Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 13

Besigheidstudies

Ekonomiese stelsels
Beplande ekonomie
Definisie
‘n ekonomie wat deur die regering beheer word en waar hul alle ekonomiese besluite
en produksiefaktore beheer. Die besluite word geneem o.g.v. wat hulle dink goed is
vir die mense van die land.

Voorbeelde
Sjina, Noord-Korea, Kuba

Ander naam
Bevelekonomie

2 voordele en 2 nadele
+ stabiliteit: geen skommelinge en onrus in die ekonomie
+ ekonomiese gelykheid: hulpbronne word gelyk verdeel

- ekonomiese groei: groei stadig en is nie-aanpasbaar


- beroepskeuses: geen vryheid

Markekonomie
Definisie
‘n onbeplande ekonomie waar die regering so min as moontlik inmeng om
ondernemings toe te laat om hul winste te maksimaliseer.

Voorbeelde
Australië, Nieu-Seeland, Singapoer

Ander naam
Vryemarkekonomie

Besigheidstudies 1
2 voordele en 2 nadele
+ buigbaar: kan vinnig aanpas, want individue is nie afhanklik van die regering se
voorskrifte nie.
+ vryheid: individue is vry om eie besighede te skep wat welvaart en beter
lewensstandaarde gee.
- onstabiliteit: kan lei tot periodes van hoë werkloosheid.
- vermorsing: hulpbronne word vermors a.g.v. duplisering van produkte.

Gemengde ekonomie
Definisie
‘n ekonomie waar ekonomiese besluite deur die regering sowel as privaat individue
gemaak word.

Voorbeelde
Suid-Afrika, Frankryk, Ysland

2 voordele en 2 nadele
+ stabiliteit: ‘n kombinasie van staats- en privaatondernemings lei tot beter
ekonomiese groei. Die resultaat is ‘n meer stabiele ekonomie en minder
werkloosheid.

+ anti-vermorsing: beheer deur die regering verhoed die vermorsing van natuurlike
hulpbronne.
- korrupsie: oormaat regeringsinmenging d.m.v. regulasies en wette kan lei tot
korrupsie.

- onstabiliteit: oormaat regeringsinmenging kan ekonomiese groei belemmer, wat tot


hoë werkloosheidsyfers kan lei.

Handelsblokke
‘n Aantal lande, state of streke wat saam betrokke raak in internasionale handel deur
middel van die sluit van ‘n vrye handelsooreenkoms. Sodoende word struikelblokke
verminder tydens die betrokke lande se handelstransaksies met mekaar.Dit is vrye
handelsareas met beperkte handelshindernisse en dit maak dit moontlik vir lande om
in produkte te spesialiseer, wat dit goedkoper en beter kwaliteit maak.

Besigheidstudies 2
bv. BRICS - Brasilië, Rusland, Indië, China, Suid-Afrika

Definisie van ekonomiese probleem


daar is onbeperkte behoeftes en begeertes, maar beperkte hulpbronne om dit te
bevredig

Ekonomiese kringloop
Beskrywing van ekonomiese kringloop in ‘n geslote
ekonomie
1. huishoudings verskaf aan besighede produksiefaktore (natuurlike hulpbronne,
kapitaal, arbeid en entrepreneurskap)

2. besighede betaal huishoudings vir hulpbronne, dit word vergoeding genoem.

3. besighede gebruik hierdie produksiefaktore om goedere en dienste te produseer.

4. huishoudings koop weer hierdie produkte en dienste by besighede, dit word


verbruikersbesteding genoem.

5. die regering vorm die middelpunt van die geslote ekonomie en skakel met beide
huishoudings en besighede.

6. die regering vorder belasting in vanaf huishoudings en besighede.

7. in ruil vir belasting, voorsien die regering openbare goedere en dienste aan
huishoudings en besighede.

8. die regering koop ook produksiefaktoe vanaf huishoudings en betaal aan hulle
lone, rente en huur.

Vloeidiagram

Besigheidstudies 3
Prysteorie
Alle definisies
Prysteorie - prysteorie fokus op hoe prys bepaal word deur die interaksie tussen
vraag en aanbod.

Vraag - aantal verbruikers wat bereid en in staat is om produkte teen ‘n spesifieke


prys te koop.

Individuele vraag - hoeveelheid wat een persoon vra.

Markvraag - hoeveelheid gevra van al die verbruikers.

Besigheidstudies 4
Vraagkurwe en aanbodkurwe
Vraagkurwe - die grafiek toon die hoeveelheid van ‘n produk of diens wat
verbruikers teen verskillende pryse wil koop. Dit het ‘n negatiewe gradiënt aangesien
hoeveelheid toeneem as prys afneem.
Aanbodkurwe - die grafiek toon die hoeveelheid van ‘n produk of diens wat
produsente teen verskillende pryse wil en kan aanbied. Dit het ‘n positiewe gradiënt
aangesien hoeveelheid toeneem as prys toeneem.
Markewewig is dus waar die aanbod gelyk is aan die vraag van ‘n sekere produk.

Faktore wat vraag beinvloed


1. prys: wanneer prys toeneem, sal vraag afneem.

2. verbruikersinkomste

3. verbruikers se kooppatrone: beïnvloed deur bv. modes, weer en reklame.

4. beskikbaarheid en prys van vervangingsprodukte

5. beskikbaarheid en prys van komplmentêre produkte.

6. aard van die produk: basiese behoefte of luukse item?

Faktore wat aanbod beinvloed


1. prys: indien prys toeneem, sal aanbod ook toeneem.

2. produksiekoste: as grondstowwe en hulpbronne se pryse afneem, sal meer


proukte vervaardig kan word en aanbod sal dus toeneem.

3. verbetering in tegnologie en produksiemetodes.

4. aantal verskaffers in die mark: meer produsente = aanbod styg.

5. prys van vervangings- en komplementêre produkte.

6. regeringsbeleide: bv. toename in belasting of invoerregte.

Komplementêre produkte
produkte wat gewoonlik gesamentlik gebruik word.

Substituut- of vervangingsprodukte
produkte wat dieselfde is of dieselfde behoeftes kan bevredig.

Besigheidstudies 5
Ekonomiese sektore
Primêr
Handel oor die onttrekking van grondstowwe en natuurlike hulpbronne wat dan as
rou materiale aan die sekondêre sektor verkoop word.

Voorbeelde
boerdery

vissery

bosbou

mynbou

Volhoubare gebruik van hulpbronne


hulpbronne moet vervang word of laat herstel en ontginning moet minimale impak op
die omgewing hê.

Sekondêr
produseer produkte met grondstowwe van die primêre sektor.

Voorbeelde
fabrieke bv. klerevervaardigers

konstruksie

Volhoubare gebruik van hulpbronne


goedere moet vervaardig word sonder om te besoedel en sal dus ons
koolstofvoespoor verklein. Besighede moet herwin en goedere produseer met ‘n
minimale impak op lewende wesens.

Tersiêr
bied dienste en verkoop produkte (kleinhandelbesighede)

Voorbeelde
skole

Besigheidstudies 6
gastehuise

restaurante

Volhoubare gebruik van hulpbronne


in verbruikersgedrewe ekonomieë, lei die oormatige gebruik van goeder en dienste
tot uitputting van natuurlike hulpbronne. Die welvaartgapng het ook tot ‘n ongelyke
verdeling van hulpbronne gelei. om volhoubaarheid te bevorder, moet dié sektor
verminder, hergebruik en herwin.

Besigheidsfunksies
‘n besigheid is ‘n organisasie wat aktiwiteite uitvoer met die doel om, tot voordeel
van die eienaars, wins te maak.

Besigheidsfunksie-areas
Hoofbestuursfunksie
Bestuur is die proses waardeur stelsels in plek gestel word om die doeltreffende
gebruik van hulpbronne te verseker ten einde die doelwitte van ‘n besigheid te
bereik.

‘n Goeie bestuurder moet…


1. ‘n rolmodel wees

2. luister- en kommunikasievaardighede hê

3. kan onderrig en lei

4. konflik kan oplos

5. moeilike situasies kan beheer

6. eerlik, opreg en betroubaar wees

Bestuurstake: Vier basiese elemente van bestuur

BEPLANNING
ORGANISASIE

Besigheidstudies 7
LEIERSKAP
KONTROLE

of: BOLK

Finansiële funksie
Risiko’s en uitdagings
Diefstal — van kontant en bates, d.w.s. sekuriteitmaatreëls is nodig.

Oninbare skulde — die risiko dat debiteure nie hul skuld terug sal betaal nie.

Veranderinge in finansiële markte — wissel- en rentekoers

Produksiefunksie
Verskaffing van goedere of diens wat die besigheid verkoop.

Menslike hulpbronnefunksie
Verantwoordelikhede
1. identifiseer en bestudeer betrekkings en rolle in die besigheid.

2. werf en stel geskikte kandidate vir díe posisies aan.

3. lei op en ontwikkel die nuwe personeel.

4. onderhandel met vakbonde.

5. bepaal vergoedingspakette.

6. handaaf dissipline.

7. evalueer werkers en help met hul persoonlike ontwikkeling.

Openbare betrekkingefunksie
Bestudeer die publiek se sienings en menings en verkoop idees aan die algemene
publiek.

Verantwoordelikhede
1. skep ‘n positiewe beeld.

Besigheidstudies 8
2. identifiseer en implementeer korporatiewe maatskaplike beleggingsprojekte.

3. verseker dat die besigheid se praktyke omgewingsvriendelik is.

4. identifiseer en borg woordvoeders vir die besigheid.

5. wees bewus van enige terugvoering in die massamedia en reageer gepas


daarop wanneer nodig.

Aankoopfunksie
aankoop van ALLE materiaal wat die besigheid benodig.

Bemarkingsfunksie
Bemarkingsfunksies: Vier P’s
Produk — wat is die behoeftes van die mark? Ontwerp díe produk.

Prys — bepaal die teikenmark en skep ‘n prys (solank dit hoër as die produksiekoste
is).
Plek — pad wat die produk volg na die verbruiker.

Promosie — alle aktiwiteite met ‘n vorm van promosie bv. “samples”, advertensies
ens.

Administratiewe funksie
Risiko’s en uitdagings
bewus te wees van wette m.b.t. inligting wat in die besigheid gegenereer word.

dokumente teen brande beskerm.

moet in kuberruimte of fisies gerugsteun word bv. op die “cloud”

sekuriteitsvlakke teen krakers (”hackers”)

Bemarkingsplan
Hoekom word ‘n sakeplan opgestel?
dit gee die entrepreneur ‘n deeglikse analise

kan gebruik word om kapitaal te bekom

Besigheidstudies 9
kan gebruik word vir aansoek na ‘n lening

potensiële bedreigings en uitdagings kan bekom word.

Bestuursplan
Sluit in:

tegniese beskrywing van die produk of diens

beskrywing van materiaalvereistes

lys van benodigde toerusting en masjienerie

tegniese beskrywing van die vervaardigingsproses

personeelvereistes

Visie en missie
wat die besigheid wil bereik of uitvoer en die doel hoekom dit gedoen word.

Finasiëleplan: Kapitaalbegroting en kontantbegroting


Kapitaalbegroting: wat nodig is om die besigheid te begin en bevorder en
waarvandaan dit moet kom.

Kontantbegroting: wat nodig is vir die dag tot dag bedrywighede; kan help om te sien
of die besigheid winsgewend gaan wees.

Definisie; teikenmark
Die spesifieke groep mense aan wie die besigheid hul produk of diens wil verkoop.

SSGB-analise
Sterk punte, die besigheid het beheer hieroor (interne omgewing)
Swak punte, die besigheid het beheer hieroor (interne omgewing)
Geleenthede, die besigheid het nie beheer hieroor nie (eksterne omgewing)

Bedreigings, die besigheid het nie beheer hieroor nie (eksterne omgewing)

Vakbonde

Besigheidstudies 10
Vakbonde - ‘n unie van werkers wat veg vir beter werksomstandighede of
werkersregte; hulle onderhande namens die werkers.
Uitbuit - om ‘n ander persoon onbillik te behandel om voordeel te trek uit wat hy/sy
doen.

Geskiedenis van vakbonde


vakbonde het in SA ‘n rol gespeel ten opsigte van werkersregte sowel as
politieke vryheid.

COSATU

Congress of South African Trade Unions

gestig op 1 Des 1985

grootste in SA; 33 vakbonde saamgesmelt.

Rol en verantwoordelikhede van vakbonde


1. verteenwoordiging van lede (dissipinêre verhore)

2. verskaffing van opleiding om vaardigheidsvlakke te verhoog

3. bemiddelaar tussen werkgewers en -nemers.

4. onderhandelings vir beter werkstoestande en organisasie van


nywerheidsoptrede

5. verskaffing van regsinligting en advies oor SA arbeidswetgewing.

3 tipes nywerheidsoptrede
Nywerheidoptrede - wanneer die lede van ‘n vakbond produktiwiteit verlaag.

Sloerstaking
voer pligte tot aanvaarbare minimum uit.

verlaag produktiwiteit maar voldoen aan kontrakvereistes.

ontvang steeds normale betaling.

Staking
indien sloerstaking onsuksesvol is.

Besigheidstudies 11
werk nie; staak produksie geheel en al.

geen betaling vir die tydsduur van die staking nie.

Uitsluiting
werkgewer dwing díe af wanneer onderhandelings misluk.

laat nie werkers op die perseel toe nie.

geen betaling.

dwing werkers om aanbod te aanvaar.

(vir uiterste situasies)

Vakbonde en Volhoubare ontwikkeling


Bydrae tot volhoubare groei en ontwikkeling
Volhoubare ontwikkeling - die harmonieuse verwantskap tussen die ekonomie,
samelewing en omgewing wat keer dat die toekomstige geslagte benadeel word.

Vakbonde dra by deur:

ekonomie

deur ekonomiese groei en werkskepping.

samelewing

verhoogde lewensstandaard.

omgewing

beskerming van die omgewing.

vakbonde is deel van die ekonomie en moet dus verantwoordelik wees.

Maniere waarop vakbonde volhoubare ontwikkeling kan


bevorder
1. verligting van armoede en verbetering van lewenstoestande deur verhoogde
werksverskaffing.

Besigheidstudies 12
2. verbeter vaardighede deur opleiding en ontwikkeling.

3. bevorder billike lone / vergoeding.

4. bevorder ekonomiese groei deur aanmoediging van verbeterde


produksietegnieke.

5. moedig “skoon” produksietegnieke aan om besoedeling te voorkom.

6. versekering dat werkers gedissiplineerd bly, veral by nywerheidsoptrede.

7. aanmoediging van meer doeltreffende produksietegnieke.

Besigheidstudies 13

You might also like