Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 6

DAG 7 — DIE WAARDE VAN GOEDHEID

SDA: 75 The Wonder of it all. 579: Tis Love that makes us Happy

“Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder
mekaar het.” (Joh 13:35)

Die bepalende kwaliteit


As jy onthou kon word vir net een
karakter kwaliteit, wat sou dit wees? As
daar net een eienskap sou wees waarvoor
jy staan en wat jy die meeste waardeer,
wat sou jou keuse wees? Baie antwoorde
is moontlik, maar een sleutelaspek van
God se karakter moet in ons almal se
lewens weerspieël word. In Titus 3:4
vertel die Bybel vir ons dat die
goedertierenheid en liefde van God, ons
Verlosser, aan ons verskyn het.
Goedheid! Die goedheid van God.
Goedheid is 'n universele taal wat deur
oud en jonk, ryk en arm, man en vrou,
doof of blind verstaan word. Goedheid
ken geen taalgrens nie. Dit het 'n
universele aantrekkingskrag, soos musiek.
’n Vriendelike glimlag, ’n helpende hand in
Page 1 of 6
tye van nood, ondersteuning wanneer ons
moedeloos voel, en ’n woord van
bemoediging – alles gaan ’n lang pad om
die swaarkry van ons lewe makliker en
draagliker te maak. Goedhartigheid kos
jou nie baie nie, maar dit kan 'n groot
verskil maak in die lewens van diegene
wat dit ervaar, sowel as in die lewens van
diegene wat dit deel. Goedheid is 'n wen-
wen situasie.

'n Liefdevolle Christen


Jesus het geweet dat die goedheid van Sy
volgelinge as 'n kragtige getuienis van
hulle geloof sou dien. Kort voor Sy verraad
en dood, nadat Jesus Sy dissipels se voete
gewas het, het Jesus vir hulle gesê:
“Hieraan sal almal weet dat julle My
dissipels is, as julle liefde onder mekaar
het” (Johannes 13:35). Ellen White eggo
hierdie insig: "Die sterkste argument ten
gunste van die evangelie is 'n liefdevolle
Page 2 of 6
Christen" (The Ministry of Healing, p. 470
Vry vertaal). Wanneer ons in goedheid
met ander omgaan, kan ons liefde, harte
op unieke maniere bereik buite die grense
van godsdiens, etnisiteit en sosiale status.
Ek glo dat God ons geskep het met die
begeerte om goedheid te ontvang en te
deel, en om dit te doen weerspieël die
karakter van die God wat ons aanbid. In
Jona 4:2 lees ons dat God genadig en
medelydend is, stadig tot toorn, en
oorvloedig in goedertierenheid. Die tema
van God se goedertierenheid deurdring
die hele Bybel, die Ou en Nuwe
Testament. Ons dade van goedhartigheid
bring vertroosting en vreugde nie net vir
mense nie, maar ook vir die hart van God.
Goedhartigheid fokus nie op die
negatiewe situasies rondom ons of op
ander mense nie. In plaas daarvan
weerspieël dit God se karakter en die

Page 3 of 6
manier waarop Hy met ons handel. Kom
ons fokus op dit wat saak maak in die lewe
en word bekend as mense wat goed is
teenoor almal.
Kom ons bid saam.
Bid God se Woord — Johannes13:35
“Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.”

Page 4 of 6
“Hieraan sal allam weet dat julle my dissipels is”
Onse God, hoe dikwels is ons sending werk ongebalanseerd?
Ons maak teologie, profesie, fundamentele leerstellings,
lewenstyl, ens. die hooffokus. En terwyl hierdie dinge goed,
waar is en 'n lewensbelangrike rol en plek het. Die
belangrikste manier om die evangelie te verkondig is om die
liefde van God uit te leef, want dit is die sterkste openbaring
van waarheid. Help ons om liefde en vriendelikheid saam met
waarheid te leef, soos U. Amen.

“As julle liefde vir mekaar het”


Liefdevolle Jesus, vergewe ons vir ons gebrek aan
onbaatsugtige liefde. Ons kan waarlik nie Golgotaliefde peil
nie. Vergewe ons vir hoe ons oor mekaar dink, wat ons van
mekaar sê en hoe ons mekaar behandel. Here, vul ons
asseblief met U Goddelike liefde. Maak ons ambassadeurs
van liefde en goedheid. Mag mense Jesus in ons sien en hoe
ons mekaar behandel. Bring die vrug van die Gees in ons
lewens, Amen.

Page 5 of 6
Meer gebedsvoorstelle
Dank en lof: Dank en loof God vir spesiale seëninge en
vir Sy goedheid.

Belydenis: Neem 'n paar minute vir privaat belydenis


en dank God vir Sy vergifnis.

Leiding: Vra God om wysheid te gee vir huidige


uitdagings en besluite wat u moet maak.

Ons Kerk: Bid vir streek- en wêreldkerk behoeftes


(sien aparte blad met versoeke).

Plaaslike versoeke: Bid vir huidige behoeftes van


kerklede, familie en bure.

Luister en reageer: Neem tyd om na God se stem te


luister en reageer in lofprysing of liedere.

Page 6 of 6

You might also like