Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 4

TEGNOLOGIE: Verdwynpunt en perspektief Tekeninge

GRAAD 7 KWARTAAL 2 DATUM WEEK 5


Onderwerp: Metodiek: Hulpbronne:
WAT gaan ek HOE gaan ek dit onderrig? WAT gaan ek gebruik?
onderrig?
Leerders begin die Lees deur die scenario met Prente of modelle van
week met die leerders selfoontorings.
praktiese taak.
Hersien die skryf van die HB potlode en liniale
Die onderwerp is ontwerpopdrag en
strukture en hulle spesifikasies. Videos: (in Engels)
OPVOEDER gaan ‘n What is oblique
raamstruktuur van ‘n Lei leerders in die proses om projection?
selfoontoring ‘n rowwe idee te ontwikkel. https://www.youtube.c
ontwerp en maak. om/watch?v=RkheWIH
Hersien skuinsprojeksie. _odM
Scenario Hersien een verdwynpunt
perspektief. Oblique tutorial
Ontwerpopdrag en https://www.youtube.c
spesifikasies Demonstreer die stappe om om/watch?v=dKZfQw6
‘n selfoontoring te teken in: kd7g
Skets 1 aanvanklike • skuinsprojeksie
idee. • een verdwynpunt One-point perspective
perspektief https://www.youtube.c
Teken selfoontorings om/watch?v=bjhkxFDv
in: Opvoeder moniteer die D78
• skuinsprojeksie vordering en help leerders
• een verdwynpunt met tekeninge.
perspektief

Dieselfde as hierbo. As dit nie moontlik is om die Dieselfde as hierbo.


aktiwiteite uit te druk nie,
OUER kan leerders steeds die
tekeninge voltooi op ‘n
skoon bladsy. Om die
skuinstekening te teken kan
gebruik gemaak word van
die 45° driehoek wat in die
wiskunde meetkunde stel is.

LEERDER
AKTIWITEITE 1. Skryf die ontwerpopdrag.
INFORMELE 2. Voltooi die spesifikasies.
ASSESSERING 3. Maak ‘n rowwe skets met notas van die idee.
4. Voltooi die skuinstekening.
5. Voltooi die een verdwynpunt perspektief tekening.

1
Praktiese taak.

Oor die volgende paar lesse, gaan jy ’n model van ’n selfoontoring ontwerp en maak. Om dit te
doen, gaan jy deur die verskillende stadiums van die ontwerpproses werk.

Lees deur die scenario hieronder en voltooi die ontwerpopdrag en spesifikasies vir die taak.

Die selfoon ontvangs in jou dorp is baie swak. ‘n Selfoonmaatskappy, Vodacell, beplan om ‘n nuwe
selfoontoring op ’n heuwel langs jou skool te bou. Vodacell het die graad 7-leerders gevra om die
nuwe toring te ontwerp. Die toring moet ‘n model wees van ‘n raamstruktuur. Dit moet ‘n swaar
gewig kan dra. Dit moet stabiel wees en moet nie kan omval in sterk wind of storms nie. Dit moet
versterk word deur gebruik te maak van kruisverspanning en hoekplate. Die gemeenskap is ook
bekommerd oor visuele besoedeling, dus moet die toring ook inpas by die omgewing.

Skryf die ontwerpopdrag:


Ontwerp en maak ‘n ……………………………….…………….………(wat word benodig)
vir ………………………………….………. (wie) om …………………………………………….(waarvoor).
Dit sal gebou word ………………..……………………………..…………(waar)

Spesifikasies:
Identifiseer 5 spesifikasies wat genoem is in die scenario.
1. …………………………………………………………………………………………………………………….
2. …………………………………………………………………………………………………………………….
3. …………………………………………………………………………………………………………………….
4. …………………………………………………………………………………………………………………….
5. …………………………………………………………………………………………………………………….
Skryf 3 van jou eie spesifikasies neer. (byvoorbeeld: materiale, grootte of konstruksie metodes)
1. …………………………………………………………………………………………………………………….
2. …………………………………………………………………………………………………………………….
3. …………………………………………………………………………………………………………………….

Dink na oor jou taak en maak ’n rowwe skets van hoe jy dink die toring moet lyk. Maak ook notas
sodat jy later sal kan onthou waaraan jy gedink het.

Gebruik ‘n extra bladsy as jy meer spasie nodig het

2
Om jou te help om idees te ontwikkel gaan jy ‘n voorbeeld van ‘n toring in skuins-
projeksie (skuinstekening) en in een verdwynpunt perspektief teken.
Skuinstekening: Volg die stappe en voltooi die tekening hieronder.

Stap 1: Gebruik konstruksielyne Stap 2: Gebruik konstruksielyne Stap 3: Teken die kruis-
(dun lyne) om die boks te teken. (dun lyne) om die toring te teken. verspanning.

Stap 3: Maak die buitelyne Nou is dit jou beurt! Teken die toring op skaal 2:1 (twee keer die
donker. grootte). Gebruik ‘n potlood en liniaal. Die eerste deel is reeds gedoen.

Onthou: ‘n Skuinstekening is ‘n
basiese 3-dimensionele
tekening. Die kante van die
voorwerp word geteken teen ‘n
hoek van 45°.

45°

As jy nie ‘n rooster het om op te


teken nie, kan jy gebruik maak
van jou 45° driehoek in jou
wiskunde meetkunde stel.

3
Een verdwynpunt perspektief.
Volg die stappe hieronder. Ons gaan ‘n eenvoudige toring sonder kruisverspanning teken.

VP VP VP

Stap 1 Stap 2 Stap 3

Nou is dit jou beurt. Gebruik ‘n liniaal en potlood en teken die toring. Die eerste deel is vir jou
gedoen.

VP

You might also like