Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 3

22 Januarie 2024

BELANGRIKE BESPREKINGSPUNTE
– CURRO LANGEBAAN VOORSKOOL OUERINLIGTINGSVERGADERING

Ontbyt: Alle leerders ontvang pap vanaf 07:45 tot 08:00.

Skooldag: 08:00 tot 12:00.

Voldag: 08:00 tot 17:30. Stuur asb. gemerkte beddegoed. Beddegoed word op ‘n Vrydag huis toe
gestuur om gewas te word. Stuur asb. ‘n inkleurboek klas toe en ‘n borsel vir die dogtertjies. Teken
asb. u kind elke dag uit op die vorm aangedui.

Middagete: Leerders eet middagete om 11:45. Middagete vir halfdag en wagklas leerders is
beskikbaar teen ‘n maandelikse fooi. Reël asseblief by ontvangs. Voldag leerders se etes is ingesluit
by hul nasorg fooi en ontvang 14:45 ‘n versnappering.

Kosblikke: Hou peuselhappies asseblief gesond, lekkergoed slegs op Vrydae. Stuur genoeg
water.

Vakansieprogram: Dis slegs vir ingeskrewe nasorg leerders. Ouers ontvang vroegtydig ‘n brief met
afsnydatum om die brief terug te stuur. Geen laat briewe sal aanvaar word nie. Aankoms is vanaf
07:00 tot 08:30 waarna die voordeur gesluit sal word. Nasorg is tot 17:30.

Busse: Busbestuurders sal die leerders op die regte bus besorg. Dit is baie belangrik dat ouers met
die skool kommunikeer indien u kind sekere dae nie bus ry nie. Busse ry vroeër tydens eksamens.
Die skool sal met ouers die tye kommunikeer. Hou in gedagte dat buitemuurse aktiwiteite gaan
beïnvloed word wanneer die skool eksamen skryf.

Wagklas: 12:00 – 14:00. Wagklas is slegs vir leerders wie boeties of sussies in die laer- of hoërskool
het of leerders wat wag vir vroeë bus. Pak asb. gemerkte beddegoed. Indien kind na 14:15 nog by
skool is, sal daar ‘n fooi by skoolfonds rekening gevoeg word.

Assistente: Geen ouer mag ‘n leerder met ‘n assistent bespreek nie.

Dagprogram: Dagprogram en beplanning is op teen die aansteekbord in die klas. Wees asseblief
betyds in die oggende, ons begin om 08:00. ‘Learn to swim’ vorm deel van die kurrikulum.

Swem: Groep 5A1 swem elke Woensdag tensy anders gekommunikeer word. Pak asseblief ‘n
swembroek, swempet, swembril en handdoek in ‘n plastiek sak. Pak dit in ‘n klein drasakkie. Merk
asseblief alles duidelik. Geen swempet– geen swem.

Leerder se besittings: Merk asseblief alle klere, skoene, kosblik, waterbottel ens.

Sonblok en hoed: Smeer asseblief reeds voor skool u kind met sonblok en pak ‘n hoed en ekstra
klere elke dag in tas.
My Hub: Installeer asseblief die ‘my hub app’ vanaf Playstore. Alle belangrike skool-inligting sal
deur ‘my hub’ aan ouers gestuur word.

Groep 5A1 WhatsApp groep: Belangrike inligting sal daarop geplaas word en dien as
kommunikasie middel vir belangrike inligting. Indien u enige vrae het, kontak my gerus,
0734603900.

Boodskap koevertjie: Stuur asseblief elke dag skool toe. Belangrike briewe sal daarin verskyn.
Vul asseblief alle afskeurstrokies in, alternatiewelik trek ‘n lyn daardeur en stuur terug. Geen los
gelde in tas asseblief. Gelde moet in ‘n plastieksakkie of koevert geplaas word.

A3 kuns koevert: Haal alle kuns uit die koevert en bring asb. so gou moontlik terug klas toe aan
die begin van elke kwartaal.

Voordeur: Leerders mag nie die deure van die skool self oop en toe maak nie, dit is vir hul eie
veiligheid. Die voordeur werk met ‘n elektriese meganisme, hou u vinger op die elektroniese
knoppie tot u die woord “welcome” hoor dan maak u die voordeur oop. Moenie die voordeur ruk
nie. Registreer vingerafdruk by ontvangs by Lorita. Met die uitgaan van die voordeur: Daar is ‘n
knoppie links bo teen die muur. Druk en stoot die deur terselfdertyd oop.

Parkeerarea: Geen leerder mag sonder ouertoesig op die parkeerarea nie. Moet asseblief nie
rook op die perseel nie.

Kantoor: Reël asseblief met die kantoor indien u u kind vroeër moet kom optel of gaan laat wees.
Laat weet asseblief die skool indien u kind nie die dag moet bus ry nie.

Leerderprofiel: Stel asseblief die kantoor in kennis indien persoonlike inligting verander bv.
telefoon nommer of adres.

Nuusbriewe: Nuusbriewe word elektronies gestuur. Lees asseblief deeglik deur.

Rapporte: Ons doen deurlopende assessering en werk van ‘n Kurrikulum in die klas. Leerders
ontvang Maart ‘n Aanpassingsverslag en ‘n Rapport in Junie en Desember. Stuur asseblief die A3
kuns koevert terug skool toe na elke vakansie. Haal die kuns binne-in koevert uit. Ouerafsprake
vind plaas aan die einde van ‘n kwartaal.

Verjaarsdagpartytjies: Reël asseblief vooraf met klasopvoeder. Probeer dit gesond hou.
Asseblief geen groot verjaarsdag partytjies.

Speelgoed: Speelgoed dae sal aangedui word.

Uitstappies: Reëlings sal vroegtydig aan die ouers gekommunikeer word.

Buitemuurse aktiwiteite: Begin na 12:00. Inligting is by die kantoor beskikbaar. Wees asseblief
betyds om u kind te kry na ‘n aktiwiteit. Verskeie aktiwiteite se posbussies is in die ontvangs, dis u
eie verantwoordelikheid om gelde en briefies daarin te gooi.

Page 2
Allergieë: Stel asseblief die klasopvoeder in kennis.

Selfoon: Indien iets belangrik opduik, kontak asseblief die kantoor. Die klasopvoeder gaan nie op
haar selfoon beskikbaar wees nie.

Facebookblad: Gaan ‘like’ asseblief die Curro Langebaan Voorskool se facebook blad. Fototjies
sal weekliks daarop gelaai word.

Klasverteenwoordiger: Help met funksies en kommunikasie na ouers. Alle


klasverteenwoordigers sal by die skool vergader en ‘n voorsitter sal gekies word.

Terapie: Stel asseblief die klasopvoeder in kennis indien u kind terapie ontvang of ontvang het.
Opvoedkundige sielkundige (WKOD): Cynthia Botha 022 719 1809
Spraakterapeut: Yolandé Nieuwoudt 074 306 3511
Arbeidsterapeut: Susanne Huddlestone 082 592 6338

Curro Langebaan: 022 772 0116


Voorskool ontvangs: lorita.v4@curro.co.za
Finansiële kantoor: leonie.b@curro.co.za

Page 3

You might also like