Professional Documents
Culture Documents
Andreas de La Rey
Andreas de La Rey
Andreas de La Rey
ANDREAS DE LA REY
SE REIS NA AMERIKA
INDEKS:
Land
Eugene la Croissant
Planne
Om die vuur
Eerste twee
Sluipende skadu’s
Sewe
3
Sleutels
Laaste wagte
Oppad
HOOFSTUK I
Ja, dit was die middag van een Junie, 1703, ongeveer
vyf weke uit die hawe van Den Helder; só warm dat die
teer tussen die dekplanke uitgeborrel het. Die passasiers
(met ons as deel van hulle) het onder die skadu van die
seile koelte gesoek. Dit was rustig, alhoewel drukkend.
Soos ‘n groot swaan het die Hollandse Duisburg die
golwe skuimend gekloof, terwyl matrose aan die maste
hang, en matroos-liedjies sing. Ek het partykeer saam
gefluit, net om iets te doen. Op so 'n skip, en in so 'n hitte,
kan dit baie vervelig wees.
En toe, soos 'n onheilspellende voorbode wat my
gedagtes kan lees, kom die roep van die kraaines af:
10
“Vanuit het zuidoosten nadert schnel een schip!” skree
die man.
Vir ‘n oomblik is ons almal doodstil; kyk angstig na
mekaar, en ek voel hoe my maag draai, en my hart
vinniger klop. Maar dan skarrel die matrose ook vinniger.
Sebastian blik my bekommerd aan. En nou? Vra sy oë.
“Ons sal maar moet wag en kyk wat gebeur,” probeer
ek ongeërg sê. Ek is sy ouboet, vyf jaar ouer as sy eie
agtien jaar.
Stille spanning het neergedaal.
Die kaptein stuur ‘n offisier die wante uit. In tye soos
hierdie weet jy nooit of ‘n ander skip vriend of vyand;
beskaafd of seerower is nie. Na ‘n stuk of vyf afwagtende
minute roep die offisier: “Kapitein, Het ziet eruit als een
zwárte vlag!”
Ons praat vlot Nederlands, en verstaan dus wat
aangaan. My hart mis 'n slag. Wat nou?
Matrose blik kaptein Adriaan Fournaut vraend aan. Hý
moet die besluite neem. . . .
11
“Maak de schip klaar voor de strijd, maar leg het
geschutpoorten niet open.” Beveel hy kalm na 'n oomblik
van stilte. “Ze moeten niet merken dat wij er klaar ben
voor zijn.”
Van die dek af word die seile van die ander skip nou al
sigbaar. Ek wonder half onbewustelik hoe groot die vyand
is; hoeveel kanonne hy het; wat die getal van sy
bemanning is. . .
Kaptein Fournaut kom na die passasiers toe en vra dat
hulle alstublieft na hul kajuite sal terugkeer – daar’s
oorlog oppad. Ek, my broer, en ons gewese kneg is deel
van die manspassasiers wat hul hulp aanbied – in
Frankryk het ons ook geleer wat dit beteken om te veg –
om te veg vir ons vryheid, en vir ons lewens.
“Dank u mannen, ik waardeer het zeer.” sê die
Nederlandse kaptein stroef. “Als het Zijn wil is, moge God
ons dan uit hun klauwen helpen. . . .” Hy swaai vinnig om
en kom terug op die hoë brug net as die geveg begin.
Ek onthou dat Jean-Pierre saggies vir my gevra het:
“Wat sê die hollannertjie M'sieur?” en dat ek geantwoord
12
het: “Hy sê dankie dat ons help veg. Maar luister Jean-
Pierre, pas vir Sebastian op. Moet hom nie onder jou oog
uit laat nie.”
“Ja M'sieur.”
En. . . . toe begin die seeslag.
Lang glinsterende kanonne bulder skielik, ’n gefluit, en
‘n watersuil skiet omhoog, veertig jaart voor ons skuins
boegspriet. Toue klap; die splinters waai. Maar gelukkig
kon die vyand se kanonne nie veel skade aangerig nie. Op
die kwartdek bulder die kaptein: “Zwaai naar bakplaats!
Vuur zodra jij klaar is!”
Die seerower se swart vlag seil nou onmiskenbaar
afgeëts teen die wit stapelwolke – en kom ook vinnig
nader. Hordes klein bont stippels skarrel op die dekke
rond, skree of bulder, en hang aan ra’s en toue.
En dan skielik tril die skoener se dek soos 'n
aardbewing onder ons voete; en die rooi kanonvuur laat
my ore tuit en sing waar ek naby die reling staan.
Toe die swart kruitrook effens agterbly sien ek hoe die
ander skip se voorste mas wankel. . . . en dan kant toe
13
stort, terwyl dit 'n hele paar bont hopies saamsleep en
verpletter. Ek kan nie help om bly te voel nie. 'n onsekere
opgewondenheid tril deur my lyf, en ek klem die reling
stywer vas. Nog voordat die vyand kon herstel het die
moedige skoener weer omgeswaai en met die stuurboord
kanonne gevuur, maar sonder om noemenswaardige
skade te berokken.
En toe kom die rower se skreeuende sarsie. . . . 'n
nagmerrie.
Die leunende boegspriet kraak; toue breek soos
garingdraadjies; en hy val in die water. Matrose langs my
tol om, en slaan op die dek neer; gil van die pyn.
Wonderbaarlik word ek gespaar wanneer 'n kanonbal
duime van my linkeroog verby ruk, en ek ru omgeslinger
word deur die rukwind. Die man langs my het skaars 'n
kop oor, en ek het maar liewer nie gekyk nie. Dit was
aaklig. Alle oorlog is aaklig, al doen jy die regte ding.
Maar dadelik merk ons almal iets anders op: Die
Duisburg swenk skielik links; dan weer na regs, al probeer
die stuurman ook wat.
14
“Het roer ben volledig uit de hand gelopen. De
stuurtouwen werden afgeschneden!” fluister dit deur die
manne. 'n verdwaalde kanonkoeël het die stuur
klaarblyklik buite beheer gestel.
Maar dan is daar nie tyd om verder te dink nie. Die
seerowers is nou al so naby dat hulle hul gehate
kletterende grypysters gooi, wat aan ons skip se dolboord
en relings vashaak.
Die bemannings vuur op mekaar met gewere en
pistole. Ek koes agter ‘n balie of iets, laai, en skiet. . . en
skiet weer. Dik grys kruitdampe warrel naderhand in die
lug.
Maar met 'n byna tartende stadigheid word die skepe
tog teen mekaar vasgetrek, en rol ‘n horde seerowers oor
die bolwerk en relings, of swaai soos ape aan toue deur
die rook, swaard in die los hand. Vir party mense sal dit
seker romanties klink – die ape aan die toue – maar ek kon
dit nie insien nie. Kan nog steeds nie. Oorlog is 'n pes.
‘n Woeste geveg ontstaan. Dis chaos. Ons (ek en my
broer) is in ons vaderhuis uitstekend opgelei in die
15
swaardkuns, maar ek het steeds ‘n afsku vir die
doodmaak van my medemens. Die eerste keer het ek
heeltemal siek geword.
In die geharwar word ek geskei van Sebastian en Jean-
Pierre deur rowwe vegtende mans. Op hierdie oomblik
storm twee seerowers te midde van die geveg op my af
met gevelde sabels na voor uitgestrek. Ek onthou nog
goed hoe hulle gelyk het. Die een het ‘n lap om die kop
gedraai om die sweet uit sy oë te hou; die ander het ‘n
driehoekige hoed op sy lang woeste hare wat in ‘n bos teen
die nek hang. Hier is dit óf jy óf jou aanvallers – en dit sal
‘n sonde wees om nie jouself – en sodoende die manne
rondom jou – te verdedig nie.
Met een woeste skuins hou kap ek albei swaarde
sydelings weg. My flitsende swaard steek ‘n diep gat in
die linkerkantse een se keel, terwyl ek die ander kliphard
met sy stewel op die maermerrie skop, sodat hy 'n
gedempte vloek uiter van die pyn. In hierdie oomblik van
vertraging deurboor ek my tweede aanvaller in die hart.
Ook hy sak inmekaar.
16
My leermeester was van die beste in Frankryk, en hy
kon goeie toertjies uithaal.
‘n Derde rower storm op my af, en swaai sy sabel woes.
Seepglad duik ek onder die blink yster in en dryf my tien-
duim lange dolk, wat ek blitsig uit my stewel getrek het,
in die man se maag in. Ek pluk my mes weer uit. Met ‘n
sug val die dikkerd agteroor. Sy bles klap teen die dek. Ek
het hom een blik gegee, en toe, met swaard styf in my
hand geklem het ek omgeswaai; ek dink ek het 'n harde
slag gehoor – en gevoel. my kop het gedraai. . . . en verder
onthou ek niks.
17
HOOFSTUK III
Land
HOOFSTUK IV
Eugene la Croissant
Planne
HOOFSTUK VI
Om die vuur
Eerste twee
Sluipende skadu’s
Sewe
Intussen het die orige drie kapers al nader aan die bos
gedraf.
“Ek wonder waar de. . . anderding bly Tim en Simon?”
vra Hakfin.
Nie een weet nie.
Natuurlik is hulle nie daarvan bewus dat Eugene
alreeds met dié twee afgereken het nie.
Hulle nader die eerste boom.
72
“Is hulle hier in?” vra Jusztin, terwyl hy ‘n droë tak
splinters slaan met sy hartsvanger.
“Nej,” Grom Hakfin, “nog ‘n entjie aan – hierso.”
Hulle buk af tussen die takke deur op die platgetrapte
gras en onkruide.
Doef!
Hulle halt.
Stilte.
“Wat was dit?” Hakfin kyk om, maar al wat vir hom –
en vir my – sin maak in die donker agtergrond is vier
starende wit kolle.
“Ek weet nie.” fluister Dunyvinn, die ander man. Ek
verbeel my sy hand klem stywer om die greep. Myne sou.
Hulle loop nou baie versigtig vorentoe, swaarde gereed.
Voet vir voet.
“Kyk! Vir wat lê Axel net daar?!” vra Jusztin
verbysterd. Hulle stop weer.
In 'n helder kol maanlig is Geelsnor se bloedrooi hemp
maklik herkenbaar.
73
“Hy is bewusteloos, Onnosel – of dood!” grom Sasser,
en probeer ongeërg klink, maar my fyn oor kan die
verbouereerdheid hoor.
“Maar waar is Juan?” Dunyvinn se stem tril deur die
donker.
“Hulle’t hom gevang!” fluister Jusztin nou
vreesbevange. “Die spoke-”
“Twak! Daar bestaan nie spoke nie!” blaf Hakfin Sasser
hom dood. Maar die bygelowige Jusztin is nie te oortuig
nie.
“Nou wat is dit dan? Die slawe is almal veilig in die
huise, nie waar nie?”
“Ja. . . .” Sê Hakfin onseker.
“Ek sê jou dis spoke.” brom Dunyvinn, en ril. Hy kyk
vinnig agter hom.
“Wel – ons is mos gewapen. En ek sal voor stap. Kom.”
sê Sasser. Weer beweeg hulle dieper die bosse in. Nader,
al nader aan my. Nog 'n paar voetjies? Asseblief? Hulle
kom toe nog bietjie nader. Ek sug amper hardop. Dankie!
74
Vir my het die regte oomblik nou aangebreek. Van
waar ek in 'n boom tussen die donker takke sit, kyk ek neer
op hulle, amper reg onder my. Ek sien hoe die voorste man
in die kol maanlig in buk waarin Geelsnor, alias Axel, as
ek reg gehoor het, lȇ. Die twee manne wat agter hom
geloop het skuif nader, en kyk ook.
En ek swaai, soos 'n misvormde aap se skaduwee, aan
'n tak uit die blare.
My voete tref albei vol in die gesig. Hulle steier
agteroor, en slaan neer. Sasser kom regop om te sien wat
aangaan, maar met 'n harde slag land ek wydsbeen op sy
nek. Hakfin val neer op die blare, half bo-oor Axel se slap
liggaam. Bedwelmd probeer hy nog opstaan, maar 'n
vinnige karate hou agter die nek laat hom weer gedweë
terugsak.
75
HOOFSTUK X
Sleutels
Laaste wagte
Oppad
HOOFSTUK XIII