HARTJIES

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 11

HET JY GEWEET GOD SE NAAM IS OP JERUSALEM (EN JOU HART)

GESKRYF?

Dit is interessant om te let dat die Bybel bepaal dat God se Naam op Sy stad, Jerusalem,
geplaas is.

“...in Jerusalem, die stad wat Ek vir My verkies het om my Naam daar te vestig.”
(1 Konings 11:36)

“...waarvan die HERE gesê het: In Jerusalem sal Ek my Naam vestig.”


(2 Konings 21:4)

“Maar Ek het Jerusalem verkies, dat my Naam daar sou wees...”


(2 Kronieke 6:6)

“...waarvan die HERE gesê het: In Jerusalem sal my Naam vir ewig wees.”
(2 Kronieke 33:4)

Wat beteken dit dan fisies dat God Sy Naam in Jerusalem gevestig het? Dit beteken tog niks
anders as dat Sy Naam IN, OM, of OP die stad sigbaar sal wees nie? VIR EWIG! Hy het dit
immers Self so gekies en God is altyd getrou aan Sy eie Woord.

Nou hoe werk dit dan? In Hebreeus word die woord: “Naam” geskryf as: “shêm” en dit
beteken:

NAME: “shêm” - A primitive word…; as a MARK or memorial OF INDIVIDUALITY...”


(Strong’s Hebrew & Greek Dictionary)

Die Hebreeuse letter wat gebruik word om die woord: “naam” te beskryf, is die sogenaamde
“shin” (uitgespreek “sjien”), en hierdie letter lyk as volg:

Hierdie is die letter wat God se Naam “Shaddai”, voorstel, en wat ook voorkom in die
Naam “Yeshua”. Dit is die 26ste letter in die Hebreeuse alfabet.

“It is the one letter that the Jewish people chose ages ago to represent the
Unspeakable Name of the One and the Only God, Y-H-V-H. This letter SHIN holds
great significance to the Jewish people. It is also printed on every mezuzah, the Scripture
prayer box which is always mounted on the door post, in every Jewish house, and it
stands for SHADDAI...”
(“God's Name on Jerusalem - Incredible Fact” – Andre Widodo)

As God se “Naam” op Jerusalem geskrywe is, beteken dit dat daar mos iewers FISIES ‘n “Shin”
in/op Jerusalem sal voorkom, is dit nie?

Kom ons kyk nou na ‘n kaart van Jerusalem in die Ou Testamentiese tyd:
Sien jy dit?

Nog nie?

Kyk weer mooi, maar let spesifiek op na die 3 valleie wat in en om Jerusalem loop. Hulle staan
bekend as die “Hinnom Valley”, die “Tyropean Valley” (ook bekend as “Refaim Valley” of
“Central Valley”) en die “Kidron Valley”.

Is dit nog onduidelik? Kom ons kleur dit bietjie in vir jou.
Wow! Is dit nie fantasties nie?! Daardie drie valleie vorm ‘n perfekte “Shin” rondom die ou stad
van Jerusalem! Maar die wonderlikste van alles is dat die plek waar die Tempel voorheen
gestaan het, presies die punt (vokaal) wat bokant die Hebreeuse “Shin” voorkom, uitbeeld. Is
dit blote toeval? Of juis ‘n bevestiging dat God ALTYD getrou is aan Sy eie Woord? As Hy sê Sy
Naam is op Jerusalem gevestig, wat beteken dit anders as presies dit?

Daarom kan die wêreld maar raas en blaas oor en rondom Jerusalem, God se beloftes en
profesieë rakende Jerusalem sal almal tot en met die einde van tyd in vervulling gaan. Hoekom?
Want Sy Naam is VIR EWIG in Jerusalem GEVESTIG!

Nou kom die interesante deel dat God se Naam ook so fisies op die mens se hart geskrywe is.
Kom ons kyk daarna.

“Julle is ons brief, geskrywe in ons harte, geken en gelees deur alle mense; omdat julle
duidelik ‘n brief van Christus is deur ons diens berei, geskrywe nie met ink nie,
maar met die Gees van die lewende God; nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels
van die hart.” (2 Korinthiërs 3:2,3)

Maar hoe lyk ons harte, lyk ons menslike harte so?

Nee, dit doen nie, ‘n deursnit van ons menslike harte lyk wel so:

Op die oog af nie juis ‘n baie mooi prentjie nie nê? Of is dit juis wat satan wil hê ons moet dink,
juis sodat hy ons kan wegtrek van daardie wonderlike waarheid dat God se Naam op ons
REGTE harte geskryf is? Waar kom ek daaraan? Kyk weer mooi na die deursnit prentjie van ons
harte.
Hier is nog ‘n paar:

Sien jy dit?

Wat?

Die “SHIN” op ons harte!

Is dit nie net so fantasties nie?!!!

Maar wat is die punt?

Die punt is, WAAROM verheerlik ons vandag as Christene ‘n AFGODSSIMBOOL in ons huise en
alledaagse lewens, instede daarvan om erkenning te gee aan die werklikheid van God se Naam
op ons regte harte?

Waar kom ek daaraan? Kom ons kyk:....

Die ontstaan van Valentynsdag, Cupid en die hartjies.

Valentynsdag is naas “kersfees” seker een van die grootste geldmaakmetodes (“money
spinners”) by besighede en skole vandag. Daar is Valentynsdag-danse, Valentynsdag-etes,
ensomeer. En vir alles moet groot bedrae geld deur die ouers of kinders uitgegee word. So
word ons finansies ook steeds deur Mammon aangeval.

Maar weet ons Christene, wat so graag meedoen aan al hierdie HEIDENSE praktyke, waar die
oorsprong lê van al die “oulike” simbole wat met Valentynsdag geassosieer word? Nee, die
meeste Christene weet nie, en WIL ook nie weet nie, want hulle dink as hulle eendag voor God
se troon onkunde kan pleit oor al hierdie dinge, sal dit vir Hom aanvaarbaar wees.

Kom ons kyk na ’n paar simbole en hulle ontstaan, asook waar die Valentyns-dag vandaan kom.
Cupid is seker die bekendste Valentynsdag simbool, en kom op omtrent alle Valentynsdag
kaartjies, -koffiebekers en ander -items voor. Hy is die klein, kaalbas baba “engeltjie” met die
pyl en boog wat kamtig mense op mekaar verlief maak deur sy “pyle van liefde” op hulle af te
skiet. Is hy werklik so “onskuldig”?

“Cupid is NOT some adorable, little, mischievous god who makes couples fall in love. He
is a god (really a demon) of vulgarity and indecency. Our society is so inundated
and saturated with paganism. We just accept it as part of life not realizing how we must
be offending God by using and propagating pagan symbolism and idolizing perverted and
evil pagan gods and goddesses.”
(“Masonic and Occult Symbols Illustrated” – Dr Cathy Burns)

Ek wil graag hierdie aanhaling uit Dr Burns se boek bietjie meer in detail bespreek.
“Cupid is NOT some adorable, little, mischievous god who makes couples fall in love. He
is a god (really a demon) of vulgarity and indecency.”
En onthou jy dat die Bybel bepaal ons mag GEEN ander gode voor God se aangesig hê nie?
(Eksodus 20:3).

“Our society is so inundated and saturated with paganism.’


Hierdie is een groot probleem, die feit dat ons gemeenskap deurtrek is van heidense gebruike...

“We just accept it as part of life…”


...wat ons as Christene sommer maar net aanvaar, want ons is so bang om “aanstoot te gee”.
Maar die grootste probleem lê in die volgende woorde:

“…not realizing how we must be offending God…”


Christene DINK nie eens daaraan dat ons dalk ons Skepper(!), ons God(!), ons
Vader(!) en ons Koning(!) AANSTOOT GEE met al die heidense praktyke en heidense
gebruike wat ons aangeleer het nie... Mens, dit gaan mos nie oor ONS en ONS
siening van afgode nie, maar oor HOM en oor SY siening van afgode!

“…by using and propagating pagan symbolism and idolizing perverted and evil
pagan gods and goddesses.”
Hoeveel van ons het met die laaste Valentynsdag nie ook “pagan symbolism” gepropageer,
deur koffiebekers of Valentynskaartjies met Cupid op, aan te koop nie?

En hoeveel van ons kinders se kamers is nie vrot van die “oulike” en “liefdevolle” ou hartjies
nie...

Volgens die “History Channel” se webblad is die ontstaan van Valentynsdag as volg:

“In ancient Rome February was the official beginning of spring and used as a time of
purification. Houses were ritually cleansed by being swept and then were ritually
sprinkled with salt and wheat. They held a Lupercalia (fertility) festival dedicated
to Faunus, Roman god of agriculture as well as Romulus and Remus, founders
of Rome between 13-15 February… To begin the festival, members of the Luperci
(Roman priests) gathered at a secret cave where they sacrificed a goat (for fertility) and
a dog (for purification)… The boys then sliced the goat’s hide into strips, and
dipped them in the sacrificed blood. Then they used these to slap women in
the streets and crops with. Roman women welcomed this, as it was believed
the strips would make them more fertile in the coming year… Later in the day all
the young women in the city placed their names in a big urn. The city’s bachelors
would then choose a name out of the urn and become paired for the year with
his chosen woman… In 49 AD Pope Gelasius declared February 14 as St Valentine’s
Day. (It was seen as an effort to “christianize” celebration of the pagan Lupercalia
festival)… During the Middle Ages, it was commonly believed in France and England that
February 14 was the beginning of birds’ mating season, which added to the idea that the
middle of February – Valentine’s Day – should be a day for romance.”
En daar het ons die ontstaan van Valentynsdag! Lyk dit vir jou of dit gaan oor iets
wat die Here verheerlik, of wat Hom vereer? Of gaan dit baie duidelik uitsluitlik oor
heidense gebruike? Gebruike wat die Here gesê het ons NIE MAG AANLEER NIE!
(Jeremia 10:2).
Waar kom die hartjie dan vandaan?

“Hierdie alombekende “hart-vorm” kom uit die Babiloniese godsdienssisteem


en het bekendgestaan as die "worship of the Sacred Heart". Dit was een van
die simbole van Tammuz (Cupid). Hoe het dit dan gekom dat die hart die simbool
geword het van die "Kind van die Groot Moeder“ (Semiramis)? Chaldees vir hart is "Bel"
(die ander naam vir Nimrod). Ook in die ou Egiptiese geskiedenis kry ons eerbiediging
van die "Sacred Heart".
Die hart was een van die heilige simbole van Osiris (die Egiptiese naam vir Nimrod), toe
hy weer gebore is in die arms van sy moeder Isis (Semiramis se naam in Egipte) en in
die vorm van die seuntjie-god verskyn het. Hierdie baba- "goddelike" is dan ook dikwels
uitgebeeld met ‘n hart of die hartvormige vrug van Perséa in sy hande... Die seuntjie-
goddelike is ook in ander lande op dieselfde wyse voorgestel. Die aanbidding van die
"Sacred Heart" was dus onder hierdie simbool slegs die aanbidding van die "Sacred Bel".
Om sy verbintenis met die brandende son aan te dui was die "Hart" ook soms voorgestel
as ‘n "heart of flame".
Vir jare lank al identifiseer ons die viering van Valentynsdag met die simboliek
van die hartjies. Die hartjies is oor die jare heen aanvaar as die simbool van
liefde sonder dat ons weet waar dit begin het! Al die simbole wat gebruik
word vir Valentynsdag kan toegeskryf word aan die aanbidding van die
Babiloniese Antichris – Tammuz (die gereïnkarneerde Bel, Cupid, Osiris).”
(“Copyright (C)1998 deur Epistello".)

Op die internet het ek ook afgekom op die volgende definisie van die “hart”-vorm:

“The heart shape could also be considered to depict features of the human female
body, such as the female’s pubic mound or vulva. A Sumerian cuneiform symbol
for “woman” closely resembles the heart shape, and is believed to directly depict the
pubic mound. Others maintain that the heart resembles the shape of the female
breasts or the female buttocks.” (“Heart (symbol)” – wikipedia.org)
Die “hartjie” is dus geen simbool van liefde nie, maar is ’n perverse seksuele simbool wat sy
ontstaan gehad het in HEIDENSE AFGODSGEBRUIKE. En tog is dit vandag op alles: speelgoed,
slaapklere, klere, teddiebeertjies, koffiebekers, noem maar op... En dit is vir ons as
Christene so “cute”, ons weier summier in baie gevalle om gehoor te gee aan die
opdragte in God se Woord om NIE enige ander afgode voor Sy aangesig te hê nie, en
ons weier om van al ons “oulike” hartjies ontslae te raak.

Kom ons kyk na nog ’n paar internasionale skrywers se uiteensetting van hierdie selfde
probleem, en dan besluit ons self VOOR GOD, of ons as Christene onsself nog kan vereenselwig
met enige van hierdie afgodspraktyke en afgodssimbole.

"Cupid is a Roman name (also called Amor) associated with his lover Venus. They are
the god and goddess of love whose stories fill the mythologies. Venus and
Cupid were known by many other names. In Babylon they were Semiramis and
Tammuz. In Egypt they were Isis and Osiris. In Phoenicia they were Ashteroth and Baal.
In Greece they were Aphrodite and Adonis (Eros). In Iceland they were Frigga and
Balder. Even in the far East, Cupid was known as Zoroaster (zoro, ‘‘seed of’’ and aster or
‘‘ashteroth’’)."
(“Is Cupid Old Fashioned?” - Dr. Rick Shrader - Aletheia Archives; The
Bookshelf February 1994; Vol. 2, No. 2)

Wat sê die Bybel hieroor?

“Want ons skryf aan julle NIKS ANDERS as wat julle LEES of ook VERSTAAN nie,
en ek hoop dat julle dit ook tot die einde toe sal verstaan…” (2 Korinthiërs 1:13)

Dit wil sê ons kan in die Bybel lees wat daar staan, en verstaan wat daar staan, net soos dit
daar staan. En wat staan in die Bybel oor afgode in my huis of by my?

“Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. Jy mag
GEEN ANDER GODE voor my aangesig HÊ nie.” (Eksodus 20:2,3 word herhaal in
Deuteronomium 5:6,7)

“Daar mag BY JOU GEEN vreemde god WEES nie...” (Psalm 81:10)

Die Bybel is ook baie duidelik oor heidense of afgodiese gebruike:

“As jy kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, moet jy NIE leer om
volgens die gruwels van daardie nasies te doen NIE.” (Deuteronomium 18:9)

“So sê die HERE: Maak julle NIE gewend aan die weg van die heidene NIE.”
(Jeremia 10:2)

Kom ons lees verder oor die ontstaan van die hart-simbool, en die afgodiese sg.
“Valentynsdag”:

"That famous man was Lupercus, the HUNTER. But who was Lupercus? -- and why
should he have also borne the name Valentine among the heathen Romans? The Greeks
called Lupercus by the name of "Pan". The Semites called Pan "Baal," according to the
"Classical Dictionaries". Baal -- mentioned so often in the Bible -- was merely
another name for Nimrod, "the mighty HUNTER" (Genesis 10:9). The hunter
Nimrod was the Lupercus -- or wolf hunter -- of the Romans. And St.
Valentine's Day was originally a day set aside by the pagans in his honor!
"Valentine comes from the Latin word "Valentinus", a proper name derived from the
word "valens", meaning "to be strong," declares "Webster's Unabridged Dictionary". It
means literally "strong, powerful, mighty." Any connection with Nimrod? Yes, We read in
the Bible that Nimrod was the "MIGHTY hunter" (Gen. 10:9). It was a common proverb
of ancient time that Nimrod was "the MIGHTY hunter before the Lord." NIMROD WAS
THEIR HERO -- THEIR STRONG MAN – THEIR VALENTINE! How plain that the original
Valentine was Nimrod, the mighty hunter of wolves. Yet another of Nimrod's names was
"Sanctus" or "Santa," meaning "Saint." It was a common title of any hero-god. No
wonder that the Roman Lupercalia is called "Saint Valentine's Day"!

But why do we associate HEARTS on a day in honor of Nimrod - the BAAL of


the Phoenicians and Semites? The surprising answer is that the pagan
Romans acquired the symbol of the heart from the Babylonians. In the
Babylonian tongue the word for "heart" was "bal" (see "Young's" or "Strong's
Concordance"). The heart -- "bal" -- was merely a symbol of Nimrod/Tammuz
-- the "Baal" or Lord of the Babylonians!"
(The Silence of Educators - ST. VALENTINE'S DAY Christian Custom? -- or
Pagan Holiday? - Herman L. Hoeh)

"Who is Pan/Lupercus/Baal? He is none other than the deified Nimrod of Genesis 10 who
built the tower of Babel in defiance of God and set up a false system of worship. He was
the "mighty hunter"- the name 'Valentine' itself means "strong man". As strange as it
may seem, Nimrod is the man of honor of ALL of today's holidays. He is
honored on this day (Valentine's) as Cupid.

This infant divinity (Cupid/Nimrod) was frequently represented with a heart, or


the heart-shaped fruit of the Persea, in one of his hands."

(God's Holydays Vs Mankind's Holidays - "St." Valentine's Day - Brian Hoeck)

"Alexander Hislop goes on about Cupid, 'Speaking of a statue of Cupid, it is a fair, full,
fleshly, round boy, in fine and sportive action, tossing back a heart.' Thus the boy-god
came to be regarded as the 'god of the heart', in other words, as Cupid, or the
god of love. To identify this infant divinity, with his father 'the mighty hunter' [Nimrod],
he was equipped with 'bow and arrows'. He was the woman's seed. Venus and her son
Cupid, (Semiramis and Tammuz) were none other than the Madonna and the child
(bearing the sacred heart)."

(God's Holydays Vs Mankind's Holidays - "St." Valentine's Day - Brian Hoeck )

"The worship of the "Sacred Heart" was introduced into ROME. It was so in
ancient BABYLON, as is evident from the Babylonian system as it appeared in
EGYPT. There also a "Sacred Heart" was venerated. The "Heart" was one of
the sacred symbols of Osiris when he was born again, and appeared as
Harpocrates, or the infant divinity, borne in the arms of his mother Isis.
Therefore, the fruit of the Egyptian Persea was peculiarly sacred to him...
Hence this infant divinity was frequently represented with a heart, or the
heart-shaped fruit of the Persea, in one of his hands... The veneration of the
"sacred heart" seems also to have extended to India. The "Heart" became the
recognised symbol of the Child of the great Mother. Almost all the most important
elements of the Chaldean system were introduced under a veil, so under that veil they
continued to be shrouded from the gaze of the uninitiated. Now, the worship of the
"Sacred Heart" was just, under a symbol, the worship of the "Sacred Bel," that mighty
one of Babylon, or Horus, the infant god, was regarded as Bel, born again. When Bel . . .
was born again as a child, he was . . . represented as an incarnation of the sun.
Therefore to indicate his connection with the fiery and burning sun, the 'sacred heart'
was frequently represented as a heart of flame... Again this FALSE SAVIOR attributed
Jesus' likeness to himself. By associating the flame and the sun with himself, he claimed
to be "the light of the world" (John 8:12) who is truly Jesus the Christ."

(The Two Babylons; Alexander Hislop - The Rosary and the Worship of the
Sacred Heart)

Hierdie prente en standbeeld, is almal uitbeeldings van die afgod Tammuz (nie Jesus nie!),
met die sogenaamde “sacred heart” op sy bors of in sy hand.

Kom ons lees wat sê ‘n gewone sekulêre navorser hieroor:

“Valentine's Day is originally a Catholic holiday to celebrate St. Valentine who was
martyred in Roman Days. Like most religious traditions, it is being usurped by a secular
world. Of course, like most Christian religious traditions, it has PAGAN
ORIGINS. Valentine's Day stems from the Roman festival "Lupercalia". As most Roman
festivals, it was a sensuous affair. Young women would place their names in a box and
young men would draw the name out. The man did not need to ask for a date, plan a
dinner setting or a movie. Just draw a name and off to fornicate.
The symbol of the heart is a bit more mysterious. Aristotle though the heart was the
center of all emotions. Surely, everyone who has been heartbroken feels that heaviness
in the center of the chest. Of course, when someone is excited, the heart beats faster.
Thus, it is a natural inclination to associate heart with passion. The problem is that
the heart shape of a valentine really does NOT look like a heart. The origin of
the heart shape must come from somewhere else. The possibilities are tantalizing.
One of the most intriguing suggestions stems from the seventh century B.C. city-state of
Cyrene. Cyrene traded the rare, now extinct, plant silphium. It was known as a means
for birth control. The seedpod of the silphium looks exactly like a valentine's heart.
Moreover, its use in sex is an obvious connection to love. Truthfully, the origins of the
valentine heart should end here, but what is a story without a salacious ending?

Some claim that the round, soft edges of the heart represent fertility or a female body.
Since a Valentine is all about love, it is a reasonable suggestion. Visualizing the heart as
a depiction of the pubic mound stirs some interesting comparisons. Some say it
resembles the vulva. Others draw the resemblance to the Tantric Hindu yoni.(Woman’s
sexual organ).
However, turn the heart upside down and it becomes a particularly intriguing symbol.
Now the heart looks like a pair of plump, dangling breasts. The heart also compares
favorably to the female buttocks. Once again, with the heart turned upside down, and
the point extending toward the vulva, the comparison is interesting. The upside down
heart also compares favorably to the male genitalia with two testicles and a pointed
penis. Others have suggested the heart image looks like the tip of a penis... The
comparisons between the heart and human body are numerous. It is amazing that such
an “endearing” image has so many possible EROTIC connections. Perhaps that is why it
has endured for so long as such a powerful and connotative symbol.”

(http://www.associatedcontent.com/article/566583/origins_of_the_valentin
_es_day_heart_pg2.html?cat=41)

Vanuit hierdie sekulêre blad op die internet is dit meer as duidelik dat die hart inderdaad ‘n
seksueel perverse simbool is wat ons as Christene, wat met rein harte voor ons Vader wil staan,
nie wil of kan toelaat in ons huise nie.

En wanneer hierdie waarheid werklik by ons insink, en ons besef waarom satan so graag sal wil
hê dat ons eerder hierdie perverse seksuele simbool sal verheerlik bo die ware hart waarop God
se Naam geskrywe staan, kan ons nie anders as om daardie ander hart te verwerp met die
minagting wat dit as afgodssimbool verdien nie!

Want hoe kan ons eendag voor God se Troon gaan staan en onkunde pleit omdat ons steeds
afgode in ons huise toegelaat het, nadat ons wel hierdie kennis ontvang het?

Gaan die volgende teksvers nog langer op ons van toepassing wees rakende spesifiek die hart-
simbool?

“My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het,
sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy
die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.”
(Hosea 4:6)

Hoe lank wil ons as God se volk nog te gronde gaan weens ons gebrek aan kennis, of weens
ons WEIERING om die kennis te aanvaar, en weens ons verwerping van nuwe kennis? Wanneer
gaan ons begin opstaan en ANDERS wees as hierdie wêreld?

“En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word VERANDER deur
die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en
welgevallige en volmaakte wil van God is.”
(Romeine 12:2)
En wat sou die wil van God wees wat ons moet “beproef”?

“Want DIT is die wil van God: julle heiligmaking...”


(1 Thessalonicense 4:3)

Wat baie van ons Christene nie bereid is om in te sien nie, is dat dit deel is van die
heiligmakingsproses in ons persoonlike lewens om ontslae te raak van goed wat afgode is, of
afgode kan word, in my lewe. Juis die feit dat ek dalk weier om van sulke dinge (soos die
afgodiese hart-simbool) ontslae te raak, bewys dat my hart in sekere gevalle nog nie
onverdeeld daarop ingestel is om totaal gehoorsaam aan God en Sy Woord te lewe nie. Dit
bewys dat ek nog nie werklik in my persoonlike lewe in totaliteit die “goeie en welgevallige en
volmaakte wil van God” wil “beproef” nie, maar dat ek maar nog steeds my eie-sin wil hê.

Want as ek totaal los was van aardse dinge, sou ek nie twee keer gewag het of gewonder het,
voordat ek van sulke afgodiese praktyke of simbole in my lewe ontslae geraak het nie. God sê
HY is ‘n jaloerse God en uit die Bybel is dit oor en oor duidelik dat Hy ons nie deel met die
koninkryk van duisternis nie. Hoe kan ons steeds VIR die duisternis se simbole en hulle feesdae
kies as ons weet hoe HY daaroor voel?

Ons lees so baie:

“I Jesus” Of: “Jesus me!”

Regtig???

Nee!

Kom ons onthou eerder: “Jesus me!!!”

tiaan gildenhuys
Outoriteit in Christus Bedieninge
www.oicb.co.za
PRETORIA, RSA
©2010

You might also like