Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 6

1. Is die volgende stelling waar of vals?

(1)

Aftrekkings mag ingevolge die aftrekkingsformule geëis word mits die


belastingpligtige ʼn bedryf beoefen.

A. Waar
B. Vals

2. Trichardt (Edms.) Bpk. verkoop handgemaakte skoene. Die besigheid se (3)


finansiële jaareinde is einde Februarie.

Die volgende transaksies is gedurende die 2018 jaar van aanslag


aangegaan:
- Advertensiekoste betaal van R14 500.
- Salarisse en lone vir die jaar betaal van R100 000.
- Rente-uitgawe op oortrokke bankrekening betaal van R1 750.
- Omkoopgeld om ʼn verkeersboete te vermy betaal van R500.
- Motorvoertuig aangekoop van R230 000

Wat is die bedrag wat Trichardt (Edms.) Bpk. kan insluit by die algemene
aftrekkingsformule op 28 Februarie 2018?

A. R346 750
B. R116 750
C. R346 250
D. R116 250
E. R330 000

14 500 + 100 000 + 1 750

3. Heyno (Edms.) Bpk. het voorraad teen R560 000 aangekoop. (3)
Daar is ʼn lening aangegaan om die voorraad te finansier, en die totale
finansieringskostes betaalbaar oor die lening se afbetalingstydperk is
R236 000.
Heyno (Edms.) Bpk. het ook die volgende koste aangegaan:
- R35 000 se vervoerkoste om die voorraad by die pakhuis af te lewer
- R1 000 se hanteringskoste om die voorraad binne die pakhuis te kry

Wat is die kosprys van die voorraad vir belastingdoeleindes ?

A. R560 000
B. R832 000
C. R596 000
D. R595 000
E. R831 000

560 000 + 35 000 + 1 000

5. Gedurende Februarie 2018 het Levy (Edms.) Bpk. die volgende uitgawes (2)
betaal:
- Onderhoudienste van die webtuiste van R101 000, betaal op 20 Februarie
2018. Die dienste sal gedurende die tydperk 1 Maart 2018 tot 28 Februarie
2019 gelewer word.
- Skoonmaakdienste van R10 000, betaal op 20 Januarie 2018. Die dienste
sal gelewer word gedurende die tydperk 1 Februarie 2018 – 30 Junie 2018.

Levy (Edms.) Bpk. het ʼn 28 Februarie jaareinde.

Watter bedrag sal Levy (Edms.) Bpk. as ʼn aftrekking in hul belasbare


inkomste berekening vir die 2018 jaar van aanslag kan kry?

A. R0
B. R8 000
C. R10 000
D. R111 000
E. R101 000

Die instandhoudingsdienste sal nie binne 6 maande na jaareinde ontvang


word nie, dit is nie in terme van wetgewing nie en dit oorskry R100 000, dus
nie aftrekbaar nie.
Skoonmaakdienste is ten volle aftrekbaar aangesien die diens binne 6
maande na die jaareinde gelewer sal word.

6. Mnr. Greeff bedryf ʼn spysenieringsbesigheid, Greeff Handelaars. Een van (2)


sy kliënte het ernstig siek geword nadat hy kos geëet het wat deur Greeff
Handelaars verskaf is. Die kliënt het Greeff Handelaars hof toe geneem en
dagvaar hom vir R45 000. Teen die einde van die 2018 jaar van aanslag het
Greeff Handelaars regskoste van R8 500 aangegaan. Mnr. Greeff het ʼn
korrekte belastingopinie van ʼn belastingadviseur verkry wat hom in kennis
gestel het dat indien hy die saak sou verloor, hy wel die skadevergoeding
as ʼn aftrekking sal kan eis vir doeleindes van inkomstebelasting.

Adviseer mnr. Greeff of die regskostes wat hy aangegaan het aftrekbaar sal
wees in terme van artikel 11(c) - regskostes.
A. Die regskoste sal nie aftrekbaar wees nie, aangesien dit kapitaal van
aard is.
B. Die regskoste sal nie aftrekbaar wees nie, aangesien dit ingesluit word in
jou bruto inkomstes.
C. Die regskoste sal nie aftrekbaar wees nie, aangesien dit nie in die
voortbrenging van inkomste is nie.
D. Die regskoste sal aftrekbaar wees, aangesien die skadevergoeding
aftrekbaar sal wees as Greeff Handelaars die hofsaak verloor.
E. Die regskoste sal aftrekbaar wees, aangesien dit ʼn uitgawe vir die
besigheid is.

Die regskoste sal aftrekbaar wees aangesien die skadevergoeding sal


aftrekbaar wees as Greeff Handelaars die hofsaak verloor. Regskostes
hoef nie in die produksie van inkomste te wees om aftrekbaar te wees in
terme van artikel 11(c)- regskoste nie.

7. Ruan Bpk. het op 1 Oktober 2017 ʼn handelsbeperkingsbetalings van (2)


R135 000 aan een van sy beamptes, mev. Wilden gemaak. Mev. Wilden is
verbied om binne twee jaar van hierdie datum in ʼn mededingende bedryf
teenoor die maatskappy op te tree. Ruan Bpk. se finansiële jaareinde is
einde Februarie.

Watter bedrag sal Ruan Bpk. as ʼn aftrekking insluit in die jaar van aanslag
vir 2018?

A. R0
B. R135 000
C. R45 000
D. R67 500
E. R56 250

135 000 / 3 = 45 000

8. Keyser (Edms.) Bpk. het op 30 Junie finansiële jaareinde. Hul rekenmeester (2)
het die volgende lys van slegte skulde wat afgeskryf moet word saamgestel:

- R97 000 skulde ten opsigte van handelsdebiteure. Die volle bedrag het
gedurende die finansiële jaar oninbaar geword.
- R15 500 (rente van R1 500 ingesluit) ten opsigte van ʼn lening aan ʼn
werknemer toegestaan.
- R260 000 rentevrye lening aan ʼn verskaffer toegestaan wat finansiële

probleme gehad het. Die verskaffer is insolvent verklaar op 1 Maart 2017.

Wat is die bedrag wat Keyser (Edms.) Bpk. sal kan aftrek in hul belasbare
inkomste-berekening vir die jaar geëindig 30 Junie 2017?
A. R97 000
B. R98 500
C. R357 000
D. R358 500
E. R260 000

R97 000+R1 500=R98 500


R15 000 van die lening aan werknemer en R260 000 lening wat aan
verskaffer toegeken is, is nie voorheen in inkomste ingesluit nie. Dus is
daar geen slegte skuld aftrekking nie.

9. Gedurende hul jaar van aanslag geëindig 30 Junie 2017, het Kuhn Bpk. (2)
R500 000 bygedra tot ʼn pensioenfonds en R350 000 tot ʼn mediese fonds
tot voordeel van hul werknemers. Die goedgekeurde besoldiging van die
werknemers was R8 000 000 vir die jaar van aanslag geëindig 30 Junie
2017.

In terme van artikel 11(l) – fonds bydraes deur werkgewers, wat is die
bedrag wat Kuhn Bpk. sal kan aftrek in hul belasbare inkomste-berekening
vir die jaar van aanslag geëindig 30 Junie 2017?

A. R85 000
B. R500 000
C. R800 000
D. R850 000
E. R0

Bydraes tot mediese fonds is nie aftrekbaar nie onder artikel 11 (l) -fonds
bydra deur werkgewers. Pas reëls toe vir bydrae wat na 1 Maart 2016
gemaak is.

10. Nicola is tans in haar tweede jaar van rekenmeesters klerkskap. Sy besit ʼn (2)
kwalifikasie van NKR-vlak 7. Sy het ʼn driejaar-leerlingooreenkoms met Vizzi
(Edms.) Bpk. op 1 Januarie 2017 gesluit. Vizzi (Edms.) Bpk. het ʼn Februarie
jaareinde. Nicola is nie gestremd nie.
Op watter een van die volgende bedrae sal Vizzi (Edms.) Bpk. geregtig
wees as ʼn aftrekking ten opsigte van die leerlingooreenkoms (a 12H) in die
jaar van aanslag vir 2018?

A. R20 000
B. R40 000
C. R50 000
D. R60 000
E. R30 000

11. Lessing Handelaars (Edms.) Bpk. se jaareinde is 31 Maart. Die maatskappy (2)
het die volgende bedrae aan hulle werknemers en voormalige werknemers
betaal:
- R2 500 annuïteit per maand aan mnr. Divan wat sowat tien maande
gelede op siekverlof geplaas is. Mnr. Divan sal na die werk terugkeer as ʼn
dokter hom gesond verklaar om weer te begin werk. Mnr. Divan het sy
eerste annuïteit op 1 Maart 2018 ontvang.
- R3 000 annuïteit per maand betaal aan Keith, ʼn agtjarige seun van ʼn
voormalige werknemer wat oorlede is in Desember 2016. Keith het sy
eerste annuïteit op 1 Maart 2018 ontvang.

Watter bedrag sal Lessing Handelaars (Edms.) Bpk. as ʼn aftrekking (indien


enige) ingevolge artikel 11(m) - annuïteite aan voormalige werknemers, vir
die jaar geëindig 31 Maart 2018 kan kry?

A. R0
B. R2 500
C. R3 000
D. R5 500
E. R11 000

Mnr. Divan is nie ʼn voormalige werknemer nie, daarom is daar geen


aftrekking onder artikel 11(m) - annuïteite aan voormalige werknemers nie.
Die bedrag mag wel deur die maatskappy afgetrek word onder die
algemene aftrekkingsformule.
12. Moorcroft (Edms.) Bpk. se jaareinde is 30 Junie. Die maatskappy is sedert (2)
2009 besig om handel te dryf en het ʼn vasgestelde verliesbalans van R320
000 aan die begin van 2014 se jaar van aanslag gehad. As gevolg van
finansiële probleme het die maatskappy ophou handel dryf op 1 Augustus
2014, maar weer begin handel dryf op 1 September 2016. Gedurende die
jaar geëindig op 30 Junie 2017, het die maatskappy weer ʼn vasgestelde
verlies van R15 000 gely.

Wat is Moorcroft (Edms.) Bpk. se balans van vasgestelde verlies aan die
einde van die jaar geëindig 30 Junie 2017.

A. R0
B. R15 000
C. R320 000
D. R335 000
E. R305 000

Die maatskappy het nie handelgedryf gedurende die 2016 jaar van aanslag
nie, daarom kan die saldo van vasgestelde verliese van R320 000 nie
oorgedra word nie.

12. Maatskappye betaal inkomstebelasting teen ʼn koers van… (1)

A. 20%
B. 14%
C. 15%
D. 28%
E. 45%

You might also like