Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 23

EKSAMEN NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT

GRAAD 12
DATUM VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2023
VAK AFRIKAANS EAT
VRAESTEL 2
PUNTETOTAAL 70
TYDSDUUR (URE) 2½
AANTAL BLADSYE 23
INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Lees AL die instruksies voordat jy die vrae beantwoord.


2. Moenie die hele vraestel deurlees nie.
3. Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help.
4. Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:
AFDELING A: Roman (35)
AFDELING B: Drama (35)
AFDELING C: Kortverhale (35)
[Doen ALBEI kortverhale indien jy hierdie afdeling behandel het.]
AFDELING D: Gedigte (35)
[Doen ALBEI gedigte indien jy hierdie afdeling behandel het.]
5. Lees die inhoudsopgawe op bladsy 3 en dui die vraagnommer van die TWEE
letterkundetekste wat jy behandel het, aan.
6. Lees die vrae oor hierdie TWEE tekste wat jy behandel het en doen die volledige
kontekstuele vraag.
7. Beantwoord die vrae uit TWEE afdelings wat jy behandel het.
8. Begin ELKE afdeling op ’n nuwe bladsy.
9. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik word.
10. Laat ’n reël oop na elke antwoord.
11. Voorgestelde tydsindeling: ongeveer 75 minute per afdeling/vraag.
12. BELANGRIK! Dui asseblief die vrae wat gekies is op die buiteblad van die
antwoordstel aan deur die vrae te omkring.

© SACAI KOPIEREG ~ 2 ~
NSS AFRIKAANS EAT VR2 | 2023

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord die vraag.

VRAAGNOMMER VRAAG PUNT BLADSYNOMMER

1. Onderwêreld – Fanie Viljoen Kontekstuele 35 punte 5–9


vraag

OF

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord die vraag.

VRAAGNOMMER VRAAG PUNT BLADSYNOMMER

2. Pad na jou hart – Ivan Botha Kontekstuele 35 punte 10 – 13


en Donnalee Roberts vraag

OF

AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord ALBEI vrae.

VRAAGNOMMER VRAAG PUNT BLADSYNOMMER

3.1 Die kind – Kontekstuele 18 punte 14 – 15


Wilna van Heerden vraag

3.2 Verneukkind – Kontekstuele 17 punte 15 – 17


Fanie Viljoen vraag

OF

AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord ALBEI vrae.

VRAAGNOMMER VRAAG PUNT BLADSYNOMMER

4.1 Ken jy die see … – Kontekstuele 18 punte 18 ‒ 21


Uys Krige vraag

4.2 Die dans van die reën – Kontekstuele 17 punte 21 ‒ 23


Eugène N Marais vraag

© SACAI KOPIEREG ~ 3 ~
NSS AFRIKAANS EAT VR2 | 2023

KONTROLELYS
Gebruik die onderstaande kontrolelys om te kontroleer of jy al die nodige vrae beantwoord
het.
AFDELING VRAAGNOMMER GETAL VRAE MERK
BEANTWOORD √
A: Roman
1 1
(Konteksvraag)
OF
B: Drama
2 1
(Konteksvraag)
OF
C: Kortverhale
3.1 – 3.2 2
(Konteksvraag)
OF
D: Gedigte
4.1 – 4.2 2
(Konteksvraag)

LET WEL: Maak seker dat jy slegs TWEE afdelings se vrae beantwoord het.

© SACAI KOPIEREG ~ 4 ~
NSS AFRIKAANS EAT VR2 | 2023

AFDELING A: ROMAN

VRAAG 1

ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1 Ek kyk na die man wat nou sy nuwe BMW parkeer op die plein. Hý weet nie

2 wat hier aangaan nie. Of sou sy seun hom al vertel het? Dalk vind hy netnou uit as

3 hulle mekaar sien?

4 TJ kry my op die trap. Netjies uitgevat in sy skoolklere, soos die skoolreëls

5 vereis van leerders wat nie Saterdae aan sport deelneem nie. Hy stamp sy vuis

6 teen myne toe hy groet.

7 “Hei, bru, as jy so alleen hier sit? Jy weet ons mag nie so rondhang op die

8 trappe nie.”

9 Ek trek my skouers op. Hy kom sit langs my, knyp sy oë toe teen die

10 oggendson.

11 “Ek dink maar.”

***

12 Ek knik my kop ingedagte. “Dink jy nie dis tjol nie, TJ?” vra ek en draai my

13 kop in sy rigting.

14 “Wat?”

15 “Hierdie ding dat hulle alles wil stilhou, man, flippit.”

16 TJ is ‘n groot skaakspeler. Rêrig passievol. “Jy moenie vergeet nie, Greg,”

17 sê hy, “ons ouens is pionne, jy lyk nes die pion langs jou. Heeltemal vervangbaar.

18 En iewers in hierdie skaak-game kan iemand besluit hy gaan jou offer.”

19 “Vir wat?”

20 “Wie weet? ‘n Groter beloning? Om die game te wen?”

21 Ek dink ‘n ruk daaroor na. Toe TJ opstaan en by die koshuisdeur instap,

22 besluit ek: ek gaan dit nie toelaat nie. As hulle dink ‘n pion kan nie terugbaklei nie,

25 maak hulle ’n fout. Vandag sal hulle een sien baklei.

© SACAI KOPIEREG ~ 5 ~
NSS AFRIKAANS EAT VR2 | 2023

1.1 “TJ kry my op die trap. Netjies uitgevat in sy skoolklere, soos die skoolreëls
vereis van leerders …” (Reël 4 tot 5)

1.1.1 By watter spogskool speel hierdie verhaal af? (1)

1.1.2 Waar is hierdie spogskool geleë? (1)

1.2 “Ek kyk na die man wat nou sy nuwe BMW parkeer op die plein.” (Reël 1)

1.2.1 Wat sê die “nuwe BMW” van die man? (1)

1.2.2 Hoe pas die “nuwe BMW” by die beeld van die skool? (1)

1.3 “Hý weet nie wat hier aangaan nie. Of sou sy seun hom al vertel het? (Reël 1
tot 2)

1.3.1 Wie, dink jy, is die “hý”? (1)

1.3.2 Wat gaan aan waarvan hy nie weet nie? (1)

1.3.3 Waarom weet hy waarskynlik nie daarvan nie? (1)

1.3.4. Waarom, dink jy, praat die skoolseuns liewer nie daaroor nie? (1)

1.4 ““Jy weet ons mag nie so rondhang op die trappe nie.”” (Reël 7 tot 8)

1.4.1 TJ wys Greg daarop dat hy die skoolreëls verbreek deur op die trappe
rond te hang.

Noem nog TWEE soortgelyke insidente waar Greg die skoolreëls


oortree het.. (2)

1.4.2 Wat sê die insidente in 1.4.1 van Greg as mens en leier? (2)

1.5 Die opskrif van die hoofstuk waaruit hierdie uittreksel kom, is: “Die pion gooi
sy toys uit die cot”.

1.5.1 Na wie verwys “die pion” en hóé het hy sy “toys uit die cot” gegooi? (2)

1.5.2 “… ons ouens is pionne, jy lyk nes die pion langs jou.” (Reël 17)

Dit is gepas om na die leerlinge van hierdie skool as pionne te


verwys.

Stem jy saam met hierdie stelling? Motiveer jou antwoord. (1)

1.6 “… ons ouens is pionne, jy lyk nes die pion langs jou. Heeltemal vervangbaar.“
(Reël 17)

TJ is eintlik nie veronderstel om dit te sê nie. Waarom nie? (1)

1.7 Waar lê TJ se lojaliteit eintlik? By Greg of by die skool?

Motiveer jou antwoord. (2)

© SACAI KOPIEREG ~ 6 ~
NSS AFRIKAANS EAT VR2 | 2023

EN

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1 Met die loper in my hand stap ek na Eckhardt se kamer. Sluit dit oop, glip

2 vinnig in, druk die deur toe en wag in die donker … Luister of iemand my gevolg het.

3 Dis stil buite in die gang.

***

4 Dit voel of iets my vasdruk. Dwing om te … wat? ʼn Beeld van John se bleek

5 hand, opgekrulde vingers flits deur my geheue.

6 Ek voel skielik naar. Dis die onbekende wat dit doen, weet ek. Die

7 onbeantwoorde vrae. Soos die goed wat weggesteek word tussen HTML tags wat

9 die websurfer nie veronderstel is om te sien op die web page nie.

10 Ek gaan sit op die stoel voor die lessenaar. My kop draai.

11 Môre kom die Sondagkoerante uit. Dan sal ek sien wat daardie joernalis wat

12 ek laat kom het, geskryf het.

***

13 “Maar hoekom ek?” bars dit uit my uit. “Hoekom nie iemand soos Kwanele,

14 TJ of Plank of …”

15 “Want, Greg, hulle het niks met die virus of die vaksine of die tonne geld wat

16 daarmee gemaak kan word, uit te waai nie. En jy het!”

17 “Ek het nie! Wat bedoel jy?”

18 Eckhardt bly ʼn ruk stil. Die uitdrukking op sy gesig is dié van ʼn skaakspeler

19 wat sy opponent enige oomblik in skaakmat gaan sit. “Jy weet nou … die Butcher

20 is, ..:”

***

21 Dis hoe vrees voel: Vuur blits deur jou lyf, elke senuwee ruk wakker, adrenalien gooi

22 jou gedagte in snelrat …

© SACAI KOPIEREG ~ 7 ~
NSS AFRIKAANS EAT VR2 | 2023

1.8 “Met die loper in my hand stap ek na Eckhardt se kamer.“ (Reël 1)

Waarom is Eckardt se kamer gesluit en waarom moet Greg ‘n loper gebruik


om in te kom? (2)

1.9 “Dit voel of iets my vasdruk. Dwing om te … wat? ʼn Beeld van John se bleek
…” (Reël 4)

1.9.1 Wie is John? (1)

1.9.2 Wat is die rede vir die verwysing na John? (1)

1.10 “Ek voel skielik naar. Dis die onbekende wat dit doen, weet ek. Die
onbeantwoorde vrae.” (Reël 6 tot 7)

Noem enige onbeantwoorde vraag wat Greg skielik laat naar voel. (1)

1.11 “Môre kom die Sondagkoerante uit. Dan sal ek sien wat daardie joernalis wat
ek laat kom het, geskryf het.” (Reël 11 tot 12)

Greg het die joernalis laat kom omdat hy kwaad was vir Dok Pienaar.

1.11.1 Hoe het Greg die joernalis gekontak? (1)

1.11.2 Waarom was Greg teleurgesteld toe die Sondagkoerant verskyn? (1)

1.11.3 Wie het Greg se planne met die joernalis in die wiele gery en hoe
het die persoon dit reggekry? (2)

1.12 “Maar hoekom ek?” bars dit uit my uit.”(Reël 13)

Waarom het Eckhardt juis vir Greg gekies om te leer “hack”? (1)

1.13 Kies die korrekte antwoord. Pas die korrekte karakter in KOLOM B by die
benaming in KOLOM A. Skryf slegs die vraagnommer (1.13.1–1.13.4) en die
letter (A–E) neer.

KOLOM A KOLOM B

1.13.1 Candlestick-maker A Greg Owen

1.13.2 Butcher B Eckhardt Wilken

1.13.3 Baker C Dok Alec Pienaar

1.13.4 Ekk-o D Doktor in Virologie

E Meneer Owen
(4x1) (4)

© SACAI KOPIEREG ~ 8 ~
NSS AFRIKAANS EAT VR2 | 2023

1.14 “Jy weet nou … die Butcher is … “ (Reël 19 tot 20)

1.14.1 Hoe pas die Candlestick-maker in die Butcher se plan? (1)

1.14.2 Waarom het die Candlestick-maker betrokke geraak by die


Butcher se plan? (1)

1.15 Greg voel bang en angstig.

Het jy begrip vir Greg se gevoelens? Motiveer jou antwoord. (1)

TOTAAL AFDELING A: 35

© SACAI KOPIEREG ~ 9 ~
NSS AFRIKAANS EAT VR2 | 2023

AFDELING B: DRAMA
VRAAG 2
Pad na jou hart ̶ ’n Rolprentdrama – Ivan Botha en Donnalee Roberts

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1 1 BASSON JR.: Dit is die spier in die menslike lyf wat die hardste werk …
2 (Stem dreun deur die fabriek): Met die vermoë om aan te hou klop buite
3 die liggaam.
4 BASSON JR. kyk oor die fabriek uit.
5 2 BASSON JR. (kil uitdrukking): ʼn Masjien. (Die kakofonie van
6 fabrieksgeluide beklemtoon sy toespraak.) Menere, ek waarborg
7 julle ʼn 14,8%-groei in ons profyt in die eerste jaar.
***
8 17 DOKTER SCHOLTZ (bekommerd): Jy besef seker jy sal moet aftree. Ek is
9 seker jou seun is al bekwaam genoeg om die leisels oor te neem.
10 DOKTER SCHOLTZ draai om loop uit by die waaksaal. BASSON SR.
11 strek moeisaam oor die bed en haal ʼn antieke kompas uit sy bedkassie se
12 laai. Hy vryf met sy vingers daaroor.

13 BINNEKANT – ONBEKENDE VERTREK: ʼn Man sit in ʼn donker, vuil vertrek. Dit is


14 aand. Die man (HEIN) lees ʼn brief. Hy laat sak die brief en staar intens na ʼn
15 Rapport-koerant met ʼn foto van BASSON JR. op die voorblad. Hy speel met ʼn
16 pistool.

17 BUITEKANT – IN MOTOR/VECTO PETROLEUM–KANTORE: BASSON JR. ry


18 deur Sandton se oggendverkeer. Hy hou met sy luukse sportmotor, ʼn Aston
19 Martin, voor die Vecto Petroleum-kantore stil. Hy parkeer sy motor voor sy
20 naambordjie. Hy klim uit die motor … en laat gly sy vingers bewonderend saggies
21 oor sy blink motor.

22 BINNEKANT – VECTO PETROLEUM – ONTVANGSLOKAAL: BASSON JR. stap


23 die ontvangslokaal binne. Agter die ontvangstoonbank sit ʼn jong, aantreklike
24 ontvangsdame en lees …

2.1 “Pad na jou hart” (Titel)

Die titel Pad na jou hart dui aan dat die rolprentdrama oor ‘n letterlike en ’n
figuurlike pad handel.

2.1.1 Wat is die letterlike pad in die rolprentdrama? (1)

2.1.2 Wat is die figuurlike pad in die rolprentdrama? (1)

2.2 “BASSON JR.” (Reël 1) (1)

© SACAI KOPIEREG ~ 10 ~
NSS AFRIKAANS EAT VR2 | 2023

Hoe oud is BASSON JUNIOR?

2.3 “BASSON JR. (kil uitdrukking): ʼn Masjien.” (Reël 5)

2.3.1 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die
vraagnommer (2.3.1) en die antwoord neer.

BASSON JR. se uitdrukking is kil, beteken dat BASSON in sy


toepraak (simpatiek/onsimpatiek) teenoor die werknemers is. (1)

2.3.2 Dink jy dat dit regverdig is om werknemers met masjiene te


vervang? Motiveer jou antwoord. (1)

2.4 “DOKTER SCHOLTZ (bekommerd): Jy besef seker jy sal moet aftree. Ek


is seker jou seun is al bekwaam genoeg om die leisels oor te neem.” (Reël
8 tot 9)

Watter “leisels” moet BASSON JUNIOR oorneem? (1)

2.5 “DOKTER SCHOLTZ draai om loop uit by die waaksaal.” (Reël 10)

BASSON SR. weier enige verdere operasies. Waarom is dit ironies dat
BASSON SENIOR nie wil hê dat die dokter verder aan hom moet sny nie? (2)

2.6 Kies die KORREKTE antwoord om die vraag te beantwoord. Skryf slegs
die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.6) neer.

“Hy hou met sy luukse sportmotor, ʼn Aston Martin, voor die Vecto
Petroleum-kantore stil.”(Reël 18 tot 19)

Watter simboliese waarde kan aan BASSON JR. se keuse van sy motor
gekoppel word?

A Vrede

B Sonde

C Armoede

D Materialisme (1)

2.7 “BASSON SR. strek moeisaam oor die bed en haal ʼn antieke kompas uit
sy bedkassie …” (Reël 10 tot 11)

2.7.1 Waar kom die kompas vandaan? (1)

2.7.2 BASSON SR. gee die kompas vir BASSON JR. Wat leer die
kompas vir BASSON JR. aan die einde van die verhaal? (1)

2.8 “Die man (HEIN) lees ʼn brief. … Hy speel met ʼn pistool.” (Reël 14 tot 16)

2.8.1 Na watter “brief” word daar verwys? (1)


2.8.2 Watter verwantskap is daar tussen die man (HEIN) en AMORY? (1)

© SACAI KOPIEREG ~ 11 ~
NSS AFRIKAANS EAT VR2 | 2023

2.8.3 Die “pistool” waarmee Hein speel, speel later in die verhaal ʼn
belangrike rol en lei tot die krisis in die drama.

Verduidelik waarom hierdie stelling WAAR is. (1)

2.9 Kies die korrekte antwoord. Pas die naam van die karakter in die drama in
KOLOM B by die rol wat die karakter vertolk in KOLOM A. Skryf slegs die
vraagnommer (2.9.1–2.9.4) en die letter (A–E) neer.

KOLOM A KOLOM B

2.9.1 AMORY se ma A Magriet

2.9.2 BASSON JR. se ma B Mercia

2.9.3 Skoolvriendin van BASSON JR. C Lennon

2.9.4 ʼn Hippie-vrou, DAWN, se lewensmaat D Gerda

E Elaine
(4x1) (4)

EN

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1 363. AMORY (hou die koevert na BASSON uit): Die oom stuur dit.
2 364. BASSON (neem die koevert en steek dit in sy sak): Nog een van my pa se
3 lewenslessies …
4 365. AMORY (staan ongemaklik rond): Ek dink hy wil jou help.
5 366. BASSON: Jy weet nie waarvan jy praat nie. Jy het hom nie geken nie.
6 AMORY lyk of sy iets wil sê, maar haarself keer.
7 367. BASSON: Ek het nie sy boereraat nodig nie.
8 368. AMORY: Dalk wil hy nie hê jy moet dieselfde foute as hy maak nie.
9 369. BASSON (geïrriteerd): Dit is nie so moeilik nie. Al wat ek moet doen, is om
10 eendag daar te wees vir my kinders … As ek ooit het.
11 370. AMORY: Miskien het hy ook gesukkel ná jou ma se dood.
***
12 372. AMORY (vou haar arms): Almal verdien ʼn tweede kans, Basson.
13 373. BASSON (woedend): Wat, om vanuit die graf te regeer? Hou net op! Hou
14 net op met jou fortune-cookie advice! Wat weet jy? Help ʼn
15 vreemdeling? Slaap onder die sterre? Drink vonkelwyn in die
16 oggend en eet marshmallows in die aand? (Skree vir AMORY) Jy is
17 die een wat verdwaal is, man!
18 374. AMORY (afgehaal): Ek is dalk verdwaal, maar ten minste soek ek.
19 (Geaffronteerd.) Ek bou nie mure en kruip agter geld weg nie.

© SACAI KOPIEREG ~ 12 ~
NSS AFRIKAANS EAT VR2 | 2023

20 AMORY storm vies terug na die stoep.

21 BUITEKANT – VAN RENSBURG-BOERDERY – PLAASHUIS SE STOEP: Dit is


22 oomblikke later. AMORY kom uitasem oor die grasperk gestap.

2.10 “AMORY (hou die koevert na BASSON uit):” (Reël 1)

2.10.1 Wat is in die koevert wat AMORY vir BASSON gee? (1)

2.10.2 Waarom maak BASSON nie dadelik die brief oop nie? (1)

2.11 “Dalk wil hy nie hê jy moet dieselfde foute as hy maak nie.” (Reël 8)

2.11.1 Watter “foute” het BASSON se pa gemaak? (1)

2.11.2 Waarom, dink jy het BASSON se pa hierdie foute gemaak? (1)

2.11.3 Het jy begrip vir die “foute” van BASSON SR.? Motiveer jou
antwoord. (1)

2.12 “Wat, om vanuit die graf te regeer? Hou net op! Hou net op met jou fortune-
cookie advice!” (Reël 13 tot 14)

2.12.1 Wat beteken dit om vanuit die graf te regeer? (1)

2.12.2 Wat is ʼn “fortune-cookie” en wat bedoel BASSON daarmee? (2)

2.13 “Ek is dalk verdwaal, maar ten minste soek ek.” (Reël 18)

AMORY sê dat sy ten minste soek. Verduidelik in jou eie woorde hoe
AMORY soek teenoor hoe BASSON dink. (2)

2.14 “Ek bou nie mure en kruip agter geld weg nie.” (Reël 19)

Wat bedoel AMORY wanneer sy sê dat sy nie mure bou nie, maar dat
BASSON agter geld wegkruip? (2)

2.15 “VAN RENSBURG-BOERDERY – PLAASHUIS SE STOEP” (Reël 21)

BASSON JR. en AMORY is vriendelik ontvang op die Van Rensburg-plaas.

Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)

2.16 “AMORY kom uitasem oor die grasperk gestap.” (Reël 22)

2.16.1 Hoekom Is Amory uitasem? (1)

2.16.2 Hoe het BASSON reageer toe hy later hiervan uitvind?

Verduidelik hoe sy eerste reaksie van sy reaksie later verskil. (2)

2.17 Was die drama se slot vir jou ʼn bevredigende einde? Motiveer jou
antwoord. (1)

© SACAI KOPIEREG ~ 13 ~
NSS AFRIKAANS EAT VR2 | 2023

TOTAAL AFDELING B: 35

AFDELING C: KORTVERHALE

VRAAG 3: VERNEUKKIND EN ANDER VERHALE

BEANTWOORD DIE VRAE OOR AL TWEE DIE KORTVERHALE.

3.1 Die kind – Wilna van Heerden

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1 Dis die man langs die pad by Swellendam, die halfpadmerk waar ons die
2 sendeling-egpaar ontmoet. Langs die man is ‘n tweede regop figuur. Hoedjie op.

3 Dis hier waar Ma vir Norman moet gee. Nege trek af een is agt. Twee tel
4 by een is drie. Vier maal drie … Dit help nie. Ma huil nou te hard. Pa laat die
5 poskar so twintig jaart voor die halfpadmerk stilhou.

6 “Gee julle hande. Ogies,” sê hy, verstommend rustig. Ons vat almal hande
7 en Pa bid in ‘n suiwer, vaste stem. Terwyl hy dankie sê, hoor ek dit stil word waar
8 Ma sit. Skrefiesoog loer ek en sien hoe sy Norman in die lug hou terwyl haar
9 gesig hemelwaarts kyk. Ek maak my oë toe.

10 Op “amen” gee Pa die teken om verder te ry. Hy kyk net strak voor hom.

11 Die twee figure raak net groter en is skielik by ons. Dis ‘n man en ‘n vrou. Pa hou
12 Ma se hand terwyl sy van die kar afklim. Die wit bondeltjie word steeds met die
13 ander arm vasgedruk. Haar kop is regop, haar oë helder, haar gesig sag. Ek kyk
14 met trots na haar. Dis my ma.

15 Die vreemde man en vrou staan regop langs mekaar. Ma staan krom
16 oorkant hulle. Pa skuins agter haar. Sy hand por haar rug. Sy bly staan.

17 “Sy naam is Norman Gericke,” pleit Ma se stem oor die halfpadmerk.

3.1.1 “Gee julle hande. Ogies,” (Reël 6)

Wat bedoel Pa wanneer hy sê “Ogies”? (1)

3.1.2 Kies die KORREKTE antwoord om die vraag te beantwoord. Skryf slegs
die letter (A–D) langs die vraagnommer (3.1.2) neer.

Waarom hou Ma vir Norman in die lug op tydens die gebed?

A Sy probeer ʼn wind uitkry.

B Sy probeer hom stil maak.

C Sy vra die Here om hom te seën.

D Sy wil Norman van haar af wegkry. (1)

© SACAI KOPIEREG ~ 14 ~
NSS AFRIKAANS EAT VR2 | 2023

3.1.3 Waar bly die Duitse sendelingpaar? (1)

3.1.4 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer
(3.1.4 (a)) en die antwoord neer.

(a) Die verteller in die verhaal Die kind is ’n (eerstepersoons-/


derdepersoons)verteller. (1)

(b) Wat is EEN VOORDEEL van hierdie tipe verteller? (1)

(c) Wie is die verteller in hierdie verhaal en hoe oud is die verteller? (2)

3.1.5 Verduidelik die simboliese betekenis van die baba se wit klere. (1)

3.1.6 Dink jy Pa gee vir Ma om? Motiveer jou antwoord. (1)

3.1.7 Die verteller is baie trots op sy/haar ma toe sy vir Norman moet oorhandig.

Waarom, dink jy, is hy/sy trots op sy/haar ma? (1)

3.1.8 Verduidelik die innerlike konflik wat die verteller se ma in hierdie kortverhaal
ervaar? (2)

3.1.9 Hierdie verhaal bevat verskeie temas. Noem enige TWEE temas wat ons in
hierdie verhaal vind (2)

3.1.10 Dink jy Ma en Pa se optrede is korrek? Motiveer jou antwoord. (1)

3.1.11 Voltooi die volgende paragraaf. Skryf slegs die vraagnommer (3.1.11 (a-c))
en die antwoord neer.

Die verhaal begin die Sondag wanneer Pa van die kerk afkom en die kinders
dadelik besef daar is fout. Dit word die (a) ... genoem. In hierdie verhaal
word (b) ... gebruik om die lesers en die karakters te manipuleer. Die verhaal
is op werklike gebeure gegrond en staan dus bekend as ʼn (c) ... roman. (3)

EN

3.2 Verneukkind – Fanie Viljoen

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1 Uitasem hardloop Jessica woonstel toe. Oor haar een skouer hang ‘n inkopiesak
2 en oor die ander beur haar skooltas. Haar skoen glip uit. Sy vloek sag, draai
3 hinkepink terug, skud die sand uit, druk haar voet weer in, en hardloop verder.

4 Kort-kort dwaal haar oë na die grys wolke. Dit voel of hulle vandag
5 sommer hier teenaan haar lyf lê, soos ‘n kombers wat die koue weghou terwyl
6 haar gedagtes ompaaie loop. Elke keer as die wolke teen Tafelberg afrol en hulle
7 uitstrek oor die Kaapse Vlakte, kom die dink oor ʼn belofte in haar los.

8 ʼn Belofte van sewe donderslae.

© SACAI KOPIEREG ~ 15 ~
NSS AFRIKAANS EAT VR2 | 2023

9 Sewe slae. Niks meer nie. En ook niks minder nie.

10 Jare al wag sy vir die dag dat dié belofte waar word, soek sy na tekens en
11 lei sy hopeloos te veel af van elke saligheid wat oor haar pad kom; ʼn
12 onverwagse blom in die droë bedding langs die woonsteltrap, die dronkgatbure
13 wat nie die hele vloer wakker baklei nie, goeie opstelpunte.

14 Want enigiets onverwags goeds kan ‘n voorteken wees dat haar ma


15 vandag huis toe kom - maar die grootste teken sal die dag van die sewe
16 donderslae wees.

***

17 “Sorry om te pla, Antie, ma’ kan Antie asseblief vir my ʼn brood koop?” vra
18 sy die middag vir ʼn vrou. “Net ʼn brood, seblief? Da by die Pick ʼn Pay. My granny
19 is by die huis, en ons hettie kossie.”

3.2.1 “Verneukkind” (Titel)

Waarom is die titel van die verhaal Verneukkind? Gee TWEE redes. (2)

3.2.2 “Uitasem hardloop Jessica woonstel toe” (Reël 1).

Waarom was Jessica by die winkelsentrum? (1)

3.2.3 Jessica kies net vrouens (om by te bedel) by die winkelsentrum. Waarom?
Gee TWEE redes. (2)

3.2.4 Waar, dink jy, is Jessica se ma? (1)

3.2.5 Voltooi die volgende paragraaf. Skryf slegs die vraagnommer (3.2.5 (a-b))
en die antwoord neer.

In die kortverhaal, Verneukkind, kry ons ʼn (a) …-verteller. Een van die
nadele van hierdie tipe verteller is (b) … (2)

3.2.6 Daar is baie spanning in hierdie kortverhaal.

Noem TWEE maniere hoe die spanning in hierdie verhaal verhoog word. (2)

3.2.7 “ʼn Belofte van sewe donderslae.” (Reël 8)

(a) Waarom vra Jessica vir nog vier weerligstrale? (1)

(b) Wat is die simboliese betekenis van die donderweer vir Jessica?

Gee TWEE moontlike betekenisse. (2)

© SACAI KOPIEREG ~ 16 ~
NSS AFRIKAANS EAT VR2 | 2023

(c) Kies die KORREKTE antwoord om die vraag te beantwoord. Skryf


slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (3.2.7(c)) neer.

Jessica is … as die donderweer slaan.

A bang

B hartseer

C opgewonde

D vreesbevange (1)

3.2.8 “My granny is by die huis, en ons hettie kossie.” (Reël 18 tot 19) is ‘n
voorbeeld van Kaapse Afrikaans.

Gee EEN rede waarom die tipe taalgebruik gepas is in hierdie verhaal. (1)

3.2.9 Dink jy dat dit reg is dat ouma Kytie vir Jessica jok oor wanneer haar ma
sal terugkom? Motiveer jou antwoord. (1)

3.2.10 Het jy empatie met Jessica? Motiveer jou antwoord. (1)

TOTAAL AFDELING C: 35

© SACAI KOPIEREG ~ 17 ~
NSS AFRIKAANS EAT VR2 | 2023

AFDELING D: GEDIGTE

VRAAG 4

BEANTWOORD DIE VRAE OOR AL TWEE DIE GEDIGTE.

Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

4.1 Ken jy die see … - Uys Krige

Ken jy die see … - Uys Krige

1 Ken jy die see, Meneer, ken jy die see?

2 Hy lyk nou soos jou voorstoep blinkgeskuur

3 en kalm soos min dinge hier benee,

4 maar hy’s gevaarliker as vlam of vuur.

5 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur.

6 Dié vrede, kalmer as ’n stil, soet kind,

7 lyk of dit dae, dae lank sal duur.

8 Maar word dié bries, ’n bulderende wind,

9 dan veg jy vir jou lewe, uur na uur.

10 En jy sê nog, Meneer, die vis is duur.

11 Ja, sleep die swart, swart wind die swart nag mee,

12 waar kry ons hulp dan, waar’s ons naaste buur?

13 Die Dood staan voor die deur. Gee hy nog net één tree,

14 dan kelder hy ons almal in sy koue skuur.

15 En jy sê nog, Meneer, die vis is duur.

16 Wat van die storms wat nooit ophou raas?

17 Jy sit pal in jou kliphuis, klam en guur,

18 en hoor die wind al woester, wreder blaas.

© SACAI KOPIEREG ~ 18 ~
NSS AFRIKAANS EAT VR2 | 2023

19 En daar’s geen sprokkel hout meer vir jou vuur.

20 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur.

21 Was jy al van jou bootjie soos ’n veer gevee

22 deur ‘n grys golf hoog soos ’n tronk se muur.

23 Wat help dit om te spartel en te skree: “Nee! Nee!”

24 sluk jy eers daardie water sout en suur?

25 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur.

26 Ken jy die doodsangs as die rukwind klap?

27 Dié waansin ken geen redmiddel of kuur.

28 Hy vreet mos aan jou ingewande nes ’n krap.

29 Hy’s koud soos ys, heet soos die hellevuur!

30 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur.

31 Ken jy die see, Meneer, ken jy die see?

32 Hy wat met groen jaloerse oë na ons gluur,

33 ons wat net één ou misstappie moet gee

34 en hy kom tromp-op op ons afgestuur!

35 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur.

36 Sien jy die krom ou vroutjie daar, mevrou Mathee,

37 wat telkens ver, vér oor die golwe tuur?

38 Sy dink die briesie bring haar seuns betyds vir tee.

39 Hulle slaap aldrie agter die kerkhofmuur.

40 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur ...


[Uit Versamelde gedigte. J.L. van Schaik, 1985]

© SACAI KOPIEREG ~ 19 ~
NSS AFRIKAANS EAT VR2 | 2023

4.1.1 “Ken jy die see …” (Titel)

a) Wat word met die titel van die gedig geïmpliseer? (1)

b) Wat is die funksie van die ellips in die titel? (1)

c) Wat wou die spreker met die gebruik van die ellips in die titel
beklemtoon? Noem TWEE dinge. (2)

4.1.2 ʼn Visserman is die spreker in hierdie gedig.

a) Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die


vraagnommer (4.1.2 (a)) en die antwoord neer.

Die spreker in hierdie gedig is ʼn (ek-spreker/alomteenwoordige


spreker). (1)

b) Wat is die funksie van hierdie tipe spreker (4.1.2(a)) in die gedig? (1)

c) Hoe betrek die spreker die leser by die gedig? Noem EEN tegniek. (1)

4.1.3 “Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur.” (Refrein)

a) Watter funksie het die refrein in die gedig? Gee DRIE funksies. (3)

b) Hoe word die refrein in die gedig beklemtoon? (1)

4.1.4 Kies elke keer die stylfiguur uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM
A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer neer.

KOLOM A KOLOM B
a) “Hy lyk nou soos jou voorstoep A Eufemisme
blinkgeskuur” (Reël 2)
b) “Dié vrede, kalmer as ’n stil, soet kind,” B Hiperbool
(Reël 6)
c) “Die Dood staan voor die deur.” (Reël C Vergelyking
13)
d) “ Hulle slaap aldrie agter die D Metafoor
kerkhofmuur.”(Reël 39)
E Personifikasie
(1x4) (4)

© SACAI KOPIEREG ~ 20 ~
NSS AFRIKAANS EAT VR2 | 2023

4.1.5 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die VRAAGNOMMER (4.1.5)
en die LETTER (A–D) neer.

Die stemming in die gedig is …


A vrolik.

B morbied.

C sarkasties.

D humoristies.
(1)

4.1.6 Noem TWEE van die temas wat in hierdie gedig voorkom. (2)

EN

Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

4.2 Die dans van die reën – Eugène N Marais

Die dans van die reën – Eugène N Marais


Lied van die vioolspeler, Jan Kotterdans, uit die Groot Woestyn

1 O die dans van ons Suster!


2 Eers oor die bergtop loer sy skelm,
3 en haar oge is skaam;
4 en sy lag saggies.
5 En van ver af wink sy met die een hand;
6 haar armbande blink en haar krale skitter;
7 saggies roep sy.
8 Sy vertel die winde van die dans
9 en sy nooi hulle uit, want die werf is wyd en die bruilof groot.

10 Die grootwild jaag uit die vlakte,


11 hulle dam op die bulttop,
12 wyd rek hulle die neusgate
13 en hulle sluk die wind;
14 en hulle buk, om haar fyn spore op die sand te sien.
15 Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleep van haar voete,
16 en hulle kruip nader en sing saggies:
17 “Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!”

© SACAI KOPIEREG ~ 21 ~
NSS AFRIKAANS EAT VR2 | 2023

18 En haar krale skud,


19 en haar koperringe blink in die wegraak van die son.
20 Op haar voorkop is die vuurpluim van die berggier;
21 sy trap af van die hoogte;

22 sy sprei die vaal karos met altwee arms uit;


23 die asem van die wind raak weg.
24 O, die dans van ons Suster!

4.2.1 “O die dans van ons Suster!” (Reël 1)

a) Deur wie se oë sien ons die reën uitsak? (1)

b) Van watter EEN woord lei ons af dat die spreker in ekstase was
oor die reën wat kom? (1)

c) Waarom is dit gepas om die reën met ʼn jong vrou te vergelyk? (1)

4.2.2 Voltooi die volgende paragraaf (waarin die DRIE dinge genoem word
wat die Suster gedoen het om aan te dui dat sy nog ver was) deur
telkens net EEN woord in te vul. Skryf slegs die vraagnommer en die
antwoord neer.

Die suster (a) … skelm oor die bergtoppe. Sy (b) … saggies en sy (c) …
die winde van die dans. (3)

4.2.3 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die VRAAGNOMMER (4.2.3)
en die LETTER (A–D) neer.

Die “armband blink”en die “krale skitter” (Reël 6) verwys in die gedig na

A weerlig.

B reënbuie.

C miswolke.

D donderweer. (1)

4.2.4 Die Suster was aanvanklik skugter.

Haal DRIE opeenvolgende woorde uit strofe 1 aan om te bewys dat


hierdie stelling WAAR is. (1)

4.2.5 Die Suster nooi die winde uit na die dans: “sy nooi hulle uit” (Reël 9)

Hoekom nooi sy die wind na die dans? (1)

© SACAI KOPIEREG ~ 22 ~
4.2.6 Verduidelik wie is in die gedig die

a) Grootwild (1)

b) Kleinvolk (1)

4.2.7 Noem TWEE dinge wat die grootwild gedoen het om die suster te
verwelkom. (2)

4.2.8 Waarom, dink jy, het die grootwild juis op die spesifieke plek bymekaar
gekom? (1)

4.2.9 Hoe word die blydskap van die kleinvolk oor die koms van die reën
beklemtoon. Noem TWEE dinge. (2)

4.2.10 Beskryf die atmosfeer/stemming wat in die gedig heers. (1)


TOTAAL AFDELING D: 35
GROOTTOTAAL: 70

© SACAI KOPIEREG ~ 23 ~ EINDE VAN DIE DOKUMENT

You might also like