beantwoord
Begrip • ’n uitnodiging hardop lees
• raaiselrympies hardop lees en die antwoorde raai
Letterkunde • ’n uittreksel uit ’n jeugroman lees en literêre en
begripsvrae daaroor beantwoord
• ’n gedig hardop lees en vrae daaroor beantwoord
• Leesboek bl. 90: “Wat die digter bedoel het” (gedig)
Skryf en aanbied • ’n uitnodiging ontwerp en skryf
• ’n antwoord op ’n uitnodiging skryf
Taalstrukture en • jou woordeskat uitbrei
-konvensies • byvoeglike naamwoorde (attributief en intensiewe
vorme) korrek gebruik
• die regte woorde kies om ’n beskrywende
paragraaf te voltooi
• een woord vir ’n omskrywing gee
• sinne in die verlede tyd skryf
• sinne in die indirekte rede oorskryf
• ’n gedig redigeer en die spelfoute en leestekens
verbeter
• meervoude, sinonieme, antonieme, homonieme en
verkortings in taaloefeninge skryf
• idiome leer en hulle toepas

13. Lus vir leer en lees 157

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 157 2013/08/21 9:17 AM


Luister en praat

Luister en praat: ’n Filmresensie


Pre-luister: Kyk na die foto van ’n toneel in die film, The first grader, en
sê wat ongewoon is. Voorspel wat in die film gaan gebeur.
Tydens luister: Luister na die resensie en maak aantekeninge.

’n Film – The first grader


The first grader – In ’n bergdorpie in Kenia as agtergrond word die inspirerende
storie van ’n ou man wat wou leer in ’n fliek vertel. Die man, Kimani Maruge, is
’n trotse ou man wat ’n soldaat was en nooit kon leer nie. Hy gryp sy laaste kans
aan om te leer lees en skryf – daarom skryf hy in by ’n klein plaasskooltjie om
tussen sesjarige kinders te leer. Hy en sy jong onderwyseres veg vir sy regte om
in die skool toegelaat te word. Uiteindelik kry hulle dit reg dat hy saam met die
kinders kan leer. Dit is ’n aangrypende storie wat ’n mens altyd sal bybly.
(Deur skrywer saamgestel)

The first grader beteken


iemand wat in graad 1 is.

Film: The first grader


Regisseur: Justin Chadwick
Skrywer: Ann Peacock
Akteurs: Oliver Litondo (hoofkarakter), Emily Njoki, Hanna
Wacera (2010)
Post-luister: Vrae
1. Wat is die titel van
die film?
2. Wat is die naam van
die hoofkarakter?
3. Dink jy ’n ou man
(84) kan saam met
sesjariges leer? As jy
nee sê, is jy besig om
te stereotipeer (jy
dink alle ou mense
kan nie meer leer
nie).

158 Kwartaal 3 Week 7 en 8

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 158 2013/08/21 9:17 AM


Luister en praat

Luister en praat: ’n Mondelinge Formele assessering

aanbieding
Beplanning, navorsing en organisering
Die minister van onderwys kom praat by jou skool. Luister eers na ’n
uittreksel van sy toespraak (mondelinge aanbieding) voordat jy jou eie
praatjie beplan. Let op sy taalgebruik en manier van praat.

Beplan ’n praatjie oor enige persoon soos Kimani wat jou inspireer.
• Doen navorsing en berei dit goed voor.
• Sorg dat jy ’n goeie inleiding en slot het.
• Let op jou taalgebruik. Wissel jou sinslengtes af.

“Liewe seuns en dogters


Die twee woorde wat julle
vandag moet onthou, is LEER
en LEES! Laat ek vir julle ’n
mooi storie van leer en lees
vertel.
’n Mens is nooit te oud om te
leer nie.
Kimani Maruge van Kenia is
in 1920 gebore. Hy het op 12
Januarie 2004 vir die eerste keer
skool toe gegaan. Hy was 84 en het vir graad 1 ingeskryf by Kapkenduiyo
Primary School in Eldoret, Kenia, en in skooldrag aangemeld.
Hy het besluit om te begin skool gaan toe die regering van Kenia
aangekondig het dat almal gratis laerskoolopleiding sal kry. Hy kon nie lees nie
en was vasbeslote (determined) om sy lewenslange droom om die Bybel te lees,
te vervul. Aan die einde van die eerste kwartaal het hy A’s gehad vir Engels,
Wiskunde en Ki-Swahili, sy huistaal.
In September 2005 is hy as hoofseun van die skool verkies. Twee van sy 30
kleinkinders was in dieselfde skool.
Toe hy later verskuif word na ’n ouetehuis (old age home) in Nairobi, het hy
dadelik by die Marura Primary School daar naby vir graad 6 ingeskryf. Maruge
het tragies weens maagkanker gesterf. Hy was toe in graad 7.
Seuns en dogters, weet julle hoe bevoorreg (privileged) julle is om in hierdie
skool te wees – om te leer en te lees?”
(Aangepas uit: Feiteboek: ’n Kennis-Skatkis vir 8 tot 12-jariges, Metz Press, 2011)

Voorbereiding en aanbieding
• Bied jou praatjie met selfvertroue aan.
• Let op jou stemtoon en liggaamstaal. Totaal: 10

13. Lus vir leer en lees 159

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 159 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Koerantberig


Vluglees die koerantberig deur net die onderstreepte gedeeltes te lees.
Jy sal ontdek wat die kerngedagte is.
’n
Bonnievale se boekwurm Boekwurm
Toe Natasha Klue (16) vir Malan Media per faks is iemand
vra of dié uitgewery vir haar haar gunstelingreeks, wat lief is
Meisies se dinge en … en … en … kan stuur wat sy vir lees.
met haar sakgeld sal afbetaal, het dinge vir Natasha
begin gebeur. Die joernalis, Leti Kleyn, het ’n storie
oor haar geskryf.
Natasha Klue van Bonnievale het ’n vurige leeslus
waarby die biblioteek nie kan byhou nie. Natasha se
passie is lees. “As jy goeie punte op skool wil kry,
moet jy léés, baie lees,” verduidelik Natasha.
Sy pluk haar biblioteekboeke van Jaco Jacobs en
Fanie Viljoen uit haar rugsak. Sy vertel sy hou van
amper alle storieboeke, Engels én Afrikaans, drama,
avontuur, spanning, rillers.
Haar ma, Fransien, beaam: “Daar is nie ’n boek wat hierdie kind nie verslind
nie.” En haar oupa skud net sy kop oor al die boeke wat sy kleindogter al gelees
het.
“Haar liefde vir lees,” meen haar ma, “kom beslis van haar ouma. Sy was net
so lief vir lees.”
Haar biblioteek het net 6 van die 13 boeke in die reeks Meisies se dinge en …
en … en … gehad. Sy het versot geraak daarop. Dis toe dat Natasha die uitgewery
Malan Media gekontak het om die res van die reeks in die hande te kry. Sy wou
met haar sakgeld daarvoor betaal. Malan Media het summier vir dié leeslustige
tiener die volledige reeks gestuur. Dit pryk nou kiertsregop op haar boekrak.
Die reeks is “fan-tas-ties”. Jy ontmoet Izzie, Lucy, Nesta en TJ en leer oor al
die dinge wat hulle aanvang en beleef. Die taal is propvol pret en net die regte
leesstof vir tienermeisies.
Cathy Hopkins is die super-suksesvolle tienerskrywer van dié reeks. Haar
boeke is blitsverkopers en is al in 26 lande buite Engeland verkoop.
Natasha vertel dat sy al haar eie reeks boeke uitgedink het wat sy self wil
skryf. Sy het dit al volledig beplan, met karakters, verskillende tonele en ’n
behoorlike storielyn met elemente van liefde en drama, twis en geweld – al die
dinge wat die leser sal interesseer. Miskien lees tieners eendag haar reeks
boeke.
Leti Kleyn (Uit: Rapport, 15 Februarie 2012)
• Sê wat jy dink die kerngedagte van die berig is.

160 Kwartaal 3 Week 7 en 8

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 160 2013/08/21 9:17 AM


Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Byvoeglike naamwoorde


(attributief, intensiewe vorme) en verlede tyd

Byvoeglike naamwoorde beskryf selfstandige naamwoorde. Party


verander of verbuig as hulle vóór die naamwoord staan, bv. Die man
is oud. Dis ’n ou man.

1. Gee die regte vorm van die byvoeglike naamwoord


tussen hakies.
a) Natasha is ’n (jonk) leser met ’n (vurig) leeslus.
b) Sy hou van (lank) stories met (interessant) karakters.
c) Sy lees so baie, want sy wil graag (goed) punte op skool kry.
d) Sy het die (heel) reeks van haar gunstelingboeke present gekry.
e) Dis (snaaks) stories met (prettig) gebeure.
2. Gee die intensiewe vorme van die volgende woorde. Kies uit die
blokkie.
wêreld- skreeu- vuur- stok- piep- peper- bloed- prop-

a) klein
b) oud Kan jy nog onthou?
c) snaaks Skryf intensiewe vorme
d) duur as één woord, bv. baie
e) jonk klein = piepklein.
f) warm
g) vol
h) beroemd
3. Skryf die sinne oor in die verlede tyd.
a) Natasha stuur ’n faks aan Malan
Media en vra vir nog boeke.
b) Sy wil die boeke met haar sakgeld
afbetaal. Onthou! Gebruik het
c) Daar is nie genoeg boeke in die en ge- in die verlede
dorpsbiblioteek nie. tyd. Wil word wou en
d) Natasha kry haar liefde vir lees is word was in die
by haar ouma. verlede tyd.
e) Sy raak verlief op die reeks boeke.

13. Lus vir leer en lees 161

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 161 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Uittreksel uit ’n jeugroman

Pre-lees: Skuinsdruk word gebruik om woorde uit ’n ander taal aan te


dui. Daar is een Engelse aanhaling op hierdie bladsy. Soek dit en vertaal
dit in Afrikaans.
Tydens lees: Lees die uittreksel uit die roman Meisies en dinge & kosmiese
soene waarvan Natasha vertel het aandagtig deur.
Dis die laaste week van die termyn. Die onnies (slengwoord vir
onderwysers) ontspan en die skool is versier vir Kersfees. Daar is ’n
humongous (tiener slengwoord vir baie groot) boom in die saal en almal is
in ’n goeie mood (slengwoord vir bui ).
Almal behalwe ek. Ek is ’n regte ou suurknol.
Vir ons laaste Engelse les het meneer Johnson gevra ons moet ’n
aanhaling (quotation) uit ons gunstelingboek van die jaar voorlees.
Die helfte van die klas het hul Harry Potters van J.K. Rowling saamgebring en
’n paar lees voor uit Philip Pullman se trilogie. Mary O’Connor het ’n boek
deur die skrywer Louise Rennison gekies – waarin ’n veertienjarige girl
(meisie) van haar liefdes vertel. Dis skreeusnaaks en almal lag toe Mary
daaruit voorlees – selfs ek wat in so ’n miserable (slegte) bui is. Ek het my
boek deur Dorothy Parker saamgebring, wat ek teen dié tyd deurgelees het.
“Izzie, lees vir ons jou aanhaling,” sê meneer Johnson.
“Dis baie kort,” sê ek. “Die skrywer is Dorothy Parker.”
Meneer Johnson lig ’n wenkbrou. “Goed,” sê hy, “laat ons hoor.”
“What fresh hell is this?” lees ek uit my boek.
Meneer Johnson lyk verbaas. “Hoekom op aarde het jy dié aanhaling
gekies, Izzie?”
“Dit voel vir my gepas,” sê ek.
Meneer Johnson glimlag effens. “Jy moet ook altyd anders wees, Izzie.”
Dié aanhaling is vir seker op my van toepassing. Net toe my liefdeslewe
begin vlam vat, en ek my dinge begin verbeel ... Ek verstaan nou nog minder
van dié ding tussen ’n ou en ’n meisie. Mark het gesê hy sal bel.
Maar nee, doodse stilte van sy kant.
Cathy Hopkins (Uit: Meisies se dinge & kosmiese soene, Malan Media, 2009)

162 Kwartaal 3 Week 7 en 8

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 162 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die uittreksel?


1. Wat is die ek-verteller se naam?
a) Meneer Johnson
b) Izzie
c) Mary
d) Mark
2. Waar vind die storie plaas? (die plek)
a) In die dorpie se biblioteek
b) By die huis
c) By die skool
3. Wanneer vind die storie plaas? (tyd)
a) Aan die begin van die jaar
b) Na die wintervakansie
c) Aan die einde van die jaar
4. Wat moet die leerders vir hulle laaste Engelse les vir meneer
Johnson gaan voorlees?
5. Vier van die volgende name is skrywers van boeke. Watter TWEE is
nie?
a) Harry Potter d) Mary O’Connor
b) J.K. Rowling e) Louise Rennison
c) Philip Pullman f) Dorothy Parker
6. Hoekom is die ek-verteller dié dag in ’n slegte bui? Kies die regte
antwoord.
a) Dis die laaste week voor die Kersvakansie.
b) Die seun van wie sy hou, Mark, het haar nie gebel nie.
c) Die spreker hou nie van haar naam, Izzie, nie.
Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Indirekte rede,


homonieme en spelreëls

In die indirekte rede:


• verdwyn die aanhalingstekens en dubbelpunt.
• gebruik ons dat na sê en of na vra, bv.
Hy sê dat ... Hy vra of ...
• verander die voornaamwoorde, bv.
– Ek (’n meisie) word Sy. My (boek) word haar (boek).
– Ek (’n seun) word Hy. My (boek) word sy (boek).
– Julle (die leerders) verander na Hulle.

13. Lus vir leer en lees 163

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 163 2013/08/21 9:17 AM


Taalstrukture en -konvensies

1. Skryf die sinne oor in die indirekte rede.


a) Meneer Johnson sê: “Julle moet ’n aanhaling kom voorlees.”
b) Izzie sê: “My aanhaling is baie kort.”
c) Meneer Johnson sê: “Jy kan dit maar hardop lees.”
d) Izzie sê: “Die skrywer van die boek is Dorothy Parker.”
e) Meneer Johnson vra: “Hou jy van die aanhaling?”
f) Izzie antwoord: “Dit pas by my bui.”
Homonieme is woorde wat presies dieselfde klink en lyk, maar
verskillende betekenisse het.
• As ’n mens op ’n perd ry, sit jy op ’n saal (saddle).
Die kinders kom gewoonlik in die skool se saal (hall) bymekaar
ter afsluiting van ’n skoolkwartaal.
• As ’n mens in ’n slegte bui (mood) is, is jy nie baie gelukkig nie.
As daar ’n goeie bui (shower) reën val, is die boere op die plase
gewoonlik bly.

2. Lees die sinne. Kies die korrekte Engelse betekenis van die woord.
(homonieme)
a) Die ou man besluit op 84 om te leer (learn, ladder) lees.
b) ’n Mens gebruik ’n leer (learn, ladder) om teen iets op te klim.
3. Lees die gedig aandagtig deur en verbeter al die spelfoute en
). Skryf dit dan foutloos oor. Moenie die titel
leestekens (spelreëls).
vergeet nie!
Dit maak my oë
seer om na al die
spelfoute te kyk. Ek
kan dit nie vat nie!
Spel toets
Die onder wyser se ek het ’n probleem met speling.


Die critiek op my speling kom yt ale oorde:
my friend fertel my van die afrikaanse spel
toets op die rekenar:
die folgende dag instaleer ek dit toe maar.
Die rekenar kon al die voute uitwys:
toe vat ek die cursor en die muis
en gebruik die woorde boek
waarin ek al die woorde op soek
en verbeeter al my voute.
Die folgende dag val die onder wyser agter oor in ’n floute!
(Deur die skrywer)

164 Kwartaal 3 Week 7 en 8

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 164 2013/08/21 9:17 AM


Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Uitnodiging


Beplanning/Pre-skryf
Lees die uitnodiging hardop. Voltooi die antwoordstrokie
in jou werkboek.

UITNODIGING!
Wat? Boekemiddag
Waar? In die skoolsaal
Wanneer? 20 September, Donderdagmiddag, 15:00
Wie? Alle graad 9-leerders wat belangstel.
Wat gaan gebeur?
• Ons hou ’n voorlesingmiddag vir almal wat van boeke hou.
• Bring jou gunstelingboek en lees ’n aanhaling of selfs ’n langer
uittreksel daaruit.
• Ons gaan ’n boekklub stig.
• Koeldranke en verversings sal bedien word.
Sien julle daar!

ANTWOORDSTROKIE
Antwoord asseblief:  Ek aanvaar die uitnodiging.
 Ek aanvaar nie die uitnodiging nie.

Ek gaan uit die volgende boek voorlees:


Titel: ___________________________________
Skrywer: ___________________________________
Lewer dit by die kantoor by mev. Snyders (skoolsekretaresse) in.

Skryf ’n konsep
• Skryf jou eie uitnodiging van 90–100 woorde waarin jy jou maats na
’n partytjie of ’n uitstappie nooi. Beplan dit goed.
• Beantwoord dit asof jy genooi is.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
• Hersien jou uitnodiging.
• Proeflees en redigeer dit deur al die foute reg te maak.
• Herskryf dit netjies. Maak seker dat die uitnodiging aantreklik en
uitnodigend is vir aanbieding.

13. Lus vir leer en lees 165

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 165 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

Hardoplees: ’n Gedig
Onthou! Moenie woord
Pre-lees: Lees die titel van die vir woord lees nie. Besluit
gedig en kyk na die illustrasie. waar jy harder of sagter
Voorspel waaroor die gedig gaan. wil lees, waar jy vinniger of
Tydens lees: Berei die gedig by die stadiger wil lees of watter
huis voor en kom lees dit woorde jy wil beklemtoon.
in die klas met gevoel. Onthou ook om op te kyk
en oogkontak te maak.
die BlackBerry en die duif

vandag het hierdie Annie ’n BlackBerry gekry ’n soort selfoon

sodat ek my emails op enige plek kan kyk e-posse

selfs al staan ek in die ry by die Pick n Pay ontbytkos

met: laevet melk, jogurt en Kelloggs Special K koffiewinkel


café latte – koffie
en wanneer ek later sit by Vida e Caffé
met baie melk
kan ek saam met my latte toegang tot Facebook kry netwerk van
vriende op die
en sien: Jack Parow het ’n nuwe musiekvideo uit internet
Suid-Afrikaanse
X en Y het baklei en Z wil weet wat gebeur vanaand sanger
en op Twitter sal ek skryf “Annie sit by Vida e Caffé” kort boodskappies
op internet
en as ek in drukverkeer huis toe ry, sal ek onthou: heavy traffic

ek moet nog ’n pouch vir my BlackBerry kry houer


en moet terug na daai sentrum met die Pick n Pay,

sommer ’n magazine en wat ook nog gaan kry,

en terwyl ek staan en my emails kyk in die ry

is daar ’n ander Annie – anderkant die stad verby –

en sy het vandag ook iets gekry:

’n duif met ’n klein koppie wat sy kan vryf

terwyl ek moeg alweer staan in ’n ry

met ’n foon wat tjirp en piep en lui


Annie Klopper (Uit: Onse mense, Marie Stander, 2010)

166 Kwartaal 3 Week 7 en 8

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 166 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig?


1. Sê hoekom jy dink die titel van die gedig die BlackBerry en die
duif is.
2. Pas die beskrywing in kolom B by die eiename in kolom A. (Let
op: Al die eiename word met hoofletters gespel!)
Kolom A Kolom B
1. BlackBerry a) Naam van ’n koffiewinkel
2. Pick n Pay b) ’n Klein dogtertjie met dié naam
3. Kellogs Special K c) ’n Soort selfoon waarop ’n mens
4. Jack Parow e-posse kry
5. Vida e Caffé d) Netwerk van vriende op internet
6. Facebook e) Die naam van ’n soort ontbytkos
7. Twitter f) ’n Plek waar jy inkopies doen
8. Annie (met die BlackBerry- g) ’n Baie ouer meisie met dié naam
foon) (sy het ’n selfoon)
9. Annie (met die wit duif) h) Kort boodskappies van mense op
die internet
i) Suid-Afrikaanse sanger

3. Sê watter EEN nie pas nie.


As ’n mens ’n BlackBerry het, kan jy
a) op enige plek na jou e-posse kyk.
b) toegang tot Facebook kry.
c) ’n koppie koffie in ’n koffiewinkel kry.
d) toegang tot Twitter kry.
e) gepla word as jou foon heeltyd lui.
4. Daar is baie rymwoorde in die gedig,
veral met die y-klank. Sê watter woorde
nie by die rymklank pas nie: gekry,
Pay, K, Caffé, uit, vanaand, onthou, ry,
verby, vryf, lui.
5. Sê wat die ooreenkomste tussen die
twee Annies in die gedig is.
6. Sê in jou eie woorde wat die kontras of teenstelling is tussen die
ek-spreker, Annie en die ander Annie. (Dink aan waar hulle is en
wat hulle elkeen dié dag gekry het.)
7. Kies die regte woord tussen hakies om die tema of hoofgedagte
van die gedig op te som.
Waar die a) (jonger/ouer) Annie van die b) (stad/platteland)
opgewonde is oor haar nuwe BlackBerry en al die voordele wat die
selfoon bring, is die c) (jong/ouer) Annie van die d) (stad/
platteland) net so bly oor die duif wat sy gekry het.

13. Lus vir leer en lees 167

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 167 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

8. Kyk na die tekening (skildery) wat die gedig illustreer. Beskryf wat jy
daarop sien (visuele teks). Sê ook hoe jy oor die skildery voel: Hou
jy daarvan? Motiveer.
9. Wat dink jy is die doel van die aandagstrepe in die volgende reël:
“is daar ’n ander Annie – anderkant die stad verby –”.
10. Die gedig bestaan uit net een strofe met 19 versreëls. As jy dit in
twee dele moes verdeel, waar sou jy die tweede strofe begin het? Gee
’n rede vir jou antwoord.
Taalstrukture en -konvensies
Taal in konteks: Meervoude,
sinonieme en verkortings
1. Lees die twee raaiselrympies hardop. Wie kan eerste die antwoorde
kry?
Jy vind my in ’n hamer, maar nie in ’n huis nie.
Jy vind my in ’n mat, maar nie in ’n muis nie.
Jy vind my in ’n dame, maar nie in ’n heer nie.
Jy vind my in ’n appel, maar nie in ’n peer nie. Die vokaal a.
Wie is ek?
(Uit: Raai raai riepa, Die Afrikaanse raaiselboek, Protea Boekhuis, 2012)

a) Gee die meervoud van: mat, dame, heer.


b) Soek sinonieme vir dié woorde in die rympie: kry, woning,
tapyt, vrou.
Ek’s in koring, maar nie in meel nie.
Ek’s in suiker, maar nie in seël nie.
Ek’s in koevert, maar nie in brief nie.
Ek’s in tronk, maar nie in dief nie.
Wie is ek? Die konsonant k.

c) Gee die meervoud van: koevert, brief, raaisel, gedig.

Onthou
“Ek’s” is ’n verkorting van Ek is. “Jy’s” is ’n verkorting
van Jy is.

2. Skryf die verkortings van die volgende uit.


a) Hy’s c) Dis
b) Sy’t d) Daar’s

168 Kwartaal 3 Week 7 en 8

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 168 2013/08/21 9:17 AM


Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Idiome, byvoeglike naamwoorde,


antonieme en ’n beskrywende paragraaf
1. Herskryf die sinne in die verlede tyd.
a) Annie is baie opgewonde toe sy haar BlackBerry kry.
b) Izzie wil graag die boekvoorlesing bywoon.
2. Leer die idiome.
Agteros kom ook in die kraal – die
stadigste bereik ook die eindpunt.
Die 84-jarige man, Kimani
Aanhouer wen – ’n mens bereik jou
Maruge, het laat in sy
doel deur aan te hou.
lewe begin leer, maar hy
het sy doel bereik. Albei
idiome is op hom van
toepassing!

3. Skryf die volgende sinne in die indirekte rede.


a) Kimani Maruge sê: “Ek wil leer lees en skryf.”
b) Die onderwyseres sê: “Ek sal jou graag help.”
4. Gee woorde wat sinonieme is vir die woorde in vet druk.
Daar is ’n a) (fliek) gemaak van die aangrypende b) (verhaal) van
’n c) (bejaarde) man wat die d) (geleentheid) kry om te leer.
5. Gee woorde wat die teenoorgestelde (antonieme) is van die woorde
in vet druk.
Kimani Maruge lyk te a) (jonk) om so b) (vroeg) in sy lewe te
leer lees.
6. Kies die regte woord tussen hakies (antonieme, byvoeglike
naamwoorde).
a) Kimani Maruge is in 2004 vir die (eerste/laaste) keer skool toe.
b) Hy skryf by ’n (klein/groot) plaasskooltjie in, nie by ’n (klein/
groot) skool in die stad nie.
c) Die (ou/jong) man, Kimani, sit saam met die (ou/jong) kinders
in graad 1.
d) Natasha se (liefde/haat) vir lees sal nooit verander nie.
e) Annie is (gelukkig/ongelukkig) oor haar BlackBerry-selfoon.
7. Skryf ’n paragraaf om ’n boekwurm te beskryf (beskrywende
paragraaf).
a) Die (leergierige/leergestremde) Natasha hou baie van lees.
b) Sy hou van (interessante/geïnteresseerde) boeke.
c) Sy besoek graag die (enige/enigste) biblioteek in die dorp.
d) Sy lees die (volledige/onvolledige) reeks boeke sommer gou
almal deur.

13. Lus vir leer en lees 169

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 169 2013/08/21 9:17 AM


Taalstrukture en -konvensies

Hersiening
1. Voltooi die blokkiesraaisel. Gee EEN WOORD vir ’n omskrywing.

1
2 B K
V
4 5

3 R K D G

6 U G G

7 J R S

DWARS:
1. ’n Plek waar ’n mens boeke kan lees en uitneem.
3. ’n Klomp boeke wat uitbrei op dieselfde titel en karakters.
4. ’n Gesprek tussen karakters in ’n teks.
6. ’n Kaartjie wat ’n mens na ’n geleentheid uitnooi.
7. ’n Skrywer van nuusberigte in ’n koerant.
AF:
1. Iemand wat baie lief is vir lees.
2. Die persoon wat die storie vertel.
4. Iemand wat gedigte skryf.
5. ’n Literêre teks wat uit versreëls en strofes (gewoonlik met
rym) bestaan. (9)
2. Gee die regte vorm van die woord tussen hakies (byvoeglike
naamwoorde).
Die film The first grader gaan oor ’n a) (trots) b) (oud) man wat
’n c) (goed) en d) (vinnig) leerder op skool is. Hy sit tussen
e) (jonk) f) (sesjarig) kinders op die skoolbanke. Dit is ’n
g) (aangrypend) storie wat mens altyd sal bybly. (7)
3. Gee die intensiewe vorm van die byvoeglike naamwoorde
tussen hakies.
Kimani Maruge was ’n a) (baie ou) man wat b) (baie graag)
wou leer lees en skryf. Hy moes saam met c) (baie jong) kinders
in die klaskamer wees. Hy het d) (baie vinnig) leer lees. (4)
Totaal: 20
170 Kwartaal 3 Week 7 en 8

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 170 2013/08/21 9:17 AM


14 Groen, groener, die groenste
In hierdie lesreeks gaan jy:
Luister en praat • na ’n dialoog luister en dit hardop in rolle lees
• na ’n storie luister en een vertel
Lees en kyk: • twee gedigte lees en vrae daaroor beantwoord
Begrip • ’n drama lees en vrae daaroor beantwoord
Letterkunde • Leesboek bl. 5: “Wolf word ‘n waghond” (volksverhaal)
• Leesboek bl. 84: “Ekologiese voetspoor” (gedig)
• Leesboek bl. 85: “Krisis” (gedig)
Skryf en aanbied • ’n dialoog skryf
• ’n agenda opstel en ’n notule skryf
Taalstrukture en • werkwoorde in die verlede tyd oorskryf
-konvensies • voornaamwoorde binne konteks identifiseer
• een woord vir omskrywings gee
• lees- en skryftekens invul
• spelpatrone en spelreëls leer en toepas
• idiome aanleer
• voegwoorde in sinne gebruik

14. Groen, groener, die groenste 171

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 171 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Gedig: Vullisblikmentaliteit


Pre-lees: Kan julle onthou
wat hierdie teken vir
ons sê? Jy moet jou rommel
of vullis in die vullisdrom
gooi. Moenie rommel
soos plastieksakke,
papiere en blikkies
rondstrooi nie!

Tydens lees: Lees die gedig “Vullisblikmentaliteit” (dustbin mentality).

Vullisblikmentaliteit
Hulle mors orals
met borrels en blikkies
en plestieksakkies;

onner ’n brug,
langs ’n hys
en soe wragtig byte
’n public toilet!

by busstops,
innie subway,
op ’n mooi piekniekplek,

tussennie bossies,
oppie duine, op sypaadjies
mors hulle vieslik ...
En baie keer is daar ’n vullisblik.
Peter Snyders
(Uit: Ons klein en silwerige planeet, Van Schaik, 1997)

172 Kwartaal 3 Week 9 en 10

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 172 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig?


1. Wie is die “hulle” in Die gedig is in
strofe 1? informele Kaapse
2. Wat gooi “hulle” Afrikaans geskryf.
alles weg? Noem Probeer om jou
drie dinge. antwoorde in meer
3. Kies die korrekte formele taal te
woorde: Strofe 1 skryf!
beskryf (wie/wat/
waar/wanneer) die
mense rommel rondgooi, maar strofe 2
en 4 beskryf (wie/wat/waar/wanneer) hulle dit doen.
4. Waar moes hulle eintlik hulle rommel gegooi het?
5. Skryf reël 2 in strofe 1 neer en onderstreep die alliterasie.
6. Watter twee woorde in strofe 1 rym?
7. Watter drie plekke waar mense rommel gooi, word in strofe 2
genoem?
8. Is die volgende stellings waar of onwaar? Waarom sê jy so?
Die uitroepteken (!) aan die einde van strofe 2 wys:
a) die spreker is beïndruk met wat mense met hul rommel doen.
b) daar is rommel onder brûe, langs huise en buite ’n toilet.
c) die spreker is geskok oor al die rommel wat oral rondlê.
d) daar is baie mense wat sommer oral rommel gooi.
9. Hoe lyk die mooi piekniekplek as dit vol rommel is?
10. a) Hoe verskil die laaste strofe van al die ander strofes?
b) Hoekom is dit so, dink jy?
11. Wat is die gedig se boodskap?
12. Redigering: Skryf die volgende woorde in goeie Afrikaans en gee
die Afrikaanse woorde vir die Engelse woorde in die gedig.
a) borrels g) public toilet
b) plestieksakkies h) busstops
c) onner i) innie
d) hys j) subway
e) soe k) tussennie
f) byte l) oppie

14. Groen, groener, die groenste 173

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 173 2013/08/21 9:17 AM


Luister en praat

Luister en praat: ’n Rolspel Formele assessering

Lees eers die dialoog wat op ’n fabel van Aesopus gebaseer is stil deur.
Lees dit dan hardop in rolle vir ’n punt uit 10. Leef julle in die rolle in,
gebruik liggaamstaal en gebare, praat harder, dan sagter. Lees met gevoel.

Die geelhoutboom en die ghwarriebos


Verteller: Eendag was daar ’n trotse,
hemelhoë geelhoutboom.
Geelhoutboom: O, kyk hoe hoog is ek. Ek het
’n mooi vorm, digte blare en
baie waardevolle hout.
Ghwarriebos: Dis reg.
Geelhoutboom: Jou arme ding.
Ghwarriebos: Hoekom sê jy so?
Geelhoutboom: Jy’s nie net lelik nie, jy is nog
nutteloos ook. Die diere eet
nie eers jou blare nie. Ek is
trots en regop. Almal wil my
hout hê.
Ghwarriebos: Dis reg. En wanneer hulle
jou eendag afkap vir jou
waardevolle hout, sal jy wens
jy is ’n lelike, nuttelose ghwarriebos
soos ek! En ek is glad nie so
nutteloos soos jy dink nie.
(Deur die skrywer)
Totaal: 10
Skryf en aanbied: ’n Dialoog Skryf en aanbied

Skryf jou eie dialoog in die vorm van ’n drama. Persoon 1 spreek
persoon 2 aan omdat hy of sy rommel op enige plek rondgooi.

Gebruik die prosesbenadering:


• Beplan eers die dialoog. Gebruik ’n kopkaart om jou te help.
• Skryf die name van die karakters links op die bladsy met ’n
dubbelpunt ná die naam.
• Moenie aanhalingstekens gebruik nie, bv. Anneke: Hoekom gooi
jy ...
• Skryf eers die konsep, redigeer dit, skryf dit dan netjies oor en
proeflees die finale weergawe vir aanbieding.

174 Kwartaal 3 Week 9 en 10

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 174 2013/08/21 9:17 AM


Luister en praat

Luister en praat: Storievertelling


Luister na die kort volksverhaal van ’n padda wat
voorgelees word. Kies dan enige storie wat oor die
tema “bewaar die aarde, wees groen” gaan en
vertel die storie vir die klas. Jy kan ook die storie
van die geelhoutboom en die ghwarriebos gebruik
as jy wil.
Beplanning, navorsing en organisering
• Beplan ’n goeie inleiding en slot en sorg dat jy ’n interessante
storielyn het.
Voorbereiding en aanbieding
• Let op jou woordgebruik, uitspraak en sinstrukture.
• Maak oogkontak en vertel die storie in ’n duidelike stem.

Lees en kyk
Lees en kyk: ’n Gedig: Groen?
Pre-lees en tydens lees
Kyk eers na die titel en illustrasie en lees dan die gedig aandagtig deur.

Groen?
Groen is die spinasie
– ’n gesonde sensasie.
Groen is ’n komkommer en avokadopeer
– eet al jou groente, Meneer!
Groen is eko-vriendelik
Groen gooi al die rommel in ’n blik.
Groen skakel die ligte af
en probeer oral heen draf.
Groen spaar water
en bêre plastieksakke vir later.
Groen sorg vir die aarde
En besef die aarde se waarde.
(Deur die skrywer)

14. Groen, groener, die groenste 175

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 175 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig?


1. Wat, dink jy, beteken die titel van die gedig?
Motiveer.
2. Waarmee rym die volgende woorde:
a) spinasie d) af Om eko-vriendelik
b) avokadopeer e) water te wees, beteken om
c) vriendelik f) aarde die aarde te bewaar
3. Soeklees die gedig en maak ’n lys van deur nie rommel te
alles wat in die gedig opgenoem word strooi nie; deur nie
wat letterlik groen van kleur is. water en elektrisiteit
4. In die tweede strofe word groen figuurlik te mors nie en nie
gebruik, dis nie letterlik die kleur groen bome af te kap nie.
nie. Sê wat groen in strofe 2 beteken.
(Groen is ’n mens wat alles reg doen.)
5. Noem VIER dinge wat in die tweede strofe genoem word wat eko-
vriendelik is.
6. Wat is die tema van die tweede strofe? Kies die korrekte woorde
tussen hakies.
As jy vir die aarde sorg deur water en elektrisiteit te (spaar/mors),
dan is jy “groen” en help jy om die aarde te (bewaar/vernietig).

Lees en kyk: ’n Drama


Pre-lees en tydens lees: Kyk eers na die formaat waarin die drama
geskryf is. Lees dit dan hardop in rolle
Die aarde weet
TONEEL: Twee tieners sit-lê en gesels in ’n hiper-moderne sitkamer.
KARAKTERS: Peter, seun van omtrent 13, lê op ’n bank en kyk na iets
op ’n skootrekenaar. Hy dra ’n bril. Sarah is boheems aangetrek.
Oorfone om die nek. Effens verveeld.

176 Kwartaal 3 Week 9 en 10

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 176 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

Peter: Ons het vandag in die klas geleer hoe sleg dit eintlik met ons
planeet gaan. Ons sal iets moet begin doen om die aarde te red.
Sarah: Ag! Wat is nou so erg? Almal herwin en her-iets.
Peter: Dit is seker so. Maar, verbeel jou jy sit op ’n groot, gemaklike
reddingsvlot. Jy’s besig om ’n boek te lees of na jou iPod te
luister. Op die reddingsvlot is alles wat jy nodig het: kos, water
en skuilplek.
Sarah: Wat van krag?
Peter: Daar’s ’n energiebron wat jy kan gebruik om kos te kook, water
warm te maak, lig te verskaf wanneer dit donker is en om jou
PlayStation of Xbox of wat ook al te laat werk.
Sarah: Is daar enigiemand saam met my op die reddingsvlot?
Peter: Ja! Jou vriende, familie en hond. Dit is, om die waarheid te sê, ’n
baie luukse reddingsvlot.
Sarah: Dit klink lekker. Waarnatoe gaan ons?
Peter: Die probleem is, daar is nêrens om heen te gaan nie.
Sarah: Gaan dit vir ewig aanhou?
Peter: A ha! Dit is waar die sports begin! Ongelukkig ontwikkel die
reddingsvlot ’n paar probleme. Nou werk dit nie meer so lekker
nie, en stukke daarvan is besig om af te val. Dit moet reggemaak
word. Dit kan sink, en wat word dan van jou?
Sarah: Ek bel iemand om te kom help.
Peter: Jy het vergeet – jou reddingsboot is die enigste een op die
oseaan. Daar’s niemand om jou te help nie. Jy moet dit SELF
doen. Want dis JOU reddingsvlot, en dis die enigste een wat
daar is.
Sarah: Ag nee man, Peter! Dit is ’n onrealistiese situasie!
Peter: Dink mooi. Is dit regtig? Wat as ek sê die reddingsvlot is die
aarde – die enigste een wat ons het?
Sarah: Ja, oukei! Jy wen! Dit is ’n hengse probleem. Kom ons dink aan
oplossings.
Jacqui Bailey (Aangepas uit: Wat’s die punt van groen wees?, LAPA Uitgewers, 2010)

14. Groen, groener, die groenste 177

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 177 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die drama?


1. Kies die regte woord tussen hakies.
Die reddingsvlot word gelykgestel aan die (huis/aarde/maan).
Dit is ’n (metafoor/vergelyking).
2. Wat, sou jy sê, is die drie belangrikste dinge wat op die reddingsvlot
is? Motiveer jou antwoord.
3. Wat lei jy uit die teks af beteken die woord luukse?
4. Wat is fout met die reddingsvlot?
5. Gaan dit maklik wees om die reddingsvlot te laat regmaak? Motiveer.
6. Wie sal moet help om die reddingsvlot reg te maak?
7. Wat is die tema of boodskap van die drama?
8. Hoe verskil die twee karakters se opinie ten opsigte van die
toestand van die aarde?
9. Hoe word daar spanning in die drama verkry?
Taalstrukture en -konvensies
Taal in konteks: Idiome
Pas die idiome links by die korrekte beskrywing regs.
1. ’n druppel in die emmer a) ’n lekker lewe lei
2. hemel op aarde b) jou deel doen
3. jou kant bring c) baie min

Taal in konteks: Spelpatrone, een


woord vir ’n omskrywing, voegwoorde,
voornaamwoorde

• ’n Lang klank in ’n geslote lettergreep word met TWEE vokale


gespel, bv. boom. In die meervoud word die lang klank met
EEN vokaal gespel en word dit ’n oop lettergreep, bv. bo-me.
• ’n Kort klank in ’n geslote lettergreep word met EEN vokaal
gespel, bv. kat. In die meervoud bly dit ’n geslote lettergreep en
word die konsonant na die geslote lettergreep verdubbel, bv.
katte.
• ’n Kappie op ’n vokaal dui aan dat die vokaal lank uitgespreek
word, bv. skêr.
• ’n Deelteken verdeel vokale in lettergrepe – dit dui aan waar die
nuwe lettergreep begin, bv. geëet.

178 Kwartaal 3 Week 9 en 10

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 178 2013/08/21 9:17 AM


Taalstrukture en -konvensies

1. Verbeter die spelling van die vetgedrukte woorde.


Die a) wereld is besig om warmer te word. Dit b) beinvloed die
weer, die land en die c) oseaane. Wetenskaplikes glo dat skadelike
d) gase van fabrieke en voertuie soos e) kare en f) buse die son se
g) straale vasvang en die aarde verwarm. Dit word
klimaatsverandering genoem.
2. Soek een woord in die teks hierbo vir die omskrywings.
a) karre, busse, treine, motorfietse
b) as iets warmer word
c) die verandering in die weer of klimaat
3. Verbind die sinne met die voegwoord tussen hakies. Let op na die
posisie van die werkwoord na die voegwoord.
a) Die klimaat verander. Die wêreld word warmer. (daarom)
b) Die aarde verwarm. Daar is te veel skadelike gasse. (omdat)

• Persoonlike voornaamwoorde vervang ’n eienaam, bv. Peter


loop skool toe. Hy is haastig.
• Besitlike voornaamwoorde dui besitting aan, bv. Nonnie gooi
haar rommel weg.
• Onpersoonlike voornaamwoorde verwys na die weer, bv. Dit
reën.
• Aanwysende voornaamwoorde verwys na iets of iemand
spesifiek, bv. Daardie seun of Hierdie meisie.
• Onbepaalde voornaamwoorde het nie betrekking op een
persoon of saak nie, bv. iemand, ’n mens, sommige,
niemand.
• Wederkerende voornaamwoorde verwys terug na die onder-
werp van die sin, bv. Die man ontstel hom, die vrou skaam haar.

4. Vul die ontbrekende voornaamwoorde, soos aangedui, in.


a) _______ sneeu al hoe meer. (onpersoonlike voornaamwoord)
b) _______ moet minder krag gebruik.
(onbepaalde voornaamwoord)
c) _______ man herwin bottels. (aanwysende
voornaamwoord)
d) Die juffrou skaam _____ omdat ons so baie
rommel strooi. (wederkerende
voornaamwoord)
e) Peter skakel die ligte af, want _____ wil krag
bespaar. (persoonlike voornaamwoord)
f) Nonnie tel _____ blikkie op en gooi dit in die
vullisdrom. (besitlike voornaamwoord)

14. Groen, groener, die groenste 179

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 179 2013/08/21 9:17 AM


Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Agenda


’n Agenda is ’n lys sake wat tydens ’n vergadering (meeting) bespreek
gaan word. Die agenda word voor die tyd aan al die mense gegee sodat
hulle kan voorberei vir die vergadering.
Beplanning/Pre-skryf
• Dink aan ’n rede waarom jy en jou maats vergadering wil hou, bv. wat
die skool kan doen om meer papier te herwin (recycle) of die
skoolterrein skoon te maak van rommel.
• Hou ’n dinkskrum oor moontlike sake vir die agenda.
Skryf ’n konsep
• Stel ’n agenda of ’n lys van sake (90–100 woorde) op.
• Kyk dat die lys logies op mekaar volg.
• Kyk dat die sake genommer is.
• Gee die naam van die komitee, plek, datum.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
• Redigeer jou agenda.
• Soek vir spelfoute en woordordefoute.
• Kyk dat jou werk netjies is en proeflees
dit voor aanbieding. Onthou, ’n agenda
is ’n formele skryfstuk. Moenie vergeet nie!
Gee die korrekte
inligting oor waar,
Die Groen-komitee wanneer en hoe laat
Hoërskool Vorentoe, Skoolsaal (tyd) die vergadering
19 November, Donderdag, 19:00 gehou gaan word,
Agenda anders gaan niemand
1. Verwelkoming by die regte plek
2. Teenwoordig en op die regte tyd
3. Verskonings opdaag nie.
4. Notule van vorige vergadering
5. Sake voortspruitend uit vorige notule
5.1 Boomplantdag
5.2 Herwinning van blikkies
6. Nuwe sake
6.1 Herwinning van papier
6.2 Skoonmaak van skoolterrein
7. Algemeen
8. Datum van volgende vergadering

180 Kwartaal 3 Week 9 en 10

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 180 2013/08/21 9:17 AM


Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Notule


’n Notule (minutes) word tydens ’n vergadering deur die sekretaris/
sekretaresse gehou. Hy of sy skryf neer wat belangrik is, en stel na die
vergadering ’n verslag op in die vorm van ’n notule.
Beplanning/Pre-skryf
Verdeel in groepe en stel die notule op (90–100 woorde) vir die Groen-
komitee se vergadering. Gebruik die agenda wat gegee is. Julle behoort
name by take wat uitgedeel is, te sit sodat die komiteelede weet wie moet
wat doen.
Skryf ’n konsep
• Die sakelys van die agenda vorm die hoofpunte van die notule.
• Gebruik dieselfde nommers as op die agenda.
• Skryf die notule in die teenwoordige tyd. Die lydende vorm word
dikwels gebruik, bv. Daar word besluit dat ...
• Skryf bondig en akkuraat; moenie onnodige inligting gee nie. Die styl
is formeel.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
• Hersien die konsep, redigeer en proeflees dit vir die finale aanbieding.
Taalstrukture en -konvensies
Taal in konteks: Werkwoorde,
verlede tyd
Herskryf die sinne in die verlede tyd.
1. Die vergadering is op 19 November.
2. Die sekretaris stel ’n agenda op.
3. Die komiteelede berei vir die vergadering voor.
4. Sommige kinders plant bome.
5. Ander kinders herwin papier.
6. Die derde groep kinders maak die terrein skoon.
7. Die vierde groep kinders maak blikkies bymekaar.

• Gebruik het en ge- in die verlede tyd, bv. spaar – het gespaar.
• Is word was, bv. Sy is laat. Sy was laat.
• Werkwoorde wat met her- begin, kry nie ’n ge- nie, bv. Die
voorsitter herinner hulle aan die volgende vergadering. ... het
hulle herinner.
• Skeibare werkwoorde soos afskakel (skakel ... af) word
afgeskakel, bv. Hulle skakel die selfone af. Hulle het die selfone
afgeskakel.

14. Groen, groener, die groenste 181

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 181 2013/08/21 9:17 AM


Taalstrukture en -konvensies

Hersiening
1. Skryf die volgende sinne in die verlede tyd (werkwoorde).
a) Die seun skakel die lig af.
b) Die meisie tel papiere op.
c) Daar is besoedeling in die stad.
d) In ons huis bespaar ons water.
e) Ons hele land gebruik minder elektrisiteit. (5)
2. Verbind die sinne met die voegwoord tussen hakies. Let op na
die posisie van die werkwoord.
a) Jy moet die ligte afskakel. Dit verminder die gebruik van
krag. (omdat)
b) Hy stort eerder as bad. Hy kan water spaar. (sodat) (4)
3. Kies die regte woord tussen hakies (voornaamwoorde).
a) (’n Mens/Niemand) moet jou omgewing skoonhou.
b) Nora onthou om (haar/sy) gemors in die vullisblik te gooi.
c) Dawid vererg (hom/haar) vir (sy/haar) maats wat hulle blikkies
oral gooi.
d) Sandra skaam (hom/haar) vir al die gemors wat rondlê.
e) (Hierdie/Daardie) kinders wat naby is, tel die papiere op.
f) (Hierdie/Daardie) boom wat ver is, is baie groot. (6)
4. Vul die ontbrekende woord in om die idioom te voltooi. Kies
uit die blokkie.
hemel druppel kant
a) As een mens water spaar, is dit ’n _____ in die emmer, maar
dit help.
b) Jy moet jou ____ bring en help met herwinning.
c) As ons die planeet red, sal dit ____ op aarde wees. (3)
5. Verbeter die spelling van die volgende woorde (redigering).
a) plastieksake
b) boome
c) geeet
d) sker (4)
6. Gee een woord vir die volgende omskrywings. Kies uit die blokkie.
waterbesparing elektrisiteit rommel
a) energie wat lig en warmte verskaf
b) water wat nie gemors moet word nie
c) gemors wat nie rondgestrooi moet word nie, maar in die
vullisblikke moet kom (3)
Totaal: 25

182 Kwartaal 3 Week 9 en 10

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 182 2013/08/21 9:17 AM


15 Planne met platsakprobleme
In hierdie lesreeks gaan jy:
Luister en praat • in ’n groep ’n vergadering hou
• na die prosedure tydens ’n vergadering luister
• na ’n artikel luister en vrae daaroor beantwoord
• na ’n fabel luister en vrae daaroor beantwoord
Lees en kyk: • ’n advertensie aandagtig lees en vrae beantwoord
Begrip • ’n gedig lees en vrae daaroor beantwoord
• ’n opsomming maak
Letterkunde • ’n kortverhaal lees, bespreek en vrae beantwoord
• Leesboek bl. 43: “Jana se selfoon” (storie)
Skryf en aanbied • ’n curriculum vitae lees as voorbereiding om ’n
aansoekbrief te skryf
Taalstrukture en • jou woordeskat uitbrei
-konvensies • die direkte en indirekte rede met punktuasie inoefen
• kennis maak met jargon (vaktaal), cliché, sleng,
sinekdogee, toutologie en dubbelsinnigheid
• met sinonieme en antonieme werk
• lydende en bedrywende vorm gebruik
• direkte en indirekte rede toepas
• spelling inoefen
• sinne in die verlede tyd oorskryf
• werkwoorde identifiseer

15. Planne met platsakprobleme 183

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 183 2013/08/21 9:17 AM


Luister en praat

Luister en praat: Vergaderingprosedure

Ek dink ons Is daar ’n


besigheid moet sekondant vir die
honde en huise voorstel? Ek sekondeer
oppas. die voorstel.

Luister na die prosedure wat tydens ’n vergadering gevolg moet word:


’n Vergadering moet volgens spesifieke reëls verloop. Die voorsitter
(chairman) is die leier van die vergadering en kyk dat daar orde is. Hy
open die vergadering en verwelkom almal. Daarna verduidelik hy kortliks
wat op die agenda (program van wat op die vergadering gaan gebeur) is.
Hy hou by die agenda en keer dat die sprekers van die onderwerp
afdwaal. Hy moedig deelname aan en sluit die vergadering as alle punte
op die agenda bespreek is.
Die sekretaris/sekretaresse skryf al die besluite wat geneem word,
neer. Hy/Sy skryf ’n notule (minutes) of skriftelike verslag van wat op ’n
vergadering besluit word.

Praat: Hou ’n vergadering


Baie kinders in die klas is platsak (broke). Julle moet
geld kry om op ’n sporttoer te gaan. Hou ’n verga-
dering van 8–10 minute in ’n groep waar julle
besluit wat julle gaan doen om geld te maak
(deur entrepreneurskap).
Onthou, neem beurte om te
praat en na mekaar te luister.

184 Kwartaal 4 Week 1 en 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 184 2013/08/21 9:17 AM


Luister en praat

Luister en praat: Luisterbegrip: Formele assessering

Twee tekste
Jy gaan na ’n voorlesing van ’n tydskrifartikel
en ’n fabel luister en vrae daaroor beantwoord.
Jy sal twee keer apart na elke teks luister.
’n Tydskrifartikel
Pre-luister
• Wat sê die titel “Entrepreneur se suksesverhaal”?
• Wie, dink jy, is die man op die foto?
• Lees die vrae baie goed deur.
• Skryf die vraagnommers onder mekaar in jou boek neer.
Tydens luister
• Maak jou oë toe en luister goed terwyl die artikel voorgelees word.
• Wanneer die artikel die tweede keer gelees word, kan jy vinnig
aantekeninge maak en sleutelwoorde neerskryf.
Post-luister
1. Hoe oud was Richard toe hy sy eerste besigheid begin het? (1)
2. Waarmee het hy om die wêreld gereis? (1)
3. Noem twee besighede wat Richard in sy beginjare gestig het. (2)
4. Watter lugdiens het hy in die tagtigerjare gestig? (1)
5. Kies die regte woord.
a) Sy koeldrank, Virgin Cola, se verkope is besig om Pepsi en
Coco Cola (stadig/vinnig) in te haal.
b) Ten spyte van sy (leerprobleme/talente) as kind het hy sy
(leerprobleme/talente) ontwikkel. (2)
6. Is die volgende stelling waar of onwaar? Motiveer.
Richard stel in verskillende soorte besighede belang. (1)
7. Vul die ontbrekende woorde in.
Sy kreatiefste idee nog is om mense se wildste a) ___ waar te
maak deur na die buitenste b) ___ te vlieg. (2)
’n Fabel
Volg die prosesstappe vir luister hierbo en beantwoord die vrae.
1. Wat moet die boer se seuns op die plaas soek? (1)
2. Wat is die les van die fabel? Verduidelik in jou eie woorde. (2)
3. Stem jy saam dat die twee tekste dieselfde boodskap oordra?
Motiveer. (2)
Totaal: 15

15. Planne met platsakprobleme 185

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 185 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Kortverhaal


Pre-lees In ’n kortverhaal is daar
Lees eers die inligting in die woordwolkie. ’n tema of hoofgedagte. Die
karakters, plek, tyd en die
omstandighede waarin die
Tydens lees verhaal afspeel, is belangrik.

Thabo, die entrepreneur van Pretoria


Thabo is moedeloos. Dié vakansie werk nie vir hom nie, want hy is platsak!
“Ek kan nie eers gaan fliek of vir Ma ’n geskenk koop nie! Ek kry nie sakgeld
nie, want my ouers
kan dit nie bekostig
nie.”
Pragan, Thabo se
boesemvriend, voel
baie jammer vir Thabo.
Hy kan hom nie met
geld help nie. Die
middag sê die
buurman vir Pragan
dat hy met vakansie gaan, maar dat die troeteldiere ’n probleem is. “Ek het
iemand nodig om vir hulle kos te gee. Ken jy iemand?”
Pragan dink dadelik aan ’n blink plan. Thabo kan mos na die diere kyk vir
ekstra geld. En dis toe Thabo begin het om mense se honde en huise op te
pas. Hy het met plakkate sy dienste geadverteer.
Eers pas Thabo net drie huise met hulle troeteldiere op. Maar die mense
praat oor sy goeie werk en gou pas Thabo tien huise op. Dit klink na ’n
maklike werk, maar dis nie so eenvoudig nie. “Om elke dag deur tien huise
te gaan om met die diere te speel, hulle kos te gee en met hulle te gaan
stap, is nie ’n maklike werk nie,” vertel Thabo. “Diewe het by een huis
ingebreek. Toe gaan die krag by ’n ander huis
af. Die hek by die tweede huis word elektronies
beheer. Niks kon oopgaan nie.” Hy leen toe ’n
leer by die buurman, klim oor die huis se dak
en breek by die huis in om by die troeteldiere
uit te kom. “Ek was bang die polisie ry verby
en arresteer my!” sê Thabo.
Die vakansie het vir Thabo op ’n vrolike noot
geëindig. Met die geld wat hy verdien het, kon
hy sy plat sak met ’n vet beursie laat bult.
Hendrik Grobbelaar (ongepubliseer)

186 Kwartaal 4 Week 1 en 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 186 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

W boesemvriend: bosom friend; beste vriend


moedeloos: down in the dumps; sonder vertroue, moed en hoop
platsak: penniless; sonder geld, met ’n plat beursie (figuurlik)
troeteldiere: pets; huisdiere wat vir die plesier aangehou word

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die kortverhaal?


1. In watter ruimte of plek speel die verhaal af?
2. Wie is die hoofkarakter in die verhaal?
3. Waarom was Thabo so moedeloos?
4. Watter twee dinge wou Thabo met sy geld doen?
5. Sê of die stelling WAAR of ONWAAR is. Motiveer jou antwoord.
Pragan het die geldmaakplan vir Thabo uitgedink.
6. Hoe het Thabo sy besigheid bemark?
7. Kies die antwoord wat nie pas nie.
Die dinge wat vir Thabo verkeerd geloop het terwyl hy die
troeteldiere opgepas het, was dat ___.
a) diewe by die een huis ingebreek het.
b) die krag by die ander huis afgegaan het.
c) die polisie hom gearresteer het.
8. Hoe het Thabo dit reggekry om oor die huis se dak te klim?
Verduidelik.
9. Wat is die letterlike betekenis van plat sak?
10. Wat is die figuurlike betekenis van platsak?
11. Wat is die storie se boodskap?
12. Stem jy saam dat Pragan ’n goeie vriend is? Motiveer.
13. Rangskik die volgende sinne in die regte volgorde (opsomming).
a) Aan die einde glimlag Thabo weer, want sy beursie bult.
b) Thabo pas eers net drie huise op.
c) Pragan dink aan ’n briljante plan vir Thabo.
d) Thabo moet met ’n leer oor ’n ander huis se dak klim.
e) Die buurman is bekommerd oor sy troeteldiere.
f) Diewe breek by die een huis in.
g) Thabo is aan die begin moedeloos omdat hy nie geld het nie.

15. Planne met platsakprobleme 187

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 187 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: Thabo se plakkaat

(Deur skrywer saamgestel)


Post-lees: Hoe goed verstaan jy die plakkaat?
1. Op wie is hierdie plakkaat gemik?
2. Hoe trek die plakkaat die mense se aandag?
3. Wie is die adverteerder van hierdie plakkaat?
4. Noem TWEE maniere waarop die troeteldiere versorg sal word.
5. Sê of die stellings WAAR of ONWAAR is. Gee ’n rede vir jou
antwoord.
a) Diereliefhebbers sal op die advertensie reageer.
b) Die diere gaan afgeskeep word.
6. TWEE van die antwoorde is KORREK. Watter EEN is nie korrek
nie? Die ekstra diens wat huiseienaars kry, is dat ___
a) daar elke dag skoon kos en water is.
b) voornemende diewe weggehou word.
c) die honde gereelde oefening kry.
7. Kies die regte antwoord (antonieme).
Vakansiegangers hoef nie meer (gerus/bekommerd) te wees nie,
want Thabo versorg die diere baie (sleg/goed).
8. Hoeveel geld kan Thabo maak as hy vir een week twee huise se
diere elke dag oppas?

188 Kwartaal 4 Week 1 en 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 188 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Gedig


My ma se varsgebakte brood
Ek is mal oor my ma
se varsgebakte brood.
Warm uit die oond
en reusagtig groot.
Mense se oë rek,
ja, hulle staan verstom
as daai brood in ’n rookwolk
uit die oond te voorskyn kom.
Die rede waarom ek so baie daarvan hou?
Dis omdat ’n mens dit kan gebruik
om huise mee te bou!
Is jy lus vir ’n snytjie?
Wil jy dit regtig waag?
Gaan haal dan asseblief eers gou
my pa se ystersaag!
Ek is mal oor my ma
se varsgebakte brood:
As ’n mens iemand daarmee gooi,
is daardie iemand dood!
Jaco Jacobs
(Uit: ’n Brulpadda in my tas, LAPA Uitgewers, 2008)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig?


1. Watter WOORD sê dat die brood nou uit die oond moet kom?
2. Noem TWEE eienskappe van die brood as dit uit die oond kom.
3. Op watter TWEE maniere reageer mense op Ma se brood?
4. Kies die korrekte woord: Die mense se (ore/oë) is groot en hulle
kan dit nie (belowe/glo) as die reusebrood uit die oond kom nie.
5. Waarmee sny ’n mens gewoonlik brood?
6. Hoekom, dink jy, het die spreker ’n ystersaag nodig?
7. Sê of die volgende stellings ’n feit of ’n mening is. Motiveer.
a) Die spreker hou van sy ma se brood.
b) Die brood is baie groot.
8. Skryf al die rymwoorde neer.
9. Kies die regte woord om die interpretasie van die gedig te voltooi.
In hierdie a) (humoristiese/ernstige) gedig spot die spreker met
die b) (ma/pa) se c) (suksesvolle/mislukte) brood.

15. Planne met platsakprobleme 189

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 189 2013/08/21 9:17 AM


Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Direkte en indirekte


rede, punktuasie

Direkte rede word so geskryf:


• Skryf die dubbelpunt (:) na die naam van die spreker.
• Die spreker se woorde kom tussen aanhalingstekens
(“ ”).
By indirekte rede gebeur die volgende:
• Die aanhalingstekens val weg.
• In ’n stelsin gebruik jy dat en die werkwoord skuif na die einde
van die sin.
• As ’n vraagsin met ’n werkwoord begin, gebruik jy of.
• As ’n vraagsin met ’n vraagwoord begin, gebruik jy nie of nie.
• Die voornaamwoorde ek, my, jy, julle en ons moet verander.
• Gebruik die hulpwerkwoord moet in ’n bevelsin.
• Die bywoorde van tyd en plek verander in die verlede tyd.

1. Vul die ontbrekende punktuasie in (direkte rede).


a) die bestuurder het vir Derick gesê ek sal jou môre betaal
b) die buurman vra sal jy die hasies nou voer
2. Herskryf die stelsinne met dat (indirekte rede).
a) Sir Richard Branson sê: “Ek het Virgin Cola begin.”
b) Pragan sê: “Ek voel vreeslik jammer vir Thabo.”
c) Thabo het gesê: “Ek het troeteldiere versorg.”
3. Herskryf vraagsinne met of (indirekte rede).
a) Sarah vra vir Thabo: “Is jy lus vir ’n snytjie brood?”
b) Pieter vra aan die buurman: “Gaan julle met vakansie?”
c) Pragan vra: “Thabo, wil jy die buurman se troeteldiere
oppas?”
4. Herskryf die vraagsinne met vraagwoorde (indirekte rede).
a) Pieter het gevra: “Hoeveel wins het julle gemaak?”
b) Maxine vra vir Thabo: “Wanneer is die katte bang vir jou?”
c) Nelson het gevra: “Wat maak die honde hier?”
My mense is
met vakansie.

My hondmaat
sê dat sy mense
met vakansie is.
190 Kwartaal 4 Week 1 en 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 190 2013/08/21 9:17 AM


Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Jargon (vaktaal), cliché, sleng,


sinekdogee, toutologie, dubbelsinnigheid

• Jargon of vaktaal is die taal van bepaalde groepe,


soos rekenaarmense, wetenskaplikes, taalkundiges,
musikante, ens. Voorbeeld: In rekenaartaal LAN flora
kinders as hulle saam by ’n plek met ’n klomp
rekenaars teen mekaar speel. Wetenskaplikes praat
van die diere as fauna en die plante as flora.
Musikante praat van ’n vertoning as ’n gig en van donker wolk
’n orkes as ’n band. – silwer randjie
• ’n Cliché is afgesaagde woorde wat oor en oor in
gesprekke gebruik word, bv. Elke donker wolk het ’n
silwer randjie (daar’s altyd hoop, al gaan dit sleg).
• Sleng is ’n soort informele Afrikaans wat veral by
tieners en studente gehoor word, bv. Ek het baie
swot
geswot (i.p.v. geleer) vir my toets, maar nogtans
gepluk (gedruip).
• Sinekdogee is ’n geheel wat deur ’n deel genoem ouerlike
word, bv. Die ouerlike dak (deel) verwys na die dak
ouerlike huis (geheel).
• Toutologie is die onnodige herhaling van woorde
wat dieselfde beteken, bv. ’n ronde sirkel,
tortelduif (albei woorde beteken duif).
tortelduif
• Dubbelsinnigheid: iets wat meer as een betekenis
kan hê en tot ’n misverstand kan lei, bv. Dokter
help man wat hond byt. Dit kan twee betekenisse
hê: Die dokter help die man wat deur ’n hond gebyt
is. (of) Die dokter help die man wat die hond byt.
hond en dokter

Kies die korrekte antwoord tussen hakies (vorm van taalgebruik).


1. Dis great om saam met cool ouers uit te hang. (dubbelsinnigheid/
sleng)
2. Die RAM van die rekenaar is 4GB. (jargon/cliché)
3. Dis ’n beginner wat so pas begin het. (sinekdogee/toutologie)
4. Ek het die slang deur die venster sien seil. (sleng/
dubbelsinnigheid)
5. Ek gaan vandag ’n dermatoloog besoek in verband met my
velprobleme. (vaktaal/cliché)

15. Planne met platsakprobleme 191

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 191 2013/08/21 9:17 AM


Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Lydende en bedrywende vorm


In die bedrywende vorm is die onderwerp in die sin aktief en in die
lydende vorm is die onderwerp van die sin passief.
Bedrywende vorm (Aktief) Lydende vorm (Passief)
Die ma bak ’n brood. ’n Brood word deur die ma gebak.
Die onderwerp word hier beklemtoon. Die voorwerp word hier beklemtoon.

Skryf in die lydende vorm. Begin met die woorde in vet druk.
1. Die klas hou ’n vergadering.
2. Die entrepreneur begin ’n klomp besighede.
3. Thabo maak ’n plakkaat as advertensie.
4. Thabo pas troeteldiere vir sakgeld op.
Skryf en aanbied
Skryf en aanbied: ’n Curriculum vitae
en ’n aansoekbrief
Lees eers die CV as voorbeeld en skryf dan ’n aansoekbrief van
140 –160 woorde waarin jy aansoek doen vir die werk as kelner/kelnerin.
’n CV of curriculum vitae is ’n kort opsomming van wie jy is en wat
jy gedoen het. In ’n aansoekbrief doen jy aansoek om ’n werk.

Curriculum Vitae: Hoshane Vuma


1. Persoonlike besonderhede 4. Ondervinding
Naam en van: Hoshane Vuma Werk by Tasty Food.
Geboortedatum: 26 Junie 1998 Telefoonnommer: 011 468123
Nasionaliteit: Suid-Afrikaner Pos: Kelner
E-posadres: hvuma@mweb.com 5. Referente
Selfoon: 071 232 4567 1. Mnr. Andile Magagula:
Adres: Mariastraat 7 Skoolhoof
Beauliegh 7123 2. Mev. Kirti Goolab:
Tale: Setswana, Engels, Afrikaans Bestuurder:
2. Kwalifikasies Tasty Food
Hoogste graad: Graad 9,
Hoërskool Suthies
3. Belangstellings
Sport: Landloop
Kultuur: Redenaars

192 Kwartaal 4 Week 1 en 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 192 2013/08/21 9:17 AM


Skryf en aanbied

Mariastraat 7 Jou eie adres


Beauliegh in blokvorm
7123 regs bo.
14 Mei 2014 Datum
Reël oop
Mev. Jantjes
Die plek se Ocean Basket
adres links in Eldoraigne
blokvorm. 0014
Reël oop
Geagte mev. Jantjes Aanhef
Reël oop
VAKATURE: KELNER Opskrif
Reël oop

Reël oop Hiermee doen ek aansoek om ... 1e paragraaf

Reël oop Xxx 2e paragraaf

Ek hoop om spoedig van u te hoor. Gebruik u in ’n


U kan met my in verbinding tree by sakebrief.
Reël oop 0712324 567. Slotparagraaf

Die uwe
H Vuma
H Vuma
Beplanning/Pre-skryf
• Kyk goed na die vorm van die aansoekbrief in die voorbeeld.
• Beplan jou aansoekbrief met behulp van jou CV.
Skryf ’n konsep
• Skryf ’n eerste weergawe van jou aansoekbrief.
• Maak seker dat die inligting in die brief in goeie Afrikaans is.
• Sorg dat jou aansoekbrief uit drie paragrawe bestaan.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
• Redigeer die brief en skryf dit netjies oor.
Woorde wat jy kan gebruik

aansoek doen: apply for a post hardwerkend: diligent


advertensie: advertisement met verwysing na: in reference to

15. Planne met platsakprobleme 193

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 193 2013/08/21 9:17 AM


Taalstrukture en -konvensies

Hersiening

Haar tandeborsel-plan ’n wenner!


Chené Mostert het onlangs die eerste prys in
Amerika gewen met ’n steriliseringstoestel vir
tandeborsels. Dit het haar R17 000 in die sak gebring
en sy gaan die toestel in Amerika patenteer. Sy voel
’n mens word nie as ’n entrepreneur gebore nie. Sy
moes net die bal aan die rol sit en hard werk. Sy
neem al van 11-jarige ouderdom aan Eskom-ekspo’s
deel en is nou in matriek. Dit wys net: aanhouer wen!

(Uit: Beeld, 28 Junie 2012, bl. 3)

1. Kies die korrekte spelling van die woorde tussen hakies.


a) Chené het (hard/hart) gewerk en nooit partytjie gehou nie.
b) Sy het 150 (verskillende/verskilende) tandeborsels
bymekaar gemaak.
c) Baie van haar (vriende/friende) het haar gehelp. (3)
2. Gee ’n sinoniem of antoniem vir die vetgedrukte woorde.
Sy wil in die verlede medies studeer en ’n geneesheer word. (2)
3. Herskryf die sinne in die verlede tyd (werkwoorde).
a) Chené ontwerp ’n steriliseringstoestel vir tandeborsels.
b) Haar ouers is baie bly oor haar prys. (2)
4. Skryf die volgende sinne oor in die lydende vorm.
a) Chené Mostert wen die eerste prys in Amerika.
b) Sy ontwerp ’n steriliseringstoestel vir tandeborsels.
c) Sy ontvang sewentien duisend rand as prys. (3)
5. Skryf die volgende sinne oor in die indirekte rede.
a) Chené sê: “Ek is in die wolke oor my prys!”
b) Die joernalis vra: “Gaan jy dit patenteer?”
c) Sy antwoord: “Ek wil die toestel in Amerika patenteer.” (6)
6. Skryf die sinne korrek in die direkte rede (leestekens).
a) Die skoolhoof sê baie geluk Chené jy het die eerste prys gewen
b) Chené antwoord baie dankie mnr. Breedt ek is self verbaas
c) Chené antwoord ek wil die toestel in amerika patenteer (3)
7. Skryf die werkwoord in die volgende sin neer.
Chené Mostert wen die eerste prys in ’n kompetisie. (1)
Totaal: 20

194 Kwartaal 4 Week 1 en 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 194 2013/08/21 9:17 AM


16 Musiek weerspieël emosies
In hierdie lesreeks gaan jy:
Luister en praat • foto’s bespreek
• aan ’n paneelbespreking deelneem
• na ’n dialoog luister en vrae daaroor
beantwoord
Lees en kyk: • ’n advertensie bestudeer en ontleed
Begrip • ’n gedig lees en vrae daaroor beantwoord
• ’n uittreksel uit ’n jeugroman lees en vrae
Letterkunde daaroor beantwoord
• Leesboek bl. 65: “Nog iemand vir pynappel op
pizza?” (storie)
• Leesboek bl. 86: “Taylor Swift” (gedig)
Skryf en aanbied • ’n e-pos skryf
Taalstrukture en • jou woordeskat uitbrei
-konvensies • met afkortings, samevoegings en spelling werk
• leer hoe om gevoelstaal, vooroordeel en
stereotipering te identifiseer
• oefen om hoofletters, punktuasie en woorde
wat volgorde aandui, reg te gebruik

16. Musiek weerspieël emosies 195

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 195 2013/08/21 9:17 AM


Luister en praat

Luister en praat: Bespreek foto’s


Kyk na die foto’s van musiekinstrumente en bespreek die vrae in groepe.
a) b)

c) d)

e)
f) g)

h)

i)
j)

l)

k)

1. Wat is die naam van elke musiekinstrument wat jy hier sien?


2. Wat het al hierdie instrumente gemeen (in common)?
3. Sal jy graag een van die instrumente wil leer speel? Indien wel,
watter een? En waarom?

4. Na watter soort musiek luister jy graag? Waarom hou jy van hierdie


soort musiek?
5. Waarom is musiek vir baie mense belangrik?

196 Kwartaal 4 Week 3 en 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 196 2013/08/21 9:17 AM


Luister en praat

Toets jou woordeskat


Iemand wat kitaar speel, is ’n kitaarspeler. Wat noem ’n mens iemand
wat die volgende instrumente bespeel?
1. klavier
2. viool
3. tromme
4. saksofoon
5. tjello
6. fluit

Formele assessering

Luister en praat: Hou ’n paneelbespreking


Hou ’n paneelbespreking van 15 tot 20 minute oor die volgende
onderwerp:
• Sonder musiek sal die lewe nie die moeite werd wees nie.
Beplanning, navorsing en organisering
• Verdeel in groepe van vyf of ses leerders.
• Bespreek wat die onderwerp beteken: waaroor kan ’n mens alles
praat?
• Besluit wie julle groep se voorsitter Die voorsitter:
(chairperson) gaan wees. • stel die sprekers voor en
• Besluit wie in die groep oor watter verduidelik kortliks wat die
aspek van die onderwerp gaan praat. onderwerp is
• Maak aantekeninge wat jy tydens die • lei die bespreking en bring
paneelbespreking kan gebruik. die gesprek terug na die
onderwerp as sprekers
afdwaal
• som die bespreking aan
die einde op.
Voorbereiding en aanbieding
• Luister na mekaar en reageer op mekaar.
• Maak oogkontak met die ander sprekers.
• Stel jou idees duidelik en logies en motiveer dit met bewyse.
• Wees sensitief oor hoe en wanneer jy ander in die rede val.
• Hou by die onderwerp. Totaal: 10

16. Musiek weerspieël emosies 197

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 197 2013/08/21 9:17 AM


Luister en praat

Luister: ’n Dialoog Formele assessering

Pre-luister
• Wat beteken musiek vir mense wat ’n instrument bespeel?
• Lees die lys woorde en die vrae hieronder aandagtig deur.
Tydens luister
• Luister terwyl ’n onderhoud
(interview) met ’n jong violis (violinist)
die eerste keer vir jou voorgelees word.
• Luister na ’n tweede voorlesing van die
dialoog en maak aantekeninge.
Post-luister
Beantwoord die onderstaande vrae. Anele Mhlahlo (18), ’n jong
1. Gee twee redes waarom die violis van Imizamo Yethu
onderhoud op ’n goeie noot (manier)
begin. (Dink aan wat Ida vir Anele sê.) (2)
2. Wie het Anele se liefde vir musiek met hom gedeel? (1)
3. Wanneer het die twee seuns so lief vir musiek geword? (1)
4. Voltooi die volgende sinne:
a) Toe Anele die eerste keer ’n viool gesien het, het hy gedink
dit is ’n …
b) Toe Anele die eerste keer ’n viool gehoor het, het hy
geweet … (2)
5. Van watter twee dinge in Anele se lewe vertel die viool? (2)
6. Waarheen gaan Anele een van die dae? (1)
7. Dink jy die onderhoud eindig op ’n goeie manier? Verduidelik. (1)
Totaal: 10

W aangesluit: joined; deel geword van iets


geleentheid: opportunity; kans
klank: sound; wat jy hoor
passie: passion; groot liefde
solis: soloist; iemand wat ’n instrument alleen bespeel
violis: violinist; iemand wat die viool bespeel
viool: violin; musiekinstrument
voorspoed: good luck; sterkte

198 Kwartaal 4 Week 3 en 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 198 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Gedig: Daar’s ’n liedjie ...


Pre-lees en tydens lees
In hierdie gedig vertel die spreker van ’n liedjie wat vreugde bring
wanneer hy die dag gelukkig is en “bolmakiesie” wil slaan. Maar hy bêre
ook ’n liedjie wat in die “stomtyd” sal help wanneer hy alleen voel en
met niemand kan praat nie. Strofe 1 is links, strofe 2 is regs.
Daar’s ’n liedjie ’n versie
in my sak vir die dag
en ’n versie en
op die rak ’n versie
vir die dag vir die nag
as ek wil sing en
of wil ’n liedjie
bolmakiesie in my bladsak
spring: vir die stomtyd
wat nog wag
Philip de Vos
(Uit: Daar’s bitterals in die heuningwals, Tafelberg Uitgewers, 1988)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig?


1. Waar is die liedjie en versie vir wanneer die spreker gelukkig voel?
2. Watter twee dinge wil die spreker doen wanneer hy gelukkig voel?
3. Wat, dink jy, is die “stomtyd”?
4. Skryf die ontbrekende woorde neer.
Die dag verwys na die tyd wanneer die spreker ____ voel; die nag
verwys na die tyd wat hy ____ voel.
5. Watter woord rym met:
a) sak
b) sing
c) dag?
6. Watter sin som die gedig se boodskap
die beste op?
a) Daar is altyd ’n liedjie en ’n gedig vir
wanneer ’n mens gelukkig voel.
b) Daar is altyd ’n liedjie en ’n gedig vir
wanneer ’n mens ongelukkig voel.
c) Daar is altyd ’n liedjie en ’n gedig
wat ’n mens se emosies kan
weerspieël.

16. Musiek weerspieël emosies 199

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 199 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Advertensie

Pre-lees en tydens lees


Bestudeer die advertensie en lees dit hardop.

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die advertensie?


1. Wat trek jou aandag (attention) eerste as jy na die advertensie kyk?
2. Wat word hier geadverteer?
3. Is Muzos ’n nuwe musiekwinkel? Verduidelik.
4. Hoeveel takke van Muzos is daar?
5. Is die volgende stelling waar of onwaar? Gee ’n rede vir jou
antwoord.
As jy ’n stukkende musiekinstrument het, kan jy dit by Muzos
laat regmaak.
6. Wat kan jy doen as jy Muzos wil kontak?
7. Wie is die teikengroep (target group) van die advertensie?
8. Pas die illustrasies goed by wat geadverteer word? Waarom sê jy so?
9. Hoekom, dink jy, is daar soveel verskillende lettertipes en
-groottes (fonts) in die advertensie?
10. Dink jy dit is ’n goeie advertensie? Gee ’n rede vir jou antwoord.
11. Is die volgende stelling ’n feit of ’n mening? Verduidelik.
Die kitaar in die advertensie is pragtig.

200 Kwartaal 4 Week 3 en 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 200 2013/08/21 9:17 AM


Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Afkortings, samevoegings, spelling


1. Waarvoor staan die volgende afkortings in die Muzos-advertensie?
a) e-pos
b) za
2. Skryf die vetgedrukte afkortings in die volgende sinne uit.
a) Sê vir my waar die winkel is, asb.
b) Sluit die prys van die kitaar BTW in?
3. Lees die inligting oor samevoegings (samestellings) hieronder en
gee dan een woord vir die woorde tussen hakies.

Samevoegings (samestellings) bestaan uit twee of meer woorde,


bv. kitaar + snaar = kitaarsnaar.
• Soms word verbindingsklanke tussen die woorde in ’n
samestelling gebruik, bv.
– volk + dans = volksdans
– woord + lys = woordelys
– lewe + verhaal = lewensverhaal
– kind + konsert = kinderkonsert.
• ’n Woord soos spreekkoor het twee k’s, want die eerste woord
eindig op ’n k en die tweede een begin met ’n k.

a) Muzos is ’n (musiek + winkel).


b) Hulle verkoop (klank + toerusting) en (musiek + boeke).
c) Dit is my (lewe + droom) om my eie viool te hê.
d) Hy het die nuwe CD in sy (jas + sak).
e) Haar sussie sing in ’n (kind + koor).
4. Vorm een woord van die volgende woorde.
a) musiek + kamer d) stad + saal
b) klavier + stoeltjie e) kind + musiek
c) konsert + kaartjies f) kaartjie + kantoor
5. Kies die korrekte spelling en maak ’n sin met die woord wat jy nie
kies nie.
a) Hulle (vier/fier) die
opening van die nuwe
winkel.
b) Daar is een nuwe tak van
Muzos, (maar/maer) ook
twee ander takke.
c) My (swaar/swaer) gaan ’n
nuwe kitaar by Muzos koop.

16. Musiek weerspieël emosies 201

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 201 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Uittreksel uit ’n jeugroman


Pre-lees
Bestudeer die woordeskat voordat jy die
’n Uittreksel is
uittreksel lees.
net ’n klein deeltjie
Jy gaan nou ’n uittreksel uit ’n jeugroman lees.
van ’n boek.
Dit gaan oor Rolf en Klara wat saam in die skool
is. Klara is nuut daar. Rolf is ’n baie musikale seun
wat gereeld in die skool se musiekkamers klavier oefen.

W agtervolg: pursue; agter iemand aanloop


doelbewus: on purpose, deliberately; met ’n
doel, aspris, met opset
kleedkamer: cloakroom;; ’n kamer waar ’n mens kan aantrek
knik: nod; kop op en af buig om te wys dat jy verstaan
Mozart en Haydn: twee beroemde komponiste van klassieke musiek
musiekkamers: music rooms; kamers waar musiekleerders oefen
verbeel: imagine; in jou gedagtes iets voorstel, dink

Tydens lees: Lees die uittreksel deeglik deur.


’n Baie lang brief aan Rolf
Bedags het ek na jou begin soek op die speelterrein, en in die rye op pad
saal toe, pouse naby die musiekkamers, en in die middae terwyl ek buite
die hek vir my ma wag. Ek het jou nie doelbewus gevolg nie, maar ek moet
erken dat ek dikwels ’n paar treë uit my pad sou gaan as ek gedink het
daar is ’n kans dat ek jou sou sien.
Eenmaal het ek jou vir ’n lang tyd nêrens gesien nie. Toe het ek skielik
bang geword dat jy dalk na ’n ander skool gegaan het. Een pouse het ek
besluit om jou by die musiekkamers te gaan soek: ek kon maak of ek net
daar verbyloop.
Van ver af kon ek hoor dis jy wat speel, en toe ek nader gaan, kon ek nie
weer wegkom nie. Ek dink dit was iets van Mozart of Haydn. Toe dit klaar
was, het jy nie dadelik met iets nuuts begin nie. Skielik het die deur
oopgegaan. Dit sou heeltemal onnosel gelyk het as ek sou probeer
weghardloop, en buitendien, my knieë was te lam.
Jy het reguit na my gekyk: “Agtervolg jy my?” ’n Sagte, kalm stem.
“Nee … dis net jou musiek …”
Heeltemal rustig het jy gewag dat ek my sin moes klaarmaak.
“Jou musiek help my om te onthou waar die son opkom.”
“Kom luister liewer binne, asseblief. Dit werk op my senuwees as jy soos
’n spook om my rondsluip.”

202 Kwartaal 4 Week 3 en 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 202 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

“Nee, nee. Ek moet regtig nou gaan.”


Jy het geknik. Ek het my verbeel jy gaan
na binne, maar toe ek ’n ent van die
musiekkamers af omdraai, het jy in die
deur gestaan, en miskien was daar ’n
glimlag op jou gesig.
Vir die res van daardie pouse het ek in
die kleedkamer gesit en huil.
Fransi Phillips
(Uit: ’n Baie lang brief aan Rolf,
HAUM-Literêr, 1993)

• Wat, dink jy, gaan verder gebeur?


• Het jy lus om die hele storie te lees?
Neem gerus die boek ’n Baie lang
brief aan Rolf geskryf deur Fransi
Phillips by die biblioteek uit.

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die uittreksel?


1. Op watter vier plekke het Klara bedags na Rolf gesoek?
2. Haal ses afsonderlike woorde uit die openingsin (eerste sin) aan
wat vir jou sê dat hierdie verhaal by ’n skool afspeel.
3. Haal een woord uit paragraaf 1 aan waaruit ’n mens kan agterkom
dat Klara nie met opset (on purpose) vir Rolf gevolg het nie.
4. Soek ’n sinoniem in paragraaf 3 wat dieselfde as dom beteken.
5. Haal ’n vraagsin in die gesprek (dialoog) tussen Klara en Rolf aan
wat sê dat Rolf wonder of sy agter hom aanloop.
6. Wat dink jy?
a) Het Klara by die musiekkamer gestaan om na die musiek te
luister, of om naby Rolf te wees, of albei?
b) Hoekom het Klara in die kleedkamer gesit en huil
(slotparagraaf)?
7. Wat, dink jy, bedoel Klara as sy vir Rolf sê sy musiek help haar “om
te onthou waar die son opkom”?
8. Wat kan ons uit die uittreksel agterkom oor die soort mens wat
Klara is?
9. Uit wie se perspektief word die storie vertel?
10. Som die inhoud van die uittreksel in een sin op.

16. Musiek weerspieël emosies 203

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 203 2013/08/21 9:17 AM


Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n E-pos


Beplanning/Pre-skryf
Kyk na die volgende voorbeeld en verduideliking van ’n e-pos.

E-posadres van ontvanger Aan: paulajohnson@mweb.co.za


E-posadres van sender Van: amanda1000@gmail.com
Onderwerp van e-pos Onderwerp: Musiekwinkel
Dokument of foto wat Aangeheg: img_110.jpg
aangeheg word ___________________________

Geen komma kom na die Beste Paula


aanhef nie.
Paragraaf 1 lei die Ek weet mos jy soek al lank na
onderwerp in. ’n nuwe kitaar, daarom moet ek
jou van ’n uitstekende musiek-
Taal en styl pas by die doel winkel vertel.
van die e-pos.
Die winkel ...
In paragraaf 2 en 3 ontwikkel die
inhoud. Die instrumente ...
Laat ’n reël oop na elke paragraaf.
Die slotparagraaf rond die e-pos Ek weet hulle het volgende week ’n
netjies af. uitverkoping en ek is seker jy sal ’n
goeie kitaar daar kan kry. Laat weet
vir my wat gebeur.

Geen leestekens kom in die Jou vriendin


slot nie. Amanda

• Kies een van die onderwerpe en skryf ’n e-pos van 140 tot 160
woorde daaroor.
1. Jy was by ’n konsert waarvan jy baie gehou het en jy wil ’n maat
daarvan vertel. Beskryf die konsert en vertel waarom jy dit
geniet het.
2. Jy het begin musieklesse neem en wil jou maat alles daarvan
vertel – watter instrument jy leer speel, waar jy die lesse neem,
hoe jy daarvan hou, ens.
• Gebruik ’n kopkaart om jou e-pos te beplan.

204 Kwartaal 4 Week 3 en 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 204 2013/08/21 9:17 AM


Skryf en aanbied

Skryf ’n konsep
Gebruik jou beplanning en die voorbeeld op bladsy 204 om die eerste
weergawe van jou e-pos te skryf.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
• Lees weer deur jou e-pos en verander die dele waarmee jy nie tevrede
is nie.
• Skryf die finale weergawe van jou e-pos en proeflees dit voor jy dit
ingee. Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Gevoelstaal, vooroordeel,


stereotipering, hoofletters en punktuasie, volgorde
Lees die inligting hieronder en voer die opdragte uit.
Gevoelstaal is taal wat sterk gevoelens oordra en wek, bv.
Die pragtige klanke streel ons ore.
Vooroordeel: As ’n mens bevooroordeeld is, vorm jy idees oor ’n
individu of groep sonder om aan al die inligting oor hulle te dink, bv.
Geen ware man speel die viool nie.
Stereotipering: As ’n mens besluit ’n hele groep mense het sekere
eienskappe omdat sommige mense in die groep daardie eienskappe
het, stereotipeer jy, bv. Alle rock-sangers gebruik dwelms.

1. Pas elke term in die regterkolom, B, by ’n sin in die linkerkolom, A.


A B
a) Alle operasangers is groot en vet. gevoelstaal
b) Die viool kreun in die amateur se vooroordeel
hande.
c) Geen vrou is sterk genoeg om ’n stereotipering
saksofoon vas te hou nie.

2. Skryf die sinne met die nodige punktuasie en


hoofletters oor.
a) speel die orkes van kzn vanaand in durban se
stadsaal
b) as jy professioneel wil speel moet jy baie oefen
c) daar is ’n klavier vier viole twee tjello’s en twee
basviole in die orkes
3. Gebruik die woorde tussen hakies om die twee sinne te verbind.
Besluit wanneer jy na die konsert wil gaan. Jy moet kaartjies
bespreek. (eers, en, dan)

16. Musiek weerspieël emosies 205

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 205 2013/08/21 9:17 AM


Taalstrukture en -konvensies

Hersiening
Beantwoord die vrae oor die foto en die teks.
Keamogetswe Magau, beter bekend as Kamo, is van Bloemfontein waar sy
lid is van die Bochabela-strykorkes. Sy verduidelik haar liefde vir musiek só:
“Om ’n instrument te leer speel en musiek te maak, is soos om ’n berg
met baie paadjies te klim. Elke paadjie wat jy kies, openbaar ’n ander
perspektief, en weet jy daar wag nog vele
plekke, uitsigte, geure en kleure om te ontdek.
“My motivering om musiek te maak, is om
myself te leer ken en te verbeter. Ek wil
suksesvol wees, maar of ek nou ’n loopbaan in
musiek volg of nie, musiek het deel geword
van my identiteit. Dit leer my geduld en om ’n
beter mens te wees.” Kamo met haar viool

(Uit: Die Burger, 25 Augustus 2010)

1. Watter instrument bespeel Kamo? (1)


2. Soek ’n sinoniem vir “talle” in die teks. (1)
3. Soek antonieme vir die volgende woorde in die teks.
a) haat d) ’n mislukking
b) min e) slegter
c) versleg (5)
4. Gee een woord vir die woorde tussen hakies.
a) Musiek maak is soos om ’n berg met baie (klein paaie)
te klim.
b) Kamo is ’n (iemand wat die viool bespeel).
c) Musiek het deel van haar (wie sy is) geword.
d) Musiek leer haar om nie (nie geduldig nie) te wees nie. (4)
5. Skryf die sinne in die verlede tyd.
a) Sy is ’n lid van ’n orkes.
b) Ek wil suksesvol wees. (2)
6. Verbind die sinne met die voegwoorde tussen hakies.
a) Sy wil suksesvol wees. Sy weet nie of sy ’n loopbaan in musiek
gaan volg nie. (maar)
b) Sy sê. Musiek leer haar geduld. (dat) (2)
7. Gee die meervoud van die volgende woorde.
a) lid d) plek
b) orkes e) loopbaan
c) instrument (5)
Totaal: 20

206 Kwartaal 4 Week 3 en 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 206 2013/08/21 9:17 AM


17 Waaghalse en dapper dade
In hierdie lesreeks gaan jy:
Luister en praat • oor waaghalsige dade praat
• ’n gesprek rolspeel
• aan ’n klasgesprek deelneem
Lees en kyk: • ’n teks soeklees, vluglees en aandagtig lees
Begrip • ’n kortverhaal lees
• ’n gedig lees
Letterkunde • ’n opsomming puntsgewys skryf
• Leesboek bl. 38: “Wolraad Woltemade” (storie)
• Leesboek bl. 55: “Kaalvuis teen tonne rots”
(storie)
Skryf en aanbied • ’n dagboekinskrywing skryf
• skryfwerk proeflees en redigeer
Taalstrukture en • werkwoorde, selfstandige naamwoorde,
-konvensies spelpatrone en spelreëls hersien
• aandag gee aan betekenisverandering van
woorde en een woord vir ’n omskrywing gee
• woordeskat binne konteks uitbrei

17. Waaghalse en dapper dade 207

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 207 2013/08/21 9:17 AM


Luister en praat

Luister en praat: ’n Klasgesprek


’n Ander woord vir hals is nek. As ’n mens jou nek waag (risk), waag jy
jou lewe en doen jy iets wat baie gevaarlik of onseker is. Dan is jy ’n
waaghals (daredevil). Die aktiwiteite in hierdie lesreeks is gebaseer op
waaghalsige dinge wat mense doen of gedoen het. Luister na die teks en
beantwoord die vrae.

In talle lande waag tieners hul lewe wanneer hulle op die dakke van vinnige
treine klim en van stasie tot stasie ry. Hulle moet vir die elektriese drade koes
en iemand word soms doodgeskok. Hulle hang ook dikwels langs bewegende
treinwaens en druk hulself tussen waens in sonder om aan iets vas te hou.

Vir baie mense in Amerika was Evel


Knievel die naaste aan Superman. Hy het
met die dood gedobbel (gambled) deur
waaghalsige toertjies en spronge op sy
motorfiets uit te voer.

208 Kwartaal 4 Week 5 en 6

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 208 2013/08/21 9:17 AM


Luister en praat

Lewis Pugh, “die menslike ysbeer”, was die


eerste mens wat in die wêreld se hoogste
meer, onder die kruin van die berg Everest,
gaan swem het. Hy het net ’n speedo-
swembroek aangehad en die
watertemperatuur was naby vriespunt.

Rotsklimmers tart (tease) ook


soms die dood.

Kyk na die foto’s op hierdie bladsye en lees die byskrifte by elkeen. Praat
oor die verskillende aktiwiteite wat uitgebeeld word deur die volgende
vrae saam as klas te bespreek:
1. Aan watter ander waaghalsige dinge wat mense doen, kan jy
alles dink?
2. Ken jy mense wat waaghalsige dinge doen, of doen jy self
sulke dinge?
3. Om watter redes, dink jy, doen mense sulke lewensgevaarlike dinge?
Is hulle dapper (brave) of bloot mal (crazy)?
4. Dink jy hierdie mense is bang voor of terwyl hulle sulke dinge doen?
5. Dink jy dit is onverantwoordelik (irresponsible) van hulle om dit
te doen?
6. Weet jy van mense wat ernstig beseer of dood is terwyl hulle ’n
waaghalsige ding gedoen het? Vertel daarvan.
7. Is daar ’n verskil tussen ’n dapper daad en waaghalsigheid?

Luister en praat: Rolspeel ’n situasie


Werk saam in pare en rolspeel ’n situasie tussen ’n tienerseun (wat
gereeld op die dak van ’n vinnige trein met sy lewe dobbel) en sy ma of
pa, ouma of oupa. Die ouer persoon waarsku hom en pleit dat hy dit nie
weer moet doen nie.
Voorbeeld:
Ma: Jason, hierdie speletjie van jou moet nou end kry. Dis gevaarlik
– lewensgevaarlik!
Jason: Maar, Ma ..., ens.

17. Waaghalse en dapper dade 209

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 209 2013/08/21 9:17 AM


Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Betekenisverandering


Die betekenis van woorde hang af van die doel waarvoor die woord in ’n
teks gebruik word. In ’n ander teks of sin kan dit iets anders beteken.
• Woorde kan ’n figuurlike betekenis sowel as ’n letterlike betekenis
hê wat van mekaar verskil, maar tog verband hou, bv. Evel Knievel
was die koning van motorfietswaaghalse (figuurlik).
• Die koning van Swaziland het koningin Elizabeth in Engeland
besoek (letterlik).
• Woorde kan gebruik word om
sarkasme uit te druk, bv. Dis
wonderlik van jou om my so in die
steek te laat (sarkasme) – dit het
eintlik die teenoorgestelde
betekenis.
• My broer is ’n leeu as dit by
waaghalsige dinge kom (figuurlik).
• Die sirkuswaaghals steek sy kop in
’n leeu (wilde dier) se bek
(letterlik).
1. Pas die vetgedrukte figuurlike
uitdrukkings by die verduideliking regs.
Uitdrukking Doel
a) Sy het die jakkals vertrou. sarkasme
b) Dis fantasties om so ’n fout te die mooiste/beste
maak.
c) Sy is ons prinses van waaghalse. ’n skelm persoon

Daar is woorde wat dieselfde uitgespreek word en dieselfde


gespel word, maar verskillende letterlike betekenisse het
(homonieme).
2. Gebruik die volgende homonieme elk in twee afsonderlike sinne
sodat die woord se verskillende betekenisse duidelik is. Slaan na
in ’n woordeboek as jy sukkel. Jy moet altesaam tien sinne maak.
arm meer bak kies keer

Voorbeeld:
Die waaghals het sy arm (arm) gebreek.
Daar is baie arm (poor) mense in die wêreld.

210 Kwartaal 4 Week 5 en 6

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 210 2013/08/21 9:17 AM


Taalstrukture en -konvensies

Woordeskatuitbreiding
Soek 12 woorde in die woordraaisel. Hulle kan dwars, af of skuins wees.
Omkring elke woord, soos die voorbeelde wat gegee word.
spring
R A L B S T U U R W avontuur 
O R V O H N J M S P vrees
waag
E W T O R P A O P D
moed
K E W I N M A E R A hals
E D A H L T G D I P roekeloos
L R A E A T U M N P dapper
wedren
O E G I S L W U G E
stuur 
O N K J B A S G R R bo
S B V V R E E S I R jaag

Taal in konteks: Leestekens en spelling


Leestekens is baie belangrik om die regte betekenis in skryfwerk oor te dra.
1. Lees die twee sinne. Kan jy sien watter verskil die komma hier
maak?

Kom Kom PUNKTUASIE


ons eet ons eet, RED LEWENS!
Ouma Ouma

2. Skryf hierdie hele berig oor. Verbeter die 11 spelfoute daarin en


voeg al die ontbrekende leestekens en hoofletters in. Onderstreep
die spelfoute en omkring die leestekens en hoofletters in jou teks.

Skaatsers waag dit koel-koel straataf


fyf lede van die graad 9 klas is in groot mooilikheid omdat hulle in ’n koelboks
in ’n baie styl straat van die dorp afgeskaats het een van die leerders het in ’n
groot swart plastiek houer gesit terwyl ’n ander hoerskoolleerder haar met
’n tou in die straat afgesleep het die leerder is viertien jaar oud en sy hou van
advontuur ’n poliesieman, Brandon Wilson het gese ons het ook gesien hoe
die waaghalse petrol op ’n ander stuk pad uitgooi en aan die brant steek een
van hulle het geskree is jy gereed jaag nou deur die flamme.

(Deur skrywer saamgestel)

17. Waaghalse en dapper dade 211

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 211 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Kortverhaal oor ’n dapper daad


Pre-lees: Bestudeer eers die woordeskat op bl. 213 voordat jy die
verhaal lees.
Tydens lees: Lees die kortverhaal aandagtig.

Tsjaka en die swartmamba


1 Die wit bul wei in die son, sy skof ’n bult teen die
hemel, en hy plant sy bene wyd. Hy weet dat
hy die koning van die trop is en druk sy neus
diep in die gras van die groen heuwelhang.
2 Dis asof sy spiere sing onder die gladde vel.
Hy lig sy magtige nek en hy bulk: diep en
donker soos die aarde. Sy voorpoot kloof
die grond en skiet ’n stortvloed kluite en
gras teen sy lyf op.
3 Die wit bul het dit nie bedoel nie, maar hy moes die slang wat in die
gras lê, gepla het – die glimswart mamba met die gevurkte tong en die
koue oë. Die slang lig sy lang lyf en slaan sy giftande vas. Hy pomp al
sy venyn in die bul uit. Dis krag teen krag en dood teen lewe.
4 Nou dans die bul teen die hang en hy swaai sy kop en skud om sy
aanvaller van sy lyf af te kry. Hy bulk nog, maar die lied is vals. Toe
kantel die son en die aarde gryp hom vas. Dan is hy stil.
5 “Swartmamba!” gil die beeswagtertjies. “Hy het die koningsbul gepik!”
Hulle het almal opgespring en staan gereed om te vlug. Almal staar na
die bul se laaste oomblikke.
6 Net één het van die groep af weggebreek. Net een
skuif vinnig, soos die skaduwee van ’n valk oor
die gras, reguit na die bul en die slang toe. Dis
die seun, Tsjaka, skaars dertien jaar oud.
7 Die slang het die bul doodgemaak;
daarom moet hý ook dood. Tsjaka
oorweeg nie eens die gevaar nie. Hy
is vreesloos.
8 Toe die mamba hom van die bul losmaak, flits die kierie al deur die lug.
Tsjaka haal uit met al sy mag en die hou skud die slang, maar hy slaan
sissend terug. Tog is die slang se bewegings nie meer so vinnig nie en
die seun kan hom ontwyk. Weer en weer tref die kierie. Die slang pik
magteloos heen en weer voor die genadehou sy kop pap slaan.
9 Hy ril nog asof die lewe hierdie mooi, blink lyf nie wil verlaat nie. Maar
dit is verby.

212 Kwartaal 4 Week 5 en 6

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 212 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

10 Die seun kyk nog een maal na die dooie slang. Dan spoeg hy in die
gras, verslap sy greep op sy kierie en stap weg.
11 Ongelowig kom die ander beeswagters nader. “Hy het die swartmamba
doodgemaak! Tsjaka het!”
12 Toe hy van die gebeurtenis hoor, roep die kaptein sy mense bymekaar
en hy prys die seun Tsjaka sodat almal dit kan hoor: “Vandag het jy ’n
dapper man se werk
gedoen. Jy het jou
lewe gewaag.” Hy gee
Tsjaka ’n bok as
beloning.
aanvalW
aanvaller: attacker; persoon of dier wat

beloning: reward; ’n prys wat jy kry as jy


13 Daardie aand eet sy
iets goeds gedoen het
familie en die ander
genadehou: last blow to stop suffering;
beeswagters almal
laaste hou om lyding te laat ophou
saam aan die bok wat
kluite: sods; harde stukke grond
Tsjaka verdien het.
magtige: powerful; wat baie mag het
14 Tsjaka knik-knik sy kop
skof: shoulders; hoogste deel van ’n groot
as hy praat, soos hy die
dier se rug
manne van die stam
valk: hawk; soort roofvoël (bird of prey)
sien maak. En sy oë
venyn: malice/hatred; hatigheid/giftigheid
blink in die vuurlig.
Pieter Grobbelaar (Uit: Die Groot Afrikaanse Heldeboek, Human & Rousseau, 1976)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die kortverhaal?


1. Wie is die hoofkarakter in die verhaal?
2. Watter eienskap (characteristic) van die hoofkarakter staan uit?
3. Daar is gewoonlik ’n hoogtepunt in ’n verhaal. Waar is die
hoogtepunt in hierdie verhaal?
4. Waarmee word die bul se bulkgeluid vergelyk (par. 2)?
5. Noem twee eienskappe van die bul (par. 1 en 2) en drie eienskappe
van die mamba (par. 3).
6. Haal ’n sinsdeel uit paragraaf 3 aan wat wys dat die slang baie kwaad
vir die bul was.
7. Wat was die oorsaak van die slang se woede (anger)?
8. Waarom was die beeswagtertjies bang?
9. Watter sin van drie woorde in die teks sê Tsjaka is nie bang nie (par. 7)?
10. Kies die gepaste woord.
Na sy heldedaad het die ander seuns Tsjaka baie (bekommer/
bewonder).
11. Kies die regte woord tussen hakies.
’n Gevolg van sy dapper daad was dat Tsjaka soos ’n (seun/man)
begin voel het.

17. Waaghalse en dapper dade 213

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 213 2013/08/21 9:17 AM


Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Dagboekinskrywing


Verbeel jou jy hou ’n dagboek waarin jy elke dag skryf. Jy was vandag by
’n plek waar waaghalsige dinge gedoen is. Skryf die inskrywing oor wat jy
daar beleef het in jou dagboek. Dit kan ’n gebeurtenis soos die volgende
voorbeelde wees, maar kan ook enige ander gewaagde gebeurtenis wees
waaraan jy kan dink.
• Iemand het op ’n tou tussen twee wolkekrabbers (skyscrapers) in ’n
stad of oor ’n hoë waterval geloop om ’n wêreldrekord op te stel.
• ’n Persoon het hom in ’n ronde
vaatjie opgerol en daarin oor die rand
van ’n waterval gestort om beroemd
te word vir sy waaghalsigheid.
• ’n Vertoning (show) waar
asemrowende (breathtaking)
toertjies met BMX-fietse,
skaatsplanke, motors en motorfietse
uitgevoer is.
Beplanning/Pre-skryf
• Beplan jou skryfstuk deur na te dink
en ’n lys te maak van alle gedagtes
wat by jou opkom.
• Dink aan wat jy gesien, gehoor, geruik en gevoel het.
• Jy moet 90–100 woorde skryf.
Skryf ’n konsep
• Kies idees wat vir jou uitstaan uit jou beplanningslys om vir jou
dagboekinskrywing te gebruik.
• Skryf dit in volsinne neer wat jy in ’n paar paragrawe rangskik, elk
met ’n hoofgedagte.
• Skryf die datum.
• Skryf in die verlede tyd en skryf in die ek-vorm, want jy skryf dit vir
jouself.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
• Lees jou inskrywing noukeurig deur en maak reg waar jy ’n fout sien.
• Ruil uit met ’n maat en doen redigering van mekaar se
dagboekinskrywings deur dit te proeflees vir spel-, taal- en
leestekenfoute.
• Skryf nou jou dagboekinskrywing baie netjies en so foutloos moontlik
oor en lewer dit in om nagesien te word.

214 Kwartaal 4 Week 5 en 6

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 214 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: Som ’n teks op


Maak ’n opsomming van die teks hieronder oor die waaghals se spronge.
• Skryf die opsomming in ’n paragraaf wat uit volsinne bestaan.
• Gee aandag aan taalgebruik, spelling en leestekens.
• Lees die teks aandagtig deur en onderstreep belangrike feite of
woorde.
• Tel jou woorde. Die opsomming moet tussen 50 en 60 woorde
wees. Verminder die woorde as jy meer as 60 het.
• Skryf die getal woorde tussen hakies onderaan neer.
• Lees jou opsomming deur, redigeer dit en skryf die finale weergawe.

Waaghals se spronge lok baie nuuskieriges


1 ’n Groot groep
nuuskieriges het gister
vasgenael (riveted) gekyk
hoe ’n man deur ’n venster
op die sesde verdieping
van ’n hoë gebou in
Kaapstad spring.
2 Die springer was ’n
waagkunstenaar
(stuntman/artist) wat
gehelp het met die maak
van ’n advertensie. Hy is
nie beseer nie.
3 ’n Oorsese produksiemaatskappy het gister die Vasco da Gama-plein
beset om ’n advertensie vir die Europese mark te verfilm. Die
maatskappy wou nie sê wie sy kliënt is nie.
4 Die waaghals, Leander Lacey, van Stunt Network in Killarney Gardens,
moes twee maal deur die venster van die gebou bars voordat die
produksiespan tevrede was.
5 Elke keer het die skare onder in die straat na hul asem gesnak en ’n paar
het hande geklap toe hy op die groot lugkussing op die grond val.
6 “Gelukkig vir my, bars die glas in stukkies voordat ek daardeur spring.
Ek het net ’n paar snytjies op my lyf,” het Lacey, ’n professionele
waaghals met 12 jaar ondervinding, gesê.
7 Hy sê die verfilming is nog nie klaar nie, maar omdat hy nie verder nodig
is nie, kom hy nie weer nie. Daar is egter genoeg werk vir iemand soos
hy; dus het hy nooit ’n tekort aan werk nie.

(Uit: Die Burger, 4 April 2012, bl. 1)

17. Waaghalse en dapper dade 215

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 215 2013/08/21 9:17 AM


Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Werkwoorde, selfstandige


naamwoorde en een woord vir ’n omskrywing
In die teks op bladsy 215 wat julle opgesom het, is daar baie
selfstandige naamwoorde en werkwoorde, want sonder hierdie soort
woorde kan ’n mens meestal nie sinne skryf nie.
1. Kies die regte woorde.
a) Die selfstandige naamwoorde wat spesiale name van
mense, diere en plekke is, noem ons (soortname/eiename/
versamelname).
b) Werkwoorde is woorde soos spring en kyk wat sê wat
ge_____ word.
2. Skryf die sewe selfstandige naamwoorde in die eerste paragraaf
neer.
3. Daar is net drie werkwoorde in die eerste paragraaf (een
hulpwerkwoord en twee hoofwerkwoorde). Skryf hulle neer.
4. Watter een van bogenoemde werkwoorde is ’n hulpwerkwoord?
5. Gee die meervoude van “maatskappy” en “gebou”.
6. Gee die verkleinwoorde van “verdieping” en “gebou”.

“Nuuskieriges” is een woord vir die omskrywing “mense wat


nuuskierig is”. Dit help ons om korter te skryf en te praat as ons
een woord kan gebruik in plaas van ’n hele paar woorde.

7. Gee een woord vir die volgende omskrywings. Kies uit die blokkie.
verfilming adverteerder wolkekrabber stedeling

a) ’n gebou wat baie hoog is (skyscraper)


b) die skiet van tonele om ’n film te maak
c) ’n persoon wat in ’n stad woon
d) iemand wat adverteer
8. Gee een woord vir die woorde tussen hakies. Kies uit die blokkie.
kindertyd werkloos heldedaad lafaard waaghalsig

Leander Lacey is nie ’n a) (iemand wat lafhartig is) nie, want hy


is b) (soos ’n waaghals) en hy is ook nie c) (sonder werk) nie. In
sy d) (tyd van ’n kind) het hy eenkeer ’n e) (daad van ’n held)
verrig toe hy ’n maat se lewe gered het.

216 Kwartaal 4 Week 5 en 6

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 216 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Gedig: Avonturier


Pre-lees
Avonturier (adventurer) is een woord vir ’n persoon wat geluk soek deur
opwindende, nuwe en onverwagte ervarings te hê.
• Dink jy ’n mens word ’n avonturier gebore of kan jy ook een word
later in jou lewe?
• Dink jy jy is self ’n avonturier? Hoekom of hoekom nie?
• Kyk na die onderstaande teks. Waaraan kan jy dadelik, voordat jy die
woorde lees, sien die teks is ’n gedig en nie byvoorbeeld ’n
kortverhaal nie?

Tydens lees
Avonturier
Vreeslose vaarder, Jy wil wys dat mensalleen
eensaam in jou boot – jy dit kan doen;
net jy onder die wolke, alleen sonder hulp kan vaar
die golwe wit en groot. van kontinent tot kontinent,
’n Mens wonder oor jou: en glo jy kom tot daar.
het jy vrees vir die dood? In ’n boot op die see
Of is avontuur so het jy jou eerste tree gegee.
in jou bloed Jong vrou, jy’s nie bang nie,
dat dit vir jou beter is altyd, altyd sal jy waag
as alle ander goed? en na nuwe avonture jaag!
(Deur die skrywer)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig?


1. Wat is opvallend (noticable) anders aan die manier waarop woorde
in ’n gedig gebruik word as byvoorbeeld in ’n kortverhaal? Kies die
regte woord: Dit is in (kort versreëls/sinne/paragrawe) geskryf.
2. Vul in: Hierdie gedig het twee ____ wat elk uit tien ____ bestaan.
3. Gee een woord vir die omskrywing.
a) Iemand wat van avontuur hou.
b) Om alleen te wees en te voel.
4. Haal die versreël aan wat sê dat sy ver afstande vaar.
5. Dink jy dit is gevaarlik om dié afstande alleen aan te pak? Hoekom?
6. Na watter woord aan die begin (versreël 1) verwys die woorde: “Jy’s
nie bang nie”?
7. Hoe weet ons dat sy bote van kleins af ken?
8. Wat is die hoofgedagte (tema) van die gedig?
9. Is die beginreël “Vreeslose vaarder” ’n voorbeeld van assonansie of
alliterasie?

17. Waaghalse en dapper dade 217

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 217 2013/08/21 9:17 AM


Taalstrukture en -konvensies

Hersiening
Lees die strokiesprent en voer die opdragte uit wat daarop gebaseer is.

1 2 3

(Uit: Die Burger, 6 Mei 2011, bl. 26, teks aangepas)


1. Verkort die sinne deur een woord te gee vir die woorde tussen hakies.
Die a) (persoon wat kanse vat), moet gereeld rus.
Die vrou het ’n snaakse b) (styl van hare) en sy dra c) (skoene
van ’n man).
’n Bestuurder wat d) (baie kwaad) is, kan ’n ongeluk maak.
Dit is e) (nie verantwoordelik nie) om kanse te waag met die
verkeersreëls, want jy kan f) (in ’n ongeluk sterf).
Die g) (wat ’n waaghals is) vrou doen h) (wat roekeloos is)
dinge.
Sy is nie ’n goeie i) (persoon wat ’n motor bestuur) nie,
maar ook nie ’n j) (persoon wat misdade pleeg) nie. (10)
2. Kies die korrekte woord tussen hakies (spelling): Die bestuurder
het ’n a) (vout/fout) gemaak en te vinnig op die motors b) (afgepyl/
afgepeil). Sy het snaakse c) (kleure/klere) aangehad en het
geskrik toe die d) (poliesie/polisie) haar stop. (4)
3. Kies die regte woord tussen hakies (betekenis).
Spoed was die a) (oorsaak/gevolg) van die ongeluk. Die ongeluk
was die b) (oorsaak/gevolg) van die spoed van die motor. (2)
4. Skryf die sinne oor en verbeter die spelfoute. Onderstreep elkeen.
Twee taxis het by ’n kaffee op die straat hoek stilgehou. Een van
die pasasiers het ’n hammer uitgehaal om ’n verkeersbeamte mee
te slaan. Hy is laater in ’n ambulaans hospitaaltoe geneem. (9)
5. Kies die korrekte verduideliking: ’n Jaagduiwel is (’n lelike mens
in ’n vinnige motor/iemand wat baie vinnig ry). (1)
6. Skryf die twee selfstandige naamwoorde in die eerste raam
van die strokie neer. (2)
7. Skryf die twee werkwoorde in die tweede raam van die
strokie neer. (2)
Totaal: 30

218 Kwartaal 4 Week 5 en 6

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 218 2013/08/21 9:17 AM


18 Selfoonstories
In hierdie lesreeks gaan jy:
Luister en praat • vrae in groepe bespreek
Lees en kyk: • na ’n grapprent kyk en vrae beantwoord
Begrip • vrae oor ’n spotprent beantwoord
• ’n kortverhaal lees en vrae daaroor beantwoord
Letterkunde • Leesboek bl. 88: “Moenie die smiley vergeet nie”
(gedig)
Skryf en aanbied • ’n dagboekinskrywing, dialoog en/of opstel skryf om
skryftake te hersien
Taalstrukture en • jou woordeskat uitbrei en spelling hersien
-konvensies • verskillende taalstrukture hersien

18. Selfoonstories 219

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 219 2013/08/21 9:17 AM


Luister en praat

Luister en praat: ’n Groepbespreking


Kyk na die prent en bespreek dan die vrae in groepe.

1. Beskryf wat jy in die prent sien. Kyk baie fyn!


2. Wat sê die prent vir jou oor die rol wat selfone in mense se lewens
speel?
3. Is jou selfoon een van jou belangrikste besittings (possessions)?
Waarom sê jy so?
4. Dink jy mense gaan oor tien of twintig jaar nog altyd selfone en
slimfone soos ons dit vandag ken, gebruik? Verduidelik.

220 Kwartaal 4 Week 7 en 8

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 220 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Grapprent

(Uit: www.kaaskrul.com)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die grapprent?


1. Hoe verskil die voorkoms (appearance) van die selfone aan die
linkerkant en die regterkant?
2. Hoe verskil die manier waarop die selfone praat? Waarom praat hulle
op verskillende maniere?
3. Wat sê die selfoon heel links? Skryf die woorde heeltemal uit.
4. Waarom wil die selfoon tweede van regs die een heel links na ’n
spraakterapeut toe neem?
Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Antonieme en punktuasie


1. Gee die antonieme vir die vetgedrukte woorde.
a) Ek maak ’n oproep op my selfoon.
b) Ek en my maat voer ’n kort gesprek.
c) My selfoon lui baie selde.
2. Skryf die sinne oor met die nodige punktuasie (direkte rede).
a) Leonie vra Hoe gaan dit met jou Jason
b) Goed dankie Leonie antwoord Jason

18. Selfoonstories 221

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 221 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Kortverhaal: Blind date


Pre-lees
Bestudeer eers die woordeskat op bl. 224 voordat jy die verhaal lees.
Tydens lees
Lees die kortverhaal oor ’n moeilike situasie waarin Nelda beland het en
hoe haar vriendin Esmarie haar gehelp het om daaruit te kom.

Blind Date
“Dit kán nie hy wees nie! Hy’t gesê hy’s vyftien, met blonde hare en blou
oë. Kyk hier.” Nelda hou haar selfoon na Esmarie toe uit.
Esmarie kan haar lag nie hou nie. Sy druk die selfoon weg. “Ek het al
tagtig keer sy boodskappe gelees. Grys is naby aan blond,” lag sy. “En dalk
het hy per ongeluk verkeerd getik. Die een moes seker ná die vyf kom.”
Nelda gluur haar aan. “Dalk is dit nie hy nie. Dalk sit hy net toevallig daar
by die tafel in die hoek.”
“En hy het seker toevallig ’n pers blom op die tafel gesit.”
“Dalk kon Marnus nie self kom nie en toe stuur hy iemand.” Nelda klink
hoopvol.
Esmarie trek haar gesig. “Sy pa?”
“Met ’n vriendin soos jy het ’n mens nie vyande nodig nie.” Nelda gluur
haar aan.
“Jy het gedink jy gaan na jou eerste hoërskoolsokkie toe met ’n hunk aan
jou sy. Jy’t nooit gedink dit gaan ’n ou omie wees wat aan jou arm hang
oor hy dalk kan omval nie,” giggel Esmarie.
“Kyk! Hy is nou besig met sy selfoon.” Nelda haal haar selfoon uit. “Ek
gaan Mxit en kyk.”

222 Kwartaal 4 Week 7 en 8

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 222 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

Hi Marnus. Wa is jy?
Nelda se foon biep.
Ek wg hie in Milky Lane.
Nelda laat val amper haar selfoon. Sy gryp na haar mond.
“O vrek. Dit ís hy!”
Haar foon biep weer.
Wa is jy?
“Wat doen ek nou?” Nelda lyk of sy enige oomblik gaan flou word.
“Gee hier!” Esmarie vat die foon by haar en tik vinnig.
Ampr da. Ht jy di pers blom gbring?
Oomblikke later lees hulle: Jip! Kani wag dt jy my ontmoet ni. Hopi jy
skrik ni. Eks biki ouer as wt ek jo vrtel ht.
“Ja, soos in: Ek is die pá van die ou van wie ek jou vertel het!” lag
Esmarie en gee Nelda se foon terug.
“Hoe raak mens van iemand op Mxit ontslae?” vra Nelda benoud.
“Vee hom uit!”
“Dit gaan nie help nie. My selfoonnommer is nie weggesteek op Mxit
nie.”
“Agge nee, Nelda!”
Nelda sug. “Ek weet, ek weet! Maar hy het niks ander inligting van my
nie, behalwe my ouderdom. Ek het nie eens ’n foto vir hom gestuur nie.”
Esmarie glimlag. “Ek het ’n plan!”
“O jinne, laas toe jy ’n plan gehad het, het die hoof ons vir ’n maand
detensie gegee.”
Esmarie gryp Nelda aan die arm. “Ek sê jou, jy gaan nooit weer van oom
Marnus hoor nie!”
Voor Nelda kan vra wat aangaan, staan hulle in Milky Lane voor die oom
se tafel.
“Marnus?” vra Esmarie onskuldig.
“Ja ... Nelda!” Die man lyk vreeslik in sy skik.
Esmarie glimlag. “Nee, my má is Nelda. Sy het gesê ek moet vir oom
kom sê sy gaan nou hier wees. Sy’s bietjie besig. Dis vandag haar sestigste
verjaarsdag.”
Marnus se glimlag verdwyn. Dis nou sy beurt om te lyk of hy ’n spook
gesien het. “Uhm ... wel ...” Hy krap sy kop ongemaklik. “Ek moet
ongelukkig gaan. Sê tog vir jou ma dit was alles ’n misverstand.”
Toe hy omtrent by Milky Lane uithardloop, lag Esmarie so hard
dat sy aan ’n stoel moet vashou om nie om te val nie.
“O,” sug Nelda, “wat sal ek sonder jou doen?”
Esmarie lag nog steeds. “En dis hoe jy van iemand op
Mxit ontslae raak.”
Christie Nortjé
(Uit: Sweef en ander verhale, LAPA Uitgewers, 2009)

18. Selfoonstories 223

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 223 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

W beurt: turn; kans


boodskappe: messages; SMS’e
gluur: stare angrily; kyk kwaad
hoërskoolsokkie: school dance; dans by die skool
in sy skik: satisfied; tevrede
misverstand: misunderstanding; as jy iemand verkeerd verstaan
onskuldig: innocently; sonder om iets slegs te bedoel
per ongeluk: by accident; nie met opset nie
raak ... ontslae: get rid of; vry raak van
toevallig: coincidently; nie beplan nie
vyande: enemies; nie vriende nie

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die kortverhaal?


1. Waar speel die storie af?
2. Wie is die drie karakters in die storie?
3. Waarom is Nelda so bekommerd (worried) aan die begin van die
storie?
4. Verduidelik waarom Nelda al hoe meer bekommerd raak nadat sy en
Esmarie ’n rukkie in die restaurant is.
5. Sommige gedeeltes in die storie is skuinsgedruk.
a) Waarom?
b) Dink jy die soort taal in die skuinsgedrukte dele pas in die
storie? Verduidelik.
6. Wie sê die volgende woorde in die storie en hoekom sê hulle dit?
a) “Met ’n vriendin soos jy het ’n mens nie vyande nodig nie.”
b) “Wat doen ek nou?”
c) “Agge nee ... !”
d) “Sê tog vir jou ma dit was alles ’n misverstand.”
e) “O ... wat sal ek sonder jou doen?”
7. Skryf die ontbrekende woorde neer.
Op Mxit het Marnus gesê hy is ____ jaar oud en dat hy blonde ____
en blou ____ het.
8. Beskryf Marnus soos hy in werklikheid is.
9. Watter soort mens is Marnus, dink jy?
10. a) Wat is ’n “blind date”?
b) Dink jy dit is ’n goeie titel vir die storie? Verduidelik.
11. Som die inhoud van die storie in twee of drie sinne op.
12. Dink jy dis ’n goeie storie? Waarom sê jy so?

224 Kwartaal 4 Week 7 en 8

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 224 2013/08/21 9:17 AM


Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Tye, direkte en indirekte rede,


voorsetsels, woordkeuse
1. Skryf die volgende sinne eers in die verlede tyd en dan in die
toekomende tyd.
a) Esmarie kan haar lag nie hou nie.
b) Sy druk die selfoon weg.
c) Nelda laat val amper haar selfoon.
d) Die man lyk vreeslik in sy skik.
e) Marnus se glimlag verdwyn.
f) Esmarie moet aan ’n stoel vashou om nie om te val nie.
g) Esmarie maak ’n plan en dan stap sy na Marnus toe.
2. Skryf die volgende sinne in die indirekte rede.
a) Esmarie sê: “Ek het al tagtig keer sy boodskappe gelees.”
b) Nelda sê: “Ek gaan Mxit en kyk.”
c) Nelda vra: “Wat doen ek nou, Esmarie?”
d) “Hoe raak ’n mens van iemand op Mxit ontslae?” vra Nelda.
e) Esmarie sê met ’n glimlag: “Ek het ’n plan!”
f) “Sê tog vir jou ma dit was alles ’n misverstand,” sê Marnus.
g) Esmarie sê: “Dit is vandag my ma se sestigste verjaardag.”
3. Skryf die ontbrekende voorsetsels neer.
a) Nelda het ’n afspraak ____ Marnus gemaak.
b) Nelda wonder of Marnus ____ ongeluk verkeerd getik het.
c) Marnus sit ____ die tafel in die hoek.
d) Esmarie is kwaad ____ Nelda omdat sy so dom is.
e) Nelda het nie ’n foto ____ Marnus gestuur nie.
f) Marnus lyk baie ____ sy skik toe hy vir Esmarie sien.
4. Kies die korrekte woord tussen hakies.
a) Nelda (stuur/steur) ’n boodskap vir Marnus.
b) Nelda het ’n (dier/duur) les geleer.
c) Sy hoop sy gaan (kortliks/binnekort) ’n aantreklike seun
ontmoet.
d) Die blomme op die tafel het pragtige (kleure/klere).
e) Marnus het ’n (leun/leuen) vertel en gesê hy is vyftien jaar oud.
f) Die meisies het lekker gelag (toe/wanneer) hulle by die
restaurant uitstap.
5. Maak sinne met die woorde wat jy nie in nommer 4 gekies het nie.
6. Skryf die selfoonboodskap in korrekte Afrikaans (spelling).
Ampr da. Ht jy di pers blom gbring?

18. Selfoonstories 225

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 225 2013/08/21 9:17 AM


Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Spotprent

KLAAR
GEPRAAT!

(Uit: Die Burger, 7 Julie 2012)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die spotprent?


1. Wat doen die verkeerspolisieman?
2. Waarom, sê die vrou, kon sy nie oor haar selfoon gepraat het nie?
Antwoord in vier kort volsinne.
3. Skryf die ontbrekende woorde neer.
Voor langs die vrou is daar ’n ____ en agterin die motor is ’n ____.
4. Die vrou noem die verkeerspolisieman “Generaal”. Waarom doen sy
dit, dink jy?
5. Haal drie opeenvolgende woorde aan wat wys dat die vrou
kwaad is.
6. Hoe weet ’n mens dat die roete wat die vrou volg, nie in ’n dorp of
stad is nie?
7. Wie het hierdie spotprent geteken? (Wie is die spotprentkunstenaar?)

Taalstrukture en -konvensies
Taal in konteks: Ontkenning
Beantwoord die vrae in die ontkennende vorm
1. Luister die verkeersman na die vrou? (Nee, ...)
2. Praat die vrou nog oor haar selfoon? (Nee, ...)
3. Het die hond al kos gekry? (Nee, ...)

226 Kwartaal 4 Week 7 en 8

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 226 2013/08/21 9:17 AM


Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Dagboekinskrywing,


’n dialoog en ’n opstel
Kies een van die volgende onderwerpe en skryf ’n dagboekinskrywing
(onderwerp 1), dialoog (onderwerp 2) of ’n opstel (onderwerp 3).
1. Verbeel jou jy is Nelda in die storie op bladsy 222. Daardie aand
skryf jy in jou dagboek oor wat die middag in die restaurant gebeur
het. Jou dagboekinskrywing moet 90 tot 100 woorde lank wees.
2. Verbeel jou jy is Esmarie in die storie op bladsy 222. Jy vertel
daardie aand vir jou ma wat daardie dag in die restaurant gebeur
het. Skryf julle gesprek in dialoogvorm. Jou dialoog moet 3 bladsye
lank wees. Kies ’n goeie opskrif vir jou dialoog.
3. Skryf ’n opstel van 210 tot 250 woorde oor waarom dit goed en
nuttig (useful) is om ’n selfoon te hê. Jou opstel moet ’n begin, ’n
liggaam en ’n einde hê en die paragrawe moet logies ontwikkel. Kies
’n gepaste titel vir jou opstel.
Beplanning/Pre-skryf
• Maak seker jy verstaan die onderwerp. As julle tyd het,
• Besluit wat aan die begin, in die middel skryf oor al drie die
en aan die einde van jou skryfstuk gaan onderwerpe. Dis goeie
gebeur. voorbereiding vir die
• Gebruik ’n kopkaart om jou skryfstuk eksamen.
te beplan.
Skryf ’n konsep
• Gebruik jou beplanning en skryf die eerste
weergawe van jou skryfstuk.
• Gebruik die regte formaat.
• Skryf die korrekte lengte.
Hersien, redigeer, proeflees en aanbied
• Lees weer deur jou skryfstuk en verander
die dele waarmee jy nie tevrede is nie.
• Verbeter al die spelfoute, taalfoute en leestekenfoute.
• Skryf die finale weergawe van jou skryfstuk netjies oor.
• Proeflees jou skryfstuk – lees dit weer deur en sorg dat alles korrek en
netjies is.

18. Selfoonstories 227

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 227 2013/08/21 9:17 AM


Taalstrukture en -konvensies

Hersiening
Lees die strokiesprent en voer dan die opdragte uit.

1 2 3

(Uit: Louis, die laeveldleeu en trawante, LAPA Uitgewers, 2009)


1. Skryf die ontbrekende woorde neer.
a) As jy iemand in die hande probeer kry, wil jy daardie persoon
____.
b) Die bobbejaan wil vir die leeu sy oom se selnommer gee
sodat die leeu hom kan ____. (2)
2. Skryf die leeu se woorde in raam 1 in die indirekte rede.
Begin soos volg: Die leeu vra ... (2)
3. Skryf die leeu se woorde in raam 1 in die toekomende tyd. (1)
4. Skryf die volgende sinne met die nodige punktuasie oor.
a) Die leeu vra Bobbejaan waar kan ek jou oom Dirk in die
hande kry
b) Ek kan jou sy selnommer gee antwoord die bobbejaan
c) Die leeu vra Ag nee is hy in die tronk (6)
5. Kies die korrekte woord tussen hakies.
Die leeu vra (teleurgesteld/tevrede) of hy in die tronk is. (1)
6. Verbind die sinne met die voegwoorde tussen hakies.
a) Die bobbejaan wil oom Dirk se selnommer gee. Die leeu kan
hom bel. (sodat)
b) Die leeu dink oom Dirk is in die tronk. Hy het ’n selnommer.
(want)
c) Die leeu vra. Hy is in die tronk. (of) (3)
7. Gee die korrekte vorm van die woorde tussen hakies.
a) Die bobbejaan ken die (lank) nommer uit sy kop.
b) Die leeu stap na die (sit) bobbejaan.
c) Die bobbejaan dink dat dit die (dom) leeu in die hele wêreld is.
d) Is daar baie (bobbejaan) in die tronk? (4)
8. Skryf die sin in die ontkennende vorm.
Oom Dirk is in die tronk. (1)
Totaal: 20

228 Kwartaal 4 Week 7 en 8

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 228 2013/08/21 9:17 AM


19 Taalstrukture en -konvensies
Vir dié wat meer van die
taal wil weet …
Het jy al gevoel dat jy baie woorde in
Afrikaans verstaan, maar nie altyd weet hoe
Onthou, ’n vraagsin het ’n
om dit reg te gebruik nie? Hier is ’n paar
vraagteken en
wenke en reëls om jou te help om beter te
’n bevelsin en uitroepsin
verstaan, te lees, te praat en veral te skryf.
het ’n uitroepteken .
Sinne en woordsoorte
Soorte sinne
Daar is vier soorte sinne in enige taal:
Die stelsin (Statement): Die seun eet ’n piesang.
Die vraagsin (Question): Eet die seun ’n piesang?
Die bevelsin (Command ): Eet die piesang!
Die uitroepsin (Exclamation): Haai, maar die piesang is lekker!

Aktiwiteit 1
Vra vir
jou maat
Lees die sinne op die prentjie en sê watter sin ’n ’n vraag!
stelsin, ’n vraagsin, ’n bevelsin of ’n uitroepsin is.
Verdeel in groepies van vier. Elkeen kry ’n beurt om ’n sin te sê.
Die res van die groepie moet dan sê watter soort sin dit is.

Hou jy van sokker?

Hou jy van tennis? Ja, ek speel


Nee! Ek hou graag sokker.
van netbal!

19. Taalstrukture en -konvensies 229

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 229 2013/08/21 9:17 AM


Woordorde in sinne Onthou die volgende:
Kyk na die woordorde van die eers tyd, dan wyse,
volgende sinne (bywoorde). dan plek.
Tyd Wyse Plek
(wanneer doen (hoe doen hulle (waar/
hulle dit?) dit?) waarheen?)
Die seun ry soggens per bus skool toe.
Die meisie stap smiddae vinnig huis toe.
Die onderwyser gaan elke dag met sy motor biblioteek toe.

Aktiwiteit 2
Bou sinne: skommel die woorde reg.
Voorbeeld: dorp toe ek Saterdag gaan per trein
Antwoord: Ek gaan Saterdag per trein dorp toe.
1. met Tom se fiets winkel toe Pulane
ry vandag

2. gaan volgende wee


k Pa per vliegtuig oorsee

3. wenpaal toe vinnig hardloop altyd


Die atlete
Die woordorde van dié sinne verander as jy met ’n
ander woord of woorde begin.
Ek gaan Saterdag per trein dorp toe.
Saterdag gaan ek per trein dorp toe.
As ons ’n sin met woorde soos soggens, elke dag, Kan jy sien? Die
skielik en in die winter begin, kom die werkwoord gaan
werkwoord direk daarna. staan nou direk ná
Saterdag, in die
Aktiwiteit 3 tweede posisie.
Begin die sinne met die woorde in vet druk (woordorde).
1. Dit reën skielik hard. Skielik …
2. Hy lees elke dag die koerant.
3. Dit is koud in die winter.
4. Die kinders neem smiddae aan sport deel.
5. Die konsert gaan binnekort begin.
6. Ek het verlede week dokter toe gegaan.

230 Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 230 2013/08/21 9:17 AM


Woordsoorte: ’n Kort opsomming

Selfstandige naamwoorde (Nouns) Werkwoorde (Verbs)


Dit is woorde wat mense, diere, Dit is aksiewoorde. Hierdie woorde
plekke of dinge name gee: Harry, sê wat gedoen word: slaap, werk,
leeu, Durban, hospitaal. plant, skryf. Die man werk. Die
kinders slaap.
Determineerders (Determiners)
Lidwoorde (Articles) Bywoorde (Adverbs)
Daar is twee lidwoorde in Hierdie woorde pas by die
Afrikaans: ’n en die. Ons gebruik werkwoorde – hulle beskryf die
hulle voor selfstandige werkwoord: gou, stadig, hard, vals,
naamwoorde: ’n motor, die lelik: Die man werk hard.
motor, die motors.
Telwoorde (Numerals) Voorsetsels (Prepositions)
Dit is woorde waarmee ons tel: Hulle is klein woordjies soos: van,
een, twee, drie, agt, nege, tien op, langs, tussen, voor, met, in.
of eerste, tweede, derde, Hulle word voor ’n naamwoordgroep
agste/agtste, negende/neënde, gebruik: in ’n motor, voor die deur.
tiende. Dis die tweede keer dat Voegwoorde (Conjunctions)
drie motors teen mekaar bots. Dit is woorde wat sinne aan mekaar
Byvoeglike naamwoorde bind: en, want, maar, daarom,
(Adjectives) dat, omdat, nadat. Sy eet baie,
Hierdie woorde pas by selfstandige want sy is honger.
naamwoorde – hulle beskryf die Uitroepe (Exclamations)
naamwoorde: duur, groot, arm, Woorde soos: O! Hoera! Eina!
vet, goed. Dit is ’n duur motor. Sjoe! Hy sê: “Sjoe! Dis warm!” Sy
Voornaamwoorde (Pronouns) sê: “Hoera! Ons het die wedstryd
Hulle word in die plek van ’n gewen!”
naamwoord gebruik: ek, jy, hy, sy,
dit, ons, julle, hulle. Ek werk hard.

19. Taalstrukture en -konvensies 231

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 231 2013/08/21 9:17 AM


Selfstandige naamwoorde
Lees die selfstandige naamwoorde op die prentjie. Wat, dink julle,
gebeur hier?

’n Wenk: As jy wil weet of ’n Naamwoorde Nie naamwoorde


woord ’n naamwoord is, kan jy ’n nie
of die voor die woord sit. ’n fiets  ’n groot 
’n man  ’n bang 
Aktiwiteit 4 ’n muur  ’n hoog 
Watter woorde is selfstandige
naamwoorde? Toets hulle deur die lidwoorde Nog ’n wenk:
’n of die voor die woord te sit. Skryf net die net selfstandige
vier naamwoorde neer. naamwoorde het
meervoude en
onder kat hardloop winkelvenster verkleinwoorde!
mooi sypaadjie fiets

232 Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 232 2013/08/21 9:17 AM


Naamwoorde Nie naamwoorde nie
enkelvoud meervoud verkleinwoord enkelvoud meervoud verkleinwoord
boek boeke boekie maar onder  
hond honde hondjie maar hardloop  
fiets fietse fietsie maar doen  

Aktiwiteit 5
Watter woorde is selfstandige naamwoorde? Toets hulle deur
meervoude en verkleinwoorde van hulle te maak. Skryf net die vier
naamwoorde neer.
winkel op motor oop dier drink stoel slaap

Eiename
Daar is party selfstandige naamwoorde wat met hoofletters geskryf
word. Dit is die name van mense, diere, plekke of dinge. Hulle word
eiename (proper names) genoem.
Name van Name van Name van Name van Name van
mense diere plekke dae die maande
Sondag
Maandag
Dinsdag
Woensdag
Gauteng
Donderdag
Vrydag
Saterdag
Nelson Snuffels Gauteng Sondag Maart
Mandela

Die name van die dae en die maande word baie keer in kalenders en
dagboeke afgekort.
Afkortings
Maandag Ma. Januarie Jan. Julie Jul.
Dinsdag Di. Februarie Feb./Febr. Augustus Aug.
Woensdag Wo. Maart Mrt. September Sep./Sept.
Donderdag Do. April Apr. Oktober Okt.
Vrydag Vr. Mei Mei November Nov.
Saterdag Sa. Junie Jun. Desember Des.
Sondag So.

19. Taalstrukture en -konvensies 233

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 233 2013/08/21 9:18 AM


Meervoude (meer as een)
Meervoude met -e
Die meeste selfstandige naamwoorde se meervoude (plural) word met
’n -e gevorm. Dit is woorde met een lettergreep, dit wil sê woorde wat
nie in twee verdeel kan word nie.
Enkelvoud Meervoud Enkelvoud Meervoud
hond honde neus neuse
dorp dorpe dier diere
hand hande huis huise

Pas op! By party


woorde gebeur snaakse
dinge met die spelling!

Enkelvoud Meervoud Enkelvoud Meervoud


plaas plase plas plasse
leer lere les lesse
droom drome drom dromme
muur mure mus musse

As daar twee vokale As daar net een vokaal


(aa, ee, oo, uu) in die (a, e, o, u) in die
enkelvoud is, val een enkelvoud is, skryf ons die
vokaal in die meervoud konsonante dubbel in die
weg: plaas — plase. meervoud: plas — plasse.

Daar is woorde met meer as een lettergreep wat ook ’n -e kry, maar
dan val die klem op die laaste lettergreep.

Enkelvoud Meervoud
koeránt koerante
kombúis kombuise
Die deel van geváár gevare
’n woord waar
maniér maniere
die klem val,
sê jy harder.

234 Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 234 2013/08/21 9:18 AM


Meervoude met -s
Woorde met meer as een lettergreep en die klem op die eerste
lettergreep, kry -s.
Enkelvoud Meervoud Enkelvoud Meervoud
wínkel winkels piésang piesangs
éier eiers mótor motors

Familiewoorde kry almal ’n -s in die meervoudvorm.


Enkelvoud Meervoud Enkelvoud Meervoud
oupa oupas swaer swaers
seun seuns niggie niggies
dogter dogters meisie meisies

Meervoude met ’s
Kyk na hierdie woorde:
Enkelvoud Meervoud Enkelvoud Meervoud
bikini bikini’s radio radio’s
skadu skadu’s hoera hoera’s

Kyk na die laaste letter van die woorde. Woorde wat op ’n i, o, u en ’n


beklemtoonde a eindig, kry ’n ’s in die meervoud.
Leer ook die volgende meervoude.
Enkelvoud Meervoud Enkelvoud Meervoud
dag dae vlieg vlieë
kalf kalwers lewe lewens
skryfding skryfgoed buurman bure
dagblad dagblaaie geleentheid geleenthede
bees beeste kas kaste
jas jasse graaf grawe
wolf wolwe golf golwe
lid lede waarheid waarhede

As jy die meervoude in
hierdie blokkies ken, is jy
sommer baie slim!

19. Taalstrukture en -konvensies 235

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 235 2013/08/21 9:18 AM


Aktiwiteit 6
Lees die gedig links. Skryf die woorde in vet druk in die meervoud.
Onthou om elke keer die ’n uit te laat.

’n Duif
het ’n veer aan sy lyf,
dis warm en sag.
Die duif bly snoesig in sy nes
Dwarsdeur die nag.
(Deur die skrywer)

Begin so: Duiwe het vere aan


hulle lywe, ...

Aktiwiteit 7
Gee die meervoude van dié woorde.
Verkleinwoorde (iets wat klein is)

vlieg vlag hoera kussing das lig


naam voet student pan skoonsuster mango
lewe droom mat video

Daar is baie woorde in Afrikaans wat verkleinwoorde (diminutives) het.

huis – huisie (-ie) seun – seuntjie (-tjie)


hond – hondjie (-jie) boom – boompie (-pie)
koning – koninkie (-kie) blom – blommetjie (-etjie)
pa – pa’tjie (-’tjie) wang – wangetjie (-tjie)

236 Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 236 2013/08/21 9:18 AM


Verkleinwoorde met -ie
Woorde wat op s, k, p, g en f eindig, se verkleinwoorde word gevorm
deur -ie by te voeg.

kas – kassie lap – lappie


neef – nefie stok – stokkie
berg – bergie brief – briefie

Hoekom kry stokkie twee k’s? Wat het van die twee e’s in neef geword?
Gaan terug na die meervoude van plaas en plas op bladsy 234 en kyk of
jy self die antwoord kan kry.
Onthou, ons
Verkleinwoorde met -tjie
spreek -djie en
-tjie soos -kie uit.
soen – soentjie haan – haantjie
paal – paaltjie knie – knietjie

Verkleinwoorde met -jie


Woorde wat op -d of
-t eindig, kry ’n -jie in
die verkleinwoord.
tand – tandjie lied – liedjie
pot – potjie mat – matjie
Die meeste
Verkleinwoorde met -pie woorde wat op
-m eindig, kry
naam – naampie besem – besempie ’n -pie in die
asem – asempie stroom – stroompie verkleining.

Verkleinwoorde met -kie

Woorde wat uit meer as een


lettergreep bestaan en op -ng
eindig, kry ’n -kie. Onthou, heining – heininkie
die g val weg: kettinkie. ketting – kettinkie
beweging – beweginkie
lening – leninkie
Verkleinwoorde met -etjie
Woorde met ’n kort klank, bv. a, e, i, o en u voor l, m, n, r en ng kry
-etjie in die verkleining. Hierdie woorde het gewoonlik net een lettergreep.

pan – pannetjie lem – lemmetjie


tong – tongetjie blom – blommetjie
ding – dingetjie vul – vulletjie

19. Taalstrukture en -konvensies 237

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 237 2013/08/21 9:18 AM


Verkleinwoorde met ’tjie
As jy hierdie
safari – safari’tjie a – a’tjie
verkleinwoorde
radio – radio’tjie balju – balju’tjie
ken, sal jy nie
pa – pa’tjie video – video’tjie
maklik
’n fout maak
Kan jy sien? Woorde wat op i, o, u of nie!
’n beklemtoonde a eindig, kry ’n -’tjie.
Onthou die afkappingsteken ’ .

Leer dié verkleinwoorde:

vat – vaatjie koppie – koppietjie


pad – paadjie skilpad – skilpadjie

Aktiwiteit 8
Skryf die verkleinwoord van die woorde in die kolom waar dit pas.

besem toring lied foto duif wang blaar tuin


land tekening stroom plato kring vurk

-ie -tjie -jie -etjie -kie -pie -’tjie


muisie tafeltjie hoedjie mannetjie dorinkie raampie safari’tjie

Aktiwiteit 9
Skryf die rympie oor deur verkleinwoorde te gee van die woorde in vet
druk.

Voëls is diere met vlerke


wat ver kan vlieg:
met twee maer pote
sit hulle op takke in bome.
Hulle wip hulle sterte
as hulle op graspolle hurk
en wurms insluk.
(Deur die skrywer)

Begin so: Voëltjies is diertjies


met vlerkies

238 Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 238 2013/08/21 9:18 AM


Teenoorgestelde geslag: Manlik en vroulik
Daar is sommige woorde wat ’n manlike en vroulike vorm het:

Aktiwiteit 10
Lees die rympie in kolom A hieronder. Herskryf
die rympie in kolom B en gee die teenoorgestelde
geslag van die woorde in vet druk.

Kolom A Kolom B
Hierdie man is gelukkig, Hierdie ________ is gelukkig,
want hy boer baie lekker. want ___ boer baie lekker.
Op sy plaas is ’n haan, Op _____ plaas is ’n ______,
’n bul en ’n trekker. ’n ________ en ’n trekker.
In die veld staan ’n ooi, In die veld staan ’n _________,
haar lam is alte mooi. _____ lam is alte mooi.
In die stal staan ’n merrie, In die stal staan ’n _______,
links van haar ’n hings. links van _______ ’n ____________.
In die hok staan ’n sog, In die hok staan ’n ________.
’n vark waarmee die boer kan spog. ’n vark waarmee die boer kan spog.
(Deur die skrywer)

Vroulike vorme met agtervoegsels


Deesdae gebruik al
hoe minder mense die
Die meeste vroulike vorme word gevorm vroulike vorm vir vroue in
deur iets agter aan die woord te las (’n die werkplek, bv. Barbara
agtervoegsel). Benges is die voorsitter
van die vergadering.
-es -e -te -esse
-in -ise -ster

Manlik Vroulik Manlik Vroulik


sanger sangeres kunstenaar kunstenares
president presidente joernalis joernaliste
bibliotekaris bibliotekaresse vriend vriendin
lektor lektrise voorsitter voorsitster

19. Taalstrukture en -konvensies 239

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 239 2013/08/21 9:18 AM


Vroulike vorme: heeltemal ander woorde

Mense Diere
Manlik Vroulik Manlik Vroulik
pa ma ram ooi
heer dame reun teef
meneer mevrou beer sog
seun dogter hings merrie

Vroulike vorme: net ’n deel van die woord verander

Mense Diere
Manlik Vroulik Manlik Vroulik
kleinneef kleinniggie koedoebul koedoekoei
oujongkêrel oujongnooi katmannetjie katwyfie

Aktiwiteit 11
Gee die manlike of vroulike vorm van die woorde in vet druk.
1. Die vrou besluit om ’n aktrise te word.
2. My seun gaan by sy vriend kuier.
3. Die sekretaris praat met die voorsitter.
4. My suster is ’n kunstenares.

Lidwoorde
Die lidwoorde ’n en
die word voor Ek wil ’n Ek wil dié
naamwoorde gebruik: appel hê. appel hê.
’n fiets, die tafel.
Ontdek self: Lees die
volgende twee sinne,
kyk na die foto en sê
wat die verskil tussen
’n en die is:

Ek wil ’n appel hê.


Ek wil dié appel hê.

240 Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 240 2013/08/21 9:18 AM


As jy ’n gebruik, kan dit enige appel wees, nie ’n spesifieke appel nie.
(onbepaald)
As jy die gebruik, verwys dit na ’n spesifieke appel. (bepaald)
Die lidwoord ’n word net in die enkelvoud gebruik (vir een ding), bv.
’n appel.
Die word in die enkelvoud én meervoud gebruik, bv. die appel,
die appels, die mense.

As ons ’n sin met


die begin, word dit Onthou, ’n word nooit
met ’n hoofletter met ’n hoofletter geskryf
geskryf, bv. Die boek nie. As jy ’n sin met ’n
is interessant. begin, word die tweede
woord met ’n hoofletter
geskryf, bv. ’n Mens moet
boeke lees.

Aktiwiteit 12
Vul ’n of die aan die begin van die sinne in (lidwoorde).
1. ___ Apteker is iemand wat medisyne aanmaak en verkoop.
2. ___ apteker van Superapteek is me. Sadia Chothia.
3. ___ Mens moet hard werk as jy êrens in die lewe wil kom.
4. ___ mense koop medisyne by die apteek.

Aktiwiteit 13
Lees die kort koerantberig. Vul ’n of die op die
regte plekke in.

Rowers buit duisende


Vyf rowers het vanmiddag om vieruur
1. ___ Nedbank in Roodepoort binnegestorm
en R50 000 gesteel. 2. ___ rowers het swart
maskers gedra. Een van 3. ___ rowers het
4. ___ rewolwer gehad. Hulle het 5. ___ kassier
vasgebind, 6. ___ geld in swart sakke gegooi en
in 7. ___ wit motor weggejaag. 8. ___ rowers is
nog nie gevang nie.
(Deur die skrywer)

19. Taalstrukture en -konvensies 241

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 241 2013/08/21 9:18 AM


Byvoeglike naamwoorde
Die woorde nuwe en
My nuwe fiets is blou en die bande is blou vertel ons meer
swart. Die handvatsels is rooi. van die fiets. Die
woord swart vertel
ons meer van die
bande en rooi vertel
ons meer van die
handvatsels.
Jy sal oplet dat die byvoeglike naamwoorde voor die selfstandige
naamwoord kan staan, maar hulle kan ook ná is gebruik word.

Dis ’n nuwe fiets. Die fiets is nuut. Kan jy sien dat


Dis ’n blou fiets. Die fiets is blou. die byvoeglike
Dis goeie bande. Die bande is goed. naamwoord nie altyd
Dis rooi handvatsels. Die handvatsels is rooi. presies dieselfde lyk
nie? Kyk na nuwe
Voor die selfstandige naamwoord en nuut; goeie en
(attributiewe byvoeglike naamwoorde) goed.
Sonder -e (bly dieselfde)
Die meeste kort byvoeglike naamwoorde (met een
lettergreep) kry nie ’n -e as dit voor die selfstandige
naamwoord staan nie.

Die hond is groot. Dis ’n groot hond.


Die water is vuil. Dis vuil water.
’n Lang woord (met meer as een lettergreep) wat op
-er eindig, kry nie ’n -e nie.

Die soldaat is dapper. Dis ’n dapper soldaat.

Met -e
As kort woorde (met een lettergreep) op ’n f, s, d of Onthou die
g eindig, gebeur snaakse dinge met die spelling. woord feesdag
vir f, s, d, g!
f Die lig is dof. Dis ’n dowwe lig.
s Die seun is fluks. Dis ’n flukse seun.
d Die water is koud. Dis koue water.
g Die kussing is sag. Dis ’n sagte kussing.

242 Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 242 2013/08/21 9:18 AM


Leer die volgende:

breed: Dis ’n breë pad.


dood: Daar is ’n dooie voël.
laag: Dis ’n lae dak.
vroeg: Ek drink koffie in die vroeë oggend.
hoog: Dis ’n hoë gehou.

Nog woorde met -e


Lang woorde (met meer as een lettergreep) kry
gewoonlik ’n -e.
Moenie
vergeet om
Die pad is gevaarlik. Dis ’n gevaarlike pad. lank en
Die man is vriendelik. Dis ’n vriendelike man. jonk reg te
Die werk is dringend. Dis dringende werk. gebruik nie!
Woorde wat verander

’n Kameelperd se bene is lank. ’n Kameelperd het lang bene.


Die vrou is jonk. Dis ’n jong vrou.

Aktiwiteit 14
Voltooi die sinne met attributiewe byvoeglike naamwoorde.
Die hond is jonk. Dis ’n 1. ___ hond.
Die hond is groot. Dis ’n 2. ___ hond.
Die hond se ore is lank. Die hond het 3. ___ ore.
Die hond se stert is lank. Die hond het ’n 4. ___ stert.
Die hond se oë is groot. Die hond het 5. ___ oë.
Die hond se hare is krullerig. Die hond het 6. ___ hare.
Die hond se hare is sag. Die hond het 7. ___ hare.

19. Taalstrukture en -konvensies 243

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 243 2013/08/21 9:18 AM


Trappe van vergelyking
As ’n mens enigiets met iets anders wil vergelyk, kan jy woorde soos
klein, kleiner as en die kleinste gebruik. Vergelyk die diere met
mekaar.

’n Muis is kleiner as ’n
kat, maar ’n mier is die
kleinste van die drie.

Trap 1
klein
Trap 2
kleiner as
Trap 3
die kleinste
Lees die volgende trappe van vergelyking hardop.
Trap 1 Trap 2 Trap 3
kort korter as die kortste
moeilik moeiliker as die moeilikste
gevaarlik gevaarliker as die gevaarlikste

Kan jy sien? -er word by die woord in trap 2 gevoeg; die word altyd
saam met die woord + -ste in trap 3 gebruik.
Leer die woorde. Sê dit hardop en skryf dit dan oor.
Trap 1 Trap 2 Trap 3 Trap 1 Trap 2 Trap 3
koud kouer as die koudste lank langer as die langste
jonk jonger as die jongste duur duurder as die duurste
baie meer as die meeste gaaf gawer as die gaafste
fiks fikser as die fiksste vas vaster as die vasste
breed breër as die breedste goed beter as die beste
maer maerder as die maerste kwaad kwater as die kwaadste
kwaai kwaaier as die kwaaiste sku skuwer as die skuuste

Die trappe van vergelyking van woorde Sku beteken


wat op -e eindig, word gevorm deur skaam.
meer en mees te gebruik.
opgewonde meer opgewonde as die mees opgewonde
ontevrede meer ontevrede as die mees ontevrede

244 Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 244 2013/08/21 9:18 AM


Aktiwiteit 15
Gee die regte vorm van die woorde tussen
hakies (trappe van vergelyking).
Hillbrow is ’n voorstad van Johannesburg.
Dis ’n 1. (klein) voorstad as Parktown. Daar
woon heelwat 2. (baie) mense in Hillbrow
as in Parktown. Hillbrow is die plek in Suid-
Afrika waar die 3. (baie) mense woon. Die
geboue in Hillbrow is 4. (hoog) as in
Parktown. Die Hillbrow-toring is die
5. (hoog) gebou in die voorstad.
Intensiewe vorme
Lees die sinne en leer die intensiewe vorme.

As iemand baie beroemd is, sê ons hy of sy is wêreldberoemd.


As iemand baie vreemd in ’n plek is, sê ons hy of sy is wildvreemd.
As ’n dier baie mak is, sê ons die dier is hondmak.
As iets baie duur is, sê ons dit is peperduur.
As iets baie goedkoop is, sê ons dit is spotgoedkoop.
As iets baie skoon is, sê ons dit is silwerskoon.
As iets baie groen is, sê ons dit is grasgroen.
As iets baie rooi is, sê ons dit is bloedrooi.
As iets baie leeg is, sê ons dit is dolleeg.
As iets baie vol is, sê ons dit is propvol.
As iets baie lig is, sê ons dit is veerlig.
As iets baie swaar is, sê ons dit is loodswaar.
As iets baie wit is, sê ons dit is spierwit.
As iets baie swart is, sê ons dit is pikswart.
Prinses Diana was wêreldberoemd.

Aktiwiteit 16
Voltooi die sinne met intensiewe vorme.
1. Die motor is nie spotgoedkoop nie, dis ___.
2. Die ou man se hare is nie meer pikswart nie, dis nou ___.
3. Die glas is nie meer propvol nie, dis nou ___.
4. Die skooltas is nie veerlig nie, dis ___.

19. Taalstrukture en -konvensies 245

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 245 2013/08/21 9:18 AM


Voornaamwoorde
Daar is baie verskillende soorte voornaamwoorde. Hier word net die
persoonlike, besitlike en betreklike voornaamwoorde gewys. Lees die
sinne in die tabel hardop saam. Beklemtoon die voornaamwoorde.
Persoonlike en besitlike voornaamwoorde
Persoonlike Besitlike Persoonlike
voornaamwoorde voornaamwoorde voornaamwoorde
ek, jy, sy, hy, my, jou, haar, sy, ek, jy, sy, hy,
ons, julle, hulle ons, julle, hulle ons, julle, hulle
myne, joune, hare, my, jou, haar, sy,
syne, ons s’n, julle s’n, ons, julle, hulle, dit
hulle s’n
Ek sê dis my appel. Dis myne. Ek vat dit vir my.
Jy sê dis jou appel. Dis joune. Jy vat dit vir jou.
Sy sê dis haar appel. Dis hare. Sy vat dit vir haar.
Hy sê dis sy appel. Dis syne. Hy vat dit vir hom.
Ons sê dis ons appels. Dis ons s’n. Ons vat dit vir ons.
Julle sê dis julle appels. Dis julle s’n. Julle vat dit vir julle.
Hulle sê dis hulle appels. Dis hulle s’n. Hulle vat dit vir hulle.

Die woord dit is


ook ’n voornaamwoord, Die voornaamwoord
want dit staan in u word in die plek
die plek van die van jy en julle
naamwoord appel. gebruik in formele
situasies en vir
respek, bv. U sê dit
is u appel.

Lees die woorde van die liedjie en beklemtoon die voornaamwoorde in


vet druk.

Dis nie myne nie,


dis nie joune nie,
dis ’n ander man se goed
wat ons oor stry! Onthou, dis
beteken dit is.

246 Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 246 2013/08/21 9:18 AM


Aktiwiteit 17
Vul die ontbrekende voornaamwoorde in.
Voorbeeld: John het ___ boek by die huis vergeet.
Antwoord: sy

Juffrou vra: “John, waar is 1. ___ boek?”


John antwoord: “2. ___ het 3. ___ boek by die huis vergeet.”
Juffrou sê: “Dan moet 4. ___ vir Mary vra of 5. ___ langs 6. ___ kan
sit en saam met 7. ___ in 8. ___ boek kan lees.”
John vra: “Mary, mag 9. ___ langs 10. ___ sit en saam met 11. ___
in 12. ___ boek lees?”

Aktiwiteit 18
Gee die regte voornaamwoord vir die woorde tussen hakies.
Pa sê: “(Pa) 1. ___ het vandag ’n klomp appels gekoop. (Jy en Jack)
2. ___ kan daarvan eet. Onthou net dat (Pa) 3. ___ die rooi appels
vir (ek) 4. ___ gekoop het. Die ander is (jou en Jack se appels)
5. ___. Die rooies is (my appels) 6. ___.”
Betreklike voornaamwoorde
Dit is voornaamwoorde wat ná ’n selfstandige naamwoord gebruik
word. Hierdie voornaamwoorde verwys terug na die mens, dier of ding
wat direk voor hulle staan.

’n Mens:
Die man wat
daar loop, is
lank.
’n Dier:
Die hond wat
daar blaf, is
kwaai.
’n Ding:
Die appel wat Onthou, ons gebruik
ek eet, is soet. wat vir mense, diere
en dinge. ’n Mens sê
nooit: Die man wie
daar loop nie. ✘

19. Taalstrukture en -konvensies 247

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 247 2013/08/21 9:18 AM


Met ’n voorsetsel

Mense Diere en dinge


As daar ’n voorsetsel soos in, aan As daar ’n voorsetsel soos van, op en
en van voor die betreklike met voor die betreklike voornaamwoord
voornaamwoord staan, word WIE staan, word waar + voorsetsel vir diere
vir mense gebruik. en dinge gebruik.
1. Die seun van wie sy hou, is 1. Die perd (op + wat) waarop ek ry, is
slim. vinnig.
2. Die meisie aan wie ek skryf, 2. Die pen (met + wat) waarmee ek
woon in Oos-Londen. skryf, is blou.

Leer
van die volgende:
+ wat = waarvan by + wat = waarby
aan + wat = waaraan met + wat = waarmee
vir + wat = waarvoor op + wat = waarop

Aktiwiteit 19
Kies die regte woord tussen hakies (betreklike voornaamwoorde).
1. Die kat (wie/wat) daar lê, is siek.
2. Die kos (wie/wat) ek bestel het,
is heerlik.
3. Die beeste (wie/wat) op die plaas
loop, is vet.
4. Die atleet (wie/wat) daar
hardloop, is fiks.
beeste
5. Die mense (wie/wat) langs ons bly, is gaaf.

Aktiwiteit 20
Voltooi die sinne. Kies die regte woord in die blokkie (betreklike
voornaamwoorde).
met wie waaraan op wie waarop waarmee na wie

1. Die meisie ___ ek verlang, is baie mooi.


2. Die plek ___ ek dink, is Port Shepstone.
3. Die pen ___ ek skryf, is rooi.
4. Die man ___ sy getroud is, werk by ’n bank.
5. Die kêrel ___ sy verlief is, is ouer as sy.
6. Die stoel ___ hy sit, is te hard.

248 Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 248 2013/08/21 9:18 AM


Werkwoorde
Werkwoorde is aksiewoorde: die woorde in ’n sin wat sê wat gedoen word.

Aktiwiteit 21
Kyk na die prent en sê wat die tieners doen (werkwoorde).

Tye
Daar is drie tye in Afrikaans:

Die teenwoordige tyd dit wat nou gebeur.


Die verlede tyd dit wat klaar gebeur het.
Die toekomende tyd dit wat nog sal gebeur.

19. Taalstrukture en -konvensies 249

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 249 2013/08/21 9:18 AM


Kyk na die prentjies. Lees die sinne en ontdek self hoe die werkwoord se
vorm of plek verander.
Die toekomende tyd Die teenwoordige tyd Die verlede tyd

Die haarkapper sal die Die haarkapper knip die Die haarkapper het die
meisie se hare knip. meisie se hare. meisie se hare geknip.
Onthou, gebruik het en ge- in die verlede tyd en sal in die
toekomende tyd.

Aktiwiteit 22
Voltooi die tabel. Gebruik gister in die verlede tyd en môre in die
toekomende tyd.
Teenwoordige tyd Verlede tyd Toekomende tyd
(Dit gebeur nou.) (Dit het gebeur.) (Dit sal gebeur.)
Die hond slaap Die hond het gister Die hond sal môre
vandag. geslaap. slaap.
1. Die seun stap
vandag.
2. Die son skyn
vandag.
3. Die vrou lees
vandag.
4. Dit is koud
vandag.
Pas op! Die werkwoord
is, werk anders as ander
werkwoorde: Hy is vandag siek.
Hy was gister siek. Hy sal
môre siek wees.

250 Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 250 2013/08/21 9:18 AM


Het jy geweet?
Daar is ’n paar werkwoorde wat nie ’n ge- in die verlede tyd kry nie.
Dit is werkwoorde wat met ge-, be-, -er, her-, ont- en ver- begin,
soos gebeur, begin, erken, herken, onthou en vergeet.
Voorbeeld: Sy vertel die storie.
Antwoord: Sy het die storie vertel.

Aktiwiteit 23
Skryf die sinne eers in die verlede tyd en dan in die toekomende tyd.
Voorbeeld: Die seun koop skryfpapier.
Antwoord: Die seun het skryfpapier gekoop.
Die seun sal skryfpapier koop.
1. Patrick skryf ’n brief.
2. Hy besluit om die brief te pos.
3. Andrew ontvang die brief. Andrew Kramer
4. Hy geniet dit om die brief te lees. Ba ringstraat 14
5. Hy beantwoord die brief. W or cester
6850
6. Patrick is bly om van Andrew te hoor.
7. Hy herken sy handskrif dadelik.
8. Andrew vertel hoe goed dit met hom gaan.
Jy ken reeds twee
Hulpwerkwoorde hulpwerkwoorde:
Hulpwerkwoorde word saam met het en sal.
ander werkwoorde in die sin gebruik;
hulle help die werkwoorde.

Het help die werkwoord om die verlede tyd te vorm: Ek het gestap.
Sal help die werkwoord om die toekomende tyd te vorm: Ek sal stap.
Daar is nog hulpwerkwoorde soos kan, wil, moet: Ek kan stap.
Ek wil stap.
Ek moet stap.

Hierdie woorde verander in die verlede tyd.

kan word kon: Ek kon gister stap/gestap het.


wil word wou: Ek wou gister stap/gestap het.
moet word moes: Ek moes gister stap/gestap het.
sal word sou: Ek sou gister stap/gestap het.

19. Taalstrukture en -konvensies 251

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 251 2013/08/21 9:18 AM


Aktiwiteit 24
Verander die sinne deur die hulpwerkwoord by te voeg:
Voorbeeld: Ek trek geld. (moet)
Antwoord: Ek moet geld trek.
1. Ek gaan eers bank toe. (moet)
2. Daarna gaan ek groentewinkel toe.
(moet)
3. Ek koop een potlood. (wil)
4. Mamma koop ’n sakkie aartappels. (wil)
5. Die vrou help my. (kan)
Skryf nou dié sinne in die verlede tyd.
Voorbeeld: Ek moet geld trek.
Antwoord: Ek moes geld trek./Ek moes geld getrek het.
Skeibare werkwoorde
Dit is woorde wat uit twee dele bestaan, bv. aan + trek = aantrek.

Teenwoordige tyd: Die seun trek sy skoene aan.


Verlede tyd: Die seun het sy skoene aangetrek.
Toekomende tyd: Die seun sal sy skoene aantrek.

In watter sin is die twee dele van die woord heeltemal geskei?
In watter sin word die twee dele deur ge- geskei?
In watter sin is die twee dele nie geskei nie? Het jy agtergekom
dat die twee dele
Aktiwiteit 25 van aantrek in die
Die volgende sinne is in die toekomende teenwoordige tyd
tyd geskryf. Skryf die sinne eers in die omgeruil word?
a) teenwoordige tyd en dan in die Onthou dit! Die seun
b) verlede tyd. trek sy skoene aan.
Voorbeeld: Hy sal die deur oopmaak.
Antwoord: a) Hy maak die deur oop.
b) Hy het die deur oopgemaak.
1. Sy sal haar baadjie uittrek.
2. Danny sal sy vriend gelukwens.
3. Rosy sal aan sport deelneem.

252 Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 252 2013/08/21 9:18 AM


Voorsetsels
Leer die voorsetsels.

neem deel aan Baie leerders neem aan sport deel.


ly aan Die vrou ly aan ’n siekte.
aan die linkerkant Ry aan die linkerkant van die pad.
stel belang in Hy stel belang in meisies.
woon in Ons woon in Gauteng.
in hegtenis neem Die rower word in hegtenis geneem.
beskerm teen Die huis beskerm ons teen die wind en die rëen.
teen daardie tyd Teen daardie tyd sal die wedstryd verby wees.
teen die muur Die skildery hang teen die muur.
om tienuur Die konsert kom om tienuur uit.
om die hoek Die kar kom vinnig om die hoek.
om jou nek Jy dra jou das om jou nek.
oor ’n rukkie Ek sien jou oor ’n rukkie.
oor ’n uur Hy sal oor ’n uur weer bel.
tot my spyt Tot my spyt het ek my boek by die huis vergeet.
tot niet maak Maak die geheime brief tot niet sodat niemand
dit kan lees nie.
bestaan uit Die boek bestaan uit sewe hoofstukke.
uit jou kop Jy sal hierdie werk uit jou kop moet ken.

Leer ook die voorsetsels wat sê waar die meerkatte is.

in langs

agter

om
teen

op

19. Taalstrukture en -konvensies 253

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 253 2013/08/21 9:18 AM


Aktiwiteit 26

Vul die regte voorsetsels in. Kies die woorde in die blokkie.

langs In Op teen om uit Voor in


vir met Aan uit oor in

1. ___ die huis waar Marlene saam 2. ___ haar ouers woon, het sy ’n
groot kamer 3. ___ haarself. 4. V___ die venster hang gordyne en 5. ___
die muur hang ’n mooi skildery. 6. A___ die linkerkant van die skildery
staan haar bed en 7. ___ die bed staan ’n bedtafeltjie. 8. O___ die
tafeltjie lê ’n boek. Die boek bestaan 9. ___ 70 bladsye. Sy moet die
feite 10. ___ die boek 11. ___ haar kop leer, want 12. ___ agtuur die
volgende oggend skryf sy ’n toets. Sy stel baie belang 13. ___ die boek
en besluit om 14. ___ ’n uur te begin leer.

Voegwoorde
Voegwoorde word gebruik om sinne te verbind.
Die woordorde van die sin ná die voegwoord is nie altyd dieselfde nie.
Dit kan op drie maniere geskryf word, daarom praat ons van drie
groepe voegwoorde.
Groep 1 Groep 2 Groep 3
(Geen verandering in (Werkwoord direk ná (Werkwoord skuif na
woordorde nie) voegwoord) einde van sin)
en maar dus daarom dat omdat
want asook dan toe sodat nadat
daarna terwyl alhoewel
aangesien
Ek wil dadelik eet, want Ek is honger, dus wil ek Ek wil dadelik eet omdat
ek is honger. dadelik eet. ek honger is.

254 Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 254 2013/08/21 9:18 AM


Partykeer kan die sinne met die voegwoorde begin, maar
onthou, dis net voegwoorde van groep 3 wat aan die begin
van die sin gebruik word: “Omdat ek honger is , wil ek
dadelik eet.” Let mooi op na die plek van die werkwoorde en
moenie die komma tussen die twee werkwoorde vergeet nie!
Aktiwiteit 27
Lees die storie oor die tent wat weggewaai het. Julle sal sien die sinne is
baie kort. Maak die storie interessanter deur die sinne met die
voegwoorde tussen hakies te verbind.
1. Paul en Fred gaan kampeer. (want)
Dit is vakansie.
2. Hulle slaan hulle tent vinnig op.
(daarna)
Hulle maak ’n vuurtjie.
3. Die twee vriende het geëet. (nadat)
(Begin die sin met nadat)
Hulle gaan slaap.
4. Die wind waai dié aand. (dus)
Dit is koud.
5. ’n Storm bars los. (toe)
Hulle slaap vas.
6. Paul word wakker. (toe)
Hy hoor die rukwind.
7. Die wind is so sterk. (omdat)
(Begin met omdat)
Die tent waai weg.
8. Hulle kry die tent in ’n boom. (maar)
Die tent is baie nat.
9. Hulle besluit. (dat)
Hulle gaan slaap in die skuur.
10. Die seuns slaap uiteindelik
baie lekker. (omdat)
Dit is veilig en warm
in die skuur.

Onthou om ’n
komma voor want
en maar te skryf.

19. Taalstrukture en -konvensies 255

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 255 2013/08/21 9:18 AM


Ontkenning
As jy iets ontken, sê jy dit het nie gebeur nie, bv.:

Het jy die
brief gepos? Nee, ek
het nie die
Soms is daar net een nie. brief gepos nie.
Sy werk nie. Hy slaap nie.
Twee nie’s (nie … nie)
Die meeste sinne kry twee nie’s in die ontkenning.

Jy werk nie hard nie.


Hy slaap nie baie vas nie.

Ontkenningswoorde en nie
Kyk ook hoe die volgende vrae in die ontkenning beantwoord word.

Ken jy iemand op die dorp? Nee, ek ken niemand op die dorp nie.
Kan ek êrens ’n boek leen? Nee, jy kan nêrens ’n boek leen nie.
Het jy al ooit perd gery? Nee, ek het nog nooit perd gery nie.
Het jy iets gesien? Nee, ek het niks gesien nie.
Is daar nog kos oor? Nee, daar is nie meer kos oor nie.
Is jou ma al hier? Nee, my ma is nog nie hier nie.

Onthou iemand word niemand … nie


êrens word nêrens … nie
al ooit word nog nooit … nie
Daar kom altyd
iets word niks … nie
’n nie aan die
nog word nie meer … nie
einde van die sin.
al word nog nie … nie

256 Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 256 2013/08/21 9:18 AM


Bevele in die ontkenning
Bevele sonder asseblief

Maak die deur toe! word Moenie die deur toemaak nie!
Skakel die TV af! word Moenie die TV afskakel nie!

Bevele met asseblief

Maak asseblief die deur toe! word Moet asseblief nie die deur
toemaak nie.
Skakel asseblief die TV af! word Moet asseblief nie die TV
afskakel nie.

Aktiwiteit 28
Kyk na die prent. Beantwoord die vrae in die ontkenning.
1. Is daar iemand in die motor? Nee, daar is …
2. Is die meisie treurig? Nee, die meisie is nie …
3. Is daar êrens ’n koeldrankblikkie wat rondlê?
Nee, …
4. Sit die meisie? Nee, …
5. Het die meisie al die motor klaar gewas? Nee, …
6. Is die motor al heeltemal skoon? Nee, …
7. Sal die motor ooit kan ry? Nee, …
8. Is die motorbande nog styf gepomp? Nee, …
9. Maak die deur oop! Moenie …
10. Maak asseblief die deur oop! Moet …
Wanneer jy word
Bedrywende en lydende vorm saam met ge- in ’n
sin gebruik, is die sin
Daar is sekere sinne wat ’n mens op twee maniere in die lydende vorm.
kan sê, maar die betekenis van die sinne bly presies
dieselfde, bv. as jy na die tabel kyk, kan jy sê:
Bedrywende vorm Lydende vorm
Die man plant ’n ’n Boom word deur
boom. die man geplant.
Die eerste sin begin met: Die man. Hy is die doener. Hierdie sin is in
die bedrywende (aktiewe) vorm. Die tweede sin begin met: ’n Boom.
Die klem val op die boom wat geplant word. Hierdie sin is die lydende
(passiewe) vorm.

19. Taalstrukture en -konvensies 257

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 257 2013/08/21 9:18 AM


Aktiwiteit 29
Herskryf die sinne in die lydende vorm.
Begin met die woorde in vet druk.
Voorbeeld: Die man plant ’n boom.
Antwoord: ’n Boom word deur die man geplant.
Hierdie
1. Die skeidsregter blaas die fluitjie.
sinne is in die
2. Die sokkerspeler skop die bal. teenwoordige
3. Die tennisspeler slaan die bal oor die net. tyd. Onthou om
4. Die netbalspeler gooi ’n doel. word in die
5. Die krieketspeler vang die bal netjies uit die lug. lydende vorm
6. Die bokser slaan die slaansak hard. te gebruik.
7. Die spiesgooier gooi die spies ver.
8. Die hengelaar vang ’n groot vis.

’n Mens kan hierdie sinne ook in die verlede


tyd skryf, asof dit gister of lank gelede
gebeur het. In die
Voorbeeld: Die man het ’n boom geplant. verlede tyd
Antwoord: ’n Boom is deur die man word is in die
geplant. lydende vorm
gebruik.
Aktiwiteit 30
Herskryf die sinne in die lydende vorm en
begin met die woorde in vet druk.
1. Die skeidsregter het die fluitjie geblaas.
2. Die sokkerspeler het die bal geskop.
3. Die tennisspeler het die bal oor
die net geslaan.
4. Die netbalspeler het ’n doel gegooi.
5. Die krieketspeler het die bal netjies uit die
lug gevang.
6. Die bokser het die slaansak hard geslaan.
7. Die spiesgooier het die spies ver gegooi.
8. Die hengelaar het ’n groot vis
gevang.

258 Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 258 2013/08/21 9:18 AM


Direkte en indirekte rede
Direkte rede
As ’n mens die woorde wat iemand sê, wil neerskryf, lyk dit so:

Michael sê: “Ek gaan stad toe.”


Bets vra: “Kan ek saamgaan?”

Ons noem dit die mense se direkte woorde. In ’n storie of ’n


koerantberig word die mense se woorde tussen aanhalingstekens geskryf:
“…”
In strokiesverhale of -prente word die woorde wat mense sê, in
woordwolkies geskryf. Dan gebruik ’n mens nie aanhalingstekens nie.

Ek gaan Kan ek
stad toe. saamgaan?

Indirekte rede
Dit gebeur elke dag dat ons vir iemand iets vertel wat iemand anders
gesê het. As ons dit doen, gebruik ons die indirekte rede, dan lyk die
sinne so:
Twee dinge verander.
Michael sê hy gaan stad toe. 1. Daar is geen aanhalingstekens
Bets vra of sy kan saamgaan. in die indirekte rede nie.
2. Die voornaamwoord verander:
Wat is die verskil tussen die direkte Ek word hy.
en indirekte rede?
Kan jy self agterkom wat alles verander?

Direkte rede: Michael sê: “Ek gaan stad toe.”


Indirekte rede: Michael sê hy gaan stad toe.

19. Taalstrukture en -konvensies 259

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 259 2013/08/21 9:18 AM


In die volgende voorbeeld verander vier dinge. Kan jy dit self ontdek?

Direkte rede: Bets vra: “Kan ek saamgaan?”


Indirekte rede: Bets vra of sy kan saamgaan.

1. Daar is geen aanhalingstekens nie.


2. Die voornaamwoord verander: ek word sy. Vier dinge
3. As jy ’n vraag in die indirekte rede skryf, verander.
gebruik jy die woord of.
4. Die woordorde verander: kan skuif tot voor saamgaan.
Dit gebeur dikwels dat ’n mens dat in die indirekte rede gebruik.
Ontdek self wat dan alles verander.

Direkte rede: Michael sê: “Ek gaan stad toe.”


Indirekte rede: Michael sê dat hy stad toe gaan.

1. Daar is geen aanhalingstekens nie.


2. Die voornaamwoord verander: ek word hy.
Drie 3. Die woordorde ná dat verander: gaan (die
dinge werkwoord) skuif na die einde van die sin.
verander.
Iemand wat vol fiemies is, is nie altyd
tevrede nie en kla maklik oor iets soos kos.
Aktiwiteit 31
Lees die strokie hardop in pare en sê daarna wat snaaks is.

Smaak die kos Wat! Daar O, dan moes


vir jou lekker? Ek eet lekker, is nie bene in jy die noedels bietjie
maar daar is te jou kos nie! langer gekook het.
veel bene.

Die woord noedels is pasta. Dis ’n harde kossoort soos macaroni en


spaghetti. Eers as ’n mens noedels gekook het, word dit sag. Die vrou in
die grapprent het die noedels nie lank genoeg gekook nie.

260 Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 260 2013/08/21 9:18 AM


Skryf die mense se woorde in die strokiesprent in die direkte rede.
1. Sy vra: “Smaak die kos vir jou lekker?”
2. Hy antwoord: “…”
3. Sy sê vies: “…”
4. Hy sê: “…”
Skryf nou die dialoog in die indirekte rede.
1. Sy vra of die kos vir hom lekker smaak.
2. Hy antwoord dat hy …
3. Sy sê vies dat daar …
4. Hy sê sarkasties of verbaas dat sy dan … Onthou om
aanhalingstekens by die
direkte rede te gebruik.
Kommunikasie
Dialoë: Goeie maniere
Hoe praat ons met mekaar?
Wanneer jy iemand vra hoe dit met hom gaan, sê jy: “Hoe gaan dit met
jou?” Wanneer hy antwoord, kan hy sê: “Goed dankie” of “Ek kan nie
kla nie.”
As jy iemand met iets gelukwens, kan jy sê: “Baie geluk met die prys
wat jy gewen het.” Die persoon kan antwoord en sê: “Baie dankie.”
As jy met iemand wil simpatiseer, kan jy sê: “Ek is jammer om te
hoor van jou slegte nuus.” Die persoon kan antwoord en sê: “Dankie.
Ek waardeer dit.”
Werk in pare en voer die volgende Hoe meer ’n mens
dialoë op. ’n taal praat, hoe
Stem saam met iemand. gouer kry jy dit reg!
• Leerder 1: Sjoe, dis warm vandag.
Leerder 2: Ja, dis ontsettend warm.
• Leerder 1: McCarthy was vandag die beste speler in die span.
Leerder 2: Ek stem saam met jou, hy’t baie goed gespeel.
Verskil van iemand.
• Leerder 1: Mary het drie broers.
Leerder 2: Nee, dit is nie waar nie. Sy het net twee broers.
• Leerder 1: Ek dink Joe is die beste kitaarspeler in die land.
Leerder 2: Ek dink nie so nie, ek hou meer van Sam se spel.
• Leerder 1: Ons moet nog ’n klaskamer bou.
Leerder 2: Ek stem nie saam nie, ek dink ons moet liewer
’n pawiljoen by die sokkerveld bou.

19. Taalstrukture en -konvensies 261

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 261 2013/08/21 9:18 AM


Vra iemand om hulp.
• Leerder 1: Sal jy my help om kos te maak, asseblief?
Leerder 2: Met plesier. Ek gaan net gou my hande was.
• Leerder 1: Ek moet die swaar kas kombuis toe dra. Kan jy my help,
asseblief?
Leerder 2: Ek kan ongelukkig nie. My rug is seer. Die dokter sê ek
mag nie swaar goed optel nie.
Waarsku iemand.
• Leerder 1: Pas op vir die kwaai perd. Hy sal jou skop. Moenie by
die stal ingaan nie.
Leerder 2: Dankie dat jy my gewaarsku het. Vir my lyk die perd
dan so mak.
• Leerder 1: Oppas! Kyk waar jy loop. Daar’s ’n groot gat in die pad.
Leerder 2: Oeps! Amper het ek in die gat geval.
Hoe vra jy of iemand iets wil hê?
• Leerder 1: Wil jy ’n koppie tee hê?
Leerder 2: Ja dankie, ek is baie lus vir tee.
• Leerder 1: Wil jy nog ’n stukkie koek hê?
Leerder 2: Nee dankie, ek het genoeg gehad.
• Leerder 1: Nog ’n skeppie groente?
Leerder 2: Nee dankie, ek is versadig. Ek het regtig genoeg geëet.
Wil jy
nog ’n stukkie
koek hê?

Nee dankie, ek
het genoeg gehad.

262 Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 262 2013/08/21 9:18 AM


Aktiwiteit 32
Kyk na die sinne in kolom A. Watter antwoord in kolom B pas by elke sin?
Kolom A Kolom B
1. Ek dink Orlando Pirates is die a) Dankie. Ek het nie die motor
beste sokkerspan. gesien nie.
2. Wil jy ’n glas koeldrank hê? b) O ja! Ek het ook nog nooit so
3. Kan jy vir my die skinkbord ’n lekker vakansie gehad nie.
dra, asseblief? c) Ek stem nie saam nie. Ek dink
4. Pas op! Daar kom ’n motor. Kaizer Chiefs is ’n beter
5. Dis die lekkerste vakansie wat sokkerspan.
ons nog gehad het. d) Nee, dankie. Ek is nie dors nie.
e) Seker. Gee die skinkbord vir
my.

Lees eers wat ’n mens in die volgende situasies kan sê en doen dan die
oefening.
Hoe bied ’n mens hulp aan?

Kan ek u help?
Is daar enigiets waarmee ek kan help?

Hoe koop ’n mens iets in ’n winkel?

Ek wil graag ’n skryfboek/’n sakkie aartappels hê, asseblief.


Het u miskien ’n liniaal/vars tamaties vir my, asseblief?

Hoe sê ’n mens dat jy van iets hou of nie van iets hou nie?

Hou van Hou nie van … nie


Ek hou van tee. Ek hou nie van tee nie.
Ek hou regtig baie van koffie. Ek hou glad nie van koffie nie.
Ek drink graag koeldrank. Ek drink nooit koeldrank nie.

Hoe vra jy iemand om iets vir jou aan te gee?

Gee vir my die melk aan, asseblief.


Kan ek die konfyt kry, asseblief?

19. Taalstrukture en -konvensies 263

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 263 2013/08/21 9:18 AM


Aktiwiteit 33
Verdeel in groepies van twee en gesels met mekaar. Dink julle eie dialoë
uit.
1. Hoe sal jy vir iemand hulp aanbied:
a) as hy iets in ’n winkel koop?
b) as hy inligting vra? (bv. Waar is die stasie?)
2. Wat sal jy sê as jy die volgende wil koop:
a) skryfbehoeftes?
b) ’n koerant?
c) ’n sakkie aartappels?
3. Wat sal jy sê as jy van die volgende hou:
a) roomys?
b) vakansie?
4. Wat sal jy sê as jy nie van die volgende hou nie:
a) koffie?
b) huiswerk?
5. Hoe vra ’n mens iemand beleef om iets aan te gee:
a) die sout?
b) die botter?

Funksionele skryfaktiwiteite

Hoe skryf ons vir ’n sosiale doel?


Hier volg ’n paar voorbeelde van skryfaktiwiteite waar jy belangrike
lewensvaardighede gaan toepas, bv. aansoek om ’n werk (application for
a job): ’n faks-dekbrief, ’n faksboodskap, ’n CV, ’n aansoekbrief, ’n
e-posboodskap; asook die vaardighede nodig vir die hou van ’n
vergadering (meeting) en die skryf van ’n agenda en ’n notule.
Aansoek om ’n werk
Wanneer ’n mens om ’n werk aansoek doen (to apply for a job), is die
koerant die beste plek om advertensies vir vakante poste te lees. Dit is
belangrik om te weet wat jou belangstellings (interests), kwalifikasies
(qualifications) en sterk punte (strong points) is voordat jy kan besluit
watter werk by jou sal pas.

264 Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 264 2013/08/21 9:18 AM


Aktiwiteit 34: ’n Faks
1. Lees eers die advertensie wat in die skoolkoerant verskyn het hardop.

KELNERS/KELNERINNE As ’n mens in die


benodig vir Jimmy’s Tavern – werk wat geadverteer
Arcadia. Skakel Theo Henning is, belangstel, kan
by 012-653-0015 vir jy drie dinge doen:
’n werksonderhoud. Faks ’n faks stuur, die
verkorte CV na 012-653-0010 plek bel om ’n
of stuur ’n e-pos aan werksonderhoud (job
dave@eastwood.co.za. interview) te reël of
’n e-pos stuur.

2. Lees die faks wat Lerato Tshielo gestuur het nadat sy die advertensie
in Beeld gelees het.
Lerato Tshielo was ’n leerder aan Town View High. Sy het graad 9
geslaag en stel belang in die werk wat sy in die koerant geadverteer
gesien het. Sy stuur dadelik die volgende faks. Lees dit hardop. Let
op die inligting en die boodskap.

POSTNET KEY WEST

FAKSDEKBLAD
Datum: 22 Junie 2013
Aan: Dave Van: Lerato Tshielo
Tel: 012-653-0015 Tel (sel): 084-296-6440
Faks: 012-653-0010 Faks: 011-273-1278

Aantal bladsye: 2

Boodskap:

Ek stel belang in die werk as kelnerin soos in Beeld van 20 Junie


2012 geadverteer is. Ek sluit my CV in en sal u skakel om ’n
werksonderhoud te reël.

19. Taalstrukture en -konvensies 265

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 265 2013/08/21 9:18 AM


3. Lees die advertensie wat in die skoolkoerant verskyn het.

TELEBEMARKERS
word in Maitland, Kaapstad benodig.
Opleiding word verskaf. Skakel Chris
September vir
’n werksonderhoud by
021-548-5247. Stuur CV
per faks na 021-548-4471 of
e-pos dit na
cseptember@telkom.sa.net.

4. Verbeel jou jy wil vir die werk as tele-verkoper aansoek doen. Skryf
nou jou eie faks van 90–100 woorde aan Chris September.

Aktiwiteit 35: ’n Curriculum vitae Curriculum vitae is


Lees eers Lerato Tshielo se curriculum vitae wat die Latynse naam
sy gestuur het en skryf daarna jou eie CV vir die vir ’n lys van jou
werksaansoek as kelnerin. kwalifikasies en jou
werksondervinding,
asook ander
besonderhede wat vir
Curriculum Vitae: ’n aansoek om werk
nodig is.
Lerato Tshielo

PERSOONLIKE BESONDERHEDE:
Van: Tshielo
Voorname: Lerato
Geboortedatum: 2 November 1993
Nasionaliteit: Suid-Afrikaner
Huistaal: Setswana
Ander tale: Afrikaans en Engels
Adres: Oliviastraat 23
Mogalestad
1739
Telefoonnommer: 084-296-6440

266 Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 266 2013/08/21 9:18 AM


KWALIFIKASIES:
Hoërskool: Town View High School
Hoogste graad: Graad 9
Vakke: Tale, Sosiale Wetenskappe, Tegnologie,
Wiskunde, Natuurwetenskappe, Kuns en
Kultuur, Ekonomiese en
Bestuurswetenskappe, Lewensoriëntering

WERKSONDERVINDING:
Naam en adres van huidige werkgewer:
Wimpy
Key Westwinkelsentrum
Paardekraalstraat
Mogalestad, 1739
Telefoonnommer: 011-953-1903
Pos/Beroep: Kelnerin
Datum: Februarie 2014

STOKPERDJIES:
Sport: Netbal
Algemeen: Musiek en kos

REFERENTE:
Skool: 1. Mev. Linda Jones
Voorligtingonderwyseres
Town View High School
Schoemanstraat
Mogalestad, 1739
Telefoonnommer: 011-953-7730
Werk: 2. Mnr. Paul Mentoor
Bestuurder: Wimpy
Key Westwinkelsentrum
Paardekraalstraat
Mogalestad, 1739
Telefoonnommer: 011-953-8478

’n Referent (reference) is iemand soos


jou skoolhoof of vorige werkgewer wat
geskakel kan word om inligting oor jou te
verskaf omdat hulle jou ken of omdat hulle
al saam met jou gewerk het.

19. Taalstrukture en -konvensies 267

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 267 2013/08/21 9:18 AM


Aktiwiteit 36: ’n Aansoekbrief
Lees eers die brief wat Lerato Tshielo geskryf het toe sy om die werk as
kelnerin by Eastwood Tavern aansoek gedoen het. Skryf dan jou eie
aansoekbrief van 140–160 woorde vir die werk as tele-verkoper of enige
werk waarvoor jy aansoek wil doen. Let mooi op na die vorm van die
brief. Let ook op na die formele styl van die sakebrief.

Jou eie
Oliviastraat 23 adres in
MOGALESTAD blokvorm
1739 regs bo.
22 Junie 2014
Reël oop
Die Mnr. Dave Smith
maatskappy Eastwood Tavern
se adres Hamiltonstraat 331
links in
blokvorm. ARCADIA
0083
Reël oop
Aanhef Geagte mnr. Smith
Reël oop
Opskrif VAKATURE: KELNERIN
Reël oop
1e paragraaf Met verwysing na u advertensie in Beeld
van 20 Junie 2014 doen ek hiermee
aansoek om die werk as kelnerin.
Reël oop
2e paragraaf Wat my kwalifikasies en ondervinding
betref, wil ek graag die volgende noem:
In 2013 het ek graad 9 by Town View High
School geslaag. Ek werk op die oomblik
as ’n kelnerin by WIMPY in die Key
Westwinkelsentrum in Mogalestad.
Reël oop
3e paragraaf My belangstellings is musiek en kos. Ek
is baie lief vir mense en hou daarvan om
met die publiek te werk. Ek is ook baie
lief daarvoor om kos te kook en met
nuwe resepte te eksperimenteer. Ek wil
my kwalifikasies verbeter deur ’n kursus
in Hotel en spyseniering te doen.

268 Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 268 2013/08/21 9:18 AM


4e paragraaf Ek sluit my curriculum vitae by hierdie
brief in. Indien u meer oor my werk as
kelnerin wil uitvind, kan u die volgende
referent skakel:
Mnr. Paul Mentoor
Bestuurder: WIMPY
Telefoonnommer: 011-953-8478
Reël oop
Slotparagraaf Ek hoop om spoedig van u te hoor. U kan
met my in verbinding tree by telefoon-
nommer 082-289-9440.
Reël oop
Slot Die uwe

Handtekening
Mej. Lerato Tshielo

Het jy opgelet?
• ’n Mens gebruik die u-aanspreekvorm in ’n sakebrief, nie jy nie.
• Beleefde woorde en frases word gebruik: met verwysing na,
doen ek hiermee, die uwe.

Aktiwiteit 37: ’n E-posboodskap


Deesdae gebruik mense veral die rekenaar
(computer) om met mekaar te Gee die
korrespondeer. Dit staan bekend as e-pos Afrikaans vir from,
(e-mail). In plaas daarvan dat mense vir to, sent, subject
mekaar briewe per pos of fakse per telefoon en message.
stuur, stuur hulle vir mekaar boodskappe of
briewe op die rekenaar.
Elke gebruiker (user) het ’n e-posadres,
byvoorbeeld: fanusdebruin@epos.co.za. ’n
Mens tik net die spesifieke adres, klik op
die stuurknoppie en die boodskap word
binne sekondes na die ontvanger gestuur.

19. Taalstrukture en -konvensies 269

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 269 2013/08/21 9:18 AM


Lees eers die boodskap wat Lerato Tshielo vir meneer Dave Smith by
Eastwood Tavern gestuur het. Kyk mooi na die vorm van die kort
e-posboodskap en die redelik formele styl. Skryf daarna jou eie kort
e-posboodskap van 90–100 woorde vir die werk waarvoor jy wil aansoek
doen.

Vergaderings
Op vergaderings (meetings) kom mense bymekaar om besluite oor
belangrike sake te neem. Wanneer ’n mens ’n vergadering hou, moet
daar ’n agenda wees. Van elke vergadering moet daar ’n notule (minutes)
geskryf word.

270 Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 270 2013/08/21 9:18 AM


Aktiwiteit 38: ’n Agenda ’n Agenda is die lys
Wanneer ’n groep mense ’n vergadering sake wat op ’n vergadering
hou, het hulle ’n agenda of sakelys nodig. bespreek gaan word. Die
1. Lees die punte op die agenda van items op die agenda word
die VSR (Verteenwoordigende genommer.
Studenteraad) van Town View High
School hardop.

AGENDA

1. VERWELKOMING (welcome)

2. PRESENSIELYS (attendance register)

3. VERSKONINGS (apologies)

4. NOTULE VAN VORIGE VERGADERING (minutes of previous


meeting)
4.1 Sake uit notule

5. NUWE SAKE (new matters)


5.1 Dissipline by atletiekbyeenkoms

6. ALGEMEEN (general)
6.1 Netheid van leerders
6.2 Rookprobleem op skoolterein

7. DATUM VAN VOLGENDE VERGADERING (date of next meeting)

8. AFSLUITING (closing)

2. Stel nou jou eie agenda van


90–100 woorde op vir julle
skool se Verteenwoordigende Onthou om
Studenteraad (VSR). die items op
jou agenda te
nommer!

19. Taalstrukture en -konvensies 271

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 271 2013/08/21 9:18 AM


’n Notule is ’n verslag
Aktiwiteit 39: ’n Notule
oor wat op ’n vergadering
Lees eers die notule van die VSR van gebeur. Dit word in die
Town View High School se vergadering teenwoordige tyd geskryf.
wat in die sportsaal gehou is. Skryf daarna
’n notule (90–100 woorde) van ’n
vergadering van die VSR wat by julle skool
plaasgevind het.

NOTULE VAN DIE VERGADERING VAN DIE VSR VAN TOWN VIEW
HIGH SCHOOL GEHOU OP 21 FEBRUARIE 2014 OM 11:00
IN DIE SPORTSAAL

1. VERWELKOMING
Die voorsitter, Bryan Petersen, heet almal welkom.

2. PRESENSIELYS
Al die klasleiers van elke klas in die skool is teenwoordig.

3. VERSKONINGS
Geen

4. NOTULE VAN VORIGE VERGADERING


Die notule van die vorige vergadering word gelees, goedgekeur
en onderteken.
4.1 Sake uit die notule
Geen

5. NUWE SAKE
5.1 Dissipline by atletiekbyeenkoms
Eric Tsidi spreek sy teleurstelling uit oor sommige leerders
se swak gedrag (bad behaviour) by die atletiekbyeenkoms
by Ruimsig en sê dat dit nie weer moet gebeur nie. Norma
Bolton stel voor dat strenger reëls vir dissipline by die
volgende byeenkoms toegepas moet word. Klasleiers moet
die name van die leerders wat hulle swak gedra, neerskryf
sodat hulle gestraf kan word.

272 Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 272 2013/08/21 9:18 AM


6. ALGEMEEN
6.1 Netheid van leerders
Mary Ginwala voel ongelukkig oor die lengte en netheid
van die seuns se hare. Lize Stark stem saam en sê dat die
meisies wat lang hare het se hare ook netjies vasgebind
moet word. Daar word besluit dat Gerald Brown en Sally
Marumo duidelike reëls oor hare vir meisies en seuns
moet opstel sodat netheid verseker kan word.
6.2 Rookprobleem op skoolterrein
Mally Pillay is bekommerd oor die leerders wat gedurende
pouses rook. Daar word besluit dat daar elke dag klasleiers
by die toilette en by die sportpawiljoen aan diens moet
wees om die rokers uit te vang. Detensie sal as straf gegee
word. Baby Zuma sal die toesigrooster opstel.

7. DATUM VAN VOLGENDE VERGADERING


21 Maart 2014

8. AFSLUITING
Die voorsitter bedank almal vir hulle positiewe gesindheid en
sinvolle bydraes.

DATUM: ________________________

VOORSITTER: __________________

SEKRETARIS: ___________________

19. Taalstrukture en -konvensies 273

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 273 2013/08/21 9:18 AM


Spelling en spelpatrone
Vokale (klinkers)
In die alfabet is vyf vokale: a, e, i, o, u. Vokale kan as kort of lang
klanke uitgespreek word.
• Kort vokaalklanke bv.: bos, vet, bus, vis, les, kas, los, vas.
• Lang vokaalklanke word soms met een vokaalletter geskryf, bv.
vader, bene, bure, bome, skape, bote, lepel, vure.
• Lang vokaalklanke word ook soms met twee vokaalletters geskryf,
bv. kaal, been, weer, boom, vuur, skaap.
Konsonante (medeklinkers)
Daar is 21 konsonante (medeklinkers) in die alfabet: b, c, d, f, g, h, j, k,
l, m, n, o, p, q, r, s, t, v, w, x, z.
• Konsonante verdubbel in woorde soos die volgende: penne/
pennetjie, balle/balletjie, busse/bussie, koppe/koppie; sakke/sakkie.
• Die konsonant “c” word min in Afrikaans gebruik; slegs in woorde
soos cowboy en casino wat van ander tale kom, en saam met die “h”
in woorde soos chaos en chemie.
• Die konsonante “q” en “x” word byna nooit in Afrikaans gebruik nie.
• Die konsonante “v” en “w” word anders uitgespreek as in Engels:
“v” soos in vis, voet en venster
“w” soos in water, wind en wêreld.

Aktiwiteit 40
Kies die korrekte spelling tussen hakies.
1. Die klein (meisie/muisie) kom in deur ’n (gatjie/gaatjie) in die
(mier/muur) van die (kombuis/kombys) in die (boor/boer) se
(hys/huis) op die (plas/plaas).
2. Die (klase/klasse) in die (skoole/skole) is baie (grooter/groter) in
die (steede/stede) as op (plase/plasse).
3. Die (mensse/mense) is te (lei/lui) om te werk; (dis/dus) het hulle
nie (geld/gelt) nie en beland in die (moelikheid/moeilikheid).
4. Die (viertien/veertien) (kinners/kinders) het (seergekry/
seurgekry) en hulle het baie (pein/pyn) in hul (beene/bene).
(Hulle het piletjies/pilletjies) van die (dokter/docter) gekry om
te slaap.
5. Die (boxer/bokser) het sy teenstander uitgeslaan. Hy het (qwart/
kwart) voor (twaalf/twelf) die aand in sy (bakie/bakkie) huis toe
gery en in die (bose/bosse) langs die pad twee groot (boke/bokke)
gesien.

274 Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 274 2013/08/21 9:18 AM


Skryftekens
Hierdie tekens is merke wat op vokaalletters in Dit is ’n
sommige woorde geplaas word om te wys hoe die klank spelfout om
waarop dit geplaas word, uitgespreek word. ’n skryfteken
weg te laat.
Deelteken
Hierdie teken wys waar die tweede lettergreep begin
as twee vokaalletters langs mekaar een lettergreep kan
wees, maar twee lettergrepe moet wees, bv. oë, reën,
vlieë, vroeë, Australië, geëet, ruïne, hoë, voël, droë.

Let wel: Geen deelteken op hierdie


woorde nie: dae, oorsee, tweede, vlae. Skryf hierdie
woorde sonder ’n
Kappie
kappie: kombers,
’n Kappie word op ’n vokaal geplaas om te wys
pers, stert, tert,
dit word lank uitgespreek: skêr, blêr, lê, sê, hê,
perd, ster, vlermuis.
brûe, kêrel, wêreld, môre.
Koppelteken (hyphen)
’n Koppelteken is nodig:
• wanneer vokaalletters in woorde langs mekaar
staan, soos bo-op en mossie-eier (sparrow egg)
om die woord meer leesbaar te maak ’n Koppelteken
• in woorde met syfers, simbole, letters en wys dat woorddele
afkortings vooraan, soos graad 9-klas, TV- vas geskryf word
program, R50-noot, 2-literbottel, SMS- as een woord.
boodskap (koppel = to join)
• in woorde waarvan dele herhaal word, soos
lag-lag, praat-praat
• in samestellings met “hulle”, soos my broer-hulle, Abongile-hulle
• in geografiese name soos Klein-Karoo, Bo-Kaap, Verre-Ooste
• in plekname waarin windrigtings (wind directions) gebruik word, bv.
Noord-Kaap, Wes-Europa, Somerset-Oos
• in woorde waarvan ’n deel weggelaat word, staan ’n koppelteken in
die plek van die weggelate deel, soos mans- en vroueklere (in plaas
van die woord “klere”); sokker- en rugbyspanne (in plaas van die
woord “spanne”).
Afkappingsteken (apostrophe)
Die afkappingsteken is nodig:
• in die meervouds- en verkleiningsvorm van woorde wat eindig op
die letters i, o, u en ook ’n lang, beklemtoonde a-klank, bv.

19. Taalstrukture en -konvensies 275

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 275 2013/08/21 9:18 AM


radio’s/radio’tjie, ma’s, pa’s, hoera’s, Zulu’s/Zulu’tjie, Israeli’s/
Israeli’tjie, bikini’s, alibi’s.
Let wel: Daar is nie ’n afkappingsteken in oupas/oupatjie; babas/
babatjie; paddas/paddatjie nie, want die a word nie beklemtoon nie.

• in die meervoud en verkleinwoord van letters en syfers, soos k’s, t’s,


l’e, 3’s,10’e/10’s.

Aktiwiteit 41
Skryf hierdie sinne oor en verbeter al die spelfoute. Onderstreep elke
verbetering.
1. Die ouma’s het die mamma’s se baba’s opgepas toe hulle na die
filmstêr se huis gegaan het.
2. Die graad 10 leerder is in die Bspan wat teen ’n höerskool in
Namibie sokker gespeël het.
3. Thailand is ’n land in Suid-oos Asie. Daar dra die vroue nie saris
soos in Indie nie.
4. Die Swazis kom van Mbabane af en het nooit Sothos daar ontmoet
nie.
5. Ek het vir John hulle ’n epos-boodskap gestuur toe ek hoor hulle het
veilig in Noord-Ierland aangekom.
Die los en vas skryf van woorde
Woorde word soms vas aan mekaar geskryf om ’n nuwe woord
(samestelling) te vorm. Die volgende woorde is
samestellings. Dit kan uit twee of meer woorddele Dis ’n spelfout
bestaan: om dele van ’n
• selfstandige naamwoorde soos huis, skool, samestelling los
stad, speler, rekenaar, venster, wat met ’n ander te skryf.
selfstandige naamwoord verbind word, bv.
koshuis, skoolboek, hawestad, krieketspeler,
skootrekenaar, klaskamervenster
• intensiewe vorme van byvoeglike naamwoorde
en bywoorde, bv. stokoud, vuurwarm, peperduur,
silwerskoon, grasgroen, hondmak
• werkwoorde met “ge-” tussenin in die verlede tyd,
bv. binnegestap, uitgegaan, afgespring, aangekom, gelukgewens,
weggepak, afgeklim
• name van plante en diere soos hierdie: groenmielies,
blouwildebees, grysbok, rooijakkals, geelwortels, witborskraai
• sesuur (six o’clock) en tweeuur/twee-uur (two o’clock), elfuur.

276 Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 276 2013/08/21 9:18 AM


Die volgende word los geskryf:
• tydsduur, soos vyf uur (five hours), ses dae, drie maande, twee weke,
vyf jaar (nie vyf jare nie)
• kleure saam met ’n selfstandige naamwoord, soos geel hoed, pers
armband, blou pen, swart motor, wit stoel
• selfstandige naamwoorde saam met toe wat só gebruik word: Hulle
loop skool toe, maar gaan per taxi huis toe en per trein stad toe.
Die volgende kan los óf vas geskryf word:
• telwoorde: een-en-twintig/een en twintig, vier -en veertig/vier en
veertig, tweehonderd drie-en-dertig/twee honderd drie en dertig
• eiename, soos: Johannesburg Dieretuin//Johannesburg dieretuin/
Johannesburg-dieretuin/Johannesburgdieretuin.
Hoofletters
Skryf die volgende woorde met hoofletters:
• die eerste woord van ’n sin, behalwe die woord ’n
• die spesiale name van mense, diere, plekke, berge, riviere, dae van
die week en maande van die jaar, vakansie- en feesdae, tale, boeke
en skole.
Onthou die volgende:
• Titels word nie in die middel van sinne met ’n hoofletter geskryf nie,
behalwe as dit in die plek van ’n persoon se naam gebruik word, bv.:
Hallo, Ma. Ek was saam met tannie Sandy by dr. Abrahams. Hy sê
oom Paul is nie siek nie, maar Oupa en sersant Vos is siek.
• Die lidwoord ’n word nooit met ’n hoofletter geskryf nie.

Aktiwiteit 42
Skryf die sinne oor en verbeter die foute. Hoofletters ontbreek en
sommige woorde moet los van mekaar of vas geskryf word. Onderstreep
verbeterings.
1. Gister het ons onderwyser, mnr. peter simons ons huis werk na
gesien en gesê ons moet vanoggend tien uur na sy kantoortoe kom.
Hy wil met ons praat voor ons huistoe gaan van middag.
2. Toe my ma en pa maandag by ouma en oupa gaan kuier het, was
oom percy ook daar. Hy het vir hom ’n nuwe sport motor gekoop.
3. Ek eet nie groen boontjies nie, maar hou van gebakteboontjies,
geel-wortel slaai en boere wors rolle.
4. Gister het ons vroeg opgestaan en pa geluk gewens met sy
verjaardag. Ons het mooiverjaardag kaartjies vir hom gemaak.
5. Al die graad neges gaan saterdag fliektoe.

19. Taalstrukture en -konvensies 277

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 277 2013/08/21 9:18 AM


Voorbeeldvraestelle: Halfjaareksamen
Vraestel 2: Leesbegrip, Taal en Opsomming
Tyd: Twee uur Totaal: 30 punte

Instruksies
1. Beantwoord al die vrae.
2. Nommer soos op die vraestel.

AFDELING A
Leesbegripstoets

D
Lees die onderstaande artikel deur en beantwoord die vrae wat volg.

Ollie skok toeriste!


1.

E L
’n Verwoede olifantbul het een van die toeriste in die Krugerwildtuin

E
se motor Maandagoggend omgegooi. Minute nadat die olifant dié

B
Britse paartjie se motor omgerol het, het hy sowat 100 m verder in
die pad nog ’n motor aangeval en opgelig. Hulle was so bang nadat

R
die olifant hulle motor omgegooi het dat die paartjie twee dae lank
nie hul ruskamp verlaat het nie.

O
2. “Toe ek om die draai kom, was die ou grote reg voor ons. Hy het

O
aangeloop na ons en ek het van die pad afgetrek.” Volgens die man
het die olifant verby hulle geloop. “Toe ek omkyk, sien ek net hy

V
stap op die motor af, druk sy tand teen my verloofde se deur en rol
die motor om. Dit was vreesaanjaend en ek het net gedink: Maar
dit kan nie moontlik wees dat dit gebeur nie.” Sy verloofde het ligte
beserings en kneusplekke opgedoen.
3. Mense wat agter hulle gery het, het personeellede van die Lukimbi
Safari Lodge in die wildtuin ontbied. “Ons was baie bang en is net
bly dis verby. Maar ons het darem ’n lekker storie om eendag aan
die kleinkinders te vertel,” het die Britse man gesê. Die geskokte
paartjie was gisteroggend te bang om alleen uit die wildtuin te ry en
moes van veldwagters vergesel word.
4. Die olifant het ook ’n tweede motor getakel. Die dier het in ’n
stadium sy tand onder die Chevrolet Spark ingedruk, die motor
opgelig en op die grond neergegooi. Die Amerikaanse motoris het
verstar agter die stuurwiel gesit en prewel terwyl die olifant die

278 Voorbeeldvraestelle: Halfjaareksamen

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 278 2013/08/21 9:18 AM


motor ’n paar keer bestorm het. Die mense in die ander motors
het nie geweet wat om te doen nie. Veldwagters van die wildtuin
vermoed dat die dier dalk ’n abses in sy tand gehad het.
(Verwerk uit: Beeld, 15 November 2012)

Vrae
1.1 Kies die korrekte antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die
nommer en die antwoord neer.
“Ollie skok toeriste” beteken dat die olifant ...
A die mense met sy slurp getakel het.

D
B die mense ’n elektriese skok gegee het.
C die vreeslik opgewonde mense vermaak het.

L
D iets gedoen het wat die toeriste skrikgemaak het. (1)

E
1.2 Haal EEN woord in paragraaf 1 aan wat sê dat die olifant

E
woedend was. (1)
1.3 Is die volgende stelling waar of onwaar? Gee ’n rede vir jou

B
antwoord.

R
Die Britse paartjie het gou weer ontspan na hulle onderonsie
met die olifant. (2)

O
1.4 Noem TWEE dinge wat die Britse vrou tydens die voorval

O
oorgekom het. (1)
1.5 Wie moes saam met die paartjie uit die wildtuin gery het? (1)

V
1.6 Hoe weet jy dat die Britse man nie gou van sy ervaring gaan
vergeet nie? (1)
1.7 Van watter land het die tweede slagoffer van die olifant gekom? (1)
1.8 Stem jy saam dat olifante gewoonlik motors bestorm? Gee ’n
rede vir jou antwoord. (1)
1.9 Hoe sou jy gevoel het as ’n olifant julle motor in die wildtuin
aangeval het? Gee ’n rede vir jou antwoord. (1)
Totaal Afdeling A: 10
AFDELING B
Taal in konteks
Die taalvrae wat volg, is op die artikel hierbo gebaseer.
2.1 Gee die intensiewe vorm van die vetgedrukte woord.
Die mense was bang vir die olifant. (1)
2.2 Gee die meervoud van die woord tussen hakies.
Die mense was so verskrik dat hulle na ander (pad) gesoek het. (1)

Vraestel 2: Leesbegrip, Taal en Opsomming 279

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 279 2013/08/21 9:18 AM


2.3 Skryf die onderwerp en die voorwerp in die volgende sin neer.
Die olifant het ook ’n tweede motor getakel. (1)
2.4 Skryf die sin oor in die lydende vorm.
Die kwaai olifant het die motor omgegooi. (1)
2.5 Verdeel die vetgedrukte woord in lettergrepe.
Die Amerikaanse motoris het verstar agter die stuurwiel gesit. (1)
2.6 Vorm ’n samestelling van die woorde tussen hakies.
Die toeris het bang agter die (motor + stuur + wiel) gesit. (1)
2.7 Gee die verkleinwoord van die woord tussen hakies.
Dis verstommend dat die olifant die (kar) omgekeer het. (1)
2.8 Skryf die volgende sin oor in die verlede tyd.
Die olifant het ’n abses in sy tand. (1)

D
2.9 Skryf die sin oor in die infinitief.

L
Olifante moet nooit motors bestorm nie.

E
Begin só: Olifante behoort ... (1)
2.10 Beantwoord die vraag in die ontkennende vorm.

E
Het jy al ooit so ’n eienaardige storie gehoor? (1)

B
2.11 Skryf die volgende sin in die indirekte rede.

R
Die veldwagter het gesê: “Ek het hier na die olifant gestaan
en kyk.” (1)

O
2.12 Verbind die volgende sinne met die voegwoord tussen hakies.

O
Volgens die man het die olifant verby hulle geloop. Hy het hulle
bestorm. (daarna)

V
Begin só: Volgens die man ... . (1)
2.13 Verander die volgende stelsin in ’n vraagsin. Die onderstreepte deel
is die antwoord.
Veldwagters van die wildtuin vermoed dat die dier dalk ’n abses in
sy tand gehad het. (1)
2.14 Gee die oortreffende trap van die woord tussen hakies.
Dit was die (kwaai) olifant wat die toeriste al ooit gesien het. (1)
2.15 Gee die kern en die bepaler van die volgende sin.
Die veldwagters het die bang en verbouereerde paartjie gehelp. (1)
Totaal Afdeling B: 15

280 Voorbeeldvraestelle: Halfjaareksamen

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 280 2013/08/21 9:18 AM


AFDELING C
Opsomming
• Som die hoofgedagtes van die volgende teks in ses sinne op.
• Skryf elke hoofgedagte in ’n volsin neer.
• Skryf die sinne puntsgewys onder mekaar neer.
• Laat ’n reël tussen die sinne oop.
• Jou opsomming moet 50–60 woorde lank wees.
• Dui die KORREKTE aantal woorde aan die einde van die opsomming
aan.
Wat is die regte manier van verloor vir ’n goeie sportman of sportvrou?

D
1. Om te wen is heerlik, maar hoe gemaak as jy die dag verloor?

L
Natuurlik is dit ’n teleurstelling om te verloor, maar jy kan leer hoe
om in so ’n situasie te reageer. Eers sal dit moeilik gaan, maar later

E
gaan dit makliker wees om positief te wees.

E
2. Kalmeer jouself deur vir jou en jou spanmaats daaraan te herinner

B
dat julle jul harte uitgespeel en die beste gedoen het wat julle kon.
Dis altyd moontlik om later met oefening te verbeter.

R
3. Dit is belangrik dat jy saam met jou span vergader sodat julle die

O
ander ouens kan gelukwens. Besluit of julle hulle hande wil skud of
hulle ’n “Vat vyf!” wil gee.

O
4. Moenie op die veld in trane uitbars nie. Dit is regtig nie goeie

V
maniere nie. Wag tot jy van die veld af is voordat jy huil of kla.
5. Dit sal help as jy met jou spanmaats en afrigter gesels. Jy sal nie
meer so ontsteld voel soos toe die wedstryd net klaar was nie. Dis
belangrik om altyd jou beste te gee, want dit laat jou positiewer voel
as jy weet jy het jou beste probeer.
6. Dis belangrik dat jy die wedstryd moet geniet omdat jy dan trots kan
wees op wat jy bereik het. Dit sal die lekker wegvat as jy die heeltyd
daaraan dink dat jy die ander span moet wen.
7. Jy moet nooit ’n spanmaat blameer of verskonings soek as jou span
verloor het nie. Probeer leer uit die foute wat julle gemaak het.
(Verwerk uit: Hoezit, Augustus 2012)
Totaal Afdeling C: 10 ÷ 2 = 5
Groottotaal: 30

Vraestel 2: Leesbegrip, Taal en Opsomming 281

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 281 2013/08/21 9:18 AM


Vraestel 3: Skryf: Opstel en transaksionele teks
Tyd: Een uur Totaal: 30 punte
Instruksies en inligting
1. Die vraestel bestaan uit twee afdelings.
2. Beantwoord EEN vraag uit Afdeling A: Opstel.
3. Beantwoord EEN vraag uit Afdeling B: Transaksionele teks.
4. Nommer jou skryfstukke presies soos op die vraestel.
5. Skryf netjies en leesbaar.
6. Jy moet jou skryfstukke beplan en redigeer.

AFDELING A

D
Opstel

L
• Kies EEN van die volgende onderwerpe en skryf tussen 210 en 250

E
woorde daaroor.
• Skryf die nommer en die titel van die opstel boaan.

1. ’n Kinderstorie

B E
Skryf jou eie storie vir klein kindertjies oor ’n goeie, slim olifant.

R
Gee die dier ’n naam en gebruik die naam as titel vir jou

O
skryfstuk. (20)
OF

O
2. Hiersonder sou ek nie kon klaarkom nie

V
Waarsonder sou jy glad nie in jou lewe kan klaarkom nie?
Musiek, jou selfoon, jou rekenaar, boeke?
Skryf ’n opstel oor die dinge wat vir jou die meeste beteken
in die lewe. (20)
OF
3. ’n Onderwyser wat ek nooit sal vergeet nie
Skryf ’n opstel oor ’n onderwyser wat jy nooit sal vergeet nie.
Probeer om die persoon so interessant moontlik te beskryf. (20)
OF
4. Die slegte nuus
Hier is die inleiding van ’n storie:
Toe Jana haar selfoon afskakel, het haar hande gebewe. Moet sy
glo wat haar vriendin nou net vir haar vertel het? Wat kan sy doen?

282 Voorbeeldvraestelle: Halfjaareksamen

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 282 2013/08/21 9:18 AM


Met wie moet sy gaan praat oor die slegte nuus?
Gebruik dit as jou eerste paragraaf en skryf dan self die res van
die storie. (20)

AFDELING B
Transaksionele teks
Kies EEN van die volgende onderwerpe en skryf 140 tot 160 woorde
daaroor. Skryf drie bladsye vir ’n dialoog.
OF

D
1. ’n Gesprek (dialoog)

L
Skryf ’n dialoog waarin twee tieners met mekaar gesels. Die seun
vra die meisie om saam met hom na ’n partytjie by een van sy

E
vriende se huis te gaan. (10)

E
OF

B
2. ’n Brief
Skryf ’n brief aan jou eie ma waarin jy sê hoeveel sy vir jou

R
beteken en hoe baie jy waardeer wat sy vir jou doen. (10)

O
OF
3. ’n Resensie

O
Skryf ’n resensie oor enige fliek wat jy onlangs gesien het.

V
Jy moet kortliks sê waaroor dit gaan en of dit die moeite
werd is om daarna te gaan kyk of die DVD daarvan uit te neem. (10)
OF
4. ’n Verslag
Jy en ’n maat het ’n mondelinge kontrak aangegaan. Daar was
egter groot probleme omdat julle mekaar verkeerd verstaan het.
Skryf ’n verslag aan die hoof van julle skool oor die kontrak
wat verkeerd tussen julle twee verloop het en hoe julle die
probleem opgelos het. (10)

Totaal vir Afdeling A en Afdeling B: 30

Vraestel 3: Skryf: Opstel en transaksionele teks 283

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 283 2013/08/21 9:18 AM


Voorbeeldvraestelle: Jaareindeksamen
Vraestel 1: Mondelinge assesseringstake

• Die punte van die vraestel word saamgestel deur assessering wat
deur die jaar versamel word.
• Sien Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring Senior Fase
bl. 122, 128 en 129.
• Kies uit die lys EEN praat-, EEN hardoplees- en EEN luisteraktiwiteit.

Kwartaal Vaardigheid Taak Bl. in Punt


LB
1. 1 Luister en Voorbereide 7 10

D
praat gesprekvoering

L
2. 1 Luister en ’n Sportartikel/sportberig 21 15
praat

E
3. 2 Luister en ’n Groepbespreking 75 10

E
praat

B
4. 2 Luister en Onvoorbereide lees 85 10
praat

R
5. 3 Luister en ’n Mondelinge aanbieding 159 10
praat

O
6. 3 Luister en ’n Rolspel 174 10

O
praat
7. 4 Luister en Luisterbegrip: Twee tekste 185 15

V
praat
8. 4 Luister en Hou ’n paneelbespreking 197 10
praat
Totaal 30

284 Voorbeeldvraestelle: Jaareindeksamen

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 284 2013/08/21 9:18 AM


Vraestel 2: Leesbegrip, Taal en ’n Opsomming
Tyd: Twee uur Totaal: 30 punte
Instruksies
1. Beantwoord al die vrae.
2. Nommer soos op die vraestel.

AFDELING A
Leesbegripstoets

D
Vraag 1

L
Lees die artikel baie goed deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

Voël sê “hallo” en laat rowers “koebaai”

E E
B
’n Vrou is oortuig daarvan dat hul gryspapegaai, Didie, se “hallo” die
inbrekers só laat skrik het dat hulle gevlug het. Dié verhaal het vroeg een

R
oggend in Kempton Park gebeur.

O
“Dit was so vyfuur, toe hoor ek die ruit van die skuifdeur na buite breek.
Ek het my seun wakker gemaak en ons het ons in die badkamer gaan

O
toesluit,” vertel die vrou, wat anoniem wil bly. “Na die geraas was daar
so ’n rukkie stilte. Toe klap die skote. Na drie skote was dit weer stil,”

V
sê sy.
“’n Rukkie later, toe niks verder gebeur het nie, is ons uit die badkamer
en het alarm gemaak. Binne ’n paar minute was die polisie hier en was
baie behulpsaam.”
Volgens ao. Cobus Holloway, polisiewoordvoerder, kon hulle eers nie
agterkom wat gebeur het nie. “Die een koeël was bo teen die muur,
amper in die plafon en die ander een in die teenoorgestelde rigting
deur die gordyne. Maar ons kon nie uitwerk hoekom die rowers
geskiet en gevlug het nie. Die DVD-speler en die TV het by die gat in
die skuifdeur gelê, maar niks is gesteel nie. Jy kon sien die manne is
blitsvinnig daar uit.”
Tydens sy gesprek met die vrou het sy skielik besef dit kon net die
papegaai gewees het wat die rowers so laat skrik het. “Ons het Didie
by mense gekry wat hom nie meer kon aanhou nie. Ons is al die sesde
eienaars en hy is nie mak nie. Sy hok is so twee tree van die deur waar
die rowers ingekom het.”

Vraestel 2: Leesbegrip, Taal en ’n Opsomming 285

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 285 2013/08/21 9:18 AM


“Ons gooi hom elke aand met ’n kombers toe. Ek dink toe hy die
inbrekers hier langs hom hoor, toe groet hy maar net met sy gewone
‘hallo’. Hy sê dit in so ’n diep, swaar stem. Hulle het seker gedink hier
staan die duiwel langs hulle. Hulle het toe skote in die lug geskiet en is
met ’n hoë spoed daar uit.”
Wolfram Zwecker
(Verwerk uit: Beeld, 18 Julie 2012)

Vrae
1.1 Waarvan het die vrou wakker geword? (1)
1.2 Waar het die inwoners van die huis gaan wegkruip? (1)
1.3 Hoe weet ons die vrou wil nie hê die lesers en die diewe moet
weet wie sy is nie? Gee drie opeenvolgende woorde uit die

D
leesstuk as jou antwoord. (1)

L
1.4 Is die volgende stelling waar of onwaar? Bewys jou antwoord.

E
Die vrou praat sleg van die polisie. (1)
1.5 Wat het die polisie gepla toe hulle die misdaadtoneel

E
ondersoek? (1)

B
1.6 Groet die papegaai gewoonlik die huismense? Motiveer jou
antwoord. (1)

R
1.7 Wat, dink jy, het die diewe gedink toe hulle die stem hoor? (1)

O
1.8 Is die letterlike of figuurlike betekenis in die volgende sin
gebruik?

O
“Hulle het seker gedink hier staan die duiwel langs hulle.” (1)

V
1.9 Wie was die held in die verhaal? (1)
1.10 Verduidelik in jou eie woorde wat die titel en veral die twee
woorde tussen aanhalingstekens beteken. (1)
Totaal Afdeling A: 10

(Uit: Beeld. www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/


Voel-se-hallo-en-laat-rowers-koebaai-20120717)

286 Voorbeeldvraestelle: Jaareindeksamen

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 286 2013/08/21 9:18 AM


AFDELING B
Taal

Vraag 2
Kyk goed na die spotprent en beantwoord daarna die taalvrae wat
daarop gebaseer is

D
(Uit: Beeld, 19 Julie 2012)

2.1 Noem nog twee ander troeteldiere wat ’n mens in ’n


troeteldierwinkel kan koop.

E L (½ + ½)

E
2.2 Kies die woord wat wys hoe die sekuriteitsbeamptes voel.

B
Hulle is (vies/gelukkig/bly) dat almal papegaaie koop. (1)
2.3 Gee die korrekte vorm van die deelwoord tussen hakies.

R
Daar is (wapen) polisiemanne in die kar. (1)

O
2.4 Skryf die getal tussen hakies voluit.
Die sekuriteitswagte is (24) uur aan diens. (1)

O
2.5 Kies die korrekte voorsetsel tussen hakies.

V
Die mense staan (aan/agter/langs)mekaar in ’n ry. (1)
2.6 Gee die meervoud van die woord tussen hakies.
Daar is vyf (voëlhok) in die spotprent. (1)

Vraestel 2: Leesbegrip, Taal en ’n Opsomming 287

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 287 2013/08/21 9:18 AM


2.7 Gee die regte vorm van die woord tussen hakies.
Al die (koop) van die papegaaie is tevrede met hulle inkopies. (1)
2.8 Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies.
Dis ’n (koud) dag, want die mense dra serpe. (1)
2.9 Gee die verkleining van die woord tussen hakies.
Die motor se (wiel) lyk pap. (1)
2.10 Verander die stelsin in ’n bevelsin.
Jy koop ’n papegaai. (1)
2.11 Skryf die sin oor, maar rangskik die woorde tussen hakies in die
korrekte woordorde.
Die motor (die troeteldierwinkel)(het)(voor)(gister) stilgehou.
Begin so: Die motor ... (1)
2.12 Skryf die sin oor in die infinitief.

D
Die diewe behoort nie (steel) nie. (1)
2.13 Skryf die sin oor in die lydende vorm.

L
Die man het twee papegaaie gekoop. (1)

E
Begin so: Twee papegaaie ...

E
2.14 Skryf die sin oor in die toekomende tyd.
Die een man glimlag van oor tot oor. (1)

B
2.15 Verbind die sinne met die woord tussen hakies.

R
Didie, die papegaai, het die diewe weggejaag.
Almal koop nou papegaaie. (daarom) (1)

O
Totaal Afdeling B: 15

V O

288 Voorbeeldvraestelle: Jaareindeksamen

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 288 2013/08/21 9:18 AM


AFDELING C
Opsomming

Vraag 3
Lees die teks hieronder en voer die instruksies uit.

Instruksies
1. Lees net die inleidingsparagraaf. Jy moet dit nie opsom nie.
2. Gee SES wenke hoe om minder skaam te wees.

D
3. Nommer jou sinne van 1 tot 6.
4. Jou opsomming moet 50–60 woorde wees.

L
5. Skryf die korrekte getal woorde aan die einde van jou opsomming

E
neer.

E
Wees minder skaam

B
As jy wens dat jy minder skaam is en meer selfvertroue het, mag die

R
volgende wenke jou miskien help.
1. As vreemde mense by ’n partytjie met jou gesels, luister wat hulle

O
wil sê. Moenie gaan wegkruip nie. Hoor wat hulle te sê het en
probeer om met hulle te praat, al dink jy jy het niks vir hulle te

O
sê nie.

V
2. Word deel van ’n spansport soos netbal, hokkie of rugby. Omdat jy
en die spanlede almal in dieselfde span is, sal dit makliker wees om
met hulle te praat.
3. Verander jou voorkoms. Laat jou hare sny en koop nuwe klere. Jy
gaan dadelik anders lyk en sommer beter oor jouself voel.
4. Oefen om al die dinge wat jou skaam maak te verbeter. Oefen
om daaraan te werk. As jy byvoorbeeld met iemand in jou klas
wil gesels, moet jy dit ’n klomp keer voor die spieël oefen tot jy
gemaklik daaroor voel.
5. Skryf al jou sterk punte neer op plekke waar jy dit elke dag kan sien.
Jy sal dan makliker aan jouself begin glo.
6. Gesels met nuwe mense oor dinge waarvan jy baie weet. Dit sal
verseker dat jy met selfvertroue daaroor kan praat. So sal jy die
geselskap aan die gang kan hou as dit moet.
7. Probeer om liewer deel te wees van ’n klein groepie vriende. ’n
Groot klomp mense kan jou miskien net meer in jou dop laat kruip.
Totaal Afdeling C: 10 ÷ 2 = 5
(Verwerk uit: www.jip.co.za, 1 November 2012)

Vraestel 2: Leesbegrip, Taal en ’n Opsomming 289

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 289 2013/08/21 9:18 AM


Vraestel 3: Skryf: Opstel en transaksionele teks
Tyd: Een uur Totaal: 30 punte
Instruksies en inligting
1. Die vraestel bestaan uit twee afdelings.
2. Beantwoord EEN vraag uit Afdeling A: Opstel.
3. Beantwoord EEN vraag uit Afdeling B: Transaksionele teks.
4. Nommer jou skryfstukke presies soos op die vraestel.
5. Skryf netjies en leesbaar.
6. Jy moet jou skryfstukke beplan en redigeer.

AFDELING A

D
Opstel

L
• Kies EEN van die volgende onderwerpe en skryf tussen 180 en 210
woorde daaroor.

E
• Skryf die nommer en die titel van die opstel boaan.

1. Kind in rolstoel se dapper daad

B E
Lees hierdie koerantopskrif, vertel wat gebeur het en waarom

R
hierdie kind iets dappers gedoen het. (20)

O
OF
2. Die rol van musiek in my lewe

O
’n Mens kan nie dink dat daar ’n wêreld sonder musiek is nie.

V
Skryf ’n opstel met die titel Die rol van musiek in my lewe. (20)
OF
3. Dit was nou spesiaal
Beskryf ’n sportbyeenkoms wat jy bygewoon het, of waaraan jy
self deelgeneem het en wat vir jou spesiaal was, byvoorbeeld
’n atletiekbyeenkoms, ’n sokker- of hokkiewedstryd, of ’n
skaatsplankkompetisie.
Skryf ’n opstel oor wat jy gedurende die byeenkoms gesien,
gehoor, gevoel of geruik het. (20)
OF
4. My toekomsdrome
Ons het almal drome of ideale vir die toekoms – dinge wat ons
graag wil sien gebeur in ons lewe.
Skryf ’n opstel met die titel: My toekomsdrome. (20)

290 Voorbeeldvraestelle: Jaareindeksamen

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 290 2013/08/21 9:18 AM


AFDELING B
Transaksionele teks
Kies EEN van die volgende onderwerpe en skryf tussen 140 en 160
woorde daaroor. Skryf drie bladsye vir ’n dialoog.

1. ’n Verslag
Skryf ’n verslag vir die polisie oor een van die volgende insidente
wat jy sien gebeur het:
• ’n Vrou se selfoon en beursie is deur ’n dief gesteel.
• ’n Seun se sportsak is op ’n trein gesteel. (10)

D
OF

L
2. ’n Brief

E
Skryf ’n brief aan jou skoolkoerant waarin jy sê dat klein

E
motorfietsies gevaarlike rygoed is. (10)
OF

B
3. ’n Gesprek (dialoog)

R
Dikwels baklei of stry kinders in ’n gesin met mekaar oor allerhande

O
dinge. Skryf ’n dialoog tussen ’n broer en ’n suster (of twee susters/
twee broers) waarin hulle argumenteer oor ’n saak waaroor hulle

O
nie saamstem nie. (10)

V
OF
4. ’n Pamflet
Jy behoort aan ’n organisasie wat mense wil aanmoedig om
afvalprodukte, soos papier, plastiek, blikke en bottels, te herwin.
Skryf ’n pamflet wat by huise in die omgewing afgelewer kan word
waarin jy volledig sê:
• waarom dit belangrik is om te herwin
• watter soort afvalprodukte herwin kan word
• waar die plek is waarheen die afvalprodukte geneem
kan word. (10)
Totaal vir Afdeling A en Afdeling B: 30

Vraestel 3: Skryf: Opstel en transaksionele teks 291

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 291 2013/08/21 9:18 AM


Woordelys
aandag: attention; om op te let en gevoelens: emotions; emosies, dit
jou gedagtes by iets te hou wat ’n mens voel
afspraak: appointment; reëling of geweld: violence; mag gebruik om
ooreenkoms om iemand te seer te maak of om te vernietig
ontmoet gewoontes: habits; om dieselfde
bekommerd: worried; vol ding op dieselfde manier te
kommer en onrustig wees, doen
besorg wees glo: believe; as die waarheid
belangstelling: interest; jou aanvaar
meelewing of betrokkenheid by gulsig: greedy; vraatsugtig of
iets oorgretig (om te eet)
beseer (beseerde): injured; helm: helmet; harde soort hoed
seermaak, wond wat jou kop beskerm
biblioteek: library; plek waar baie juwelier: jeweller; iemand wat
boeke gehou word wat ’n mens juwele maak
kan uitneem of leen om te lees
konsertkaartjie: concert ticket; ’n
boekwurm: bookworm; iemand bewys dat jy vir ’n konsert
wat baie van lees hou betaal het en dit mag bywoon
dekbrief: cover letter; ’n brief wat lafaard: coward; bangbroek,
die inhoud van die ingeslote iemand wat wegloop van gevaar
inligting verduidelik
leesteken: punctuation mark;
flapteks: blurb; besonderhede oor kommas, punte, dubbelpunte,
die inhoud op die buiteblad van aandagteken
’n boek
naggeluide: night sounds; klanke
geduld: patience; om moed te hou wat jy snags hoor
of te wag sonder om te kla
nutteloos: useless; iets wat geen
geheue: memory; dit wat jy nut of waarde het nie
onthou
nuuskierig: curious; om graag iets
geleentheid: opportunity; ’n kans te wil weet of uit te vind
om iets te doen
ondervinding: experience;
geluid: noise; klank wat jy hoor ervaring
gespanne: stressed; gestres, nie ongeveer: approximately; omtrent
ontspanne nie

292 Woordelys

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 292 2013/08/21 9:18 AM


onverwags: unexpected; skielik, veilig: safe; iets wat geen gevaar
iets wat jy nie verwag het nie inhou nie
piering: saucer; klein bordjie verbeelding: imagination;
waarin jy jou teekoppie sit prentjies of voorstellings wat jy
senuweeagtig: nervous; onrustig, in jou gedagtes maak
as jy op jou senuwees is verlig: relieved; minder swaar of
skeidsregter: referee; persoon wat pynlik maak
’n wedstryd beheer en die vernietig: destroy; van kant maak,
fluitjie blaas verwoes
skors: expell; tydelik laat ophou of verpligtend: compulsory;
verbied om iets te doen dwingend, iets wat ’n mens
strykorkes: string orchestra; orkes moet doen
wat strykinstrumente soos viole volmaak: perfect; perfek
en tjello’s speel voorkoms: looks; hoe iets of
teenstelling: contrast; kontras, iemand lyk
twee dinge wat die omgekeerde vyand: enemy; nie ’n vriend nie,
van mekaar is teenstander
treffend: striking; iets wat die waarskuwing: warning; iets wat
aandag trek jou waarsku of laat oplet oor
uitdagend: challenging; wat jou gevaar
aanmoedig om iets moeiliks aan wakker: awake; nie slaap nie
te pak
winkelier: shopkeeper; iemand wat
vakansiegangers: holiday makers; ’n winkel besit en bestuur
mense wat vakansie hou

Woordelys 293

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 293 2013/08/21 9:18 AM


Indeks
A informele briewe 22, 153 feite 38, 43, 50, 85–86, 88, 131,
sakebriewe 268, 269 154, 189, 200, 215, 254
aanhalingstekens 52, 63, 155,
brosjures 70, 71 figuurlike betekenis 55, 67, 69,
163, 174, 190, 259–261
buiteblaaie 2–4 75, 127–128, 145, 155, 176,
aanwysende voornaamwoorde 187, 210
67, 179 bysinne 129, 144
flaptekste 2, 3
advertensies 9–13, 111–118, byvoeglike naamwoorde 7–8,
19, 99, 140, 161, 169, 231, formele taalgebruik 36, 38,
120, 188, 200–201, 215,
242–245 58–59, 92, 98, 141, 153, 173,
264–266
180–181, 246, 268, 270
afkappingstekens 63, 238, bywoorde 52, 129, 155, 190,
230, 231, 276 foto’s en opskrifte 16, 66, 209
275–276
afkortings 7, 20, 28, 36, 42, 50,
C G
73, 88, 94, 118, 144, 201, 233,
275 curriculum vitae (CV), 141, gedigte 48, 64, 79, 86, 128, 166,
afleidings 11, 72, 101 192–193, 264–266, 269 175, 189, 217
agendas 104, 180–181, 184, As Lara glimlag 100
264, 270–271 D Avonturier 217
agtervoegsels 23, 24, 72, Beste vriende 150
dagboekinskrywings 80–81,
88–89, 94, 101, 239 Daar’s ‘n liedjie 199
214, 227
akronieme 20, 36, 88, 89 die Blackberry en die duif
debatvoering 146–147
alliterasie 25, 33, 65, 67, 79, 166
deeltekens 63, 178, 275
139, 151, 173, 217 Die verhaal van David de
deelwoorde 127, 132
antonieme 9, 120, 140, 144, Waal 32
determineerders 231, 240, 241
169, 188, 194, 206, 221 Die wonder van ‘n boom 79
dialoë 30, 45, 174, 198, 227,
artikels 18–19, 21, 62, 66, Gedig 48
261–262
87–89, 94, 102, 106, 185 Groen 176
direkte rede 24, 28, 39, 41, 52,
assonansie 33, 67, 151, 217 My ma se varsgebakte
79, 94, 118, 138, 155, 190,
attributiewe byvoeglike naam- brood 189
228, 259–261
woorde 161, 242–243 Sal daar nog ysbere wees?
dramas 106, 107, 176–178
86
dubbelpunte 155, 163, 174, 190
B Sportmanne 25
basisvorme 23, 72, 101 Stille Nag Heilage Nag 119
bedrywende vorm 192, 257 Uitveër 128
E
bepalings 129 Vullisblikmentaliteit 172
e-posboodskappe 24, 141,
besitlike voornaamwoorde 59, Werkende vrou 64
166–167, 192, 201, 204, 205,
179, 246 gesprekke, opsomming van 152
264–266, 269, 270
betekenisverandering van gesprekvoering 7, 56, 108,
eiename 24, 34, 167, 179, 216,
woorde 210 138, 152, 191, 197, 203, 208,
233, 277
betreklike voornaamwoorde 220–221, 227
enkelvoud 234, 235
127, 246, 247, 248 klasgesprek 56, 208
enkelvoudige sinne 20, 28, 43,
bevelsinne 190, 229 onderhandelingsgesprek
51, 54, 62
briewe 22–23, 141, 153, 192, 124, 125
eufemisme 27
193, 268, 269 telefoongesprek 108, 221
aansoekbriewe 192–193, gevoelstaal 205
F
264, 268–269 grapprente 156, 221, 260
dekbriewe 141, 264 fabels 174, 185 groepbesprekings 3, 56, 75,
faksdekblaaie en -boodskappe 103, 220
264–266

294 Indeks

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 294 2013/08/21 9:18 AM


H Million skrik groot 76–77 metonimia 114
Rooikoos hardloop die myl mondelinge aanbiedings 47, 62,
handelsname 110, 111
26–27 116, 159
homofone 129, 132, 140
Thabo, die entrepreneur van
homonieme 140, 163, 164, 210 Port Elizabeth 186 N
hoofletters 10, 12, 24, 28, 34, Tsjaka en die swartmamba
42, 68, 82, 139, 167, 205, 211, naamwoorde 233
212–213
233, 241, 277 neologismes 114
Vyande word vriende
hoofwerkwoorde 93, 216 notules 104, 180–181, 184, 264,
148–149
hulpwerkwoorde 51, 93, 190, 270–273
216, 251–252 L
O
lees
I omskrywings 171, 178–179,
jeugverhaal 4–5 182, 216–217
idiome 19, 27, 30, 34, 42, 45,
onvoorbereide lees 85 onbepaalde voornaamwoord
52, 67, 81, 94, 101, 155, 169,
pre-lees 4, 10, 18, 25, 26, 32, 179
178, 182
34, 40, 46, 48, 49, 60, 64, onderhandelinge 125
illustrasies 3–4, 19, 112, 113,
76, 86, 87, 90, 100, 106,
117, 168, 200 onderhoude 58, 134, 198, 265,
119, 124,126, 128, 130,
indirekte rede 24, 39, 41, 42, 52, 266
136, 138, 142, 148, 150,
54, 93, 132, 135, 155, 163, 151, 162, 166, 172, 175, ondersteunende sinne 57
169, 190, 194, 228, 259–261 176, 186, 199, 200, 202, onpersoonlike voornaam-
infinitief 93, 94 212, 217, 222 woorde 179
informele taalgebruik 59, 98, soeklees 19, 46, 88, 112, 126, ontkennende vorm 93, 226,
173, 191 137, 167, 176 228, 256– 257
intensiewe vorme 7–8, 14, 99, vluglees 10, 19, 40, 49, 87, opskrifte 16, 38, 45, 268
140, 161, 170, 245, 276 126, 137, 160 opsommings 48, 74, 92, 102,
leestekens 7, 20, 24, 28, 63, 68, 113, 152, 187, 192, 215
J 107, 139, 141, 144, 154, 164, opstelle 53, 154, 227
jeugromans 162, 202–203 194, 211, 214
lettergrepe 21, 178, 234, 235, P
237, 242, 243, 275
K paneelbesprekings 197
letterlike betekenis 9, 55, 67, 69, paragrawe, skryf van 23, 25,
kappies 63, 178, 275 75, 128, 129, 145, 155, 176, 53, 66, 92, 102, 153, 154,
karakterontwikkeling 148 187, 210 193, 227
kernsinne 57 lettertipes 3, 10, 112, 115, 200 paronieme 117, 127, 132
klanknabootsing 153 lidwoorde 231, 232, 240, 241 personifikasie 67, 129, 153
klassifiseer 69, 71 literêre tekste 25, 142, 170 persoonlike voornaamwoorde
koerantberigte 17, 40, 58, luistervaardighede 58, 73, 98, 59, 179, 246
60–61, 160, 241, 259 118 plakkate 188, 192
koerantverslaggewers 134 lydende vorm 181, 192, 194, prente (illustrasies), 4, 6, 12–13,
kommapunte 139 257, 258 44–5, 66, 84, 110, 120, 122,
kommas 139, 204, 211, 255 125–127, 220–221
konsonante 8, 25, 33, 151, 178, M punktuasie 23, 79, 82, 107, 118,
234, 274 190, 205, 221, 228
manlike vorm 239–240
kontrakte 30, 31, 32, 34–37, punte 20, 36
meervoud 8, 14, 24, 63, 168,
38–42
178, 206, 232–237, 241,
kopieskrywers 113, 114 275–276 R
koppeltekens 63, 275 menings 38, 43, 50, 88, 116, resensies 92, 114, 116–117
kortverhale 26–27, 78, 186–187, 149, 189, 200
212–213, 222–224 filmresensies 158
metafoor 6, 25, 75, 100,
Blind date 222–223 rolspeel 30, 174, 209
128–129, 139, 178
Erfeniskos 49–50 rymwoorde 48, 86, 167, 189

Indeks 295

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 295 2013/08/21 9:18 AM


S testamente 81, 122, 123–126, versreëls 25, 33, 48, 65, 86,
130–132 151, 168, 170, 217
saamgestelde sinne 20, 88
toekomende tyd 8, 14, 28, 51, verteller 6, 50, 91, 148, 163, 174
samestellings 36, 72, 201, 275, 54, 81, 93, 132, 225, 228, visuele tekste 10, 44, 168
276 249, 252 voegwoorde 20, 23, 28, 39,
selfstandige naamwoorde 8, toesprake 47, 159 42, 68, 97, 127, 132, 144,
14, 24, 28, 99, 216, 231–232,
toon 30, 58, 66, 100, 118, 153 153–155, 178–179, 182, 231,
234, 242, 276–277
trappe van vergelyking 82, 99, 254–255
sinonieme 6, 9, 128, 129, 140,
244, 245 vokale 8, 151, 168, 178, 234,
143, 144, 168, 169, 194, 203,
tydskrifartikels 88, 185 274, 275
206
volgorde van sinstrukture 41,
sinsoorte 8, 29, 42, 82, 129,
U 43, 51, 53–54, 62, 82, 91, 116,
132, 154
187, 195, 205
sinstruktuur 41, 42, 156 uitnodigings 105, 165
volksverhale 90–91, 175
skryftekens 28, 63, 68, 82, 275 uitroepe 231
volsinne 23, 74, 113, 116, 152,
slagspreuke 10 uitroepsinne 42, 82, 132, 229 214–215, 226
sleutelwoorde 134, 146, 185 uitroeptekens 80, 139, 155, 173, voornaamwoorde 11, 14, 52,
soortname 24, 216 229 59, 67–68, 79, 114, 178, 231,
spanning, skepping van 3, 89, uittreksels 106–107, 159, 246
148, 178 162–163, 202–203 vooroordeel 205
spelling 63, 89, 107, 156, 201, voorsetsels 101, 108, 225, 231,
211, 218, 234, 242, 274, 277 V 247–248, 253, 254
spelpatrone 178, 274 veralgemenings 75 voorvoegsels 23, 24, 72, 89, 101
spelreëls 14, 163, 164, 171, 207 verbindingswoorde 127, 156 vraagsinne 36, 39, 42, 52, 67,
spotprente 8, 28, 226 vergaderingprosedure 104, 68, 82, 103, 129, 132, 144,
stelsinne 42, 52, 82, 103, 129, 180, 184, 270– 272 155, 190, 203, 229
155, 190, 229 vergelyking 6, 25, 33, 79, vraagtekens 39, 139, 155, 229
stereotipering 158, 205 81–82, 86, 99–100, 128–129, vraagwoorde 155, 190
storievertelling 175 150–151, 178 vraende voornaamwoorde 67
strofes 25, 48, 64, 65, 86 verhaal 25, 201, 217 vroulike vorme 239–240
strokies 105, 260 jeugverhaal 4, 162, 203
strokiesprente 39, 126–127, 218, kortverhaal 26, 27, 49, 50, W
228, 261 76, 78, 148, 149, 186, 187,
wederkerende voornaam-
212–213, 222, 224
woord 179
T spanningsverhaal 3
werkwoorde 19, 20, 41, 51, 88,
volksverhaal 90, 91, 175 129, 155, 179, 181–182, 190,
taalfoute 54, 81, 104, 131, 141,
227 verkleinwoorde 8, 14, 24, 63, 194, 216, 230, 231, 249–252,
216, 232, 233, 236–238, 276 254–255, 260, 276
teenstellings 33, 167
verkortings 33, 42, 89, 94, 168 woordafleidings 11
teenwoordige tyd 7, 14, 38, 51,
62, 80, 81, 108, 144, 181, verlede tyd 8, 14, 51, 93, 155– woordorde 20, 29, 39, 42, 51,
249, 250, 252, 258, 272 156, 161, 181, 190, 249–252, 62, 154, 155, 156, 180, 230,
258, 276 254, 260
teikengroepe 12, 112, 117, 120,
200 versamelname 115, 216 woordsoorte, opsomming 231
telwoorde 231, 277 verskillende betekenisse 164,
210
temas 25, 27, 50, 62, 91, 148,
167, 175, 176, 178, 186, 217 verslag 36–38, 181, 184

296 Indeks

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 296 2013/08/21 9:18 AM


AANTEKENINGE

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 297 2013/08/21 9:18 AM


AANTEKENINGE

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 298 2013/08/21 9:18 AM


AANTEKENINGE

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 299 2013/08/21 9:18 AM


Maskew Miller Longman (Edms.) Bpk.
Forestrylaan, Pinelands, Kaapstad

webwerf: www.mml.co.za

© Maskew Miller Longman (Edms.) Bpk. 2013

Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder skriftelike verlof van die
uitgewer gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel
weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, plaat- of bandopname, vermikrofilming of enige
ander stelsel vir inligtingsbewaring.

Alle redelike pogings is aangewend om wettige kopiereghouers op te spoor. Die uitgewer


verneem graag van kopiereghouers indien enige regstellings of byvoegings gedoen moet word.

Eerste uitgawe 2013, eerste druk 2013

ISBN 978-0-636-11978-9
EPDF ISBN 978-0-636-15304-2

Illustrasies deur Karen Ahlschläger, Anni Axworthy (via Sylvie Poggio), Pandora Alberts, Alida
Bothma, Liebrecht Fick, Erika Gouws, Tony Forbes (via Sylvie Poggio), Louisa Gerryts, Bethan
Matthews (via Sylvie Poggio), Zinelda Mcdonald, Johan Stapelberg, Jo Taylor (via Sylvie Poggio)
en Alex van Houwelingen
Teksredigering deur Magdel Palm
Kunswerkredigering deur Leoni Hofmeyr
Geset deur Charlene Bate
Boek- en omslagontwerp deur MML Studio
Gedruk deur
Erkennings
Die uitgewer bedank die volgende persone en instansies vir die gebruik van kopieregmateriaal:

Tekste, advertensies, boekomslae en strokiesprente:


Beeld: “Siek seun bemaak geld aan skool”, “Geen erfgename nie?”, 5 Mei 2002 (bl. 123);
“Haar tandeborsel-plan ’n wenner”, 28 Junie (bl. 194); “Ollie skok toeriste”, 15 November 2012,
http://m.news24.com/beeld/Suid-Afrika/Nuus/Ollie-skok-toeriste-20121114 (bl. 278); “Voël sê ‘hallo’
en laat rowers ‘koebaai’” deur Wolfram Zwecker, 18 Julie 2012 (bl. 284–285); Spotprent, 19 Julie 2012
(bl. 268)
Die Burger: Spotprent, JIP, 7 November 2011 (bl. 8); “Uitgeskop ná kophou”, 30 April 2012
(bl. 17); “Boodskap op ’n sokkerbal”, uit JIP, 30 April 2012 (bl. 23); Spotprent, 15 September 2009
(bl. 28); “Koebaai slegte gewoonte” uit JIP, 30 Januarie 2012 (bl. 40); “Kinderhuis kry R30 miljoen”,
12 Augustus 2012 (bl. 122); Spotprent, 10 Mei 2008, (bl. 134); Strokiesprent, 21 Augustus 2010
(bl. 135); 25 Augustus 2010 (bl. 206); “Waaghals se spronge lok baie nuuskieriges”, 4 April 2012
(bl. 215); Strokiesprent, 6 Mei 2011 (bl. 218); Spotprent,7 Julie 2012 (bl. 226); “Wees minder skaam”
verwerk uit www.jip.co.za, 1 November 2012 (bl. 288)
Fantasi: “Watter dier het die grootste eetlus ter wêreld?” deur Michele Gerlack, uit Raar, maar waar!
Vol vreemde feite en gebeure(bl. 85)
HAUM-Literêr: ’n Baie lang brief aan Rolf deur Fransi Phillips (bl. 202–203)
Hoezit: “Wat is die regte manier van verloor vir ’n goeie sportman of sportvrou?” verwerk, Augustus
2012 (bl. 281)
Human & Rousseau: “Werkende vrou” deur Eveleen Castelyn, uit Tussen hemel en aarde, 1978
(bl. 64); “Tsjaka en die swartmamba” deur Pieter Grobbelaar, uit Die Groot Afrikaanse Heldeboek, 1976
(bl. 212–213)
http://www.hy-se-sy-se.com: “Die beste en slegste van ’n braai” deur Stefan Marais, sjef van
Societi Bistro, Kaapstad (bl. 46)
http://www.myloopbaan.co.za_cfm?: “Yshokkie”, uit myloopbaan (bl. 18)
http:// www.westerncape.gov.za: “Basiese wenke om ’n testament op te stel”, gebaseer op
“Die opstel van ’n geldige testament”, Wes-Kaapse Regering (bl. 130)
J.A. Roderigues: “Million skrik groot” deur Jan Roderigues, uit Die veldwagters vertel, 1991
(bl. 76–77)
LAPA Uitgewers: thomas@skerpioen.net deur Carina Diedericks-Hugo, 2010 (omslag) (bl. 2); Perfek
deur Jaco Jacobs, 2009 (omslag) (bl. 2); Ek was hier deur Nanette van Rooyen, 2012 (omslag) (bl. 2);
Al die meisies hou van Divan Louw deur Tanja Brink, 2012 (omslag) (bl. 2); Perfek deur Jaco Jacobs,
2009 (bl. 4–5); “Erfeniskos” deur Niël Stemmet, uit Sout en Peper, 2010 (bl. 49–50); “Die wonder
van ’n boom” deur Michael Khoosal, uit Toulopers:Verse vir tieners, 2011 (bl. 79); “Sal daar nog ysbere
wees?” deur Jaco Jacobs, uit My boetie dink hy’s Batman en ander rympies, 2010 (bl. 86); “As Lara
glimlag” deur Jaco Jacobs, uit Toulopers:Verse vir tieners, 2011 (bl. 100); Bessie Hemelbesem en oom Sak
Sarel se testament deur Janie Oosthuysen, 2009 (teks en omslag) bl. 124–125); “Beste vriende” deur
Jaco Jacobs, uit ’n Brulpadda in my tas, 2008 (bl. 150); “Die aarde weet” deur Jacqui Bailey, aangepas
uit Wat’s die punt van groen wees?, 2010 (bl. 176–177); “My ma se varsgebakte brood” deur Jaco Jacobs,
uit ’n Brulpadda in my tas, 2008 (bl. 189); “Blind date” deur Christie Nortjé, uit Sweef en ander verhale,
2009 (bl. 222–223); “Louis, die laeveldleeu en trawante”, Wim Bosman, 2009 (bl. 228)
Malan Media: Meisies se dinge & kosmiese soene deur Cathy Hopkins, 2009 (bl. 162)
Maskew Miller Longman: “Rooikoos hardloop die myl” deur Chris Barnard, uit Treffertekste, 2000
(bl. 26–27); Hy bly my broer deur Marita van der Vyver, 2005 (bl. 106–107)
Marie Stander: “die BlackBerry en die duif” deur Annie Klopper, uit Onse Mense, 2010 (bl. 166)
Metz Press: Toespraak, aangepas uit Feiteboek: ’n Kennis-Skatkis vir 8 tot 12-jariges, 2011 (bl. 159)
Nasou Via Afrika: “Sportmanne” deur G A Watermeyer, uit Versreise (bl. 25)
National Geographic Kids: Uitgawe 69, Mei 2012 (bl. 139)

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 301 2013/08/21 9:18 AM


Ongepubliseer: “Thabo, die entrepreneur van Pretoria” deur Hendrik Grobbelaar (verlof toegestaan
deur Karen Grobbelaar) (bl. 186)
Protea Boekhuis: Modjadji @ Makwena deur Irma Vermeulen, 2008 (omslag) (bl. 2); Raaisels uit
Raai raai riepa, Die Afrikaanse raaiselboek, Protea Boekhuis, 2010 (bl. 168)
Rapport: “Bonnievale se boekwurm” deur Leti Kleyn, 15 Februarie 2012 (bl. 160)
SA Akademie vir Wetenskap en Kuns: “Uitveër” deur Nanette Burger, uit Poort, 2004 (bl. 128)
Struik (Edms.) Bpk.: “Ou Grootvoet” uit Ware diereverhale uit Afrika, 1995 (bl. 142–143)
Suid-Skiereiland Nuus: “Oumas gee om”, Maart 2012 (bl. 60)
Tafelberg Uitgewers: “Stille Nag, Heilage Nag” deur Adam Small, uit Sê sjibollet, 1963 (bl. 119);
“Daar’s ’n liedjie …” deur Philip de Vos, uit Daar’s bitterals in die heuningwals, 1988 (bl. 199)
Van Schaik: “Vullisblikmentaliteit” deur Peter Snyders, uit Ons klein en silwerige planeet, 1997 (bl. 172)
Willem-Jan Orwagen: “Kaaskrul”, www.kaaskrul.com (bl. 221)

Foto’s en gekopieregte kunswerke:


Bateleur: musikante (bll. 195 en 197)
Bigstock.com fietsryers (bl. 17) deur i4lcocl2; resiesmotors (bl. 17) deur kiankhoon; renoster
(bl. 69); boom (bl. 79) deur hkartist; sirkels mense (bl. 95) deur Antonina Tsyganko; koeldranke
(bl. 110); hamburger (bl. 110); jeans (bl. 110); sonbril (bl. 110); kinders (bl. 122) deur
monkeybusinessimages; debatfigure (bl. 146) deur andres; meisie (bl. 147) deur NinaMalyna; groep
maats (bl. 151) deur monkeybusinessimages; jongmense (bl. 184) deur Yuri Arcurs; mondfluitjie
(bl. 196) deur Matthias33; musiekinstrumente (bl. 196) deur arbit; trompet (bl. 196) deur
dmitriidesigner; waaghals (bl. 207) deur McIninch; bergklimmer (bl. 209) deur Dudarev Mikhail
empire331 / Istock.com: houtfluit (bl. 196)
Gallo Images: sport-entoesiaste (bl. 15); krieketspeler (bl. 16); rugby-speler (bl. 16); tennisspeler
(bl. 16); gholfspeler (bl. 16); sokkerspeler (bl. 17); siek kind (bl. 123); Johannes Kerkorrel (bl. 123);
Anele Mhlahlo (bl. 198); Keamogetswe Magau (bl. 206)
Getty Images: Evel Knievel (bl. 208); Lewis Pugh (bl. 209)
Greatstock / Corbis: meisie (bl. 9); kinders (bl. 83); mense (bl. 88); paartjie (bl. 89); klavierspeler
(bl. 89)
Marianne Peacock: olifante (bll. 133, 134, 135, 136, 140)
Marié Stander: dogtertjie uit Onse Mense (bl. 166)
National Geographic Kids: olifant (bl. 139)
Picturenet: trein-waaghalse (bl. 208)
Rapport / Gallo: boekwurm (bl. 160)
Strickke / Istockimages.com: sokkerspeler (bl. 17)
Videovision Entertainment: foto’s uit The first grader (bll. 158 en 159)

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 302 2013/08/21 9:18 AM

You might also like