Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 15

Andor Reyneke

Regte en verantwoordelikhede

1
Inhoud
1. Inleiding...............................................................................3
2. Die omvang van die probleem.............................................4
A. Menseregteskending in skole..........................................4
B. Dienste om veilige en gesonde leefomgewings te bied...6
C. Sosiale media-aktivisme vir ‘n veilige en gesonde
omgewing............................................................................7
3. Gevolgtrekking...................................................................10
Bronne...................................................................................15

2
1. Inleiding
1.1 Die handves van menseregte is 'n dokument wat die
regte van alle mense in Suid-Afrika bevat en laat toe dat
mense hul lewe tot hul volle potensiaal kan lewe sonder
om ander te benadeel of dat hulle benadeel word.
1.1.1 Eerstens, party mense gee nie om oor die wet of
handves van menseregte nie en sal doen wat hulle wil
ongeag wat die wet sê solank hulle bevoordeel word en
is gevaarlik as hulle nie vervolg word nie.
1.1.2 Tweedens, as gevolg van die massiewe MOI
(Menslike Ontwikkelings Indeks) en sosio-ekonomiese
verskil tussen ryk en arm is daar ‘n hoë misdaadsyfer
omdat mense se basiese behoeftes nie bevredig word
nie en hulle geen keuse het behalwe om te steel of
ander misdaad te pleeg nie.
1.2 Die reg op vryheid van spraak beteken dat enige en elke
persoon ‘n reg het om hul menings te lug en gehoor te
word en is deur die wet beskerm, solank dit nie teen
ander diskrimineer of hul regte skend nie. Dit beteken
dat al het mense ‘n reg op vryheid van spraak kan hulle
nie net enigiets aanvallend sê nie.
1.3 Daar is twee bekende munisipale dienste wat veilige en
gesonde leefomgewings aan gemeenskappe moet
verseker:
1.3.1 Een is basiese munisipale gesondheidsdienste, wat
help vir mense wat nie gesondheidsdienste kan bekostig
nie en verseker ‘n beter lewenstandaard en behandeling
indien hulle gesondheidsdienste benodig.
3
1.3.2 Die ander een is munisipale paaie en stormwater
dreine wat gebou en in stand gehou moet word om
vervoer so glad en effektief as moontlik te maak.
1.4 Op sosiale media skuil ‘n mens aanlyn agter ‘n mens se
foon weg en dus is dit maklik om ander mense sleg te sê
of seer te maak sonder om aan die gevolge te dink. Dit is
ook belangrik om versigtig te wees aangesien niks wat
op die internet geplaas word weer weggevat of
verwyder kan word nie en dit is baie maklik vir
“screenshots” te versprei van iets wat jy gesê het wat jy
nie moes nie of selfs ‘n fout wat jy al lank terug gemaak
het wat terug op kom tydens ‘n werksonderhoud. Die
verkeerde gebruik van sosiale media kan ‘n mens se hele
toekoms benadeel.

2. Die omvang van die probleem


A. Menseregteskending in skole

2.1
 Dit veroorsaak ‘n vyandige atmosfeer in die gemeenskap
en kan daartoe lei dat almal nie reg teenoor mekaar
optree nie en verdere verval van die gemeenskap
veroorsaak.
 Dit veroorsaak dat mense verneder voel en kan tot
depressie lei of ‘n algehele afname in geestelike
gesondheid en sal die lewenskwaliteit van die persoon
laat daal.

4
 Dit skep ‘n slegte indruk van die gemeenskap en kan
veroorsaak dat ander gemeenskappe nie met hulle wil
assosieer nie en kan die gemeenskap isoleer en
afsonder.
 As reëls nie nagevolg word nie en mense net
menseregte skend sal dit tot anargie kan lei omdat
niemand reëls wil volg nie en niemand sal in daardie
geval regverdig hanteer word nie en kan tot die val van
‘n gemeenskap lei.
2.2
 As leerders se menseregte geskend word verneder dit
hulle en kan hulle as minderwaardig laat voel en selfs
depressief omdat hulle deur hierdie onregverdige
behandeling gaan.
 Wanneer hulle regte geskend word kan dit veroorsaak
dat hulle nie van hulself begin hou nie omdat hulle
emosioneel aangeval word en kan tot onsekerheid, angs
of depressie lei aangesien hulle probeer om dit te stop
en dink iets is fout met hulle.
2.3
 Leerders kan op die uitkyk wees vir enige persoon wie se
menseregte geskend word en kan hul kennis gebruik om
vir daardie persoon op te staan. Dit sal die skool as
geheel verbeter en lei tot ‘n afname in diskriminerende
neigings.
 As ‘n persoon teen gediskrimineer word kan hulle die
boelie rapporteer of aanmeld asook teen die boelie

5
opstaan om nie net in te gee nie en sal tot ‘n afname in
diskriminerende gedrag lei en selfs dit uitskakel as almal
dit doen.
B. Dienste om veilige en gesonde leefomgewings te
bied
2.4
 ‘n Ongesonde leefomgewing kan daartoe lei dat die
persoon siek kan word of ‘n ongesonde lewenstyl
handhaaf wat langtermyn skade kan veroorsaak wat
selfs permanent kan wees as dit nie behandel word nie.
 Dit kan ook daartoe lei dat die persoon se geestelike
gesondheid afneem en hartseer of selfs depressief word
as gevolg van hulle omstandighede en hoe dit hulle
affekteer.
 Dit kan daartoe lei dat mense minder geleenthede het
om goed te doen aangesien die ongesonde
leefomgewing ander mense wegstoot uit die plek uit
omdat dit nie die ideale omgewing is nie en kan die
mense geïsoleerd en alleen laat voel.
2.5
 Baie van die jeug wat in ‘n gesonde en veilige
leefomgewing groot word is gewoont aan daardie
standaard van lewe en weet nie watter voorreg hulle het
totdat hulle blootgestel word aan slegte omgewings nie
en kan dus nie ‘n raamwerk hê om dit te waardeer nie.
Blootstelling aan ander leefomgewings vir konteks is dus
belangrik.

6
2.6 ‘n Houding van moedeloosheid, dwelms en geen
waardering vir die lewe of gemeenskap nie sal daartoe lei
dat misdaad toeneem omdat hulle geen ander manier sien
om geld te kry nie en dit benodig as die gemeenskap arm
is. ‘n Tekort aan respek vir ander mense sal ook tot
verhoogde misdaad lei omdat hulle nie omgee oor ander
mense nie en minder misdaad bevraagteken.
2.7
 Deur belastingbetalers te motiveer om aan te hou betaal
sal meer fondse beskikbaar stel om die waterdienste
volhoubaar te lewer.
 Deur progressiewe belasting aan waterdienste toe te pas
sal dit daartoe lei dat meer bevoorregte mense nie
water vermors nie omdat dit al hoe duurder raak hoe
meer water ‘n huishouding gebruik, terwyl dit vir minder
bevoorregtes bevoordeel omdat hulle nie noodwendig
dit sal kan bekostig nie en dit benodig.
C. Sosiale media-aktivisme vir ‘n veilige en gesonde
omgewing
2.8
 Elektroniese media soos aanlyn nuusartikels rapporteer
op gevaarlike en belangrike onderwerpe wat help om
mense in die gemeenskap bewus te maak en dat mense
weet hoe om veilig en gesond te bly.
 Elektroniese media soos televisie laat mense toe om
inligting in hul huis te verkry deur satelliete of DSTV en

7
selfs iets soos sport saam kyk kan lei tot ‘n beter
geestesgesondheid vir die gemeenskap en omgewing
 Radio’s is belangrik omdat meeste karre dit het en dus
kan inligting ook vinnig versprei word soos byvoorbeeld
padongelukke etc. en is dus goed vir die gemeenskap en
omgewing.
 Iets soos projektors in die klas of “ViewFinders” help vir
onderwysers om klas meer effektief te gee en verhoog
die kwaliteit van onderwys wat tot ‘n veilige en gesonde
omgewing kan lei.
2.9
 Hulle kan dreigemente kry van ander sosiale media
gebruikers wat nie saam met hulle stem of van hulle hou
nie.
 As ‘n onderneming nie van hulle mening hou nie kan dit
veroorsaak dat hulle minder werksgeleenthede het of
moeiliker werk kan verkry.
 Deur net kommentaar te lewer op sosiale media of dit te
gebruik word ‘n mens se profiel aan die publiek bekend
gestel en dit het ‘n gevaar omdat ander mense wat
slegte intensies het daardie inligting van ‘n mens se
profiel kan gebruik teen ‘n mens as hulle regtig wil.
 Deur net sosiale media te gebruik word ‘n mens se
patrone en gewoontes opgetel en ‘n mens se inligting
word versamel en verkoop aan derde partye en ‘n mens
weet nie wat hulle met die inligting doen nie.
 As die sosiale media gebruiker baie weerstand as gevolg
van hul stellings ontvang kan hulle ‘n baie slegte
8
reputasie kry al het hulle nie iets verkeerd gedoen nie en
mense wat nie konteks het nie kan begin dink dat dit ‘n
slegte persoon is wat sosiaal die persoon kan seermaak.
2.10
 Om ‘n VPN (Virtual Private Network) te koop is ‘n baie
goeie idee omdat dit ‘n mens se IP-Adres wegsteek en
dus ‘n mens se adres veilig hou teen mense met slegte
intensies. Dit hou ‘n mens se huis se adres anoniem wat
‘n mens kan beskerm teen mense wat fisies ‘n mens wil
aanval.
 Deur ‘n aparte sosiale media profiel te skep wat nie ‘n
mens se regte inligting op het nie beskerm dit jou
anonimiteit en veiligheid sodat mense nie weet wie jy
regtig is en jou daarop kan aanval nie. Dit keer dat jou
werksgeleenthede of sosiale lewe enigsins geaffekteer
kan word.
 Hulle kan eenvoudig net mense wat aanlynbedreigings
stuur blok, aangesien hulle ‘n aparte sosiale media
profiel en VPN sal hê en dus sal die dreigemente leeg
wees en niks beteken nie. Deur net hulle te blok kan die
aktiviste net die negatiwiteit uitskakel en rustig wees oor
hul veiligheid.
2.11
 Vryheid van spraak beteken nie dat hulle net enigiets
kan sê nie en dus moet hulle versigtig wees en
verantwoordelik wees as hulle stellings aanlyn maak.

9
Die wet beskerm nie vir hulle as hulle verkeerde goed sê
wat teen die wet is nie.
 As hulle aanlyn iets sê kan hulle nie net verwag dat
mense nie iets terug kan sê nie. Hulle moet net bewus
wees van die feit dat as die ander mense binne die wet
optree is ander mense geregtig daarop om iets te kan ê
of kommentaar te lewer.
 Dit is belangrik om te weet op watter punt wat ander
mense sê die beperkinge op vryheid van spraak oorskry.
As die aktiviste weet waar die beperkings lê sal hulle
weet wanneer om ander mense te rapporteer en sal dus
sosiale media ‘n veiliger omgewing maak.
 Al tree hulle op binne die beperkings op vryheid van
spraak beteken nie dat die aktiviste nie nog steeds in ag
moet neem wat hulle sê nie. Hulle moet steeds seker
maak hulle is respekvol en val nie enigiemand aan nie
terwyl hulle kalm bly. Deur die beperkings te weet gee
dit wel ‘n raamwerk waarvan af hulle kan werk.

3. Gevolgtrekking
1.1 Daar is verskeie maniere hoe media gebruik kan
word om die begrip t.o.v. die belangrikheid van die
Handves van Menseregte te verbeter:
 Sosiale media kan selfs gebruik word om mense se
begrip en verstaan van die belangrikheid van die
Handves van Menseregte te verbeter. Deur aktiviste wat
kyk na gevalle op sosiale media waar daar voorbeelde is
van die Handves van Menseregte se beperkings oortree
word kan hulle daardie persoon rapporteer en op sosiale
10
media dit noem en dan sal mense van daardie geval af
kan leer. Dit sal bewustheid versprei met hulp van die
konteks van ‘n regte gebeurtenis en sal mense se begrip
van die belangrikheid van die Handves van Menseregte
te verbeter. Aktiviste kan ook selfs net uit hul eie uit iets
skryf oor ‘n sekere deel van die Handves van Menseregte
wat uitlig hoe belangrik dit is en kan dit herhaal om
mense bewus te maak van die belangrikheid daarvan.
Dit sal dus bewustheid en verstaan van die belangrikheid
van die Handves van Menseregte bevorder.
 Deur elektroniese media soos radio’s of televisie te
gebruik kan mense se begrip t.o.v. die belangrikheid van
die Handves van Menseregte verbeter word. Daar kan
byvoorbeeld net ‘n deel wees wat omtrent 30 sekondes
lank is waar hulle net vinnig praat oor die belangrikheid
van ‘n sekere deel van die Handves van Menseregte sal
dit luisteraars se begrip daarvan verbeter. Deur dit
daagliks te doen sal dit stelselmatig mense se begrip oor
die belangrikheid daarvan verbeter en sal ‘n wye groep
mense bereik sonder om te veel van hulle tyd op te
neem. Televisies kan tydens programme of selfs tydens
die programme se breuke ‘n kort deel hê waar hulle
praat oor die belangrikheid van ‘n sekere deel van die
Handves van Menseregte soortgelyk aan die radio.
Nuusartikels kan op die belangrikheid daarvan fokus in
gevalle waar dit oortree is en dus bewustheid bring. So
sal mense se begrip en verstaan van die belangrikheid
van die Handves van Menseregte verbeter en sal tot ‘n
veiliger en gesonder omgewing lei.
11
1.2 Terwyl hulle sosiale media gebruik sal daar verskeie tye
wees aan weerskante van die saak waar ‘n onvermoë om die
beperkings van vryheid van spraak te erken hulle negatief sal
beïnvloed. As hulle nie weet wat hulle beperkings is of dit
erken nie sal hulle toelaat dat ander mense die beperkings
oortree sonder om daarteen op te tree of dit te rapporteer
nie. Aan die ander kant van die saak is daar die moontlikheid
dat as die jeug nie weet wat die beperkinge is nie dat hulle
self dit kan oortree en dit is net so gevaarlik. Dit kan hulle
negatief beïnvloed op verskeie maniere soos arrestasie,
werksgeleenthede wat ontneem word, skending van ander se
regte wat ‘n mens se geestesgesondheid kan affekteer ens.
Dit is dus duidelik dat met enige uitkoms is dit sleg as die jeug
nie die beperkinge tot die reg van vryheid van spraak erken
nie.
1.3 Die doeltreffendheid van die gebruik van sosiale media
om gemeenskapsondersteuning te verkry ter bevordering van
‘n veilige en gesonde omgewing hang baie af van die
gemeenskap self asook die manier waarop die sosiale media
gebruik word. Indien die gemeenskap gereeld op sosiale
media is en gewillig is om te help sal sosiale media ‘n
uitstekende manier wees om ondersteuning te verkry ter
bevordering van ‘n veilige en gesonde omgewing. As die
gemeenskap min op sosiale media is sal dit baie minder
effektief wees. As die sosiale media goed gebruik word op ‘n
respekvolle manier en met die regte motivering en doel sal
dit ook baie meer effektief wees as ‘n aanvallende metode
met die verkeerde motivering. As hierdie faktore saam goed

12
werk sal dit daartoe lei dat ‘n veilige en gesonde omgewing
nagestreef word en sal ‘n goeie impak om die gemeenskap hê
wat almal sal saambind. Dit is net belangrik dat die persoon
nie die gemeenskap teen hulle draai nie, anders sal die
sosiale media gebruik net teenproduktief wees. Dit is dus
baie moontlik om sosiale media te gebruik om
gemeenskapsondersteuning ter bevordering van ‘n veilige en
gesonde omgewing te verkry.
1.4 Daar is verskeie maniere waarop die opstel van ‘n
persoonlike missieverklaring gemeenskapslede kan help om
hulself aanspreeklik te hou om ‘n gesonde omgewing binne
hul gemeenskap te handhaaf:
 Deur ‘n persoonlike missieverklaring op te stel wat
bekend gemaak word en strek oor die hele gemeenskap
word dit maklik vir almal om mekaar reg te help as hulle
sien dit word nie nagestreef nie. So sal hulle mekaar kan
help en later aan sal hulle uit hul eie uit die missie kan
nastreef sonder motivering. Hierdie veiligheidsnet
verseker dat die gemeenskap mekaar opbouend help om
die missie na te streef en nie fokus te verloor of van die
pad af te dwaal nie. Deur vir ander te help sal hulle ook
binnewaarts reflekteer en sal hulle self help om die
missie na te streef
 Deur vir ‘n mens self ‘n missie te stel om die omgewing
te verbeter sal dit veroorsaak dat ‘n mens ‘n mens se
lewe tot sy volle potensiaal lewe. Dit sal daartoe lei dat
hulle as ‘n voorbeeld gesien word vir ander
gemeenskapslede en ander mense sal hul voorbeeld
13
begin volg. Dit sal ook die gemeenskap as ‘n geheel
verbeter omdat die persoonlike missieverklaring sal
toelaat dat ‘n mens altyd kan vergelyk met ‘n mens se
missie en wat ‘n mens doen om ‘n mens self op die pad
te hou en nie af te dwaal nie. Dit sal die persoon self
verbeter asook die toestande van die gemeenskap self
en kan selfs ander inspireer om ook missieverklarings
kan opstel wat kan veroorsaak dat lede van die
gemeenskap verbeter en sodoende sal die hele
gemeenskap uiteindelik verbeter.

14
Bronne
eduFox, 2022. Electronic Media. [Aanlyn]
Beskikbaar by: http://edufox.com.au/electronic-media.html
[Toegangsdatum 20 April 2023].
Gunatilleke, G., 2020. SpringerLink. [Aanlyn]
Beskikbaar by: https://link.springer.com/article/10.1007/s12142-020-
00608-8
[Toegangsdatum 20 April 2023].
Soken-Huberty, E., 2022. 10 Reasons Why Human Rights Are
Important. [Aanlyn]
Beskikbaar by: https://www.humanrightscareers.com/issues/10-
reasons-why-human-rights-are-important/#:~:text=The%20concept
%20of%20human%20rights%20empowers%20people%20and
%20tells%20them,it%2C%20they%20can%20stand%20up.
[Toegangsdatum 20 April 2023].
Western Cape Government, 2023. Municipal Services. [Aanlyn]
Beskikbaar by: https://link.springer.com/article/10.1007/s12142-020-
00608-8
[Toegangsdatum 20 November 2023].

15

You might also like