Deon Batchelor Flat No 2

You might also like

Download as doc, pdf, or txt
Download as doc, pdf, or txt
You are on page 1of 7

HUUROOREENKOMS

Memorandum van ooreenkoms van huur aangegaan deur en tussen:

Pieter Hendrick Eybers


(ID: 5411255109088)

(hierna die VERHUURDER genoem)

EN
Deon Erasmus
(ID: 5610295047089)

(hierna die HUURDER genoem)

Waarvolgens die partye soos volg ooreenkom:

Die VERHUURDER verhuur hiermee en die HUURDER wat hiermee huur:


Woonstel No 9 geleë op gedeelte 1 van gedeelte 1 van die plaas Krokodildrift JQ 439
Plot 169 (hierna genoem die perseel) en wel op die volgende voorwaardes en
terme:

1. TYDPERK, HUURGELD EN HUURVERHOGINGS

1.1 Die huurtermyn is vir 'n tydperk van 12 maande, vanaf 1 September
2023 tot 31 Augustus 2024.

1.1.1 Die huurgeld sal die som van R3 000-00 (Drie duisend
Rand) per maand wees, elektrisiteit ingesluit, betaalbaar aan
die VERHUURDER en wel voor of op die 1 ste dag van elke
maand, sonder aftrekking vir enige rede hoegenaamd, tot
beëindiging van hierdie ooreenkoms.

1.1.2 Die huurgeld sal jaarliks hersien word (indien die kontrak nog
bestaan).

1.1.3 Die HUURDER sal die bedrag van R3 000-00 (Drie duisend
Rand aan die VERHUURDER as 'n deposito betaal. By die
beëindiging van hierdie kontrak vir welke rede ookal, mag die
VERHUURDER die gemelde bedrag in sy uitsluitlike diskresie

1
aanwend ter betaling van enige bedrag of bedrae wat die
HUURDER aan die VERHUURDER verskuldig mag wees om
welke rede ookal en die saldo indien enige, aan die
HUURDER oor te betaal. Die VERHUURDER sal ook
geregtig wees om enige verdere bedrae van die HUURDER
te vorder indien die VERHUURDER skade gely het weens
kontrakbreuk van die HUURDER.

1.1.4 Enige van die partye tot die kontrak kan die ooreenkoms met
een kalendermaand skriftelike kennis beëindig na versryking
van die ooreengekome huurtermyn.

1.1.5 Die huurgeld sal inbetaal word by die VERHUURDER of direk


in die volgende rekening:

Naam van Rekening: P.H.Eybers


Naam van Bank: ABSA
Naam van Tak: Brits
Takkode: 20556
Rekeningnommer: 1103700279
Verwysing: Huur Plot 196 w/s 9

2. OKKUPASIE

Die HUURDER sal die perseel okkupeer vanaf 1 September 2023.

3. DOELEINDES VAN DIE HUURKONTRAK EN AANWENDING VAN DIE


PERSEEL

3.1 Die perseel sal gebruik word vir woondoeleindes alleenlik en mag
nie sonder die skriftelike goedkeuring van die VERHUURDER vir
enige ander doel van watter aard ookal gebruik word nie. Die
perseel sal persoonlik gebruik en bewoon word deur die HUURDER
(nie meer as 4) persone sal ter enige tyd in die huis/woonstel
gesamentlik.

3.2 Die HUURDER onderneem om alle wette, regulasies, ordonansies,


proklamasies van enige provinsiale, plaaslike of munisipale en enige
ander owerheid wat op die bewoning van die perseel deur hom
betrekking mag hê.

3.3 Die HUURDER sal nie geregtig wees om hierdie ooreenkoms in sy


geheel of gedeeltelik te sedeer of oor te maak of om die perseel of 'n

2
gedeelte daarvan onder te verhuur nie en sal ook nie geregtig wees
om enige ander persoon of persone toe te laat om in die perseel te
woon of om besit van 'n gedeelte daarvan te verkry nie, behalwe die
persone in klousule (3.1) hierin vermeld.

3.4 Die HUURDER sal op geen stadium 'n oorlas van welke aard ookal,
wees vir die bure nie dit opsigself kan lei tot die kansellasie van
hierdie kontrak.

4. GEBREKE EN INSTANDHOUDING VAN DIE PERSEEL

4.1 Die HUURDER sal vanaf datum van okkupasie van die perseel die
volle risiko neem vir die vervang en of herstel van enige van die
toebehore, inhoud, mure, vloere, dakke, hekke, omheining
pompe,waterpype,of enigiets hoegenaamd en van welke aard
ookal,welke in gebrekkige toestand is.

Die HUURDER onderneem hiermee en beloof om alles op die


perseel gedurende die huurtermyn in 'n goeie orde te hou en dit te
versorg en op te pas en by die beëindiging van die huurtermyn in 'n
goeie en behoorlike toestand aan die VERHUURDER terug te lewer,

EN verder om enige beskadigde en/of gebreekte artikels op die


HUURDER se eie koste te hertel of te repareer of te vervang of
alternatiewelik die VERHUURDER vir die koste van die herstel of
vervanging van sodanige artikels op aanvraag te vergoed.

4.2 Die partye kom ooreen om geen spykers, skroewe of iets


soortgelyks in die mure, plafonne of meublement van die perseel in
te slaan of in te skroef of te laat inslaan of inskroef nie, en nie op
enige manier enigiets te doen of te laat doen wat skade aan die
perseel of enige gedeelte daarvan kan berokken nie.

4.3 Die partye kom ooreen dat die VERHUURDER die uitsluitlike
diskresie het om te bepaal of die perseel in 'n goeie toestand deur
die HUURDER versorg en opgepas is en word.

4.4 Die HUURDER sal riole in en op die perseel in 'n skoon en goeie
toestand en vry van enige verstopping en/of blokkering daarvan hou.

4.5 Die HUURDER sal toesien dat geen afval of vullis op die perseel
ophoop nie.

3
4.6 Die HUURDER is verplig om die tuin,veld en paaie van die
perseel behoorlik in stand te hou en meer spesifiek moet hy die
grasperke gereeld sny, die perseel skoon van onkruid hou, nie
meerderjarige plante beskadig of uithaal nie.

4.7 Die VERHUURDER of sy gevolmagtigde, sal geregtig wees om te


alle redelike tye die perseel te besoek of te inspekteer en daarin
asook binne en buite die gebou waarin die perseel geleë is,
sodanige werk te verrig of te laat verrig of verbeterings of
veranderings aan te bring, as wat nodig gevind mag word en die
HUURDER onderneem om nie die werk te verhinder of 'n stoornis
in verband daarmee te veroorsaak nie en sal ook nie geregtig
wees om enige afslag van hierdie geld vir die tydperk wat
herstelwerk gedoen word nie.

5. VERANDERINGS EN VERBOUINGE AAN DIE PERSEEL

5.1 Die HUURDER sal nie geregtig wees om enige veranderings of


toevoegings aan die perseel of enige installasies daarin aan te bring
nie.

Die VERHUURDER sal nie aanspreeklik wees teenoor die


HUURDER, sy familie, vriende, gaste of besoekers vir enige skade
deur hulle gely as gevolg van lekkasie, hael, sneeu, diefstal, inbraak
of brand op die perseel of vir enige skade deur enige van hulle gely
as gevolg van enige daad van sabotasie, terrorisme, oproer of enige
daad hoegenaamd nie, of weens nalatigheid of versuim van die
VERHUURDER en/of sy agent of weens die swak toestand van
herstel waarin die perseel verkeer nie.

5.2 Alle goedere wat deur die HUURDER op die perseel gebring word,
insluitende enige motorvoertuie, sal op die uitsluitlike risiko van die
HUURDER wees en die VERHUURDER aanvaar geen
aanspreeklikheid hiervoor nie.

5.3 As die perseel geheel of gedeeltelik vernietig of onbewoonbaar


gemaak word as gevolg van enige oorsaak buite die beheer van die
VERHUURDER sal die HUURDER geregtig wees om op 'n gehele
of gedeeltelike kwytskelding van die huurgeld vir die periode wat die
HUURDER die gebruik en besit van die perseel ontneem is, maar
sal nie geregtig wees om die kontrak te kanselleer of om vergoeding
te eis van die VERHUURDER vir skade wat hy as gevolg daarvan
mag ly nie.

5.4 Die HUURDER onderneem om niks te doen wat skade aan die
perseel met toebehore en uitrusting sal veroorsaak nie, of dit in

4
gevaar sal stel of die gevolg sal hê dat die assuransiepolis van die
VERHUURDER ten opsigte van die perseel ongeldig of benadeel sal
word nie.

6. HEFFING

6.1 Die HUURDER is nie aanspreeklik vir heffings vir kragvoorsiening en


watervoorsiening aan die perseel.

6.2 Eiendomsbelasting betaalbaar op die perseel sal deur die


verhuurder betaal word.

7. KONTRAKBREUK EN REGSKOSTE

7.1 Indien die huur soos hierin vermeld of enige ander bedrag of bedrae
betaalbaar deur die HUURDER aan die VERHUURDER nie betaal is
op die vervaldatum nie, of indien die HUURDER in enige ander
opsig hoegenaamd die voorwaardes en bepalings van hierdie
ooreenkoms verbreek of versuim om dit na te kom en uit te voer, sal
die VERHUURDER die reg hê om :

7.1.1 Hierdie ooreenkoms, nieteenstaande enige vorige


afstanddoening aan die kant van die VERHUURDER
van sy regte onder hierdie ooreenkoms, sonder enige
kennisgewing aan die HUURDER hoegenaamd,
onmiddellik hierdie ooreenkoms te kanselleer en besit
van die eiendom te neem.

In so 'n geval sal die VERHUURDER verder die reg hê


om enige aksie wat nodig mag blyk te wees vir die
onmiddellike uitsetting van die HUURDER uit die
perseel, in te stel sonder enige benadeling
hoegenaamd van die VERHUURDER se reg om enige
agterstallige huurgeld of vergoeding vir enige ander
skade wat die VERHUURDER as gevolg van die
HUURDER se versuim of kontrakbreuk mag gely het,
insluitende regskoste op prokureur en kliëntskaal, van
die HUURDER te eis; of in die alternatief.

7.1.2 die volle balans van huurgelde wat ingevolge hierdie


kontrak betaalbaar is of nog betaalbaar mag word te
eis, met 'n minimum egter van 3 (drie) maande se
huurgeld; behoudens die VERHUURDER se reg soos
voormeld om betaling van enige ander uitstaande
bedrae ten opsigte van vergoeding van skade aan die

5
verhuurde perseel voortspruitend uit die HUURDER
se kontrakbreuk te eis.

7.2 Enige toegewing of verslapping wat toegestaan mag word deur die
VERHUURDER of sy agente of enige vergunning deur die
VERHUURDER ten opsigte van die verbreking van enige een van
die voorwaardes van hierdie huurkontrak deur die HUURDER, sal
nie in ag geneem word om die VERHUURDER te benadeel ten
opsigte van enige vorige of latere kontrakbreuk van die terme van
hierdie kontrak, deur die HUURDER nie. Alle wysigings tot die
kontrak moet op skrif gestel word en deur al die partye onderteken
word, om van krag te wees.

7.3 Sonder om enigsins afbreuk te doen aan die bepalings van enige
ander klousule van hierdie ooreenkoms en sonder benadeling van
enige ander regte in hierdie ooreenkoms, stem die HUURDER toe
om 'n administrasiefooi van R50-00 (vyftig Rand) per dag aan die
VERHUURDER te betaal indien die huurgeld na die eerste regsdag
van die betrokke maand betaal word.

7.4 Die HUURDER sal aanspreeklik en verantwoordelik wees teenoor


die VERHUURDER vir die verbreking van enige voorwaardes van
hierdie ooreenkoms hetsy verbreking veroorsaak is deur die
HUURDER self, of deur sy familie, of sy werknemers, vriende
bekendes, gaste of besoekers.

7.5 Die HUURDER sal aanspreeklik wees vir alle koste wat die
VERHUURDER in verband met enige stap teen die HUURDER
mag aangaan, insluitende opsporingsfooie, kolleksiefooie, prokureur
en kliëntfooie. Die HUURDER sal sodanige koste op aanvraag aan
die VERHUURDER vergoed.

8. DOMICILIA EN KENNISGEWINGS

Die HUURDER kies hiermee as sy domicilium citandi et executandi plot 222 Krokodildrift
wes en die VERHUURDER kies hiermee as sy domicilium citandi et executandi Plot 196
Krokodildrift wes Gedeelte 446 Woonstel No 8.

9. JURISDIKSIE

Enige optrede of aansoek wat mag voortspruit uit die nie-nakoming van die
verpligtinge wat volgens hierdie ooreenkoms op die HUURDER rus, sal
volgens die diskresie van die VERHUURDER by enige landdroshof wat
jurisdiksie oor sodanige aangeleentheid of aangeleenthede mag hê,
aanhangig gemaak word, ongeag of die betrokke bedrag die jurisdiksie van
sodanige Landdroshof oorskrei aldan nie.

6
10. VOLLEDIGE OOREENKOMS

Hierdie is die volledige ooreenkoms tussen die partye en geen wysiging sal
van krag wees, tensy op skrif gestel en deur alle partye onderteken is nie.

Aldus gedoen en geteken te Brits op hede die 1ste dag van September 2023

AS GETUIES:

1. ---------------------------------

2. ---------------------------------- ________________________________
VERHUURDER

Aldus gedoen en geteken te Brits op hede 1ste dag van September 2023

AS GETUIES:

1. ---------------------------------

2. --------------------------------- ______________________________
HUURDER

You might also like