Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 4

’n PATERNOSTER VIR SUID-AFRIKA – L.

Spies
Beeldspraak, Stylfigure, Woordkeuse en ander

Reël Tipe Bewys uit teks Verklaring/Betekenis/Tema/Funksie


Titel Paternoster vir S-A Latyns vir Onse Vader. ’n Religieuse gedig. Daar word gebid vir S-A en al
sy inwoners. Dit is ’n gebedsvers en interteks op die Onse Vader. Daar
word gebid dat al die bevolkingsgroepe, ongeag kleur, van kindertyd af sal
leer om saam te werk, speel en so vriendskappe te bou.
Strofe 1
Sluit aan by die titel. Die Here word aangespreek en daar word vir mense
1-2 Aanspreekvorm “Here, laat die name geheilig van S-A gebid. “laat geheilig word” – interteks. Die kinders se name moet
word” geheilig word, wat daarop dui dat daar geen uitsondering gemaak moet
word tussen verskillende rasgroepe nie.

die gebedsversoek
koeplet bestaan uit twee versreëls

aandagstreep - ʼn uitbreiding volg van wie al die kinders is waarna verwys


aandagstreep reël 2 word en beklemtoon die mense van die land wat opgenoem word in
versreël 3.
Strofe 2 Uitbreiding op wie die kort sin (r. 3) r. 3 “van hulle”
3-6 kinders van die land is, tipografiese inkeping Daar word terugverwys na die spreker se grootwordjare op ‘n plaas Die
word beklemtoon deur... gedig verkry ‘n politieke kleur aangesien die kinders in 1971 nie gelyk
behandel is nie. Ondervindinge op die skaapplaas word oorgeplaas op ‘n
algemene vlak van menseverhoudinge en saamwerk tussen verskillende
rassegroepe.

aksies/handeling wat “modderkoekies bak, dassies Versreëls dui op die handeling/saamdoen van aktiwiteite deur al die
plaasvind skrikmaak, woltrap” kinders op die plaas bv. modderkoekies bak, dassies skrikmaak en woltrap
en dit bind al hierdie verskillende rassegroep-kinders saam.

strofebou kwatryn terugflits van die spreker op die sorgelose kinderdae


Strofe 3 spreker is aan die woord “ek” het asemloos toegekyk: die spreker was in verwondering oor die skaapskeerders se vaardigheid.
7 -16

sinekdogee r. 8 “swart bolywe” slegs ‘n gedeelte van die liggaam word genoem wat saamwerk om die
aksie uit te voer.

enjambement reëls 8 tot 10 dui op die vloeiende handbeweging van die swart skeerders wat visueel
voorgestel word deur die enjambement.

alliterasie (r.10) “skerp skêre” sluit aan by plaasgeluide


klankmatigheid “glip-slag” versterk/beklemtoon die geluid van die skaapskêre wanneer die skape
geskeer word, klankmatig/klanknabootsend

teenstelling reël 11 “maar” teenstelling op r.10 - “bang vir die glip-slag” teenoor r. 11 “versigtige
hande”. Swart mense wat wit skape skeer verdiep en verwys konnotatief
na die wit-swart-verhoudings in S-A

verdieping van belonings- “lootjies” verdiep en sluit aan by “lootjies” verwys na die boontjies wat aan elke arbeider uitgedeel is nadat
beeld die Bybelse verwysing ʼn skaap klaar geskeer is. Dit word getel en dit bepaal die loon vir die dag.
Sluit aan by die Bybelse verwysing: “Die arbeider is sy loon werd” (1
Timotheus 5 vers 18).

redegewende voegwoord r. 14 “want” dui op die bekwaamheid van die arbeider wat die skape kon vrymaak van
hul las wat hulle dra. Figuurlik word die mense van S-A vrygemaak van hul
vrees. Die gebed is dat die verhouding tussen bevolkingsgroepe moet
herstel word en vrede in die land uitspel.
Strofe 4 r. 17 teenstelling en “maar”, “is lankal weggestuur” Die teenstelling verwys na die tydwoord “lankal”. Die situasie het verander
17 tot 19 progressie in tydsverloop en nou in die hede is die bale toegeknoop en weggestuur.

Strofe 5 intertekstualiteit “Vergewe ons” (Onse Vader) Die spreker vra om vergiffenis dat die samewerking van die verlede
20 tot 24 vergeet is asook vergiffenis vir die wat vergeet het hoe goed die
verskillende rasse tydens hulle kinderjare saamgespeel het. “Uitgerustes”
verwys moontlik na mense wat ’n maklike lewe gehad het en die
“luidrugtiges” na mense wat altyd kritiese kommentaar gelewer het op die
goeie verhouding tussen die rasse, maar nog nooit ervaringe met
anderskleuriges deurgemaak het nie.

tipografiese inkeping reël 22 - 24 tipografies word daar uitgebrei wie die “luidrugtiges” is.

komma aan die einde van die strofe dui aan dat die gedagte nie voltooi is nie en oorloop na strofe 6
Strofe 6 Aaneenskakelende “en Here,”verwysing na die Onse verwysing na die Onse Vader. Strek oor strofes 5 en 6. Een sin, dus word
25 tot 28 voegwoord,aanspreekvorm Vader (gebed) dit tot ʼn gedagte-eenheid gebind.
intertekstualiteit

herhaling gebruik van “hande” – sluit aan by swart en wit het mekaar nodig en kan van mekaar leer.
strofe 3

ellips “soos ek nooit kon nie...” suggereer dat swart en wit in vrede kan saamleef. Suggestie dat ons is
interafhanklik van mekaar.

handebeeld bind strofe 2, 3, 6 saam handebeeld impliseer dat hande te doen het met dade wat verrig word.
eers as kinders speel die hande saam; dan sny die hande versigtig; en
dan word dit liefdevolle hande

kontras “swart” en “donker” verskillende rassegroepe. Die kontras wat wit en swart gevorm het, word
nou versoen met ʼn simboliese armband van vriendskap

Strofe 7 intertekstualiteit Verwysing na die Onse Vader Die gebed word op Suid-Afrika toegepas – ons land met sy verlede en sy
29 tot 31 (gebed) toekoms behoort aan God. God verskaf die son en ons is “die skape van
sy weiding”

tipografiese inkeping reël 30 en 31 beklemtoon die almag van God. Sy skape – wit en swart mense - is God
se volgelinge op aarde.
korter versreëls Beklemtoon die kernwoorde – land, son en skape.

leesteken – die punt reël 31 geen punt suggereer dat God se almag so groot is dat nie alles opgenoem
ontbreek kan word nie.
Strofe 8 smeking van mens aan “Gee ons” begin met dieselfde frase van die Onse Vader-gebed
32 tot 34 God

personifikasie “liefdevolle hande” hande wat liefdestakies verrig. Smeking om liefdevolle hande vir swart en
(beeldspraak) wit/ om verdraagsaam teenoor mekaar te wees/ om te gee vir mekaar.

sinekdogee (stylfiguur) “liefdevolle hande” slegs ‘n gedeelte van die menswees word genoem

Daar word gevra dat die Skeerder (God) die “belemmerende kleed”
verdieping van handebeeld versreëls 33 en 34 (gebroke wit-en-swart menseverhoudinge) van die menslike skape moet
verwyder. God moet dié dinge (vooroordeel) wat verhoudinge tussen
mense belemmer (skade aanrig), verwyder sonder enige geweld en
bloedvergieting.
Strofe 9 alleenplasing en binding “en”, “lootjies” alleenplasing hef die reël uit. Beklemtoon die sprekers se versoek dat God
35 met strofe 3 self, en nie die mens nie (versreël13), die oordeel sal vel en alle mense na
verdienste beloon.

herhaling strofe 3 spreker het eers die lootjies uitgedeel, maar nou moet God besluit of die
mens sy loon waardig is.

leesteken ontbreek punt ontbreek aan die einde van dui op die feit dat God se genade groot is.
die sin en gedig.

Strofes Strofebou- geen vaste vrye vers 9 strofes


1-9 strofebou geen vaste strofebou
geen vaste rympatroon
geen vaste ritme

enjambement tipies van die gedagtestroomtegniek wat tipies is van die gebedstrant.

stemming ernstig/gewyd/smekend/eerbiedig

toon formeel/ernstig (ʼn Gebed). Die vrye vers dra by tot die eerlik/ gewyde/
opregte toon van die gedig. Stemming: ernstig/gewyd/smekend/

You might also like