Redenaars Kamma

You might also like

Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 6

Kamma

2024
Beplanning

Het jy al ooit die groot


mense hoor se,
"kamma"? Wat
beteken kamma?
Leuns. Almal gee voor,
Sosiale media is 'n
groot sondebok.

Sosiale media is 'n


groot rede waarom
almal voorgee. Almal
wil aanvaar word.
Kamma Almal gee voor oor
sommige dinge.

Dit is moeilik om nie


voortegee in vandag
se samelewing nie
Finaal

Het jy al ooit gehoor die grootmense gebruik die word “kamma”? En het jy dan
gewonder wat dit beteken? Onderwyser en klas, vandag wil ek ‘n bietjie gesêls oor
die betekenis en gebruike van die word “kamma”. Volgens die Supertaal webtuiste,
beteken “kamma” om voortegee of om iets te sê wat nie werklik is nie. Byvoorbeeld
as jou ma sê, “Ek sien hulle was kamma in Italië en toe is hulle al die tyd in Durban.”
Ek glo vas almal gee voor vir verskillende redes. Mense kan voorgee om ‘n sekere
prentjie van hulself te skep of hulle kan voorgee om iemand se gevoelens te spaar.
Dit is so: Wanneer ‘n vrou hoog swanger is, en hulle vra jou, lyk ek vet? Wat gaan jy
sê? Natuurlik gaan jy sê, “Nee, jy lyk beeldskoon, ‘n mens kan nie eens sien jy is
swanger nie.” Net ‘n baie onopgevoede persoon sal sê, “Ja, jy lyk soos ‘n bus.” Dit is
voorgee. Jy gee voor dat hierdie persoon nie ‘n kilogram opgetel het nie, net om
hulle gevoelens te spaar.
Nog ‘n rede waarom baie mense voorgee is as gevolg van sosiale media. Courtney
S. Warren, ‘n sielkundige met ‘n PhD, skryf aan die “Psychology Today” tydskrif dat,
mense hul lewens opsetlik verkeerd voorstel in 'n poging om meer aanloklik of
optimisties te voorkom. Custard.com het 'n studie oor 'n wye steekproef van meer as
2 000 mense in Engeland gedoen, en 43 persent van die ouens het erken dat hulle
besonderhede oor hul lewens en hulself aanlyn opgemaak het.
Selfs meer gereeld “lieg” mense deur aan die mense op sosiale media 'n onvolledige
beeld te gee van wie hulle is en hul lewe, wat veroorsaak dat hulle leuens glo. Dit is
ook nie ongewoon dat mense fotos op hulle sosiale blaaie sal laai om dit te laat lyk
of hul lewens wonderlik is nie. Daarom hoor ons altyd dat mense kamma ‘n huis in
Switzerland het wanneer jy weet hulle ry ‘n stokou Volla.
Derdens gee baie mense voor omdat hulle werklik ongelukkig is met hul eie lewens.
Baie mense neem deel aan ontvlugting wanneer hulle realiteit vir hulle te veel word
of wanneer dit sleg gaan. Ontvlugting bied 'n veilige hawe van die beproewings en
van die werklike wêreld. Dit stel individue in staat om tydelik los te maak van hul
probleme, bekommernisse en stressors, wat 'n broodnodige blaaskans bied. Hierdie
tydelike ontsnapping in 'n fiktiewe heelal kan dien as 'n vorm van selfversorging,
soortgelyk aan 'n geestelike vakansie.
Soms ruk ontvlugting hand uit en jy gee voor dat jou fantasie lewe en jou regte lewe
een ding is. Wanneer dit gebeur sal mense voorgee dat hulle lewens goed is, vol
opwindende dinge en wanneer ander dit glo bring dit verligting en help dit die
persoon om hulle realitiet te ontvlug. Volgens sielkundige, Dr. Ade Kisue, is hierdie
werklik ‘n groot probleem en kan dit mense se lewens verwoes.
Ten slotte kan ek sê dat ek beslis ook al voorgegee het oor sekere dinge al was dit
net om aanklank by iemand te vind of om te verhoed om hul gevoelens seer te
maak. Dit is belangerik om te onthou dat menses soms hulle realitiet wil ontvlug en
daarom gee hulle voor.
Ek sluit af met die woorde van Joyce Meyer, ‘n baie bekende skrywer, “Sommige
mense het 'n moeilike tyd om die waarheid en realiteit in die oë te kyk. Hulle verkies
om in 'n skynwêreld te leef en voor te gee dat sekere dinge nie gebeur nie.”
Volgende keer wanneer jy hoor dat iemand praat van kamma, onthou ook om
simpatie met daardie person te hê, maar lewe jou lewe sonder die kamma en met
die waarheid.
Bibliografie
Kamma. (n.d.). Retrieved from Supertaal: https://gesellig.co.za/t/36373-kamma/
Kisue, D. A. (2020, July 6). How Escapism Ruins Your Life and How To Escape It.
Retrieved from Medium: https://medium.com/change-your-mind/how-
escapism-ruins-your-life-and-how-to-escape-it-99ece10bf184
Warren, C. S. (2018, July 30). How Honest Are People on Social Media? Retrieved
from Pschycology Today: https://www.psychologytoday.com/intl/blog/naked-
truth/201807/how-honest-are-people-social-media#:~:text=Honesty%20and
%20Lying%20on%20Social,look%20more%20desirable%20or%20positive.

You might also like