Saalhulp

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 1

Saalhulp (Kobus Lombard)

Die titel van die gedig verwys na “hulp” wat aangebied word in ‘n “saal”. Die “saal” is ‘n mediese saal. Die
direkte vraag sal dan wees : “Wie bied die hulp in ‘n mediese saal aan?” Die antwoord is dus eenvoudig –
‘n Verpleegster (nurse). Die rede waarom die woord “hulp” in die titel voorkom is om aan te dui dat hiérdie
verpleegster aangestel is om as hulpverpleegster op te tree in ‘n mediese saal by ‘n hospitaal. As
ongekwalifiseerde verpleegster verdien sy die laagste salaris in die hospitaal.(leef onder die broodlyn).
Haar werk behels die skoonmaak van die saal, bedpanne verwyder, pasiënte was ens. Die
hulpverpleegster is die karakter in die gedig en haar daaglikse take word deur die spreker van die gedig
beskryf.

Beantwoord die vrae hieronder:

1. Watter tipe vervoer gebruik die karakter om by haar werkplek uit te kom?
2. Hoe weet ons dat die saalhulp ‘n vrou is?
3. Watter woord sê vir ons dat die saalhulp nie ‘n keuse het hoe sy by die werk
kom nie?
4. Watter take moet die karakter verrig? Noem enige TWEE.

5. Haal EEN sin uit die gedig aan om te bewys dat die werk wat die
karakter in die gedig doen nie regtig waardeer word nie?

6. Waarna verwys die “onverteerbare in die bedpanne”?

7. Watter twee opeenvolgende woorde is ‘n bewys dat hierdie karakter met


wit pasiënte werk?

8. Noem TWEE voorbeelde uit die gedig om te bewys dat die omstandig-
hede van die karakter (volgens haar) moeilik was.

9. Wat beteken die uitdrukking “onder die broodlyn leef” ?

10. Dink jy die karakter leef regtig moeilik en in armoede? Motiveer jou
antwoord?

11. Hoe weet jy dat die karakter se ma nie meer leef nie?

12. Watter ironie lê opgesluit in die laaste versreël?

13. Gee een voorbeeld van elk van die volgende stylfigure / stylmiddels uit die
gedig.

13.1 alliterasie
13.2 kontras
13.3 woordspeling
13.4 ironie
13.5 elisie

14. Begrafnisse word op verskillende maniere gehou. Wat is die begrafnistee


en watter kultuur is hier ter sprake?

You might also like