Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 1

 GEHOOR “SCREENING”: MAANDAG, 5 FEBRUARIE

Ons het ‘n ongelooflike geleentheid vir julle om jou kleuter se ore


by die skool te toets. Die dame van Carel du Toit skool kom
Maandag skool toe om ‘n “screening” te doen vir moontlike uitvalle
met jou kleuter se gehoor. Slegs ouers wat die “link” invul se kleuters
sal getoets word. Die “link” sluit Maandag, 07:00. Geen “laat”
versoeke sal aanvaar word nie. Geen kostes.

 MINI-KRIEKET: MAANDAG, 5 FEBRUARIE

Op bg. datum begin ons met die mini-krieket. Aangeheg is die


finale naamlys met tye vir die mini-krieket. Die seuns moet asb.
‘n sonhoed saambring. Geen ouers word by die oefening
toegelaat nie.

 MINI-NETBAL: DONDERDAG, 8 FEBRUARIE

Op bg. datum begin ons met die mini-netbal. Aangeheg


is die finale naamlys met tye vir die mini-netbal. Die dogters
MOET tekkies aanhê en hulle kan ook ‘n sonhoed saambring.
Geen ouers word by die oefening toegelaat nie.

 BESOEK FICHARDTPARK AFTREE-OORD: 14 FEBRUARIE

Ons gaan die aftree-oord besoek. Kleuters moet ook so rooi


as moontlik aantrek en skoene is verpligtend,
want ons stap.

 INDIVIDUELE FOTO’S: VRYDAG, 16 FEBRUARIE

Onthou asb. om die R75 vir die fotopakket op Karri te


betaal voor of op Maandag,12 Februarie. Ons tema is
Valentynsdag, so kleuters moet so rooi as moontlik aantrek.

 OUPA- EN OUMADAG UITNODIGINGS

Ons stuur vandag die “link” uit wat julle moet invul vir julle
ouers/skoonouers wat genooi moet word vir die Oupa- en
Oumadag van 19 April 2024. Ek gaan ‘n stemboodskap
stuur om alles mooi te verduidelik. Bly ASB by die sperdatum.
Die skakel gaan op Vrydag, 9 Februarie, om 10:00 gesluit word.
Indien julle die skakel dan nog nie ingevul het nie, neem ons
aan dat julle niemand gaan nooi nie.

You might also like