DIE MINISTER VAN POLISIE V DE BEER 1970 (2) SA 712 (T)

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 2

Source:

South African Law Reports, The (1947 to date)/CHRONOLOGICAL LISTING OF CASES – January 1947 to October 2023/1970/Volume 2: 545 ­ 783 (June)/DIE
MINISTER VAN POLISIE v DE BEER 1970 (2) SA 712 (T)

URL:
http://jutastat.juta.co.za/nxt/gateway.dll/salr/3/20283/20525/20551?f=templates$fn=default.htm

DIE MINISTER VAN POLISIE v DE BEER 1970 (2) SA 712 (T)


1970 (2) SA p712

Citation 1970 (2) SA 712 (T)

Court Transvaalse Provinsiale Afdeling

Judge Ludorf R, Bekker R en FS Steyn R

Heard March 12, 1970

Judgment March 24, 1970

Annotations Link to Case Annotations

Flynote : Sleutelwoorde
Polisie ­ Gedinge teen ­ Tydperk van ses maande in art. 32 van Wet 7 van 1958 ­ Berekening van ­ Die computatio civilis­metode moet toegepas
word.
Headnote : Kopnota
B Die ses maande­tydperk genoem in artikel 32 van Wet 7 van 1958 moet volgens die computatio civilis­metode bereken word.
Flynote : Sleutelwoorde
Police ­ Actions against ­ Period of six months in sec. 32 of Act 7 of 1958 ­ Calculation of ­ The computatio civillis method must be applied.
Headnote : Kopnota
The six months period mentioned in section 32 of Act 7 of 1958 must be calculated according to the computatio civilis method.
Case Information
Appèl teen 'n beslissing in 'n landdroshof. Die feite blyk uit die uitspraak.
C C. P. Joubert, S.C., namens die appellant: Die woord 'maande' in art. 32 van Wet 7 van 1958, beteken kalendermaand, sien art. 2 (vi) van
Wet 33 van 1957, soos gewysig. Art. 4 van Wet 33 van 1957 is alleen van toepassing op die berekening van 'n aantal dae waar 'n statuut 'n
bepaalde aantal dae vir die verrigting van 'n handeling of vir enige D ander doel voorskryf. Dit is dus nie van toepassing op die berekening van 'n
tydperk van 'n aantal maande wat deur 'n statuut voorgeskryf word nie. Die gemeenregtelike wyse van tydsberekening is dan van toepassing,
soos in die onderhawige geval: Steyn, Uitleg van Wette, 3e druk, bl. 157. Volgens die gemenereg is daar drie metodes waarvolgens E
tydsberekening gedoen kan word: (a) computatio naturalis, (b) computatio civilis. Die wyse waarop die computatio civilis bereken is word
uiteengesit in Holmes v North Western Motors, 1968 (4) SA te bl. 203; Joubert v Enslin, 1910 A.A. te bl. 35, 37; S.A. Mutual Fire & General
Insurance Co. Ltd v Fouche en 'n Ander, 1970 (1) SA te bl. 309. (c) Computatio extraordinaria. Hierdie computatio i s b y w y s e v a n F
uitsondering aangewend, Kleynhans v Yorkshire Insurance Co. Ltd., 1957 (3) SA te bl. 549; Somdaka v Northern Assurance Co. Ltd., 1962 (4)
SA 764; Joubert v Enslin, 1910 A.A. 6; Steyn, op. cit. bl. 157. In ons regspraak word die computatio civilis aanvaar as die gebruiklike
gemeenregtelike metode van tydsberekening, Steyn, op. cit. 157; Joubert G se saak en Kleynhans se saak, supra; Tiopaizi v Bulawayo
Municipality, 1923 A.A. 317. In Nair v Naicker, 1942 NPD 3, het die volle Natalse regbank geweier om Versveld v S.A.R. & H., 1937 CPD 55, na te
volg. Sien ook Somdaka se saak, supra, te bl. 767, en Holmes se saak, supra, te bl. 204; Lammas v Nicholls & Alderson, 1911 T.P.D. 968; Craig
v. H Park, 1914 T.P.D. 96; Herold v Clur, 1937 T.P.D. 329; Spear v Barberton Municipal Council, 1941 T.P.D. 46. Respondent se eisoorsaak het op
5 Augustus, 1967, ontstaan, vgl. Stolz v Pretoria North Town Council, 1954 (1) SA 110; McKenzie se saak, 1922 A.A. 16. Respondent moes sy
dagvaarding binne ses

1970 (2) SA p713

LUDORF R
maande uitgereik het. Betekening van die dagvaarding binne die tydperk is nie nodig nie, Nxumelo v Minister of Justice and Others, 1961 (3) SA
663; Labuschagne v Labuschagne, 1967 (2) SA 575. Dus waar respondent sy dagvaarding op 5 Februarie 1968 uitgereik het, het sy A
vorderingsreg teen appellant reeds verval, Dease v Minister of Justice, 1962 (2) SA 302. Die vraag is egter of die feit dat die Wetgewer die
woord 'nadat' in art. 32 gebruik het 'n aanduiding is dat dit sy bedoeling was dat die berekening van die ses maande verjaringstermyn eers op die
dag nadat die eisoorsaak ontstaan het 'n aanvang moes neem. B Indien dit die geval sou wees dan sou die gewone siviele metode vir die
berekening van die ses maande verjaringstermyn se aanvang met een dag verskuif word vanaf die dag waarop die eisoorsaak ontstaan het na
een dag daarna sodat dit in die onderhawige geval op 6 Augustus 'n aanvang sou neem en tot en met 5 Februarie inklusief sou strek sodat
respondent sy dagvaarding op die laaste dag van ses maande C verjaringstermyn uitgereik het. Die effek hiervan sou wees dat dit die Wetgewer
se bedoeling was om in art. 32 'n onderskeid te tref tussen die dag waarop die eisoorsaak ontstaan het en die aanvangsdatum vir die berekening
van die ses maande verjaringstermyn. Die Wetgewer moet immers geag word om bewus daarvan te wees dat 'n eisoorsaak voortspruitende uit D
'n botsing ontstaan sodra die botsing plaasgevind het, d.w.s. op die dag waarop die botsing plaasgevind het: vgl. Bahadur v Jex, 1933 NPD 572.
Dit sou meebring dat art. 32 dan soos volg gelees moet word: 'Enige siviele geding . . . moet ingestel word binne ses maande na die datum
waarop die eisoorsaak ontstaan het . . .' Dit word aan die hand gedoen dat daar geen aanleiding in art. 32 of in Wet 7 van 1958 is waarom die E
Wetgewer nie beoog het dat die gewone siviele metode vir die berekening van die ses maande verjaringstermyn nie toegepas moet word vanaf
die dag waarop die eisoorsaak ontstaan het nie: du Plessis v United African Furnishing Co., 1921 OPD 156; Salkinder v Magistrate of De Aar,
1931 CPD 36; Swarts v Minister of Justice, 1940 T.P.D. 210; Bahadur se saak, Nair se saak en Holmes se saak, supra.
F J. H. Conradie, namens die respondent.
Cur. adv. vult.
Postea (Maart 24).
Judgment
G LUDORF, R.: In die hof a quo het die respondent 'n dagvaarding vir die verhaal van skadevergoeding van die appellant as gevolg van 'n
botsing tussen respondent se voertuig en 'n voertuig bestuur deur 'n werknemer H van die appellant binne die bestek van sy diensverband,
uitgereik. Die botsing het na bewering op die 5de Augustus 1967 plaasgevind en die dagvaarding is op die 5de Februarie 1968 uitgereik. 'n
Spesiale pleit waarin appellant aangevoer het dat respondent versuim het om sy dagvaarding binne ses maande nadat die skuldoorsaak ontstaan
© 2018 Juta and Company (Pty) Ltd. Downloaded : Thu Nov 02 2023 16:36:40 GMT+0200 (South Africa Standard Time)
het, soos bepaal in art. 32 van die Polisiewet, 7 van 1958, uit te reik is deur die landdros verwerp. Teen hierdie beslissing van die landdros kom
die appellant nou in hoër beroep.
Judgment
G LUDORF, R.: In die hof a quo het die respondent 'n dagvaarding vir die verhaal van skadevergoeding van die appellant as gevolg van 'n
botsing tussen respondent se voertuig en 'n voertuig bestuur deur 'n werknemer H van die appellant binne die bestek van sy diensverband,
uitgereik. Die botsing het na bewering op die 5de Augustus 1967 plaasgevind en die dagvaarding is op die 5de Februarie 1968 uitgereik. 'n
Spesiale pleit waarin appellant aangevoer het dat respondent versuim het om sy dagvaarding binne ses maande nadat die skuldoorsaak ontstaan
het, soos bepaal in art. 32 van die Polisiewet, 7 van 1958, uit te reik is deur die landdros verwerp. Teen hierdie beslissing van die landdros kom
die appellant nou in hoër beroep.
Art. 32 van die Wet lui:

1970 (2) SA p714


LUDORF R
'Enige siviele geding teen die Staat of enige persoon, ten opsigte van enigiets uit hoofde van hierdie Wet gedoen, moet ingestel word binne ses maande nadat
die eisoorsaak ontstaan het, en skriftelike kennisgewing van enige siviele geding en van die oorsaak daarvan moet aan die verweerder gegee word minstens
een maand voordat dit ingestel word.'

A Wanneer die hof te doen het met die toepassing van die bepalings van 'n klousule in 'n Wet of 'n kontrak in gegewe feitlike omstandighede,
dan besluit die hof volgens die bedoeling van die Wetgewer of kontrakterende partye soos daardie bedoeling weergegee is in die klousule. Die
bedoeling word gevind in die woorde wat gebruik is, en deur aan daardie woorde die betekenis te gee soos hulle verstaan word in B die gewone
gebruik daarvan in die mond van mense wat daardie taal ken en gebruik in hulle alledaagse omgang met mekaar.
Indien die woorde wat gebruik is in die klousule, of in enige sinsnede daarvan, of indien slegs bepaalde woorde daarin gebruik, vatbaar is vir C
meer as een bedoeling in die bepaalde gebruiksverband, of as daar met redelikheid gesê kan word dat daar onsekerheid is omtrent die bedoeling,
dan moet die hof hom laat lei deur sekere hulpmiddels by die uitleg daarvan.
Die ses maande­tydperk genoem in art. 32 is kalender maande volgens die bepalings van art. 2 (vi) van Interpretasiewet, 33 van 1957, maar die
D begrip 'nadat die eisoorsaak ontstaan het' is vatbaar vir twee vertolkings. Eerstens kan dit beteken soos die landdros bevind het dat:

'Waar dus 'n bepaling verwys na 'n aantal maande na die datum van die gebeure, begin die termyn nie op die dag van die gebeure loop nie, maar op die dag
daarna.'

E Tweedens soos mnr. Joubert betoog het namens die appellant kan dit beteken dat die termyn inderdaad op die dag van die gebeure begin
loop.
Aangesien art. 4 van die Interpretasiewet slegs behulpsaam is by die berekening van 'n aantal dae genoem in 'n statuut moet die
gemeenregtelike wyse van tydsberekening hier toegepas word, wat drie metodes voorskryf. Steyn, Uitleg van Wette, 3de uitg., bl. 157.
F (1) Computatio naturalis, d.i. 'n berkening vanaf die uur van die dag waarop die gebeure plaasgevind het tot op die ooreenstemmende
uur van die laaste dag van die voorgeskrewe tydperk.
(2) Computatio civilis, d.i. 'n berekening met insluiting van die G kalenderdag waarop die gebeure plaasgevind het en uitsluiting van die
laaste dag van die voorgeskrewe tydperk.
(3) Computatio extraordinaria, d.i. 'n berekening met insluiting van die eerste en die laaste dag van die voorgeskrewe tydperk.
Al die gesag in ons Howe dui daarop dat die siviele berekening H (computatio civilis) in ons hedendaagse reg die geldende een is en hoewel die
minderheid in Kleynhans v Yorkshire Insurance Co. Ltd., 1957 (3) SA 544 (AA), by oorweging van die woorde 'na verloop van 'n tydperk van
twee jaar . . .' van mening was dat die buitengewone gemeenregtelike reël moet geld, het die meerderheid besluit dat slegs afgewyk kan word
van die siviele berekening as dit uit die Wet blyk dat die Wetgewer so bedoel het.
Mnr. Conradie het in sy betoog namens die respondent verwys na du Plessis v United African Furnishing Co., 1921 O.P.A. 156, en 'n reeks sake
wat daarop gevolg het, waarin du Plessis se saak met goedkeuring

1970 (2) SA p715


LUDORF R
aangehaal is en waarin die siviele berekening toegepas is by oorweging van die woorde 'from', 'nadat' en 'within' waar hulle in wetgewing
voorkom, vgl. Bahadur v Jex, 1933 N.P.A. 572; Salkinder v Magistrate of De Aar and Another, 1931 K.P.A. 36; Nair v Naicker, 1942 N.P.A. 3;
Spear v Barberton Municipal Council, 1941 T.P.A. 46; Herold v Clur, 1937 T.P.A. 329.
A Volgens mnr. Conradie se betoog is hierdie sake verkeerd beslis, omdat die reg dit nie goedkeur dat breukdele van 'n dag getel word nie en
dat woorde soos 'from', 'na', 'nadat' en 'within' logies vertolk beteken dat getel moet word vanaf die eerste dag na die dag waarop iets gebeur
het. B Hy steun as gesag vir hierdie stelling op die beslissing in National Bank of South Africa Ltd v Leon Levson Studios Ltd., 1913 AD 213. Die
Hof het besluit dat betaling binne 15 dae na die dag waarop die huur betaalbaar was bereken moes word sodat die volle 15 dae moes verloop na
die dag waarop die huur betaalbaar was. Hier het die Hof C te doen gehad met die uitleg van 'n kontrak en aangesien die huur enige tyd op die
eerste dag van die maand betaal kon word moes daardie dag nie getel word nie. Dit was die bedoeling van die kontrakterende partye en het nie
te doen gehad met 'n breukdeel van 'n dag of die siviele berekening nie.
Mnr. Conradie het ook gesteun op Versveld v SA Railways & Harbours, D 1937 K.P.A. 55. Daardie beslissing is reeds in twyfel getrek en in Nair v
Naicker, 1942 N.P.A. 3, het die volle Regbank geweier om Versveld se saak na te volg, vgl. Somdaka v Northern Assurance Co. Ltd., 1961 (4) SA
764 (D) te bl. 767; Holmes v North Western Motors (Upington) (Pty.) Ltd., 1968 (4) SA 198 (K) te bl. 204­5.
E Afgesien van my mening dat op al die dwingende gesag die huidige geldende reël vereis dat die siviele berekening toegepas moet word in alle
gevalle waar die woorde wat gebruik word nie 'n ander maatstaf voorskryf nie, is daar ook die oorweging van regsekerheid wat geen verandering
op hierdie tydstip toelaat nie.
In Joubert v Enslin, 1910 AD 6 te bl. 37, meld INNES, A.R., dat die F siviele berekening reeds vyftig jaar van toepassing was in ons reg en in
Swarts v Minister of Justice, 1940 T.P.A. 210, sê MURRAY, R., dat die toepassing van die siviele berekening die algemene gebruik is. In Kleynhans
se saak, supra te bl. 550, spreek SCHREINER, A.R., hom uit oor die wenslikheid dat daar sekerheid moet wees oor die toepassing van die G reël
tensy die bewoording duidelik iets anders vereis en in A.A. Mutual Insurance Association, Ltd v Tlabakoe, 1970 (1) SA 302 (AA) te bl. 315,
verwys STEYN, H.R., weer na die algemene metode waarvan alleen afgewyk word uit hoofde van 'n ander bedoeling.
Na my mening het die landdros fouteer en die appèl moet slaag met koste. Die bevel in die hof a quo word gewysig om te lees 'Aksie van die
hand H gewys met koste'.
BEKKER, R., en F. S. STEYN, R., het saamgestem.
Appellant se Prokureur: Staatsprokureur. Respondent se Prokureurs: van der Merwe en Gildenhuys.

© 2018 Juta and Company (Pty) Ltd. Downloaded : Thu Nov 02 2023 16:36:40 GMT+0200 (South Africa Standard Time)

You might also like