Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 6

Izaan Meinjes

Opstel

Teneo
Inhoudsopgawe:
Beplanning.................................................................................................................. 2
Eerste weergawe........................................................................................................ 3
Finaal.......................................................................................................................... 4
Opsie 2:................................................................................................................... 4
Droom wat sy elke
aand het. Dit is
soos 'n storie. SY
ontmoet hulle elke
dag iewers

Sy besef sy kan Opsie twee.


alles perfek voel. DIe ou man, Storie begin waar
Die ou man laai sy weer begin
haar op die boot die wit boot droom. Sy weet sy
en wil haar nie en sy vuil droom
weer laatgaan nie hond

Hierdie keer voel


die droom anders.
Nie 'n rustige
droom nie. Alles
voel swaar en
donker.

Beplanning
Eerste weergawe
My kaal voete land op die bekende koel klam sand. Ek kom elke aand in my drome
na hierdie plek toe. Ek lug my oë na die horizon horison en soos altyd staan die ou
man langs sy vuil, bruin hond, vir my en wag. Die ou man glimlag sy normale
tandloses tandlose glimlag. Die spierwit boot se suile seile hang soos ‘n skaduwee
bo hulle. Ek weet presies hoe die oppervlakte van hierdie boot voel. Ek was al
duisende kere aanboord.
Soms vat hulle my regoor die wêreld, soms net om die kus. Die water is altyd kal
kalm en ons sweef maklik deur die water. Ek is altyd bewus ek droom. Wanneer ek
wakker word kan ek presies onthou wat ek gedroom het, asof my frome drome
herhinneringe word.
Ek draf vining na waar hulle vir my staan en wag, die opgewondenheid soos ‘n
vlinder in my maag. My tree word al hoe stadiger en swaarder soos ek nader
beweeg. Die ou man se oë, gewoonlik potblou, is nou swart. Die hond sit net langs
sy baas, sonder om my te groet soos altyd.
“Kom dis tyd om te gaan.” Die ou man se stem klink te diep. Sy glimlag nou baie
skerper. My kop skree vir my om te bly maar dit is tog ‘n droom. Hoe erg kan dit
wees, netnou word ek weer wakker en dan gaan ek aan met my lewe. Ek neem die
ou man se growwe hand, ‘n elektriese skok skiet deur my liggaam. Ek probeer
wegruk maar hy is baie sterker as ek.
Dit is toe ek besef alles voel anders maar nie net anders nie, verkeerd. Die wind is te
koud, die water te donker en die golwe te sterk. Soos ons beweeg op die water word
ek heen en weer gegooi. Ek hou met al my krag aan die kant van die boot vas. Ek
struikel en val amper kop eerste in die water, die golwe se sproei land op my gesig.
Die ou man gruip my been en trek my terug. Ek val met ‘n slag op die boot se
bodem.
My asem jaag en my wange brand. Met eens knuip ek myself, hard. Ek word nie
wakker nie. Ek knuip weer maar al wat ek voel is die skerp pyn op my arm. Trane
stoot by my keel op. “Wat gaan aan? Ek wil wakker word!” Ek gil maar my stem is
skaars hoorbaar bo die golwe.
Die ou man gee ‘n skirl lag, sy hond bly steeds net langs hom staan. “Het jy nog
altyd gedink jy droom?” Hy stap nader, sy stink asem op my gesig. “Jy is nou myne.
Vir altyd en altyd en altyd.”
(445 woorde)
Finaal
Opsie 2:
My kaal voete land op die bekende koel klam sand. Ek kom elke aand in my drome
na hierdie plek toe. Ek lug my oë na die horison en soos altyd staan die ou man
langs sy vuil, bruin hond, vir my en wag. Die ou man glimlag sy normale tandlose
glimlag. Die spierwit boot se seile hang soos ‘n skaduwee bo hulle. Ek weet presies
hoe die oppervlakte van hierdie boot voel. Ek was al duisende kere aanboord.
Soms vat hulle my regoor die wêreld, soms net om die kus. Die water is altyd kalm
en ons sweef maklik deur die water. Ek is bewus ek droom. Wanneer ek wakker
word kan ek presies onthou wat ek gedroom het, asof my drome herhinneringe word.
Ek draf vining na waar hulle vir my staan en wag, die opgewondenheid soos ‘n
vlinder in my maag. My tree word al hoe stadiger en swaarder soos ek nader
beweeg. Die ou man se oë, gewoonlik potblou, is nou swart. Die hond sit net langs
sy baas, sonder om my te groet soos gewoonlik.
“Kom dis tyd om te gaan.” Die ou man se stem klink te diep. Sy glimlag nou baie
skerper. My kop skree vir my om te bly maar dit is tog ‘n droom. Hoe erg kan dit
wees, netnou word ek weer wakker en dan gaan ek aan met my lewe. Ek neem die
ou man se growwe hand. ‘n Elektriese skok skiet deur my liggaam. Ek probeer
wegruk maar hy is baie sterker as ek.
Dit is toe ek besef alles voel anders maar nie net anders nie, verkeerd. Die wind is te
koud, die water te donker en die golwe te sterk. Soos ons beweeg op die water word
ek heen en weer gegooi. Ek hou met al my krag aan die kant van die boot vas. Ek
struikel en val amper kop eerste in die water, die golwe se sproei land op my gesig.
Die ou man gruip my been en trek my terug. Ek val met ‘n slag op die boot se
bodem.
My asem jaag en my wange brand. Met eens knuip ek myself, hard. Ek word nie
wakker nie. Ek knuip weer maar al wat ek voel is die skerp pyn op my arm. Trane
stoot by my keel op. “Wat gaan aan? Ek wil wakker word!” Ek gil maar my stem is
skaars hoorbaar bo die golwe.
Die ou man gee ‘n skirl lag, sy hond bly steeds net langs hom staan. “Het jy nog
altyd gedink jy droom?” Hy stap nader, sy stink asem op my gesig. “Jy is nou myne.
Vir altyd en altyd en altyd.”
(445 woorde)

You might also like