Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 2

Soft Skin 20 PUNTE

Ignoreer Belasting op Toegevoegde-Waarde (BTW).


Soft Skin (Edms) Bpk (‘SSL’), is op 1 April 2010 ingelyf. SSL is ʼn mediese skoonheid-kliniek.
Gesig styftrek prosedures, laser behandelinge, botox, tande, liposuiging en alle
skoonheidsverwante behandelings en prosedures word in die kliniek uitgevoer. Die
maatskappy is in Midrand geleё. Die maatskappy besit hulle eie gebou wat deur die
meerderheids-aandeelhouer, Me Vain, aangekoop is, voordat die maatskappy gestig is. Met
die totstandkoming van die maatskappy, is die eiendom in die maatskappy se naam
oorgedra en in ruil daarvoor is aandele is aan haar uitgereik. Op hierdie stadium is daar
500 000 gewone aandele teen R5 per aandeel aan haar gegee, wat die waarde van die
eiendom, soos op daardie tydstip, verteenwoordig het.
Sedert die maatskappy ingelyf is, het die besigheid drasties gegroei. U is aangestel as die
finansiële bestuurder in 2015. Tans is u besig om die finansiële state vir die jaar geёindig
30 September 2020 af te handel. Personeelgetalle het toegeneem van vyf werknemers in
2010 tot 150 in 2020. Die bates wat deur die maatskappy besit word sluit nie slegs die
eiendom in nie, maar ook duur mediese toerusting en masjinerie, wat ʼn drawaarde van
R5 600 000 op 30 September 2019 gehad het en motorvoertuie, wat op dieselfde datum, ʼn
drawaarde van R494 900 besit het. Tot en met 30 September 2019 was 30% van die
kosprys van die mediese toerusting en masjinerie alreeds afgeskryf as depresiasie.
Die rekeningkundige beleid van die onderneming spesifiseer dat die finansiële state
voorberei word op die historiese koste basis. Gedurende die jaar het u die direksie oortuig
dat sekere bates eerder teen billike waarde getoon moet word en hulle het toegestem dat
die grond en geboue op die herwaardasie model hanteer moet word vanaf die huidige
finansiële jaar. Op 1 September 2020 het u PropVal Sworn Appraisers aangestel om die
eiendom te waardeer. Die waardasie sertifikaat wat deur hulle uitgereik is toon dat die
eiendom R5 600 000 werd was soos op 30 September 2020.
Die rekeningkundige beleid van die maatskappy, soos vervat in die finansiële state vir die
jaar geёindig 30 September 2019, bepaal dat mediese toerusting en masjinerie op die
verminderde saldo metode afgeskryf word teen 20% per jaar en dat voertuie afgeskryf word
deur van die produksie eenheid metode gebruik te maak. Daar word verwag dat voertuie
gery sal word totdat die odometerlesing op 200 000 km te staan kom. Verwagte res-waardes
op voertuie word teen 10% van die oorspronklike kosprys geskat. Geen depresiasie word op
grond en geboue afgeskryf nie.
U het saam met die bestuur van die maatskappy ʼn behoorlike studie gedoen om die
kapasiteit en res-waardes van die roerende bates te ondersoek. Daar is bevind dat die totale
kapasiteit en res-waardes van toepassing op voertuie onakkuraat was en dat die syfers
vanaf 1 Oktober 2019 aangepas moet word om die resultate van die ondersoek te
weerspiёel. Die direksie het besluit dat die her-allokasie motode gebruik moet word om die
verandering in raming te boekstaaf. Voertuie het 150 000 km gereis tot 30 September 2020,
waarvan 40 000 km in die huidige finansiële jaar was. Alle voertuie is op dieselfde datum
aangekoop. Die verandering in raming het ʼn negatiewe impak op die huidige jaar se winste
van R47 600 gehad, alhoewel toekomstige winste positief beïnvloed gaan word met
R145 600. Daar was geen voertuie aangekoop of verkoop gedurende die huidige finansiële
jaar nie.
Op 1 April 2020 is ʼn gesigbehandeling laser masjien ingeruil vir ʼn nuwe, meer tegnologiese
gevorderde masjien. Die masjien is oorspronklik op 1 Mei 2018 aangekoop vir R1 200 000
en met die inruiltransaksie is ʼn wins van R8 000 daarop gerealiseer. SSL het ʼn elektroniese
oordrag van fondse gemaak van R750 000 aan die verskaffer vir die nuwe masjien. Hierdie
bedrag het aflewering en installasie koste van R10 000 en opleidingskostes van R10 000 vir
die personeel om die nuwe masjien te gebruik, ingesluit. Die masjien is op 20 April 2020
geïnstalleer en was gereed om in gebruik geneem te word op 1 Mei 2020. SSL het die
masjien eers op 1 Junie 2020 begin gebruik, nadat al die personeel opleiding ontvang het
om die masjien te gebruik. Die depresiasie uitgawe van alle ander mediese toerusting en
masjinerie wat gedurende die jaar gebruik is, het R944 000 beloop.

PUNTE
VERLANG Sub- Totaal
totaal
(a) Berei die IAS 16 Eiendom, aanleg en toerusting nota tot die staat 19.5
van finansiële posisie van Soft Skin (Edms) Bpk soos op
30 September 2020 voor. Die totaal kolom en vergelykende syfers
word nie verlang nie.
Kommunikasie vaardighede – struktuur en uitleg 0.5 20
TOTALE PUNTE 20

You might also like