2022 FW Graad 12 Rekord Eksamen Vraestel 2

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 21

Previous examination papers provide an opportunity for the learner to self-

assess their knowledge of the content for a specific subject. However, please
note that:

• Past examination papers do not constitute a comprehensive overview of


all the work being assessed in a particular academic year.
• Many CAPS changes come in affect from year to year and therefore, it
is not sufficient to cover only the work contained in a particular past
paper.
• The papers provided to learners are either compiled by Impaq in
conjunction with SACAI or supplied to Impaq by SACAI.

For the most comprehensive preparation for any examination, please refer
to the study notes for a particular subject available to download from the
Optimi Learning Portal.

Vorige eksamenvraestelle bied leerders die geleentheid om hul kennis van ’n


spesifieke vak self te assesseer, maar dit is belangrik om op te let dat:

• vorige eksamenvraestelle nie ’n omvattende oorsig bied van al die werk


wat in ’n spesifieke akademiese jaar geassesseer word nie.
• Verskeie KABV-veranderinge tree van jaar tot jaar in effek en dit is dus
nie voldoende om slegs die werk wat in ’n spesifieke vorige vraestel
te hersien nie.
• Die vraestelle wat aan leerders beskikbaar gemaak word, word of deur
Impaq in samewerking met SACAI opgestel, of word aan Impaq voorsien
deur SACAI.

Vir die mees omvattende voorbereiding vir enige eksamen, verwys asseblief
na die studienotas vir ’n spesifieke vak (beskikbaar vir aflaai vanaf die Optimi
Learning Portal).
FISIESE
WETENSKAPPE

2022

GRAAD 12 - KWARTAAL 3
GRAAD 12
TAAK 5.2 – VOORBEREIDENDE EKSAMEN

VRAESTEL 2
Tydsduur : 180 min

Totaal : 150

Hierdie dokument bestaan uit 19 bladsye


SACAI FISIESE WETENSKAPPE KOPIEREG VOORBEHOU
KWARTAAL 3 - TAAK 5.2 – VOORBEREIDENDE EKSAMEN

FISIESE WETENSKAPPE
GRAAD 12
Voorbereidende eksamen

TYD 180 minute TOTAAL 150


___________________________________________________________________

INSTRUKSIES
1. Hierdie vraestel bestaan uit nege (9) vrae. Beantwoord AL die vrae.
2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
3. Trek 'n streep na elke vraag.
4. Jy kan 'n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Jy word aangeraai om die INLIGTINGSBLAD te gebruik.
6. Skryf netjies en wys ALLE formules, berekeninge en invervangings.
7. Gee kort motiverings, besprekings, ensovoorts, waar nodig.
8. Laat 'n lyn oop tussen subafdelings van vrae, bv., VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2.
9. Rond jou finale numeriese antwoorde op TWEE desimale plekke af, tensy
anders vermeld.

B l a d s y | 2 van 19
SACAI FISIESE WETENSKAPPE KOPIEREG VOORBEHOU
KWARTAAL 3 - TAAK 5.2 – VOORBEREIDENDE EKSAMEN

VRAAG 1: Veelvoudigekeuse vrae

Jy het vier moontlike antwoorde op die volgende vrae. Elke vraag het slegs EEN
korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A-D) langs die vraagnommer (1.1- 1.10) op
jou antwoordblad neer (bv. 1.11 D).

1.1 Watter opsie is die gedeeltelike struktuur van ‘n karboksielsuur? (2)

A B

C D

1.2 Watter twee verbindings het dieselfde algemene formule? (2)

A Alkohole en Aldehiede
B Aldehiede en Ketone
C Karboksielsure en Alkohole
D Esters en Aldehiede

1.3 Oorweeg die organiese verbinding hieronder:

Die IUPAC-naam van hierdie verbinding is _____ (2)

A met-3-iel-2-butanol
B 3-metielbutan-2-ol
C 2-metielbutan-3-ol
D 3,2-metielbutanol

B l a d s y | 3 van 19
SACAI FISIESE WETENSKAPPE KOPIEREG VOORBEHOU
KWARTAAL 3 - TAAK 5.2 – VOORBEREIDENDE EKSAMEN

1.4 Oorweeg die volgende potensiële-energie diagram vir 'n chemiese


reaksie:

Watter EEN van die volgende toon die waardes van die totale
energieverandering en die aktiveringsenergie vir hierdie reaksie? (2)

Energieverandering Aktiveringsenergie
(kJ∙mol-1) (kJ∙mol-1)
A 40 40
B - 40 80
C - 40 40
D 60 100

1.5 Ammoniak word industrieël geproduseer deur gebruik te maak van


die ____ proses. (2)

A Oswald
B Haber
C Hall-Héroult
D Ammonifikasie

B l a d s y | 4 van 19
SACAI FISIESE WETENSKAPPE KOPIEREG VOORBEHOU
KWARTAAL 3 - TAAK 5.2 – VOORBEREIDENDE EKSAMEN

1.6 Die funksie van die soutbrug in 'n galvaniese sel is om _____ (2)

A seker te maak dat die reaksie nie oorverhit nie


B die elektroliet te vorm
C die stroombaan te voltooi
D die elektriese neutraliteit van elektrodes te handhaaf

1.7 Watter een van die opsies hieronder verteenwoordig die sterkste
reduseermiddel? (2)

A F
B F-
C Li
D Li +

1.8 Watter stelling(s) is WAAR met betrekking tot die neutraliseringspunt


van 'n reaksie tussen oksaalsuur en natriumhidroksied?

i. pH = 7
ii. pH > 7
iii. [H3O+ ] = [OH− ]
iv. Dit is die punt waar die suur en basis gereageer
het sodat nie een in oormaat is nie. (2)

A slegs i
B slegs ii
C iii en iv
D ii en iv

1.9 Kaliumhidroksied is 'n sterk basis. Dit beteken dat ____. (2)

A KOH dissosieer heeltemal tot K+(aq) en OH-(aq) in water


B KOH dissosieer nie in water nie
C waterige oplossings van KOH bevat gelyke konsentrasies van
H+ (aq) en OH- (aq)
D KOH kan nie deur 'n swak suur geneutraliseer word nie

B l a d s y | 5 van 19
SACAI FISIESE WETENSKAPPE KOPIEREG VOORBEHOU
KWARTAAL 3 - TAAK 5.2 – VOORBEREIDENDE EKSAMEN

1.10 Die grafiek hieronder verteenwoordig 'n sintesereaksie in 'n geslote


houer volgens die volgende vergelyking:

Watter EEN van die volgende beskryf die equilibriumstres by T4?


(Die grafiek is nie op skaal geteken nie) (2)

A Temperatuur verlaag
B Temperatuur verhoog
C Druk verlaag
D Druk verhoog
[20]

B l a d s y | 6 van 19
SACAI FISIESE WETENSKAPPE KOPIEREG VOORBEHOU
KWARTAAL 3 - TAAK 5.2 – VOORBEREIDENDE EKSAMEN

VRAAG 2

Die letters A tot F in die tabel hieronder verteenwoordig ses organiese


verbindings.

A B

C D

E F

Gebruik die inligting in die tabel om die vrae wat volg, te beantwoord.
2.1 Vir verbinding A, skryf die ____.
2.1.1 IUPAC naam (2)
2.1.2 homoloë reeks waaraan die verbinding behoort (1)
2.2 Definieer die term funksionele isomeer. (2)
2.3 Skryf die ____.
2.3.1 IUPAC naam van verbinding E (2)
2.3.2 letter (A-F) van die funksionele isomeer van verbinding E (1)
2.4 Verbinding C is 'n primêre alkohol.
2.4.1 Wat word bedoel met 'n primêre alkohol? (2)
2.4.2 Herstruktureer verbinding C (teken ‘n struktuurformule) as
'n tersiêre alkohol. (2)
2.5 Skryf die ____.
2.5.1 IUPAC naam van verbinding D (2)
2.5.2 homoloë reeks waaraan verbinding B behoort (1)
[15]

B l a d s y | 7 van 19
SACAI FISIESE WETENSKAPPE KOPIEREG VOORBEHOU
KWARTAAL 3 - TAAK 5.2 – VOORBEREIDENDE EKSAMEN

VRAAG 3

Hieronder is 'n vloeidiagram van verskeie organiese verbindings wat vanaf


1-buteen geproduseer kan word. Gebruik die diagram hieronder om die
vrae wat volg, te beantwoord.

3.1 Definieer hidrasie. (2)


3.2 Skryf die STRUKTURELE FORMULE vir verbinding B neer. (2)
3.3 Reaksie Q is 'n eliminasie reaksie. Skryf _____ neer.
3.3.1 die tipe eliminasie reaksie (1)
3.3.2 TWEE reaksietoestande (2)
3.3.3 die MOLEKULÊRE FORMULE van verbinding C (1)
3.4 Skryf die IUPAC-naam van verbinding A neer. (2)
3.5 Watter reaksie P, Q of R staan bekend as termiesekraking? (1)
3.6 Skryf 'n gebalanseerde chemiese reaksie neer vir die verbranding
van butaan. (3)
[14]

B l a d s y | 8 van 19
SACAI FISIESE WETENSKAPPE KOPIEREG VOORBEHOU
KWARTAAL 3 - TAAK 5.2 – VOORBEREIDENDE EKSAMEN

VRAAG 4

Hieronder is 'n tabel wat die kookpunte van karboksielsure, alkane,


alkohole en aldehiede (A-D) verteenwoordig met elk 4 koolstofatome in hul
kettings.

Kookpunt
Verbinding
(oC)

A -1,0

B 75,0

C 117,0

D 163,5

4.1 Verduidelik wat intermolekulêre kragte is. (2)


4.2 Teken die strukturele formule van die funksionele groep van
butanoësuur neer. (1)
4.3 Definieer kookpunt. (2)
4.4 Identifiseer die intermolekulêre kragte wat in _____ voorkom.
4.4.1 butaan (1)
4.4.2 butanol (1)
4.4.3 butanal (1)
4.5 Butanol en butanoësuur het dieselfde tipe intermolekulêre kragte.
Evalueer hul strukturele formules en verduidelik waarom
butanoësuur se kookpunt hoër is as butanol. (2)
4.6 Hoe sal die kookpunt van die strukturele isomeer van butaan
vergelyk met die kookpunt van butaan? Motiveer jou antwoord. (3)
4.7 Verduidelik wat intramolekulêre bindings is. (2)
4.8 Benoem die intramolekulêre binding tussen die C-H binding in
butaan volledig. (2)
4.9 Is ‘n butanol molekule ‘n polêre molekule of nie-polêre molekule?
Verduidelik jou antwoord. (3)
[20]

B l a d s y | 9 van 19
SACAI FISIESE WETENSKAPPE KOPIEREG VOORBEHOU
KWARTAAL 3 - TAAK 5.2 – VOORBEREIDENDE EKSAMEN

VRAAG 5

Leerders wou die effek van temperatuur op die tempo van 'n reaksie
ondersoek. Hulle het 'n gasvormende reaksie toegelaat om in 'n oop houer
te reageer terwyl hulle die massa van die beker en reaktante oor 'n tydperk
aanteken.

Hieronder is 'n sketsgrafiek van die resultate vir drie reaksies by


verskillende temperature.

5.1 Vir hierdie ondersoek skryf die _____ neer.


5.1.1 afhanklike veranderlike (1)
5.1.2 onafhanklike veranderlike (1)
5.1.3 EEN beheerde veranderlike (1)
5.2 Identifiseer die grafiek (X-Z) vir die reaksie wat by die hoogste
temperatuur gereageer het. (1)
5.3 Maak gebruik van die botsingsteorie om te verduidelik waarom die
gradiënt van al drie reaksies afneem soos die tyd aangaan. (3)

B l a d s y | 10 van 19
SACAI FISIESE WETENSKAPPE KOPIEREG VOORBEHOU
KWARTAAL 3 - TAAK 5.2 – VOORBEREIDENDE EKSAMEN

Die leerders besluit om nog 'n paar faktore te ondersoek wat die tempo en
opbrengs van 'n reaksie beïnvloed. Hieronder is 'n sketsgrafiek vir die
volume CO2-gas wat geproduseer word toe 20 g CaCO3 reageer het met
250 ml HCℓ met konsentrasie 1,6 mol.dm-3.

5.4 Bereken die gemiddelde tempo van die reaksie vir die eerste 50 s. (3)
Op die ANTWOORDBLAD WAT VERSKAF IS, voorspel en skets op die
selfde assestelsel die grafieke vir die volgende scenario's:
5.5 20 g CaCO3 reageer met 250 ml HCℓ met konsentrasie 3,2 mol.dm-3.
Merk hierdie grafiek X. (2)
5.6 10 CaCO3 reageer met 250 ml HCℓ met konsentrasie 1,6 mol.dm-3.
Merk hierdie grafiek Y. (2)
[14]

B l a d s y | 11 van 19
SACAI FISIESE WETENSKAPPE KOPIEREG VOORBEHOU
KWARTAAL 3 - TAAK 5.2 – VOORBEREIDENDE EKSAMEN

VRAAG 6

Nadat 'n 1,0-molmonster HI-gas in 'n 1,0 dm3 verseëlde houer geplaas is
by 426,85 oC, vind die volgende reaksie plaas:

2 HI (g)  H2 (g) + I2 (g) ∆ H = + 53,6 kJ

Hieronder is 'n grafiek wat die verandering in konsentrasie oor 'n tydperk
verteenwoordig.

6.1 Waarom is dit belangrik dat die houer verseël word? (1)
6.2 Bepaal die konsentrasie van ____ by ewewig.
6.2.1 HI (1)
6.2.2 H2 (3)
6.3 Op die GRAFIEK WAT OP DIE ANTWOORDBLAD VERSKAF
WORD, teken 'n sketsgrafiek wat wys hoe die konsentrasie van H2-
gas verander as 'n funksie van tyd. (3)
6.4 Bereken die waarde van die ewewigskonstante (Kc) vir die reaksie by
426,85 oC. (3)
6.5 Hoe sal volgende veranderinge die Kc-waarde beïnvloed? Skryf
slegs VERHOOG, VERLAAG of BLY DIESELFDE neer.
6.5.1 temperatuur verhoging (1)
6.5.2 verhoging ‘n druk (1)

B l a d s y | 12 van 19
SACAI FISIESE WETENSKAPPE KOPIEREG VOORBEHOU
KWARTAAL 3 - TAAK 5.2 – VOORBEREIDENDE EKSAMEN

6.6 Stel Le Chatelier se beginsel in woorde. (2)


6.7 Hoe sal die volgende veranderinge die hoeveelheid I2 wat by ewewig
geproduseer word, beïnvloed? Skryf slegs VERHOOG, VERLAAG of
BLY DIESELFDE neer.
6.7.1 Die temperatuur word verhoog tot 450 oC. (1)
6.7.2 Die volume van die houer word verminder tot 0.8 dm3. (1)
[17]
VRAAG 7

7.1 Die suur-ionisasie konstantes, Ka, vir die hipotetiese sure H3X, H2Y
en HZ, in water by 25 oC, word in die tabel hieronder gegee.

Hipotetiese suur Ka
H3X 7,1 x 10-3
H2Y 1,3 x 10-2
HZ 1,3 x 106

7.1.1 Onderskei tussen 'n sterk suur en 'n gekonsentreerde suur. (4)
7.1.2 Uit die tabel hierbo, gee 'n voorbeeld van 'n diprotiese suur.
Motiveer jou antwoord. (3)
7.1.3 As die konsentrasies van die sure dieselfde is, watter suur
(H3X, H2Y of HZ) sal die hoogste pH hê? Motiveer jou
antwoord. (3)
7.1.4 Skryf 'n gebalanseerde chemiese vergelyking vir die
reaksie tussen H3X en Magnesium karbonaat. (2)
7.1.5 HZ het ‘n Ka-waarde groter as 1. Voorspel watter suur deur
HZ voorgestel word. Motiveer jou keuse. (3)

7.2 Voor 'n titrasie berei leerders 'n standaardoplossing van HNO2 voor
deur 11,28 g HNO3 met 500 ml gedistilleerde water te meng.
Tydens die titrasie het hulle bevind dat 35 cm3 van die
standaardoplossing geneutraliseer word deur 'n natriumhidroksied-
oplossing (van onbekende konsentrasie) met behulp van 'n burette.
Die gebalanseerde vergelyking vir hierdie reaksie is:

HNO2 (aq) + NaOH (aq) → NaNO2 (aq) + H2O (ℓ)

B l a d s y | 13 van 19
SACAI FISIESE WETENSKAPPE KOPIEREG VOORBEHOU
KWARTAAL 3 - TAAK 5.2 – VOORBEREIDENDE EKSAMEN

Die buret-lesing vir die NaOH voor die titrasie was 10,8 cm3 en sodra
die eindpunt bereik is, 38,8 cm3.
7.2.1 Verduidelik wat met eindpunt bedoel word. (1)
7.2.2 Bereken die konsentrasie van die
natriumhidroksiedoplossing. (6)
7.2.3 Voorspel wat die pH-vlak by eindpunt sal wees. Skryf slegs
MINDER AS 7, GELYK AAN 7 of GROTER AS 7. Motiveer
jou antwoord. (2)
[24]
VRAAG 8

'n Galvaniese sel word onder standaard toestande opgestel met behulp van
tin (Sn) en 'n onbekende metaal X as elektrodes, soos in die diagram
hieronder aangedui.

Die lesing op die voltmeter terwyl die sel onder standaardtoestande


werk, is 0,62 V. Nadat die sel vir 'n tydperk gewerk het, word daar
waargeneem dat die massa van die tin elektrode toegeneem het.

8.1 Definieer die term anode. (2)


8.2 Watter bewyse dui aan dat tin die katode is? (2)
8.3 Skryf die halfreaksie wat by die tin elektrode plaasvind. (2)
8.4 Bereken die standaard elektrodepotensiaal (Eo) van metaal X. (3)
8.5 Identifiseer metaal X. (1)
8.6 Skryf die selnotasie vir hierdie galvaniese sel neer. Wys ALLE fase-
aanwysers EN standaardtoestande. (3)
[13]

B l a d s y | 14 van 19
SACAI FISIESE WETENSKAPPE KOPIEREG VOORBEHOU
KWARTAAL 3 - TAAK 5.2 – VOORBEREIDENDE EKSAMEN

VRAAG 9

Die diagram hieronder toon 'n sel wat in die chloor-alkali-industrie gebruik
word.

9.1 Identifiseer stof ___.


9.1.1 X (1)
9.1.2 Y (1)
9.1.3 Z (1)
9.2 Is die positiewe elektrode die anode, of die katode? (1)
9.3 Skryf die halfreaksie wat by die negatiewe elektrode plaasvind. (2)
9.4 Wat is die gebruike van produk Y? Noem EEN. (1)
9.5 Wat is die funksie van die deurlaatbare membraan? (2)
9.6 Wat is die risiko om hierdie sel te bedryf? (1)
9.7 Hoe sal ‘n sterker battery die produksie van NaOH beïnvloed?
Motiveer jou antwoord. (3)
[13]

GROOTTOTAAL: [150]

B l a d s y | 15 van 19
SACAI FISIESE WETENSKAPPE KOPIEREG VOORBEHOU
KWARTAAL 3 - TAAK 5.2 – VOORBEREIDENDE EKSAMEN

B l a d s y | 16 van 19
SACAI FISIESE WETENSKAPPE KOPIEREG VOORBEHOU
KWARTAAL 3 - TAAK 5.2 – VOORBEREIDENDE EKSAMEN

B l a d s y | 17 van 19
SACAI FISIESE WETENSKAPPE KOPIEREG VOORBEHOU
KWARTAAL 3 - TAAK 5.2 – VOORBEREIDENDE EKSAMEN

B l a d s y | 18 van 19
SACAI FISIESE WETENSKAPPE KOPIEREG VOORBEHOU
KWARTAAL 3 - TAAK 5.2 – VOORBEREIDENDE EKSAMEN

B l a d s y | 19 van 19
SACAI FISIESE WETENSKAPPE KOPIEREG VOORBEHOU
KWARTAAL 3 - TAAK 5.2 – VOORBEREIDINGSEKSAMEN

FISIESE WETENSKAPPE
GRAAD 12
Voorbereidingseksamen
Antwoordblad
Naam:
___________________________________________________________________
VRAAG 5.5 en 5.6

VRAAG 6.3

B l a d s y | 1 van 1

You might also like