Download as txt, pdf, or txt
Download as txt, pdf, or txt
You are on page 1of 6

Kuns en kultuur

DRAMA🩷

STRUKTUUR VAN Ń TONEEL

Die struktuur van die toneel is die manier waarop die toneel vanaf 'n idee na 'n
hele toneel opgebou word. 'n Improvisasie is 'n kort toneel wat julle as groep
skep, sonder dat daar 'n teks is. Julle moet eers kyk hoe 'n toneel gestruktureer
word.

TEGNIESE HULPMIDDELS

Rekwisiete: dit word dikwels deur die akteurs "props" genoem en is die voorwerpe
wat die karakters besit of nodig het om aan die toneel te kan deelneem. Dit is die
"eiendom" van die karakters. iemand wat
byvoorbeeld die rot van 'n sokkerspeler het, kan 'n sokkerbal as 'n rekwisiet hê.
Die sokkerbal "behoort" aan die sokkerspeler. 'n Sakeman kan ‘n aktetas dra. 'n
Onderwyser kan 'n rooi pen hê. Besluit oor watter rekwisiete julle in die
toneelstuk nodig het en begin om dit bymekaar te maak. Julle kan dit ook van papier
en verf maak, afhangend van wat dit is.

Dekor: dit is die meubels op die verhoog wat gebruik word om die ligging van die
toneelstuk voor te stel. Dit is die omgewing wat julle vir die karakters skep.
Voorbeeld: as julle 'n sitkamer skep, kan julle 'n tafel en ‘n paar stoele op die
verhoog hê.

Kostuums: dit is die klere wat die karakters dra. Dit is belangrik, aangesien dit
vir ons baie van die karakters vertel. Kyk na julle karakter/s en besluit watter
klere hulle moet dra. Maak seker dat julle hulle ouderdom, beroep, tipe
persoonlikheid, geskiedkundige tydperk en sosiale status in ag neem. Bring klere
van die huis af by wat julle karakter sal pas, of leen by maats indien nodig. As
julle die hulpbronne het, kan julle kostuums skep van stukkies lap, tinfoelie,
plastiek, karton of wat ook al anders beskikbaar is. Probeer om 'n kostuum te skep
wat so na as moontlik is aan wat julle vir julle karakter sou wou hê as hulpbronne
beskikbaar was.

Basiese beligting: alle toneelstukke het beligting nodig, anders sal die akteurs
nie gesien word nie. Julle het in julle klaskamer waarskynlik sonlig wat deur die
vensters kom of elektriese ligte as dit bewolk of in die aand donker is. In
professionele teaters is daar talle verskillende ligte wat verskillende effekte
skep. Julle kan van die effekte in die klaskamer skep as julle toegang het tot 'n
paar enkel los ligte.

Kantligte~ deur lig van die kant af te laat skyn, word 'n akteur se vorm
gedefinieer. Dit is veral effektief wanneer danse opgevoer word, aangesien die vorm
van die liggaam duidelik gesien kan word.

Agterligte~as jy die ligte van agter die akteur af skyn, is dit moeilik om sy/haar
gesig te sien. Dit skep egter 'n blink kring om sy kop, wat die indruk skep dat hy
'n god is of op een of ander manier spesiaal is.

Vloerligte~ as jy 'n lig van die vloer af op 'n akteur laat skyn, gee dit 'n
heeltemal ander effek omdat dele van die gesig wat uitstaan, soos die neus of ken,
skaduwees op die gesig gooi en dit skrikwekkend laat lyk. Hierdie effek word
gebruik as jy 'n monster wil skep, of iemand vir wie mense bang moet wees.
Plafonligte~ hierdie ligte word direk bokant die akteurs geplaas en skyn direk van
bo af op hulle. Dit is moeilik om die gelaatstrekke van die akteur te onderskei,
maar dit beklemtoon die kop en die hare. Hierdie effek simboliseer dikwels 'n
spirituele persoon, aangesien die lig lyk of dit van die hemel af kom.

Kolligte~dit is 'n enkele lig wat op een of twee akteurs skyn en die res van die
groep is in die donker. Hierdie effek word gebruik om die belangrike karakters op
'n spesifieke tyd op die verhoog te beklemtoon.

Klank: dit kan gebruik word om die stemming van die toneelstuk te versterk. Flieks
speel altyd musiek wanneer daar spanning, hartseer, vreugde of liefde is.
As julle onderwyser 'n CD-speler het, soek musiek wat gespeel kan word by die
momente wat vol emosie is. Julle kan ook 'n musiekinstrument bring en iemand kan
musiek by die spesifieke momente speel, of julle kan sing. As julle die
musiekblyspel as julle teaterstyl gekies het, sal julle 'n manier moet kry om
musiek op die verhoog te maak. Musiek versterk die stemming en styl van 'n
toneelstuk en maak dit opwindend om na te kyk. Klankeffekte kan ook gebruik word om
die toneelstuk te versterk, byvoorbeeld: 'n telefoon kan lui of 'n horlosie kan
slaan. Selfs aksies kan deur klank versterk word, byvoorbeeld: As jy deur water
loop kan Iemand die geluid maak van water wat spat.

Basiese opsomming van die storie: Ouma kyk TV en sit en brei wanneer Thandi, haar
kleindogter, inkom en met die wol begin speel sonder dat Ouma dit sien. Sy draai
haarself in die wol vas. Thandi se ma kom in en begin met ouma raas omdat sy nie na
die kind omsien nie, maar nie een van hulle help vir Thandi nie. Terwyl hulle stry,
kry Thandi 'n paar breinaalde in die hande en begin om haarself los te brei. Teen
die tyd dat die twee vroue ophou stry, het Thandi 'n nuwe serp.

1. Rekwisiete: breiwerk en wol vir karakter van Ouma waarin haar kleinkind Thandi
verstrengel raak.
2. Dekor: 'n rusbank, 'n leunstoel. Dit is om die ligging van die toneel te toon.
Ook 'n TV-stel, aangesien dit
vir die ouma 'n rede gee om nie aan Thandi aandag te gee nie.
3. Kostuum: 'n ou geblomde rok vir Ouma, aangesien dit haar ouderdom beklemtoon, 'n
pienk balletrokkie vir Thandi, aangesien dit haar kreatiwiteit en spelerigheid
beklemtoon, 'n kantoorpakkie vir die ma, aangesien dit beklemtoon dat sy besig is
en die rede is waarom Thandi in die eerste plek by Ouma gelaat is.
4. Beligting: flitsende ligte van die TV om te beklemtoon dat Ouma se aandag deur
die TV afgetrek word en dat sy nie sien dat Thandi haarself in die breiwerk
vasdraai nie..
5. Klank: sagte klank van 'n spanspeletjieprogram. Dit kan opgeneem en gespeel word
of iemand kan agter die skerms praat.

KUNS🩷

KUNS ELEMENTE

• LYN
• VORM EN FATSOEN
• PERSPEKTIEF/SPASIE
• TOONWAARDE
• TEKSTUUR
• KLEUR

WAAROM IS KUNS ELEMENTE SO BELANGRIK?


Eerstens, en die belangrikste van alles, 'n persoon kan nie kuns skep sonder om
kuns elemente gebruik nie - geen elemente geen kuns.
Tweedens, deur te weet wat die elemente van kuns is, stel dit ons instaat om:
• 'n Kunstenaar se skepping te beskryf,
• Te ontleed wat in 'n spesifieke kunswerk aangaan,
• Om ons gedagtes en bevindinge in 'n gemeenskaplike taal te
kommunikeer.

LYN
'n Lang, dun merk of haal wat gewoonlik deur 'n tekeninstrument soos 'n potlood pen
of stukkie houtskool gemaak word.
Lyne kan beskrywend, EKSPRESSIEF. STATES OF DINAMIESE (gevoel van stabiliteit of
beweging) wees.
Lyne het fisiese eienskappe:
• MATES - lank, kort, dik, dun...
• RIGTING - horisontaal, diagonal, vertikaal...
• KARAKTER - meganies, beheers, sag, hard, kronkelende, wild,
senuweeagtig, lig, donker, presies, organies, anorganies, sensitief, delikaat...

FATSOEN EN VORM

FATSOEN is die twee-dimensionele (plat) vorm met 'n herkenbare rand.

VORM is 'n drie-dimensionele fatsoen. 'n Vorm het hoogte, breedte en diepte. Dit
verwys na die illusie van volume in 'n 2D kunswerk.


Vorm kan ook beskryf word as organies of geometries. Organiese vorms het rewoonlik
onreëlmatige buitelyne en word meestal beskou as vorms wat natuurlik voorkom.
Geometriese vorms word gewoonlik gesien as gekonstrueerde of vervaardigde vorms
soos kubusse, reghoeke, keëlvorms.

TOONWAARDE

TOONWAARDES verwys na die graad van lig en donker.


Vorms het nie buitelyne in die werklikheid nie. Hulle word deur lig gedefinieer -
sonder lig sien ons Been vorm nie. As ons tonale skakerings gebruik, gee ons aan
vorms 'n drie- dimensionaliteit.
Wanneer jy met toonwaardes teken, moet jy noukeurig waarneem hoe die lig op 'n vorm
val.


TEKSTUUR

TEKSTUUR verwys na die oppervlak kwaliteit of gevoel van 'n voorwerp.In visuele
kuns, kan tekstuur VISUEEL wees (gesien word) of TASBAAR (gevoel word).Ons kan die
oppervlak tekstuur van its sien deur daarna te kk, of ons kan dit voel, deur daara
an te raak. In twee-dimensionele kunswerke word die voorkoms en gevoel van 'n
voorwerp met behulp van 'n tekeninstrument geskep om te wys dat die voorwerp glad
of grof is.

KLEUR

KLEUR is een van die mees opwinden de elemente waarop ons liggame elke dag reageer,
alhoewel ons nie altyd daarvan bewus is nie. Sommige kleure se "ontspan, wees
kalm", ander sê: "Word wakker! Laat jy gaan!". Ons is gewoonlik onbewus van hierdie
boodskappe. Kleur is die resultaat van wit lig, wat deur middel van 'n glasprisma,
in enkel kleurelemente opgebreek word. Hierdie Kleurelemente is rool, oranje, geel,
groen, blou, indigo en violet. Dit is die kleure van die reenboog

die Britse fisikus (natuurkundige) Isaac Newton, wie eerste bewys het dat
natuurlike witlig 'n kombinasie van al die kleure in die sigbare kleurebeeld is.Om
kleur te kan hê, moet drie faktore bevredig word.
1. LIG: jy moet lig hê, of natuurlike daglig of kunsmatige lig.
2. OPPERVLAK: sonder oppervlakte kan daar nie lig wees nie.
3. 00G: jou oë moet suiwer liggolwe in kleur oorsit.

DIE KLEURWIEL KAN VERDEEL WORD IN:


3 PRIMERE KLEURE (ROOI, GEEL, BLOU) wat nie gemaak kan word deur die vermenging van
ander kleure nie.
3 SEKONDÊRE KLEURE (ORANJE, PERS, GROEN).
Elkeen van hierdie kleure is gemaak deur die vermenging van twee primêre kleure.
ROOL EN GEEL = ORANJE
GEEL EN BLOU = GROEN
ROOI EN BLOU = PERS
6 INTERMEDIERE KLEURE (rooi-oranje, geel-oranje, geel-groen, blou-groen, blou-pers,
rooi-pers). Hierdie kleure is tuss en die primêre en sekondêre kleure op die
kleurwiel.
Bruin is 'n TERSIÊRE KLEUR geskep deur twee komplimentêre kleure te meng.

KLEURE KAN OP VERSKILLENDE MANIERE GEGROEPEER WORD:

KOMPLEMENTER
Daar is 3 pare komplimentère kleure. (Rooi en groen / Beel en pers / blou en
oranje). Dit is alp. in paar kleure: een is 'n primêre kleur en die ander een is
die sekondêre kleur direk teenoor mekaar op die kleurwiel. Wanner langs mekaar
geplaas word, verhelder hulle mekaar.

MONOCHROMATIES
'n monochromatiese skildery gebruik variasies van slegs een kleur. 'n Suiwer kleur
alleen gebruik asook met swart en wit gemeng.

SIELKUNDIGE EFFEK VAN KLEUR.


Kleur het 'n sielkundige effek. Sommige kleure kan beskryf word as warm bv. ROOI,
ORANJE EN GEEL. Hierdie kleure lyk asof dit nader beweeg in die ruimte/komposisie
van 'n kunswerk. Hulle skep 'n gevoel van opwinding,Koel kleure is BLOU, GROEN EN
PERS. Hulle beweeg na agter in 'n skildery. Hulle het 'n kalmerende effek.

DIE BEGINSELS VAN ONTWERP

1.BALANS
Balans vervys ha die rangskilkking van die elemente om stabiliteit in in Kunswerk
te skep. Met ander woorde, dit 'lyk' en 'voel' reg.
1.1 SIMMETRIESE BALANS
Simmetriese balans is war albei kante soortgel. in visuele gewig is en mekaar byna
weerspieil.Dit lyk dikwels meer styf en formeel.

1.2 ASIMMETRIESE BALANS


Asimmetriese balans is wanner beide kante dies elfde visuele gewig het, maar nie
mekaar weerspieël nie.
Dit skep gewoonlik meer interessante komposisies.

2. RITME/BEWEGING
Dit verwvs na maniere waarop die kunselemente rangskik word om die gevoel van vloei
of beweging in 'n kunswerk te skep. Dit kan geskep word deur herhaling of
afwisseling van 'n element.

3. KLEM /FOKUSPUNT
Klem verwys na die ontwikkelende areas van belang wat die kyker se aandag trek na
belangrike dele in die werk.Dit verwys ook na fokuspunte in die komposisie. Klem
kan geskep word deur die gebruik van kleur, skakerings, ens.

4. EENHEID / HARMONIE
Dit verwys na die geheelbeeld wat geskep is deur die suksesvolle kombinasie van die
elemente in 'n kunswerk. Eenheid gee die samehangende gehalte wat 'n kunswerk
voltooi en klaar laat voel. Wanneer al die elemente in 'n werk lyk asof hulle saam
hoort, het die kunstenaar eenheid bereik.

5. KONTRAS
Kontras verwys na visuele verskille in 'n kunswerk. Kontras is 'n baie belangrik in
'n kunswerk en skep interessante komposisies en kunswerke. Dit verwys na die
verskille tussen bv . lyne, vorms, toonwaardes, kleure, ens. Helder kleure
gekombineer met 'n dowwe kleure, hoekige vorms met ronde vorms, ens.

6. PROPORSIE
Proporsie is die grootte- verhouding van dele tot 'n geheel en van hierdie dele tot
mekaar. Soms word proporsies geignoreer, vergroot of verander om 'h sekere effek te
skep soos 'n emosionele impak

DIE ROL VAN DIE KUNSTENAAR IN POPULERE KULTUUR

FAITH XLVII
Faith 47 (1979-) is ’n selfopgeleide kunstenaar van
Kaapstad wat internasionaal bekend is vir haar graffiti of straatkunswerke. Sy het
in ’n graffitikunstenaar ontwikkel vanwee haar belangstelling in punk asook enige
rebelse vorms van musiek en skaatsplankry. In haar werke reageer sy op sosiale en
eksistensiele kwessies. Sy deursoek die strate vir plekke waar die omliggende
spasie of reeds bestaande graffiti kan bydra tot haar stelling. Haar werke is
maklik herkenbaar aangesien sy egalige en grafiese beelde skep wat kontrasteer met
die omringende grieselrigheid van die stedelike omgewing. Baie van die woorde en
beelde wat sy in die stedelike omgewing voeg, is metaforiese stellings oor
menslikheid. Die gewilde en direkte boodskappe van haar beelde is ’n noodsaaklike
deel van ’n publieke kunsvorm soos graffiti waar die gehoor enigiemand is wat
verbyloop en nie noodwendig beplan om na ’n kunswerk te kyk nie.

TAMING OF THE BEASTS (TEM VAN DIE ONGEDIERTES) - FAITH 47

Faith 47 het die beelde van die twee renosters op 'n droewige buitemuur in die
buitewyke van Sjanghai, China, geskilder. Sy druk haar gevoelens en afsku oor die
stroop van renosters in Suider-Afrika in haar muurskilderye uit. Sy wou die gees
van die Afrika-renosters na Asië neem, aangesien die stroping van renosters
hoofsaaklik gedryf word deur medisinale aanvraag van Asiatiese lande.

TAMING OF THE BEASTS (TEM VAN DIE ONGEDIERTES) - FAITH 47

Faith 47 gebruik eerder die muur van 'n ou gebou as 'n skilderdoek. Sy het verkies
om die visuele beelde van die renosters op die gebreekte en vervalle muur te
skilder, wat die stroping van renosters herbevestig. Die grootte van die skildery
het 'n groot impak op die kyker. Dit versier die vaalheid van die stad en betrek
meer kykers as in 'n gallery. Faith 47 verryk die mure in stede en beeld 'n
universele boodskap van natuurbewaring uit. Die titel veronderstel dat hierdie
diere ondiere is wat getem moet word; tog is renosters nie bedoel om getem te word
nie. Die ondiere kan ook verwys na die stropers wat soos diere optree net vir die
verkryging van die horing. Die ondiere is mak nou dat hulle op die mure geskilder
is. Die beelde sal egter verbleik en uiteindelik afwas wat ook verwys na die
uitsterwing en tem van die renoster. Die mensdom se verwaarlosing van die kwessie
is duidelik sigbaar.
Aktiwiteit

1. Van waar is die kunstenaar Faith 47 afkomstig?


1. )Kaapstad, Suid-Afrika.

2. Watter temas/onderwerpe gebruik sy in haar kunswerke? Noem 'n voorbeeld.


2. )Sosiale en Eksistensiële kwessies soos bv. Renosterstropery.

3. Hoe bewerkstellig sy kontras in haar kuns?


3. )Egalige en grafiese beelde is in kontras met die grieselrigheid van die
stedelike omgewing.

4. Waar sal jy die kunswerk Tem van die Ongediertes aantref?


4. )Sjanghai, China.

5. Watter mediums het die kunstenaar gebruik?


5. )Akrielverf en watervaste conté

6. Hoe sal die impak van 'n muurskildery verskil van die impak van 'n skildery in
'n galery?
6. )Straatkuns is ‘n publieke kunsvorm wat dit toeganklik maak vir almal,nie net
die groep mense wat gallerye besoek nie. Omdat dit in die publiek gedoen word, is
die boodskap vir almal toeganklik.

7. Hoe kan die uiteindelike agteruitgang van die kunswerk gesien word as deel van
die boodskap wat Faith 47 wou oordra?
7. )Die agteruitgang van die kunswerk weerspieël die agteruitgang
en uitwissing van die renoster.

You might also like