Professional Documents
Culture Documents
Laerskool April 2018
Laerskool April 2018
Laerskool April 2018
Geletterdheidstaal
Deur: Dr. Daleen Klop, Universiteit van Stellenbosch
Wat is geletterdheidstaal?
Ons weet dat kinders met beperkte taalvaardighede gewoonlik skolastiese probleme ondervind. Selfs
kinders wat suksesvol kan kommunikeer in hul tuisomgewing en sinvolle gesprekke met hulle maats op
die speelgrond kan voer, kan probleme met klaskamertaal ondervind. Die rede hiervoor is die groot
verskil tussen alledaagse gesprekstaal en die formele geletterdheidstaal wat in die klaskamer en boeke
gebruik word.
Cummins (1981) het die akronieme BICS (Basic Interpersonal Communicative Skills) en CALP
(Cognitive Academic Language Proficiency) gebruik om die verskil tussen hierdie twee taalregisters te
verduidelik. BICS behels die vaardighede om gemaklik te kan deelneem aan gesprekke tydens sosiale
interaksies wat binne ’n bekende en betekenisvolle konteks geskied. Dis nie kognitief veeleisend nie en
vereis nie kennis van gespesialiseerde woordeskat nie. Daar word verder van gesigsuitdrukkings en
gebare gebruik om die boodskap oor te dra en interaksie met die luisteraar help om onduidelikhede uit
te klaar.
CALP daarenteen, behels die geletterdheidstaal wat ’n persoon in staat stel om betekenis te skep en
oor te dra sonder ’n gedeelde sosiale of fisiese konteks. Byvoorbeeld, in die skryf van ’n opstel moet die
leerder van taal gebruik maak om ’n konteks te skep en betekenis oor te dra deur woorde en sinne.
Geletterdheidstaal is dus meer abstrak as gesprekstaal, die sinsbou is meer kompleks en die
woordeskat meer formeel. Tipiese klaskameraktiwiteite soos die gebruik van definisies, oorsaak-gevolg
konstruksies, klassifisering en verklarings vereis vaardigheid in die gebruik van geletterdheidstaal.
Kinders wat opgroei in omgewings waar hulle van kleins af blootgestel word aan boeke begin gewoonlik
hul skoolloopbaan met goeie geletterdheidstaalvaardighede. Herhaalde blootstelling aan lees en
storieboeke stel hulle bloot aan figuurlike uitdrukkings en storiekonvensies soos inleidings (eendag lank,
lank gelede) en die gebruik van dialoog. Hulle word ook blootgestel aan komplekse sinstukture soos
saamgestelde sinne om oorsaak-gevolg en logiese opeenvolging uit te beeld, passiewe sinskonstruksie
en indirekte rede. Boeke bevat verder hoër-orde woordeskat soos byvoeglike naamwoorde wat
atmosfeer skep (grillerig, skrikwekkend), emosie uitbeeld (opgewonde, magteloos), werkwoorde wat
geestesbesef uitbeeld (herken, verwag) en bywoorde (binnekort, alreeds) om tydsverloop aan te dui.
Hierdie vlak van taalgebruik kom minder dikwels in gesprekstaal voor en blootstelling aan boeke is dus ’n
doeltreffende manier om jong kinders aan geletterdheidstaal bloot te stel.
Volgens Bylund (2011) moet mens versigtig wees om té oppervlakkig oor taalvaardighede te dink en net
te fokus op uiterlike kenmerke soos beperkte woordeskat en eenvoudige sinsbou. Vygotsky
(1986/1934) het taal beskou as ’n kognitiewe instrument vir die analise en oplossing van komplekse
probleme. Taal stel ons in staat om deur komplekse denkpatrone, “innerlike spraak” en “verbale
gedagtes”, konsepte te vorm en betekenis te skep. Bylund (2011) voer aan dat geletterdheidstaal nie net
ontwikkel uit gesprekstaal nie, maar dat dit die gebruik van taal as ’n kognitiewe instrument is wat
geletterdheidstaal ontwikkel en vestig.
Swak ontwikkelde geletterdheidstaal kan die resultaat wees van beperkte blootstelling aan boeke, maar
mag ook daarop dui dat ’n kind nog nie in staat is om taal te gebruik in komplekse kognitiewe
denkprosesse nie. Baie kinders verstaan intuïtief hoe stories werk en gebruik strategieë om die kwaliteit
van hul taalgebruik te verhoog. Ander kinders leer deur verhoogde blootstelling aan boeke en die taal
wat in die klaskamer gebruik word, hoe om geletterdheidstaal te gebruik. Sommige kinders benodig
egter direkte instruksie en die aanleer van strategieë gerig op die gebruik va taal as ’n kognitiewe
instrument.
Verwysings
Bylund, J. (2011). Thought and second language: A Vygotskyan framework for understanding BICS and
CALP. Communiqué, 39(5), 4-6.
Cummins, J. (1981). Empirical and theoretical underpinnings of bilingual education. Journal of
Education, 163, 16-30.
Vygotsky, L. S. (1986). Thought and Language. Cambridge, MA: MIT Press (Original work published
1934).
Baie van die leerders het uit huishoudings gekom waar ’n ma/ouma of tannie aan die hoof van die
huis gestaan het. Hierdie formidabele vroue het dikwels na skool vir ’n geselsie by my klas kom
aanklop. Ek moes gereeld hoor: “Juffrou ek is besig om hierdie kind te verloor …”
Stadig maar seker het die idee ontstaan om hulle as vennote in te span en sommer die heel eerste
oueraand in te lig dat daar hierdie jaar sterk op waardes gefokus gaan word. Dat ons mekaar se hande
gaan vat en dat hulle die waardes waarop daar in die klas gefokus word, by die huis gaan versterk – tot
voordeel van die kind, klas, huishouding en gemeenskap.
Die boek se inhoudsopgawe toon 20 waardes. Elke waarde word deur ’n storie uitgebeeld. Na elke
•
storie is daar ’n paragraaf wat spesifiek met die kind gesels. Die waarde word met ’n konkrete
voorwerp vergelyk wat help om die begrip maklik oor te dra. Daarna word die begrip bespreek en ’n
paar eenvoudige riglyne op die kind se vlak gegee.
Nou kom die riglyne vir die ouer en onderwyser aan die beurt. En hier is nie plek vir wollerige
•
geselsies nie! Elke riglyn is prakties uitvoerbaar en sal nie net ’n daadwerklike verskil aan die
ontwikkeling van die kind maak nie, maar ook aan die atmosfeer en hanteerbaarheid van jou klas.
Die 20 waardes word opgedeel in 1 vir elke twee weke. Die spesifieke waarde kan as ’n
•
onderliggende tema in die klas ingespan word. En nee, daar hoef nie boek gehou te word nie.
Hierdie is ewigheidswerk wat nie gemeet kan word nie.
Lees die storie en trap dit goed saam met jou leerders deur – rolspel, begripsvrae, kunsklas,
•
rympies skryf, voorsien ’n ander slot, “wat sal gebeur as?” of bied-mini opvoering tydens
saalperiode aan.
Hoofpunte kan iewers in die vorm van flitskaarte opgeplak word om leerders die eerste dag of drie
•
te help onthou.
Stuur ’n briefie huis toe wat kortliks die praktiese wenke uiteensit wat in die klas toegepas word
•
sodat die ouers weet waarop om te let.
Elke 2e Vrydag word ’n sertifikaat of beloning vir die “hartedief” gegee wat die hardste probeer het
•
om die betrokke waarde toe te pas.
Vorige waardes word nooit agter in die pad gelaat nie. Hul flitskaarte word kort-kort uitgehaal en die
•
storie afgestof.
Na ’n ruk hoef jy net aan ’n oortreder te vra: “Onthou jy die padda wat homself opgeblaas het?” en
•
die hele klas weet onmiddellik watter waarde ter sprake is. “Wat het met die Wolf gebeur wat
geskinder het?” is ’n eenvoudige waarskuwing sonder dat ’n preek afgesteek hoef te word.
Afdeling B: Taalleer
VRAAG 1: Voornaamwoorde
Voorbeeld: my, myne, hy, syne, sy, haar, hare, hulle, jou, joune.
VRAAG 2: Teenoorgesteldes
VRAAG 3: Voegwoorde
Verbind die volgende sinne deur die voegwoorde tussen die hakies te gebruik. Skryf die sinne
korrek oor.
1. Die sportveld is onder water. Dit het baie gereën. (omdat) (2)
2. Die atlete is trots op hulself. Hulle het baie punte aangeteken. (want) (2)
3. Dit is baie koud buite. Die graad 5’s wil nogsteeds gaan swem. (maar) (2)
VRAAG 4: Voorsetsels
Voorbeeld: Die haas bly in ’n gat. > Die haas het in ’n gat gebly.
VRAAG 6: Spelling
MEMORANDUM
Afdeling A: Begripstoets
1. Gerhard/Gerda/Die kat. (2)
2. Gerhard het iets in die bokse gehoor rondskarrel. (1)
3. Daar het ’n kat uit die boks uit gespring. (1)
4. Leerder se eie opinie. Die antwoord moet in ’n volsin geskryf word.
Voorbeelde: Die kat het in die boks geklim omdat dit baie koud was./
Iemand het die kat in die boks gesit. (1)
5. Leerder se eie antwoord. Die antwoord moet in ’n volsin geskryf wees.
Voorbeeld: Ja, ek sou gaan kyk het wat in die boks was omdat ek nie bang is nie. OF
Nee, ek sou nie in die boks gaan kyk het nie omdat ek te bang is. (1)
6. Gerhard moet die volgende dag werk toe gaan. (1)
7. Leerder se eie antwoord. Die antwoord moet in ’n volsin geskryf wees.
Voorbeeld: Ja, ek sou die kat baie jammer gekry het omdat hy nie ’n huis het nie. OF
Nee, ek sou nie die kat jammer gekry het nie omdat ek nie van katte hou nie. (1)
8. bang (1)
9. Dooiemansdeur beteken dat daar niemand by die huis is nie. (1)
Afdeling B: Taalleer
VRAAG 1: Voornaamwoorde
1. haar
2. Hulle
3. syne
4. joune
5. hare (5 x 1)
VRAAG 2: Teenoorgesteldes
1. links: regs(1)
2. agter: voor(1)
3. maer: vet(1)
4. mooi: lelik(1)
5. soet: suur/sout(1)
VRAAG 3: Voegwoorde
1. Die sportveld is onder water omdat dit baie gereën het. (2)
2. Die atlete is trots op hulself, want hulle het baie punte aangeteken. (2)
3. Dit is baie koud buite, maar die graad 5’s wil nogsteeds gaan swem. (2)
VRAAG 4: Voorsetsels
1. Die hond slaap in sy hok. (1)
2. Die dogter lê op haar maag. (1)
3. Die plakkaat is teen die muur. (1)
4. Die seun se voete is onder die tafel. (1)
5. Die kinders staan agter hul tafel as hul die juffrou groet. (1)
VRAAG 6: Spelling
1. Maandag
Dinsdag
Woensdag
Donderdag
Vrydag
Saterdag
Sondag (7)
Afdeling A: Begripstoets
TEKS A: LEESSTUK
Voorloper
1. “Die een wat vandag moeilikheid maak, kry pouse met my te doen! Ek het nie lus om die hele
periode om die veld te draf nie,” waarsku Ruan stomend (steaming). Hy haat dit om, soos hy
dit te stel, “soos ’n gek” om die atletiekbaan te hardloop. Die graad 7/3’s strompel (stumble)
voort.
3. “Wat laat jou dink ek het jou hulp nodig?” kap hy. “Dit lyk in elk geval nie asof jy dit gaan oorleef
nie, jou gesig is so rooi soos ’n tamatie.”
4. Die ander lag. Slegs op een gesig is daar tekens van lekker kry.
5. “As julle manne wil gesels, kan ons nog ’n paar rondtes (laps) byvoeg?” skreeu die
onderwyser, Meneer Retief, van die kantlyn (sideline) af.
6. “Ek vat sommer vir ou Dik Daan ook pouse vas,” mompel (mumble) Ruan met ’n gedempte
snork en loerende oë ontsnap uit die groep.
7. Die meneer, Daan Retief, steur hom vandag nie aan hulle nie. Sy oë is op die nuwe outjie wat
’n ent voor die bondel hardloop. Hy blaas vinnig en hard op sy fluitjie. Die seuns storm soos
besetenes. (one who is possessed)
9. Hy herhaal (repeat) die oefening ’n paar maal. Dit lyk nie asof die nuwe seun dit eers voel nie.
Hy hardloop steeds met ’n gemaklike pas en bene van staal.
10. “Prrrrrt”.
11. Al klaend (moaning) nael hulle en kyk vraend om toe hy, oudergewoonte, nie dadelik weer
blaas nie. Slegs enkeles neem die uitdaging aan, met die nuwe seun vooruit. (in front)
12. “Wat is jou naam nou weer?” vra hy toe hulle van die veld af kom.
VRAE
1.1 Gee die naam van die van die skrywer van die storie. (1)
1.3 Kies die korrekte antwoord. Skryf net 1.3 en die letter A, B, C of D neer. Wanneer, dink jy,
hardloop die kinders? (1)
A Voor skool.
B Gedurende pouse.
C Na skool.
D In die LO-periode.
1.4 Kies die korrekte antwoord. Skryf net 1.4 en die letter A, B, C of D neer.
Hoekom is die seun se gesig so rooi soos ’n tamatie? (1)
A Hy het sy gesig vol tamatiesous gesmeer.
B Hy het al so baie geoefen.
C Hy bloos as hy verby meisies hardloop.
D Hy maak asof hy moeg is.
1.5 Skryf die vergelyking (soos) neer wat in paragraaf 7 staan. (1)
Al 1.7 _______ nael hulle en kyk vraend om toe hy, oudergewoonte, nie dadelik die fluitjie weer 1.8
______nie. Slegs enkeles neem die 1.9 ______aan, met die nuwe seun vooruit. (3)
TEKS B: STROOIBILJET
Lees die teks en beantwoord die vrae.
1.14 Skryf die naam van die skool wat die Kuierkonsert aanbied neer. (1)
1.15 Waarna kan die mense luister wat die konsert bywoon? (1)
1.16 Hoe laat begin die konsert? (1)
1.17 Watter kos kan die mense by die konsert eet? (2)
1.18 Wanneer gaan die konsert plaasvind? (1)
TOTAAL AFDELING A: [20]
Afdeling B: Taal
VRAAG 2: Beantwoord al die vrae.
Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord neer.
Die atlete hardloop in die 2.1 baan. Die 2.2 seun se 2.3 gesig is rooi van al die hardloop. Die meneer blaas
die 2.4 fluit baie hard. (4)
Die leerlinge wens die 2.5 veld was kleiner. Hulle 2.6 longe sou dan nie so gebrand het nie. Die 2.7 dogter
is gelukkig, want die 2.8 juffrou het toegelaat dat sy die heeltyd ’n 2.9 bal vir haar gooi. (5)
“As julle 2.10 manne wil gesels kan ons nog ’n paar rondtes byvoeg?” skreeu 2.11 meneer Retief, van die
kantlyn af. Die kinders hardloop te 2.12 stadig om die veld. (3)
Die 2.13 kinders sit by hulle 2.14 tafels. Hulle het gelukkig baie hard vir die toets 2.15 studeer, want hulle
wou goeie punte behaal. (3)
Die meisie het baie hard geleer omdat 2.16 (haar/sy) goeie punte in die toets wou behaal. Die seun
neem ook 2.17 (hy/sy) leerdery baie ernstig op, want hy was baie bly oor sy B+. (2)
Die boeke lê 2.18 ___die tafels. Die juffrou staan 2.19 ____
in die klas. Sy wys met haar vinger 2.20 ___ die kaart wat
teen die muur hang. (3)
TEKS B: STROKIESPRENT
3.3 Skryf ’n sin neer wat in die NEGATIEWE vorm is en ONDERSTREEP die woorde wat die
negatiewe vorm aandui. (2)
3.6 Maak die volgende sin LANGER deur ’n woord by die ONDERWERP en by die VOORWERP
aan te las. Die seun speel met ’n hond. (2)
TOTAAL AFDELING B: [30]
Memorandum
Afrikaans Toets 2017 Kwartaal 1
Punt
Afdeling A: Begripstoets Kognitiewe Vlak
1/2 3 4/5
1.1 Jac Pretorius √ 1 1
1.2 Ruan √ 1 1
1.3 D – LO-periode √ 1 1
1.4 B – Hy het al baie geoefen √ 1 1
1.5 Storm soos besetenes √ 1 1
1.6 Die atleet wen. Hy hardloop voor. √ 1 1
1.7 klaend √ 1 1
1.8 blaas √ 1 1
1.9 uitdaging √ 1 1
1.10 Hy wil hom in sy span hê. Eie antwoord. √ 1 1
1.11 Nie goed nie , hy wil die meneer vasvat. √ 1 1
1.12 Die meneer kry lekker, want hy jaag hulle rond. √ 2 2
1.13 ‘n fluitjie √ 1 1
1.14 Hoërskool Outeniqua √ 1 1
1.15 wonderlike musiek √ 1 1
1.16 06:00 √ 1 1
1.17 smullekker √ heilsame kos √ 2 2
1.18 Vrydag, 26 Februarie 2016 √ 1 1
Totaal Afdeling A 20 8 8 4
1/2 3/ 4/5
2.1 bane 1 1
2.2 seuns 1 1
2.3 gesigte 1 1
2.4 fluite 1 1
2.5 veldjie 1 1
2.6 longetjies 1 1
2.7 dogtertjie 1 1
2.8 juffroutjie 1 1
2.9 balletjie 1 1
2.10 vrouens 1 1
2.11 juffrou 1 1
2.12 vinnig 1 1
2.13 leerlinge 1 1
2.14 lessenaars 1 1
2.15 leer 1 1
2.16 sy 1 1
2.17 sy 1 1
2.18 op 1 1
2.19 voor 1 1
2.20 na 1 1
3.1 Wat is jou plan? 1 1
3.2 Jy leer nooit vir jou toets nie!!!! 1 1
Jy gee nooit aandag nie!!
Begin iets doen voor ek dalk kwaad word!!!
3.3 Neelsie jy doen nooit huiswerk nie. OF 2 2
Jy gee nooit aandag nie!!
Jy leer nooit vir jou toets nie!!!!
3.4 Die seuns het om die rugbyveld gehardloop. 2 2
3.5 Ons sal tennis op die tennisbaan speel. 2 2
Die stout seun speel met die kwaai hond. Eie byvoelike
3.6 naamwoorde. 2 2
Totaal Afdeling B: 30 12 12 6
Lees en kyk
VRAAG 1
Lees die LEESSTUK noukeurig deur en beantwoord die vrae.
DAG ZERO. Die dag wanneer Kaapstad se krane, midde-in die uitgerekte droogte van die afgelope
paar jaar, toegedraai word en inwoners sal moet toustaan om daagliks ’n karige rantsoen water by
tenkwaens te kry. Tensy sake byna oornag drasties en wonderbaarlik verander, breek dié dag oor
drie maande op 21 April aan.
Die Nasionale Department van Water en Sanitasie (DWS) het noodgedwonge ’n plan beraam om
selfs die laaste 10% uit dié damme te tap terwyl dié water gewoonlik onbruikbaar is. Wanneer Dag
Zero aanbreek, sal daar nie genoeg water in die Skiereiland beskikbaar wees om te was, toilette te
spoel en wasgoed te was nie. Geen enkele druppel mag nou meer vermors word nie.
Noudat die stad elke druppel tel en beplan volgens ’n nuwe daaglikse limiet van 450 miljoen liter
per dag, word Kapenaars van 1 Februarie beperk tot 50 liter per inwoner per dag. Breek Dag Zero
aan, sal elke inwoner slegs 25 liter water per dag kry. Dié water sal hulle by 200 bemande punte
dwarsoor die metrogebied moet afhaal. Die polisie en weermag sal toesig hou om waterdiefstal en
oproer te verhoed.
Die 25 liter per persoon per dag is die Wêreldgesondheidsorganisasie se minimum vereiste vir
mense om hul gesondheid en higiëne te handhaaf.
1.6 Hoeveel water mag elke Kapenaar tans gebruik? Haal ’n sinsdeel uit die leesstuk aan om jou
antwoord te staaf. (2)
1.7 Wanneer Dag Zero aanbreek, hoeveel water sal elke Kapenaar dán per dag kry? (1)
1.8 Waarom moet elke mens soveel water per dag kry? Haal ’n sin uit die leesstuk aan wat die
rede vir jou antwoord is. (2)
1.9 Soos voorspel, wanneer sal Dag Zero aanbreek? (dag, maand en jaar) (1)
1.10 Watter drie algemene dagtake sal daar onder lei wanneer Dag Zero aanbreek? (3)
1.10 Watter twee instansies sal toesig hou, volgens die leesstuk, om waterdiefstal te beperk? (2)
1.11 Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Gee ’n rede vir jou antwoord, deur ’n
gedeelte uit die leesstuk aan te haal.
1.11.1 Slegs Kapenaars moet anders begin dink oor hulle waterverbruik.(2)
1.11.2 Dag Zero verwys na die dag wat Kapenaars NIKS water sal hê of kry nie.(2)
1.11.3 Wanneer Dag Zero aanbreek, sal Kapenaars water by meer as 150 bemande punte
kan gaan afhaal.(2)
1.12 Watter drie provinsies se damvlakke was tussen 60% en 70% vol teen middel Januarie 2018? (3)
1.14 Wat was die rede vir die styging van die damvlakke in Gauteng? (1)
1.15 Watter aktiwiteit, volgens Joanie Bergh, gebruik die meeste water en hoeveel? (2)
1.16 Met hoeveel water sê Joanie Bergh kán mens oor die weg kom? (1)
1.17 Mense wat in die Kaap woon, noem ons Kapenaars. Gee die persoonsnaam vir Durban.(1)
1.18 Een van Joanie se aktiwiteite gaan alle huishoudings nie gebruik nie. Watter een is dit?
Gee ’n rede vir jou antwoord. (2)
TOTAAL: 35
Taalstrukture en konvensies
VRAAG 1
Lees die onderstaande stukkie uit die briewe-kolom van die Huisgenoot van 8 Februarie
2018 en beantwoord die vrae wat volg.
LETTERGREPE: KLANKGREPE:
1.1.1 skottel
1.1.2 toue
1.1.3 kommerlose
VRAAG 2
Lees die onderstaande nuusberig van OFM deur, wat berig oor die watersituasie in die
Kaap. Gee dan die betekenis van die vetgedrukte idiome. (5)
Die Kapenaars (2.1 se uitkyk op die lewe) het aansienlik verander. Die regerende party het egter
(2.2 oop kaarte met die inwoners gespeel), aangesien die waterkrisis werklik ernstig is. Dis
(2.3 ’n veer in die Kapenaars se hoed) hoe hulle in dié tyd van nood saamstaan. Hulle sit elke
aand vasgenael voor die televisie en hou die weer dop, maar tans (2.4 is daar nog geen taal of
tyding) van reën nie.
Die Kapenaars (2.5 se praat is op). Hulle besef dat hulle nét sáám ’n verskil sal kan maak.
[5]
VRAAG 3
Lees die onderstaande plan van aksie deur en beantwoord die taalvrae.
3. Wateronderbrekings
Die stad installeer tans waterbeheertoestelle. Die toestelle verminder die waterdruk na dié
eiendomme. Verbruik die huishouding meer as 350 liter per dag, word water vir die res van
die dag afgesny.
3.1
Kies die korrekte antwoord. (4)
3.1.1 Die woord waterdraers is ’n voorbeeld van ’n…
A afleiding.
B samestelling.
C basis.
3.2 Sê watter soort werkwoord die volgende woorde is, met ander woorde soos hulle in die
gedeelte gebruik word. (3)
3.2.1 het (punt 1)
3.2.2 gepomp (punt 2)
3.2.3 word (punt 3)
3.6 By punt 2, Die ontsouting van seewater, wat is die funksies van die twee punte (.) in
daardie sin? (2)
3.7 Voltooi die volgende gedeeltes, wat albei met water te doen het, deur die regte
versamelname in te vul. (2)
3.7.1 ’n ___________________ visse
3.7.2 ’n ___________________ wasgoed
3.8 Gebruik die HOMONIEME van die volgende woorde in ’n sin sodat dit ’n ander betekenis as in
die leesstuk het. (3)
3.8.1 as (punt 4)
3.8.2 meer (punt 4)
3.8.3 voer (punt 5)
MEMORANDUM
LEES EN KYK
Vraag 1
1.1 Op pad na Dag Zero
1.2.1 zero
1.1.2 daagliks
1.3 kwota en rantsoen
1.4.1 Nasionale Departement van Water en Sanitasie
1.5.1 gem.
1.5.2 l
1.6 50 liter
“…, word Kapenaars van 1 Februarie beperk tot 50 liter per inwoner per dag”
1.7 25 liter per dag
1.8 “… dit is die Wêreldgesondheidsorganisasie se minimum vereiste vir mense om hul gesondheid
en higiëne te handhaaf.”
TOTAAL: 35
Taalstrukture en konvensies
Vraag 1
1.1.1 skot-tel/sko-tel
1.1.2 tou-e/tou-e
1.1.3 kom-mer-lo-se/ko-mer-lo-se
1.2.1 langklank
1.2.2 kortklank
1.2.3 diftong
1.2.4 kortklank
[10]