Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 2

MY TOEKOMS / MATRIEKJAAR

Ek is hartseer / treurig / bly / opgewonde dat die matriekjaar tot ʼn einde gekom het.
Dit is vaarwel aan twaalf jaar se studies.
My matriekjaar was ʼn wonderlike ondervinding wat my vir die toekoms voorberei het.
Al my vriende is hartseer om van mekaar afskeid te neem.
Ek moet belangrike besluite oor my toekoms neem.
Ek is by ʼn kruispad in my lewe.
Ek skryf my eindeksamen. Ek is bekommerd / ek is gestres/gespanne oor die eksamen en my
uitslae.
Ek was onder baie druk. Ek het ʼn streng roetine gevolg en daarby gehou.
Ek het hard gewerk en met elke taak en toets my alles gegee.
Ek wil my ouers trots maak met my prestasies.
In matriek moet jy pligsgetrou werk.
Ek het hierdie jaar geen tyd vir myself gehad nie.
Matriek is nie pap en vleis nie. Matriek is beslis nie matras nie.
Matriek is ʼn pretjaar wat ek altyd sal onthou.
Ek wil goeie / uitstekende uitslae behaal. Ek hoop om vier onderskeidings te behaal.
Ek het betrokke geraak by baie skoolaktiwiteite.
Ek was toegewyd aan my skoolwerk omdat ek verder wil studeer.
Ek wil graag volgende jaar aan ʼn universiteit / ʼn kollege / ʼn technikon verder studeer.
Ek gaan my BA-graad by Wits voltooi.
Ek het aansoek om ʼn beurs gedoen. Ek hoop om ʼn beurs te kry / te verseker.
Ek gaan volgende jaar ʼn brugjaar neem.
Ek gaan ʼn rekenaarkursus voltooi.
Daar is nie geld om verder te studeer nie, dus moet ek gaan werk.
Die matriekafskeid was ʼn onvergeetlike ervaring. My rok was defig / asemrowend / fatsoenlik /
my uitrusting is uit Parys ingevoer.
Ek was baie gemaklik in my hoëhakskoene.
Ek het soos ʼn prinses gevoel. Dit was rêrig ʼn sprokiesaand. Foto’s geneem.
Ek het my aand terdeë geniet. Dit was ʼn sprokiesaand / Dit was opwindend.
Ek en my vriende het energiek op “hip-hop” musiek gedans. My maat / kêrel was senuweeagtig.
Ons het ʼn gesellige / verantwoordelike aand gehad.
Die ete / kos was smaaklik. Heerlike kos is bedien.
Die dekor in die stadsaal was uit die boonste rakke. Die organiseerders het alles gereël.
Ek het ontspan en die aand geniet. Dit was fantasties. Die aand was spesiaal.
My ma het familie en vriende vir tee oorgenooi om deel van my spesiale aand te wees.
Die na-partytjie was in Midrand by ʼn disko/klub.
Ek het my naels, grimering en hare by ʼn salon/ Mandy’s in die dorp laat doen.
My groep vriende het ʼn motor / porshe / perdekar / helikopter gehuur.
Die hoogtepunt van die aand was toe.....
Ek is baie ambisieus en wil graag verder aan ʼn universiteit studeer.
My toekoms is in my hande. Waar daar ʼn wil is, is daar ʼn weg.
Ek is die argitek van my eie lewe.
Lugwaardin / rekenmeester / argitek / haarkapper / sjef / konstabel / joernalis / prokureur /
loods / sielkundige / verpleegster / onderwyseres / wetenskaplike...

You might also like