Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 3

AFRIKAANS TAAK

Testament: 'n dokument waarin iemand reël wat met sy nalatenskap moet gebeur (uiterste
wil).

Testateur: Die man of vrou oor wie se aardse besittings daar in die testament beskik word,
word die testateur (manlik) of testatrise (vroulik) genoem. Die testateur/testatrise onderteken die
testament op elke bladsy van die testament in die teenwoordigheid van twee onafhanklike getuies in
sy/haar hoedanigheid as testateur/testarise.

Bedoel: beoog om ('n bepaalde ding of idee) oor te dra, aan te dui of te verwys;
dui.

Eksektuteur: ‘n Eksekuteur is die persoon wat benoem word


(normaalweg in terme van ‘n Testament) om die administrasie van ‘n boedel te
behartig.

Trust: n Trust is ‘n verdere wyse waardeur die testateur ‘n boedel kan


vasmaak.‘n testateur met ‘n groot boedel kan voorsorg tref deur ‘n trust te stig
in die geval waar hy sou sterf terwyl sy kinders relatief steeds jonk en
ondervinding loos sou wees. Dit is sy bedoeling dat sy kinders erf, maar slegs
op ‘n sekere ouderdom of by die plaasvind van ‘n sekere gebeurtenis. Hy laat
die eiendom na aan ‘n vermelde trustee in sy testament met opdragte dat die
trustee die eiendom bewaar, die geld spaarsamig en profyt draend investeer, en,
byvoorbeeld die opbrengs diskresionêr aanwend vir die onderhoud en onderrig
van die kind soos vermeld in die testament. Wanneer die kind aldus die
vermelde ouderdom bereik, of die gebeurtenis sou plaasvind – byvoorbeeld die
kind trou of word mondig – word die geld aan hom of haar uitbetaal. In hierdie
geval word die trustee, streng regtens, die eienaar van die eiendom, maar is
verplig om dit te bewaar en te gebruik op die wyse soos uiteengesit in die
testament.
Wat gebeur as iemand sonder n testament sterf

‘n Persoon wat sterf sonder om ‘n testament agter te laat word beskou as om intestaat te sterf – en die
boedel sal verdeel word ooreenkomstig die reëls van intestate erfopvolging. Die reëls het ook toepassing
op die verdeling van die oorledene se eiendom wat nie spesifiek voor voorsien word deur sy of haar
testament nie, sou die erfgename wie vernoem was gesterf het en daar nie melding gemaak is in die
testament van enige plaasvervanger erfgename vir hulle nie, sal die reëls van intestate erfopvolging
bepaal hoe die boedel verdeel moet word.
Indien die boedel intestaat verdeel moet word sal die Meester ‘n eksekuteur aanstel – gewoonlik die
langslewende gade. ‘n Eksekuteur aangestel deur die Meester word genoem ‘n eksekuteur datief, terwyl
een wat aangestel is in ‘n testament na verwys word as ’n eksekuteur testamentêr. Indien die waarde van
die boedel nie R125 000 oorskry nie, mag die Meester van die Hooggeregshof besluit om klaar te kom
sonder om ‘n eksekuteur aan te stel en aanwysings gee van die manier waarop so ‘n boedel gelikwideer
en verdeel moet word.
Indien daar geen oorlewende familielede bestaan nie en daar geen bloedverwante is nie, word die boedel
inbetaal in die Voogdyfonds van die Meester van die Hooggeregshof en, indien nie opgeeis binne 30 jaar
nie, sal dit verbeur word aan die staat.
Wanneer ‘n vennoot in ‘n selfde-seks vennootskap te sterwe kom, en alhoewel nie wettelik getrou nie, sal
die oorlewende vennoot erf van die oorlede persoon se intestate boedel

Hoe stel n testateur n testament op wie ongeletterd of ernstig siek is

Waar ‘n testateur ongeletterd is en nie kan teken nie, of te siek is om dit te doen (hy mag dalk nie in staat
wees om te skryf nie, maar wel in staat wees byvoorbeeld om ‘n merk te maak), skryf die reg voor dat
hy/sy óf die testament onderteken óf ‘n merk maak as synde sy of haar handtekening of iemand anders
kry om namens hom/haar te teken. Daardie persoon moet dan, in die teenwoordigheid van die testateur en
die getuies en op die testateur se aandrang, die testament onderteken.
Verder moet ‘n sertifikaat aanbring word aan die einde van die testament waarin ‘n Landdros,
Geregsdienaar, Kommissaris van Ede of Notaris sertifiseer dat die testateur sy/haar identiteit
geïdentifiseer het as dié van die testateur en dat die testament wat sodanig onderteken was die testament is
van sodanige testateur.
Indien die testament bestaan uit meer as een bladsy, moet dit deur ‘n Landdros, Geregsdienaar,
Kommissaris van Ede of Notaris onderteken word op elke bladsy daarvan. Hierdie sertifikaat moet
aangebring word voor die dood van die testateur, en dit sal wys wees om te verseker dat dit aangebring
word ten tyde van die ondertekening van die testament (by wyse van ‘n merk of die handtekening van ‘n
ander wat namens die testateur dit onderteken) deur die testateur en die getuies sodat die opstel van die
testament ‘n enkele transaksie uitmaak.

Familie wat baklei oor testament of erf porsie

You might also like