Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 16

Lewensoriëntering.

Les 29: Leeraktiwiteite.


Leeraktiwiteite wat verband hou met verskillende vakke:
ᴥ Praktiese
ᴥ Teoretiese
ᴥ Individuele
ᴥ Of groepaktiwiteite.
Praktiese leeraktiwiteite.
∞ Voorwerpe en materiaal waar te neem en te bewerk.
∞ Jy moet iets bestudeer, bv. natuurwetenskap-aktiwiteite.
☼ Eksperimente word gedoen en om nuttige produkte te maak.
☼ Sommige leerders vind dat praktiesee werk hulle beter laat voel.
Teoretiese leeraktiwiteite.
֍ Iets nuuts leer= vind uit waarom jy dit leer.
֍ Uitvind waarom= vind uit of jy daarin belangstel.
֍ Belangrike deel 🡪 teorestiese leerwerk moet doen voordat jy nuwe kennis op
verskillende praktiese manière kan toepas [bv. Fisies]
Individuele aktiwiteite.
☺ Teen jou eie tempo
☺ Eie leerstyl gebruik.
☺ Vind uit hoe goed jy die werk verstaan.
☺ Vind uit watse dele jy moet hersien. [omdat jy nie verstaan nie en/of sleg gedoen het]
Groepaktiwiteite.

* Projekte, eksperimente of beperkingsforums.

* Groepwerk- interaktief en 2 voordele van groepwerk is dat jy leer hoe om met ander
mense te werk.
* Dis `n goeie kans om leerervarings ted eel en om sosiale vaardighede aan te leer.

Les 30:Denk- en leervaardighede vir vakke.


Eise van elke vak: denk- en leervaardigehede wat nodig is.

→ Help ander leerders om geheuekaarte te gerbuik.


→ Help ander leerders om aantekeninge te maak.

Denkvaardighede.
ᴥ Verskillende manière van dink.
ᴥ Verkillende vakke leer ons hoe om die wêreld om ons te verstaan.
Verskillende denkvaardighede.
∞ Ontleed: breek inligting in Kleiner dele om makliker te verstaan.
∞ Sintetiseer: sit inligting bymekaar om sin te maak uit die inligting.
∞ Vergelyk: ooreenkomste en verskille.
∞ Evalueer: beoordeel die waarde van inligting.
∞ Probleemoplossing: behels dink aan doeltreffende manière om uitdagings die hoof te
bied.
∞ Skeppende dink: vaardigheid om na vore te kom met oorspronklinke, verbeeldingryke
manière om `n spesifieke probleem of uitdaging aan te pak..
Leervaardighede.
☼ Wiskundige berekenings
☼ Lees en skryf
☼ Som inligting op en maak aantekeninge
☼ Tydsbestuur
☼ Studie-rooster
☼ In `n groep of alleen leer
☼ Breinkaarte te maak of geskrewe aantekeninge.

Les 31:Besluitneming.
Besluitnemingsproses.
֍ Vakkeuse is `n belangrike besluit.
֍ As jy jou vakke goed kies, kan jy dieselfde vakke tot Gr.12 vat.
֍ Stappe om te volg vir die besluitneming vir vakkeuse.
☺ Stap 1: kontroleer jou houding.
� Ontspan

� Moenie impulsief optree nie

� Kan en sal dit regkry om vakke te kies

� Erken die situasie vir jou problematies is


☺ Stap 2: verstaan die probleem situasie.
� Analiseer die situasie
� Wat is die probleem? Watter keuse moet jy maak.

� Verdeel die probleem in onderafdelings

� Hkm is die situasie problematies?

� Wie ervaar die probleem?


☺ Stap 3: kry alternatiewe oplossings.
� Brainstorm

� Maak `n lysie van so veel as moontlik verskilende kombinasies.

� Vra jou ouers, vriende en onderwysers se opinies en voeg dit by jou


lysie.
� Kombineer en verbeter jou idees
☺ Stap 4: besluitnemings.
� Evalueer elke oplossing op jou lysie.

� Kyk noun a toelatingsvereistes van tersiêre instansies

� Voorspel en oordink elke keuse, sal jou punte goed genoeg wees?

� Oordink die lang- en korttermyn gevolge van jou keuse.


☺ Stap 5: beplan en implimeer jou keuse.
� Begin met klein aksies, doen huiswerk elke dag.

� Begin dadelik, vandag!

� Evalueer die effek van jou klein begin.


☺ Stap 6: ondersoek jou keuse.
� Kyk of jy gelukkig is met die uitslag

� Kan jou plan verbeter word?

� Het jy `n ander plan nodig?

� Of: gaan terug na stap 4

� Kyk na jou tweede beste oplossing.

Kies die regte loopbaankategorie vir jou.


-ondersoekend, ondernemend, realisties, kunstig, konvensioneel of sosiaal.
Besluitneming.

* Waardes: waaraan jy persoonlik glo en jou lewensideale. Wat is vir jou belangrik?
Status, genoeg geld?
* Vermoens: jou natuurlike talente. Goed met woorde? Selfverskekernd?

* Vaardighede: iets wat jy fisies kan doen wat jy self ontwikkel het. Skryf?
Debattering?
* Belangstelling: stokperdjies en aktiwieite wat jy geniet. Lees? Om te dans?

* Persoonlikheid: jou karakter. Geduldig? Emosioneel?

Benewens genoemde vaardighede:

→ `n Positiewe ingesteldheid, geesdrif en optimisme.

→ Integriteit, eerlikheid, etiese optrede en betroubaarheid.

→ Self-motivering, selfstandigheid, ywer en die vermoë om eie inistiatief te neem.

→ Volwassenheid, verantwoordelikheid, stabiliteit en betroubaarheid.

Les 37: gesondheid en veiligheid, miv/ vigs.


Voorkoming en veiligheidskwessies: MIV en Vigs.
ᴥ MIV verswak die imuunstelsel.
ᴥ Mense kry ander siektes en gaan dan dood omdat hulle imuunstelsel swak was.
ᴥ Ander siektes sluit in: tuberkulose, kanker, verkou en griep.
ᴥ Mense gaan nie dood van Vigs nie maar die ander siektes wat hulle kry.
ᴥ Simpome van MIV/ Vigs.
∞ Gewigsverlies
∞ Hoes en borsinfeksies
∞ Diarree
∞ Erge sweet en nagkoors
∞ Sere in die mond en/ of die liggaam
∞ Opgeswelde kliere
Feite oor MIV en Vigs.
☼ MIV: Menslike Immuniteitsgebreksvirus.
☼ Vigs: Vervorwe Immuniteitsgebreksindroom.
☼ MIV val die immuunstelsel aan. As die immuunstelsels swak is vorm Vigs.
☼ Iemand wat MI-virus het is MIV+
☼ Geen geneesmiddel
☼ Seks met `n maagd kan nie Vigs genees nie.
☼ Mense wat MIV+ is lyk gesond en voel oraait voordat hulle siek word.
☼ Vrouens wat swanger is en borsvoed kan medisyne neem wat verhoed dat hulle
baba’s MIV+ word.
Verskillende manière om MIV+ te word.
֍ Onbeskermde seks met iemand wat MIV+ is.
֍ Naalde of inspuitings wat met die MI-virus besmet is.
֍ Besmette bloed met `n bloedoortapping te ontvang.
֍ `n MIV-positiewe swanger vrou kan die virus aan haar ongebore kind oordra tydens
geboorte.
֍ `n MIV-positiewe Moeder kan die virus deur borsvoeding oordra.
֍ Enige ander kontak met die bloed van `n MIV- positiewe persoon.
Jy kannie MIV+ raak deur:
☺ Iemand wat MIV+ is aan raak of druk nie.
☺ Te eet en drink saam met `n MIV-positiewe mens nie.
☺ Dieselfde klere te dra of `n badkamer te deel met MIV-positiewe mense nie
☺ `n Muskietbyt nie.
☺ Naby `n MIV-persoon te wees wat hoes of nies nie.
Beskerm jouself.

* Gaan vir `n MIV toets.

* As jy negatief is beplan om so te bly.

Beskerm jouself en ander deur:

→ Nie spuitnaalde, skeermesse of tandeborsels te deel nie.

→ Nie onbeskermde seks te hê nie.

→ Kontak met ander mense bloed, spoeg of semen te raak.

→ 100% veilige seks is geen seks, kondome maak seks veiliger.

Wat is `n MIV-toets.
ᴥ Klein hoeveelheid bloed word getrek, vinger word geprik en die bloed word
kladpapier. Die bloedmonster word dan wetenskaplik getoets.
ᴥ Die toets wys nie die virus nie maar die afwesigheid van teenliggaam.

Les 38: MIV positief? Leef gesond.


Indien jy MIV-positief is.
∞ Gaan gereeld vir ondersoeke.
∞ Bly ingelig
∞ Bly so gesond as moontlik
∞ Kyk nou jou emosionele vlakke.
∞ Vermy blootstelling aan ander infeksies
∞ Antiretrovirale behandeling
∞ `n Positiewe houding te hê.
☼ Oefen
☼ Omring jouself met vriende en mense wat jy life het.

Les 40: versorging van iemand met MIV.


֍ Jong tieners vind die baie moeilik om vir hulle ouers te sorg.
֍ Dis ook moeilik om `n sterwende persoon vir wie jy lief is, op te pas en vrolik en
bemoedigend prober wees wanner jy om hulle is.
֍ Mense met MIV het hulp nodig met alledaagse takies soos wasgoed was op
skottelgoed wegpak.
֍ Daar is sorgorganisasaies wat na die huise toe gaan en na die siek mense kyk wanneer
familie of vriende nie kan nie.
֍ Een van so reg is die reg tot privaatheid. Dit beteken jy hoef niemand te sê dat jy
MIV+ is nie,
֍ Mense met MIV voel dalk skaam, kwaad of skuldig dat hulle geïnfekteer is. [dit kan
stres veroorsaak]
֍ Probeer voel soos wat die persoon voel, toon simpatie en wees vriendelik.
֍ Help hulle om gesond te eet, oefen saam hulle en gaan saam hul kliniek toe.
֍ Help hulle onthou om hulle medisyne te vat.
֍ Beskerm jouself deur om handskoene te dra.
֍ Jy moet self positief bly tydens die tyd.
Wie om te skakel.
☺ NAPWA: Nasionale Vereniging van Mense wat MIV en Vigs het. 082 233 0494.
☺ Hospitiumvereniging: bied ondersteuning aan mense met terminale siektes, soos Vigs.
Hulle besoek die pasiente en help hulle met liggaamsbehoeftes. Hulle gee ook
emosionele ondersteuning waar dit nodig is.
Tuisversorging.

* Kom na jou huis toe om die siek persoon te was.

* Bring kos.

* Kom kook selfs kos.

* Leer jou hoe om met die pynverligting te help, medisyne te gee en die siek persoon se
bed te ontsmet.
Les 41: Versorging Opsies.
{niks rerig op om te som nie}
Les 42: Nasiebou.
Wat is nasiebou?

→ Dit is wanneer Suid-Afrikaners hulle rasse en kulture kant toe sit en saam staan as
een. Dit is `n taak om saam `n nuwe Suid-Afrikaanse nasie te bou.
→ Die woorde op ons Nasionale Landswapen: Ike e /xarra //ke is geskryf in die San-taal
van die /Xam mense.
→ Dit beteken: “mense wat verskillend is, kom saam.”

Om ons nasie suksesvol te bou, moet ons die volgende dinge regkry:
ᴥ Skep `n gemeenskaplike, gedeelde Suid-Afrikaanse identiteit. Suid-Afrikaners van
alle kulture moet voel dat hulle `n deel van ons land is.
ᴥ Maak seker da tons demokrasie goed funksioneer. Die stemme van alle Suid-
Afrikaners moet in die plaaslike, provinsiale en nasionale regering gehoor word.
ᴥ Bevredig menses se basiese behoeftes bv. kos, behuising, gesondheidsorg, onderwys
en werksgeleenthede.
ᴥ Praat in jou gemeenskap positief oor ons land en sy mense.
ᴥ Besluit om die owerhede te ondersteun. Wanneer jy oud genoeg is, kan jy stem vir die
party wat jy aan bewind wil sien. Vir nou kan jy `n verantwoordelike burger wees wat
wet en orde handhaaf.
ᴥ Hou jou omgewing skoon. Moenie rommel strooi of graffiti skilder nie.

Nasiebou in die samelewing.


∞ Gebruik ons nasionale simbole.
∞ Sluit al die tale en kulture van Suid-Afrika se mense in ons nasionale identiteit in.
∞ Indentifiseer en bou op dinge wat Suid-Afrikaners in gemeen—geniet bv. musiek en
sport.
Ons nasionale simbole.
☼ Die vlag
☼ Die nasionale landswapen.
☼ Die volkslied, Nkosi Sikelel’ iAfrika
☼ Die nasionale dier, die springbok
☼ Nasionale voël, die bloukraanvoël
☼ Nasionale vis, die galjoen
☼ Nasionale boom, die geelhoutboom
☼ Nasionale blom, die koningprotea
☼ Nasionale dae, Vryheidsdag, Erfenis dag, Jeugdag
Kultuur en taal
֍ 11 tale
Sport
☺ Sokker
☺ Rugby
☺ Krieket
☺ Atletiek
Les 46: Menseregteskendings.

* Menseregte: basiese regte wat alle mense het. Dit word gevind in ons land se Handves
van Menseregte in ons Grondwet.
1. Gelykheid🡪 elkeen is gelyk
2. Menswaardigheid 🡪 elkeen se waardigheid moet beskerm word.
3. Lewe🡪 elkeen het die reg op lewe.
4. Vryheid en sekerheid van die persoon 🡪 nie sonder `n verhoor aangehou word nie,
vry van geweld, nie gemartel word nie.
5. Slawerny, knegskap en dwangarbeid🡪 niemand mag hieraan onderwerp word nie.
6. Privaatheid🡪 persoon of woning mag nie deursoek word nie, daar mag nie op die
privaatheid van kommunikasie inbreuk gemaak word nie.
7. Vryheid van Godsdiens, oortuiging en mening 🡪 Vryheid van godsdiens.
8. Vryheid van uitdrukking🡪 Vryheid van pers, idees oor te dra, artistieke kreatiwiteit.
9. Vergardering, betoging, linievorming en petisie 🡪 elkeen het die reg om ongewapen
te vergader.
10. Vryheid van assosasie🡪 mag kies saam met wie jy wil wees.
11. Politieke regte 🡪 mag `n party stig, lede werf, volwasse burgers mag stem.
12. Burgerskap 🡪 jou burgerskap mag jou nie ontneem word nie.
13. Vryheid van beweging en verblyf 🡪 vry om te gaan na ander lande en weer terug te
kom.
14. Vryheid van bedryf, beroep en professie 🡪 mag self kies.
15. Arbeidsverhoudinge 🡪 mag vakbonde hê, organiseer, beding.
16. Omgewing 🡪 reg op omgewing wat nie skadelik is vir gesondheid, beskerming van
omgewing vir nageslag, bewaring bervorder.
17. Eiendom 🡪 elkeen het reg om eiendom te besit.
18. Behuising 🡪 reg op geskikte behuising.
19. Gesondhiedsorg, voedsel, water en maatskaplike sekerheid 🡪 toegang tot
gesondheidsdienste, voldoende voedsel en water- staat moet maatreëls tref om binne
sy beskikbare en middele elk van die regte verwenslik.
20. Kinders 🡪 elke kind het die reg tot:
* Op `n eie naam en nasionaliteit van geboorte af.

* Gesinsorg of ouerlike sorg of toepaslike alternatief.


* Basiese voeding, skuiling, gesondheidsorg en maatskaplike dienste.

* Om teen mishandeling, verwaarlosing, misbruik of vernedering beskerm te word.

* Om nie verplig of toegelaat te word om werk te verrig of diens te lewer wat


onvanpas is vir die ouederdom of `n risiko inhoud vir `n kind se welsyn,
opvoeding, gesondheid of geestlike morele of sosiale ontwikkeling nie.
* Om in siviele verrigtinge wat die kind raak, deur die staat op staatkoste van `n
regspraktisyn voorsien te word.
* Om nie regstreeks in `n gewapende stryd gebruik te word nie, om beskerm te
word.
* Die kind se beste belang is deurslaggewend.
21. Onderwys 🡪 elkeen het die reg tot basiese onderwys.
22. Taal en kultuur 🡪 elkeen het die reg om eie taal te kies en kultuuraktiwiteite van eie
keuse by te woon.
23. Toegang tot inligting 🡪 elkeen het die reg tot inligting deur die staat gehou.
24. Toegang tot howe 🡪 reg op bilike openbare verhoor.
25. Arrestasie en aanhouding 🡪 reg om te swyg, nie verplig tot betekenis, so gou as
redelikerwys moontlik voor hof, in hof aangekla, rede vir aanhouding dadelik weet,
regspraktisyn, verbinding met persoon van keuse, bilike verhoor.
Menseregteskending

→ Regte skade aan te doen

→ Toon nie respek nie of teen sy regte op te tree.

→ Kom nie verantwoordelikhied na nie.

→ Ander mense se regte te ignorer of nie respekteer nie/ nie regverdig behandel nie.

Soort skendings van menseregte.


ᴥ Die reg tot vryhied en sekuriteit van `n persoon.
∞ Mag nie fisies beseer word nie.
∞ Iemand wat jou forseer om uit jou huis uit te trek en iewers anders te woon, skend
jou reg.
ᴥ Die reg tot privaatheid.
∞ Mag kies wat mense van jou weet.
∞ As iemand jou pos lees of deur jou goed krap, skend hulle jou reg.
ᴥ Die reg tot onderwys.
∞ Alle mense wat in SA woon het die reg om skool te gaan.
∞ As `n skool weier om vir `n kind onderrig te gee of ouers weier om `n kind skool
toe te stuur word jou reg geskend.
ᴥ Die reg tot gelykheid.
∞ Reg om gelyk behandel te word.
ᴥ Die reg tot waardigheid.
∞ Alle mense moet met respek behandel word.
ᴥ Die reg tot toegang van gesondheidsorg, kos, water en maatskaplike sekuriteit.
∞ Almal het die reg om hospitaal toe te gaan as hulle siek is.
∞ Almal moet kos en water kry.
ᴥ Die reg op `n gesonde omgewing.
∞ Mense mag nie gedwing word om in besoedelde gebiede te woon nie.
∞ As iemand jou forseer word jou reg geskend.
ᴥ Die reg tot Vryheid van uitdrukking.
∞ Dat jy oor enigiets mag dink of skryf.
∞ As iemand jou daaroor kritiseer is hulle besig om jou reg te skend.

Strategieë teen menseregte skendings.


☼ Leer wat jou regte is en leer ook hoe om ander se regte te beskerm.
☼ Wees ferm, sê dinge beslis en met respek as jy nie saamstem nie.
☼ Wys jou empatie, vertsaan hoe die ander persoon voel.
☼ Praat teen die misbruik vertel iemand bv. die skoolhoof of onderwyser.
☼ Rapporteur menseregte-oortredings aan die polisie of Menseregtekomissie.
Daar is organisasies wat klagtes oor menseregteskendings hanteer, soos.
֍ Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommisie.
֍ Die Openbare Beskermer en die
֍ Kommissie vir Geslagsgelykheid.
֍ Suid-Afrikaanse Polisie.

Les 47: Geslagsgelykheidskwessies.


Geslagsgelykheid beteken regverdige en gelyke behandeling, ongeag of jy manlik of vroulik
is.
☺ Dis `n universele mensereg, ingesluit in die Suid-Afrikaanse Handves van Regte.
Voorbeelde in sport waar vroue en mans nie gelyk behandel word nie.

* Prysgeld:

→ Gholf 🡪 vroue en mans speel dit

→ Mans se prysgeld is hoër as vroue s’n.

* Dekking in koerante en op televisie:


→ Oor die algemeen kry seuns- en manssport baie meer mediadekking as meisie-
en vrouesport.
* Borgskappe:

→ Manssport kry meer borgskappe as vrouesport.

→ Die vrou kriektet span van SA kry geen borgskappe nie.

→ Die proteas ontvang jaarliks miljoene rande in borgskappe.

* Sportstudiebeurse:

→ Meeste universiteite gee meer sportbeurse vir seuns as meisies.

* Afrigtingsgeleenthede:

→ Minder vroue-skeidregters of -breiers as mans.

Les 48: Geslagsgeweld.


Definer geslagsbeseerde geweld.
ᴥ Geweld deur mans teen vroue.
ᴥ Enige daad of dreigement.
ᴥ Dit kan liggaamlike, seksuele of sielkundige skade aan vroue of meisies veroorsaak
a.g.v. hul geslag.
Voorbeelde van geslagsbeseerde geweld.
∞ Gesinsgeweld sluit in.
☼ Fisieke geweld 🡪 seermaak, skop, slaan, stamp, wurg
☼ Seksuele geweld 🡪 verkrating, bekruiping, seksuele aanranding.
☼ Emosionele geweld 🡪 iemand lelike name noem.
☼ Ekonomiese geweld 🡪 man vat `n vrou se loon en weier om vir haar geld te gee.
☼ Intimidasie 🡪 om in `n maat se huis in te gaan sonder toestemming.
Mensehandel.
֍ Soortgelyk aan ontvoering, alhoewel die slagoffer aanvanklik instem om saam met die
onvoerder te gaan.
Gedwonge huwelike.
֍ In sommige kulture
Seksuele huwelike.
֍ Enige herhalende, ongevraagde seksuele woorde of aksies.
֍ En imtimidasie by die werk.
Tradisonele gebruike wat skadelik is vir vroue.
֍ Skending van vroue se geslagsdele.
֍ Geslagsdele verwyder word in sommige kulture, godsdeinste of ander nie-mediese
redes.
֍ Word gewoonlik uitgevoer wanneer meisies puberteit bereik of soms as babas
֍ Dit is gelukkig verbied in SA.

Emosionele, gesondheids- en maatskaplike impak van verkragting en geslagsgebaseerde


geweld.
☺ Meisies env roue wat slagoffers is geslagsbaseerde geweld ly gewoonlik emosionele
en liggaamslike skade.
Die meeste slagoffers van verkragting en geslagsbaseerdegeweld reageer gewoonlik so:

* Skok en ongeloof

* Dikwels stomgeslaan en verbyster

* Hul wil vergeet wat gebeur het of mens vermy wat hulle aan die situasie herinner.

* Voel kwaad en hartseer

* Kan ook angsitg en depressief voel

* Soms bekommerd dat dit dalk weer kan gebeur.

* Selfvertroue en selfbeeld verloor.

* Soms skaam en magteloos

* Kan lei tot dwelm- en alkoholmisbruik.

Die uitwerking van verkragting en geslagsverwante geweld.

→ Gesondheidsimpak.
ᴥ Emosionele welstand van die slagoffer.
ᴥ Kan lei tot dood of permanente stremdheid
ᴥ Liggaam se weerstand teen siektes verswak.
ᴥ Emosionele of sielkunde siektes veroorsaak
ᴥ Kan selfs tot selfmoord lei.
→ Emosionele impak.
ᴥ Ontwikkel lae selfbeeldp
ᴥ Vind dit moeilik om te konsentreer
ᴥ Vaar sleg op skool
ᴥ Hulle het nagmerries, herleef die geweld, sukkel om te vertrou
ᴥ Voel kwaad, skuldig, bang en verward.
→ Impak van gemeenskap.
ᴥ Voel onveilig.
ᴥ Mans voel skaam oor ander mans wat sulke aaklige goed doen.
ᴥ Baie seuns het min manlike mentors of helde omdat so baie mans geweldadig is.
ᴥ Gesinne word verdeel en mense word bang om in die strate te loop.
ᴥ Mense in gemeenskappe voel hulle het min waarde en geen beskerming.

Les 49: Voorkoming van geslagsgeweld.


Wet op Seksuele Oortredings.
∞ Een van die manière 🡪 wette in verband met seksuele geweld te maak.
∞ Desember 2007 🡪 die wet op Seksuele Oortredings ingestel.
∞ Maak dit makliker om om verkragter in die hof skuldig te vind en te straf.
∞ Die wet definer ook seksuele aanranding as “onwettig en opsetlik `n ander seksueel
skend.”
∞ “Statutêre verkragting” 🡪 seksuele penetrasie 🡪 voorkom as iemand tussen 12 en 16
toestem tot seks.
∞ Dit kan tot tronkstraf lei.
∞ As jy seks het met iemand voor 16 kan julle hegtenis geneem, hulle kan b.d. hof
aangekla word
∞ Hulle sou dan skuldig wees.
∞ As jy iemand forseer om seks te hê is dit verkragting.

☼ `n Kind onder die ouderdom van 16 is te jonk om toestemming te gee tot enige
seksuele daad. `n Seksuele daad met `n kind onder 16 `n misdaad.
☼ As kinders bo 16 nie instem nie is dit verkragting en moet `n saak oop maak.
☼ Kinders wat verkrag is moet binne 72 ure behandeling kry om MIV en Vigs te
voorkom.
☼ Slagoffers mag vir die hof vra of die verkragter MIV gehad het of nie.
☼ Kinders mag nie blootgestel word aan seksuele aktiwiteite nie.
☼ Dit lê swaar boetes en strawwe op vir seksuele geweldmisdade.
☼ Alle slagoffers mag beskerming kry end it word verseker en hulle mag getuienis in die
hof hê.
☼ Kinders se getuienis deur geslotebaantelevisie herlei word, sodat kinders nie geskend
word nie.
☼ `n Nasionale register van seksuele oortreders is ingestel.
☼ Iemand wat dronk of hoog is kan nie permissive gee tot seks nie.
Bronne van hulp vir slagoffers: veiligheid vir meisies env roue.
֍ Regeringsorganisasies help slagoffers van geslagssgeweld.
֍ Hulp sluit in: berading, ontwikkeling v. vaardighede, tidelike finansiële bystand en
skuilings waarheen meisies en vroue kan ontsnap.
֍ Maatskaplike werkers kan gesinne help.
֍ Die regering het spesiale howe vir sulke gevalle.
֍ In groot stede is daar Thuthuzela- [troos] sentrums waar kinders en vroue berading,
mediese hulp en wetlike hulp kan ontvang as hulle verkrag of seksueel aangerand is.
֍ Buite die stede is daar minder hulp.
֍ Polisie moet verkragtings sake privaat afgehandel word.
֍ Verkragting sake moet ernstig besoek word.
֍ Vrouens moet dan na veiligheids huise geneem word.
֍ Vroue en meisies kan ook beskermingsbevele kry.
֍ Dit is wettige dokumente wat help om slagoffers te beskerm teen kontak met mense
wat geweld teen hulle gebruik het.
֍ Daar is geen waarborg dat jy nooit die slagoffer van geslagsbaseerde geweld sal wees
nie.
Jy kan egter prober om gevaarlike situasies te vermy.
By die huis.
☺ As iemand op jou gil sê: “Ek dink nie hierdie is gesond nie, ons moet ophou” en loop
weg.
☺ As hulle aanhou op jou skree en jy word bang, bel die polisie [of as hulle aggresief
begin raak].
Weg van die huis.

* Loop altyd saam ander mense.

* Moenie bang lyk as jy onveilig voel nie. Mense kan dit sien.

* As jy voel iemand agtervolg jou, gaan na `n gebied met baie mense en huise.

* As iemand in `n motor vra vir die pad, hou aan loop. Bly ver genoeg van die motor
sodat hulle jou nie kan gryp nie.
* Let op in watse omgewing jy is en presies waar dit gebeur.

* Let op van mense wat in stilstaande karre sit en loop aan die ander kant.

* Neem `n selfsverdediging kursus en weet wat om te verwag.

Tydens `n afspraak of saam met maats.

→ As iemand jou ongemaklik laat voel, moet nie alleen met hulle kuier of praat nie.

→ As jy nie weet hoe jy oor iemand voel nie, sê dit vir hulle en vra datt hulle jou
gevoelings respekteer.
→ Gaan saam vriende uit en ondersteun mekaar.

→ Moenie bang wees om hulp te vra nie.

→ Moenie alleen na publieke toilete toe gaan nie.

Kry hulp.
ᴥ Bel of gaan na `n maat, familielid of iemand by wie jy veilig voel en vertel hulle wat
gebeur het.
ᴥ Skryf soveel neer as wat jy van die incident kan onthou.
ᴥ As jy nie seker is wat om te doen nie, skakel `n krisis-inbelsentrum. Jou plaaslike
telefoongids sal die nommers hê as jy dit nie ken nie.

∞ Childline: 0800 055 555


012 342 22 22
∞ Polisie: 10111
∞ Wierdabrug: 012 654 4031
∞ Lyttelton: 012 345 6756 of 071 383 2036
∞ Ambulans: 082 911

Les 50: Kulturele Diversiteit.


Begrip: Kulturele verskeidenheid in Suid-Afrika.
☼ Grondwet sê: almal wat in SA bly en behoort da tons verenig in ons diversiteit.
☼ Gelyk is en dat diskriminasie gebaseer op ras, geslag, kultuur, godsdiens of taal
verkeerd is.
☼ Geen kultuur is beter as `n ander een nie.
☼ SA= Reënboog nasie.
☼ Verskillende kulture: Vendas, Zoeloes, Kaapse Maleiers en Afrikaners.
☼ Tale, tradisies en godsdienste van die kulture= kulturele verskeidenheid.
☼ Verskillende kulturele norme en waardes het `n invloed op persoonlike en
gemeenskapsake.
Kultuur.
֍ Die gedrag, oortuigings, gebruike en taal wat van een generasie na `n volgende
oorgedra.

Norme.
☺ Reëls wat bepaal hoe ons optree in ons gemeenskappe.
Waardes.
* Oortuigings oor wat reg en verkeerd is, en wat goed en sleg is.

Paar voorbeelde:

→ Vroue kinders grootmaak, vuurmaak hout bymekaar maak en water gaan haal en die
kos voorberei.
→ Moslems: meisies hulle hare bedek en stemmig aantrek. Nie toegelaat om saam seuns
uit te gaan nie.
→ Xhosa- en Zoeloekulture is dit die gewoonte dat die bruidegom se familie
onderhandel vir betaling van die bruid. Dit word lobola genoem.

You might also like