Alles Wat Jy Van Intermittent Fasting Wil Weet

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 8

INHOUDSOPGAWE

‘INTERMITTENT FASTING’ (ONDERBROKE VAS) 1

Hoe werk I.F.? 2

Die 16/8 vas 2

Gesondheidsvoordele 2

Wat mag jy drink of eet? 3

Hoe om ‘Intermittent fasting’ te gebruik 3

Is ‘Intermittent fasting’ veilig? 3

Gaan ek sleg voel op die plan? 4

Vervang Intermittent Fasting die 28 Dae Eetplan? 4

Watter Slender Living / 28 Slender produkte word aanbeveel saam met I.F.? 4

Eetplan: 7

Meer inligting: 8

‘INTERMITTENT FASTING’ (ONDERBROKE VAS)


‘Intermittent fasting’ (I.F.) staan ook bekend as onderbroke vas, oftewel die vas-dieet. Dit is
wyd bekend as ‘n metode om gewig te verloor, veral vir groepe mense wat soms sukkel om
gewig te verloor soos tydens menopouse.

Baie diëte fokus op WAT jy eet, maar met die dié manier van eet gaan dit alles oor WANNEER
jy eet. Met ‘intermittent fasting’ eet jy binne ‘n spesifieke venster periode en jy vas vir aantal
ure per dag. Die hele idee met ‘Intermittent fasting’ is om die liggaam te help om vet te
verbrand en sodoende jou gewig te reguleer. Nuwe navorsing toon dat intermittent fasting
heelwat ander gesondheidsvoordele ook inhou.

Die eetplan is gebaseer op menslike evolusie en die manier waarop jagter-versamelaars


geleef het. Hulle het nie yskaste en winkels tot hul beskikking gehad nie, en by tye het hul vir
lang periodes nie kos gevind nie en gevolglik het hul nie drie of vier keer op ‘n dag geëet nie,

1
soos ons vandag gewoond is nie. “Intermittent fasting ” word beskryf as ‘n manier om te eet
soos ons voorvaders geëet het.

Hoe werk I.F.?


Met onderbroke vas (intermittent fasting) word die tye waarin jy mag eet, afgewissel met die
tye waarin jy moet vas. Wanneer ons eet word die kos wat jy eet omgeskakel na glukose, wat
as energiebron dien. Wat jy nie dadelik verbrand nie, word as glukogeen gestoor in die lewer
en spiere. Wanneer jy energie benodig, word die glukogeen in die lewer en spiere blitsig
omgeskakel na glukose as energiebron. Wanneer daar te veel glukose is wat nie gebruik word
nie, word dit omgeskakel na vet (wat as gestoorde energie dien). Wanneer glukose en
glukogeen-store egter laag raak, begin jou liggaam vet verbrand. Dit is presies wat jy probeer
regkry met ‘n vas-eet-program.

Jy wil jou lewer en spiere se glukogeen-store drasties verlaag sodat jy jou vetstore begin
verbrand. Indien jy ‘n gemiddelde aktiwiteitsvlak het, neem dit sowat twaalf uur voor jou
glukogeen store uitgeput raak – daarom is dit belangrik dat jy minstens 16 uur lank vas om
daarby baat te vind/of om gewig te verloor. Daar is verskeie vas of ‘intermittent fasting’
skedules of planne. Maar op hierdie groep gaan ons die 16/8 Vas doen:

Die 16/8 vas


Jy vas elke dag vir 16 uur lank en eet dan in die 8-uur vensterperiode. Dit kom daarop neer
dat jy een van jou etes oorslaan. Indien jy iemand is wat in elk geval nie eintlik ontbyt eet nie,
werk dit goed om bv. ontbyt oor te slaan en jy begin jou dag dan met middagete. Vir die
individue wat nie hul aandete saam met hul gesin wil mis nie, vas jy dan na aandete vir 16 uur
(bv. indien jy seweuur eet, breek jy jou vas met ‘n ‘brunch’ teen elfuur/twaalfuur die volgende
dag. Die 16/8 metode is tans die gewildste benadering tot ‘intermittent fasting’. Baie mense
wat bv. Die 11 uur tot 7 uur IF plan volg, eet 11 uur ‘ontbyt’ dan ‘middagete’ en dan ‘aandete’
om dit vir hulleself makliker te maak, met peuselhappies (snacks) tussenin.

Gesondheidsvoordele
Navorsing toon dat die ‘intermittent fasting’ eetplan help nie net om vet te verbrand nie,
maar gee ook aanleiding tot voordelige metaboliese veranderinge wat organe teen chroniese
siektes beskerm soos bv. tipe 2 diabetes, hartsiektes, neuro-degeneratiewe afwykings, soos
Alzheimersiekte, en sommige kankers. Navorsing het ook getoon dat dit help met hormoon

2
regulering, verbetering in insulienweerstandigheid asook verlaging van inflammasie. ‘n
Interessante verskynsel wat plaasvind wanneer jy vas is outofagie (autophagy). Dit is ‘n proses
waartydens jou liggaam ontslae raak van ou selle en nuwe gesonde selle vorm. Jy vernuwe
as’t ware jouself.

Wat mag jy drink of eet?


Tydens die vasperiode mag jy water, sodawater, koffie en tee drink, solank dit sonder melk
en suiker is. Vrugstesap, melk, jogurt, alkohol en suikerversoete koeldranke word nie toeglaat
tydens die vasperiode nie. Let wel, wanneer jy wel mag eet, moet daar steeds ‘n fokus wees
op gesonde kos en moet jy porsie-beheer toepas. Jy gaan nie gewig verloor indien jy jou
vergryp aan suiker en ander ongesonde hoë-energie kosse asook gemorskos nie. Ook nie as
jy probeer ‘opmaak’ vir die 16 ure wat jy nie geëet het nie!! Om dit makliker te maak het ek
vir julle ‘n gesonde IF eetplan opgestel – en dis vegan/vegetariër vriendelik!

Hoe om ‘Intermittent fasting’ te gebruik


Die 16/8 vas-styl is tans die gewildste en mense vind dit die mees volhoubare manier van
‘intermittent fasting’ en dis ook die metode wat op hierdie groep gebruik word. Wanneer jy
die 16/8 vasmetode gebruik, gaan jy vir 16 ure vas en binne die 8-uur vensterperiode eet.
Kom ons gestel jy eet 19:00 gewoonlik aandete. Jy sal dan vas vir 16 ure vanaf 19:00 tot 11:00.
Jy breek dan jou vas met OF Ontbyt OF Middagete OF ‘n ‘Snack’ maw jy kies slegs een. As jy
bv. ontbyt geëet het, eet jy weer later die dag OF Middagete OF ‘n ‘Snack’. Aandete sal dan
volg en sal jy weer vas vir 16 ure nadat die aandete geëet is. Jou eetvenster is dus van elf tot
sewe. Maar dit is heeltemal jou eie keuse wanneer jy 16 ure vas en wanneer jy 8 ure eet –
daar is geen reg of verkeerd nie.

Is ‘Intermittent fasting’ veilig?


Hierdie onderbroke vas is nie vir almal nie. Enige persoon wat intermittent fasting wil probeer
moet dit eers met hul dokter bespreek. Mense met enige metaboliese siekte soos diabetes,
moet die vasdieet onder toesig van ‘n dokter of dieetkundige aanpak.

Mense wat nie ‘intermittent fasting’mag doen nie sluit in kinders onder 18 jaar, swanger
vroue of vroue wat borsvoed, asook individue met ‘n geskiedenis van eetversteurings. Dit is
altyd ‘n goeie idee om enige lewensstylveranderings met jou gesondheidsversorger te
bespreek.

3
Gaan ek sleg voel op die plan?
Party mense voel besonder skerp en energiek op die vasdieet, terwyl ander geïrriteerd en tam
is, sukkel om te konsentreer en heeltyd aan kos dink – veral aan die begin. Dit kan die liggaam
soms 2 tot 4 weke neem om gewoond te raak aan hierdie manier van eet. Indien jy egter
Gummy Berry Juice gebruik, kan jou liggaam so vinnig as 2 dae reg wees en sal jy nie probleme
hê soos lae bloedsuiker en moegheid nie omdat die Gummy Berry Juice jou liggaam se
bloedsuikervlakke stabiliseer. Let wel, dat ‘intermittent fasting’ verskillende uitwerkings op
verskillende mense het. Praat met jou dokter indien jy ongewone simptome begin ervaar soos
bv. angstigheid, erge naarheid en/of erge hoofpyne.

Water is ALTYD belangrik maar met IF is dit selfs meer belangrik as met die 28 Dae Eetplan.
Omdat jou liggaam vir ‘n redelike lang periode nie kos kry nie is dit noodsaaklik om genoeg
vloeistof in te neem. Dit keer ook dat jy hoofpyne kry en help om van daai vetjies ontslae te
raak.

Vervang Intermittent Fasting die 28 Dae Eetplan?


Nee glad nie! IF en die 28 Dae Eetplan is twee TOTAAL verskillende eetplanne. Die twee kan
ook glad nie gekombineer word nie, maw jy kies OF die een, of die ander. Kies ‘n plan wat jy
voel jy optimaal mee gaan verloor, en die gemaklikste mee voel. Onthou, die 28 Dae Eetplan
is ‘n streng kalorie-beheerde eetplan. Die IF eetplan gaan jy ontsettend baie selfbeheersing
moet hê want daar is nie veel ‘mag nie en moenie’ nie, behalwe dat jy nie tydens die
vastingperiode mag eet nie. Daar is egter ‘n IF Eetplan beskikbaar vir die van ons wat riglyne
nodig het en verkies om by ‘n spesifieke plan te bly.

Watter Slender Living / 28 Slender produkte word aanbeveel saam met I.F.?
Jy kan nooit verkeerd gaan met Gummy Berry Juice nie! Dis ‘n kragtige eetlusdemper,
‘cravings killer’, help om jou bloedsuikervlakke te stabiliseer en gee jou hope energie. Dis ‘n
NATUURLIKE produk, met geen gemors daarin soos epihidrien of duromine nie en dit is veilig
vir diabete en mense met hoë bloeddruk en lae bloeddruk. Dit was vir my ‘n absolute moet
met die I.F. eetplan – ek sou dit beslis nie sonder Gummy Berry Juice gemaak het nie.

Slender Living produkte wat goed saam met die I.F. eetplan werk is:

Die Fat Blocker – vir daardie stoute etes soos pizza of braai-aande!

4
Die Fat Burner – die produk help om inflammasie in jou liggaam te beveg terwyl jy slaap sodat
jy optimaal gewig kan verloor.

Die Slender Snack Meal Replacement Shake – ‘n HEERLIKE ‘melkskommel’ wat soos kroek
voel, al is dit glad nie! Kies tussen sjokolade, aarbei of vanilla geure. Gebruik die shake in plaas
van middagete om te help om nie teveel kilojoules in te neem nie. Dit kan enige ete vervang
of selfs as in die plek van ‘n ‘snack’ geniet word.

Slender Sachets – 'n AWESOME produk om saam met die IF en die 28 Dae Eetplan te gebruik
- veral as jy soos ek is en sukkel om water te drink. Jy gooi een sakkie in 500ml tot 750ml
water, en VOILA! Jou water proe lekkerder, jy word nog meer dors terwyl jy dit drink en dit
onderdruk jou eetlus - 'n absolute wen-wen! Een sakkie het slegs 8 kalorieë maar die BESTE
is dat hierdie 'Slender Sachets' choc en bloc VOL vitamienes is!

Gummy Reset – is VOL Vitamiene B, C, Magnesium en die wonderkruid Ashwaghanda,


Rhodelio en Holy Basil. Daar is SO baie voordele: Dit help om kortisolvlakke te balanseer,
help met slaaploosheid, bevorder skildklierfunksie, ‘boost’ immuniteit en help teen
moegheid. ‘Reset’ jou sisteem vir ‘n week voordat jy ‘n eetplan begin en gebruik dit daarna,
en sien wat se verskil dit maak!

Detox Drops - kan al die verskil vir jou maak as jy stadig vorder of nie genoeg resulate sien op
die plan nie. Dit is ook 'n baie goeie hulpmiddel gedurende die eerste week van die 28 Dae
eetplan, wat die detoksweek is.

Kollageen – verkrygbaar in poeier, vloeistof en ‘gummies’ kan jy nooit verkeerd gaan met
kollageen nie! Daar is soveel voordele: Sterker, gloeiende vel, hare, naels, tendon en been
sterkte, haargroei, verbeter spysvertering, bevorder goeie ingewande gesondheid, beter
slaap kwaliteit, verminder voorkoms van selluliet, hou gewrigte gesond en bevorder
sirkulasie. 'n FANTASTIESE produk met SOVEEL voordele!!! En op die plan help dit regtig om
jou voller te laat voel ook!

Vir meer info op die produkte of om te bestel, gaan loer asb na die aanlynwinkel op die skakel
hieronder. www.28slender.co.za/products Om te sien of daar ‘n rep in jou area is, loer gerus
hier:

https://www.facebook.com/groups/1499627750287965/posts/2980657962184929

5
Ek het besluit om die I.F. eetplan ook op hierdie groep te plaas omdat soveel mense gevra het
vir ‘n alternatief vir die 28 Dae Eetplan – vir watter rede ookal. Dit ‘vervang’ egter nie die 28
Dae nie – dit is ‘n totale anderse, en unieke manier van gewig verloor. Nou het jy ‘n keuse
tussen twee UITSTEKENDE eetplanne – waarvoor wag jy?

NS:

Begin asseblief enige posts oor Intermittent Fasting op die Oorspronklike 28 Dae Facebook
Groep met die hashtag #VAS sodat ons die 28 Dae Eetplan en die Intermittent Fasting vrae
apart kan hou.

6
Eetplan:

7
Meer inligting:

https://maroelamedia.co.za/leefstyl/gesondheid/pak-so-die-onderbroke-vas-dieet-aan/

https://www.rooirose.co.za/vasbyt-is-dit-dalk-tyd-om-die-vas-dieet-te-probeer/

https://welstand.solidariteit.co.za/onderbroke-vas-hoe-werk-dit/

https://www.goodto.com/wellbeing/diets-exercise/16-8-diet-plan-289305

You might also like