Mondeling Bekendstelling

You might also like

Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 2

Goeie dag almal,

Vandag wil ek graag 'n buitengewone individu aan julle bekend


stel, iemand wat deur middel van sy harde werk en
vasberadenheid, 'n uitstekende prestasie gelewer het in sy
matriek jaar.

Tydens sy finale jaar van skool in 2020 moes hy die Covid-19


pandemie in die gesig staar. Nie net dit nie, maar later daardie
jaar het hy sy pa aan kanker verloor. Ten spyte die uitdagings het
hy steeds 'n fenomenale akademiese prestasie gelewer en met ‘n
94,7% gemiddeld en welverdiende plek op die Top10 uit gestap
aan die einde van matriek. Hy beland in die Top 3 in die Wes-
Kaap vir ekonomie en in die Top10 vir wiskunde.

Asof sy bordjie nie al klaar propvol was tydens sy matriek jaar


nie, het hy en twee vriende op 14 Augustus ‘n nie winsgewende
organisasie gestig met die naam CarbonSpek wat CO2 emissies
sowel as armoede aanpak. Hy het die finansiële afdeling en
toekomstige beplanning vir die besigheid gedoen.

Hy is vandag hier om vir ons almal ‘n boodskap te deel oor harde


werk, motivering en deursettingsvermoë, veral in die gesig van
uitdagende omstandighede. Hy het definitief gewys dat jy, ongeag
wat die lewe na jou toe gooi, jou kop bo water kan hou en
uitstekende prestasies kan lewer.

Hy is ook nie ‘n man waarteen jy sal wil baklei nie. Na 10 jaar se


oefening was hy in 2019 genooi na Japan om sy swart belt in
karate te ontvang. Na ‘n week se oefening onder uiterse
omstandighede het hy die gradering deurgekom en sy swart belt
met trots verwerf. Die vorige jaar, 2018 het hy met dubbel silwer
uitgestap by die nasionale kampioenskap vir Goju-kai karate.

Ek het die voorreg om te sê dat hy tans in sy finale jaar van sy


akademiese loopbaan is, waar hy Aktuariële Wetenskappe
studeer by Stellenbosch Universiteit. Hy het nie net sy
akademiese prestasies voortgesit nie, maar het ook sy passie vir
die natuur en avontuur gekombineer deur lid te word van die
Berg en Toer klub, saam met wie hy al verskeie staproetes gestap
het.
Vir die toekoms het hy groot planne. Een van sy grootste drome,
soos baie van ons s’n, is om die wêreld te sien. Hy het al ‘n paar
goeie pogings gemaak vandat hy skool verlaat het om die droom
te laat waar word. Laas jaar bevind hy homself in Indië tydens die
Junie vakansie en in die VSA tydens die Desember vakansie.
Hierdie Junie vakansie is hy op pad Amsterdam toe, maar van sy
avonture kan hy self vir julle meer vertel.

Sy voetspore lê diep getrap in die staproetes van Suid-Afrika,


maar dieper in die harte van die mense wat hom ken. Al sy
vriende en familie kan getuig van watse besonderse mens en
inspirasie hy is. Ek is trots om hierdie oud-Durbie aan julle
bekend te stel, en nog trotser om te sê dat hy my ouer broer is.
Sy prestasies is 'n herinnering dat jy, ongeag wat jy deurgaan,
kan uitstaan en 'n sukses kan maak van jouself. Hier saam met
my op die verhoog, Jean-Pierre Scholtz.

You might also like