Onluste Skrywe Aan Ouers 17 Augustus 2023

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 2

HOËRSKOOL SWELLENDAM HIGH SCHOOL

Posbus 141, Swellendam, 6740 P.O. Box 141, Swellendam, 6740


Tel: 028 – 514 1329 Tel: 028 – 514 1329
E-pos: ontvangs@swellendamhs.com E-mail: ontvangs@swellendamhs.com

Beste Ouers

ONLUSTE IN SWELLENDAM

Ons beleef tans ‘n vreemde tyd van totale onsekerheid met die onrus in ons dorp.

Vir Hoërskool Swellendam is die veiligheid en emosionele welstand van leerders, personeel en ouers
baie belangrik. Ons dink aan elkeen wat direk geraak word deur die onluste.

Almal se omstandighede verskil en daarom vra ons dat u asb. die skool sal ondersteun met besluite en
en herskedulering van ‘n ontwrigte skoolprogram.

Ons beplanning word as volg gewysig:

Vrydag 18 Augustus 2023


• Dag 5 op rooster
• VRL nominasies sluit
• VRL nominasievergadering
• Big Brag. 09:00 in skoolsaal. Alle leerders, opvoeders, eerstespan-ouers en gr.12-ouers is welkom
om die geleentheid by te woon.

Maandag 21 Augustus 2023


• Dag 6 op rooster
• Geen saalbyeenkoms
• VRL-verkiesing
• Koshuisprefekte verkiesing
• Matriekraadnominasies open
• Graad 12 opstelle 14:00 – 17:00
• Buslyste vir interskole moet teen 09:00 by mev. Olivier ingedien word

Dinsdag 22 Augustus 2023


• Dag 7 op rooster
• Matriekraad nominasies sluit om 12:00
• Nuwe VRL word aangekondig
• Vergadering met alle genomineerde matriekraadslede en ouers om 18:00 in die skoolsaal
• Gr. 12 opstelle 14:00 – 17:00

Woensdag 23 Augustus 2023


• Dag 1 op rooster
• Interskole – Weg teen Hoërskool De Villiers Graaff
Busse vertrek om 09:00 vanaf die skool
Donderdag 24 Augustus 2023
• Dag 2 op rooster
• Matriekraadverkiesing
• Matrieks vs Res

Vrydag 25 Augustus 2023


• Dag 3 op rooster
• Matriekraadsirkus en hoofleierverkiesing
• “40 days” vir matrieks vanaf 10:30 – 14:00

Woensdag 11 Oktober 2023


• Fotodag

Vandag was 173 leerders van 371 leerders teenwoordig. Die skool gaan egter voort. Die veiligheid van
ons leerders en opvoeders sal deurgaans hoë prioriteit geniet. Indien die situasie of omstandighede
verander sal ons dadelik met ouers, per d6, kommunikeer.

Weer eens dankie vir ouers se hulp, ondersteuning en geduld gedurende die tyd.

Sterkte aan almal. VEILIG BLY.

Swellie-groete

Nicholas Pelser
SKOOLHOOF

Datum: 17 Augustus 2023

You might also like