Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 8

Afrikaans November 2023 Eksamen

Tyd: 2 uur
P
unte : 80
Vraestel 1: Taal in konteks
Afdeling A: Begrip
Beantwoord die vrae wat op die tekste gebaseer is.
Vraag 1: Berig

Stryd om die slurp


Aangrypende foto’s van ’n voorval in die Krugerwildtuin
waarin ’n trop olifante ’n kal e red wat deur ’n krokodil
aan die slurp gevang is, is die jongste Suid-Afrikaanse
natuurdrama waarna almal wêreldwyd kyk.
Die video van ’n vorige drama in dieselfde wildtuin
waarin ’n trop buffels ’n kal e uit die kloue van twee
krokodille en ’n trop leeus red, is reeds byna 57 miljoen
keer op YouTube gekyk.
Mnr. Johan Opperman van Pretoria het die dramatiese slurpie-toutrek-toneel by
’n watergat in die wildtuin afgeneem. Dit het op Sky News verskyn.
Die olifantjie het saam met die res van die trop by die watergat gaan water drink.
Skielik het die krokodil uit die waterplante gevlieg en die suipende kal e aan die punt
van die slurpie beetgekry.
Die kleintjie het volgens Opperman ’n vreeslike lawaai opgeskop. Die res van die
trop het getrompetter voordat hulle op die krokodil afgestorm het. Die meeste van die
olifante wat die kal e so vinnig gaan help het, was koeie.
Toe die koeie hom storm, het die krokodil die slurpie gelos. Volgens Opperman het
die trop om die kal e rondgemaal om seker te maak die diertjie het niks oorgekom nie.
Daarna het die trop deur die vlak water geloop en in die bosse verdwyn.
(Verwerk uit: Beeld, 29 Oktober 2010)

1.1 Wie is die fotograaf van die foto by die artikel? (1)
1.2 Waar het hierdie reddingspoging en die vorige een plaasgevind? (1)
1.3 Was dit albei kere volwasse diere wat gered is? Verduidelik. (1)
1.4 Slegs Suid-Afrikaners weet van die twee reddingspogings.
1.4.1 Is die stelling waar of onwaar? (1)
1.4.2 Bewys jou antwoord met behulp van ’n aanhaling uit die teks. (1)
1.5 Hoe weet ons die video van die kal e en die buffels is baie populêr? (1)
1.6 Waarmee was die olifantkal e besig toe hy aangeval is? (1)
1.7 Waaraan het die krokodil die olifantkal e getrek? (1)
1.8 Hoe is die kal e gered? (2)
1.9 Op watter lesers is hierdie soort berig gerig? (1)
[11]

1
Vraag 2: Inligtingsteks

(Uit: Beeld, 14 Januarie 2011)

2.1 Watter woord sê dat die Augrabies-waterval nie altyd so baie kubieke
meter water het nie? (1)
2.2 Pas die waterval in kolom B by die land in kolom A. Gee slegs die
nommer en die antwoord.
Kolom A Kolom B

(3)
2.3 Watter waterval is die laagste van die drie? (1)
2.4 Naby watter groot stede is die Niagara-waterval geleë? (1)
2.5 Verduidelik wat die opskrif beteken. (1)
[7]

2
Vraag 3: Artikel

Gode se moordwapen
Weerlig is een van Suid-Afrika se dodelikste weerverskynsels.
Die mens het van die vroegste tye af al oor weerlig gewonder. Hoe dit presies
ontstaan, is steeds nie duidelik nie.
Voordat weerlig vir die eerste maal wetenskaplik ondersoek is, het antieke
kulture gesê hul gode het dit veroorsaak. Het jy geweet Donderdag het sy naam van
die Skandinawiese god Thor gekry? Thor het weerligstrale na sy vyande gegooi.
Voor die Skandinawiërs het die antieke Grieke ook geglo weerlig is hul hoofgod
Zeus se wapen.
In Zoeloe- en Xhosa-kulture is die weerlig die voël iMpundulu. Wanneer hy uit
die wolke aarde toe duik, blits weerlig van sy vere af.
“Weerlig is ’n yslike vonk statiese elektrisiteit op ’n enorme skaal,” sê die
Amerikaanse weerdiens. ’n Weerligstraal beweeg teen ’n spoed van 435 000 km/h, en
verhit die lug daarrondom tot 28 000 °C. (Dis omtrent vyf keer warmer as die
oppervlak van die son!)
Een van Nasa se satelliete met ’n spesiale weerligopnemer het waargeneem
45 weerligstrale tref die aarde per sekonde. Enige tyd van die dag woed daar
1 800 donderstorms êrens op die aardbol.
Donderwolke vorm meestal in die somermaande, verduidelik die Suid-
Afrikaanse Nasionale Weerdiens. Wanneer dit baie reën is daar baie donderstorms,
en dus baie weerlig, sê die weerdiens.
Mense op die platteland is dan veral uitgelewer omdat daar nie baie geboue en
ander strukture is om die weerlig af te lei nie.
“Jou kans om in Suid-Afrika getref te word, is groter as om die Lotto te wen,” sê
dr. Ryan Blumenthal. “Weerlig tref die grond in Suid-Afrika omtrent 18 miljoen
keer per jaar.”
Die grootboet van statiese elektrisiteit is beslis nie ’n mens se speelmaat nie.
(Verwerk uit: Beeld, 17 Januarie 2011)

3.1 Watter woord in paragraaf 1 dui aan dat weerlig baie gevaarlik is? (1)
3.2 Pas die gode in kolom B by die kultuur in kolom A. Gee slegs die
nommer en die antwoord.
Kolom A Kolom B

iMpundulu

(3)
3.3 Hoe het Thor sy vyande gestraf? (1)
3.4 Haal die de nisie aan wat weerlig beskryf. (1)

Vraestel 1: Taal in konteks 3


3.5 Kies die regte woord tussen hakies.
3.5.1 Die lug rondom ’n weerligstraal is (warmer/kouer) as die
oppervlakte van die son. (1)
3.5.2 Die inligting wat van Nasa ontvang is, is (menings/feite). (1)
3.6 In watter seisoen kom donderstorms veral in Suid-Afrika voor? (1)
3.7 Waarom word mense op die platteland makliker deur die weerlig getref? (1)
3.8 Hoe vergelyk ’n mens se kans om deur weerlig getref te word en om
die Lotto te wen? (1)
3.9 Kies die korrekte antwoord: Die titel “Gode se moordwapen” is
’n voorbeeld van (manipulasie/ guurlike taal/denotasie/
partydige taal). (1)
(12)
Totaal vir Afdeling A: 30
Afdeling B: Opsomming
Vraag 4
Som die teks se hoofgedagtes in sewe sinne van altesaam 60 tot 70 woorde op.
Skryf die hoofgedagtes puntsgewys onder mekaar neer.
Wenke om veilig te bly as jy MXit gebruik
1 Jy moet onthou dat baie mense met wie jy so lekker op MXit gesels nie
altyd eerlik is nie. Hulle wil jou gebruik vir hulle plesier en nie omdat hulle
so baie van jou hou nie.
2 Dis werklik gevaarlik om jou persoonlike inligting of dié van jou vriende aan
mense wat jy nie ken nie, te gee. Moet dus glad nie jou naam, skool, adres en
selfoonnommer aan vreemdes gee nie, al probeer hulle jou daarvan oortuig.
3 Moenie mense wat jy aanlyn ontmoet het, in die werklikheid alleen ontmoet
nie. Jy kan dalk nuuskierig wees oor die persoon met die mooi stem en
interessante lewe, maar bly liewers wonder en bly tuis.
4 As jy ongemaklik voel oor vrae wat iemand jou vra of inligting wat aan jou
gegee word, moet jy dadelik ophou praat, die gebruiker blokkeer of die
kletskamer verlaat.
5 Jy moet jou MXit-PIN beskerm en onthou dis net vir jou oë bedoel. Jou
maats hoef glad nie te weet wat dit is nie. Jy moet ook nie toelaat dat
iemand anders jou selfoon gebruik nie.
6 Moenie die sosiale netwerk so baie gebruik en dan so skaam en terug-
getrokke raak dat dit vir jou ’n manier word om van die gewone lewe te
ontsnap nie. Jy gaan dan sukkel om normaal met ander mense te kan
kommunikeer.
7 Jy moet nooit oor MXit gemanipuleer word om gewaagde foto’s van jouself
te neem en dit te versprei nie. Voor jy jou oë uitvee, het duisende mense
daarvan gehoor en dit gesien.
(Verwerk uit: Jip, 19 September 2011)
Totaal vir Afdeling B: 10

4 Kwartaal 4
Afdeling C: Taal
Voer die opdragte uit wat op die tekste gebaseer is.

(Verwerk uit: Sake 24, 12 Julie 2011)

Vraag 5: Advertensie
5.1 Skryf in die toekomende tyd.
Hoe kan 100 bome ’n kind help? (1)
5.2 Gee die meervoud van die woord tussen hakies.
Baie kinders ervaar (struikelblok) in die lewe. (1)
5.3 Skryf die afkorting in die sin voluit.
Baie kinders in SA bestee ure om skool toe te loop. (1)
5.4 Gee die verkleinwoord van die vetgedrukte woord.
Die meeste paaie waarop hulle loop, is stowwerig. (1)
5.5 Gee die regte vorm van die woorde tussen hakies.
Hoe (5.5.1 baie) hulle sukkel, hoe (5.5.2 min) kom hulle skool toe. (2)
5.6 Gee die intensiewe vorm van die vetgedrukte woord.
Hulle kom moeg by die skool aan. (1)

Vraestel 1: Taal in konteks 5


5.7 Skryf die sin oor en begin soos aangedui.
Hulle moet betyds by die skool kom.
Hulle behoort ... (1)
5.8 Verbind die twee sinne met die voegwoord as.
Dis te sê. Hulle kom ooit by die skool.
Begin so: Dit is te sê as ... (1)
5.9 Gee ’n sinoniem van die vetgedrukte woord.
Hulle verskaf etse aan kinders. (1)
5.10 Verbind die sinne met die voegwoord tussen hakies.
Die kind kry ’n ets. Sy het 100 bome geplant. (want) (1)
5.11 Rangskik die sinsdele in die korrekte orde.
Kinders kan (wees) (by die skool) (met die etse) (betyds). (2)
5.12 Verbind die twee sinne met die voegwoord tussen hakies.
Kinders kan skool bywoon. Hulle kan hul volle potensiaal ontwikkel.
(dus) (1)
5.13 Kies die regte woord tussen hakies.
Help ’n kind (dat/wat/wie) sukkel. (1)
5.14 Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies.
Die (moeg) kinders kan nie konsentreer nie. (1)
5.15 Gee een woord vir die woorde tussen hakies.
Dis nie (kind + speletjies) om so ver te stap nie. (1)
5.16 Verbeter die spelfout in die volgende sin.
Is dit moelik om so baie bome te plant? (1)
5.17 Skryf die sin oor en verbeter die taalfout.
Die kinders het bome geplant, dan het hulle etse gekry. (1)
5.18 Gee ’n antoniem vir die vetgedrukte woord.
Gedurende die week sal die kinders later by die skool wees. (1)
[20]
Ja man, Peter, jy
het te min geleer
en te veel gejol!

6 Kwartaal 4
Vraag 6: Spotprent
6.1 Gee een woord vir die beskrywing tussen hakies.
Die uitslae verskyn in die (daaglikse blad met nuusberigte). (1)
6.2 Kies die korrekte woord tussen hakies.
Die pa en ma (ly/lei) aan eksamenstres. (1)
6.3 Skryf die sin oor in die direkte rede.
Die seun sê vir sy pa dat hy nie so bekommerd moet wees nie,
want hy sal slaag. (2)
6.4 Skryf die woorde “ma worry, nie ek” in goeie Afrikaans en sonder
foute oor. (2)
6.5 Vul die ontbrekende voorsetsel in.
Die meisie is kwaad ____ haar broer. (1)
6.6 Skryf die sin oor in die indirekte rede.
Die seun het vir sy vriendin gevra: “Kom jy môre saam met my iek?” (2)
6.7 Skryf oor in die ontkennende vorm.
6.7.1 Die ouers is rustig. (1)
6.7.2 Het die uitslae al verskyn? (2)
6.8 Skryf die sin oor in die lydende vorm.
Die seun maak ’n oproep. (1)
6.9 Skryf die sin oor in die bedrywende vorm.
Deur wie is die oproep gemaak? (1)
6.10 Skryf die sin oor met ’n in nitief.
Hulle moenie bekommerd wees nie.
Begin so: Hulle hoef nie ... (1)
6.11 Kies die woord wat die suster se gevoel die beste oordra.
Die suster (beskuldig/bewonder) haar broer. (1)
6.12 Gee die korrekte vorm van die deelwoord tussen hakies.
As die uitslae in die koerante verskyn, is dit (opwen). (1)
6.13 Wat beteken die idioom in die volgende sin?
’n Mens kan nie sê die seun het geen lui haar op sy kop nie. (1)
6.14 Skryf die sin oor in die verlede tyd.
Die seun gesels met sy vriendin. (1)
6.15 Vra ’n vraag waarop die onderstreepte deel die antwoord sal wees.
As die seun die eksamen slaag, sal almal baie verbaas wees. (1)
(20)
Totaal van Afdeling C: 40
Groottotaal: 80

Vraestel 1: Taal in konteks 7

You might also like