Fiela Se Kind

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 2

FIELA SE KIND

‘n Studiegids saamgestel deur dr. Sonia du Plessis

KOPIEREG 2017
Dr. S. du Plessis 0832543906
Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag gereproduseer word in
enige vorm of op enige manier, elektronies of meganies, insluitende fotokopiëring,
plaat- en bandopname of deur enige inligtingbewaring- en ontsluitingstelsel, sonder
die skriftelike verlof van die skryfster nie.

PARAGRAAFTIPE VRAE
WENK: In u voorbereiding vir die eksamen, moet u nie altyd die paragraafvrae se
inhoud klakkeloos memoriseer nie. Sorg dat u so 2-3 aanhalings per
paragraafonderwerp korrek leer (onthou die aanhalingstekens!), en skryf die res
van die aanhalings in u eie woorde. Op hierdie wyse verskil die verskillende
kandidate se antwoorde van mekaar.

TITEL
Uit die titel kan afgelei word dat die karakters van Fiela en Benjamin sentraal staan in die
roman. Die klem val op hulle worsteling met hul bestaans- en verhoudingsprobleme.
Benjamin, die tussenmens wat soek na sy eie identiteit, word egter as hoofkarakter belig.
Die gebeure draai in hoofsaak om hom en hy tree in die meeste van die hoofstukke (14)
as waarnemer / fokalisator op. In die titel word sy uiteindelike keuse ook in die vooruitsig
gestel: hy kies om Benjamin Komoetie, Fiela se kind, te wees.

INTRIGE
Die intrige van 'n roman verwys na 'n reeks gebeurtenisse en situasies in 'n verhaal wat
tot 'n klimaks gevoer en in die ontknoping opgelos word. In Fiela se kind draai die
gebeure in hoofsaak om Benjamin Komoetie. Hy word as driejarige vondeling deur die
bruingesin, Komoetie aangeneem. Toe hy twaalf jaar oud word, word hy teruggegee
aan Blanke boswerkers wat hom as hulle verlore kind eien. As gevolg hiervan
ondergaan hy 'n identiteitsverandering: hy word nou Lukas van Rooyen. Dit gaan
gepaard met emosionele ontwrigting, tydelike berusting en 'n uiteindelike soeke na sy
ware identiteit.

Die intrige word gevorm deur basiese konfliksituasies. Fiela se konflik ontstaan a.g.v. haar
liefde vir Benjamin. Dit is geleë tussen haar en die sensusmanne, die magistraat en 'n
onregverdige sosiale sisteem om die behoud van Benjamin. Lukas se konflik lê in sy
weiering om sy nuwe identiteit en omgewing te aanvaar. Dit sou tot spanning lei met die
Bosmense, veral Elias van Rooyen, ook as hy as volwassene uiteindelik sy rug keer op
die Bos. As volwasse man veroorsaak sy verbode liefde vir sy suster spanning. Sy
onsekerheid oor sy identiteit lei tot konflik tussen hom en Barta as hy die waarheid omtrent
sy herkoms uit haar wil trek. Die konflik word ontknoop in haar erkenning dat sy die
verkeerde kind gevat het en in sy aanvaarding dat hy kan wees wie hy wil wees. Hy kies
ten slotte om Fiela se kind te wees.

1
KONTEKSTUELE VRAE

WENK: Neem 'n stukkie karton (ongeveer 3-4 cm breed), sny dit die lengte van die
romanbladsy, nommer volgens p.3 die reëls langs die kant op die karton (38 reëls).
Die karton kan nou gebruik word vir 'n boekmerk en maklike reëlverwysinggids
enige plek in die boek.

Vrg Bl
1 Fiela se kind is 'n historiese roman. Verduidelik wat hiermee bedoel word.
2 Die titel het betrekking. Op wie dink u val die klem in die verhaal, op Fiela,
of op die kind?
3 Watter suggestie is vervat in die titel met betrekking tot die kind, as die
romaninhoud in ag geneem word?
4 Wie is die sentrale karakter in die roman? Motiveer u antwoord.
5 1 Watter funksie verrig die verwysing na die verdwyning van "die kind", en nie
na Lukas van Rooyen nie, as die titel in berekening gebring word?
6 Lees die volgende gedeeltes: p.4 r.28-29; p.6 r.22-23; p.7 r.20-21, r.33 en
p.8 r.3-5. Wat word in hierdie gedeeltes gesuggereer?
7 Watter relevansie het dit m.b.t. die res van die verhaal?
8 8 Wat is 'n "hanskind" (r.6)?
9 Watter moontlikheid word deur hierdie woord te berde gebring, as die
voorafgegewe in ag geneem word?
10 8 "Agterna het sy die tekens gesien" (r.14). Waarna verwys die "agterna"?
11 Uit watter tydsperspektief word die gebeure dus verhaal?
12 8 Waarvan sou die valk en die pofadder (r.14-22) voortekens wees?
13 10 Die "yslike gebergte" was "soos 'n hindernis tussen die Lange Kloof en
genade" (r.3-4). Watter implikasie het hierdie geografiese feit m.b.t. die
verdwyning van die kind?
14 Bladsy 12 r.35 en p.13 r.35 is ter sprake. Waarom is hierdie gegewens van
belang?
15 15 Gedurende watter tydperk speel die verhaal af (r.11)?
16 Verduidelik Fiela se vrees soos aangetoon in die volgende gedeeltes: p.14
r.6-12, r.20-22; p.15 r.21-23, r.31-32; p.16 r.2-4, r.13-14; p.17 r.19-22.
17 Watter effek het die herhaling van die emosie soos aangetoon in die vorige
vraag?
18 17 Toon die ironie aan in die kind se aanspreekvorm van die sensusmanne
(r.25-26).
19 18 Waarop dui die kursivering van "wit" (r.3)?
20 18 Waarom is die kind se ouderdom (r.26) waarop hy gevind is, belangrik?
21 19 Verduidelik die sosiale verwysing vervat in r.1-4.
22 28 Die volstruis (r.28) word meermale beeld van Fiela se innerlike handeling
(hoe Fiela voel). Verduidelik die parallel.
23 Skryf Elias se karaktereienskappe neer soos dit blyk uit die volgende
gedeeltes: p.1 r.7-10; p.29 r.1, 8-9, 14, 18-22; p.32 r.20-21; p.33 r.19-21.
24 45 Die verwysings na die die volstruise is 'n spieëlbeeld van Fiela se onrus oor
Benjamin. Verduidelik met verwysing na r.35-37.
25 46 Benjamin vra: "Hoekom is 'n mens wit of bruin, Ma?" (r.31). Gee moontlike
redes waarom hy dié vraag vra.
26 47 Verduidelik die "onrus in die kind" (r.6).
27 47 Watter ironie is geleë in Fiela se versekering (r.13)?
2

You might also like