Huurkontrak

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 5

HUURKONTRAK

Aangegaan deur en tussen

-------------------------------------------------------------------------------------------
Hierna genoem die VERHUURDER aan die een kant

En

----------------------------------------------------------------------------------------------
Hierna genoem die HUURDER aan die anderkant en wat boerdery bedryf

NADEMAAL

1. Die verhuurder verhuur en die huurder huur die ondervermelde getal diere, van ‘n Jersey
melkkudde soos uiteengesit, van die verhuurder. Die diere en produksie fases word in aanhangsel
A uiteengesit.

2. Die verhuurder sal geregtig wees om te enige tyd ‘n ander regspersoon of natuurlike persoon te
nomineer, ook deur testamentêre bemaking/stipulasie as verhuurder in sy plek, met dien verstande
dat die ander terme van die huurkontrak dieselfde bly.

3. Die verhuurder en die huurder is eensgesind oor die voorwaardes waarop daar aldus gehuur en
verhuur word, mits sodanige voorwaardes op skrif gestel word.

DERHALWE GETUIG HIERDIE OOREENKOMS:

1. TERMYN

Hierdie huurkontrak sal geag word om ’n aanvang te neem op __________________________


______________ ondanks die datum waarop dit onderteken is en duur voort vir ‘n tydperk van drie
(3) jaar vanaf en met inbegrip van sodanige datum tot en met ________________________
_____________________.

Die verhuurder verleen aan die huurder die eerste opsie om die kontrak te hernu vir ‘n verdere
termyn.

2. HUURGELD

Die huurgeld wat deur die huurder aan die verhuurder betaal moet word, is die bedrag van
______________________________________________________________________, (btw
uitgesluit) per maand. Die huurgeld sal maandeliks op die 5 de van die maand betaal word.

Die huurgeld sal in die opvolgende jaar en elke jaar daarna met die helfte van die amptelike
inflasiekoers (V.P.I) van die vorige jaar of ‘n minimum van 5 % welke die hoogste verhoog.

Die V.P.I. syfer soos gedurende Januarie/Februarie van elke jaar verkry van die Buro vir Ekonomiese
Ondersoek van die Universiteit van Stellenbosch/Reserwe Bank sal aanvaar word as die amptelike
koers.
Huurgeld sal deur die huurder direk aan die verhuurder betaal word by ‘n adres of bank van die
verhuurder se keuse.

3. BOERDERYMETODES

3.1 Die huurder moet die boerderymetodes gebruik wat daarop gerig is om te voorkom
dat die kudde agteruit gaan of uitgeput raak. Die verhuurder is verantwoordelik
om toe te sien dat goeie genetiese materiaal gebruik word om die kudde se
potensiaal te verhoog. Indien daar oor enige van die aspekte ‘n dispuut tussen die
partye ontstaan, sal die mening van ‘n onpartydige Landboukonsultant
deurslaggewend wees.

3.2 By verstryking van die kontrak moet dieselfde getal diere van dieselfde katogorie en
produksiefase soos in Aanhangsel A gespesifiseer in hierdie kontrak terug besorg
word aan die verhuurder in aggeneem die groei van die kudde soos in punt 3.6
uiteengesit.

3.3 Die huurder moet jaarliks nie later nie as 31 Desember ‘n produksieverslag aan die
verhuurder of sy aangewese Landboukonsultant deurgee.

3.4 Die huurder aanvaar geldelike aanspreeklikheid vir gevolglike skade aan heinings,
waterwerke, krale en geboue veroorsaak deur die diere wat die huurder of sy
werkers toepas in die gebruik van die fasiliteite.

3.5 Toerusting en diere van die verhuurder mag nie as sekuriteit deur die huurder
gebruik word word nie.

3.6 Die kudde van die verhuurder moet jaarliks met 10 % groei. Die huurder het die
eerste opsie om die aanteel ook te huur, maar die keuse bly by die verhuurder om
die diere te verhuur of te verkoop.

3.7 Die huurder is verantwoordelik om die kudde instand te hou en normale verliese en
swak bestuurspraktyke is die huurder se verlies, maar natuurrampe is
uitgesluit.

4. ONDERVERHURING

Die huurder of sy genomineerde mag nie die kudde soos omskryf in paragraaf (1) of gedeelte
daarvan onder verhuur en/of hierdie huurkontrak sedeer of andersins uit sy besit laat gaan of iemand
anders toelaat om enige finansiële voordeel uit die kudde te trek nie.

In die geval van die insolvensie van die huurder of sy genomineerde is die ooreenkoms onmiddellik
beeïndig.

In die geval van afsterwe van die huurder word die kontrak beёindig. Die boedel het die eerste
keuse om die kudde teen huidige markwaarde te koop of andersins neem die verhuurder besit van
sy koeie.

5. VERSEKERING

5.1 Die verhuurder is verantwoordelik vir die versekering van alle diere/toerusting
indien nodig

6. INSTANDHOUDING EN HERSTELWERK
Die huurder is verplig om op eie onkostes die toerusting wat gebruik word in dieselfde toestand te
hou by besitname met slegs redelike slytasie uitgesonder.

7. KONTRAKKOSTE

Die koste aan die opstel van hierdie kontrak en die seëls daarop sal deur die partye in gelyke dele
betaal word.

Die huurder is aanspreeklik vir enige heffings wat deur die Streeksdiensteraad of toekomstige
Streeksowerheid gehef word en wat direk uit die boerderyaktiwiteit van die huurder voortspruit.

8. VRYWARING

Die huurder onderneem hiermee om die verhuurder te vrywaar en gevrywaar te hou teen alle
gedinge, eise, vorderings, koste, skadevergoeding en uitgawes wat gehef , gebring of gemaak word
teen die verhuurder as gevolg van enige nalatige handeling of ongeluk wat uit die huurooreenkoms
mag voortspruit.

9. GESKILBESLEGTING

Die huurder stem hiermee toe tot die jurisdiksie van die landdroshof in terme van artikel 45 van Wet
44 van 1939 soos gewysig ten opsigte van enige regsaksie wat die verhuurder teen hom mag instel.

10. REG TOT INSPEKSIE EN TOEGANG

Die verhuurder sal te alle redelike tye gedurende hierdie Huurtermyn die reg hê om self of deur
sy/haar adviseurs inspeksie van die kudde uit te oefen om seker te maak dat die bepalings van
hierdie Huurkontrak nagekom en uitgevoer word.

11. VERKOOP VAN DIE KUDDE

Indien die verhuurder die kudde verkoop voor verstryking van die Huurkontrak sal dit alleen tot
uitvoering gebring kan word op voorwaarde dat hierdie Huurkontrak vir die volle Huurtermyn
eerbiedig word en sonder benadeling van regte en voorregte en met addisionele bepalings en/of
koste vir die huurder nie.

Indien die huurder self die koper is, verval hierdie Huurkontrak op datum van amptelike oordrag aan
die huurder.

Indien die verhuurder voor verstryking van die Huurkontrak die kudde wil verkoop sal hy/sy enige
skriftelike aanbod ontvang aan die huurder openbaar wat dan die geleentheid sal hê om binne
veertien (14) dae die aanbod te ewenaar of te verbeter.

Hierdie vergunning van die verhuurder plaas egter geen verpligting op hom/haar om sodanige
ewenaring of verbetering van die aanbod te aanvaar nie of om die kudde te verkoop aan die eerste
aanbieder of die huurder nie. Die verhuurder sal steeds die reg behou om, indien hy/sy dit so
verkies, die kudde te verkoop aan enige persoon teen enige prys.

Die huurder het deurgaans die eerste opsie om die kudde te koop.

Met afsterwe van die verhuurder het die huurder nog steeds die reg om die kudde te koop of te
huur vir ‘n verdere termyn.

12. REGSMIDDELS BY KONTRAKBREUK DEUR HUURDER

As die huurder in gebreke bly om enige huurgeld voor of op die opeisbaarheidsdatum te betaal of
enige van die ander bepalings van hierdie huurkontrak nie nakom nie kan die verhuurder deur
skriftelike kennisgewing die huurder aanmaan om binne veertien (14) dae sodanige huurgeld te
betaal of om die ander bepaling(s) van die huurkontrak na te kom. By gebreke aan sodanige betaling
of nakoming van die kontrak sal die verhuurder die reg hê om die huurkontrak onmiddellik te
beёindig en besit van die kudde oor te neem sonder om afbreuk te doen aan die verhuuder se regte
om onbetaalde huurgeld en rente op uitstaande bedrae en enige ander skade wat hy/sy mag ly as
gevolg van die huurder se kontrakbreuk.

13. VERONTAGSAMING VAN KONTRAKBREUK

Die verhuurder is te enige tyd geregtig om hom/haar op die bepalings van die voorafgaande
klousule te beroep, al het hy/sy vantevore enige nie-nakoming van hierdie huurkontrak deur die
huurder verontagsaam of vantevore uitdruklik of stilswyend toegestaan dat die huurder anders as
streng ooreenkomstig sy verpligtinge hierkragtens presteer.

14. MONDELINGSE VERANDERINGS NIE GELDIG NIE

Nog die verhuurder nog die huurder word gebind deur enige ooreenkoms wat strydig is met die
bepalings van hierdie huurkontrak, tensy dit vervat is in ‘n skriftelike dokument wat deur elk van hulle
onderteken is.

15. PROKUREURSKOSTE EN INVORDERINGSKOMMISSIE

Indien die verhuurder verplig is om ‘n prokureur opdrag te gee om geregtelike stappe teen die
huurder te neem ten einde die kudde weer in besit te kry en/of om agterstallige huurgeld en/of
skadevergoeding vir kontrakbreuk van hierdie ooreenkoms te vorder en/of om enige van die
bepalings hiervan af te dwing sal die huurder alle regskostes betaal wat tussen die prokureur en die
kliënt in die verband aangegaan is, met inbegrip van sodanige invorderingskommissie waarop die
prokureur geregtig is.

16. BETEKENING VAN KENNISGEWING EN KEUSE VAN DOMICILIUM CITANDI

Die huurder kies die adres van____________________________________________________


________________________________as ‘n domicilium citandi et executandi en enige kennis deur
die verhuurder aan die huurder in verband met hierdie Huurkontrak gegee en aan die huurder by
sodanige domicilium gerig en gepos word geag deur die huurder ontvang op die dag na die dag
waarop dit gepos is

ALDUS GETEKEN TE _________________________________________ op hierdie

___________ DAG van ____________________ 2005

AS GETUIES:

_________________________

_________________________ ________________________
VERHUURDER

ALDUS GETEKEN TE _________________________________________ op hierdie


___________ DAG van ____________________ 2005

AS GETUIES:

_________________________

_________________________ ________________________
HUURDER

You might also like