Werkkaart Graad 4 Afrikaans HT Taalstrukture En-Konvensies en Memorandum - Alfabetiese Rangskikking - Avj

You might also like

Download as pdf or txt
Download as pdf or txt
You are on page 1of 4

Tema: Vakansie

VAKANSIE BY DIE SEE

Graad 4 Afrikaans HT: Werkkaart

Taalvaardigheid: Taalstrukture en -konvensies

1. Hoe werk alfabetiese rangskikking?


• Kyk na die eerste letter van elke woord om te bepaal watter woord eerste
staan in die alfabet. Gebruik die alfabet om die woorde in die regte volgorde
te rangskik.
• Byvoorbeeld: hond, kat, muis, vis.

BAIE BELANGRIK:
• Wanneer die eerste letter van die woorde dieselfde is, moet jy na die
tweede letter van die woord kyk.
• Byvoorbeeld: ratel, rietbok, rooibok.

• Wanneer die eerste twee letters dieselfde is, moet jy na die derde letter
van die woord kyk.
• Byvoorbeeld: kan, kar, kat.

2. Waar word alfabetiese rangskikking gebruik?


▪ Klaslyste
▪ Woordeboeke
▪ Kontaklyste (op selfoon)
▪ By dokters se spreekkamers (pasiënte se vanne)

abcdefghIjklmnopqrstuvwxyz

1
Instruksie:
Lees die volgende teks en beantwoord die vrae wat daarop volg:

Leesstuk:

Vakansie by die see

Vakansies is my gunstelingtyd van die jaar! Sodra ons in die kar klim en op pad see
toe is, kan ek nie my opgewondenheid keer nie. Padkos is altyd ’n hoogtepunt met al
die lekkernye wat ingepak word. Dis ook maar goed so, want vir tent opslaan het jy
baie energie nodig! Gelukkig kamp ons so naby aan die strand dat ons elke nou en
dan eers bietjie in die koue water kan afkoel.

Vir drie weke lank word daar elke aand ’n vuur opgesteek,
bordspeletjies gespeel en musiek geluister. Daar word net so baie
geswem, fietsgery en visgevang. Die hoogtepunt vir my bly maar dat
ek elke dag ’n roomys kan eet!

Dis daar in die tent langs die see waar ek wens dat vakansietyd langer as skooltyd
kon wees!

2
Oefening:

Rangskik die volgende woorde in alfabetiese volgorde:

1. Kar, see, padkos, lekkernye.

2. Kamp, tent, strand, water.

3. Vakansies, bordspeletjies, musiek, geswem, fietsgery, visgevang.

Lees die volgende woorde wat almal met dieselfde letter begin en
rangskik dit in alfabetiese volgorde:
(Gaan maak eers weer seker van die reël.)

4. Visgevang, vuur, vir, van, vakansie.

5. Gespeel, geluister, geswem, gelukkig.

Dawid het probeer om die volgende sin se woorde in alfabetiese volgorde


te rangskik:
EK SWEM IN DIE SEE.
6. Herrangskik sy antwoord hieronder deur die woorde in die korrekte
alfabetiese volgorde te skryf.

see ek in swem die

3
Memorandum:

1. Kar, lekkernye, padkos, see. ✓

2. Kamp, strand, tent, water. ✓

3. Bordspeletjies, fietsgery, geswem, musiek, vakansies, visgevang. ✓

4. Vakansie, van, vir, visgevang, vuur. ✓

5. Geluister, gelukkig, gespeel, geswem. ✓

6. Die, ek, in, see, swem. ✓

You might also like