Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 7

Kurrikulum Direktoraat: AOO LESPLAN

Afrikaans Eerste
Vak Kwartaal 1
Addisionele Taal
Graad 5 Week 3-4
• Luister na ‘n kort storie oor Bheki wat ‘n nuwe skool bywoon
• Lees ‘n storie hieronder
Skakel met • Doen ‘n leesbegripsaktiwiteit oor die teks (mondeling of skriftelik)
onderrig–en • Skryf 'n feitlike hervertelling van rigting
assesseringsplan • Skryf woorde en hul betekenis in ‘n persoonlike woordeboek neer
• Bou op kennis van meervoude
• Woordeskat in konteks
Inleiding • TEMA: Die waarde van vriendskap (vervolg)
Deur vriendskap leer kinders van gee en neem, wen en verloor, volg en lei. Hulle ervaar
vrees en verwerping, maar ook vreugde en kameraadskap. Op die lange duur help
vriendskap kinders om die sosiale vaardighede wat hulle as volwassenes gaan benodig,
te ontwikkel. Goeie vriendskapvaardighede moet reeds in die kinderjare aangeleer
word. As jy eers volwasse is, is dit baie moeiliker om goeie verhoudings te leer vorm. Dis
soos om te leer swem: Dis makliker as jy jonk is.
Konsolidasie Leerders gaan leer hoe om spesifieke kenmerke van ‘n storie te identifiseer en te
herroep.
• Leerders gaan in ‘n gesprek deelneem oor die rigting aandui
• Lees daagliks
• Ons volgende les sal handel oor ‘n storie met dialoog.
Papiergebaseerde bronne: Digitale bronne:
DBO-werkboek https://wcedeportal.co.za/curriculum-
➢ Flitskaarte met woordeskat supporthttps://wcedeportal.co.za/partners/#103031
➢ Tekskenmerke https://www.youtube.com/watch?v=WjoDEQqyTig
Woordeboek
VAARDIGHEDE ONDERRIGMETODOLOGIEË Hulpbronne / LOOM
(WAT ek gaan onderrig / / BENADERING (WAT ek gaan gebruik om te
begelei / ondersteun ...) (HOE ek gaan onderrig / onderrig / begelei /
begelei / ondersteun ...) ondersteun ...)
Luister en Praat Aktiveer voorafkennis
Neem deel aan 'n gesprek oor 'n deur te vra oor die
bekende onderwerp
waarde van vriendskap;
• Eenvoudige vrae oor die
onderwerp wat beteken dit,
• Kodewissel indien nodig voorbeelde, in die
• Gee ander leerders 'n kans om te samelewing, ervaring
praat
Vra vrae binne leerders se
• Luister na en moedig hul pogings
aan om hulle addisionele taal te ervaringsveld om as
praat aanknopingspunt vir die
• Moedig ander groeplede aan om teks te dien soos in die
medeleerders te ondersteun
aktwiteit aangedui is.
AKTIWITEITE VIR DIE • Lewer 'n feitelike verslag
• Hervertel 'n onlangse voorval Gesels oor / Verduidelik
ONDERWYSER
• Vertel gebeure in die korrekte moeilike woordeskat in
volgorde konteks
Lees en Kyk Beantwoord vrae oor die
Leesbegrip: lees 'n inligtingsteks met teks
visuele materiaal byvoorbeeld 'n
diagram / tabel / kopkaart / kaart /
foto / grafiek
• Pre-lees:

AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT / 1


• Lees/ bespreek titel en
prente/foto/diagram/ kaart
• Leesstrategieë bv. vluglees vir
algemene idee, kontekstuele
leidrade om betekenis te vind
• Identifiseer hoofgedagtes
• Betekenis van onbekende woorde
• Beantwoord vrae oor die teks
Skryf en Aanbied Die Onnie skryf saam met
Skryf 'n feitelike hervertelling die klas, ‘n voorbeeld van
• Kies toepaslike inhoud
wat verwag word. Dui
• Skryf 'n titel
• Plaas gebeure in korrekte aan sigwoorde,
volgorde hoofletters en punktuasie.
• Gebruik gepaste woordeskat,
grammatika, spelling en punktuasie
• Korrigeer spelling deur 'n
woordeboek en woordherkennings-
vaardighede te gebruik
Fokus op die skryfproses
Taalstrukture en Konvensies Hersiening van vorige
Werk met woorde week se meervoude
• Alfabetiese rangskikking
Woordeskat in konteks
• Afleidings en samestellings
• Skryf woorde en hul betekenis in Alfabetiese volgorde
persoonlike woordeboek neer
• Gebruik sinne, tekeninge of
verduidelikings om betekenis van
woorde te verduidelik
Net soos wat Wanneer leerders moet Woordeboek
onderwysers sal onderrig. terugvoering gee luister
en help sover u kan.
Laat u kind vir u elke dag
vir ongeveer 15 minute uit
‘n boek lees.
AKTIWITEITE VIR DIE
OUER
Leerderaktiwiteite:
1. Bespreek eers die volgende vrae oor vriendskap voordat julle voortgaan
2. Luister mooi na die volgende storie wat jou Onnie of Ouer twee keer vir jou gaan
voorlees. Onthou om eers te luister voordat jy die storie saamlees.
3. Bespreek die volgende vrae in jou klas of met jou onnie / ouers. Jou onnie / ouer
gaan jou antwoorde neerskryf en nuwe woordeskat opneem. Jy gaan dan die
antwoorde in jou eie boek neerskryf.
4. Kies die betekenisse regs wat by die woorde links pas. Ons het reeds een vir jou
gedoen.
5. Vul die meervoude van hierdie enkelvoudige selftandige naamwoorde in
6. Skryf die volgende woorde in die korrekte alfabetiese volgorde
7. Kyk na hierdie prent wat wys waar Bheki woon, en vul dan die ontbrekende woorde
AKTIWITEITE VIR DIE in
LEERDER 8. Skryf 'n feitelike hervertelling oor hoe jy moet stap of ry, vanaf jou huis, tot by die
skool. Maak dit interessant en onthou om gepaste woordeskat, grammatika, spelling
en punktuasie te gebruik. Fokus op die skryfproses en onthou om jou paragraaf ‘n
titel te gee.
9. Teken ‘n kaart (soos Bheki s’n) om aan te dui waar jou huis en jou skool is.

AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT / 2


AKTIWITEIT 1: Bespreek eers die volgende vrae oor vriendskap voordat julle voortgaan:
Vir die Ouer / Onnie: Skool kan 'n eensame plek wees vir kinders wat nie 'n beste vriend of 'n
groep vertroude vriende het nie. Jong mense sal meer vaardig wees om ware vriende te maak
(en dit te behou) as hulle weet hoe om assertief te wees, is optimisties oor die lewe, het basiese
sosiale vaardighede en 'n verhouding met 'n ouer / versorger wat eerlike praat insluit. Skool jare
val saam met 'n tyd in die lewe wanneer jongmense nuwe stoot sosiale en gesinsgrense. Die
oorgang na ‘n nuwe skool is veral veeleisend aangesien eens afhanklike kinders meer
onafhanklik raak in 'n nuwe skoolorde van nuwe roetines, nuwe onderwysers en nuwe vriende.

Almal wil graag vriende wees en aanvaar word. Vriende verbeter jou bui en verhoog
jou selfvertroue. As jy nuut op skool is of skaam en introverte is, kan nuwe vriende by die
skool lyk soos `n uitdaging, maar jy kan maklik daaroor kom.

1. Het jy al ooit ‘n nuwe skool bygewoon?


2. Hoe het jy gevoel?
3. Hoe kan jy nuwe vriende maak?
4. Watbehels ‘n goeie vriendskap?
5. Wat is beter: Vriendelikheid of Gewildheid?

AKTIWITEIT 2: Luister mooi na die volgende storie wat jou Onnie of Ouer twee keer vir jou
gaan voorlees. Onthou om eers te luister voordat jy die storie saamlees.

Toe Bheki 6 jaar oud was, het sy ouers van Johannesburg na Thohoyandou
verhuis. Hulle het lank gewag om van die besoedeling, geraas en verkeer van
Johannesburg weg te kom. Hulle het gemeen dat Bheki hom makliker in ’n klein
dorpie sou aanpas. Maar Bheki was baie ongelukkig. Van die eerste dag af het
hy nie van die kinders in sy skool gehou nie. Sy maats in Johannesburg was so
modern en het so mooi aangetrek. Hier het niemand oulik aangetrek nie. Hulle
het almal Venda gepraat en pap skool toe gebring.

Bheki lyk so stug dat niemand met hom wil praat nie. Na ’n volle week by die
nuwe skool het hy nog geen maats nie. Bheki is ook nie gewoond aan speel nie.
Hy kan nie vinnig hardloop soos die ander kinders in sy klas nie. Hy weet nie hoe
om fiets te ry nie. Al hierdie dinge laat hom baie alleen voel.

Die ander kinders in sy klas lag hom uit. Party kinders is jaloers op sy oulike
besittings, en beledig hom omdat hy niks wil deel nie.

Bheki is baie ongelukkig. Een aand by die huis huil hy en begin hardop met
homself praat. “Ek wens ek kon vinniger as enigiemand anders hardloop. Ek
wens ek kon fiets ry. Ek wens ... ek wens ....”

AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT / 3


AKTIWITEIT 3: Bespreek die volgende vrae in jou klas of met jou onnie / ouers. Jou onnie
/ ouer gaan jou antwoorde neerskryf en nuwe woordeskat opneem. Jy gaan dan die
antwoorde in jou eie boek neerskryf.

1. Waarheen het Bheki en sy gesin verhuis?


2. In watter provinsie in Thodoyandou?
3. Was Bheki gelukkig in Thandoyandou? Sê waarom.
4. Waarom het die kinders in die skool nie van Bheki gehou nie?
5. Bheki het twee wense uitgespreek. Hy wou nog twee dinge wens. Wat dink jy
wou hy nog wens?

AKTIWITEIT 4: Kies die betekenisse regs wat by die woorde links pas. Ons het reeds een
vir jou gedoen.

besoedeling sonder enige maats


aanpas onvriendelik
stug gemene dinge vir iemand sê
beledig gewoond raak aan
alleen rommel en vullis in die omgewing

AKTIWITEIT 5: Vul die meervoude van hierdie enkelvoudige selftandige naamwoorde in:

ENKELVOUD MEERVOUD
maat
skool
broer
les
fiets
kind

AKTIWITEIT 6: Skryf die volgende woorde in die korrekte alfabetiese volgorde:

Bheki boek biblioteek borsel bord

AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT / 4


AKTIWITEIT 7: Kyk na hierdie prent wat wys waar Bheki woon, en vul dan
die ontbrekende woorde in:

1. Bheki woon in ‘n huis met ‘n _____________________ dak en versierde mure.


2. Wanneer Bheki in die straat afstap, is die __________________ links.
3. Die onderwyser woon in ‘n ____________________ huis.
4. Wanneer Bheki die skool verlaat, draai hy links. Dan draai hy __________________
om na die poskantoor te gaan.
5. Wanneer Bheki na die speelgrond wil gaan, stap hy by sy hek uit en draai
_____________________.
6. Na kerk, draai Bheki _______________ en dan _______________ om huis toe te gaan.
7. Wanneer die dominee seëls wil koop, moet hy ____________ draai wanneer hy by
sy hek uitgaan.

AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT / 5


8. Kyk waar Bheki staan en voltooi hierdie sinne. Gebruik die rigtings op die kompas,
soos noord, suid, oos en wes:
a) Bheki kyk _____________________
b) As hy speelgrond toe wil gaan, moet hy ___________________ loop.
c) Wanneer Bheki uit die kerk kom, lê sy huis ______________

AKTIWITEIT 8: Skryf 'n feitelike hervertelling oor hoe jy moet stap of ry, vanaf jou huis, tot
by die skool. Maak dit interessant en onthou om gepaste woordeskat, grammatika,
spelling en punktuasie te gebruik. Fokus op die skryfproses en onthou om jou paragraaf
‘n titel te gee.

1. Hou ‘n dinkskrum vir idees deur kopkaarte te gebruik 2. Skryf die eerste weergawe
3. Hersien 4. Proeflees
5. Hersien 6. Proeflees

AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT / 6


AKTIWITEIT 9: Teken ‘n kaart (soos Bheki s’n) om aan te dui waar jou huis en jou skool is.

AOO KURRIKULUM DIREKTORAAT / 7

You might also like