Taakvel GR 12 HT Gedig Op Sy Branderplank

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 3

Op sy branderplank (Petra Müller)

Beeldspraak, Stylfigure, Woordkeuse en ander


Titel Op sy branderplank • ʼn Manlike persoon “sy” op ʼn branderplank.
• Die titel is eintlik ironies, want die persoon bly nie
heeltyd op die branderplank nie.
Versreël Tipe Bewys uit teks Verklaring/ betekenis/ funksie
1 Halfrym “Hy waag hom weer teen dui aan dat die branderplankryer
(alliterasie) horisonne” vreesloos en waagmoedig is.
Diksie/ “weer” Die woord “weer” suggereer moontlik
woordkeuse dat die persoon dit wat hy doen al
voorheen gedoen het (om hom teen die
horisonne te waag). Die woord kan ook
daarop dui dat die persoon op die
branderplank die voortsetting is van ’n
lang lyn seevaarders wat ook die see
aangedurf het.

“horisonne” Die woord “horisonne” suggereer dat die


branderplankryer ver die see in is.
1&2 Stylfiguur: ”horisonne”, “son” en Die woordspeling beklemtoon hoe warm
Woordspeling “sonne”. die son skyn.

Alliterasie “Die see gooi son in teen Die alliterasie beklemtoon hoe warm die
sy sonne, maar son skyn. Dit help ook om die sierlike
skuimskuddend” bewegings van die branderplankryer te
beklemtoon.

1&2 Retoriese middel: “teen” Die herhaling van die woord “teen” in
Herhaling versreëls 1 en 2 suggereer dat die
branderplankryer ’n stryd teen die
natuur voer; dat dit inspanning verg.
2 Diksie “skuimskuddend” Die branderplankryer skud die skuim
van hom af as hy met ʼn asemteug na
vore gaan/na die land gaan.
Alliterasie “skuimskuddend” Dit beklemtoon die geluid wanneer die
branderplankryer homself uit die see op
die branderplank druk/ handeling van
skoonmaak.
3 Alliterasie “deur die teug vlug hy na Die eu-assonansie en v-alliterasie
vore, beklemtoon die branderplankryer se
voorwaartse bewegings.
Diksie “vlug” Die woord “vlug” word met ʼn dubbele
betekenis gebruik: enersyds dui dit op
wegbeweeg van gevaar en andersyds
kan dit op “vlieg” dui. Die
branderplankryer wil nie in die golf
vasgekeer wees nie, daarom beweeg hy
vinnig daardeur.
“teug” Die woord “teug” verwys hier na ʼn kort
pouse/ ʼn klein opening, so kort soos dit
neem om vinnig asem te haal.
3&4 Diksie “hys” Die woord sluit aan by die inspanning/
dui op die poging van die
branderplankryer om regop te kom.
Herhaling “ hys hom Die herhaling van die woord “teen” in die
lugtig teen die stroom uit,” eerste vier versreëls dui op inspanning,
moeite en stryd
Diksie “lugtig” Die woord impliseer dat die
branderplankryer versigtig is.
4&5 Diksie “ en kom Die moeilike aksie (om op die
staan-staan strand toe,” branderplank te staan) word deur die
woord “staan-staan” beklemtoon (sluit
aan by “hys”).
5&6 Diksie “ groen • Die woord “groen” kan suggereer dat
deursigtig en ook reeds die branderplankryer nat of baie jonk
gebore.” is.
• Die uitkom uit die see is soos ʼn
geboorte. Na sy ervaring in die see,
voel die seun asof hy nuutgebore is.
Interpunksie: Dui tiporafiese skeiding in ruimte tussen
Asterisk (*) strofe 1 en 2 aan: in strofe 1 is die
branderplankryer in die see en in strofe
2 is hy op die strand.
7 Alliterasie “Die seun het see in sy s-alliterasie – dui die soutsmaak in die
mond.” seun se mond aan.
7&8 Interpunksie: “ Hy weet Die seewater sowel as bloed het ʼn
Dubbelpunt nie of dit bloed of water is souterige smaak. Na die dubbelpunt
nie:” word aangedui wat die branderplankryer
met die soutsmaak in sy mond doen.
8&9 Inversie en “ uit Die omgekeerde woordorde veroorsaak
agterplasing spoeg hy dit.” dat die woord “uit” in ’n klemposisie
geplaas word.
Diksie “ uit “dit” is bloed of water – dui op die
spoeg hy dit.” onsekerheid oor wat dit is.
9 & 10 Alliterasie “Met sy sagte tongpunt Die s-alliterasie beklemtoon die sagtheid
voel /hy wortels van sy van die branderplankryer se mond.
tande af,”
Diksie “Met sy sagte tongpunt Die woord “wortels” sluit aan by die
voel /hy wortels van sy plantbeeld in strofe 1 (Let op die woord
tande af,” “groen” in versreël 5).
10 & 11 Stylfiguur: “ en proe die lug Die smaaksintuig word hier gebruik om
Sinestesie wat sag van land en kruie die lug te beleef.
om hom labberlag.”
Klanknabootsing “labberlag” Die woord “labber” beteken “ingesout”;
Diksie “labberlag” verwys dus na die lug wat na
sout ruik, wat lag/daar is ‘n souterige,
speelse wind (klank rondom hom).
Beeldspraak: “die lug … labberlag”
personifikasie
12 Interpunksie: “Hy lig hom van die Na die dubbelpunt volg ‘n verduideliking
dubbelpunt seeplank af: afwesig” dat die brander-planryker die handeling
onwillekeurig uitgevoer het; hy is nie
bewus van die werklikheid nie
13 Alliterasie en “skud hy nou sy kop – ’n Die s-alliterasie en o-assonansie
Assonansie blonde rob –“ beklemtoon die skudhandeling.
Interpunksie: “skud hy nou sy kop – ’n Dit vestig die aandag op/ hef die
parentese blonde rob –“ metafoor van die branderplankryer as ‘n
rob uit.
Beeldspraak: “’n blonde rob” Die branderplankryer word as ʼn rob
metafoor uitgebeeld; hier blond vanweë sy ligte
hare. Die beeld is geslaagd, want ʼn rob
skud hom ook wanneer hy uit die water
kom. ʼn Verdere ooreenkoms met ’n rob
is dat branderplankryers meestal swart
duikpakke dra – hulle lyk dan soos
robbe.
14 Alliterasie “en snuit hom skoon” s-alliterasie beklemtoon die handeling
van skoonmaak. Die branderplankryer
snuit die seesout/seereuk van hom af.
Diksie “snuit” Die woord “snuit” ondersteun die
metafoor in versreël 13, want ’n rob
snuit ook water.
15 Alliterasie en “van wat hy was;” Die a-assonansie dui op die
Assonansie branderplankryer se herkoms;
beklemtoon dat hy deel van ‘n lyn
seevaarders is
Interpunksie: “van wat hy was;” Die kommapunt aan die einde van
kommapunt versreël 15 dui aan dat die
branderplankryer nou ʼn nuwe fase gaan
betree/hy is nou ʼn nuwe mens.
16 Alliterasie “n elegante, goed Die g-alliterasie plaas die klem op die
gesteelde lyf? branderplankryer se sterk liggaamsbou.
17 & 18 Diksie “wat eeue lank reeds Die woorde “eeue lank reeds” maak die
land toe dryf” gediginhoud universeel toepaslik. Die
branderplankryer se voorouers het ook
so die see agtergelaat en land toe
beweeg.
Stemming Die stemming van die gedig wissel van strofe tot strofe. In strofe 1 heers daar ʼn Strofe 1:
spanning, stryd en aksie (die branderplankyer veg as’t ware teen die see) Strofes 2 en 3:
nadenkend/bepeinsend.
Toon opgewondenheid, uitdagendheid, besinnend
Tema Die mens se behoefte om een te word met die see/
Die mense se behoefte om die see-elemente uit te daag.
Boodskap Ten spyte van ʼn kortstondige eenwording met die see moet die mens telkens terugkeer land
toe.

You might also like