Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 7

DAG 3 — DIE SEëNING VAN WAG

Advent Lofliedere: Wees stil my siel (#309)/ SDA 461; Be still my soul

“Wees stil en weet Ek is God …” Ek sal vereer word deur die nasies, verhewe
wees oor die hele aarde.” (Psalm 46:11) NLV

Die Bybelse deug om dinge stadiger te


neem
In 'n era van konstante vooruitgang en
geraasbesoedeling is niks meer kritiek, as
stilte en om stil te raak nie. In ons
gejaagde moderne lewe eis daaglikse
dringendhede ons aandag. Ons het
gewoond geraak aan 'n kits mentaliteit
waar ons dinge op die vinnigste moontlike
manier wil doen en verwag. Ons het
vergeet hoe om geduldig te wag, en
hierdie ongeduld kan in ons geestelike
wandel tot uiting kom met verwoestende
gevolge. Die visuele impulse en akoestiese
afleidings van hierdie hiperdigitale era
maak dit selfs moeiliker om die lewe
stadiger te neem en stil te word. Om te
leer om in stilte te wag en ons gedagtes

Page 1 of 7
op Goddelike sake te fokus terwyl ons met
God praat, lyk dalk vir baie mense vandag
na 'n vreemde praktyk, maar dit is 'n
Bybelse deug wat herleef moet word. Om
'n stil ruimte te kweek in jou lewe wat nie
oorvol is met ander dringendhede nie en
seker te maak dat hierdie tyd nie met
ander dinge hoef te kompiteeer nie is
noodsaaklik om met God te verbind. Om
die lewe stadiger te vat, stil te wees, asem
te haal, om onsself te herinner aan God se
tere sorg, om geduldig te wag en nie
senuweeagtig te raak as God nie dadelik
ons gebede verhoor nie – dit is ‘n kuns
wat ons opnuut moet leer.

Voordele van om te wag


Dwarsdeur die Skrif sien ons God se
mense in 'n gesindheid van wag.
Bybelskrywers spreek dikwels hul
wagtende periode aan met 'n vraag: "Hoe

Page 2 of 7
lank, o Here?" (Hab. 1:2; Dan. 8:13). Daar
is geen hoop sonder om te wag nie (Titus
2:13). Daar is geen volharding sonder om
te wag nie ( Rom. 5:3, 4 ). Daar is geen
geduld sonder om te wag nie (Op. 14:12).
Daar is geen verlange sonder om te wag
nie (Psalm 42:2). Daar is geen lewe sonder
om te wag nie. Daar is geen menslike
geskiedenis sonder om te wag nie. Om te
wag is deel van die mens se bestaan.
Terwyl ons wag, fokus ons dikwels op
probleme wat onaangenaam is en hoop
dit sal verbygaan. Maar om te wag
beteken nie om passief te sit, niks te doen
en te hoop dat 'n onaangename situasies
op een of ander manier sal verdwyn nie.
Vanuit 'n Bybelse perspektief is die
primêre doel van wag om aan die lig te
bring wie ek is en wie ek word terwyl ek
wag. Die ervaring van wag konfronteer my
met 'n betekenisvolle geestelike besluit:

Page 3 of 7
Bevraagteken ek in my ongeduld en twyfel
ek in God se goedheid en almag? Of erken
ek dat ek in die wag gekonfronteer word
met 'n unieke geleentheid wat my sal help
om die persoon te word wat God wil hê ek
moet wees? Deur die ervaring van wag,
kan ek die persoon word wat ek nooit
andersins sou gewees het nie.
As ons so daarna kyk, word wag God se
middel tot transformasie, om ons volgens
Sy wil te verander. Wag is dus werklik 'n
uitdrukking van God se goedheid en
genade. Dit help ons om meer soos God te
word, wat met groot geduld wag en nie
wil hê dat iemand verlore moet gaan wat
nog gered kan word nie.

Kom ons bid saam.

Gebedstyd (30–45 minute)

Page 4 of 7
Bid God se Woord — Psalm 46:11 NLV
“Wees stil en weet Ek is God …”

"Wees stil"
Onse God, ons was onrustig. Ons het
onsself toegelaat om so besig en
gespanne te raak en te dink dat as dit nie
so is nie, dan is ons op een of ander
manier minder werd. O, God, ons het U
hulp nodig om die lewe stadiger te vat,
om te leer om eenvoudig stil te wees. Ons
gedagtes is deur sosiale verwagtinge
bedraad om altyd na iets te jaag. Help ons
om die deug van stilte te waardeer en om
die seëninge te verkry wat dit bring.
Spreek die woorde "Wees stil" in ons
ongeduldige harte. Amen.

"Weet Ek is God"
Liefdevolle Jesus, die feit dat U ons God en
Here is, het massiewe implikasies vir ons
lewens. Tog lyk dit asof ons huiwerig is om
Page 5 of 7
U Here van ons hele lewe te maak. Ons
begeer beheer, en ons kan blykbaar nie
ophou doen wat ons doen nie. Leer ons
dat U, die Almagtige Skepper, die Een wat
die ewigheid vul, die Here is; dat U in staat
is om ons en ons planne te neem bo
enigiets wat ons, ons kan voorstel as ons
net stil word en wag en U erken vir wie U
is. Amen.

Page 6 of 7
Meer gebedsvoorstelle
Dank en lof: Dank en loof God vir spesiale
seëninge en vir Sy goedheid.

Belydenis: Neem 'n paar minute vir


privaat belydenis en dank God vir Sy
vergifnis.
Leiding: Vra God om wysheid te gee vir
huidige uitdagings en besluite wat u moet
maak.
Ons Kerk: Bid vir streek- en wêreldkerk
behoeftes (sien aparte blad met
versoeke).
Plaaslike versoeke: Bid vir huidige
behoeftes van kerklede, familie en bure.
Luister en reageer: Neem tyd om na God
se stem te luister en reageer in lofprysing
of liedere. (SLOT SANG)

Advent Lofliedere: Wees stil my siel (#309)/ SDA 461; Be still my soul
o Die rein genot van gemeenskap soet (#261)/SDA 469 – Leaning on the everlasting arms

Page 7 of 7

You might also like