Toneel 1 Aspoestertjie Draft 1

You might also like

Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 8

1787 woorde sonder die musiek dus so 12 munite sonder musiek insetsels en pouses, behoort 20

munite te wees as alles bymekaar is


Nog 3 minute se musiek maak dit 15 en dan Acting en as iemand ietsie wil bysit

Karakters
Aspoestertjie ______________________
Stiefsuster 1 ______________________
Stiefsuster 2 ______________________
Stiefma ______________________
Prins FAF ______________________
FGODMOTHER 1 ______________________
FGODMOTHER 2 ______________________
Verteller 1 ______________________
Verteller 2 ______________________

Dances
Cinderella cleaning Hard Knock Life dance (15 seconds)
Fairy Godmother intro WWE Music (15 seconds)
Rugby Intro dance Hier kom die bokke(30 seconds
Dress Scene A dream is a wish your heart makes(30 seconds
Bridal Dance You’re still the one (30 seconds
Final dance Dream girl (30 seconds
Vra om te trou Droom Vrou (10 sekondes)

Toneel 1 – Aspoestertjie se shack

Shack in Alexandra (2 sinkplate, tafel, skottel met waswater, mop, tafeltjie 2 stoele)

CINDERELLA is op die verhoog en skrop die vloer met 'n lap.


‘n Wasskottel en lap en seep en mop)
STIEFSUSTER1 1 sit agter die tafel en
STIEFSUSTER2 sit voor die tafel, elkeen met haar voete op 'n stoel. Hulle praat en lag in lae
stemme. ]
Foon op tafel
CINDERELLA: ( kyk na die gehoor, kniel nog )
Waarom skrop ek die vloer en doen al die harde werk hier rond as my twee susters
die hele dag so op hulle gatte sit? ( wys na STIEFSUSTERS )
Verteller1: Wel, hier is wat gebeur het. Toe sy 'n baba was, het haar ma doodgegaan –
Verteller 2 Shame ne
(Katolieke kruis)
Verteller 1: Ja taxi ongeluk – laang storie waarvoor ons nie nou tyd het nie. 'N Paar jaar gelede
het haar pa weer getrou. Sy nuwe vrou, die Stiefma, het saam met haar eie twee
dogters ingetrek.
Verteller 2: 2 Bederfde brokkies wat nog nooit in hulle lewe gewerk het nie
Verteller 1: Maar met die laaste loadshedding, toe is haar pa ook dood
Verteller 2 klein ongelukkie toe hy die generator probeer aansit het) en sy polisse was nou nie
na wense nie.
Verteller 1: En nou sit sy hier in die donker en skrop en dit is nie net loadshedding se skuld nie.

STIEFMA ( van buite die verhoog dra queen nose in the air I am better than you – miskien
kopdoek nekringe ie juwele en grimering )
Aspoestertjie!
Jy beter skrop, die kaya beter skoon –Ek wil nie sien dat dit gemis is nie

CINDERELLA: ( kniel en begin weer skrop; praat dan weer met die gehoor )
Dit is my tragiese lewe
#ARM
(It’s a hard knock life for us music and dance…..)
(Foon geluid)

STIEFSUSTER 1: Hallo,hallo,hallllllloooooo
STIEFSUSTER 2:Wat is dit?
STIEFSUSTER 1:Ek weet nie die ding wil nie antwoord nie
STIEFSUSTER2:Nee jou dom ding dis ‘n whatsupp
STIEFSUSTER1 (opgewonde)
Nee dis n invite

STIEFSUSTER 1
STIEFSUSTER 2: hardloop opgewonde van dieverhoog af

CINDERELLA: ( stop en kyk na die gehoor )


. Ek wonder wat gaan aan, Niemand bel hulle ooit nie

STIEFMA ( van buite die verhoog )


Aspoestertjie! Wat doen jy?
CINDERELLA: ( start weer skrop )
Ek skrop en skrop en ek sal nie stop... (soos op hard knock life se wysie)
STIEFMA Ek watch jou
STIEFSUSTER 1 Sy kom opgewonde in. Klap handjies – kommon met ‘n o
STIEFSUSTER 1: Die lewe is fantasties – julle sal dit nie glo nie
STIEFSUSTER 2:Wat? Vertel my meer!!!!!
STIEFSUSTER 1:Moeder moet hoor. Moeeeeeder
(hardloop om shack tot hulle by ma uitkom)
STIEFSUSTER 2:Jo, ek is nou moeg, mamma, mamma, mamma
Ek kan nie glo nie
STIEFMA Wat kan so dringend wees?
( flits haar hare, merk dan Aspoestertjie op )
Wie het jou gevra om soos 'n vlakvark na ons te staar? Jy sou dink dat jy nie genoeg
werk gehad het om te doen nie!
CINDERELLA kyk 'n oomblik na die gehoor en gooi haar arms op en keer dan terug na skrop terwyl
sy haar STIEFMOEDER en STIEFSUSTERS dophou.

STIEFSUSTER 1: Kyk hier, Ek het ‘n invite gekry! Faf de klerk hou 'n kuier
STIEFSUSTER 2: FAF, Rugby FAF, die kortgat met die prins Charming hare!
STIEFMA 'N kuier
STIEFSUSTER 1: Ja, ‘n kuier en almal is genooi, dis by Montecasiono,hy soek n vrou.
STIEFSUSTER 2: 'N hou vrou?
STIEFSUSTER1: Nee ‘n regte vrou, amper soos boer soek ‘n vrou
CINDERELLA: ( fluister vir gehoor )
die onderbroek prins soek ‘n bruid

STIEFMA: My prinsessies, kom hier


[ STIEFSUSTERS loop op na STEPMOTER, wat haar arms vir hulle uitsteek.
CINDERELLA begin ook na STEPMOTER gaan. ]

STIEFMA ( tot Aspoestertjie )


Ek het gesê “ MY prinsesse”! – nie JY nie
( maak haar arm om STIEFSUSTERS en praat met hulle in 'n lieflike stem )
Dollies, hiers ons kans, ‘n springbok as ‘n skoonseun,ek kan nie wag nie
[ STIEFSUSTERS jubel. ] (Afrika hala-la-laaa)
STIEFMOEDER klap haar vingers om Aspoestertjie te vra. ]

CINDERELLA: ( aan gehoor )


Nou wil sy my hê. Is ek skielik goed genoeg
STIEFMA ( met neus in die lug )
Ons benodig drie fantastiese outfits ek het nie nou geld nie
Jy gaan dit maak en dit sal betyds klaar wees vir kuier en beter lyk na iets uit H &M

CINDERELLA: ( aan gehoor )


kan dinge erger word
#depressed
(Stap sleepvoet van verhoog af een rigting, Ma en susters in die ander rigting)

Verteller 1: Intussen by die fancy kant van Montecasino sit Faf en sy ouers .
Faf se mammie weet dat dit tyd is dat Faf n vroutjie moet kry en een wat pas by die
rugby prins.
Verteller 2: Nie een waarvan jy gaan lees op die agterblad van die Raport nie.’n Trophy wife wat
goed lyk, goed ruik en nie gaan omgee om daardie vlagbroekies uit te spoel nie.
Verteller 1: Een met agter grond en hopelik het sy baie grond agter haar.
Verteller 2: Intussen het arme Cinderella haar vingers afgewerk om outfits te kry wat amper lyk
asof dit by H&M gekoop is]

Cinderella (Cinderella aan die kant van verhoog kyk uit)


#child labor
Toneel 2 – (same setting)
[ STEPMOTER en STIEFSUSTERS is besig om
Hulle outfits reg te maak -handspieëls en makeup stap in van buite af
CINDERELLA stap sleepvoet agterna en staan by die voordeur. Sy lyk hartseer.

STIEFMA (kom in van ander kant van die verhoog af en lyk beindruk)
Julle twee lyk gorgeous
STIEFSUSTER 1: vat aan hare en baie makeup rooi lippe
Ek weet ne
STIEFSUSTER 2:( kyk buite die verhoog )
Die limo is hier !
STIEFSUSTER 1 Ons gaan kuier toe
( STIEFSUSTERs spring op en af beweeg in LIMO se rigting)

STIEFMA Waarom is JY hier?


(kyk na Cinderella )
Het jy nie nog iets om skoon te maak nie?
CINDERELLA: Ek het net gedink –
STIEFMA Dink nie geweet jy kan dit doen nie
CINDERELLA: Wel, dat ek ook Kuier toe kan gaan omdat almal mos genooi is
STIEFMA Wat, JY,jy is nie deel van almal nie
STIEFSUSTER 1: Het sy eintlik gedink sy staan ‘n kans
STIEFSUSTER 2: Het jy eintlik gedink jy kan gaan hah dis die grootste grap van die jaar
STIEFMA: ( in 'n skerp stem )
Jy gaan NIE na hierdie kuier toe nie , JY is NIE genooi nie en sal NOOIT genooi word
nie!
( Cinderella draai haar rug)
STIEFMA: ( Stepmoeder draai na STIEFSUSTERs en praat met 'n sagte stem )
My prinsesse , is ons gereed?

STIEFSUSTER
1 en 2 Ja, Mammie.
STIEFMA Uitstekend! ons Limo is hier Kyk hoe lank is hy
[ STIEFSUSTERS skree van vreugde.
Die drie van hulle gaan uit, hul neuse hoog in die lug. Niemand sê totsiens aan
CINDEREELLA nie. ]

CINDERELLA: ( trek haar hande deur haar hare en gooi goed in die wasmandjie en tel dit op en sit
reg sodat Godmother fairies dit later kan afdra)
As hulle na my kyk, sien hulle miskien 'n fout . Maar ek is nie .
( kyk na waar Stepmother en STIEFSUSTERs gegaan het en sug )
En ek wou so graag gaan, ek luv rugby, ek luv FAF en ek sal met liefde sy Fafbroekies
uitwas. Dit is nie regverdig nie!
#left behind
Toneel 3 – (same setting)

[ Offstage gooi iemand konfetti en en WWE Musiek speel en altwee FGODMOTHERS


kom op, outfits, vlerke en towerstaffies
CINDERELLA:
WWE musiek
CINDERELLA: WT F (what the...)
FGODMOTHER1:Nee dit is WWE!!!!!!!!!
FGODMOTHER2:Suck it up doll, life isn’t fair
FGODMOTHER1:Maar moenie worry nie jou Fairy Godmothers is hier om jou te help
CINDERELLA: Wat bedoel jy? Fairies bestaan nie .
FGODMOTHER2:SHUT UP BITCH! EK IS jou Fairy Godmother – het jy oë in jou kop.Check die vlerke
CINDERELLA: Jy ... is?
FGODMOTHERS1:Verskoon my!
Het jy nie net daai magical musiek gehoor wat uit die hemel gespeel het nie?

CINDERELLA: Ek veronderstel ek het iets gehoor maar ek het nie geweet wat dit was nie.
FGODMOTHERS2: Nie geweet wat dit was nie!?! Bly jy in ‘n grot of wat sonder Netflix en chill
Hoe weet jy nie-(slap hand op gesig)
FGODMOTHER1:OK,so wat sy probeer sê is dat ons hier is om jou te help
CINDERELLA: ( aan gehoor )
Goeie punt (knik kop)
( tot FGODMOTHER )
Maar hoe op die aarde gaan jy my by die kuier kry.
Met daardie vlerkies gaan ons nie ver kom nie en Taxi’s ry nie die tyd van die aand in
die woonbuurt rond nie.
FGODMOTHERS 2 Moenie my onderskat nie, ek het nie net muscles nie, maar ook ‘n towerstaffie
FGODMOTHERS 1:Watch THAT space
CINDERELLA Cinderella kyk op
What space
GODMOTHERS 2 (Wys na die kant van die verhoog)
That space, toe-toe laat jy gaan kyk
(Cinderalla go off and do costume change)
GODMOTHERS 1 Ek dink groen gaan by haar pas
GODMOTHER 2 NO WAY – met daardie blonde hare soek sy geel – ‘n somers persoon

Groen,
nee geel,
nee groen,
nee geel – fight scene
CINDERELLA (stem van die kant af)
Wat van blou
(moet blou met tekkies dra)
GODMOTHER 1 OK
GODMOTHER 2 Aah your wish is my command
GODMOTHER1: You asked for it
Dress Scene A dream is a wish your heart makes

Fairy Godmothers lig hulle towerstaf op en gee dit 'n skudding.


Weer confetti of lazerligshts op die vloer en sy stap uit met die musiek wat speel
Soos sy dit doen, gooi lede van die afloopfase meer sprankelende konfetti voor CINDERELLA. Speel
die magiese klinkende musiek. Terwyl die konfetti aanhou gooi en die musiek speel,blou Rok,
kroontjie en tekkies

CINDERELLA:( verbaas )
Oe dit is wonderlik – ek is pragtig
FGODMOTHER2:Wie het gesê ek is klaar?
(Cinderella gaan sit op die tafel)
FGODMOTHER1 Elke feëprinses verdien ‘n koets, laat ons gaan!!!
(verteller 1 en 2 stap op – kelner klere en dra haar van die verhoog af

CINDERELLA: Amazing!!! – musiek speel terwyl sy afstap


FGODMOTHERS:CINDY – WAIT -Daar is een ding wat jy moet weet. CINDERELLA:
CINDERELLA Wat is dit? (net voor sy van verhoog af is)

FGODMOTHERS:JOU CURFEW IS MIDDERNAG - Vanaand, as die klok 12-uur slaan gaan alles terug
soos dit was, gaan groot en geniet jou aand!!!

CINDERELLA: OK, ek sal maar net moet klaar kuier voor 12h00, baie tyd dit is nou eers 9h00
FGODMOTHERS:High five
Our work is done
(dra res van dekor af, soos bak en mop ens)

Toneel 4 – (by die dance, moet shack afdra of omdraai sodat dit soos 2 deure lyk waardeur gaste
kan beweeg)
Verteller 1
Verteller 2 Stap in kelner klere terug op die verhoog
Intussen gaan die kuier voort, almal kyk of hulle die rugby prins se hart kan steel,
maar die man soek nogsteeds na die een!

Rugby Intro dance Hier kom die bokke

FAF: Cool dance moves


STIEFSUSTER
1 en 2 Dans rof en probeer sy aandag trek
Musiek raak sagter

FAF Lyk verveeld


Praat met gehoor
Ek weet wat jy dink. Waaroor kla ek? Ek is 'n rugby prins, nie waar nie?
Almal ken my, almal soek my lyf,en dink ek is net ‘n joller, maar ek is meer as net die
prins charming met die stunning hare.
Daai tweetjies (wys na STIEFSUSTERS), maak my mal.
(Twee stiefsussies sluip nader)
Ek is veronderstel om vanaand saam met al hierdie jong vroue te dans en een van
hulle te kies om my bruid te wees. Vir die res van my lewe!
Tot dusver gaan dit nie so goed nie. Laat ek jou wys.

[ STIEFSUSTER
1 en 2 Staan weeskante van die FAF
STIEFSUSTER 1 Ek en jy, ons hoort bymekaar soos vinkel en koljander
STIEFSUSTER 2 Wat – hy behoort aan my, ons kan lekker vry
STIEFSUSTER 1:Ag Faffie, trou net met my. Mammie sal so bly wees
STIEFSUSTER 2:Of met my ek het alles skoonheid, makeup en mamma sal die oulikste skoonma
wees!!!

Prins ruk los en hardloop weg, kyk oor sy skouer en sê vir die gehoor
FAF Sien jy wat ek bedoel? Is dit te veel gevra om iemand met meer as 2 breinselle te kry
– alle rugby spelers is nie dom nie
Hardloop in Cinderella vas
FAF Wow – uiteindelik een sonder ‘n Louis Vitone sakkie en met nice tekkies
Wag 'n oomblik.
( keer CINDERELLA voor)
Jong dame?
CINDERELLA: knik skaam kop
FAF Het ons al voorheen ontmoet?
CINDERELLA: Nee, maar Ek is bly om jou nou te ontmoet.
FAF Tog voel ek asof ek jou al ken. Maar dit is onmoontlik.
CINDERELLA: Baie dinge is moontlik, na ‘n dag soos vandag weet ek dit
FAF Glo u dit regtig?
CINDERELLA: Ja ek glo dit, alles is moontlik as jy net glo in feëverhale
Bridal Dance You’re still the one begin speel
PRINS en CINDERELLA dans vir 'n paar oomblikke en eindig op die middelstadium.

CINDERELLA: Vertel my van meer van jouself, Prins. Faf


FAF Wat is daar om te weet? Ek is 'n prins.
CINDERELLA: Nee, ek bedoel van JOU. Jouself. Die man sonder die rugbybal
FAF Wel! Niemand het my dit al voorheen gevra nie. En ek wil ook meer oor jou leer.
Bridal Dance You’re still the one begin speel speel weer

PRINS en CINDERELLA dans 'n paar oomblikke rondom die verhoog. Die musiek stop en hulle hou op
dans. Hulle praat en lag.

STIEFSUSTER 1:Sien jy wat ek sien


STIEFSUSTER 2: Ja mamma gaan so kwaad wees, hy is vir my bedoel
STIEFSUSSIE 1: Maar wie is sy
STIEFSUSTER 2 Ek weet nie, maar ek laaik haar niks
STIEFSUSSIE 1 Ek sou in elk geval nie met hom trou as hy my gesmeek het nie.
STIEFSUSTER 1 Ek ook nie
[ Musiek stop. SLUITing kom binne, 'n groot kartonuitknipsel van 'n horlosie tot
middernag en word van agter gehou en horlosie slaan
DONG
[ CINDERELLA en PRINS dans nog. ]
CINDERELLA:Het u iets gehoor?
DONG DONG
FAF: Wat? Al wat ek hoor, is jy.
DONG DONG
CINDERELLA: Dit is amper middernag!
DONG DONG
FAF Waarom maak dit saak of dit middernag is?
DONG DONG DONG
SLUITEL-HOLDER:
CINDERELLA: Ek moet gaan! (Draai om n begin gaan)
DONG
FAF Hoekom? Jy het net hier gekom!
CINDERELLA: Ek moet NOU – gaan! ( hardloop af)
DONG
FAF: Wag! Ek ken nie eens jou naam nie!
CINDERELLA: Vaarwel! (sê van agter die verhoog af)
PRINS Hardloop na die kant van die verhoog toe waar sy verdwyn het
‘n TEKKIE, is dit al wat ek van my geliefde bruid kan kry
Toneel 5 – terug by die shack vir die tekkie aanpas
Verteller 1: Die arme FAF was gebroke, hy was so hardgebroke dat hy geen bal in die losgemaal
kon vasvat nie
Verteller 2: Arme Cinderella was net so hartseer, en in haar hart het sy geglo haar prins Faf sal
haar nog kom soek
(Elke verteller dra ‘n bankie op, gaan sit op die bankie en vertel die deel)
Stiefma Bring haar eie bankie en sê
Ek kan nie glo Faf het nie my prinsessies gekies nie, maar ek hoor hy is op reis en
besig om alle dames te ondervra, want hy het die misterieuse meisie se skoen gekry
en as die skoen jou pas sal hy jou vat – my dogtertjies het nog net 1 kans

FAF Ek is nogal moeg, hierdie woonbuurt lyk nogal skruf, miskien moet ons omdraai en
huis toe gaan
Stiefma Koewhee – hierso Faffie, my dogtertjies wil ook pas
FAF Auntie ek is moeg, julle is my laaste paskans – miskien sal ek maar vir ewig ‘n
bachelor moet bly
Stiefsusssie 1 en 2 gaan sit op die bankie
Faf kniel en probeer die tekkie
Jou pote is te groot liefste dame, dit sal nooit pas nie, jammer nommer 1
Jou lang skerp tone sal verdwaal in die tekkie, jammer nommer 2
Verskoon my, mevrou. Ek verstaan dat daar nog ‘n jong dame hier bly
CINDERELLA stap in met die ander tekkie in haar hand
CINDERELLA Miskien soek jy eintlik na my
DROOMVROU VAN MATHYS ROETS SE MUSIEK – my soektog na my droomvrou is verby – en sy was
toe alle tyd maar net jy

FAF: My prinses, ek het jou dadelik herken


CINDERELLA My FAF – Feëverhale gebeur nie net in boeke nie
STIEFMA Dit kan nie WEES nie!
FAF ( neem Aspoestertjie se hande in sy )
Ek het jou gevind!
CINDERELLA: Jy het
FAF op sy knië
Dit lyk miskien vinnig, maar ek weet wat ek weet. Sal u met my trou?
CINDERELLA: Gosh, is dit okay om te sê “ Ek dink so ”?
FGODMOTHERSAnd they lived happily ever after

Verteller 1: Maar nie sonder ‘n groot partytjie en ‘n lekker sokkiejol nie


Verteller 2 Staan op mense, die partytjie gaan nou begin
Final dance Dream girl
Musiek speel almal kom in vir die slotdans

Verteller 1: Julle hoef nie bekommerd te wees oor die stiefma, en stiefsussies nie, FAF is ‘n goeie
outjie hy het vir ‘n plekkie in Silverlakes gekoop, waar hulle nou lekker bly en
deelneem aan die Huisvroue van Pretoria.
Verteller 2: En FAF en CINDERELLA, hulle het geimmigreer en hy speel nou vir Frankryk en sy
nuwe Franse onderbroekies het steeds die meisies op hol, maar hy het net oë vir sy
eie Cinderella

Die einde

You might also like