Download as docx, pdf, or txt
Download as docx, pdf, or txt
You are on page 1of 7

Afrikaans Summary 1

JONGMENSE VRA
Tuisonderrig: Hoe kan ek ’n sukses hiervan maak?

Baie studente kry nou hulle opvoeding in ’n ander soort “klaskamer” – by die huis. As dit die
geval is, hoe kan jy ’n sukses hiervan maak? Hier is ’n paar voorstelle.

Vyf wenke wat jou kan help om suksesvol te wees

Wat ander jongmense sê

Vyf wenke wat jou kan help om suksesvol te wees

● Kry ’n roetine. Probeer om by ’n rooster te bly, net soos jy sou as jy op skool was. Sit
spesifieke tye opsy vir skoolwerk, takies by die huis en ander belangrike dinge. Jy kan
jou rooster aanpas as dit nodig is.
“Reël jou dag asof jy by die skool is. Jy moet dinge teen ’n sekere tyd klaarkry.” – Katie.
Iets om oor te dink: Hoekom is dit ’n goeie idee om jou rooster neer te skryf en dit dan
iewers te sit waar jy dit maklik kan sien?
● Ontwikkel selfdissipline. Om ’n grootmens te word, moet jy besef dat jy soms dinge
moet doen wat nodig is – al is jy nie lus daarvoor nie. Moenie uitstel nie!
“Die grootste uitdaging is selfdissipline. Dis maklik om verskonings te maak en te sê: ‘Ek
sal my skoolwerk later doen.’ En as jy dit nie later doen nie, het jy op die ou einde te
veel om te doen.” – Alexandra.
Iets om oor te dink: Hoe kan jy meer selfdissipline ontwikkel as jy jou skoolwerk op
dieselfde plek en dieselfde tyd elke dag doen?
● Kry ’n plek waar jy kan studeer. Sorg dat jy al jou studiemateriaal en skryfbehoeftes
naby jou het. Jou studeerplek moet gemaklik wees, maar nie te gemaklik nie. Jy is daar
om te werk, nie om te slaap nie! As jy nie ’n plek het waar jy jou skoolwerk kan doen nie,
kan jy miskien gedurende die dag die kombuis of ’n slaapkamer gebruik om te studeer..
“Sit die sportsballe, die video-speletjies en die kitaar weg, en stel jou foon sodat jy dit nie
kan hoor nie. Wanneer jy studeer, is dit belangrik dat niks jou aandag aftrek nie.” –
Elizabeth.
Iets om oor te dink: Wat kan jy aan jou studeerplek verander sodat jy beter kan
konsentreer?
● Leer om te fokus. Konsentreer op wat jy doen, en moenie baie dinge op dieselfde tyd
probeer doen nie. As jy dit doen, sal jy heel moontlik foute maak en langer vat om jou
werk klaar te maak.
“Dit was onmoontlik om te fokus as ek my foon by my gehad het. Ek het baie tyd gemors
op onbelangrike dinge.” – Olivia.
Iets om oor te dink: Kan jy probeer om jou tye van konsentrasie geleidelik langer te
maak om op een taak te fokus?
● Neem af en toe ’n pouse. Gaan stap, ry jou fiets of oefen. ’n Stokperdjie kan jou help
om weer energie te hê. Die boek School Power sê: “Maar maak eers jou werk klaar. Jy
sal jou vrye tyd meer geniet as jy klaar is met jou werk.”
“Op skool kan jy gewoonlik leer om ’n musiekinstrument te speel of ’n kunsklas vat. Ek
het nie besef hoeveel ek hierdie dinge gemis het totdat ek dit nie meer kon doen nie.
Behalwe vir jou skoolwerk, is dit goed om iets kreatiefs te doen.” – Taylor.
Iets om oor te dink: Watter dinge kan jy doen wanneer jy ’n pouse vat wat jou kan help
om meer energie te hê vir jou skoolwerk?

“Neem gereeld kort pouses. Dit kan moeilik wees om ure lank stil te sit. So as jy
gereeld opstaan, sal dit makliker wees om te konsentreer en gemotiveerd te bly.” – Jacob.

“As jy nie gedissiplineerd is nie, sal jy niks gedoen kry nie. Stel daaglikse
doelwitte vir wat jy moet doen. Op hierdie manier sal dit makliker wees om jou take klaar te
maak.” – Juliana.

● Kry ’n roetine. As jy nie alreeds ’n rooster vir jou skoolwerk het nie, stel een op en bly
daarby.
● Ontwikkel selfdissipline. Leer om te doen wat nodig is – selfs al is jy nie lus nie.
● Kry ’n plek waar jy kan studeer. Maak jou studeerplek gemaklik, maar nie te gemaklik
nie. Verwyder enigiets wat jou aandag kan aftrek.
● Leer om te fokus. Konsentreer op wat jy doen, en moenie baie dinge op dieselfde tyd
probeer doen nie.
● Neem af en toe ’n pouse. Fisiese aktiwiteite of ’n stokperdjie kan jou weer energie gee.

Summary 2

JONGMENSE VRA
Hoe belangrik is dit om gewild op sosiale media te wees?
’n Tiener met die naam Elaine sê: “Toe ek sien dat my skoolmaats honderde followers aanlyn
het, het ek gedink: ‘Wow – hulle is populêr!’ Om eerlik te wees, ek was ’n bietjie jaloers.”

Het jy al ooit so gevoel? As jy al so gevoel het, kan hierdie artikel jou help om nie vasgevang te
word om te probeer om populêr te wees op sosiale media nie.

Wat is die gevare? “Dit lyk asof hulle gewild is” Hoe belangrik is followers en likes?
Wees versigtig om nie “nederig maar spoggerig” te wees nie

Wat is die gevare?

So dit is oukei om ’n goeie reputasie te wil hê. Dit is selfs oukei om te wil hê dat ander van jou
moet hou.

Maar partykeer wil jy so graag hê dat ander van jou moet hou dat jy nie gelukkig kan wees as jy
nie gewild is nie. Kan dit gevaarlik wees? Onya, 16, sê ja:“Ek het al gesien hoe mense simpel
dinge doen – soos om van die tweede verdieping van my skool af te spring – net om populêr te
wees.”

Om ander jongmense se aandag te kry, neem party hulle belaglike toertjies af en sit dit dan
aanlyn. Byvoorbeeld, ’n paar tieners het video’s van hulleself opgelaai waar hulle wasgoedseep-
kapsules eet – klein houertjies wat giftige bestanddele bevat. Dit is iets wat ’n mens nooit moet
eet nie!

Iets om oor te dink:

● Hoe belangrik is dit vir jou om gewild op sosiale media te wees?


● Sal jy jou gesondheid of jou lewe in gevaar stel net om aandag en goedkeuring by jou
vriende te kry?
Wat ander jongmense sê

“Om populêr te wees kan gevaarlik raak wanneer mense ’n doen-wat-ook-al-nodig-is


gesindheid het. Hulle dink dalk dat as hulle op ’n sekere manier praat, aantrek en optree
– selfs aanlyn – sal hulle populêr wees. Jy sal spyt wees as jy iets doen wat jy weet
verkeerd is net om populêr te wees.” – Leianna.
“Dit lyk asof hulle gewild is”

Mense doen nie net gevaarlike dinge sodat hulle populêr word nie. Erica, 22, het opgelet dat
party mense ’n ander manier gebruik:“Mense sit die een foto na die ander van hulle lewe op
sosiale media. Dit lyk dan asof hulle ’n lang lys vriende het met wie hulle baie tyd spandeer. En
dit laat dit lyk asof hulle gewild is.”

Cara, 15, sê dat party mense oneerlik is om dit te laat lyk asof hulle gewild is: “Ek het al gesien
hoe mense foto’s neem wat dit laat lyk asof hulle by ’n partytjie is, maar eintlik is hulle by die
huis.”

Matthew, 22, erken dat hy al so iets gedoen het: “Ek het al ’n foto op sosiale media gesit en
gesê dat dit op die berg Everest geneem is selfs al was ek nog nooit in Asië nie!”

Iets om oor te dink:

● Het jy al ooit iets op sosiale media gesit wat nie waar is nie net om meer populêr te
wees?
● Wys die foto’s en kommentare wat jy opsit, wie jy werklik is en waarin jy regtig glo?
Wat ander jongmense sê

“Party mense sal doen wat ook al nodig is om meer likes te kry. Maar waarvoor wil jy
bekend staan – dat jy op ’n manier praat of aantrek wat nie gepas is nie of spog met die
dinge wat jy besit? Of wil jy eerder bekend staan vir jou goeie eienskappe of dat jy regtig
in ander belangstel? Dit laat ’n mens goed voel as ander van jou hou, maar maak seker
dat dit vir redes is waarop jy trots kan wees.” – Hannah.

Hoe belangrik is followers en likes?

Baie mense glo dat jy baie followers en likes moet hê om gewild op sosiale media te wees.
Matthew, wat vroeër genoem is, erken dat hy al so gevoel het: “Ek sou mense vra: ‘Hoeveel
followers het jy?’ of ‘Wat is die meeste likes wat jy al gekry het?’ Om meer followers te kry, het
ek mense gevolg wat ek nie geken het nie omdat ek gehoop het dat hulle my sou volg. Ek het
begin voel dat ek populêr moet wees en sosiale media het daardie gevoel nog sterker gemaak.”

Om gewild aanlyn te wees is soos gemorskos – vir ’n kort rukkie proe dit lekker, maar dit is nie
goed vir jou nie Maria, 25, het al opgelet dat party mense hulle eie waarde meet aan hoeveel
followers en likes hulle kry: “As ’n meisie ’n foto van haarself oplaai en nie genoeg likes kry nie,
dan dink sy dat sy lelik is. Dit is natuurlik nie waar nie, maar baie mense in dieselfde situasie
sou ook so reageer. Dit is asof hulle hulleself boelie.”

Iets om oor te dink:

● As jy sosiale media gebruik, veroorsaak dit dat jy jouself met ander vergelyk?
● Is die hoeveelheid mense wat jou volg, vir jou belangriker as ware vriendskappe met
mense wat vir jou omgee?
Wat ander jongmense sê

“Om gewild aanlyn te wees, moet jy iemand word waarvan ander mense hou, en dit
beteken gewoonlik dat jy soos hulle word. Dit kan jou te veel laat fokus op wat ander van
jou dink en wat jy kan doen sodat hulle meer van jou kan hou. Dis normaal om te wil hê
dat ander van jou moet hou, maar as dit jou fokus is om populêr te wees, kan dit ’n
obsessie word.” – Joshua.

Wees versigtig om nie “nederig maar spoggerig” te wees nieHet jy al ooit opgelet dat party
mense spog oor wat hulle bereik het, maar dan maak asof hulle daaroor kla?
● “Vandat ek my splinternuwe kar gekry het, hou mense net nie op om my te vra of hulle
kan saamry nie!”
● “Dit irriteer my dat almal aanhou om my te komplimenteer omdat ek soveel gewig verloor
het!”

Die persoon kla sodat hy nederig lyk, maar eintlik spog hy. Waarskuwing: Wanneer ’n mens op
hierdie manier spog, kan dit in jou gesig opblaas, want mense sien gewoonlik regdeur dit. En
omdat dit nie opreg is wanneer iemand nederig maar spoggerig is nie, hou mense nog minder
daarvan as wat iemand sommer net spog. Volgende keer as jy ’n kommentaar of ’n foto op
sosiale media sit, wees versigtig om nie nederig maar spoggerig te wees nie. Hersiening: Wat
kan jy doen om nie vasgevang te word deur die gejaag na gewildheid op sosiale media nie?

● Maak seker dat die dinge wat jy aanlyn sit, duidelik wys wie jy werklik is en waarin
jy regtig glo.
● Wees eerlik in hoe jy jouself aanlyn voorstel.
● Moenie te veel fokus op followers en likes nie.

Summary 3

Luister en skryf

https://www.jw.org/af/bybelleringe/tieners/witbord-tekenprente/werk-slim-met-sosiale-
netwerke/

Summary 4

IS DIT ONTWERP?
Plante wat wiskunde doen

PLANTE gebruik ’n komplekse proses wat fotosintese genoem word om energie van
sonlig te verkry en voedsel te vervaardig. Studies wat oor sekere spesies gedoen is, het
getoon dat hulle nog iets merkwaardigs doen—hulle bereken die ideale tempo waarteen
hulle hierdie voedsel oornag moet absorbeer.

Dink hieraan: Gedurende die dag skakel plante koolstofdioksied in die atmosfeer om in
stysel en suikers. Baie spesies gebruik die stysel wat in die dag opgegaar is, gedurende
die nag sodat die plant nie uithonger nie, maar vrugbaar bly en aanhou groei. Wat meer
is, hulle gebruik hulle styselvoorraad teen net die regte tempo—nie te vinnig en nie te
stadig nie. Teen sonsopkoms het die plant ongeveer 95 persent daarvan gebruik, en dan
begin dit weer stysel maak.

Hierdie waarnemings is gebaseer op eksperimente wat gedoen is op ’n plant wat behoort


aan die mosterdplantfamilie met die naam Arabidopsis thaliana. Navorsers het bevind dat
hierdie plant noukeurig uitwerk hoeveel voedselvoorraad hy deur die nag moet gebruik,
hetsy daar 8, 12 of 16 uur is voordat die son opkom. Die plant doen blykbaar ’n
sommetjie: Hy deel die hoeveelheid stysel wat beskikbaar is deur die ure wat oor is voor
sonsopkoms en bepaal so die ideale tempo waarteen hy die stysel moet gebruik.

Hoe weet plante hoeveel stysel hulle oorhet? Hoe meet hulle tyd? En hoe is dit vir hulle
moontlik om wiskunde te doen? Verdere navorsing sal dalk hierdie vrae beantwoord.

Wat dink jy? Het plante se vermoë om wiskunde te doen deur middel van evolusie
ontstaan? Of is dit ontwerp?

You might also like