Professional Documents
Culture Documents
Begripstoets 2 Die Onmoontlike Vyf 231019 172632
Begripstoets 2 Die Onmoontlike Vyf 231019 172632
Net soos die Groot Vyf, is die Onmoontlike Vyf 'n baie spesiale groep wilde diere.
Hierdie diere het die naam, "Onmoontlike Vyf" gekry omdat dit bykans
onmoontlik is om die diere in die natuur te sien. Sommige mense gaan op
spesiale soektogte wat groot opwinding veroorsaak met die doel om die
Onmoontlike Vyf te probeer opspoor. Wanneer jy wel die kans kry om een van
hierdie diere te sien kan jy jouself as baie gelukkig ag.
Die Kaapse bergluiperd, die erdvark, die ietermago, die witleeu en die
oewerkonyn.
Erdvarke is nagdiere wat beteken dat hulle meestal net in die nag aktief is en
dit is ook dan wanneer hulle miere en termiete vang om te eet. Hulle is
soogdiere, wat beteken dat hulle kleintjies lewendig gebore word en dan soog
hulle aan die mamma erdvark totdat hulle groot genoeg is om self kos te
versamel. hulle word in Suid- en Oos-Afrika aangetref.
Die baie vreemde dier, die Ietermago is van kop tot tone met skubbe bedek.
Gedurende die dag skuil die dier in 'n gat onder die grond en snags kom hulle
uit om termiete te jag. Hy grawe termiethope met sy baie sterk kloue oop en
lek sy gunsteling kos wat termiete is dan op met sy lang tong. Die ietermago is
daarvoor bekend dat hy homself in n balletjie kan oprol wanneer hy in gevaar
is. Net soos die Amerikaanse Armadillo. Wanneer die ietermago babatjies het ry
hulle op die mamma se stert rond tot hulle groot genoeg is om vir hulle self te
sorg.
Witleeus is nie albino's nie. Hulle oë en vel se pigment is normaal. Eeue terug
was die witleeu net 'n legende en mense het geglo dat die wit pels van 'n
witleeu, die goedheid van wesens voorstel. Die witleeu is baie skaars in die
natuur en hulle word nie baie gesien nie.
Nog 'n dier wat op die rooilys vir bedreigde spesies voorkom is die Rivierkonyn.
Die kans is groot dat die dier binnekort gaan uitsterf. Die rivierkonyn is n
inheemse dier wat net in 'n klein deeltjie van die Karoo voorkom. Die diertjie
het wit kringe om sy oë en ‘n donker bruin, swart streep oor sy wange tot by
die onderkant van sy ore. Die dier kom voor in die digte oewerplantegroei van
die riviere in die suidelike Karoo. Hulle is hoofsaaklik nagdiere en hulle rus
gewoonlik gedurende die dag. Hulle eet veldblomme, blare en wanneer dit
gereën het eet hulle die vars gras wat gegroei het.
________________________________________________________________________________(1)
2. Noem die vyf diere wat die onmoontlike vyf genoem word.
__________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________(5)
________________________________________________________________________________(2)
4. Noem twee diere uit die leesstuk wat op die rooilys voorkom.
________________________________________________________________________________(2)
________________________________________________________________________________(1)
6. Watter twee diere kan hulself in 'n klein balletjie oprol wanneer hulle in gevaar
verkeer?
________________________________________________________________________________(2)
a) Nagdier
________________________________________________________________________________(1)
b) Soogdier
________________________________________________________________________________(1)
8. Verduidelik in jou eie woorde hoe 'n Ietermago sy gunsteling kos in die hande
kry.

Totaal: (20)