Huurkontrak (Vir Woon - Huisvesting Vanaf 1 Januarie 2015 en Die Einddatum 30 November 2015)

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 5

Huurkontrak - 2015

(vir woon - huisvesting vanaf 1 Januarie 2015 en die einddatum 30 November 2015)

Hierdie ooreenkoms is opgestel en word aangegaan deur en tussen Starlight studios hierna die Verhuurder genoem wie se
adres die volgende is: Hoflaan 9, Uniepark, Stellenbosch, 7600

en
______________________________(ouer indien onder 21 jaar) en student: _______________________hierna die Huurder
genoem wie se ouerhuis adres die volgende is: ID nr. van ouer en student ___________________: ___________________

Adres

Kode

1. Die verhuurder verhuur aan die huurder wat die volgende kamer huur wat gemeubileerd is. Dubbel of Enkel. MERK

2. Die huurkontrak is vir n vaste tydperk van twaalf (11) maande.

3. Die begindatum van die huurtermyn is 1 Januarie 2015 en die einddatum 30 November 2015.

Die huurgeld vir die vaste tydperk is: R 2 900 per maand, dubbelkamer (deel met nog n persoon) of enkelkamer R 3900 pm.

4. Betaalbaar in vier paaiemente van R 8 700 elk (dubbel) of indien (enkel) R 11700 en is betaalbaar op:

01 Desember 2014
01 Maart 2015
01 Junie 2015
01 September 2015

5. Die deposito van R 4 000.00 is nou betaalbaar.

Getuie (1)_____________________________

Getuie (2)_____________________________

Datum__________________

Huurgeld

5.1 Die huurgeld is vier maandeliks op die datums soos voorgeskryf sonder aanmaning en sonder enige aftrekkings
hoegenaamd, en vry van bankkommissie, namens die verhuurder aan Charl Best, Sips of Starlight studio’s., vooruitbetaalbaar
deur middel van vier vooruitgedateerde tjeks of eft. Vooruitgedateerde betalings opgestel. Of kontant, min R 300.

5.2 Indien belasting en/of dienskoste ten opsigte van die eiendom gedurende die geldigheidstermyn van hierdie huurkontrak
verhoog word tot meer as die bedrag wat ten opsigte daarvan soos op die datum van ondertekening hiervan betaalbaar is, sal
die huurder sodanige bykomende belasting ten een-twaalfde daarvan per maand aan die verhuurder betaal, welke bedrag
saam met die huurgeld betaal moet word.

5.3 Indien die eienaar besluit om die eiendom te verkoop, sal die huurder geen verdere besitreg hê nie en sal die kontrak
skriftelik met een kalendermaand kennisgewing beeindig word.

Handtekening van ouer of voog : ____________________

Handtekening van student: __________________________ Bladsy 1 van 5


6. Deposito

Die huurder onderneem om by ondertekening van hierdie kontrak `n deposito @ R 4 000.00 aan Charl Best te betaal. Hierdie
deposito sal deur Charl Best gehou word vir die volle duur van die huurtermyn as sekuriteit vir die wanbetaling deur die
huurder van enige geld verskuldig ingevolge hierdie kontrak of vir herstelkoste van skade aan die eiendom of verlore
sleutels, of agterstallige rekeninge, SIPS kursus skuld en agterstallige kragrekeninge ens. Ingesluit by die huur deposito is die
inkomsteseëls vir die huurbedrag sowel as R400 vir die kontrak en R250 vir sleutels. Parkering R 150,00 ekstra per maand
en krag R 250 pm.

7. Verhuurder se hipoteek

Die huurder se meubels, toerusting en ander goedere wat na die eiendom gebring word, is onderworpe aan die pandreg van
die verhuurder indien die verhuurder genoodsaak word om klousule 15.1 te implementeer.

8. Toestand van eiendom by besitname deur die huurder

Tensy die huurder skriftelik aan die verhuurder tot die teendeel kennis gee binne sewe dae na besitname van die eiendom,
word die eiendom geag in `n goeie en skoon toestand te gewees het by besitname van die huurder. Die huurder moet n
inventaris opstel en die eiendom saam met die verhuurder binne 7 dae van okkupasie, ondersoek vir gebreke, merke
op mure, en foutiewe toebehore, sowel waneer die perseel verlaat word aan die einde van die termyn.

Instandhouding van eiendom Deur Huurder

9.1 Moet die koste van alle elektrisiteit/water betaal wat aan die eiendom voorsien word teen R 250 pm..

9.2 Mag nie enigiets doen of toelaat dat dit gedoen word, deur die positiewe handeling of deur versuim nie, wat die
versekeringspolisse op die eiendom ongeldig sou maak of die premies daarvoor sou verhoog nie.

9.3 Die huurder moet die binnekant van die eiendom in `n goeie en skoon toestand en vry van insekte hou en onderneem om
by die einde van die huurtermyn die eiendom in dieselfde goeie en skoon toestand te laat as waarin dit by besitname was of
ingevolge Klousule 8 geag word by besitname te gewees het. Die huurder is aanspreeklik vir enige skade aan enige deel van
die eiendom of `n aangrensende eiendom wat hy of sy besoekers veroorsaak.

9.4 Indien die toestand van die matte of houtvloere geag meer beskadig te wees bv. deur brandmerke, vlekke of slytasie
uitgesluit normale verweer wat weens normale gebruik veroorsaak word , kom die partye ooreen dat die gedeeltelike of
algehele volvloer matte of houtvloer van die eiendom op koste van die huurder na verstryking van die huurtermyn vervang of
skoongemaak sal word deur die huurder, onderworpe aan die toestemming van die verhuurder om te verseker dat dieselfde
tipe en kwaliteit matte of houtvloer voorsien word.

9.5 Indien die mure geag in `n swak of beskadigde toestand te wees as gevolg van nalatige en/of doelbewuste optrede deur
die huurder, kom die partye ooreen dat die gedeeltelike of algehele binnemure van die eiendom op koste van die huurder na
verstryking van die huurtermyn geverf sal word deur die verhuurder, of deur die huurder onderworpe aan die toestemming
van die verhuurder om te verseker dat dieselfde tipe en kwaliteit verf gebruik word. Die huurder mag nie toelaat dat die mure
en plafonne beskadig word met spykers of skroewe of beplak word nie. Slegs `n redelike aantal volgens die verhuurder of
sy agent se diskressie Hilti-tipe prentspykers mag, sonder beskadiging van die mure, aangebring word deur die huurder.

9.6 Die huurder is verantwoordelik om die buitekant van die eiendom soos balkonne, stoep, elektriese motorhek en die tuin,
indien enige, te alle tye in `n skoon en netjiese toestand te hou. Indien die huurder versuim om die tuin of buitekant van die
eiendom in `n skoon en netjies toestand te hou, is die verhuurder geregtig om te enige tyd op koste van die huurder die
skoonmaak van die buitekant van die eiendom en van die tuin, indien enige, te onderneem.

Deur die verhuurder

9.7 Die verhuurder is verantwoordelik vir die instandhouding en onderhoud van die buitekant van die gebou, met in begrip
van die dak en moet onverwyld strukturele gebreke repareer wat in die eiendom verskyn.

Handtekening van ouer of voog : ____________________

Handtekening van student: __________________________ Bladsy 2 van 5


9.8 Is verantwoordelik vir die betaling van belasting en/of dienskoste op die eiendom aangeslaan, vanaf die datum van
ondertekening hiervan.

Voorskrifte vir gebruik van eiendom

10.2 Die huurder het nie die reg om enige verandering aan of byvoeging tot die eiendom te maak nie, van watter aard
sodanig verandering of byvoeging ook mag wees, tensy die skriftelike toestemming van die verhuurder vooraf verkry is.
Indien enige verandering of byvoeging met skriftelike toestemming van die verhuurder aangebring is, word dit die eiendom
van die verhuurder en die huurder is nie by afloop van die huurtermyn geregtig om sodanige verandering of byvoeging
ongedaan te maak nie en is ook nie geregtig op enige vergoeding hoegenaamd ten opsigte van sodanige verandering of
byvoeging nie.

10.3 Die huurder moet die eiendom persoonlik bewoon en mag die eiendom slegs vir normale woondoeleindes gebruik, en
geen persoon behalwe die huurder mag die eiendom bewoon tensy die skriftelike toestemming van die verhuurder vooraf
verkry is nie. Die huurder mag nie meer persone in `n kamer laat bly as wat die verhuurder toegeken het nie.

10.4 Geen troeteldiere van enige aard mag op die eiendom aangehou word nie tensy die skriftelike toestemming van die
verhuurder vooraf verkry is nie.

10.5 Geen kennisgewing, advertensies, posters van watter aard ookal mag op die eiendom aangebring word nie en daar mag
geensins op enige muur of vensters op die eiendom geskryf of geplak word nie.

10.6 Die huurder mag nie toelaat dat `n geraas of steurnis, of wanordelike gedrag van watter aard ook al, te enige tyd op die
eiendom voorkom nie. Die huurder is ook verantwoordelik vir die gedrag van enige besoekers op die eiendom en ook van
enige werknemer van die huurder en mag geen oorlas van watter aard ook al vir die bure of omgewing meebring nie. Geen
braai word op die sypaadjie, dak of balkonne toegelaat nie.

11. Nie-aanspreeklikheid van verhuurder

Alle persoonlike eiendom, insluitende motorvoertuie,word op die huurder se risiko op die eiendom geplaas en die
verhuurder is nie vir verlies, vernietiging diefstal op beskadiging van sodanige eiendom deur enige oorsaak hoegenaamd,
aanspreeklik nie. Die huurder huur die eiendom op eie risiko en die verhuurder is geensins vir die huurder se veiligheid
aanspreeklik nie. Indien `n parkeerplek beskikbaar is kan dit addisioneel teen R160 per maand gehuur word.

12. Onderverhuring

Die huurder mag nie die eiendom of enige gedeelte daarvan onderverhuur of hierdie huurkontrak of enige deel daarvan
sedeer, oordra of verpand tensy skriftelik toestemming van die verhuurder vooraf verkry is nie. Die huurder mag ook nie
toelaat dat enige persoon te enige tyd besit verkry of neem van die eiendom of `n gedeelte daarvan vir enige tydperk nie.

Ongeskiktheid van perseel.

13.1 Indien die eiendom as gevolg van brand, storms of enige ander oorsaak buite die beheer van die verhuurder totaal
vernietig word of ongeskik raak vir die doel waarvoor dit verhuur word, verval die huurkontrak. Indien van sodanige verval
is die verhuurder nie aanspreeklik vir enige skade nie.

13.2 Indien die eiendom gedeeltelik deur brand, storms of enige oorsaak hoegenaamd buite die beheer van die verhuurder
beskadig word, maar in so `n mate dat die huurder dit nog redelikerwys kan gebruik vir die doel wat in hierdie huurkontrak
omskryf is, is die huurder geregtig op `n redelike korting op die huurgeld gedurende die tydperk waarin die eindom herstel
word.

Verhuurder se regte van inspeksie, toegang

14.1 Die verhuurder het die reg om te enige tyd gedurende die huurtermyn elektriese drade of waterpype deur die eiendom
aan te lê, indien dit vir die verskaffing van elektrisiteit of water aan die eiendom of `n ander eiendom nodig mag wees. Die
verhuurder onderneem om enige ongerief vir die huurder in hierdie verband sover redelik moontlik te beperk.

Handtekening van ouer of voog : ____________________

Handtekening van student: __________________________ Bladsy 3 van 5


14.2 Die verhuurder het die reg om die eiendom te enige redelike tyd en met redelike tussenposes te inspekteer of om ‘n
nuwe mede huurder van die woonstel die kamers te wys, asook om enige nodige onderhouds- en instandhouding te verrig en
die huurder mag geensins die uitvoering van hierdie reg verydel of bemoeilik nie.

14.3 Die verhuurder of sy agent is vir doeleindes van herverhuring of verkoop van die eiendom geregtig om tesame met
enige voornemende huurder of koper op enige redelike tyd die eindom te inspekteer.

Kansellasie deur verhuurder

15.1 Indien die huurgeld nie stiptelik op die ooreengekome vier (4) datums betaal is nie, of indien die huurder in enige opsig
hoegenaamd `n bepaling van hierdie huurkontrak verbreek of toelaat dat dit verbreek word, het die verhuurder die reg,
nieteenstaande enige vorige kwytskelding, verslapping of toegewing wat hy mag toegestaan het, om hierdie huurkontrak
summier te kanselleer deur skriftelik kennisgewing aan die huurder by die eiendom en om die eiendom onmiddelik binne te
gaan en besit daarvan te neem. Rente teen 18% per jaar sal gehef word op enige laat betalings.

15.2 Enige kennisgewing wat die verhuurder op die huurder wil bestel word geag om geldiglik bestel te wees indien dit per
voorafbetaalde, geregistreerde brief aan die huurder by die eindom gestuur is, of dit deur die verhuurder of sy agent by
sodanige adres gelaat is, welke kennisgewing geag sal word om ontvang te wees sewe dae na die versending daarvan per
geregistreerde pos of op die datum waarop dit hierkragtens per hand afgelewer is.

15.3 Nieteenstaande kansellering deur die verhuurder ingevolge Klousule 15.1 hierbo bly die huurder nogtans aanspreeklik
vir die betaling van alle huurgeld tot aan die einde van die ooreengekome huurtermyn en sodanige huurgeld is onmiddellik
betaalbaar as gelikwideerde skadevergoeding. Alternatiewelik kan die verhuurder ander skadevergoeding van die huurder eis
in plaas van die genoemde gelikwideerde skadevergoeding. Die verhuurder is geregtig om rente te vra op enige huurgeld of
ander geld wat op datum van kansellering deur die huurder verskuldig is teen die koers genoem in klousule 15.1 hierbo, vanaf
die eerste dag van die maand waarin die verhuurder as gevolg van die kansellasie nie betaal is nie.

Koste

16.1 Indien die verhuurder enige geregtelike stappe hoegenaamd teen die huurder neem ingevolge die huurkontrak, het sy
met of sonder kansellasie van die kontrak, is die huurder ook teenoor die verhuurder aanspreeklik vir alle regskoste soos
tussen prokureur en klient, met inbegrip van invorderingskommissie, asook enige koste aangegaan vir die opsporing van die
huurder.

16.2 Die koste verbonde aan die seël van die huurkontrak en moontlike addenda word deur die huurder gedra.

Toegewing, verslapping of wysiging

17.1 Enige toegewing of verslapping wat deur die verhuurder toegestaan mag word, benadeel op generlei wyse die
verhuurder se regte kragtens die huurkontrak nie en in besonder word die aanvaarding van huurgeld na die vervaldatum of
van minder as die volle bedrag van die huurgeld nie beskou as afstanddoening deur die verhuurder van sy regte kragtens die
huurkontrak nie.

17.2 Geen ooreenkoms wat van die voorwaardes van hierdie huurkontrak verskil, is bindend tensy op skryf gestel is en deur
beide partye en twee getuies onderteken is nie.

18. Domicilium

Die partye kies as adresse waar kennisgewings gestuur kan word en as domicilium citandi et executandi vir enige aksie of
aangeleentheid wat direk of indirek uit hierdie kontrak of uit die kansellasie daarvan mag voortspruit, die adresse genoem in
die aanhef van hierdie kontrak.

Jurisdiksie van die landroshof

Die partye verbind hulle hiermee om hulle te onderwerp aan die jurisdiksie van die Stellenbosch Landdroshof in verband met
enige aksie of aangeleentheid wat uit hierdie ooreenkoms of die kansellasie daarvan mag ontstaan, met dien verstande dat die
verhuurder die reg voorbehou om enige sodanige aksie of aangeleentheid in die Hooggeregshof te laat bereg.

Handtekening van ouer of voog : ____________________

Handtekening van student: __________________________ Bladsy 4 van 5


Ontruiming van perseel

19.1 Indien hierdie kontrak tot `n einde kom deur tydsverloop of om welke ander rede ook al, is die huurder verplig om die
eiendom in die toestand soos bepaal in Klousule 9 onmiddelik volledig te ontruim en aan die verhuurder besit daarvan te gee
en alle sleutels aan die verhuurder te oorhandig. Indien die huurder versuim om enige voorwerp van watter aard ook al wat
nie deel vorm van die eiendom nie te verwyder, is die verhuurder geregtig om sodanige voorwerp op koste van die huurder te
laat verwyder en `n sertifikaat deur die verhuurder ten opsigte van sodanige koste is afdoende bewys van die bedrag deur die
huurder aan die verhuurder verskuldig, welke bedrag onmiddelik betaalbaar is.

19.2 Indien die huurder na verstryking van die huurtermyn of nadat die huurkontrak om welke rede ook al verval het of
gekanselleer is, versuim om die eiendom te ontruim, bly die huurder aanspreeklik om huurgeld en ander gelde ingevolge
hierdie kontrak verskuldig te betaal soos in hierdie kontrak bepaal, behoudens al die verhuurder se regte ingevolge hierdie
kontrak.

Geteken te _________________________________op hierdie ______ dag van ______________________________200___


in die teenwoordigheid van die ondergetekende getuies.
As getuies

Getuie 1. _________________________

Getuie 2 _________________________

Verhuurder: ____________________

Geteken te _________________________________op hierdie ______ dag van ______________________________200___


in die teenwoordigheid van die ondergetekende getuies.

As getuies

Getuie 1. _________________________

Getuie 2 _________________________

Huurder __________________________
( ouer of voog indien onder 21 jaar)

Handtekening van ouer of voog : ____________________

Handtekening van student: __________________________ Bladsy 5 van 5

You might also like