Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 2

Juffrou De Wet- Afskeids Toespraak

Ek het vanaand die voorreg om vir Juffrou De Wet te groet, die legend
haarself.
Ek dink ek praat namens die klas as ek se ons het nog nooit ‘n
wiskunde onderwyser gehad soos Juffrou nie. Ons het die afgelope
twee jaar nie net in ‘n wiskunde klas ingestap nie, maar in ‘n drama,
kuns, filosofie en all around life-hacks klas. Juffrou het, as ‘n oud
Durbie, hier ingestap om presies te bring wat Hoerskool Durbanville
nodig gehad het.
Vir die van julle wat nie die voorreg gehad het om elke dag Juffrou
De Wet se gesig te sien nie, wees jaloers. Ons was miskien nie elke
dag super opgewonde vir wiskunde nie, sorrie juffrou, maar ek dink
nie ek het al ooit sonder ‘n glimlag uit B21 uit gestap nie.
Julle gaan nou die word dankie baie hoor, maar ons het dit die
afgelope twee jaar nog nie genoeg gese nie. Dankie vir juffrou se
grappies, menswees en omgee. Dankie dat Juffrou die tipe juffrou is
wat plante uit die seuns badkamer red en dat juffrou altyd n rympie of
storie het om wiskunde te verduidelik.
Laastens se ek dankie vir juffrou se persoonlike aandeel in my lewe.
Dankie dat juffrou my kon inspireer, dat ek by juffrou kon leer hoe
om ‘n slimmer, cooler mens in die samelewing te wees. Juffrou is ‘n
rolmodel, nie omdat ek nou juis ‘n onderwyser wil word nie, maar
omdat juffrou vir ons gewys het dat jy elke dag net jouself kan wees,
en dat dit oorgenoeg is.
Ek en baie ander gaan juffrou verskriklik mis, en juffrou kan my enige
dag bel as juffrou weer n babysitter soek. Ek weet Juffrou gaan nog
baie generasies raak, maar ons sal virewig juffrou se eerste graad 11
klas in HSD bly. Dankie dat juffrou dit so ‘n voorreg gemaak het om
by juffrou klas te he.
Rieze Scholtz

You might also like